Eet grille

Mei 25, 2008 at 9 : 14 166 Kommentaar

Almal wat my kloon (Mathilda) ontmoet het, weet een ding.  Sy eet alles wat haar nie eerste eet nie, behalwe kool en al sy families.  Sy maak baie seker die hele aarde weet dit.

Ek sal dit erken, ek is baie weird as dit by eet kom.  Kom ons begin met dit wat ononderhandelbaar is.  Ek sit my mond nie aan organe (lewer, niere, brein, longe, harte ens) nie.  Ek gaan eerder dood van die honger.  Vis uit ‘n blik is net so gross, dit maak nie saak of tuna, sardiens of pilchards is nie.  Ek gril my dood vir Turkish Delight , kersies vir granering (sit dit wel in my mond as dit ‘n stingel het) en kerrie bron.  Aap, kat en hond is amper mens en ek is nie ‘n kannibaal nie.

Hier is my lys van goed wat ek onder dwang en beleefdheid sal eet.  Ek sal dit nooit self maak, voorsit of maak of dit lekker is.  Roereiers, ek haat dit met ‘n passie.  Pienk viennas en polonie, ek bid dat ek ‘n verskoning reg het.  Slap pap, mits daar nie klonte in is nie.  Blomkool lyk sleg en is nie lekker nie, maar as dit moet moet dit. Rooibos tee, maar asseblief, moet dit nie lekkerder probeer maak nie.

Hoekom sê ek dit is weird?  Ek eet nie roereiers nie, maar is mal oor omelet.  Dit is onverklaarbaar, selfs vir my, maar dit is hoe dit is (sonder Steve).  Ek eet kersies in kerskoek, waarskynlik omdat die ergste soet af gewas is.  Ek eet koue vleis, maar gril my dood vir franse polonie.  Dalk moet kos nie pienk wees nie.  Ek het altyd viennas geëet, tot my ma eendag my aandag daarop gevestig het dat ek dit haat.  Ek het besef dit is waar en dat ek dit nie hoef te eet nie.  Hot Dogs moet boerewors hê.

Dan die familiegrap, my gunsteling smeersel vir brood is margarien.  Let wel, 90% van margarien is sleg, daarom gaan my hand diep in my sak vir ordentlike margarien.  Ek koop dikwels kaas, tamaties en salamie, maar eet steeds my brood net met margarien en eet die ander goed apart. 

Verder is ek ‘n heel avontuurlike eter. 

Wat is julle eet fetishes?

Blogvraag:  Wat berei ‘n “poison chef” gewoonlik voor?

Blogantwoord:  Sam was reg.  Nkosaan Italiaan was Angus se bynaam en Anthol Fugart was 100ste op die lys.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat is in ‘n 100? Jou arme bloedjies

166 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 26, 2008 om 11 : 31

    Ek gaan regtig nou verder regpluk aan my kaste en gemors….. ek neuk alles uit vir die OC’s

    Bye almal……

    lekker sukkel met wordpress ……

  • 2. Roer  |  Mei 26, 2008 om 11 : 33

    Julle maak my naar met al die gepraat van snot…

    Bye Wip.

  • 3. ADRIANA  |  Mei 26, 2008 om 11 : 34

    Roer

    Kots, dan ruik jy paw-paw. Weg is alle snot gedagtes.

  • 4. Tinkerbell  |  Mei 26, 2008 om 11 : 40

    ADRIANA JYS DISGUSTING.. SIES MAN!!! Kots is erger!!!

  • 5. Roer  |  Mei 26, 2008 om 11 : 44

    Tinks, ek stem! Euw

  • 6. Wipneus!  |  Mei 26, 2008 om 11 : 45

    Tinky jou Ouma is ‘n wilde Ouma, hierdie Ouma kan jive en party as sy sonder pyne in die oggend wakker word En natuurlik die valstande in het …….. 😆
    Ek sê julle mos ek swaai aan kandelare hier rond…. my huismense hou nie by nie….tot die Oc’s dans saam….. 😉

    Kots, snot ek is al so naar ek gaan kots sommer …..

  • 7. Adrie  |  Mei 26, 2008 om 11 : 46

    Tinks

    Jy weet wat se hulle van disgusting?

    Roer

    Ek dog ek help jou hier.

  • 8. Adrie  |  Mei 26, 2008 om 11 : 47

    Ok – kom ons praat maar van uriene.

  • 9. Verons  |  Mei 26, 2008 om 11 : 49

    Wip ja dis die 1e keer wat ek Sam se hare so sien en dit laat har stunning lyk!
    Kan A3 vir my ‘n foto van jou stuur?? Sy mag maar vir jou een van my stuur want sy het mos 100e fotos van my!!!!!!!

  • 10. Adrie  |  Mei 26, 2008 om 11 : 49

    Daar is darem ‘n nuwe blog op wat nie oor kots, snot, sweet, pie of bollie gaan nie. Wel, nou nie letterlik nie.

  • 11. Adrie  |  Mei 26, 2008 om 11 : 50

    Verons

    1000e is nader aan die waarheid.

  • 12. Roer  |  Mei 26, 2008 om 12 : 01

    A3, daai blog het ge’fuse’. ‘Out of order’ vir die week en ek ‘strike’ ook sommer. Jy weet wat hulle sê…when in Rome… Watse fliek jy toe die naweek gekyk? Ons het ‘The other Boleyn girl’ gaan kyk. Baie goed.

  • 13. Adrie  |  Mei 26, 2008 om 12 : 04

    Roer

    Ek het toe so lekker pop gespeel dat ek my fliek afspraak geskuif het.

  • 14. Verons  |  Mei 26, 2008 om 12 : 10

    REELS VAN BRAAI
    Deur ons eie Zoekoe😉
    1) Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is mos ‘n ernstige ding so benader jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy gaaf genoeg om te braai. Kak! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Pick ‘n Pay se vleis is kak. Klaar!

    2) Dikker snitte vir braai! Klaar!

    3) Steaks is medium-rare tot medium. Klaar! As jy van jou vleis ‘well-done to f-up’ hou gebruik ‘n blow torch en hou jou vleis van ‘n braaier af. Hardloop dan sommer in ‘n muur vas. Herhaaldelik!

    4) Rare is nie eetbaar nie! As jy een van die braafstes is wat jou steak so eet, kry vir jou. Moenie dink jy gaan lekker slaap en die wol scooter dalk opstart later vanaand nie. Rou vleis laat homself nie sommer net verteer nie.

    5) ‘n Steak sonder ‘n vetjie is nie ‘n steak nie. Klaar! Fillet uitgesluit.

    6) Tenderised steak hoort op die Kerk basaar se steakrolls. Nie op my vuur nie! Klaar!

    7) Wors moet nog kan buig as hy afkom. Klaar!

    8) As jy nie kan braai nie, moenie! Klaar!

    9) As jy een van daai wetters is wat glo mens steak braai op ‘n plaat, vra die ou wat langs jou staan om jou hard te bliksem! Nou!

    10) Meer as 1 slaai vir ‘n braai is mors. Klaar!

    11) Daar word gebraai waneer die vuur reg is. Klaar!

    12) Uitpass voor die ete is uit soos boknaai! Klaar!

    13) As jy een van daai fokkers is wat krap in ‘n ander man se braai, volg reel 9. Nou!

    14) As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier of is net doodeenvoudig vol kak, praat voor die tyd of shut up! Klaar!

    15) As jy ‘n ander persoon die braaireg gee by jou huis (verwys na reel 8) swaai hy die septer. Klaar!

    16) Fillet word nooit, maar nooit heel gebraai nie! Butterfly cuts alleenlik! Klaar!

    17) Sout word alleenlik en ALLEENLIK aan tafel opgegooi! Jy braai nie met sout nie! Klaar!

    18) As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die go te kry kos hitte. Baie. Die rook van die gesukkel is ‘n steurnis. ‘Smokey Robinson’ word nie hier geduld nie. Klaar!

    19) Daar is nie ‘n ding soos ‘n te warm vuur nie. Klaar!

    20) As jy die braaier is en nie ‘n ordentlike vuur kan maak nie, lieg jy. Volg reel 9. Nou!

    21) Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok moet hy leer? Volg dan reel 9 op hom.

    22) Papierborde is cool solank dit in een of ander versterking is.

    23) Hou jou stompies uit ‘n braaivuur uit! Klaar! Jou kak gewoonte moet nie my braai kom opfok!

    24) Met rugby, halftyd steek jy die vuur op. Klaar!

    25) Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met ‘n mes en vurk. Klaar!

    26) As jy jou pap saam met ‘n braai met melk en suiker eet, skreeu jy seker vir die Cheetahs. Vra almal by die braai om vir jou eetgewoontes te bid en volg dan reel 9.

    27) Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om ‘n braaivleisvuur. Rugby, jag, visvang ,4×4 bakkies en die buurvrou se tan lyne is die norm. Klaar!

    28) Dis al………………….. Klaar!

  • 15. Tinkerbell  |  Mei 26, 2008 om 12 : 18

    Zoekoe jy kan enigetyd my vleis kom braai.. Classic!!!

  • 16. Headmaster  |  Junie 19, 2008 om 5 : 33

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Headmaster!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: