Kinderbeskermingsweek.

Mei 28, 2008 at 5 : 13 67 Kommentaar

Ons grondwet gee kinders kortliks die volgende addisionele regte.

Elke kind het die reg tot ‘n naam, burgerskap en versorging.  Kinders het die reg tot kos en huisvestiging.  Kinders het die reg om teen mishandeling, afskeping en vernedering beskerm te word.  Kinders onder ‘n sekere ouderdom mag nie werk nie en mag nie werk verrig wat met hulle opvoeding en ontwikkeling inmeng nie.  Kinders mag net as ‘ n laaste uitweg aangehou word en nooit saam met volwassenes nie.  Hulle mag nie in ‘n oorlog gebruik word nie en moet in skermutselings beskerm word.

Die staat is die opperhoof van enige kind.  Dit beteken dat die staat meer sê oor enige kind het as sy ouers.  Met goeie rede, dit stel die staat in staat om kinders te verwyder uit huise waar dit nodig is.  As iemand byvoorbeeld dink dat sy 13 jarige kind kan maar trou, kan die staat die besluit ter syde stel.  Na my mening, beteken dit ook dat die staat die meer verantwoordelikheid vir kinders behoort te aanvaar as ouers.  Kinderbeskermingsweek behoort dus vir die staat ‘n tyd te wees om self ondersoek in te stel.  Ek help hulle met die grootste liefde hiermee.  Hulle is immers die grootste sondebokke wat kinders die reg ontneem wat hulle aan die kind gegee het.

Elke kind het die reg tot versorging, kos en huisvesting.  Ek sien nie dat die staat die straatkinders versorg, voed of huisvesting gee nie.  Dit is gewoonlik nie-winsgewende-organisasies wat probeer red wat te redde is.  En die staat help nie ouers wat onder die broodlyn lewe om hulle kinders te voed nie.  Dit is sien, kom klaar.  Genade kom nie van die staat af nie.

Kinders het die reg tot beskerming – mits dit op die staat se terme gebeur.  Wanneer ‘n kind verkrag of gemolesteer word, kan die staat hulle nie eers teen dit trauma van getuienis lewer beskerm nie.  Juis omdat die kind sukkel met getuienis, kom die siek idioot skotvry daarvan af.  Al wie gestraf word, is die kind.  ‘n Kind mag eers op 16 seksueel aktief wees, tog het hulle vanaf 12 toegang tot voorbehoed middels en aborsies.  Sonder hulle ouers se toestemming.  Maar as ‘n 14 jarige deur ‘n hond gebyt word, mag daar nie sonder die ouers se toestemming mediese hulp verleen word nie.  Die logika is buite my begrip.

En as ek net ‘n laaste mistasting van die staat mag uitwys.  Kinders het die reg om teen konflik (mag ek sê geweld?) beskerm te word.  Elke dag in Suid Afrika is ‘n geveg om oorlewing.  Tot watter mate word kinders beskerm as Mamma voor hulle verkrag word?  As Pappa voor hulle dood gesteek word, as daar oor en weer rondom hulle geskiet word, as die vreemde oom voor hulle verbrand word?  Ons kinders en veral die nie-blanke kinders lewe in ‘n oorlogzone.  Die staat doen niks om die omgewing te beveilig nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen die regte wat aan kinders gegee word nie.  Kinders is nie in staat om daardie regte op te eis nie.  Die staat moet sorg dat kinders kry wat hulle toekom.  As dit nie te veel moeite is nie.

Blogvraag:  Wat was Trompie Toerien se suster se naam?

Blogantwoord:  DISC – Dominance, Influence, Steadiness and Conscientiousness.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Nico.  Mag jou dag vol geluk, liefde en vrede wees.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Voordat ek ‘n begrafnis ondernemer moet kry . . . . Boney M

67 Kommentaar Add your own

  • 1. Tègan Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 30

    EERSTE!

  • 2. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 32

    Yippee! My kjind is eerste!

  • 3. Roer  |  Mei 28, 2008 om 5 : 32

    /me mompel TWEEDE

  • 4. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 33

    Tannie Roer… My kjind het jou gewen! Hee haa

  • 5. Roer  |  Mei 28, 2008 om 5 : 35

    ja, ja…

    Hallo, gannit?

  • 6. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 39

    Anna Toerien!

  • 7. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 40

    Tannie Roer… Dit ga gud en met jou?

  • 8. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 45

    Ek het verlede week 1 van Dean R Koontz se boeke gelees. The door to December. Baie hartseer verhaal van ‘n dogtertjie wat deur ha eigene pa gemollesteer was. Hyt ha weggevat van ha ma toe sy maar net 3 jaar oud was. Ha ma het ha trug gekry toe sy 9 was. Hartseer. Fokken hartseer!

  • 9. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 48

    Ek ga nou starag aan moet sê cheers. Moet oor 10 min ry.

  • 10. Roer  |  Mei 28, 2008 om 5 : 52

    Askuus. Aandag bietjie afgetrek by die huis. Ok, geniet die aand! ciao bella

  • 11. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 5 : 54

    Tot later.

  • 12. Wipneus!  |  Mei 28, 2008 om 7 : 35

    Yes, ek hou baie van hierdie inskrywing. Ek het gister tekeninge gesien van jong kinders wat hierdie geweld geteken het. Ek was amper van my kop af! Die ou lê en bloei, dan skryf die een kind, stop the killing, stop the burning etc etc. Die kinders is 6 jaar oud. Dit is so hartseer dat ons kinders aan hierdie geweld blootgestel word. Hulle is nog kinders.

  • 13. SAM Q  |  Mei 28, 2008 om 9 : 09

    Nag almal. Ek ga slaap soos ‘n klip. Die 3 mamoerse pille wat ek moes sluk virri griep is besig om my uit te slaan vir ‘n 6! My kliere by my keel is so geswel dat ek 2 kursusse antibiotika gekry het. Ek het ma die obs eenkant toe geskyf. Smaak my nie ek het dit vannaand norig nie:mrgreen:

  • 14. Zee  |  Mei 28, 2008 om 10 : 09

    Sam Q, hoop jy word gou beter.

    Adrie, ek stem nogal heel saam met jou vandag. Hoe kan n kind sy reg opeis as hy nog self nie eers weet wat regtig reg of verkeerd is nie.

    Ek dink jy weet by nou al dat kindertjies na aan my hart le, en ek kan net nie die mishandeling hanteer nie, ek raak sommer horibaal kwaad vir sulke mense en kan hulle sommer iets aandoen.

    Jinne, praat ek sin hierso, seker omdat dit al so laat is!

  • 15. cybersakkie  |  Mei 28, 2008 om 10 : 50

    Dis ‘n algemene denkfout dat die staat in Suid Afrika dit ten doel het om aktief burgers se regte te beskerm. As dit die geval was, sou ons nie elke week sake in die howe gehad het teen die Ministers van Veiligheid en Sekuriteit, Justisie en Grondwetlike ontwikkeling, Verdediging, Gesondheid en die lys gaan aan.

    Die staat in Suid Afrika toon kenmerke van die privaatmaatskappy wat onverwags suksesvol geword het. Die direkteure skep al die room af as “performance bonusse” en die aandeelhouers en werknemers staan laaste in die ry om in die nuutgevonde sukses te deel.

    Natuurlik maak dit dit nie beter vir die kinders wat nog steeds ly nie, maar ons kan ‘n verskil maak deur die NPO’s te ondersteun wat wel na die kinders se belange omsien. En ook deur meer mense bewus te maak van die hel waardeur kinders gaan. En nie stil te bly as ons ongeregtigheid rondom ons sien nie.

  • 16. Mev Nel  |  Mei 29, 2008 om 7 : 12

    Hoe kan jy insinueer dat swart kids aan meer gewelt blootgestel word as blanke kids?

  • 17. demoerin  |  Mei 29, 2008 om 7 : 40

    Wee jy, die konstitusie, die een wat wêreld-beroemdheid, gekry het belowe baie regte aan al die inwoners van die land. Ongelukkig,in die meeste gevalle, is dit nie veel meer werd as die papier waarop dit gedruk is nie!

  • 18. Zoekoe  |  Mei 29, 2008 om 7 : 57

    Hallo mense !!

    Die staat doen min, maar hulle gee jaarliks amper 80 Biljoen Rand aan welsyn pensioene, onder andere aan amper 15 miljoen mense, wat bestaan uit meer as 8 miljoen kinders wat die “child support grant” kry vir basiese behoeftes, asook die “foster care grant” wat aan ouers gegee word wat foster ours is.

  • 19. Zoekoe  |  Mei 29, 2008 om 8 : 10

    HALLO !!! ? ? ? is ek totaal alleen hier? ?😦

  • 20. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 8 : 12

    More almal, veral Zoekoe.

  • 21. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 8 : 16

    Mev Nel

    As my stelling onjuis is, hoekom bly u nie in ‘n voorheen nie-blanke buurt nie. Veral aangesien die gewelD daar minder is.

  • 22. Zoekoe  |  Mei 29, 2008 om 8 : 17

    Hallo Adrie…. dankie ek voel nou sommer spesiaal 😉

  • 23. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 8 : 20

    Zoekoe

    Ek is bly, ek hoop dit hou jou ‘n jaar.

  • 24. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 8 : 22

    O aarde, my maniere.

    Wip, dit is voorwaar skokkend. Die kinders gaan niks vir die lewe voel wanneer hulle volwasse is nie.

    Zee, ek is ook gek oor kinders. Ek staan al as ‘n dief bekend. Ek steel kinders sover as wat ek gaan.

    Cybersakkie, baie welkom. Ek ondersteun graag NPO’s. Ons blog het selfs ‘n inisiatief om self te help, terwyl ons die onkostes dra. Lees gerus Rose se Missie-1.

  • 25. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 8 : 53

    Goeie more almal! Jinne… Ek het wragtag soos ‘n klip geslaap. Net jammer ek kan net uitpass van pille.

  • 26. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 8 : 56

    Zee…. Danq. Ek hoop ok ek word gou beter. Ek wil my laaste paar dae by die huis geniet. Ek voel darem al weer half mens.

  • 27. ADRIANA  |  Mei 29, 2008 om 8 : 57

    Sam

    Ek hoop nie jy het my aangesteek nie.

  • 28. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 9 : 01

    Mev Nel…. Jy weet duidelik nie wat in nie-blanke bebiede aangaan nie. Jy sal sommer die eerste aand in jou broek kak as jy hier by ons kom slaap. Miskien moet jy eers kom ondervind wat hier aangaan voor jy jou groot bek weer hier kom rek!👿

  • 29. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 9 : 05

    A3…. Die ousie sal mos nooooit so iets aspris doen nie! Besides.. Ek dink dis van Maandag mirrag se nat reën.

  • 30. ADRIANA  |  Mei 29, 2008 om 9 : 09

    Die koue weer doen ook niks aan enige iemand se gesondheid nie.

  • 31. Verons  |  Mei 29, 2008 om 9 : 15

    More julle!!
    Sam as jy nou siek is beteken dit dat jy nie vannaand gaan kom sjop en sjerrie drink nie??

    Mev Nel A3 insinueer nie dis ‘n donners feit!
    Kyk wat gaan in die “swart” buurte aan en die kinders sien en beleef dit! Mense word doodgeslaan, gegooi en verbrand en hulle gee ‘n moer om of daar ‘n kind by is of nie!!
    So gaan praat jou kop se kak op ‘n ander plek!!!

  • 32. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 9 : 18

    A3…. Ek wonder of sy by my sal kom slaap. Al is dit vir net 1 aand. My ouer sus het sielkunde geswot. Sy sal MEV NEL deur die skok van oorlewing help.

  • 33. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 9 : 21

    Ma… Soos ek nou voel, wil ek nie eens opstaan om te gaan eet nie.

  • 34. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 9 : 24

    Sam

    Hoekom ruil sy eerder nie huise met jou nie, dit is mos baie veiliger by jou.

  • 35. Zoekoe  |  Mei 29, 2008 om 9 : 29

    Sure Sam Q dis deesdae so maklik, hulle vat selfs appliikante sonder ‘n ID

  • 36. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 9 : 40

    Ek soek ook asseblief ‘n grand.

  • 37. Pikkelik  |  Mei 29, 2008 om 1 : 39

    Adri, ek is mal oor hierdie inskrywing, Iewers het ek hom gemis, skies man. Kan ek jou gelukwens. Baie baie goed gedoen, /me wonder of jy nie ‘n afskrif of twee vir ‘n paar hooggeplaastes wil e-pos nie…

  • 38. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 2 : 48

    Pik
    😳 Dankie. Dalk moet ek aan so iets dink.

  • 39. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 2 : 56

    Fok! Ek staan nou eers op! En da praat julle die anne blog vol. Nats het seke wee gesing! Tsk

  • 40. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 2 : 59

    Nats het nie kans gehad om te sing nie.

  • 41. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 00

    Ek wag ma hier en hoop iemand sien my raak….

  • 42. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 03

    3 ling

    Jy weet mos my oog is orals.

    Ek het ‘n boodskap gelos dat hulle hier moet kom kuier.

  • 43. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 10

    Niks wat? Hier is ek ook.

  • 44. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 10

    My 3ling se 2ling!

  • 45. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 11

    Mag ek asseblief die kamer verlaat?

  • 46. Nats  |  Mei 29, 2008 om 3 : 11

    Ek hou nie van ‘n Pitbull nie… Milo is baie jaloers, as hy seker net gaan knor gaan die pitbull hom seker dood byt! Ek soek dit nie, en ek wil hê skelms moet bang wees vir my hond nie ek nie!!

    Ek het nou die dag geskrik!! Een groot been in die swembad opgetel… was nie ons sin nie, nie buurman sin nie… ek dink iemand het dit oor die muur van die straat se kant af gegooi en seker gif aan daai been gesit. Gelukkig beland dit toe in die swembad!

    @ Sam
    ♫♫♫♫♫
    Net omdat jy nou eers opstaan!

  • 47. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 12

    A3… Aaag man. Jy weet wat ek bedoel

  • 48. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 13

    Nats

    Hoe maak jy die note?

  • 49. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 15

    Nats…. Praat bq met jou 2ling

  • 50. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 21

    Nou hkm is dit so stil?

  • 51. Nats  |  Mei 29, 2008 om 3 : 21

    Adrie
    Alt + 1 + 4

  • 52. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 22

    Want ek het gaan Piepie

  • 53. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 25

    Het jy jou hande gewas!?

  • 54. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 40

    Het julle al die “What is a African” advertensie op die tv gesien. Dit word daarin baie duidelik gemaak dat alle swartes en net swartes Afrikane is. Wat dink julle hiervan?

  • 55. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 3 : 41

    Sarel Roets, Buhrmannsdrif
    Ek kan die alewige geblêr oor wit rassisme net nie meer hanteer nie! Ek lees in Beeld dat Sean Else en sy medewerkers se bord oor die Ons vir jou-verhoogstuk langs die N1-suid-hoofweg ook sommer rassisties is. Waarom?!

    Skynbaar is ’n mens ’n rassis as jy enigsins volkseie sake dryf.

    Hieronder val taal, kultuur, tradisies en geskiedenis.

    Ek is siek hiervoor!

    Na my mening is ’n persoon wat bly kerm en kla oor Afrikaners wat hul eie mense se saak probeer beskerm en bevorder, self rassisties. Hulle gun ons geen bestaansreg nie.

    En moet tog asseblief nie vir my sê dat apartheid daarvoor te blameer is nie . . .

    Ek lees so ’n paar dae gelede ’n brief wat deur mnr. Benzi ka-Soko, Popcru se nasionale “spokes?person”, geskryf is.

    Hy verklaar openlik dat die xenofobiese aanvalle tragies is omdat dit nie eerder op wit mense toegespits word nie, want volgens hom is wit mense ook van “foreign nations”.

    As dit moontlik was vir ’n gekleurde om ’n rassis te wees, sou ek gesê het dat Ka-Soko ’n rassis is, maar nou is rassisme mos net ’n sonde wat wit mense pleeg.
    (brief uit die beeld)

  • 56. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 44

    Ek het al ‘n blanke oom in 1 van daai advertensies gesien. Dit gaan anyway net oor die zotte wat die uitlandse zotte dood maak.

  • 57. Nats  |  Mei 29, 2008 om 3 : 44

    Adrie
    Huh? Sam van Winkel…

  • 58. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 3 : 46

    Ek het al ‘n blanke oom in 1 van daai advertensies gesien. Dit gaan anyway net oor die zotte wat die uitlandse zotte dood maak.

  • 59. Nats  |  Mei 29, 2008 om 4 : 06

    Het julle nou nuus geluister… Naomi (die supermodel) kan 6 maande tronk toe gaan omdat sy twee polisie manne aangerand het!!

  • 60. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 4 : 19

    Nats… Ek het gehoor. Ek sukkel net my gat af met my foon. Die ding praat somme dubbel of trippel. En die stjoepid maak die blog vol!

  • 61. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 4 : 23

    Sam

    Ek het ‘n bietjie skoon gemaak, dit was ‘n wordpress fout gewees.

    Nats

    Posduif.

  • 62. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 4 : 30

    Sjoe! Amper dog ek my foon het gekak!

  • 63. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 4 : 32

    Sam

    Nog nie.

  • 64. SAM Q  |  Mei 29, 2008 om 4 : 34

    Ek is moeg. Ek ga nou gou dux voor ek na die eiland toe gaan. Praat later

  • 65. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 4 : 40

    Geniet die eiland vanaand.

  • 66. Nats  |  Mei 29, 2008 om 4 : 57

    Ok julle ek is oppad oorlogveld toe… wish me good luck!!

    Dalk moes ek al daai pitbull gekry het om my battles vir my te baklei?!😉

    Lekker aand!!!!!!!!!!

  • 67. ADRIANA  |  Mei 29, 2008 om 4 : 57

    Nats

    Wag vir my, ek kom help jou gou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: