Om ‘n man te ontman

Mei 23, 2008 at 4 : 23 68 Kommentaar

Ek sal dit erken, ek is tot in my kleintoontjie in ‘n feminis.  Ek is glad nie lief vir mans nie.  Dit beteken nie dat ek van myself ‘n man moet maak nie.  Ek kan myself laat geld, dit het immers niks met geslag te doen nie.

Vandag wil ek van ‘n wreedheid praat wat dikwels ongestraf gelaat word.  Vrouens wat mans in so ‘n mate verneder en afknou dat hulle hulle sin van self verloor.  Geestelike ontmaning.  Dit kan baie subtiel gedoen word, self grappig – maar die skade is heelwat erger as om ‘n sekere deel van die anatomie af te sny. 

Dit is sinne soos “As jy ‘n ware man was, sou jy nie dat ons sukkel nie.”  Met elke fout op probleem word daar in sy manlikheid twyfel getrek.  Die kinders word ook geleer om hom subtiel ‘n nul te maak.  Sy mening word dadelik verkleineer.  Hy mag geen lewe van sy eie hê nie, sy mag nie eers asemhaal sonder toestemming. 

Dikwels word die man ook fisies mishandel.  Erg genoem om merke te laat, maar nie so erg om regtig seer te maak nie.  Hoe moet hy die krapmerk in sy gesig verduidelik by die werk?  Hy sal eerder dood voordat hy sal erken sy vrou het hom geslaan.  Hy sal nie ‘n klag lê nie en hy sal nie terugslaan nie.

Die hartseerste van alles is – dit is die goeie mans wat daaraan geonderwerp word.  Diegene wat bereid was om alles vir sy gesin in die stryd sou werp.  Wat nie in gelyke munt terug sal betaal nie.  Die gentlemans.

Dan die vroue, hulle is in twee groepe.  Die eerste is baie hartseer, hulle het tuis gesien wat hulle pa’s met hulle ma’s gedoen het.  Hulle “strike first, strike hard, no mercy sir” in die hoop dat hulle nooit in hulle ma’s se skoene land nie. 

Dan is daar die wat nie kan aanvaar dat hulle dit in die wêreld gemaak het nie.  Wat verstom staan oor wat hulle bereik het.  Wat verslaaf raak aan mag.  Ek het vir hulle ‘n spesiale boodskap.

As jy nie emansipering kan hanteer nie, hoort jy kaalvoet en swanger in die kombuis.

Blogvraag:  Wat het Angus Buchan se plaaswerkers hom genoem?

Blogantwoord:  Wipneus en Nico was reg met 66.  Nico sonder om te kroek.

Sam wil almal net in kennis stel dat Tokkelos nie haar ouma is nie.  Ek vra nedering om verskoning vir my fout. 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tot weersiens Wat is in ‘n 100?

68 Kommentaar Add your own

  • 1. Samantha q  |  Mei 23, 2008 om 4 : 25

    Wat issi vraag?

  • 2. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 4 : 29

    O shit.

    Nou terug.

  • 3. Jaco  |  Mei 23, 2008 om 4 : 34

    ‘n Oopkop feminis? Well I never. Today wasn’t wasted.
    Welgedaan

  • 4. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 4 : 36

    Jaco

    Ek skeer nogal gereeld en dra ‘n bra.

  • 5. Jaco  |  Mei 23, 2008 om 4 : 38

    Touché

  • 6. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 4 : 40

    😆

  • 7. Jaco  |  Mei 23, 2008 om 4 : 44

    Gotta run. Geniet julle naweek

  • 8. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 5 : 05

    ‘n Bosveldboer storm die huis binne en skree: “Vrou, gee daar vir my ‘n skoon broek. Ek het my nou lelik vererg vir ‘n leeu!”

  • 9. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 5 : 30

    `N GOEIE VRIEND SAL VIR JOU Sê|

    “PASOP!

    DIE PAD WAAROP JY LOOP IS SLEG EN KROM EN SKEEF'”

    EN MISKIEN DAARDEUR JOU GEVOELENS SEERMAAK.

    `n SLEGTE VRIEND SAL WAG TOT JY SEERKRY,

    EN DAN VIR JOU Sê:

    “EK KON JOU GEWAARSKU HET.

    MAAR EK WAS BANG EK MAAK JOU GEVOELENS SEER.”

  • 10. Rolling Stone  |  Mei 23, 2008 om 5 : 32

    JY KAN NOOIT `N DONKIE LEER OM SOOS `N KANARIE TE SING NIE,

    MAAR AS JY HOM HARD GENOEG SLAAN KAN HY DAREM `N PLOEG TREK

  • 11. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 5 : 54

    Kom roep my as iemand geselskap soek.

  • 12. Samantha q  |  Mei 23, 2008 om 6 : 49

    Klip… WHUHAHAHA!

  • 13. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 01

    Hand op.

  • 14. Samantha q  |  Mei 23, 2008 om 9 : 43

    Nou dat ek daar aan dink. My ex is eintlik blêrrie gelukkg. Ek het hom nog nooit sleg gepraat voor die kjinders nie. Al voel dit of ek sy …. Uhm… Dinges kan afbreek kort duskant sy poefernjollie. Ek moet nooit wee trou nie want ek sal die wicked witch of eastwick wees.

  • 15. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 44

    Sam

    Dit sal jou eendag beloon word, dat jy jou kinders nie teen hom probeer op maak nie.

  • 16. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 9 : 53

    Wat se blog is die whaahaahaa laat ek gaan lees, o my aarde😆

  • 17. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 53

    Sam

    Ouma Wip stuur vir jou groete.

  • 18. Roer  |  Mei 23, 2008 om 9 : 58

    Naand. In die boek ‘bringing up boys’ deur James Dobsen (hoop dis reg gespel) is daar ‘n hoofstuk hieroor. Baie belangrike punt wat jy hier maak. Kan julle ook nie slaap nie?

  • 19. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 59

    Roer

    Die hoenders loop dan nog rond. Dit is vroeg.

    Koffie vir jou?

  • 20. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 00

    Dit klink lekker. Natuurlik! 1 Suiker ‘seblief. Wat’s nuus?

  • 21. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 01

    Ja, nee ek kyk ek hou niks daarvan as vrouens mans verneder nie. Dit is onbeskof. Mens moet jou maniere ken. Veral vrouens wat lelik praat of met hulle mans baklei in ander geselskap. As jy oor iets ontevrede voel dan bespreek jy dit privaat met hom. Jy baklei ook nie voor die kinders nie.

    Ma’s wat hulle kinders se pa afkraak is vir my net so lelik. Hy was goed genoeg om saam haar die kind te kry. Hy is haar kinders se pa. Ek hoor al te dikwels woorde soos. Jou pa sit alweer voor die tv, of jou pa is alweer te lui om die en daardie te doen. Klaar is ek vies. Mens moet jou kinders respek leer vir altwee ouers, al is julle geskei ook. Dit bly nogsteeds die kind se pa. Ek weet mens wil dit nie altyd hoor nie, partykeer was die man verkeerd of het iets vreeslik gedoen. Maar dit is die regte ding om te doen, ongeag. Kinders verstaan nie dat pappa al die lelike goed gedoen het nie. En ek dink ook nie hulle moet al van sulke lelike goed weet as hulle klein is nie.

    Ek kry natuurlik baie teenkanting hieroor, selfs onder familielede.
    😆

  • 22. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 02

    Hello Roer

    Jy is laat wakker 😀

  • 23. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 03

    Wip

    Koffie vir jou? Die ketel kook amper. Ek het beskuit ook, my ma het gebak.

    Roer, niks nie. Behalwe dat Wip chicken is.

  • 24. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 03

    Wip, dis weer die koffie se skuld. Ek’s ‘n junkie. Die klein mannetjie le en slaap langs my so ek moet saggies tik en moenie my laat lag nie. Wat’s nuus?!!!!!!!!!!!!!!

  • 25. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 04

    Chicken om wat te doen?

  • 26. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 04

    Baie baie dankie vir die koffie en beskuit sal regtig nou kan doen met bietjie, en ek kry al baie koud ook

  • 27. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 05

    Roer

    Te chicken om koffie te drink.

    Kom ons kyk hoe goed is jou selfbeheersing.

  • 28. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 05

    Ek moet nou my werk los Roer en gaan party… saam die jonges bid jou aan.

  • 29. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 06

    Adrie ek is al groot die selfbeheersing is fenominaal

  • 30. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 06

    Selfbeheersing! Wat’s dit?

    Wip, dit klink lekker man!

  • 31. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 07

    Ek vra (oor die selfbeheersing), want ek sit met ‘n Lindt bolletjie in my mond. Mmmmmmmmmmmmmmmm

  • 32. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 08

    Wip

    Gaan jy met die Notebook party? Wag, daarvan moet ek ‘n foto kom neem. As ek kan onthou waar is my kar se sleutels.

  • 33. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 09

    More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies. More is Roer vol Puisies.

  • 34. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 11

    Ek vat daai puisie met ‘n smile. Daar is NIKS so lekker soos ‘n Lindt bolletjie nie. Stry?!

  • 35. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 12

    Ek eet ook graag Lindt bolletjies, sjokelade gee nie puisies, ek party dan maar saam my notebook argh!!

  • 36. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 13

    Roer

    In alle eerlikheid, my siel is nie aan chocolate verkoop nie. Salome se cremora tert dalk, maar sjokolade – baie lekker meer af as toe.

  • 37. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 14

    Ek het vir die 1ste keer in 2 maande vanoggend gaan draf so ek verdien hierdie bolletjie!

    Wat’s julle planne vir die naweek?

  • 38. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 14

    Ek eet twee weke lank aan ‘n 100 g slab.

  • 39. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 16

    Planne. Naweek.

  • 40. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 17

    More

    Shop dat ek drop en koffie met ‘n paar vriendinne en dan fliek met ‘n ander vriendin. (Moenie vir Wip se nie, maar ek gaan baie laat terug wees).

    Sondag

    Huisskoon maak, slaap, kerk en koffie met my suster (soos elke Sondag, behalwe die huisskoonmaak deel.)

  • 41. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 17

    Roer

    Jou planne, behalwe om puisies te kweek en treingoed te bou?

  • 42. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 18

    Ben die beer grom. Lekker slaap julle en geniet die naweek!

  • 43. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 19

    Lekker slaap Roer

  • 44. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 19

    Roer

    Stryk Ben die beer – magtig. Kan hy nie sien jy is besig nie? ‘n Man moet sy plek ken.

  • 45. Roer  |  Mei 23, 2008 om 10 : 19

    Ook fliek more aand, maar weet nog nie wat nie. Kinderpartytjie more middag en Sondag is kerk en middagslapie, dan swem saam met die manne by die gym. Ciao bella! Pas jouself mooi op. Over and out.

  • 46. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 19

    Adrie jou naweek is lekker, wens dit was ek

  • 47. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 20

    Ouma

    Daardie koffie wat ek haar gegee het gaan haar die heelnag op hou. Slaap, is nie ‘n opsie nie.

  • 48. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 21

    Nag Roer.

    Moenie te soet wees nie.

    Wip

    Gaan jy net werk?

  • 49. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 21

    Ek skreeu hier vir Milo…maar niemand wil vir my maak nie

  • 50. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 23

    Adrie ja daardie koekie se werk moet nou oor gedoen word, so ons is nou alreeds ‘n dag agter…..maar sal sien of ons Scopex toe gaan….
    Ons het nog nie eers kans gehad om daaroor te gesels nie, Teddie is alweer kantoor toe, en werk ook

  • 51. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 23

    Wip

    Jammer, het HC maar nie milo nie. Lewer Beker en boontjjie af?

  • 52. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 24

    Wie is beker en boontjie huh

  • 53. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 24

    Ek moet ;n dogtertjie vir my kry…dan kan sy vir my milo maak

  • 54. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 25

    Wip

    Dan is daar ‘n ewige bakleiery. Ken jy nie beker en Boontjie nie? Ook bekend as Mugg & Bean.

  • 55. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 29

    Ag mens kan jy nou glo Mugg & Bean, toemaar my kop sien nou net data wat voor my hardloop…. dinge werk nie meer mooi saam nie.

    Hoekom sal ek met my dogtertjie baklei???

  • 56. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 30

    Wip

    Sy gaan met jou baklei dat sy nie wil Milo maak nie.

  • 57. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 33

    O, maak hulle so..nee dan hou ek maar net die 2 seuns….hulle bederf hulle ma gereeld….heerlik

  • 58. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 35

    Stuur hulle dan om Milo te maak.

  • 59. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 37

    Ek gaan nou self Milo maak en bad, ek vrek vanaand van die koue…seker die ouderdom 😆

    Adriana ek moet nou my rekenaar laat hardloop vir virus check anders kry ek probleme.

    Stuur vir Sam groete, sy wil nie vir Ouma kom nag sê het nie, jy sal hier moet skoonmaak waar ons sommer net gegorrel het

    Jy moet lekker slaap! Geniet die dag môre, hoop julle het ‘n lekker jol!

    cheerio

  • 60. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 38

    Nag Ouma

    Soete drome.

    Ek dink ek kan maar die lig afsit hier.

  • 61. Wipneus!  |  Mei 23, 2008 om 10 : 39

    Ja sit die lig af en maak jou warm toe,,,,

  • 62. Samantha q  |  Mei 24, 2008 om 2 : 56

    BOE! Julle het lekka vigeet ommie lig af te skakel! Eish! Ek sal nou my linker tiet gee om te kan slaap. Wel… Ek hoop julle genie jul snoesige bedjier EN jul slaap

  • 63. Samantha q  |  Mei 24, 2008 om 7 : 43

    Wê la ke pêla! Ek was lekka Cresta toe!

  • 64. Adrie  |  Mei 24, 2008 om 9 : 39

    Ek was tog ook lekka Cresta toe!!!!!!

    Wê La Ka Pê La

  • 65. Samantha q  |  Mei 24, 2008 om 9 : 40

    Dit is nou wat gebeur as j dink iemand anders moet ‘n kans kry om te antwoord! Tsk! Virri rekord…. D blêrrie antwoord is NKOSAAN ITALIAAN.

  • 66. Adrie  |  Mei 24, 2008 om 9 : 49

    Sam

    Almal weet nie hoe om te google nie. En ek dog jy slaap!!!

  • 67. Samantha q  |  Mei 25, 2008 om 7 : 07

    Adriana…. Dit staan lewens groot in sy boek geskryf! Ek gebruik Google net wanne ek nie weet nie of nie ander resources het nie. Tsk!

  • 68. ster  |  Junie 23, 2009 om 10 : 09

    Ek soek net vriendskap nou van die reenbog nasie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: