Suid-Afrikaanse Helde

Junie 3, 2008 at 8 : 49 189 Kommentaar

Op skool was ons altyd van helde vertel.  3 was altyd uitgesonder.  Wolhaard Woltemade (verskoon die spelling), ‘n ou man wat mense van ‘n sinkende skip gaan red het met sy perd.  Nadat hy heelwat mense gered het, het te veel mense aan sy perd geklou en hy is saam met hulle dood.  Rachel de Beer, wat saam met haar boetie verdwaal het.  Dit het begin sneeu en sy het vir hom ‘n miershoop uitgehol.  Daarna het sy vir hom al haar klere aangetrek in die ingang met haar liggaam bedek.  Dirkie Uys was saam met sy pa op kommando.  Hulle was in ‘n hindernis gelei, waar sy pa swaar gewond is.  In plaas om saam met die res van die kommando te ontsnap, het hy omgedraai om saam met sy pa te sterf.  (Durf ek vra hoekom niemand hom gekeer het nie?)

Gister was ‘n dag van rou, nadat Steve Hofmeyr sy blog gesluit het.  Almal weet dat ek nie veel ooghare vir Steve het nie.  Ek was in totaal seker net 4 keer op sy blog.  Ek kan dit egter nie betwis dat hy vir baie mense ‘n held is nie.  Steve het mense wat hom tot in die graf sal volg.  Nadat Danny Jordaan dit reggekry het dat Suid-Afrika die 2010 wêreldbeker kan aanbied.  Miljoene mense, reg oor die wêreld sal sterk voel dat Nelson Mandela die held van alle helde is.  Vir die groot rugbyaanhangers sal Francios Pienaar en John Smith besliste helde wees.  As jy in die mediese veld werk, beskou jy dalk Chris Barnard as jou grootste held.  Helen Zille is dalk jou held as jou kop politiek toe neig.  Mimi Coertzer as jy gek is oor opera.  So kan ek seker die hele dag aanhou.

Wie is jou Suid-Afrikaanse held en hoekom?

Myne is onbetwyfeld Dalene Matthee.  Sy het nie soveel vuurwerke veroorsaak soos van die ander wat ek genoem het nie, maar sy kon met woorde toor.  Ek ken amper elkeen van haar boeke uit my kop uit.  Ek het al begin om vir my ‘n lys aanhalings daaruit saam te stel.  Nee, ek weet nie wat gaan ek daarmee doen nie, maar as miljoene mense Shakespear kan aanhaal, dan kan ek Matthee aanhaal. 

Haar boeke is vir my baie eerlik en reguit.  Sy draai nie doekies om nie.  Sy is ook nie bang om haar sê te sê nie.  Ek dink nou aan Pieternella wat baie mense baie ongemaklik maak.  Of Susters van Eva wat baie kerktannies aan hulle tee laat stik.  Sy het ons almal bewus gemaak omtrent Knysna se geskiedenis.  Van haar boeke is erg gepepper, maar daar is altyd ‘n rede daarvoor.  Nie soos sommige skrywers wat net vloek om te wys hulle kan nie. 

Die 13de gebod maak dit duidelik dat ‘n mens elke jaar al Dalene se boeke moet lees.  Dit is ‘n gebod wat ek nie kan oortree nie. 

Blogvraag:  As wat het Emily Hobhouse onder die boere bekend gestaan?

Blogantwoord:  Salome se aanhaling is effens geskommel van die een wat ek gegee het, maar sy het die woorde in die regte konteks geplaas.  Sam was eerste reg met die volgorde wat ek gegee het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Kwessie van Respek Wat sê jou sterre omtrent jou?

189 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 12 : 57

    O daar kalf my keyboard nou wat gaan hier aan, iemand het my getoor…..

    Adrie dit is moeilik om groot bedrae oor te betaal, met internet banking is dit maklik as jy jou limiet opstoot wat jy mag oorplaas. Maar jy doen mos nie dit nie…..

    wat is die antwoord nou???? engel van lig????

  • 2. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 12 : 57

    ek sien hoofletters????? het ek ‘n virus

  • 3. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 12 : 58

    Zoeks

    Sorry, ek het net ‘n uitkak sms van die ousie gekry.

    Wip

    Ja, ek dink in alle regverdigheid dat Neykie eerste reg was. Internet banking is nog te onveilig vir my paar sente.

  • 4. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 12 : 59

    julle ek moet afsit en my virus program laat hardloop alles loop deurmekaar…… kaka poepoe ek is so siek vir rekenaars ek kan skreeeeeeuuuuu

  • 5. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 02

    Wip

    Alles hier by my is normaal.

  • 6. Wipneus!  |  Junie 3, 2008 om 1 : 14

    Ok alles is nou weer reg…. Ouma vee die sweet van haar voorkop af…. te veel gedownload gister whahahaha

  • 7. Nats  |  Junie 3, 2008 om 1 : 14

    Ek verstaan dit nie…

    Dis mos Murphie dat Std Bank nou sal moeilik raak na gister!!

    Da is geld uit my rekening vir een of ander medies… my medies gaan van die werk se rekening af.

    Bel om te vra wie geld uit my rekening vat, hulle moet confirm dis ek en nie ‘n skelm nie. Ek confrim al my detail behalwe a telefoon nommer…. die nommer is my ou werk van 3 jaar terug, ek kan nie die nommer onthou nie so nou kan hulle my nie help nie want ek is nie Nats nie!!!! My goeie donkie nou moet ek bank toe gaan want ek kry nie my tannie aan die hande nie.

    Boonop het ek my detail hoeka terug verander selfs my nuwe huis adres is op wat ek 2 jaar terug eers gekry het. Hoe werk dit!!!!!

  • 8. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 1 : 15

    Wat nou van ‘n SMS Adrie? nee jong, jy sal weer moet prentjies begin teken vir my !!!

  • 9. Verons  |  Junie 3, 2008 om 1 : 16

    Wip Victor was die Bulle se kaptein in laasjaar se super 14 en hy was een van die helde in die worldcup!!
    Dan is hy boonop nog erg sexy!!😉

  • 10. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 17

    Nats

    Ek moes die bank tot al vertel watter kleur is my panty. 3 keer. Ek sweer die ousie het ons almal aangesteek met bank probleme. Of ons het dinge aangeroep.

  • 11. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 18

    Verons

    Luister gou vinnig. Is ons nog aan vir Vrydag aand met Tienks?

    Tweeling

    Is jy Vrydagaand beskikbaar?

    En jy Zoeks?

  • 12. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 1 : 19

    Nats, kry vir jou, die wonderlike diens van Standard bank, as jy nie contacts het nie…. 😛

  • 13. Verons  |  Junie 3, 2008 om 1 : 20

    Sorry A3 ek wou jou nog antwoord hierbo, ja dis nog reg maar as Tienks nou siek is gaan sy Vrydagaand dit kan maak??

  • 14. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 1 : 21

    As ek nie siek is in die bed nie….is ek daar !

  • 15. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 21

    Verons

    Dit is wat sy gister wou doen. Toegegee, ek was gisteraand in ‘n bui, glad nie lus dat iemand aan my karring nie.

  • 16. neykie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 23

    Was ek reg? fanks A3….

  • 17. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 25

    Neykie

    Wil jy saam met ons kuier Vrydag aand?

  • 18. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 1 : 44

    weg…. is…. amal……. !

  • 19. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 1 : 51

    Zoeks

    Ek is vir nou nog hier, maar het gou eers ‘n vergadering. Sal later weer inloer.

  • 20. Nats  |  Junie 3, 2008 om 2 : 06

    We don’t need another hero!!
    We don’t need to know the way home!!!

    So what do we do in our lives!!!!!!!

    ♫♫♫♫♫♫♫♫♫

    Hoes daai vir sing!!

  • 21. Nats  |  Junie 3, 2008 om 2 : 13

    Ok fine ek sien niemand wil met my chat nie.

    Ek gaan bietjie namens Mr. Nats brag!! Hy gaan volgende week saam ‘n paar Springbokke ontbyt eet!!!

    Nie baie nie, so 5 ek dink… Schalk Burger is een kanni die res othou nie o ja Pierre Spiers…

    Ek het gesê hy beter fotos neem… sal maar kyk of hy gaan, sal nogal snaaks lyk!

  • 22. neykie  |  Junie 3, 2008 om 2 : 16

    wa kuier?

  • 23. Pikkelik  |  Junie 3, 2008 om 2 : 29

    Mors dood gevrek…

  • 24. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 2 : 38

    Absoluut gestorwe !!

  • 25. neykie  |  Junie 3, 2008 om 2 : 47

    Is almal nou moeg gekuier?

  • 26. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 2 : 59

    Dink amal is siek, gekuier 😆

  • 27. boendoe  |  Junie 3, 2008 om 3 : 05

    Ek weet Hansie Cronje het ‘n slegte exit gemaak, maar vir my is hy ‘n held.
    En Rachel de Beer het blykbaar nooit bestaan nie!

  • 28. Verons  |  Junie 3, 2008 om 3 : 18

    Boendoe ek moet sê ek het ook vir Hansie ‘n groot bewondering gehad. Dit was vir my ‘n hengse skok toe ek uitvind dat hy skuldig was aan wedstryd knoeiery, ek dink net hy was baie onregverdig behandel.
    Maar nog steeds het ek ‘n bewondering vir hom ongeag al die ander goed.

  • 29. Nats  |  Junie 3, 2008 om 3 : 36

    Boendoe en Verons
    Hansie was een van die wat uitgevang was… da is nog baie daar buite ons “weet” dit net nie.

    (((TWEEELIIIINNNGGGG)) Wa jy?

  • 30. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 4 : 02

    Boendoe?

    Huh???? Rachel nie bestaan nie? Daar verloor ek al my kinder onskuld.

  • 31. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 4 : 03

    Neykie

    In Pretoria.

  • 32. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 4 : 11

    By ‘n stripclub !!!

  • 33. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 4 : 16

    Zoekoe

    Is jy al klaar gesuip?

  • 34. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 4 : 29

    Nee… hoekom?

  • 35. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 4 : 34

    Zoeks

    As jy dink ons gaan na ‘n stripclub.

  • 36. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 4 : 40

    O dis nie wat jy noudie dag gesê het nie Adrie…..

  • 37. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 4 : 46

    Zoekoe

    Jy skoor met iemand wat siek is en met geen geduld.

  • 38. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 5 : 07

    Ek het mos al gesê, eks te dom om bang te wees…..🙄

  • 39. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 5 : 23

    Zoekoe

    Ek gaan groet, in my bed klim en maak of ek baie siek is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: