Juffrou, jy is swanger

Junie 4, 2008 at 8 : 21 134 Kommentaar

Kom ons wees vandag eerlik.  Ons aanvaar dat meeste tieners vandag seksueel aktief is.  Ons aanvaar dat dit ‘n persoonlike saak oor hulle eie liggame is.  Sommige van ons sal dalk preek dat hulle waarlik moet lief wees vir die persoon of in ‘n vaste verhouding moet wees.  Niemand gaan klippe gooi na so ‘n meisie nie, mits sy natuurlik nie elke aand ‘n ander bedmaatjie het nie.  Tot ‘n meisie in haar tienerjare swanger word. 

Skielik maak dit nie meer saak of sy ‘n vaste ou gehad het nie.  Skielik maak haar lewe voor die glipsie nie saak nie.  Of dat dit dalk haar eerste ervaring is nie.  Sy het sopas ‘n slet geword.  Die wonder van ‘n nuwe lewe is ‘n vloek.  Dit word weggewens en niemand het ‘n goeie woord vir haar nie.  Sy het die familie in skande gedompel.

Dit maak vir my glad nie sin nie.  Om jou maagdelikheid op ouderdom 15 te verloor is baie konserwatief, jonk soos wat dit klink.  Daar is kinders so jong soos 11 / 12 wat seks as ‘n stokperdjie beoefen.  Ja, Suid-Afrikaanse wet sê dat jy 16 moet wees om seksueel aktief te wees, maar die wet sê ook dat jy van 12 af voorbehoedmiddels en aborsies kan kry.  Ouers help hulle kinders om toegang tot voorbehoedmiddels te kry.  Ouers laat hulle tiener kinders toe om onder hulle dak seks met mekaar te hê. 

Het ek iewers iets misverstaan?  In my oë kan ‘n swangerskap nie sonde wees nie, maar die daad wat tot die swangerskap gelei het wel.  Hoekom wil ons dan die meisie met die boepie stenig, maar vergeet van al haar maats wat net so “skuldig” is?

Praat ek tiener swangerskappe goed – glad nie.  Ek dink net ‘n mens moet die wortel van die kwaad uitroei.  God het veilige seks gemaak, dit word die huwelik genoem (mits altwee partye getrou aan mekaar is – soos bedoel).  Ek weet ook dat ouers in ‘n moeilike situasie is waar dit tienerseks betref.  Sorg dat hulle veilig is (dalk deur ‘n ouer vriendin of suster???), maar moenie goedkeuring gee nie.

Juffrou is nou swanger, wat nou?  Eerstens weet sy dat sy verbrou het en in die moeilikheid is.  Sy hoef dit nie op ‘n uurlikse basis te hoor nie.  Sy voel bang en onseker.  Sy staar moeilike besluite in die gesig.  Dit is nou die tyd om te help, te troos en te beskerm.

Nee, ek was nog nooit swanger nie.  Ek het dit net al genoeg kere in my lewe waargeneem.  Hoe voel julle oor die onderwerp?  Was jy in daardie bootjie en hoe het dit jou geraak?  Hoe oud was jy die eerste keer?  Wat sal jy doen as jou dogter in die penarie is?

Daar is ‘n rede hoekom ek nooit klippe na ‘n ongehude tienermamma sal gooi nie.  Maria was immers een toe sy Jesus verwag het.

Blogvraag:  Watter maatskappy vervaardig Purity?

Blogantwoord:  Jo-Ann was reg met ATM.

 Met komplimente van Salome.  Geniet.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Jammer Wat vir my belangrik is.

134 Kommentaar Add your own

  • 1. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 28

    Eerste!

  • 2. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 29

    Adcock Ingram?

  • 3. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 31

    Wag! Ek ga gou google. Issi seker nie

  • 4. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 32

    Sam

    Don’t even bother.

  • 5. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 8 : 36

    Tweede ek wou die antwoord gee 😦

  • 6. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 37

    Dêmmit! My google willi werki!

  • 7. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 38

    Watsi antwoord?

  • 8. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 8 : 41

    Nee ek staan ook maar meisies by wat swanger geraak het, Wat gaan jy anders doen. ‘n Aborsie, en om die kind af te teken? Dis hartseer.

    Ek weet nie eindelik wat die antwoord veronderstel is om te wees nie. Maar verseker weet ek, dat ek nie die girl gaan kruisig nie.

    As dit my eie kinders is, gaan hulle eers ‘n goeie preek hoor…. dan sal ek ook maar bystaan! Maar in die tussen tyd vertel ek my seuns se girls goed van pilletjies ens. 😀

  • 9. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 8 : 41

    Jy is reg Sam

  • 10. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 50

    In die kerk wa ek groot geword het, het net die meisie kak gekry as sy swanger raak. Sy moes voor die hele kerk ga sê sorry dan was sy nie toegelaat om kerk toe te gaan nie tot die kjind gebore was. Die seun kon net voort fok met sy lewe (soos dit eintlik vandag nog is). Die laaste meisie wat voor daai kerk gestaan het was toe ek 12 jaar oud was. Ek het my hand ogesteek en gevra hoekom die kerk die meisie verwerp in die tyd wat sy hulle die nodigste het. En hoekom moet net SY sê sorry. My ma hetti geweet wa om ha kop in te steek nie. Ek het hulle goed uitgekak daai dag

  • 11. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 8 : 52

    Sjoe! Nous my duim seer getik!

  • 12. Pikkelik  |  Junie 4, 2008 om 8 : 53

    Ek kan nie vir ander praat nie, maar het al genoeg kere die seer gesien en meegemaak wat meisies deurgaan. Hulle word sleggesê en dan word daar nog bevele uitgedeel oor wat sy moet doen. Wat van die kind gaan word ens, ens. Nee wat, ek sal my dogtertjie (en seuntjie) van kleins af volgens God’s wil onderrig, haar vertel wat Hy vir ons sê en haar so ver moontlik help om ‘soet’ te wees. Maar as dit dan gebeur, wat de hel, mens kan nie die horlosie terugdraai nie, jy kan nie die daad ongedaan maak nie. Wat sal dit help om te raas en baklei!!! Preek sal ek preek, maar dan sal ek haar/hulle bystaan en bid dat ons die regte ding op die regte tyd sal doen en sê…

  • 13. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 9 : 00

    Ek en my skollegud gluur mekaar aan. Ek wil net gou die mêrrie ga versuip!

  • 14. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 9 : 33

    Nee jong…. Smaak my almal het ga dux! Net I&J

  • 15. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 9 : 36

    Check jou so 10 uur se kant op mxit

  • 16. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 10 : 22

    Nag almal. Ek het 3 warmwater bottels, ‘n goeie boek, ‘n bottel obs, ‘n zol of 10 en ‘n paar prozacs:mrgreen:

  • 17. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 49

    Jislaaik! Die prozac werk soos ‘n bom! Net gou my zol laait en nog ‘n paar bladsye lees van my boek….

  • 18. Roer  |  Junie 5, 2008 om 6 : 22

    Goeie inskrywing Adriana. Ek stem saam. My gini vertel sy het gereeld ongehude moedertjies by haar. Dis nie meer snaaks nie. Van hulle word gedwing deur hulle ouers om te laat aanneem. Dis sad.

  • 19. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 6 : 31

    More Roer

  • 20. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 7 : 59

    More Almal

    Roer, weet jy ek kan nog met aanneming, selfs gedwonge aanneming saamlewe. Maar gedwonge aborsies . . .

    Sam

    Ek stem saam met jou, die seun is net so skuldig. Dit is ook nie nodig om die kinders voor die hele gemeente te verneder nie. Wie ook al daarvoor verantwoordelik was, gaan eendag moet verduidelik.

    Pikkie

    Ek hou van jou siening.

  • 21. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 05

    Voordat ek gestenig word, aborsies (gedwonge of vrywillig of gretig) is uit vir geboorte beperking.

  • 22. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 08

    Eish! Hou duim vas. Ek is by die dok vir ‘n ondersoek. Hoopenlik is alles ok.

  • 23. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 14

    Sam

    Niks sal waag om nie ok te wees met jou in die omtrek nie.

  • 24. demoerin  |  Junie 5, 2008 om 8 : 15

    Sjoe, bietjie van ‘n taai toffie. Goed geskryf though. Stem saam met Adrie, aborsies moenie die “fix-it” wees nie. Die hele situasie is net so sad. Elk geval, ek like jou vragie…hehehehe…purity!

  • 25. Salomè  |  Junie 5, 2008 om 8 : 15

    More Almal!!!
    Dis vrek koud hier. My vingertjies is gevries en my neus val af.
    Vanmore is daar niks se gekoffie nie, ons het Hot choklit norig. (Wip, sorry vir die figure, maar ek is seker die koue sal alle ekstras verbrand).

    Oor die onderwerp. Daar is baie kante aan die saak. Vandag se kinders is so ingelig en verlig, as hulle oor die tou trap is dit ok maar dommigheid. Vroeer jare toe alles nog hush-hush was, kan mens nog aanvaar dat sulke dinge gebeur. My probleem is die kinders. Iemand na aan my was so oor-die-tou-trap-aanneem kind en die hartseer as hulle eendag uitvind, al die vrae, die soek . . .

    Ek is seker maar bietjie hard, maar ek sal ok op die ou einde ok maar help. Hoe kan jy dan nou anders? Dis mens se menslike plig.

  • 26. Salomè  |  Junie 5, 2008 om 8 : 16

    Hoor, hoor Adrie. Die mense wat aborsies wettig gemaak het, moet gestenig word.

  • 27. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 19

    Demoerin

    He He – Purity: dubbele betekenis.

    Salome

    Dankie vir die hot chocolade. Ek sal netnou die pannekoek op sit. Net die eerste sarsie, die res het ek alles opgeeet.

  • 28. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 19

    Over skedover! Sjoe dit was vinnig! Ek ga nou trug dentist toe om hom te bliksem. Hy moet sy kak reg maak. Ek kanni eeti! Dis te blêrrie seer. Praat later

  • 29. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 25

    He He He 😆

    My broer bel my mos verlede jaar om te se hy is verloof omdat sy meisie swanger is. My ma, koei, vertel my dat ek sal moet help om die maakseltjie te versorg. As ek duisende rande aan ander kinders kan bestee, kan ek my broer se kind onderhou. Hier verloor ek my cool, niks vertel my wat om met my sente te doen nie. Die laaste strooi was toe my broer my vertel wat die kind se naam gaan wees, dieselfde as klein Adrie se naam. Ek het dit verloor.

    Gelukkig het hy net verloof geraak, sy meisie was nog nie swanger nie. Moenie my name steel nie.

  • 30. Salomè  |  Junie 5, 2008 om 8 : 35

    Ek en Liefie moes ok skielik ‘n troue sponsor toe ons hoor dat daar ‘n glipsie in die familie gaan aankom en ons sal moet help. Kan nie toelaat dat sy en die glipsie by ons kom afpak nie, of hoe?

  • 31. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 39

    Eks nou hier by die tandarts. Drol vra nederig omverskoning. Hyt tot vi my ‘n Wimpy brêkfis bestel omdat ek hom uitgekak het oorlat ekki kan eet nie. En ek is 100 keer misliker as ek nie geëet het nie!👿

  • 32. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 40

    Salome

    Jou pannekoek wil nie gedeel word vandag nie.

  • 33. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 41

    A3… Sê vi jou broer hy kan my name vat. Sarafina Vesalina Preciouse

  • 34. meermin  |  Junie 5, 2008 om 8 : 41

    Nie eerste nie!! Vriende van ons se dogter het so drie jaar terug swanger geraak, haar ouers het dit aanvaar, almal wat hulle ken het gehelp met baba klere koop en dit wat nodig is vir die baba’tjie! My bure se dogter se baba’tjie is nou 1 j 6 m sy was maar 16 toe sy swanger geraak het! So oud soos wat my juffrou’tjie nou is! Dit is skokkend, dit is hartseer, want haar hele jong mens wees is vernietig, sy het nie meer vriende nie, sy leef tans soos ‘n ou vrou, het niks van haar jong lewe nie, niks nie, die pa van die kind is bad news, maar hy bly saam haar, en sorg redelik goed vir die dogtertjie! MAG DIE HERE GEE DAT DIT NOOIT OOIT MET MY KIND GEBEUR NIE! Ek sal haar nie jaag nie, ek sal haar nie die deur wys nie, maar dit sal my breek!!

  • 35. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 43

    Saloom… Dit is die verkeerdste ding om kjinners te dwing om te trou.

  • 36. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 43

    Sam

    Jou agterent. Daardie kind (wat ver in die toekoms le) gaan nog steeds my niggie wees.

  • 37. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 8 : 45

    A3… Wat van Beauty?

  • 38. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 46

    Meermin

    Ek weet darem dat dit nie maklik vir enige iemand is nie. Die kindma se lewe is in baie gevalle verby, maar sy kan nog steeds ‘n sukses van haar lewe maak.

    Ek het my ma eendag gevra wat sy sal doen as ek swanger raak. Sy het gese sy weet nie, maar ek moet net onthou dat ek nie hoef te trou nie.

  • 39. ADRIANA  |  Junie 5, 2008 om 8 : 46

    Sam

    Dit gaan my teveel aan die boks laat dink.

  • 40. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 55

    Pannekoek daarbo!!!

  • 41. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 8 : 57

    A mother is driving her little girl to her friend’s house for a play date.

    ‘Mommy,’ the little girl asks, ‘how old are you?’

    ‘Honey, you are not supposed to ask a lady her age,’ the mother replied.
    ‘It’s not polite.’

    ‘OK’, the little girl says, ‘How much do you weigh?’

    ‘Now really,’ the mother says, ‘those are personal questions and are really none of your business.’

    Undaunted, the little girl asks, ‘Why did you and Daddy get a divorce?’

    ‘That’s enough questions, young lady! Honestly!’

    The exasperated mother walks away as the two friends begin to play.

    ‘ My Mom won’t tell me anything about her,’ the little girl says to her friend.

    ‘Well,’ says the friend, ‘all you need to do is look at her driver’s license. It’s like a report card, it has everything on it.’

    Later that night the littl e girl says to her mother, ‘I know how old you are. You are 32.’

    The mother is surprised and asks, ‘How did you find that out?

    ‘I also know that you weigh 130 pounds.’

    The mother is past surprised and shocked now.
    ‘How in Heaven’s name did you find that out?’

    ‘And,’ the little girl says triumphantly,’I know why you and daddy got a divorce.’

    ‘Oh really?’ the mother asks. ‘Why?’

    ‘Because you got an F in sex.’

  • 42. Nats  |  Junie 5, 2008 om 9 : 00

    Goeie more!

    Uit eindelik, ek was bietjie laat vanoggend… kon net nie op staan nie dit is te koud!

    Ek is ook heeltemal teen aborsies! Ek glo as jy “groot” genoeg is om seks te hê is jy dan ook groot genoeg om “mamma” te wees! En dit vat twee om te tango, die seun is net so skuldig soos die meisie!

    ‘n Dekade of twee gelede was dit ok om vroeg te trou en in jou tienerjare al swanger te wees. Ek weet my ma het vroeg getrou en het my suster gehad om 20/21. Vandag word jy aangekyk as jy vroeg swanger word (of dit nou belan was of nie) almal sal dink dit was ‘n glips. Wys net hoe tye verander!

    My ma het ook vir ons gesê sou so iets gebeur hoef ons nie te trou nie!!!!!!!! Sy sal ons nooit druk om te trou nie… al bly ons vir altyd by haar!🙂

    Ek soek asb so 20 pannekoeke!!!!!!

  • 43. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 9 : 06

    Nats

    Jy gaan vet word en swanger lyk!!!

  • 44. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 9 : 36

    Eet julle pannekoek sonder my?

  • 45. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 9 : 39

    Sam

    Net Nats het geneem, ek hoop daar is nog oor.

  • 46. Zee  |  Junie 5, 2008 om 9 : 41

    Adrie, baie goeie post. Ek wil net een eiertjie lê en dit is dat ‘n mens liewerste voorsiening moet maak voordat dit te laat is!

    Nou by Purity….. Julle is so bietjie verkeerd. Purity het sy ontstaan so 55 jaar terug in ‘n chemist se lab. Dan/Don Thompson se vrou was moeg om die kossies te mash en hulle het dit in District Six begin maak. Ek weet nou nie of hulle toe bemark het nie. Hulle het begin om dit in blikke te “bottle”.

    Later het Gerber Purity in SA gekom, maar Reckitt & Coleman wat dit versprei het wou nie al die royalties betaal nie en so het dit toe net Purity geword wat vandag deur Tiger Brands versprei word.

  • 47. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 9 : 43

    Ai tog! Ek sien da is darem nog ‘n paar oor. As Zoeks hie was……😉

  • 48. Pikkelik  |  Junie 5, 2008 om 9 : 46

    ♫♪♫♪Poppedyn het deurgeslaap, Poppedyn het deurgeslaap, Poppedyn het deurgeslaap, poppedyn het deurgeslaap♫♪♫♪

  • 49. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 9 : 47

    Zee

    Alles wat jy se is waar. Die dag wanneer die klein Adrietjies kom, hoop ek dat hulle ‘n baie goeie ouer vriend of vriendin sal he wat ek vertrou. Die tipe wat sal se jy jaag nou kak aan, maar as jy nie wil luister nie, hier kan jy die pil en kondome kry. Ek is so ‘n tipe ouer vriendin.

    Wat jy se oor purity is ook waar, maar Adcock Ingram vervaardig dit vandag. Tigerbrands is natuurlik die moedermaatskappy.

  • 50. ADRIANA  |  Junie 5, 2008 om 9 : 48

    Geluk Pikkie. Het jy ook deurgeslaap?

  • 51. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 9 : 50

    A3… Starig met die google:mrgreen:

  • 52. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 9 : 51

    Sam

    Ek was vandag nog glad nie op google nie. Gmf!!!!

  • 53. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 9 : 53

    He he!

  • 54. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 9 : 56

    A3… Het jy al gekyk wat Valiant se regte naam is?

  • 55. Salomè  |  Junie 5, 2008 om 9 : 58

    Pikkie
    Babie het nou weer koud gekry en nie rustig geslaap voor ek hom in ons bed geprop het nie. Maar ek moet sê, ek het ok gevries.

    Nats
    Nou kan julle dink hoe het ek gevoel toe ek op my middeljarige ouderdom vir die mense vertel ek verwag. Dis lyk my net so verskriklike skande om op die ouderdom ‘n glipsie te hê (wettig of te not) as op 21.

  • 56. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 10 : 01

    Saloom… Daai is die pragtigste glipsie!

  • 57. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 03

    Sam

    Ek het jou mos gese. Die swakste akteur onder die son se naam is Pierre Nolte.

  • 58. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 10 : 06

    Kak man! Hys dan jou se boyfriend…

  • 59. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 10 : 08

    Miskien is hy inni regte lewe ok so kak

  • 60. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 10

    Sam

    Ek het een van sy grootste fans ooit gevra wat is sy regte naam. Sy dink ook hy kan nie act nie. Sy het hom selfs ‘n “boks” genoem.

  • 61. Pikkelik  |  Junie 5, 2008 om 10 : 10

    Mre lmal, m y finges ky so out kk annie kik ie… my inky het avefreis!

  • 62. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 12

    Pik

    Ek dink nou net daaraan. Jy wat Pikkelik is, het nog nooit ‘n aansoekvorm voltooi nie. Hoe moet ons jou leer ken. Draf gou, dit sal jou vingers ontvries.

  • 63. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 10 : 12

    Oe! Dis mos nou stukke beter. Ek het trug inni bed gespring met 2 warmwater bottels. Praat later

  • 64. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 13

    Sam

    Bitch!!!!

  • 65. SAM Q  |  Junie 5, 2008 om 10 : 18

    😈

  • 66. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 32

    Hello julle vir wat vloek julle so 😯

  • 67. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 33

    Oe Ouma smul aan pannekoek……

  • 68. Katvis  |  Junie 5, 2008 om 10 : 35

    As iemand klippe gooi is dit gewoonlik iemand wat nie groen koring op die land het nie. Toe ek jonger was en na andermense se kinders kyk het ek altyd gese my kinders sal ek nooit toe laat om dit te doen nie dit was die dwaaste ding wat ek ooit kweit geraak het.

    Die beste manier om die saak te benader vir my was (seuns en dogters) om eerder glad nie te se dat dit verkeerd is en jy mag en moet dit nie doen nie. Anowel ek so gedink het , het ek my weerhou om eerder so te praat. Ek het eerder op die gevare en die nadele van voorhuwelikse seks te praat. Daar is baie maniere om dit te benader maar dit was maar die pad wat ons geloop het. Of dit gewerk het sal ons maar nog moet sien want die koring le nog groen op die land.

    Sam die insedente wat jy van praat oor die manier hoe die kerk die swanger meisie behandel het skreew teen die karakter van Jesus. Daar is baie voorbeelde van wat Hy sulke situasies heeltemal anders benader het. Inteendeel sulke optrede sou Jesus ook veroordeel het en sulke mense wat so opgetree het , het Hy “Hipokrits” genoem sulke situasies het meer mense weg van die liefde van God gejaag en mense God vandag laat vloek en laat se dat daar is geen God as wat dit mense na God laat kom het.

    Dit is jammer dat sulke goed in die kerk gebeur het want dit was defnitief nie die wil van God nie.

  • 69. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 36

    Ek loop niemand wil met my praat nie, Ouma gryp haar kierie en storm wipgat by die deur uit

  • 70. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 36

    Hallo Ouma

  • 71. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 39

    Katvis

    Ek stem saam met jou.

    My ma het altyd gese sy sal goed met doringdraad toewerk as dit jeuk. En daar was geen tienerswangerskappe nie.

  • 72. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 43

    Hier kom Ouma weer terug gehardloop…. ek hoor ‘n stemmetjie…
    Hoe gaan dit Adriana?

    Katvis ek stem ook saam. Mooi gestel

  • 73. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 46

    Ouma

    Nee, goed dankie en self? Gaan mos altyd goed. Ek het vanoggend vergeet om my medisyne te drink.

  • 74. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 50

    Adrie nou as jy vergeet om medisyne te drink, hoe lank dink jy gaan dit nog so goed gaan?

  • 75. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 52

    Wip

    Moet nou nie dinge aanroep nie. Kyk net wat het die medisyne my gister laat aanvang.

  • 76. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 54

    Beeld se input

    Die vraag of dit beter vir ’n misvormde fetus sal wees om geaborteer te word is “onberegbaar” en die vraag “moet nie eens aan die Suid-Afrikaanse reg gestel word nie”.

    Met dié beslissing van vyf regters van die appèlhof het hulle gister regsgeskiedenis gemaak deurdat hulle die eerste keer in Suid-Afrika se bestaan gevra is om oor dié vraag uitsluitsel te gee. Hulle sê self in hul uitspraak dat “geen presedent” vir so ’n regsituasie in Suid-Afrika bestaan nie.

    Die omstandighede in die geding waaroor appèlregters P. Streicher, B. Nugent, J. Heher, A. Cachalia en S. Snyders uitspraak gelewer het, is gister deur prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in die reg aan Unisa, as “verskriklik, verskriklik hartseer” beskryf.

    Die Kaapstadse egpaar Brian en Elizabeth Stewart se seun Brian is in 1993 met “spina bifida” gebore. Dié sindroom veroorsaak erge defeksies in ’n fetus – in klein Brian se geval breinskade en rugmurgskade wat beteken dat sy blaas, dermkanaal en onderlyf nie normaal funksioneer nie.

    Die egpaar het hul huisdokter en haar ginekoloog, drr. M. Botha en S. Smal, vir skadevergoeding gedagvaar. Hulle het aangevoer dat die dokters tydens die swangerskap die ernstige misvormings moes raakgesien het en hulle daaroor moes ingelig het sodat die egpaar kon besluit of hulle die fetus wil laat aborteer.

    Die appèlregters het gesê die werklike vraag is of klein Brian deur geboorte ’n kans op lewe gegee moes word of dat hy beter daaraan toe sou wees as hy moes sterf.

    “Ons het aangedui dat ongeag uit watter perspektief mens na die saak kyk; die finale vraag waaroor die hof moet besluit, bly of die kind hoegenaamd gebore moes gewees het.

    “Dit is ’n vraag wat so diep deurdring tot die hart van menswees dat dit nie eens aan die reg gestel moet word nie. Daarom dink ons dat hierdie hof (en dus voortaan alle howe in die land) nie erkenning aan so ’n eis moet gee nie.”

    Wiechers sê hoe hartseer die situasie ook al is, die appèlhof het korrek beslis.

    pdebruin@ beeld.com

  • 77. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 10 : 55

    😯

  • 78. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 10 : 58

    En die groot oge!!!!

    Ouma moet met Pikkie praat. Nie net weier sy om my aansoek vorm te voltooi nie. Sy het my gisteraand huiswerk gegee wat my die hele nag wakker gehou het.

  • 79. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 01

    Liela Magnus

    Matthew (26), ’n sjimpansee, is op pad hof toe in ’n poging deur ’n Oostenrykse vrou om hom as mens te laat verklaar.

    Me. Paula Stibbe, ’n Oostenrykse diereregte-aktivis en onderwyseres, wil Matthew Hiasl Pan ’n mens laat verklaar sodat sy sy wettige voog kan word.

    Die dieretoevlugsoord waar Matthew tans bly, is bankrot en gaan sluit. Stibbe wil dan Matthew se wettige voog wees sodat sy na hom kan omsien.

    Ingevolge Oostenrykse wetgewing kan voogde net vir mense aangestel word, berig http://www.livescience.com.

    Stibbe se aansoek in dié land se howe het misluk en sy appelleer nou na die Europese hof vir menseregte in Straatsburg, Frankryk.

    Hoewel sy oortuig is mense wat Matthew ontmoet, sal hom as ’n mens sien, is kenners nie so oortuig nie.

    ’n Antropoloog van die Universiteit van Pretoria, wat anoniem wil bly, het gesê die verskil tussen ’n mens en sjimpansee is eenvoudig X die een is ’n mens en die ander ’n dier.

    “Dit maak nie saak of die DNS 99,9% ooreenstem nie, dit is steeds nie 100% nie en dus is dit ’n ander spesie,” het hy gesê.

    Volgens hom is die groot verskil tussen die twee spesies kultuur. Hy meen diere kan nie abstrak en kognitief dink nie.

    Me. Michele Pickover van Animal Rights Africa is egter verheug oor die hofsaak.

    “Dit is ’n belangrike toetssaak waarin diere se regte verder uitgebrei word en diere se komplekse sosiale strukture erken word,” het sy gesê.

    Volgens haar moet primate nie as eiendom gesien word nie.

    “Daar is geen rede om ’n sjimpansee te gebruik om eksperimente op te doen nie. Jy kan net sowel dan ’n mens gebruik.”

  • 80. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 01

    Ag Adrie daardie huiswerk is maklik ek weet al klaar al die belangrike dinge in jou lewe….

    Die groot oge is vir die beeld storie…..

  • 81. Nats  |  Junie 5, 2008 om 11 : 05

    Eks terug!

    Ons moet gou ons gennie toets vir wanneer Eishkom dalk weer vir ons die POD stuur.

    Salome
    Lyk my mense kan net nie gelukkig wees nie, ek het nou net die houding dat hulle maar moet vinger wys en kla kry. Ek het deesdae net ‘n positiewe houding.

  • 82. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 05

    Wip

    Vertel my ook, asb erenstig nou, dat ek dit kan copy en paste?

  • 83. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 08

    Nats

    Vat gou ‘n bietjie tweeling raad. Leer die volgende woorde baie mooi.

    Fok dit!

    As iets jou nie aanstaan nie, spreek dit uit. Vee jou gat daaraan af en gaan voort.

  • 84. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 08

    Hello Nats

    Belangrikste is jou God! Reg en geregtigheid, hieroor kan jy nogal jou stem dik maak. Kinders is ook belangrik in jou lewe, jy hou nie daarvan as kinders afgeknou word nie.

  • 85. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 09

    Whahaha copy en paste dit::::

    Belangrik: Adrie vattiekakkie

    Vat gou ‘n bietjie tweeling raad. Leer die volgende woorde baie mooi.

    Fok dit!

    As iets jou nie aanstaan nie, spreek dit uit. Vee jou gat daaraan af en gaan voort.

  • 86. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 13

    Wip

    Spot jy met my wysheid? Huh?? Jy se dit as jy nie meer weet watter kant toe nie. Dit werk altyd.

  • 87. Nats  |  Junie 5, 2008 om 11 : 14

    Tweeling
    Dankie, ek was nog altyd “bang” oor wat ander mense sal dink ens, maar deesdae nie meer nie.

    Ek stem fok dit!! En hulle!!

    Sjoe nou voel ek beter!

    Wip 😆

  • 88. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 16

    Nats

    Mens moet dit my mening se.

  • 89. Nats  |  Junie 5, 2008 om 11 : 20

    Adrie
    Ek het gisteraand vir my ‘n leesboek gekoop.
    Ek kon nie Dalene Mathee se 2 boeke kry wat jy voorgestel het nie, hulle het net Toorbos / Huis vir Nadia / Hoe om ‘n man te koop (ek dink) en nog een gehad. Toe sien ek Dis ek Anna.

    O ja en ek het Indiana Jones gaan kyk!!!! Bietjie “far fetched” maar het dit baie geniet!

  • 90. Katvis  |  Junie 5, 2008 om 11 : 21

    Die eeerste berig oor die hof besluit oor die eis stem ek me saam want daar kan nie so n president geskep word nie. Dit sal net my en jou vir sulke eise laat betaal want dan moet daar weer meer versekering vir dokters wees wat hy sal moet betaal ver moontlike eise. Dan gaan hulle ditnet weer in hulle onkoste in verskans.

    Oor die aap wat as mens verklaar moet word. Hoekom probeer die vrou nie eerder om haar menskap na dier skap of te wel aap skap te laat verander want sy dink die res van die mense is ape. Om te dink n aap is n mens is jy self van looitjie getik. Dalk is sy self n aap. Sy het net aan haar eie delema gedink want sou hulle so iets doen dan kan enige iemand na afrika kom en n aap aan neem en dit na sy huis vat en niemand kan vir hom se hy mag nie want dit is nou sy wettige kind dan die. Wie gaan dan die papiere oor teken die aap se ma en alfa pa. Nee wat sy het glad nie mooi oor die saak gedink nie sy probeer nou na strooi halms gryp wat more kan uitbrand en die hele sutuasie vererger vir diere.

  • 91. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 24

    Nats

    Wat het jy toe gekoop?

  • 92. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 26

    Katvis

    Hoor Hoor – veral oor die tweede berig.

  • 93. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 42

    Nats

    daardie tyd wat ek bekommerd was oor mense en wat hulle dink het gelukkig verby gegaan….
    Mense gaan altyd iets negatiefs kwyt raak, dit gee my die creeps.

    Adrie ek spot nie 😆

    Ek gaan ook Indiana Jones kyk, Ouma kom van vandag af kuier en ons moet haar bietjie uitvat. Wil kyk of ek dit vanaand buite in die koue gaan waag. Sjoe julle dit darem koud in die aande.

  • 94. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 42

    Fine

    As julle nie met my wil praat nie, julle gaan my vanmiddag en more erg mis.

  • 95. Verons  |  Junie 5, 2008 om 11 : 43

    Hallo julle, eish ek was vanoggend vrek besig kry nou eers kans om in te loer!
    Katvis ek stem saam met jou, ek het my kinders ook geleer dat as jy die dinge van grootmense wil doen moet jy die verantwoordelikhede wat daar saam mee gaan ook vat. Die het my ma my geleer.

  • 96. Nats  |  Junie 5, 2008 om 11 : 44

    Adrie
    Dis ek Anna

    Katvis
    So wat jy vir my probeer sê is my honne is nie kinders nie?? Hulle is eintlik diere!!!!!

    Net nie dit nie!! Ek gaan hof toe….

  • 97. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 44

    Hallo Ma

    Ek sal vanaand ‘n blog skryf oor keuses en ek bliksem die een wat my voorspring.

  • 98. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 46

    Adrie

    Wie praat nie met jou nie ons praaaaaaaat… gister het jy ons alleen gelos, vir in geval jy vergeet het.

    Hello Verons,
    Hoe lyk dinge daar by jou?

  • 99. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 46

    Nats

    Gaan jy dat ‘n koue ou nat vis jou dag bederf?

    Alhoewel, honde bly brakke. Dit is wreed om van hulle mense te maak.

    Goeie keuse. Dit al klaar gelees?

  • 100. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 46

    Oe dis ‘n goeie onderwerp Keuses…. julle ek het baie werk ek moet nog my blog vir môre gaan skryf en sommer 12 uur post 😉

  • 101. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 48

    Vryf dit in, Wip. Ek voel nog nie sleg genoeg nie.

  • 102. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 49

    Shanie my seuntjie is glad nie ‘n dier nie…. hy is my baba….
    My dier is ‘n mens maar hy kan blaf en honde dinge aanvang.
    As julle my 1 maand nie op my blog sien nie, moet julle weet ek is besig om te treur oor my hond….

  • 103. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 49

    Wip

    Onthou, ek weet waar jy bly. 👿

    Dit is ‘n diep post, ek kan dit nie in 5 minute aan mekaar klap nie. Dit is vol dorings.

  • 104. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 49

    Adrie

    ek gaan nog baie vryf en polish :mrgreen:

  • 105. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 50

    Ek is klaar besig om te skryf oor keuses, ek doen nie diep nie…:mrgreen:

  • 106. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 50

    Wip

    Jy ‘n maand lank oor ‘n brak treur sonder ‘n blog? Dit wil ek sien.

    Gmph!!!! Jy sal almal se blogs vol snot en trane tjank.

  • 107. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 51

    Toemaar Adrie, jy sal nog sien hoe lyk Shane, jy sal dadelik lief raak vir hom, hy is ‘n charmer… hy slaan vrouens se voete onder hulle uit en ek sê jou ek sal ‘n maand nie blog nie …… ek gaan treur ek is dood ernstig

  • 108. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 51

    Fine

    Keuses is joune. Ek sou dit beter kon doen, maar terwyl jy nou daarop aandring. . . .

  • 109. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 52

    Wip

    Moet ek Shane ontvoer en dan kyk of jy jou woord hou?

  • 110. Nats  |  Junie 5, 2008 om 11 : 54

    Adrie
    Nope, ek het nog nie begin lees nie… en vannaand scrapbook ek weer! Yippee! Ek gaan ‘n skinkbord maak vir my swesie se verjaardag!

    Sal seker die naweek bietjie inni bed bly en lees!

  • 111. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 11 : 55

    Nats

    Ek bring more aand vir jou ‘n wavrag vol toilet papier. Ek dink jy gaan dit nodig kry.

  • 112. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 11 : 59

    Nats
    scrapbook of decoupage jy ek is nou deurmekaar met die skindbord???? Ek is mal oor decoupage, het baie vir my Provence kuier plek gemaak.

    Adrie, jy kan nie so wreed wees om hom te ontvoer nie.

  • 113. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 01

    Wip

    Wanna bet? Steel nog 1, nog net 1 van my onderwerpe en jy sal sien.

  • 114. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 03

    Adrie
    Wat julle my vertel het, weet ek nie of ek die boek moet lees nie! Maar ek voel ek moet!

  • 115. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 04

    Wip
    Meestal Scrapbook, maar die skindbord het fotos ens in so ek noem dit maar Scrapbook… gaan dit ook doen! Weet nie of ek genoeg tyd gaan hê nie dis net ‘n 3uur klas!

  • 116. ADRIANA  |  Junie 5, 2008 om 12 : 04

    Nats

    Jy gaan daardie boek lees, al moet ek dit vir jou kom voorlees. 👿

    Ek weet hoe klein jou hartjie is, jy gaan emmers vol tjank.

  • 117. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 06

    O ja ek het Elvis gekry!! Hy lewe nog, en sy naam vadag is “Gert”! AKA my oupa!!

    Wha ha ha ha!!! So lekker gelag ek blaai deur die foto album en my oupa het nes Elvis gelyk!!!

  • 118. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 12 : 07

    O nee, ek sal liewer nie weer steel nie, wag laat ek Shane gaan wegsteek, ek beplan om nou die inskrywing te post.

    Nats
    Dit klink mooi!!

  • 119. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 12 : 08

    Nats whahaha

    Julle ek gaan net gou werk, my werk is so agter, dan vir ouma dokter toe vat… ek sal net nou weer kom inloer …. ek gaan nog in vreeslike moeilikheid kom met die blogging…..

    Bye sien julle later

  • 120. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 08

    Adrie
    My hartjie is klein, en nie baie sterk nie… nou net ‘n foto van my pa gesien en amper begin huil soos ‘n babatjie!!

    Jy sal maar moet kom voorlees! Of tissues by die tonne aan dra!!

  • 121. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 09

    Nats

    Ek hoop nie jou oupa se van was van Rooyen nie.

  • 122. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 09

    Nats

    Ek gee jou more 10 rolle toilet papier.

  • 123. Katvis  |  Junie 5, 2008 om 12 : 10

    Nats
    As jy die honne kan leer om hulle holle afte vee as hulle kla geskuuiiii…. het dan kan hulle maar mense wees ander nie. Dan is hulle net honne wat wag vir kos om op die stoep te skuuiiii….

  • 124. Wipneus!  |  Junie 5, 2008 om 12 : 11

    Katvis 👿 wat praat jy???????

  • 125. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 11

    Katvis

    Waar het jy ‘n rekenaar gekry wat onder water werk?

  • 126. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 15

    Adrie
    Nee, nie van Rooyen nie!

    Katvis
    Hulle is te goed om hulle boudtjies af te vee… hulle skop selfs die gras uit as hulle kla is!!

  • 127. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 18

    Elvis is oppas Tweeling… jammer foto is groot! Mag dalk lank neem, my posduif is onfiks!

  • 128. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 20

    Nats

    Ek kyk uit vir hom. Kan jou oupa sing soos elvis?

  • 129. Nats  |  Junie 5, 2008 om 12 : 24

    Adrie
    Hy kan sing,en hy is mal daaroor om te sing!! Hoef hom net een keer te vra! Sy broer het al ‘n cd of twee uitgebring… net jammer daai gene het nie my kant toe gekom nie!

    ♫♫

  • 130. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 27

    Nats

    Het jy geweet my ouma se nooiensvan, is dieselfde as jou Oupa se van.

  • 131. Verons  |  Junie 5, 2008 om 12 : 35

    Hallo Wip as jy dink jou Shane is ‘n charmer dan het jy nog nie vir Gizmo gesien nie! Ek is nie regtig ‘n diere mens nie, vir my is ‘n hond iets wat my huis moet oppas in ruil daarvoor kyk ek mooi na hom en gee hom kos en water.
    Toe kom die klein dingetjie so paar maande terug in my lewe in en nou kan ek myself nie indink sonder hom nie. Almal freak uit oor hom, my een vriendin wat soos ek voel oor honde het gesê sy sal hom enige dag babysit en as ek vir haar gaan kuier moet hy saam…

  • 132. Adrie  |  Junie 5, 2008 om 12 : 37

    Verons

    Ek stem!!!!

  • 133. krista  |  Junie 6, 2008 om 9 : 16

    Ek glo in: hou jou gat uit dinge en jou ding uit gate.

    As jy seksueel aktief wil wees en nie jou bene wil toe hou nie, sorg dat jy die inspuiting of die pil kry EN gebruik ‘n kondoom. So maklik soos dit. Dis JOU keuse. En as jy weet daar is ‘n kans dat jy gaan swanger raak en jy doen dit nog steeds, en jy word swanger, dan is dit mos nie ‘n glipsie nie, maar slegs ‘n berekende kans wat jy gevat het.

    In vandag se dae is daar nie meer ‘n ding soos ‘n glipsie nie.

  • 134. Adrie  |  Junie 6, 2008 om 2 : 19

    Krista

    Ek stem saam met jou. Ek hou net nie daarvan dat die meisies verwerp word wanneer hulle swanger is nie. ‘n Dosent het altyd vir ons gese. Die lewe deel sy eie slae uit.

    Daar is ouers (vandag nog) wat so ‘n kind sal uitskop. Dit is nie vir my reg nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: