My grootste pyn . . .

Mei 30, 2008 at 4 : 59 30 Kommentaar

maar ook een van my grootste vreugdes.  Ek praat van A-een en A-twee.  Of beter bekend as selfone.  Daardie yuppie oorbelle waarsonder ons nie vandag kan lewe nie.  Daardie ding vol reminders wat die organisasie van jou lewe oorgeneem het.  Die ding wat vriende nader gebring het, wat dit moeiliker gemaak het om kontak met ou vriende te verloor en wat snaaks genoeg vriende vervreemd het.  Wat kommunikasie makliker gemaak het, maar dit moeiliker gemaak het om ‘n gesprek te voor.

Het julle geweet die eerste selfoon het al in 1973 die lig gesien?  Dit was ‘n toets toestel wat deur Motorola ontwikkel is.  Dit het as radio’s in 1921 in gebruik geneem is.  Selfone se eerste voorloper was telefone in motors in 1947.  Selfone soos ons vandag ken het in 1984 die mark getref.  Daardie tyd was dit baie groot en baie duur.  In die negentigs het ons nog bakstene gekry.  Vandag kan ‘n mens met jou selfoon op die internet kuier, hoë resolusie foto’s neem en selfs video’s kyk.  Daar is sprake om ‘n selfoon met mediese funksies te bou.

Weet julle wat irriteer my grensloos omtrent selfone?  Die batterye hou nie ‘n dag nie.  Wat help dit jy het die 8ste wonder van die wêreld in jou sak, maar na 8 ure kan jy nie meer speel nie.  Hoe moeilik kan dit nou wees om ‘n better battery te ontwikkel.  Ja, as jy net bel en sms kan die battery ‘n week hou, maar ek wil mxit, musiek luister, my blog volg en al die funksies gebruik waarvoor ek betaal het.  Is dit te veel gevra?

Ek kan ook die volgende aanbeveling vir selfone aan beveel.  Ek wil instruksies aan my huis apparate kan sms.  As ek aan die kuier raak, wil ek deur ‘n sms kan reël dat Desperate Housewives op geneem word.  Of my mikrogolf aan sit.  Dink net, as jy vergeet het om ‘n lig aan te los, kan jy dit met ‘n sms aktiveer.  Of beter nog, jou strykyster afsit as jy dit aan vergeet het.  Beter nog, jou stoof kan jou sms as jy dit aan vergeet het.  Hoekom het niemand al hieraan gedink nie?

Wat se verbeterings sal jy graag aan ‘n selfoon wil aanbring?  Hoe voel jy oor hulle, nodige irritasie of ‘n irriterende noodsaaklikheid.

Blogvraag:  Wie het in 1973 die eerste selfoon ontwikkel?

Blogantwoord:  Sam se Moeder was reg met The church of Jesus Christ of Latter-day saints

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Koffie Terug na die gat in die grond

30 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 30, 2008 om 5 : 12

    eerste

  • 2. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 5 : 17

    Ek sal later weer inloer.

  • 3. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 5 : 18

    Ek moet gaan medlemon koop.

  • 4. boendoe  |  Mei 30, 2008 om 5 : 25

    Shame, jy siek? Sterkte!
    Selfone, nodige ergernis. Myne word so min gebruik, die batttery hou darem lank. My selrekening gaan van nou af astronomies wees, ek bel my geliefde elke aand en ons tweetjies kan nie chop-chop gesels nie!

  • 5. Wipneus!  |  Mei 30, 2008 om 5 : 27

    Word jy siek? Dis hierdie kejakker in die nag…. 👿

  • 6. Wipneus!  |  Mei 30, 2008 om 5 : 28

    Hi Boendoe

  • 7. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 5 : 39

    Boendoe, aitsa tweede! Een van die mooi dae . . .

  • 8. SAM Q  |  Mei 30, 2008 om 5 : 54

    Gmpf! 3de! Martin Cooper

  • 9. SAM Q  |  Mei 30, 2008 om 5 : 54

    Mirrag

  • 10. Pikkelik  |  Mei 30, 2008 om 7 : 31

    Hallo almal, dis duidelik net ek wat nie ‘n lewe het nie en op ‘n Vrydagaand blog…. Oi, ek gebruik my selfoon net vir FNB sms’e, om saam te neem as ek dorp toe gaan (50km+) op slegte paaie en om so nou en dan ‘n verjaarsdag-sms te stuur, Mynick kan nie eers ‘n SMS lees nie wat nog van stuur. Hy weet darem al hoe om die selfoon te antwoord. Poppedyn is vaardiger met die selfoon as my man…..

  • 11. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 7 : 31

    Pikkie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 12. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 7 : 33

    Pik, kom ons kyk of jy regtig kan sms. Stuur my ‘n sms na 079 239 8488 toe.

  • 13. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 7 : 36

    Sies, Pik. Om my heeltemaal alleen hier te los. Onthou ek is siek in die bed.

  • 14. boendoe  |  Mei 30, 2008 om 8 : 02

    Toemaar, toemaar, ta’Boendoe is nog so af en toe hier! En sy is boonop ‘n nurse ook!

  • 15. boendoe  |  Mei 30, 2008 om 8 : 05

    Hoei! Moenie vergeet om asem te haal nie!

  • 16. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 8 : 24

    Tannie Boendoe!!!!!!

    As ek nie so vol kieme was nie, het ek tannie gesoen!

  • 17. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 8 : 51

    Waarvoor staan YKK, Sam

  • 18. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 8 : 53

    Tiek tok tiek tok

  • 19. SAM Q  |  Mei 30, 2008 om 8 : 54

    Jy weet wavoor die Y staan. Spelling is uit but here goes… Yakaio Yagushiki.

  • 20. SAM Q  |  Mei 30, 2008 om 8 : 55

    ALMAL weet dit mos!😉

  • 21. SAM Q  |  Mei 30, 2008 om 8 : 56

    Mxit

  • 22. Zee  |  Mei 30, 2008 om 8 : 56

    Adrietjie, wat is fout dat jy innie bed is, grieperig, jy weet mos ons sal jou die hele aand geselskap hou as dit jou beter sal laat voel.

    Jy gaan dit nie glo nie maar iewers in Liefie se “werksplek”, jy weet die ene wat so netjies is, le daar een van daardie baksteen motorolas, miskien moet ek dit uithaal vir Zeethan, hy is hoeka so mal oor die fone.

    Myne moet ek maar gebruik, die werk betaal vir dit so ek kan dit nie juis afsit nie, maar innie aand haal ek my ander sim uit vir die internet en dan is my 3g enabled cell darem my beste maaitjie😉

  • 23. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 8 : 56

    Sam

    Noem my stupid, maar begin nie eers met ‘n K nie.

  • 24. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 8 : 59

    Hallo Zee

    Ek hoop darem nie dit is griep nie. Ek glo vas dit is verskoning.

    My eerste sel wat ‘n motorola baksteen. Dit was ook die laaste motorola wat ek ooit sal besit.

  • 25. Adrie  |  Mei 30, 2008 om 9 : 01

    😳 Verkoue bedoel.

  • 26. Roer  |  Mei 31, 2008 om 8 : 44

    Een van Liefie se grootste droom as kind was om ‘n karfoon te hê. Min het hy geweet… More julle. A3, voel jy beter? Ek moet hardloop. Oppad na ‘n Babatee en ek het nog nie ‘n geskenk gekoop nie! Living on the edge baby. Get it?😆👿 (Wens ek kon nog slaap).

  • 27. SAM Q  |  Mei 31, 2008 om 9 : 06

    More Roer….. Genade maar jys besig! Ek het nou net uit die bed gespring. Nie dat ek veel geslaap het nie😉 . Geniet jou babatee… Persoonlik hou ek van gewone tee….:mrgreen:

  • 28. SAM Q  |  Mei 31, 2008 om 12 : 55

    Wasgoed hang oppi draad. Kos is amper gaar. Obs glas is vol. Movie is aan. Tjoklit mouse set inni yskas… Wag! Ek het geweet dis te goed om waar te wees! My bank rekening is GEVRIES! Die bank se rekenaar wys dat ek nie mee bestaan nie👿 . Ek wil myself beskyt, op my kop staan en in ‘n lunchbar verander. Gmpf! Ek wou nog na oom Paul se willetuin toe gaan. Nou ry ek met Jan 4kin tuisbly se karretjie!

  • 29. Wipneus!  |  Mei 31, 2008 om 1 : 38

    Sam ek het ook probleme met my verdomde bank iemand het in London R6 000 se goed op my kredietkaart gekoop. Ek was nie die week London toe nie, wel nou nie in die real life nie, het so af en toe met die internet daar gaan draai. In elk geval toe moes ek my kredietkaart stop, verklarings aflê en wag nou vir ‘n nuwe kaart.. Blerrie banke…..

    Ek ruik rot…. en ek wil net my kaart hê ….

    Bye ek gaan nou shop …

  • 30. Adrie  |  Mei 31, 2008 om 6 : 11

    Hallo Almal

    Roer, het jy toe ‘n mooi geskenk gekry? Ek hoop jy ken darem die mense waarheen jy genooi is.

    Sam en Wip

    Ek voel julle pyn.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: