Terug na die gat in die grond

Mei 31, 2008 at 5 : 59 111 Kommentaar

Ek haat banke, alle banke, met ‘n passie.  Daar is geen ander instansie wat jou soveel kan indoen en weg kom daarmee nie.  Moenie dink daar is sprake van geregtigheid of in gelyke munt terug betaal nie.  Daar is net een wenner, en dit is nie jy nie.

Eerstens, jy het nie ‘n keuse nie, jy moet ‘n bankrekening hê.  Niemand gaan jou salaris in jou hand stop nie.  Baie plekke eis ook om self hulle geld van jou uit jou rekening te haal, dit word debietorders genoem.  Moenie dink dat dit maklik is om ‘n rekening oop te maak nie.  Hulle soek ‘n fisiese adres bevestiging, jou woord is nie goed genoeg nie.  Want almal kry mos elektriese rekeninge, hulle vergeet gerieflikheids halwe dat dit by party van ons se huur ingesluit is.  Uiteindelik weet ek hoekom ek my tv lisensie betaal, my woord is aanvaarbaar vir die SABC en die SABC se woord is goed genoeg vir hulle.  Of jy moet ‘n bevestiging van die verhuurders kry, wat nie altyd vinnig beskikbaar is nie. 

Die eerste ding wat hulle doen as hulle jou (spaar) rekening vir jou gee, is om R20 / R50 te vat.  Dit bly kastig jou geld, maar jy mag dit nie weer onttrek nie.  Daardie bedrag is vir alle tegniese doeleindes hulle s’n.  Jou rekening mag nie ‘n 0 saldo hê nie.  Tog het jy jou rekening “gratis” gekry.

Vandaar af rook hulle jou deur jou ore.  Alles wat jy daarna doen kos jou geld.  Veral as jy dit nie self doen nie.  Moenie dit waag om jou voete in jou bank van keuse te sit nie, dit is die duurste diens denkbaar.  Dit kan jou selfs geld kos om jou eie geld in die rekening te plaas wat jy moet hê.  Jy moet die reg koop as jy wil weet hoeveel geld in jou rekening is.  Wat my verstand te bowe gaan is dat jy goedkoper geld kan onttrek van ‘n Pick & Pay as van die OTM van jou keuse.

Ek het soos baie van julle ook my motor deur ‘n bank gefinansier.  ‘n Proses wat huurkoop genoem word.  Basies leen jou bank jou goedgunstelik die geld vir die kar, maar raak mede-eienaars tot die dag wat hulle die laaste sent het.  Mede-eienaars, maar op hulle terme.  Hulle aanvaar geen verantwoordelikheid vir die wiele nie.  Jy is verantwoordelik vir alle instandhouding, dienste en nog ‘n passievolle haat:  versekering.  Jy moet net te dankbaar wees dat jy die motor mag gebruik.

Hoe voel jy oor banke?  Watse bankstories wil julle met ons deel?

Met innige simpatie aan Sam en Wipneus.

Blogvraag:  Watter banke het saamgesmelt om ABSA te vorm?

Blogantwoord:  Martin Cooper soos Sam gesê het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

My grootste pyn . . . What is in a name?

111 Kommentaar Add your own

  • 1. Nico  |  Mei 31, 2008 om 6 : 12

    Nedbank sal nooit ‘n sent van my sien nie – nog elke keer wat ek my besigheid na hulle toe wou vat, het ek uiterse K@K behandeling gekry. As ek kon sou ek die groep uitkoop, al die werknemers afdank en die deure sluit – Justice is served. Cold.

    As ek reg onthou het die volgende banke geamalgameer om ABSA te skep – ek weet daar was 4, maar ek is nie seker of ek reg onthou nie:

    Trustbank
    Volkskas
    Allied
    United

    (Ek weet vir ‘n feit die 1ste 2 is reg!)

  • 2. Nico  |  Mei 31, 2008 om 6 : 16

    … not too shabby, hey, Nige? wikipedia sê my geheue is nie te vrot nie.

    Ek wonder of hulle vir Saambou ook gevra het om die party te join…

  • 3. Pikkelik  |  Mei 31, 2008 om 6 : 39

    Ek deel jou passie teen banke… In ons dorp is net een bank FNB, met net een teller, wat die hele dorp moet bedien, Derduisende mense en dan die besighede ook, daar is net een kitsbank, wat permanent leeg is, want almal gebruik tog die kitsbank!!!!! Nee wat, as ek kon het ek ook maar my geld in ‘n trommeltjie onder die bed gehou. Ek doen deesdae alles, maar alles met my kt-kaart en betaal aan die einde van die maand my salaris net so in die kt-rekening in. Dus gebruik ek my kredietkaart as spaarrekening en dit is nie die beslommernis van 20 kaarte en 20 pins ens… nie!

  • 4. Adrie  |  Mei 31, 2008 om 8 : 53

    Naand Almal

    Nico, ek het ook ‘n gly in Nedbank. Maar snaaks genoeg die Nedbank kliente sweer dood by hulle bank sonder een skewe woord.

    Pik, ek steun ook maar swaar op my kredietkaart. Dit is die goedkoopste manier van bank. Ek wil nie weet hoe lyk julle bank op maandeinde nie.

  • 5. Adrie  |  Mei 31, 2008 om 8 : 57

    Sam

    Ek weet nie hoe het ‘n helikopter teen ‘n bakkie gebots het nie.

    Johannesburg – An SABC promotional helicopter transporting cast and crew members from the local soapie 7de Laan crashed into a bakkie in Kroonstad on Saturday, Free State police said.

    Spokesperson Superintendent Sam Makhele said the helicopter was transporting cast and crew to a stadium for a show.

    “It is not known how the helicopter crashed into the bakkie in Du Toit street. Four people including the pilot were injured.

    “The driver of the bakkie was also seriously injured and was taken to hospital for medical treatment,” he said.

    One woman was treated for a possible fracture to her left leg and other injuries, said paramedics Netcare 911.

    The other cast and crew members only sustained minor injuries.

    The rescue effort was co-ordinated by the Kroonstad Emergency Services and paramedics, the fire department and police.

  • 6. SAM Q  |  Mei 31, 2008 om 11 : 56

    Testing

  • 7. SAM Q  |  Mei 31, 2008 om 11 : 59

    Uitfreakeneindelik! Gmpf. My dag wil netti beter raak nie. Stjoepid foon bly sê BAD GATEWAY REPLY. Zoekoe het seke wee agter die hek uitgepass😉

  • 8. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 12 : 15

    My ondervinding met banke was nog altyd nie te erg nie. My 1ste slegte ondervinding was in 1993 toe FNB my tune dat ek op 1 dag by 2 verskillende ATMs R2000 in totaal getrek het. Wat my tot vandag toe puzzle is die feit dat die 2 ATMs 20km uitmekaar is en volgens FNB was die geld binne minder as ‘n minuut getrek. To top it all… My limiet was R1000 per dag. Na ‘n gevloek en skree het ek net mooi boggorol reggekry nie. Ek het my rekening toegemaak en oor die pad gestap na bank of Athens wa ek tot vandag toe baie hêppie WAS…..

  • 9. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 12 : 24

    Ja ek WAS hêppie tot ek vanoggend bank toe was om uit te vind hkm ek nie kan geld trek nie. Groot was my skok toe die dame my tune dat die computer ha tune dat ek nie BESTAAN nie. Almal in daai bank ken my en het my probeer kalmeer toe ek my moer pluk. Ek sit met R3 in my beursie en debiet orders wat moet deur gaan. Nou sal ek ma Maandag by hoofkantoor moet ga uitvind wat ga vi wat….

  • 10. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 12 : 27

    O ja… My antwoord sou gewees het United, Allied en Volkskas. Ek het vigeet van Trustbank.

  • 11. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 1 : 25

    Jinne tog! Ek kan NIE slaap nie! Ek het al my movies al gekyk. Al my boeke kla gelees en ek het net SABC 1, 2 en e-tv. E is uit die tyd vanni dag. 1 het net kapper musiek en 2 net nuus. Daar is geen opvangs vi 3 nie.

  • 12. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 2 : 21

    Ai jai jai jai!

  • 13. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 3 : 11

    Eish!

  • 14. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 4 : 05

    AAAAARRRRRRGGGGG!!!!!

  • 15. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 4 : 35

    GGGGGGRRRRRR!!!!!!

  • 16. Nico  |  Junie 1, 2008 om 7 : 36

    Goddank vir Internet bankdienste – As dit nie daarvoor was nie het ek seker al lankal mal geraak.

    Ek was net gister baie afgetick met ABSA s’n – kan jy glo dat hulle nie Motor Finance Corporation as ‘n pre-listed beneficiary het nie? Hoe power! En dan kom ek agter dis hel as jy beneficiaries wil oplaai wat nie by een van die 4 groot haaie (blABSA, Standard Bank, NetStank, 1st National) is nie…

  • 17. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 8 : 51

    More! Ek het geslaap! Yippee! Al was dit net vi 2 ure…..

  • 18. Wipneus!  |  Junie 1, 2008 om 9 : 09

    Ek het eindelik ook nog nooit probleme gehad met banke nie, maar die afgelope jaar is vir my nag.

    My kredietkaart gebruik ek om al my inkopies mee te doen. Ek gebruik dit soos ‘n transmissie rekening. Dis my eie geld wat ek daarin plaas, ek gaan nooit in ‘n debiet in op hierdie rekening nie, anders moet ek rente betaal. So nou lê my geld daar, die kredietkaart is gestop omdat daar die 3de keer in ‘n jaar weer geld deur my rekening is, vir aankoope wat ek nie gedoen het nie. Elke keer moet ek weer verklarings aflê ens ens. Die vorige keer het hulle net gesê ek het die aankope gemaak. Waar: Passport.com. Daar is al soveel fraud teen die spesifieke plek as jy op die web gaan kyk. Maar my bank sê vir my ek het ‘n kar in Indië gekoop. Ek het nogsteeds al die bewyse. Hoe het hulle fraud afdeling dit ondersoek?? Het hulle nie internet om hierdie goed te kon optel nie. Wie is die bank:
    ABSA.

    Toe ek laas jaar geld wou gaan geld belê, is almal blykbaar op ete, weer Absa. Toe stap ek oorkant en belê my geld by Nedbank. Die diens wat ek van Nedbank kry is fantasties. Ek het ook nog nooit probleme gehad met my Nedbank kredietkaart nie.

    Ek het nooit probleme met my banke nie en daar is 3, hoekom net my Absa kredietkaart?

    Ag wel ten minste sal ek seker nou minder shop…. whahaha

    Ek stem saam Nico, dankie tog vir Internet Bankdienste, anders het julle my lankaaaal gebêre.

    Ek wil my geld in ‘n tassie onder die bed begin hou. 😆

  • 19. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 11 : 16

    Weet julle wat die snaakste is❓ Ek het gekyk of my kjinders se bank rekeninge nog oraait is en ek wou my dood lag toe die computer wys hul goed is nog soos dit altyd was….. Met MY details as die enigste 1 met tekenregte! Ek bestaan wel maar as ‘n ‘voog’❗ Gn wonner ek kanni slaapi… EK BESTAAN DAN NIE😉

  • 20. Wipneus!  |  Junie 1, 2008 om 11 : 27

    Sam 😆 jou storie is erg….

  • 21. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 12 : 51

    Ek wonder nou net of ek sal dik word as ek tjoklit eet… Iemand wat nie bestaan nie kan mossi dik raaki:mrgreen: WHUHAHAHA!

  • 22. Adrie  |  Junie 1, 2008 om 1 : 54

    Ek het darem nog nie my alie met ‘n bank gesien nie. Een van die redes is omdat ek GLAD nie internet bank dienste vertrou nie. Ek gebruik nie eers my krediet kaart op die internet nie.

    Ek was oorspronklik ‘n ABSA klient, maar het ‘n studie lening by nedbank gehad (lang storie). ABSA se burokrasie het my nie aangestaan nie en ek is Standard Bank toe. Groot fout. Simpler beteken glad nie makliker nie. Hulle burokrasie wat 100 vuldig die van ABSA.

    Ek het besluit om ‘n FNB krediet kaart te kry. Op die stadium was my salaris in my standardbank rekening in betaal. Hulle het my afgekeur. Sonder ‘n geldige rede. Die eerste bank langs FNB was ABSA wat my binne ‘n uur goedgekeur het. Met die helfte minder moeite as FNB. Standard bank staan my elke 3 maande ‘n krediet kaart toe, ek versnipper net hulle aanbod elke keer.

    Ek het my gly in Nedbank gekry met die FICA proses. Ek het soos ‘n goeie burger bank toe gegaan om my besonderhede na te gaan. ABSA en Standard was dit ‘n 2 minute uitstappie. Nedbank wou my hele stamboom weet. En het gedreig om my rekening te vries. Toe se ek vries dit en ek neem geen verantwoordelikheid vir die lening verder nie. My FICA goed is nooit daar na gegaan nie en my rekening nooit gevries nie.

    My Standard bank rekening was ‘n Schlep en ek is sak en pak terug ABSA toe. Brurokrasie soos dit is, is hulle nie halfpad so erg soos die res nie. Ek was weer hoed in die hand toe ek my kar wou finansier. Die handelaar het namens my aansoek gedoen vir lenings. Elke instansie het my goedgekeur behalwe, reg geraai, FNB. Ek doen nooit weer besigheid met FNB nie.

    Een van die mooi dae moet ek weer aansoek doen vir huislenings. Dit sal interessant wees om te sien wat maak die burokrasie met my dan. . .

  • 23. Roer  |  Junie 1, 2008 om 2 : 49

    Banke is die grootste skelms onder die son. En dan praat mense van Prokureurs!! Sheess, nee, ek voel nes jy oor banke suster.

  • 24. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 3 : 41

    Die lekker deel van my bank is dat hy baie klein is. As ek daar instap ken almal my naam en vra selfs hoe dit met die laaitie se ore gaan. Die tou is nooit langer as 2 mense nie en meeste klante is mense met groterige besighede. Ek het nog net 1 keer ‘n lang tou gesien. ‘n Konstruksie maatskappy se werkers met hul paycheques. Die rekeninghouers kon in gaan en hul besigheid doen en al die werkers het in ‘n aparte ry gestaan waar 2 tellers hulle gehelp het. ‘n Ander goeie ding is dat die bank kostes baie laer is as ander banke. Ek betaal op die ooblik net R75 per maand. Of ek nou 100 tjeks skryf of nie. Dis seke die rede hkm hulle my ‘verloor’ het! Want ek betaal so min!

  • 25. Adrie  |  Junie 1, 2008 om 4 : 49

    Roer

    Ek wou eers die titel van die post Boere Verneukers gemaak het. Toe besef ek hulle verneuk alles.

    Nie prokureurs of selfs banke is die grootste wettige skelms wat bestaan nie. Daardie trotse posisie behoort aan die Versekering Maatskappye. Met die SA regering tweede, dan al die banke. Dokters en tandartse volg vinnig in hulle spore. Prokureurs is nie eers onder die top 10 nie.

  • 26. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 6 : 15

    Ons is heel duidelik in die verkeerde rigting. Kom ons almal bedank, vat ons pension geld en stig ons eie bank!😀

  • 27. Zee  |  Junie 1, 2008 om 7 : 50

    Ek bank vandat ek kan onthou by FNB en het regtig nog nooit enige probleme met hulle gehad nie. Al my kinders het ook dan nou rekeninge daar. My bankbestuurder ken my nogal baie goed ek ken darem al my noemnaam😉

    SamQ, slaap jy darem nou al, sien jy was die hele nag wakker!

  • 28. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 8 : 43

    Zee… As ekki vannaand slaapi ga ek my eigene polse afkou. Wat te erg is, is te erg! Dit kanni vi ewig so aan ga nie. Ergste is dat ek die hele nag vreet. 1 vanni dae ga ek tente moet dra as rokke…. Soos sekere mense wat ek ken😉

  • 29. Adrie  |  Junie 1, 2008 om 9 : 14

    Sam

    Hoeveel pensioen dink jy is daar tussen ons? Nie naastenby genoeg vir ‘n bank nie.

    Zee

    FNB hou duidelik nie van my naam en ID nommer nie.

  • 30. Adrie  |  Junie 1, 2008 om 9 : 18

    Sam

    Onthou iemand wat nie bestaan nie, kan nie begrawe word nie. Kan seker ook nie doodbloei nie. Ek is hondvaak, daardie medisyne en ek kom nie goed klaar nie.

  • 31. SAM Q  |  Junie 1, 2008 om 11 : 51

    Ek begin solank kou…. Daar is boggerol op tv! A3… Pleks jy solank v my my ‘n nuwe blog geskryf het. Dan het ek ten minste iets anders gehad om my besig te hou…

  • 32. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 1 : 32

    Ek sit ma hier en sulk in my se hoekie😥

  • 33. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 6 : 24

    More! Nuwe dag. Nuwe week. Nuwe kak. Nuwe hoop. Nuwe mense om te bliksem😉

  • 34. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 7 : 20

    Hallo Mense !! 😀 lekker naweek gehou?

    Suid Afrika is die land met die mees uitgebuite mense in die wereld, amal en alles is uit om jou te skroef, word nou maar gewoond daaraan . . . . !

  • 35. Roer  |  Junie 2, 2008 om 7 : 21

    /me koes. Het nie krag vir baklei vandag nie. Môre almal. My vingertjies vries. Lekker dag vir julle. Sam, chill girl. Dis nie die bloed werd nie.😉

  • 36. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 7 : 44

    More Almal

  • 37. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 7 : 57

    En dis maandag…….. alweer !!

  • 38. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 00

    Sam sit al in haar kar voor die bank se hoofkantoor. Vandag is daar moeilikheid.

  • 39. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 07

    Roer…. Vandag ga ek iemand moer! Ek drink net die laaste bietjie obs solat ekki drank mors wanne ek die bottel op in iemand se gat druk nie!

  • 40. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 09

    My maaikie van ons risk control is ook oppad. JC sal die kak uit hulle klap!

  • 41. Wipneus!  |  Junie 2, 2008 om 8 : 09

    hello julle

  • 42. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 11

    Sam

    Dink mooi, daar kon dalk nog OBS in die bottel gekom het.

  • 43. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 11

    Hallo Ouma

  • 44. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 12

    Zoekoe…. Miskien moet jy kom help. Jy sit op hulle en ek skop TOT ek wee bestaan

  • 45. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 14

    A3… Ek ga solank oefen vi wanne ons innibos toe gaan. Mns Bos….😉

  • 46. Wipneus!  |  Junie 2, 2008 om 8 : 14

    Voel jyu beter Adrie.

    Sterkte, met jou soektog na jouself Sam 😆

  • 47. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 15

    Hallo Ouma Wip 😀

    Hi Sam Q, ek het nie alles gelees nie, wat is fout met jou en die bank? maar ek mis nooit ‘n goeie fight nie !!

  • 48. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 16

    More ouma Wip. Het jy al die ossewa gestart? Die highway is baja besig jong

  • 49. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 16

    Ouma – Posduif

    Sam, onthou dat ek jou vanaand vertel wat ek met Mnr Bos beplan. Kan dit nie op ‘n openbare blog se nie.

  • 50. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 18

    Zoekoe… Die bank het my verloor

  • 51. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 19

    Wie blameer die bank?

  • 52. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 20

    A3… Ek kanni waggi! Ek het ook ‘n paar idees

  • 53. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 22

    Wat bedoel jy?👿

  • 54. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 23

    Nou hoe de moer gabeur dit?

  • 55. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 24

    Sam

    Ha Ha Ha. Ek belowe jou my idee is die beste. Veral as hy klaar pimpel en pers is.

  • 56. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 26

    Zoeks… Dis wat ek ga uitvind vandag. Drolle ga wens hulle het nooit kak gesoek met my nie.

  • 57. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 27

    H K G K !!!! mnr bos !!! 😯

  • 58. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 8 : 29

    Ek praat later wee. Wil net gou voor inni koor ga staan voorlat hulle die deur oopmaak.

  • 59. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 31

    Zoeks

    Jy beter ons help met mnr Bos. Hy wil mos met ‘n blog maatjie mors.

  • 60. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 33

    Adrie, noem net die plek en die tyd, en eks daar !!!

  • 61. demoerin  |  Junie 2, 2008 om 8 : 34

    Partykere dink ek ook ‘n gat in die grond, of trommeltjie onder die bed sou beter wees. Gelukkig kan ek nie veel kla met ABSA saam nie, behalwe dat hulle natuurlik hulle deel invorder!

  • 62. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 37

    Zoekoe

    Innibos, einde van die maand.

    Demoerin, ek moet met jou saamstem. Absa vat ‘n ruim deel.

  • 63. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 52

    Ek gaan nie inniebos toe die jaar nie… 😦

  • 64. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 8 : 54

    Ag nee Zoeks
    😥

    Jy kon my en Sam dalk uit die tronk gehou het. Jy weet ons het geen genade met ‘n staan nie.

  • 65. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 8 : 58

    Maar ek is dan ‘n staan 😯 ?

  • 66. Wipneus!  |  Junie 2, 2008 om 9 : 02

    Ek trek solank my boks handskoene aan, wanneer gaan ons Mnr Bos boks?

  • 67. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 9 : 08

    Zoekoe

    Moet ons nie herinner nie.

    Wip

    In innibos gaan die verrassing van sy lewe kry.

  • 68. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 11

    Hello julle!!

    Ek is by Std Bank, en ek moet sê ek is baie gelukkig by hulle… hoekom, dalk omdat my Tannie ‘n Senior Bank bestuurder da is. Ek vra haar ook altyd wat gaan vir wat en sy het al my dinge gereel, van rekeninge / kredietkaart . motor en sommer my Fica ens vir my in gedien en na my toe gekom om net die papiere te teken.

    Ek is al van ek kan onthou by Std Bank… ek dink ek was 10 toe ek my spaar rekening gekry het.

    Maar steel doen hulle sommer so openlik dis eintik scary!!!

  • 69. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 9 : 13

    Hallo Tweeling

    Hoe was die naweek?

  • 70. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 20

    Adie
    Help seker nie om te kla nie… wag maar vir info vandag en dan gaan ons voort of nie…

    Jy moet daai pitbulls sien wat ek Saterdag gesien het!!!! Mense ek sal nie so hond kan aanhou nie… niemand sal in tuin kom nie, nie eens ek nie!!!!! Mean honde daai!! Sal vir Varkie met een sluk in sluk!!

  • 71. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 9 : 25

    Nats

    Moet my nie se Mnr Nats het sy sin gekry nie.

  • 72. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 27

    Tweeling
    Nee darem nie, hy is net so bang vir hulle! Van daai mans kan nie eens daai honde beheer nie. Hulle moet die honde optel om hulle te kan stil hou… en glo my dis ‘n missie op sy eie!!

    Maar die klein babatjies het my hart gesteel!! Sal my kamera kry en fotos vir jou e-pos!! Maar ek het my kamera by my ma vergeet…

  • 73. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 9 : 29

    Nats

    Hoe het ek jou geleer? Jou kamera moet ten alle tye by jou wees. Altyd!!!!

  • 74. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 9 : 30

    Hallo Nats 😀

    Ek is ook by standard bank, en ek het nie contacts nie, hulle service suig big time !!!

  • 75. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 9 : 33

    Pitbulls is nie honde nie, hulle is abominasies !!!

  • 76. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 36

    Zoekoe
    Dit help wie jy ken!😉

    Adrie
    My kamera was dan vir ‘n ruk weg!! Ek dog ek kry ‘n oorval, toe het my suster die blerrie ding gehad, weet nou nog nie hoe nie hulle het 3 van die goed!

  • 77. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 9 : 39

    Ek het ook contacts by standard bank, maar hulle is ver.

  • 78. Verons  |  Junie 2, 2008 om 9 : 39

    More julle!
    Besef julle ons is vandag in die helfte van die jaar?? Waar het die tyd heen gevlieg???

  • 79. ADRIANA  |  Junie 2, 2008 om 9 : 41

    O ja, ek het my 50000ste view die naweek gehad.

  • 80. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 9 : 44

    Hi Verons, ja nee kyk voor ons weet is dit weer krismas !!! 😛

  • 81. Zee  |  Junie 2, 2008 om 9 : 44

    Adriana, jinne dit is baie goed, en ekke trek nou maar eers hier by die amper 12000 na 5 maande!!

  • 82. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 44

    Adrie
    View gehad? Ek mis iets…

    Zoekoe
    Daar was een hond wat so loveable was, ek wou hom sommer huis toe bring!!! Ek moet sê dis nou ‘n hond!! Ek het weer na my JR gekyk en jy kan hulle nie vergelyk nie! Daai honde is hulle eienaars se pride en joy! En hulle is vrek sterk, die een teef wat nie meer ‘n spring chicken is nie het 1.7 ton getrek!!

    Dis regtig amazing om daai honde te sien!

  • 83. ADRIANA  |  Junie 2, 2008 om 9 : 47

    Nats

    Dit beteken daar was al 50 000 keer na my blog gekyk. Waarvan 25 000 keer seker deur die uwe self was.

  • 84. Nats  |  Junie 2, 2008 om 9 : 49

    Adrie
    O ok… nou weet ek ook!

    Congrats!!!!

    Verons
    More ma!!!!! Ek sukkel ook om te besef die al Junie, sien nie uit na die winter!

    Een ding wat ek weet waar die tyd heen is, is BLOGGING!!🙂

  • 85. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 9 : 51

    Ek bang daai honde, het al gesien hoe sterk hulle is, en hoe maklik hulle mens kan doodbyt, nee wat ek bang baie min dinge, maar daai honde, wil ek net skiet met die haelgeweer, die goete se koppe is nie reg nie…..

  • 86. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 06

    Zoekoe is wragtig waar bang vir iets.

  • 87. SAM Q  |  Junie 2, 2008 om 10 : 09

    Ek is by Parkhurst polisie stasie

  • 88. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 11

    SAm

    Hoekom? Wat gaan aan?

  • 89. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 17

    Goeie more al julle wonderlike mense!!

  • 90. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 10 : 17

    O hel, wiet jy doodgemoer Sam Q ?

  • 91. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 10 : 18

    Hallo Salomè 😀

  • 92. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 20

    Oooh julle moet nie eens met die banke storie begin nie. Ek kan vir ‘n jaaaar oor ABSA se diens kla en so bietjie minder oor die ander.
    Behalwe vir die feit dat hulle jou geld vat om al die mooi banke te bou -met plek vir 10 let TIEN tellers – kan hulle wragtag op die end van die maand net TWEE tellers bekostig.
    Jy kan maar elle lange klagtes in die “Comments” boek skryf, maar daar word sweet blou all aan die situasie gedoen.

  • 93. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 21

    Haaalo Zoeks
    Ek hoop dit gaan jou nog geweldig.

  • 94. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 21

    Zoeks

    Wonder ek ook nou.

  • 95. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 23

    Nats
    Het Vrydagmiddag na ‘n vertoning van polisiehonde gekyk. Hulle is darem baie oulik. Die truuks wat hulle die honde leer is net te wonderlik.

  • 96. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 24

    Die polisie neem juis die ousie se afdrukke.

  • 97. Nats  |  Junie 2, 2008 om 10 : 24

    Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!!
    Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!!
    Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!! Zoekoe is bang!!

    Sam
    En nou??

    Topic
    Ek het ‘n Virgin Krediet kaart, ek betaal geen bank kostes nie, nie eens as ek die ding swipe nie!! En hulle rente is lear as enige bank, en as jy geld op jou kaart het kry jy ek dink 6%… gaan kyk maar min banke kom by dit uit! Al is hulle deur ABSA geback, gebruik ek daai kaart en spaar heelwat!

  • 98. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 10 : 24

    Gaan goed dankie Salomè, die naweek was rof, maar lekker – en hoe was jou naweek?

  • 99. Zoekoe  |  Junie 2, 2008 om 10 : 27

    Nats, jy sal ook bang word as jy al gesien het hoe een van daai pitbulls ‘n ouerige tannie aangeval en gebyt het… dis nie grappies nie…..😯

  • 100. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 28

    Nou kom ek kerm nou verder oor die bank storie;
    My se moedertjie wil vir haar ‘n nuwe karretjie koop. HAAR bank (FNB) – waar sy al jare besigheid doen en ‘n hengse belegging het, en, en, . . . vertel vir haar sy is te oud (word Sept. eers 65) om finansiering te kry vir haar motortjie. Bog sê die ander bank (Nedbank) daar bestaan nie so ding. Gaan terug FNB toe en hulle bestuurdertjie sal wraggies vir haar sê, as sy nie tevrede is met hul diens, is sy welkom om ‘n ander bank te nader. Obviously gaan sy so maak.

  • 101. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 29

    Nats

    Dalk moet ek so ‘n dingetjie kry.

    Die ousie is op die nuwe blog.

  • 102. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 30

    Zoekoe
    Dol naweek, dol 2 weke, maar pret dankie. Ek het vir Adriana op hoogte gehou en prentjies gestuur, maar sy stopstraat my mos.

  • 103. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 30

    Salome

    My gly in FNB is nog 3 000 keer erger.

  • 104. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 31

    Jammer Salome

    Ek is hondsiek, tel dit as verskoning?

  • 105. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 10 : 32

    Jou tafel was baie mooi gedek.

  • 106. Nats  |  Junie 2, 2008 om 10 : 37

    Zoekoe
    Ek weet hulle is nie speletjies nie, maar da is baie ander honde wat ook mense aanval. Ek glo dis hoe jy ‘n hond groot maak. Maar bygesê soms het hulle ‘n wil van hulle eie.

    Al wat my pla is mense het hulle so geteel, so dis nie hulle skuld nie. Mense sit agter dit en nou lei die honde onder dit!

  • 107. Salomè  |  Junie 2, 2008 om 10 : 41

    Adrie
    Haai siestog foei. Is dit ok die maagaandoening. Moekie was ok die hele naweek siek. Die klomp Lammies is darem nou weer perdfris, maar babie se dagmoeder is nou alweer olik.
    Sou ek toe mos nou gister so in my stilligheid wonder – hoe sal ons ok nou weet of iemand nie hier oor ons koppe met ‘n vliegtuig verby gaan en so ‘n paar kieme afgooi nie.

  • 108. Ferrari  |  Junie 2, 2008 om 4 : 57

    Wat sê julle van banke? Die *&%^$#, @#$%^& se *&^#%$@#$% se *^&%#$^ se *^&%^ ABSA lewer die k@kste diens wat ek nog ooit beleef het. Daar kan nie slegter wees as hulle nie. Ek is seker die goewerment op hul slegste is nie so k@k soos ABSA nie!!!!
    Wie gaan saam met my op hul stoep toi-toi?
    Ek wens iemand wil ‘n Taliban bel om ‘n suicide mission op ABSA te launch.

  • 109. Ferrari  |  Junie 2, 2008 om 4 : 57

    Dankie Adrie nou voel ek beter.

  • 110. Adrie  |  Junie 2, 2008 om 5 : 00

    Ferrari

    Ek sal saam gaan Toi-Toi, maar ek is bang vir bomme.

  • 111. seerpoot  |  Mei 19, 2015 om 7 : 48

    net gister vries fnb my rekening om geen rede en ekt moi lat hule alle aftrekings die 26 elke maand vat

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: