‘n Kwessie van Respek

Junie 2, 2008 at 5 : 13 38 Kommentaar

Ek het tot vandag nog nie ‘n idee wat mense bedoel as jy respek moet betoon nie.  Volgens die woordeboek is respek ‘n houding van bewondering wat jy vir iemand voel.  Baie van ons is groot gemaak dat mense van ‘n sekere ouderdom of posisie gerespekteer moet word.  Wat nogal baie te doen het hoe jy teenoor die persoon optree.

My ma het ons grootgemaak dat respek verdien word en nie afgedwing word nie.  Wat sin maak as ‘n mens na ‘n woordeboek se vergelyking kyk.  Hoekom moet ‘n kind ‘n volwassene respekteer wat hom /haar swakker as ‘n kind gedra?  Net omdat hulle dalk 20 jaar ouer is?  Se voet.  My ma kon haar hare later uit haar kop trek omdat sy ons nie eerder geleer het om ouer mense te respekteer nie, maar ek dink nie dat dit noodwendig ‘n fout was nie. 

Ek glo ‘n mens moet iemand die krediet gee wat hulle toekom.  ‘n Grootmens het meer ervaring as ‘n kind, daarom moet ‘n kind na ‘n grootmens se waarskuwing luister.  Nie omdat hulle ‘n dekade of twee ouer is nie.  Die onderwyser was 4 jaar op universiteit om in staat te wees om ‘n kind te onderrig, daarom moet die kind sy samewerking aan die onderwyser gee. 

Kom ons praat oor respek wat volwassenes teenoor mekaar moet betoon.  Daar is sekere beroepe wat ‘n titel saam kry wanneer hulle gradueer.  Ek dink spesifiek aan dokters, tandartse en predikante.  Wat natuurlike baie jare gespandeer het om te gradueer.  Verdien hulle spesiale respek net daaromtrent?  In die Kaap is die antwoord ja, in Gauteng is die antwoord nee.  Mense is hier nie so gesteld op geleerdheid nie.  Die reël wat ek volg, as die dokter my op my naam noem, noem ek hom/haar op sy naam.  Die meerderheid van hulle stel hulle op hulle naam voor, wat die storie makliker maak.  Ek sal die predikante van my kerk op hulle titels aanspreek tensy ek versoek word om hulle naam te gebruik.  Ander predikante – dit hang af hoe ek aan hulle voorgestel word.  Ek dink dit het nie iets met respek te doen nie, eerder met goeie maniere.

Wat dan van koninlikes of mense van aansien?  Ek meen het iemand regtig respek vir prins Charles?  Jy sal hom as u hoogheid moet aanspreek omdat dit etiket is.  Hoekom moet ons enigsins respek toon aan bloubloed wat niks met Suid-Afrika te doen het nie.

Ek dink respek word dikwels met ander terme verwar.  Ek kan nie vriende weer met iemand wat ek nie respekteer nie.  Ek probeer om mense met dieselfde respek behandel wat hulle my mee behandel.  Jou stertjies, gesag en posisie kan nie my respek koop nie, die tipe mens wat jy is ten spyte daarvan gaan my respek wen of verloor.

Blogvraag:  Voltooi CJ Langenhoven se gevleuelde woorde:  Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat ditjou _______ is, jou gelyke omdat dit jou _______ is, jou mindere omdat dit jou ________ is. (3 woorde)

Blogantwoord:  Sam was met hook en crook reg met Harry Goldin.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

What is in a name? Suid-Afrikaanse Helde

38 Kommentaar Add your own

  • 1. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 44

    EERSTE!

  • 2. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 45

    Eer jou gelyke omdat dit ‘n plesier is, jou meerdere omdat dit jou plig is en jou mindere omdat dit jou voorreg is (Langenhoven)

  • 3. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 46

    Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou PLIG is, jou gelyke omdat dit jou PLESIER is, jou mindere omdat dit jou VOORREG is!

  • 4. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 46

    Sam
    Jy kan ok nie altyd eerste wees met die antwoord nie. Ek sien jy is ‘n lewende ensiklopedie (of jy is die een wat vir Adrie al die blogvrae voer daarom dat jy die antwoorde ken)

  • 5. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 47

    ‘n ander gunsteling aanhaling vir my;

    “As die ander man nie wil die helfte van die pad gee nie, gee jy dan die hele – die èèn helfte omdat dit jou plig is as sy gelyke, die ander helfte omdat dit jou voorreg is as sy meerdere” (Langenhoven)

  • 6. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 47

    Gmpf! My sel tik nie so vinnig soos jou keybord nie!

  • 7. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 49

    Maak jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur. (Langenhoven)
    SORRY, maar ek is ‘n grooot Langenhoven fan. ‘n Wyse man

  • 8. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 50

    Ha! Jyt PLIG en PLESIER omgeruil!

  • 9. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 52

    Sam
    Jy moet liewer niks sê oor die sped van tik nie. Ek tik een letter en skel dan 10. Die fancy keyboard van Liefie kan nie by bly nie. Die spacebar hak vas, dan wil die enter nie druk nie, en, en, en,
    As ek net nie so blond was nie, het ek liewer op my selfoon getik – weet net nie hoe om by die blog goeters uit te kom nie, en hier is nie ‘n 12 jarige naby nie.
    En nou het ek seker weer te veel gesê nê

  • 10. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 53

    Maak nou die vol met sy gedigte. Ek gee rerig nie om nie:mrgreen:

  • 11. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 53

    Die man wat sy eie vrou lief het, kan maar by myne kuier. (Langenhoven)

    Moenie koop wat jy nodig het nie. Koop net waarsonder jy nie kan klaarkom nie. (Langenhoven)

    Mense wat niks doen, doen nie niks nie, hulle hinder die wat werk. (Langenhoven)

  • 12. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 5 : 55

    Nee toemaar Sam, ek sal nie dig nie, hy het genoeg wyse sêgoed om ons mee besig te hou.

  • 13. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 5 : 57

    Ek sal moet ga google vi die PLIG en PLESIER…. Nous ek self nie seker nie

  • 14. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 6 : 02

    Ek moet net gou my kjind help met huiswerk. Praat later

  • 15. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 6 : 40

    Salami…. WHUHAHAHA! EK WAS REG! Wê la ke pê la!

  • 16. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 6 : 41

    Die meerderheid is reg, die minderheid opreg

  • 17. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 6 : 43

    Van die reg wat met ons gebore is, daarvanis, helaas, nooit sprake

  • 18. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 7 : 22

    Hallo Almal

    Sam, Salome se uitdrukking is ook reg. Dit is maar dieselfde wat jy ook gese het. Net die volgorde verskil, maar die woorde is in die regte konteks ingevul.

  • 19. Wipneus!  |  Junie 2, 2008 om 9 : 34

    Hello Almal

    Respek is om ander mense ordentlik te behandel.
    Ander mense ‘n plekkie onder die son te gun.

    As jy nie ander kan respekteer nie, moenie verwag dat hulle jou gaan respekteer nie.

    Respek is nie ‘n moeilike begrip nie, jy word hierdie dinge saam jou tietie bottel ingegee. Respek sien ek as goeie maniere.

    Respek is om almal fair te behandel, moenie sommer oordeel voor jy iemand of die omstandighede nie ken nie. Respek is om te agree to disagree. Respek is om geduldig te wees. Om ander mense spasie te gun om hulself te wees. Om mense te aanvaar, hou verby as jy nie van hulle hou nie, maar moenie kinderagtig optree en mense verneder nie.
    Dis om ander mense se verskille te hanteer. Ek kan nog baie hieroor skryf.

    Ek sien deesdae dat respek nie meer belangrik is nie, mense skinder, maak mekaar seer, is ongeduldig, rassisme en natuurlik die wat dink hulle is beter of ryker as ander. Vir laasgenoemde is daar nie hulp nie, hulle behandel die res van die wêreld wat nie sosiale status het nie soos commoners!👿

    Ek het respek vir mense wat my respekteer. As ek my swak gedra kan ek nie respek verwag nie. Dis hoe dit is.

  • 20. Roer  |  Junie 2, 2008 om 9 : 59

    Naand…en lekker slaap. Ek’s gedaan. Respek – ek stem saam dit moet verdien word, maar as jy ‘n vreemdeling is dit nie altyd moontlik nie bv. my kind ontmoet vir die 1ste keer die skoolhoof. Hy moet hom respekteer al ken hy hom nie. Ek maak nie sin nie. Moeg. Good night. x

  • 21. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 7 : 09

    Hallo peepol !!! 😀

    Ek is geleer om ouer mense te respekteer, maar dit het slegs gegeld toe ek nog kind was, en ek dink ook is dalk meer goeie maniere as enigiets anders…. !

  • 22. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 7 : 57

    More Almal

    Roer, ek dink wat ek eindlik wil se is dat almal gerespekteer moet word, ongeag van ouderdom, posisie of status.

  • 23. Pikkelik  |  Junie 3, 2008 om 8 : 17

    My motto is om elke mens te respekteer tot hulle aan my bewys dat hulle dit nie waardig is nie. Dus sal ek jou respekteer ongeag jou ouderdom, kwalifikasies, velkleur, geslag, wat ookal totdat jy bewys dat jy dit nie verdien nie. Dan is dit eenvoudig, baai-baai blup!

  • 24. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 8 : 19

    waars amal ? ? ? ?

  • 25. ADRIANA  |  Junie 3, 2008 om 8 : 38

    Zoekoe

    Seker op vakansie of afsiek.

  • 26. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 8 : 42

    Ek is siek…. my neus loop weer die hele office vol !

  • 27. ADRIANA  |  Junie 3, 2008 om 8 : 44

    Zoekoe

    Ek ook, ek kan nie my oe oop hou nie.

  • 28. Adrie  |  Junie 3, 2008 om 8 : 52

    Ek moes die naweek gewerk het en nou in die bed gewees het.

  • 29. Verons  |  Junie 3, 2008 om 8 : 56

    More julle!!
    A3 ek voel ook hoekom moet ek ou Charles as u hoogheid aanspreek hy is niks van my nie en beslis nie MY hoogheid nie daai titel behoort net aan my Vader daarbo!
    Respek word verdien en nie afgedwing nie!

  • 30. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 8 : 58

    mmmm ja !!! bed !!!

  • 31. Nats  |  Junie 3, 2008 om 8 : 58

    Hi da!!

    Ek was van kleins af geleer om “grootmense” met respek te hanteer. (Dis ook waar die oom en tannie soms ingekom het)

    Ek sukkel om sekere mense met hoe grade agter hulle naam met respek te hanteer, net omdat hulle dit van jou verwag sal ek nie. Ek weet van baie wat jou neus daarin vryf dat hulle ‘n Dr. is. Dit maak jou nie noodwendig beter as ek nie.

    Maar as hulle soos jy plat op die grond is sal ek Dr en Sir of wat ookal!

  • 32. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 9 : 00

    Hallo Verons, Nats 😀 😀

  • 33. Nats  |  Junie 3, 2008 om 9 : 01

    Verons
    Ek stem saam met jou! Charles se pa se pa se pa se pa se oom was dalk dit werd om ‘n prince / koning te wees. Maar net omdat jy in die regte familie is beteken nie dat jy sommer nou die “Royal” is nie. Ek glo jy verdien dit!

  • 34. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 9 : 08

    Royal smoyal !!!! sy poep stink nes myne (indien nie meer nie) wat is ‘n king nou kamstig beter as ek? dog amal is equal !!

  • 35. SAM Q  |  Junie 3, 2008 om 9 : 09

    Mirrag. Ek staan nou eers op. Eish! Ek het vir omtrent 9 ure geslaap en nou voel ek soos ‘n druggy

  • 36. SAM Q  |  Junie 3, 2008 om 9 : 10

    Ek ga net hie bly. Innibed!

  • 37. neykie  |  Junie 3, 2008 om 9 : 20

    heloo,

    my rekenaar is reg JIPPIEEEEE!!!

    en ek is ook nou weer oky… hoe gaan dit met julle

  • 38. Zoekoe  |  Junie 3, 2008 om 9 : 51

    Hallo Sam Q 😀

    Hallo Neykie 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: