Hand in eie boesem

Junie 4, 2008 at 12 : 05 68 Kommentaar

Tussen die uittrap-blogs en die ek-gaan-nie-blog-blogs het ek besluit dat dit dalk tyd is om selfondersoek in te stel.  Sover ek weet is ek nie skuldig aan die voorbeelde wat gegee is nie, maar stel my reg as ek onder ‘n waan verkeer. 

Ek dink die Bybel sê dat ‘n sagte woord die onsteltenis keer.  Of so iets in elk geval.  In Jakobus word daar duidelik uitgespel watter groot euwel die tong regtig is.  Dat een woord iemand kan verwoes of selfs ‘n oorlog kan veroorsaak.  Ek weet dat my tong (of te wel vingers) my reguit hel toe sal stuur.  Ek het 2 probleme, die eerste een is dalk makliker om op te los.  Ek praat sonder om aan die implikasie van my woorde te dink.  2.  My woorde is X, ek dink ek sê A en die mense verstaan dit as B.  In altwee gevalle moet ek dalk net my bek hou.  Geen skade.

Kom ons begin by my blog inskrywings.  Ek sê wat ek daardie dag ingedagte het en bogger die res.  Ek hou beslis nie my mond as ek nie iets goeds kan sê nie.  As ek aan ‘n voorbeeld kan dink, ek het redelik onlangs ‘n skerp aanval op Helen Zille geloods en ek het seker gemaak sy sien dit.  Ek val ook gereeld instansies aan.  En ek gaan nie verander nie.  Ek wil myself nie aan bande lê wat onderwerpe betref nie.  Bekhou en aanvaar is nie ‘n opsie nie.  As iets teen hemele skree, gaan ek my mening lug.  Ek hou eerder op blog voordat ek belowe om dit nie weer te herhaal nie.  As ek verkeerd is, hier of met my onderwerpe, kan mense my dit vertel. 

My blog se naam is juis Dorings en Soms Rose, sodat ek my reguit opinie oor sekere sake kan lewer.  Die rose deel gaan daaroor dat ek dalk eendag iets goeds kan doen op my blog.  Ek sien dit as my deel om ongeregtigheid aan te spreek.  Om mense uit te daag om oor sekere goed te kan dink.  Ek weet ek is nie altyd reg nie, die kanse is seker groter dat ek altyd verkeerd is.  Die vraag is eerder voeg ek waarde toe.  Op die oomblik dink ek ja.  As ek verkeerd is, sluit ek die blog.

Volgende, die kommentaar wat ek lewer.  Ek het dikwels ‘n skerp opinie en ek huiwer nie om dit weer te gee nie.  Ek gee nie om dat mens van my verskil op my blog nie, ek is immers ook net mens vol foute.  Waar ek van mense verskil, maar ek seker dat dit op die onderwerp bly.  Ek kan met die onderwerp verskil, sonder om die mens daar agter af te kraak.  Of altans, ek dink so.  Baie mense haat dit egter as ander nie soos hulle dink nie.  Baie mense vat ‘n meningsverskil, persoonlik op.  My kommentaar pas seker dikwels nie by die onderwerp nie.  Ek kan iets hieraan doen. 

Aangesien my mening of nie 100% van toepassing is nie, te sterk uitgespreek word of verkeerd verstaan word, moet ek eerder stil bly.  Ek moet ‘n roofleser word.  Maklik. 

Enige bereidwilligers om dorings oor te neem?

Blogvraag:  Op 4 Junie 1973, watter Patent was aan Don Wetzel, Tom Barnes en George Chastain toegeken?

Blogantwoord:  Zoekoe was reg met ALMALTHEA.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat sê jou sterre omtrent jou? Jammer

68 Kommentaar Add your own

  • 1. Verons  |  Junie 4, 2008 om 12 : 10

    Eerste!!!!!!!!!!!!

  • 2. Verons  |  Junie 4, 2008 om 12 : 11

    A3 ek het nie als in detail gelees nie ek moet nou in ‘n vergadering ingaan, maar hoe lyk dit vir my jy wil die blog oorgee aan iemand????? Hoekom???????????

  • 3. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 12 : 41

    Sy chicken uit !!!!! 😛

  • 4. Nats  |  Junie 4, 2008 om 12 : 41

    TWEELING!!!!!

    ONS LIKE JOU NES JY IS, EN AL JOU OPINIES AS STEM ONS NIE ALTYD SAAM MET DIT NIE!!!!

    EN JA EK IS BESIG OM OP JOU TE SKREEU!!!!!!!!!!!!!!

    JY MAAK NIE DORINGS TOE OF GEE DIT AAN IEMAND ANDERS NIE.

    WIE OOKAL DAAI IDEE IN JOU KOP GEPRAAT HET SAL MET ONS ALMAL TE DOEN KRY…. dit was Heksie ne, daai ene wil seker die blog oor neem???

    ERNSTIG NOU JY BLY NET DA!!!

    CAPICHE! (Hoe ookal dit gespel word)

  • 5. Nats  |  Junie 4, 2008 om 12 : 45

    *Fluister*
    Iemand dalk vir my ‘n strepsil?? My keel is nou bietjie seer….

  • 6. Jo-Ann Schou  |  Junie 4, 2008 om 1 : 15

    Nee, jy bly net hier… jy hou ons klomp op ons tone….

    Blogantwoord: ATM? (kan google….) Wens net ek het nou tyd gehad om bietjie te lees daaroor…

    Lekker dag daar!

  • 7. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 1 : 18

    . . . wat het oor haar lewer geloop?

  • 8. Nats  |  Junie 4, 2008 om 1 : 26

    Zoekoe
    Ek dink Heksie het vir haar rooi koeldrank gegee wat gespike was!!

  • 9. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 1 : 31

    Ja, seker, nout sy dronk verdriet . . . 😥

  • 10. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 2 : 00

    en amal is op lunch 🙂

  • 11. demoerin  |  Junie 4, 2008 om 2 : 05

    Adrie….roofleser se gaai, ek geniet jou skrywes en moenie dat ek jou nou oor my skoot wil trek nie! Crap man, jou opninie bly jou eie solank niemand persoonlik aangevat word nie…en basta met die res! Solank jy ook net die gaan verdra wat dalk met jou mag verskil!

  • 12. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 2 : 13

    En nou rooflees Adrie….. kom nou Adrie, drink jou pille, dan sal alles weer beter wees !!

  • 13. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 2 : 25

    Adriana
    So mislik as wat jy kan wees is EK nog hier. Dit behoort vir jou genoeg te sê.
    Eet jou pannekoek en hou op laf wees.!!

  • 14. Verons  |  Junie 4, 2008 om 2 : 46

    Terug!!
    En nog steeds geen antwoord van haar nie!!!

  • 15. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 2 : 52

    He he! Net soos ek my 3ling ken! Adriana Magrita…. Jy klink nou net soos ek partykeer voel. Ek het oor die jare geleer om op te hou worry oor wat ander van my dink. Ek voel ‘n fok of hulle my verstaan of nie. In my eerlike opinie kan mense wat nie van jou inskrywings hou nie, in hul eie kak gaan duik. Dit is presies wat ‘n blog is… JOU OPINIE!

  • 16. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 2 : 58

    Ga almal nou rooflesers word😯

  • 17. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 3 : 01

    Miskien moet ons die blog vraag verander na…. Raai wie rooflees😉

  • 18. Roer  |  Junie 4, 2008 om 3 : 09

    Adriana, ons klomp begin nou net lekker kuier. Moet nou nie vir jou soos ‘n vrou gedra nie.😉 Jy bly net hier. Dorings en al of Tannie Roer deel pak uit.

  • 19. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 3 : 20

    Roer… Sjjjttt! *fluister* ons rooflees:mrgreen:

  • 20. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 3 : 40

    Hello almal ek wil net gou gaan lees en hoor hoekom trap Adriana ons uit 😉

  • 21. Roer  |  Junie 4, 2008 om 3 : 41

    Wip… Sjjjttt! *fluister* ons rooflees😆

  • 22. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 3 : 44

    Lekker inskrywing Adriana….

    Ek stem ek maak ook foute, my kommentaar was al baie verkeerd opgeneem. Gee my soms droëe humor die skuld…..

    Maar hoekom iemand afkraak of verneder. Dis nie nodig om die mens aan te val nie. Mens kan nogsteeds ordentlik kommentaar lewer.

    Dis regtig vir my ongemaklik as ek sekere blogs oopmaak en dit lyk soos ‘n toilet…. 👿

  • 23. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 3 : 47

    Skies ek rooflees dan nou ook maar…. lol

    Hello Roer, gaan dit goed met jou? Die week moet vinniger vlieg, ek is al gedaan.

  • 24. Roer  |  Junie 4, 2008 om 3 : 51

    Wip, dit gaan goed tot ek se^ dit gaan nie meer goed nie (se^ liefie altyd)👿😆 En met jou?

  • 25. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 3 : 52

    Dit gaan altyd goed met my…. 🙂 as dit nie goed gaan nie maak ek dit goed gaan…. dit help nie op te sit en sulk nie, dis buitendien nie lekker nie….

  • 26. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 4 : 02

    aaaaag sien ek sys nog steeds depro! !!

  • 27. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 03

    Hello Zoeks is sy nou weer depro…. wat het gebeur 😯
    het iemand met haar baklei

  • 28. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 4 : 03

    dalk moet ons vir haar ‘n get better soon kaartjie stuur…. 😉

  • 29. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 4 : 04

    Hallo Ouma Wip, nee jong vet weet wat in haar ingevaar het…. syt net skielik so geraak, dis seker maar die grou weer !!!

  • 30. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 05

    Ek gaan haar ore trek…

  • 31. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 06

    Sy loop seker weer rond met ‘n snotneus….Adriana kom hier dat Ouma jou neus afvee

  • 32. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 4 : 08

    My snotneus is amper gesond, daai pille werk soos ‘n bom (veral saam met my brannas & coke)
    😆

  • 33. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 11

    😆 so brandewyntjie was nog altyd goed vir verkoue Zoeks, hy vat sommer al die pyne ook weg … jy voel niks nie, dit voel of jy op wolkies rondsweef

  • 34. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 12

    ADRIEEEEEEEEE :EVIL:

  • 35. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 4 : 14

    Dit gaanie help nie, Ouma weet hoe doof kan syraak as sy so is…. 🙄

  • 36. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 17

    🙄 die klein merrie rooflees hier….. 👿

    Zoekoe gooi vir ouma ‘n stywe brandewyn..

  • 37. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 22

    Wag laat ouma net my kierie kry, en rekenaar toe gaan, ek moet ‘n posduif gaan stuur, dit kan nie meer so aangaan nie…. die blog is morsdood….

  • 38. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 28

    Come back
    Baby, come back
    Baby, come back
    Baby, come back

    This is the first time until today
    That you have run away
    I’m asking you for the first time ♪ ♪

    Come back
    I said baby, come back
    I said baby, come back
    Oh won’t you please come back
    Oh won’t you please come back ♪ ♪

  • 39. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 41

    Ouma gooi maar vir haar ‘n wyntjie in….. sit agteroor ek kyk vir die skerm wat stil geword het…….

    And now, the end is near; ♪
    And so I face the final curtain.
    My friend, Ill say it clear,
    Ill state my case, of which Im certain.

    Ive lived a life thats full.
    Ive traveled each and evry highway;
    And more, much more than this,
    I did it my way.

    Regrets, Ive had a few;
    But then again, too few to mention.
    I did what I had to do
    And saw it through without exemption.

    I planned each charted course;
    Each careful step along the byway,
    But more, much more than this,
    I did it my way.

    Yes, there were times, Im sure you knew
    When I bit off more than I could chew.
    But through it all, when there was doubt,
    I ate it up and spit it out.
    I faced it all and I stood tall;
    And did it my way.

    Ive loved, Ive laughed and cried.♪
    Ive had my fill; my share of losing.
    And now, as tears subside,
    I find it all so amusing.

    To think I did all that;
    And may I say – not in a shy way,
    No, oh no not me,
    I did it my way.

    For what is a man, what has he got?
    If not himself, then he has naught.
    To say the things he truly feels;
    And not the words of one who kneels.
    The record shows I took the blows –
    And did it my way!

  • 40. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 4 : 44

    Toi-toi ons vandag???? Is ons op staking….. Huh????

  • 41. Katvis  |  Junie 4, 2008 om 5 : 17

    Miskien skryf Adrie onder n ander naam nou???????Hi ha

  • 42. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 5 : 20

    My goedende 4k! A3 het vi ouma Wip finaal na dronk kareoke toe gedryf!

  • 43. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 5 : 32

    Ek los ma die bottel obs hier lang Zoeks se brannas en ouma se wyn. Ek kanni glo dat Zoekoe sy brannas net so kan los nie. Die skok was seke te groot…

  • 44. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 5 : 37

    Sam waar is Adrie?

  • 45. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 07

    Ouma Wip… Hoopenlik het sy die bottel obs kom haal toe ek my rug gedraai het. Anners haal ek ‘n ander bottel uit, suipit uit en bliksem ha oori kop TOT sy luister.

  • 46. TÈGAN Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 10

    Tannie A… My mother says you don’t want to talk now. She said you heart is very sore. I will draw you a picture so that you can feel better.

  • 47. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 12

    Wag! Ek kry solank daai bottel obs…

  • 48. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 42

    sy sal nou kom…. Ouma het haar gou gaan haal, sy het ‘n snotneus, Ouma het julle mos gesê 😛

  • 49. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 42

    Die koei sit lekka en lag vi ons! Gmpf!

  • 50. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 44

    Ouma meng gou bietjie, wit dulsies, paragora, heuning, borsdruppels, suurlemoensap en gemmer brandewyn en meng dit met bietjie warm water in ‘n glas. Dan gooi ek sommer bietjie kasterolie in ‘n medisyne maatlepel…. hierdie is net vir die wis en die onwis.

    Adrieeeeee kom drink ju medisyne ❗

  • 51. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 44

    Ek ga nou al die vensters en deure toemaak, die lig afsit en poep!

  • 52. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 45

    Sam kan jy glo, sy kruip al die tyd weg want sy wil nie hê Ouma moet haar snotneus skoonmaak nie

  • 53. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 45

    SAM !!!! whahahaha 😆

  • 54. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 47

    He he!

  • 55. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 50

    Stoute meisiekind jy….

  • 56. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 50

    My foon ga nou enige oomblik dooi. Die bat is pap en ek sit hie by die skool en wag vi my sussie. En ek kry blêrrie koud!

  • 57. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 6 : 51

    😳

  • 58. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 6 : 53

    En nou ka ekki jou neus da in vryfi! Welkom trug miesies. En koebaai.

  • 59. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 6 : 55

    😳 😳 😳

  • 60. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 58

    Jaaaa!!!!!

  • 61. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 58

    😆

  • 62. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 6 : 59

    ?????? nou wat nou hoekom is jy rooi

  • 63. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 7 : 00

    Ek is ‘n bietjie verlee.

  • 64. Wipneus!  |  Junie 4, 2008 om 7 : 10

    Huh? vertel

  • 65. sonkind  |  Junie 4, 2008 om 7 : 40

    Adrie, jy is reg net soos jy is. En jou blog ook. Moenie weggaan nie, ons sal huil.😥

  • 66. WOMANH  |  Junie 6, 2008 om 3 : 58

    WHATZUP PPL

  • 67. WOMANH  |  Junie 6, 2008 om 3 : 59

    🙂

  • 68. ADRIANA  |  Junie 6, 2008 om 4 : 03

    Wat op aarde maak jy hier, Woman?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: