Tot weersiens

Mei 23, 2008 at 9 : 20 237 Kommentaar

n Jaar terug het ek n blog ondek. Die blog waar alles begin het. Jacaranda. Daar het ek sekerlik van die beste mense wat julle aan kan dink ontmoet. Sonder om te weet wie ek was of hoe ek lyk is ek verwelkom in n kuber wereld van ure se genot!
 
Saam het ons gelag, gehuil,gespeel,geterg,baklei, soms met mekaar, maar meeste van die tyd vir mekaar. Ons het goeie maats verloor in die hele trek proses vanaf  Jakaranda tot by dorings, maar die meeste is wel hier. Ons het baie nuwe mense ontmoet wat n aanwins was vir ons kuber familie! Dankie Adrie, vir hierdie breinkind van jou, Dorings is die beste idée waarmee jy nog opgekom het en als is te danke aan jou! Ek sien uit na die dag wat ek jou met die hand kan groet.
 
Adrie en dorings is egter verlore sonder die ander gesiggies wat gereeld hier kuier en dit die beste blog maak. Ek gaan nie name noem nie, want julle almal beteken vir my soveel. Ek gaan die uurtjies saam met julle verskriklik mis. Die mense wat filosofies, ernstig, pleinweg bedonderd is, die grapjasse, die bakleiers, die stirrers, selfs die rooflesers …. Ek neem elkeen van julle saam met my.
 
Ek hoop dat ek weer binnekort  my veskyning sal maak en verder saam met julle sal kan kuier. Tot dan groet ek julle met trane in my oe en n smile op my gesig!! Hou die kuber horison dop, ek kom weer ….
 
Al my liefde
 
Bos

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Is ouderdom net nog ‘n nommer? Om ‘n man te ontman

237 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 1 : 53

    Klip

    Daardie een vat die koek.

  • 2. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 1 : 53

    Voëlgriep
    ‘n Beer, ‘n leeu en ‘n hoender ontmoet.
    Beer: “As ek raas, bewe die hele woud se broeke.”
    Leeu: “As ek brul, raak ‘n hele kontinent bang.”
    Hoender: “Dis niks! As ek hoes, maak ‘n hele planeet homself vuil”

  • 3. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 1 : 53

    Pik ek raak nou soos jy, ek sukkel om by te bly…. 😉

  • 4. Nella  |  Mei 23, 2008 om 1 : 54

    Grappie vir julle
    Wat noem jy ‘n ou wat jou voortande ytgeslaan het…..
    ‘n dooth

  • 5. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 1 : 55

    Zoeks

    Dit vat nie veel nie.

  • 6. Pikkelik  |  Mei 23, 2008 om 1 : 55

    Oi Zoeks, ons kuier dan nou daar by jou man…. Tsk Tsk!

  • 7. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 1 : 56

    Klippie!!!! Hallo daar… long time! Ganit? Jou dop al gevries vir die naweek sodat jou doll nie weer maagwerkings kry as jy drink nie?

  • 8. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 1 : 57

    Twee vlieë sit in ‘n restaurant. Een bestel poef met knoffel. Die ander een sê: “Net poef vir my asseblief, knoffel laat my asem stink!”

  • 9. Nats  |  Mei 23, 2008 om 1 : 58

    Tweeling
    Nou hoekom is my Tweeling se Drieling kwaai??

    RS
    Daai nikswerk (blogger) kollega is seker manlik… want ons vrouens kan mos multi task!!😉

  • 10. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 1 : 59

    Solly Piks, nie gesien nie….. 😳

  • 11. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 1 : 59

    Nice one Nats!!

  • 12. Nats  |  Mei 23, 2008 om 2 : 01

    Ek is moeg… willi meer werk nie!!

    Ek wil huis toe gaan… hoekom moet Vrydae so lank wees??

  • 13. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 2 : 01

    Stone, dis nou wat mens noem ‘n kak grap 😆

  • 14. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 03

    Zoekoe jy is ‘n slegte invloed.. ek bly lus vir daai prentjie van jou!!!

  • 15. Zee  |  Mei 23, 2008 om 2 : 03

    Nee kyk, julle maak my lekker deurmekaar hier!

  • 16. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 06

    Nats ek se nog altyd.. Maandae en Vrydae moet vasgestelde halfdae wees…

  • 17. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 07

    Zoekoe , ja ek stem ook …

    Adrie , en ek met se daardie skoonheid laat my …🙄

    Nats …natuurlik n man word met n plank geslaan , en n vrou met poeierkwas

    Hallo Tinkerbel , goed om jou weer te sien ….ek hoop alles gaan nog goed

  • 18. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 07

    Zee girl? Hoe so.. vra dan help ons jou gou..!!

  • 19. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 08

    Nuus het dit dat die eerste Viagra Baba onlangs in Newcastle gebore is. Blykbaar het die kind reeds die volgende dag penorent gesit.

  • 20. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 09

    Nats …ek will ook nie werk nie , maar hier moet ek nog uitsien na die hele naweek , elke dag by die werk

  • 21. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 11

    Gehoor van die nuwe Viagra-poeier wat jy oor jou gras strooi. Die volgende dag gebruik jy die erdwurms vir dakspykers.

  • 22. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 11

    Twee boere staan en gesels oor versekering:
    Sê die een: Ek kan verstaan dat mens teen brand wil verseker, maar hoe laat mens dit hael.

  • 23. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 2 : 12

    Tinkerbell, kan ek jou ‘n koue eene aanbied? 😛

    Stone, hoekom al die skielike komplimente vir Adrie ?????

  • 24. Nats  |  Mei 23, 2008 om 2 : 14

    RS
    Ek was nou die aand by ‘n viagra funksie… was dit nou vir jou ‘n stywe afêre!!!

  • 25. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 15

    Zoekoe …gits ek is seker dit gaan haar so n bietjie beter laat voel , dis vrydag en al die dames behoort met n glimlag rond te loop….

  • 26. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 16

    Zoeks.. dalk is Klippie ook net bietjie getroud.. hi hi

    Koue een sal nou lekker afgaan ou pal!!

  • 27. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 17

    Gewonder waarvoor Viagra staan?
    Vereniging van Ingekrimpte, Afgetrede, Gestremde, Roerlose Adders

    Nats nou kan ek my indink hoe dit daar by daai funksie moes gewees het 😆

  • 28. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 20

    Tinkerbell 😆 party van ons getroude ouens weet ook darem nog van om te komplimenteer.

  • 29. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 21

    Sommige mense trou vir liefde. Ander trou vir geld. Die gelukkiges trou vir albei.

  • 30. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 2 : 21

    😆 Nats…..😆 ek hoop daar was baie girls ook !!!

    Stone, onder normale omstandighede sou ek saam met jou stem oor die vrydag ding, maar Adrie het net ‘n fietspomp vir ‘n hart, so jy mors jou tyd 😛

  • 31. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 21

    Wat is die definisie van ‘n tiener?
    Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf.

  • 32. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 22

    “Hier volg die nuus gelees deur Rihana Kruipwagen. 17 mense is vanoggende dood toe ‘n taxi minibus buite Johannesburg ogeslaan het, 17 is lig beseer. Gelukkig was die taxi nie vol nie.”

  • 33. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 25

    Zoekoe , ag dis lekker om iemand se dag te maak . Almal sien seker uit na die naweek , dis ook al amper pay day …

  • 34. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 28

    ‘n Taalhandhawer en sy nors vrou hou by ‘n vulstasie stil.
    “Vul asseblief die brandstoftenk, gaan die olievlak na en kyk of daar nie fout met die knormoer is nie,” is sy opdrag.
    Na ‘n rukkie kom die pompjoggie na hom toe.
    “Baas, ek het gefill-up en die olie gecheck, maar ek dink ons moet die oumiesies net so laat staan.”

  • 35. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 29

    Swak diens
    Klein Jannie was in die kerk toe nagmaal bedien word. Sy ma het vir hom verduidelik dat hy nog te klein is om nagmaal te gebruik. Toe die kollektebordjie omgestuur word, sê sy vir hom om sy kollekte in te gooi. Maar Jannie hou sy muntstuk styf vas, en sê: “As ek nie mag eet en drink nie, betaal ek nie!”

  • 36. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 32

    Skotte is bekend vir hulle whisky.
    Duitsers is bekend vir hulle bier.
    Russe is bekend vir hulle vodka.
    Jamaikaane is bekend vir hulle rum.
    Suid-Afrikaners is bekend vir die k_k wat hulle maak as hulle die goed drink!

    Zoekoe , moet nou nie al die “koues” vir Tinkerbell gee nie

  • 37. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 37

    Klippie.. dis nice van jou!! Nie baie getroude mans se komplimente is opreg met geen bybedoelings nie. Jou vrou is ‘n lucky girl!!

    Zoekoe jy gee nie my bier vir Klippie nie hy vries sy drank en die bottel gaan bars dan kry ons altwee niks!!

  • 38. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 46

    Tinkerbell, as jy boks wyn vries dan bars niks . Dis nou as hy seker so half vol is , of is dit half leeg??

    Ek moet ook darem erken , ek het seker 25 jaar laas boks wyn gedrink , want op daai staduim wou ek alles op drink sodat daar minder vir my kinders sou wees om te drink ….maar dit het obviously nie gewerk nie

  • 39. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 50

    Gehoor van die ou wat vir sy skoonma werk gekry het as ‘n voëlverskrikker op ‘n plaas. Die plaasbestuurder se hy is so beïndruk met haar, want die voëls bring tot verlede maand se oes terug.

  • 40. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 51

    ‘n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar. Hy krap in sy neus en trek ‘n lang groen stuk snot uit sy neus. Sy ma kyk en vra: “En nou? Wat gaan jy met dit doen?”
    Seuntjie: “Nee ek weet nie – ons mag mos nie in die kar eet nie.”

  • 41. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 54

    Whaaaaaaaaahaaaaaaaaaaa ou Klip laat jy my nou lag..

    Ek noem my bokswyn “Latush”.. (Laat oes) dan klink dit biejtie meer fênsie.. hi hi en dis min dat hy vol is hy kry nie kans om te vries nie.

    En as almal saam drink dan drink ek al hoe vinniger.. eks altyd spyt daarna maar leer is min!!!

  • 42. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 56

    Wyn maak my eers mooi dan slim , dan sterk , en dan sommer vark

  • 43. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 58

    Klippie gaan kies vir jou ‘n prentjie.. ek like Zoekoe sin oor ‘n 100!! Het jy die link?

  • 44. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 2 : 58

    Twee SARS-virusse stap laatnag uit ´n kroeg, so dronk soos torre. Die een sê vir die ander:
    “Hel, ek is nou so dronk en kan ´n Chinees vermoor.”

  • 45. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 2 : 58

    Wat is jou drink van keuse.. as vroulief nou nie moun nie?

  • 46. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 03

    Ek drink Bells whiskey, rum , brandewyn ag en as daar n geleenthied is enige iets wat n mens getrek maak .Al probleem is dat Bells my vrou maagwerkens gee , want elke keer as getrek raak dan dinges sy in haar broek

  • 47. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 04

    Ek het so n week terug toe ek laas hier was n prentjie gehad , maar hy is weg vandag.

    Gee maar vir my die link , dan kan ek try en sien wat gebeur.

    Ek is al so oud , ek hoop hulle het rots tekeninge daar

  • 48. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 07

    Ek drink ook ….pel bier …enige bier wat my pelle aanbied😆

  • 49. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 12

    Partykeer het ons almal dit nodig om bietjie uit te hak, maak net seker jy is nie die enigste een nie! Koop vir vroulief ice cream en moer dit vol Amarula, na so paar gooi biejtie whipski by en dan party sy dalk saam.. Cocktails kan ook werk.. maak net seker dit proe soos koeldrank..

    Soek eers vir jou ‘n prentjie van een van die rolling stones dan save jy dit onder “my pictures” en add dit dan as jou gravator ek sal nou die link gaan soek jy moet eers register.. Adrie was so oulik om my te help met myne ek is ook nie slim met die IT ding nie.. Ek het Zoekoe gaan roep dalk kan hy ook help..

  • 50. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 13

    Ek kan ook nou uiteindelik NEE se vir drank , as iemand my vra of ek genoeg gehad het se ek NEE

  • 51. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 16

    Ek waardeer jou hulp Tinkerbell

  • 52. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 16

    Die link is http://en.gravatar.com, hulle sal jou mail adres vra en jou link vir jou mail dan moet jy net register. Hulle gee vir jou ‘n opsie om ‘n pic van jou rekenaar ook af te kan kies.. kyk gou of jy regkom ek het heavy gesukkel..

  • 53. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 17

    Ek moet se die grys prentjie wat nou langs my naam is lyk verbasend baie na my

  • 54. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 18

    Ok ek check gou

  • 55. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 20

    ´n Pessimis is ´n man wat dink alle meisies is sleg.
    ´n Optimis hoop almal is.

  • 56. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 25

    Ok ek sukkel ook nou my boude af. Die mense laaik nie my naam nie. So nou sal ek maar n nuwe moet kies

  • 57. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 27

    Nee jy moet ‘n gesiggie hê man.. daai grys mannetjie is net ‘n spook.. kom jy reg met joune?

    Nou wat is jy pessimis of optimis?

  • 58. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 30

    Nou met ek net iewers n prentjie kry ……enige van my fotos word geklassifiseer as n virus

  • 59. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 33

    O koek nou het my naam ook verander.

  • 60. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 33

    Ek is n optimistiese pessimis…..en dit rym nogal met my van ook

  • 61. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 36

    Ek gaan nou nou n prentjie kry …gee net bietjie kans

  • 62. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 42

    Dit maak nie saak nie Klip kies ‘n ander naam net vir die Gravatar die prentjie registreer saam met jou mail adres so jou naam sal dieselfde op die blog bly. Dit is net vir hulle site dat jy dalk ‘n ander naam moet kies. Jy bly nog steeds “Rolling Stone” as jy comment..

  • 63. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 43

    Ok dit lyk amper reg

  • 64. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 43

    Hello Almal

    Het gou kom inloer…

    Bos, ons hou die kuber horison dop, moenie te lank wegbly nie.

  • 65. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 45

    Ek het n prentjie ge-save , sal seker nou nou deurkom

  • 66. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 46

    Hallo Wipneus.

  • 67. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 47

    Hello Oom Jack, eerste keer wat ek jou raak lees?

  • 68. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 48

    Ag Klip ek chat nou so lekker met jou maar moet nou gaan ek ry saam met ander mense.. sou graag nog wou gesels met jou. Skies man!!

    Jy kan jou naam op hierdie blog terug verander na Rolling Stone dit hoef nie Oom Jack te wees nie.. dis dalk nie ‘n goeie idee as jy ander naam kies nie, jy gaan ons deurmekaar maak jong.

    Ek hoop jy kom reg, kom chat Maandag weer.. dalk kan Adrie jou help met die prentjie.. wonder waar is die madam?

    Koebaaaaaaai.. Lekker Braaaaiii

    Mwah.. mwah mwah mwah.. sies nous julle almal vol spoeg!! Ha ha ha

  • 69. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 50

    Ek is eintlik Rolling Stone, maar ek is nou lekker deurmekaar , ek try met die hulp van Tinkerbel om n prentjie langs my naam te sit

  • 70. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 50

    Rolling stone😯 wat gaan hier aan??????

    Bye Tinky

  • 71. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 50

    Baai Baai

  • 72. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 51

    Rollende klip jy praat van jou wat deurmekaar is…jy het Ouma nou net so deurmekaar…. my brein is juis so sif😆

  • 73. oomjack  |  Mei 23, 2008 om 3 : 51

    Wag laat ek gou hierdie hardeskyf format …nou het ek te veel name😆

  • 74. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 52

    Klip waar maak jy jou avatar reg

  • 75. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 54

    Wag hiers ek weer

    Ek was by atchar of atavar of iets …..daar het n prentjie afgelaai op my desktop, gesave en geconfirm , en elke ding , so ek sal maar oor die naweek rondkrap en kyk of ek hom aan die werk kry

  • 76. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 3 : 54

    OUMIE!!! Hallo dis jammer ek moet nou waai.. Oumie moet ‘n lekker naweek he!! O ja dis Rolling Stone Oumie.. dis sy nuwe naam maar hy kan dit terug verander na sy ou naam.. ek dink hy moet ons gaan deurmekaar raak..

    Klippie ek is seker jy is nie so lelik soos daai oom op die prentjie nie.. maar dis ‘n classic prentjie.. Baie nice.. Ek kry nou sommer skaam oor ek so gesukkel het😳 en jy kry dit sommer tjoef tjaf reg..AITSA!! Wys jou..dalk oud maar nog nie koud!!! Hi Hi..

    Okay.. regtig nou ek moet gaan..

    Tarra

  • 77. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 55

    Lekker naweek vir jou ook Tinks

  • 78. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 57

    Klip

    http://en.gravatar.com registreer met jou korrekte e pos adres

  • 79. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 3 : 58

    Ek moet nou waai, nog werk hier….

    Lekker naweek almal

  • 80. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 3 : 58

    Dit laat my nou dink ek moet seker n afrikaanse naam kies

  • 81. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 4 : 03

    Ok sien later weer

  • 82. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 4 : 07

    Solly julle, het skielik (tipies) besig geraak….. mense wat so kak beplan dat hulle laat op ‘n vrydag middag wil werk ! eish !!!

    anyhow, wat het ek gemis?

  • 83. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 4 : 08

    Dalk werk my biertjie nou???

  • 84. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 4 : 20

    OK !! fine !!!! moenie met my praat nie…. ek gan ‘n dop gooi….. alleen gmpf !!!

  • 85. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 4 : 27

    Iemand nog hier?

  • 86. Bos  |  Mei 23, 2008 om 4 : 36

    Lo daar maters!!

    Baie dankie vir al julle boodskappies!! Ek gaan julle almal oneindig baie mis!! Skies ek het nie vandag saam gesels nie, was meeste van die dag in die dorp vir nuwe i.d ens, ens was amper vir twee ure by SARS …… wat n dag!

    Ek het julle almal se gesleskap terdee geniet en ek sien jullegou weer!

    Klip

    Skies ek het jou nog nie geantwoord nie ou maat. Ek gaan ons geselsies ook baie mis.ek het jou mail adres en sal vir jou mail sodra ek weer ge connect is!!

    Zoeks

    Jis, jy het my in trane!!

    Sam

    Sorg jy net dat Adrie in die kar is ek wag vir julle met n bottel obs!!! Sien een van die dae

    baie lief vir julle almal!!!!

    mwha, mwha

    Bos!!!

  • 87. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 4 : 38

    Bos

    Soet wees en moet ons nie vergeet nie. Jy kan nog ‘n boek gaan skryf vir die nuwe blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: