Wat sê jou sterre omtrent jou?

Junie 3, 2008 at 5 : 15 104 Kommentaar

Daar is baie mense wat hulle sterre meer getrou volg as hulle Bybel.  Die eerste bladsy wat hulle in ‘n tydskrif of koerant opsoek is hulle maand of week se sterre.  Die Astroloog se woord is wet, hulle volg daardie raad asof hulle lewe daarvan afhang.  Regstelling:  Die mense glo dat hulle lewe daarvan afhang.

Ek glo glad nie in Astrologie nie en lees die Sterre nooit.  Dit is vir my verskriklik interessant wat jou sterreteken omtrent jou persoonlikheid sê.  Ek het al baie mense teëgekom wat vas in die persoonlikheid tipes glo, maar nie aan die toekoms voorspel deel nie.  My Zodiac bestudeer ek elke nou en dan, net om weer te vind dat daar bittermin van my persoonlikheid daarin is.  Wat vir my ‘n bewys is dat die sterregoed nonsens is.  Onmoontlik kan almal, argumentsonthalwe, wat tussen 23 Julie en 22 Augustus dieselfde persoonlikhede hê.  As jy belangstel, hulle is almal onder die Leeu (Leo) gebore.

Daar is baie toetse op die internet wat jou persoonlikheid bepaal en jou dan ‘n sterreteken toeken.  Ek kry gewoonlik ‘n vuur element teken, dikwels skerpioen.  Ek het net nog eenkeer ‘n aard element – bul – gekry.  Vandag het ek terwille van die blog weer ‘n toetsie gedoen.  Vandag is ek ‘n Ram of te wel Aries.  Volgens Wikipedia behoort ek die volgende eienskappe te toon:  Selfvertroue, moed, ongeduld, impulsiwiteit, entoesiasme, inisiatief, leierskap, vooroordeel, reguit, geirriteerd en “forceful”.  Behalwe vir die ongeduld en dalk die entoesiasme, is dit baie naby aan reg.

Daar is natuurlik net vliegie in die salf.  Ek verjaar nie tussen 21 Maart en 19 April nie.  Oops!!!  Ek is inderwaarheid glad nie eers ‘n vuur element nie.  Ek gaan nie eers sê wat ek behoort te wees nie, maar dit is glad nie so stroom op soos wat ek wel is nie.  Ek weet daar is baie mense wat sweer hulle is wat hulle veronderstel is om te wees, maar ek is nie.  Ek ken verskeie mense wat op dieselfde dag verjaar en soos dag en nag verskil.

Hoe voel jy oor Astrologie?  Volg jy jou sterre?  Wat is jou sterreteken en pas jy by jou sterreteken se persoonlikheid?  Glo jy dat sekere elemente geskikte pasmaats maak?

Blogvraag:  Wat was die bok se naam, wat die baba Zeus van melk voorsien het?

Blogantwoord:  Neykie en Zoekoe het saam met baie gesukkel die antwoord gekry.  Emily Hobhouse was die Engel van lig.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Suid-Afrikaanse Helde Hand in eie boesem

104 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 5 : 22

    EERTSE !!!!

  • 2. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 5 : 23

    TWEEDE !!

  • 3. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 5 : 25

    AMALTHEIA was die she goat wat hom melk gegee het !!

  • 4. Pikkelik  |  Junie 3, 2008 om 6 : 27

    DDDDDEEEEEEERRRRDDDDEEEE!!!!

  • 5. Pikkelik  |  Junie 3, 2008 om 6 : 31

    Daai toetsie sê ek moet ‘n vis wees (Pisces) maar believe you me, hulle is so ver verkeerd dissie eers snaaks nie!!!! Ek is ‘n bul (Taurus)???????????

  • 6. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 7 : 04

    Pikkie

    Is jy ‘n tipiese bul of is die toets verkeerd?

  • 7. SAM Q  |  Junie 3, 2008 om 7 : 19

    Laaste! Yippee! *fluister* Zoeks… Die regte spelling is ALMALTHEA

  • 8. Pikkelik  |  Junie 3, 2008 om 8 : 08

    Nee Adrie, ek is vanaand liewe heksie, net nie te slim nie, my sterreteken is ‘n Taurus, maar ek dink nie ek is een nie, maar ek is ok nie ‘n vis nie, sooooo ek weetie wat ek moet wees nie….

  • 9. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 8 : 38

    Scorpio
    Passionate and intense
    can be controlling and loves to play mindgames
    hierdie ding is 110% reg 😯

    Kyk hulle in my siel in??? Ek glo nie in sterre nie….
    Dis nonsens…

  • 10. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 8 : 47

    Pik

    Daardie toets het in elk geval te min vra om jou persoonlikheid te bewys.

    Wip

    Jy bewys my punt. Jy is nog verder van Scorpio af as ek. Jy is ‘n Steenbok volgens jou geboortedatum.

  • 11. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 8 : 52

    Hoe weet jy ek is ‘n Steenbok, dan was ek in die verkeerde maand gebore, my siel lê in Scorpio weggesteek. Geen wonder my lewe is so deurmekaar nie

  • 12. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 8 : 54

    Wip

    Jy sal verbaas wees wat ek weet. Ek het verlede jaar besluit, aangesien my drielinge en my kloon Skerpioene is, is ek ook een. Wat weet die sterre in elk geval. En as ek van teken kan verander, kan Nats ook. Daarom is sy ook vir alle praktiese doeleindes ‘n skerpioen.

  • 13. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 9 : 21

    Skerpioen?
    Ek kan seker dink wat ek wil hieroor nê 😆

  • 14. Jo-Ann Schou  |  Junie 3, 2008 om 10 : 01

    Libra. Maar ek glo glad nie in die goed nie en ek lees nie voorspellings. Ek glo ook nie aan spoke, geeste of ander bonatuurlike goed nie. Maar ek gun elke diertjie sy plesiertjie en geniet ‘n goeie spookstorie op sy tyd.

  • 15. Zee  |  Junie 3, 2008 om 10 : 53

    Goed Adrie, ek het vandat ek my lewe vir die Here gegee het nog nooit weer die sterre gelees nie, en glo my, ek het dit goed geglo wat ek elke week getrou gelees het. Maar nou net ter wille van jou experiment het ek die toetsie gaan doen.

    Ek is ‘n Scorpio maar die toetsie se toe ek het ‘n Aquarius personality. Liefie dink nogal dat ek die Scorpio naam hoog dra. 😆

  • 16. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 7 : 18

    Goeie more mense !!! 😀 😀

  • 17. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 7 : 24

    Die stupid toets sê ek is ‘n scorpio….. WRONG! !!! ek is ‘n bleddie steenbokkie !!!

  • 18. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 7 : 52

    More Almal

    Zoeks, duidelik is jy Ouma se kleinkind.

  • 19. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 7 : 57

    Jo-Ann

    Ek bly maar ver weg van die onnatuurlike. Hou die spasie dop volgende week.

    Zee

    Ek voel nogal baie ongemaklik oor die ware Christenne wat die goed lees en glo. Ek is bly jy kon daarvan afsien. Ek het eenkeer vir die snaaksigheid die sterre voorspellings tussen ‘n paar publikasies vergelyk. Nie een was dieselfde nie.

  • 20. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 02

    Ja, so ??

  • 21. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 12

    Mislike vent.

  • 22. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 19

    Wie? ek ? nooit gesien nie…..

  • 23. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 20

    Jou neus se voete afgesny?

  • 24. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 23

    Nog nie heelemal nie….. maar ek drink OJ laat dit by my dinges uitloop !!!

  • 25. Roer  |  Junie 4, 2008 om 8 : 24

    More almal.

    A3, check vir ‘n posduifie asb.

  • 26. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 25

    More Almal!!
    Adrie, daai toetsie sê ek is ‘n vis, maar ek is beslis maaaaande weg van ‘n vis af.

  • 27. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 26

    Roer

    Ek wag in spannie.

    Salome

    Wat, ‘n volle 2 maande agtertoe? Hou jou in, Adrie is ‘n vis.

  • 28. meermin  |  Junie 4, 2008 om 8 : 27

    27 ste!! Ek lees nie die sterre nie, ek glo nie daaraan nie!! Lekker dag vir almal van julle!

  • 29. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 28

    Hi Salomè, daai toetsie is so verkeerd, ek lag net hardop !!

  • 30. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 31

    Zoeks

    My siening is die Toets is reg, die sterre is verkeerd.

  • 31. Roer  |  Junie 4, 2008 om 8 : 31

    Ek glo ook nie in die sterre nie en dit irriteer my grensloos as iemand my vra wat is my sterreteken.

  • 32. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 33

    O, wel OK dan is die sterre verkeerd, maar die toets het my persoonlikheid ook verkeerd…..

  • 33. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 37

    Adrie
    Ja, ja, maar Wikipedia se uitleg is nogal raak. Behalwe vir die Physical Trade wat sê my sterreteken het “generally slender and well shaped bodies” is die res nogal nie so vêr af nie.

    Zoekoe
    Jy en Liefie verjaar ‘n dag uit mekaar uit. Gaan lees liewer Wikipedia se uitleg. Dis so min of meer waar.

    Roer
    Dis net interressant. My ma en suster is Virgo, en ek het al gevind dat die meeste uitlegte van Virgo nogal spot-on is. Ek ken 4 van hulle en glo my hulle is almal dieselfde – hard van die nonsies.

    Maar laat ek net sê, ek lees nie die voorspellings nie. Dis nie vir ons om te weet wat more of oormore gaan gebeur nie. Maar die interressanthede agter die sterre se oplyning en, en, en hoe dit jou as mens dalk kon beinvloed, is nogal fassinerend

  • 34. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 40

    Live for today, because tomorrow might not come !!!

  • 35. Roer  |  Junie 4, 2008 om 8 : 41

    Salome, daais cool. Ek’s nie hier om iemand te oortuig dis verkeerd nie. Ek glo net glad nie daarin nie. Terloops, ek is ook hard en vol nonsies…maar ek’s nie ‘n Virgo.😉

  • 36. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 41

    Zoekoe
    Sorry, foutjie, jy en Liefie verjaar 2 dae uitmekaar.

    Verons
    Jy is ‘n definitiewe skerpioen, nes my middelste. (Praat van no-nonsense)

  • 37. Roer  |  Junie 4, 2008 om 8 : 41

    Adriana!

  • 38. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 43

    Zoekoe
    Is waar, en ek het al van mense gehoor wat se hele lewe gaan staan omdat hulle in die simpel voorspellings glo. En dan gebeur dit wat voorspel is in elk geval omdat hul dinge buite die normale doen of oorversigtig is .

    Roer
    Ek dink daai “hard-en-vol-nonsies” is ‘n tipiese vroumens trademark.

  • 39. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 44

    Roer

    Wat??????

  • 40. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 45

    Persoonlik dink ek ook die sterrevoorspelling is ‘n pot kak, ek glo ook nie daaraan nie, maar ek laaik om mense se reaksie te kyk daarop !! 😛

  • 41. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 46

    Salome

    Ek (die mens agter Adrie) is volgens my Sterreteken iemand wat van harmonie hou. Klink dit vir jou juis?

  • 42. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 46

    Haai wag, ek het vir julle almal vars koffie gemaak en daar is muffins. Adrie, ek het vir julle olikes sop gebring (Ertjies).
    Vandag is weer een van daaaai dae en ek gaan beslis nie my draaie kry as ek nou verder hier rond hang nie.
    Sien julle tea-time!!

  • 43. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 8 : 48

    Adrie
    Weeeeelll, as mens mooi kyk sal mens dalk die harmonie in jou raak loop. *Kwaai* Jy steek dit verdomp net so weg agter daai hoe mure dat jy dit self nie kan sien nie.

  • 44. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 8 : 49

    As mens dit mooi gaat lees, dit praat altyd so ín die algemeen, en meeste mense in die wereld, het liefdes probleme op een of anner tyd in hulle lewens gehad of gaan hê, amper amal het finansiele ups en downs, en biljoene mense het werk, en amper amal van hulle wil een of anner tyd verandering by die werk hê, so daai goete is so vaag soos modderwater, en dit kan op amal toegepas word as jy rerig wil glo !!

  • 45. Nats  |  Junie 4, 2008 om 8 : 54

    Goeie more op die lekker koue nat oggend!!!

    Ek is ‘n Libra, al wat ek weet is dat ek moeilik besluite maak. So as ek myself moet vergelyk is my hart op die een punt en my kop op die ander punt van die weegskaall.

    Ek glo nie daarin nie, het dit ook jare laas gelees (toe dit net vir die fun of it was)

    Ek moet sê die Chinese Zodiac was nog die naaste aan my persoonlikheid… volgens hulle is ek ‘n rot!!!

  • 46. neykie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 57

    more almal

    Lekker reen weer

    BMW 😆

  • 47. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 8 : 57

    Nats

    Ek het van jou gister ‘n ereskerpioen gemaak. Aangesien Sam en Dina skerpioene is, moet ek ook een wees. Tilla is ook een. As ek ‘n skerpioen is, moet jy ook een wees.

  • 48. Nats  |  Junie 4, 2008 om 8 : 59

    Tweeling
    Reg met my!!

    Het iemand dalk pannekoek gebak vanoggend… ???

  • 49. neykie  |  Junie 4, 2008 om 9 : 02

    ek is ‘n boogskutter. sal nou nie sê wat die sterre sê van my persoonlikheid ens. nie

  • 50. Nats  |  Junie 4, 2008 om 9 : 16

    Nou terug ek gaan kyk of ek pannekoek by Woolies kan kry!!!

    Brrrrr…. nou moet ek uit gaan in die reen!!! Maar dis vir ‘n goeie doel!🙂

  • 51. demoerin  |  Junie 4, 2008 om 9 : 28

    Glo nie in die Zodiac goodies nie. I am what I am. Gaan nou rerig nie worry oor at die sterre-voorspel nie. Elke dag word tog gedryf deur besluite wat jy moet neem. En die uitkoms van die besluite is jou rigting vir vandag, more en so meer.

  • 52. Verons  |  Junie 4, 2008 om 9 : 30

    More julle!!!!!
    Daai toetsie sê ek is ‘n skerpioen!!!😯
    Ek is een van daai mense wat aan die sterretekens glo maar die sterre voorspel is sommer net ‘n pot stront!
    Ek sien baie van ‘n mens se persoonlikheid in sy sterreteken, dit is so elke mens wat onder ‘n sekere sterreteken gebore is beslis nie dieselfde nie maar baie persoonlikheids eienskappe is tog dieselfde en elke sterreteken se sterk eienskappe kom tog sterker as die ander uit! Ek het 4 vriendinne wat al 4 ramme (aries) is en hulle verskil hemelsbreed van mekaar, maar tog is daar sekere ram eienskappe baie sterk by hulle almal maar by elkeen kom dit net op ‘n ander manier deur…

  • 53. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 9 : 46

    Hallo Verons

    Kon jy al my ster se eienskappe in my sien?

  • 54. Pikkelik  |  Junie 4, 2008 om 9 : 49

    More almal, ek het gou weer daai toetsie gaan doen en vanoggend is ek wragtig die bul wat ek is,,,, Nou is ek totaal en al confussed…

  • 55. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 9 : 53

    Pikkie

    Ek is bly jy voel darem nog tuis op my blog.

  • 56. Pikkelik  |  Junie 4, 2008 om 9 : 56

    Heerlik, hier is ek nie bang nie. Dis lekker hier, ek kan maar bietjie k@kpraat as ek wil…

  • 57. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 9 : 58

    Pikkie

    Jy kan soveel kakpraat hier as wat jy wil.

  • 58. Pikkelik  |  Junie 4, 2008 om 10 : 00

    Lekker!!!!!! Ek mag net nie biologieklasse gee nie nè???? Ek’t lus vir sop. Waar is Salami????

  • 59. Pikkelik  |  Junie 4, 2008 om 10 : 01

    Ai tog, net as ek lekker wil begin k@kpraat, skreeu ‘n kind……

  • 60. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 03

    Pik

    Sy het gaan sop kook om by my keel af te forseer. Ek wou jou juis nog vra hoe soen ‘n mens? Tel dit as biologie?

  • 61. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 14

    Adriana!!!
    Die sop is klaar gekook – maak oop jou oge. Het dit vroeg vroeg al hier gelos.

    Pikkie
    Daars nog in die vrieskas as jy wil hê. Sal jy dit sommer self opwarm?

    HOT CHOKLIT VIR ALMAL!!

    Dis bibber koud en nat hier vandag. G’n mens mag by die werk sit as dit so lyk buite.

  • 62. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 16

    Nou gaan ons wragtag weer vir 2 dae sonder water sit. Sal maar die kinners in die reen moet afspoel.

    Adrie, ek begin met jou saam stem, dis ‘n @k plek hierdie waar ek bly. Kan net sowel in die plakkerskamp bly. Sonder krag, sonder water, sonder ordintlike paaie, . . .

  • 63. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 17

    Ons verspoel hierso.

    Salome

    My tweeling het pannekoek bestel. Kan jy asb die bestelling aanvaar?

  • 64. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 17

    Nou is julle nou almal saam Nats Woollies toe? A nee a man, ek dag ons gaan koffie. Nou ja, dan gaan ek maar weer werk

  • 65. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 18

    Adrie
    As julle kom help opruim. Wie gaan strooi en wie gaan rol?

  • 66. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 19

    Salome

    Ek het geweet jy gaan een of ander tyd die lig sien.

  • 67. Roer  |  Junie 4, 2008 om 10 : 19

    Het iemand pannekoek genoem?!
    /me staan bakhand vir ‘n pannekoekie. Yskoud in die Kaap.

  • 68. Roer  |  Junie 4, 2008 om 10 : 21

    Salome, jy’s reg (dis ‘n vroumens ding!)🙂

  • 69. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 21

    Roer
    Ek begin dink ons is ok inni Kaap. Waar het jy nou gesien die Transvaal het reen in die winter

  • 70. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 22

    Roer
    Ek moet net die Tweeling en haar trawante kry om te kom help, dan kan ons pannekoek eet.

  • 71. Roer  |  Junie 4, 2008 om 10 : 22

    Salome, is daar donderweer? Ek mis donderweer verskriklik.

  • 72. Nats  |  Junie 4, 2008 om 10 : 23

    Woolies het net pannekoek met hoender in… ek soek kaneel pannekoek!!!!!!!

    Pick N Pay het ook nie, glo lewer die dame nie meer af nie… het nou maar ‘n wit dougnat geeet, maar ek moes nie, nou voel ek sommer siek!!! Te soet!

    Salome
    Kan ek maar asb van daai sop kry???

  • 73. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 24

    Roer

    Het jy jou posduif gekry?

    Yskoud in Transvaal ook.

    Ag asseblief, Saloompie. Heng, ek sien jy het geantwoord. Ek sal opruim, voordat almal snot siekte kry.

  • 74. Nats  |  Junie 4, 2008 om 10 : 24

    Doughnut

    Spelling, eish! Jac beter my nie inskryf vir daai “Spelling B” nie!!!

  • 75. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 10 : 25

    Roer
    Nee, dit sjorrrr net. As jy uit kyk is alles nat, maar daar is nie ‘n geluid nie.

    ADRIE!!!
    Los my nou uit, het mos gesê ek het werk om te doen.

  • 76. Roer  |  Junie 4, 2008 om 10 : 26

    A3, het gekry. Dankie.

  • 77. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 28

    Salome

    Ons is koud en bedrempeld en jy wil nie eers vir ons ‘n ou pannekoekie gee nie.

  • 78. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 31

    Roer

    Cool. Ek wil maak of ek baie siek is en gaan DVD kyk by die huis.

  • 79. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 10 : 44

    Ek hoop rerig nie daar is baie mense daarbuite wat my karakter eienskappe deel nie…. die wereld kan nie nog een van my handle nie 😮

  • 80. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 47

    Behoede ons.

  • 81. Roer  |  Junie 4, 2008 om 10 : 49

    Waar’s Sam? Ek het haar nodig by my werk. Iemand het ‘n warm klap nodig! en ek’s te chicken en politically correct. Flip.

    A3, dvd’s klink goed. Let’s go!

  • 82. Zoekoe  |  Junie 4, 2008 om 10 : 51

    Ek is ook mal oor kaneersuiker pannekoek !!! waars dit?

  • 83. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 10 : 53

    Roer

    Ek sal haar sms. Ek is seker sy sal met die grootste liefde Kaapstad toe ry.

  • 84. Verons  |  Junie 4, 2008 om 11 : 08

    Roer hier in die Noorde van Pta dreun die donderweer gelukkig sonder die blitse!!
    A3 ja ek het tog sekere van jou sterreteken se eienskappe by jou waargeneem.
    Daar was ‘n stadium wat ek mense se sterreteken kon raai deur net ‘n rukkie met hulle te gesels, vandag het ek so baie vergeet dat ek maar moet vra watter sterreteken hulle is.
    As ek iemand ontmoet en ek weet wat sy sterreteken is sal ek dit gaan oplees, en dan herken ek tog sekere eienskappe in daai persoon.

  • 85. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 11 : 09

    Verons

    Ons kan dit Vrydag aand bespreek.

  • 86. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 13

    Roer… Eks oppi N1. Eks nou da! Ek kom vanni dentist af en is baja moerig! Sê vi daai meid die ousie ga vi ha kom moer dat geek boy ooit wee na ha sal kyk nie! Tsk!

  • 87. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 11 : 15

    Sam

    Kom jy my oplaai? Ek moet jou seker kom uitbail.

  • 88. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 15

    Daai toets het ek met ‘n moerse gesukkel toe gedoen gekry. Scorpio…. No shit!

  • 89. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 18

    A3.. Eks in centur

  • 90. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 11 : 19

    Ek dink sterretekens is deur Scorpio’s uitgedink. Dit werk net vir hulle.

  • 91. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 20

    He he

  • 92. Adrie  |  Junie 4, 2008 om 11 : 21

    Sam

    Ek begin so lank aan ‘n nuwe blog werk.

  • 93. ADRIANA  |  Junie 4, 2008 om 11 : 26

    Hoe spel ‘n mens boesoem?

  • 94. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 27

    Hulle ga my toesluit vi driving and blogging!

  • 95. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 11 : 28

    En daar sous dit . . .

    Boesem Adrie

  • 96. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 11 : 29

    Jy sien. Dis jou skuld. hiers ek wragtag alweer.

  • 97. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 31

    Mirrag kroeker… Uhm.. Bedoel Saloom

  • 98. ADRIANA  |  Junie 4, 2008 om 11 : 31

    Sam

    JY is ‘n trotse Gautenger, daarom kan jy maar so ry.

  • 99. ADRIANA  |  Junie 4, 2008 om 11 : 32

    Dankie Salome

    Bak jy al pannekoek?

  • 100. SAM Q  |  Junie 4, 2008 om 11 : 35

    Praat later

  • 101. Salomè  |  Junie 4, 2008 om 11 : 43

    Mirrag, Adriana, mirrag sal ons bak. Ek werk nog jong (of sal ek sê probeer – jy lok my ok so gereeld hierheen dat ek nie eindlik iets gedoen kry nie)

  • 102. ADRIANA  |  Junie 4, 2008 om 11 : 50

    Dit is al amper middag

  • 103. Katvis  |  Junie 4, 2008 om 12 : 07

    Al sterre wat katvis ken is see sterre. So my sterre teken is dan seker maar seester Hi ha

  • 104. adele  |  Oktober 26, 2013 om 9 : 22

    Ek is ‘n tweeling en geniet dit om ‘n tweeling te wees al het ek nie ‘n tweeling sussie of boetie nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: