Is ouderdom net nog ‘n nommer?

Mei 22, 2008 at 7 : 24 190 Kommentaar

Daar is nou heelwat ouer dames wat ‘n kontrak op my laat uitneem het.  Die rede:  Ek het hulle soos ‘n goeie boerenooi tannie genoem omdat hulle heelwat ouer is as ek.  Met die hoeveelheid tag speletjies in die rondte weet almal nou al presies hoe oud almal is.  Maar hoe belangrik is ouderdom vandag nog.

Ek het in ‘n Afrikaanse huis groot geword, waar die 10 jaar reël nooit regtig gegeld het nie.  My ma het inderwaarheid eers in my volwasse jare haar stem dik gemaak oor die Tannie / Oom saak.  Sy verwag dat ek haar vriende so sal aanspreek.  Wat in orde is met sommige mense, maar daar is ander wat ek sterk voel dat hulle vir my moet sê Juffrou.  Ek sal my Afrikaanse vriende se ouers en regtig ou mense Oom/Tannie, maar daar eindig dit.  Verder gebruik ek mense se titel of naam.  Almal is immers nie my familie nie.

Ek is seker een van die kinderagtigste mense wat jy ooit sal ontmoet.  Ek gedra my altyd 12.   Kinders van 18 is meer volwasse as wat ek is.  Aan die anderkant is ek van kindsbeen baie verantwoordelik.  Ek word deur min mense geintimideer, minste van almal deur iemand wat oud is.  Ouderdom is nie noodwendig ‘n aanduiding van ervaring of wysheid nie.  Ouderdom is ook nie ‘n bewys dat jy ‘n sekere pos kan vervul nie.  Ek moes vinnig geleer het om myself met kennis en bedrewenheid te handaf teenoor heelwat ouer mense.

Alle ouer mense is nie noodwendig oor die muur nie.  In my vriendekring is daar 2 tannies (in hulle 70’s) wat enige dag lus is vir sports.  Wat daarvan hou om deur jong mense omring te word, want dan word hulle op hulle tone gehou.  Mense wat enige jongeling onder die tafel kan in kuier.  Wat kan raad gee, maar nie noodwendig verwag dat dit gevolg moet word nie.  Baie van my vriende val in die klas.  Baie van my vriende is heelwat ouer as wat ek is.

Dus – verdien iemand ‘n tjip op hulle skouer net omdat hulle ouer is?  Veral waar jong volwassenes betrokke is?  Ek dink dit is tyd dat almal, ongeag van ouderdom met respek behandel word.  Ek behandel tiener met dieselfde respek as ‘n 70 jarige – op voorwaarde dat ek met dieselfde respek behandel word. 

En dan die liewe Ouma Wipneus se Tag:  Linda Phillips was Mej SA en Daniela Di Paolo Mej RSA in die jaar wat ek gebore is.

Blogvraag:  Hoe oud was Emily Hobhouse toe sy dood is?

Blogantwoord:  Wayne Minnaar is die hoof van die Johannesburgse Metro Polisie.  (Sorry Sam, jy was nie spesifiek genoeg nie.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoe om te ry in Gauteng Tot weersiens

190 Kommentaar Add your own

  • 1. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 9 : 20

    Ag Lilly girl byt vas jong, daai trane gaan jou nog baie vreugde bring!!

    Hey Verons.. gaan dit goed?

  • 2. Zee  |  Mei 23, 2008 om 9 : 20

    Adrie, daarsy, jy kan nou jou nuwe posting doen!😆

  • 3. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 21

    Zee

    Ek hoop jy bloos darem om my aan te jaag. Jou blog is so vol stof, ek moet sinutab drink nadat ek daar was.

  • 4. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 9 : 21

    Adrie wou jou nog se ek het die tag gesien van Miss. SA toe gaan google ek, het jy geweet in die jaar wat ek gobore is was die enigste jaar wat daar NIE ‘n Miss SA pageant was nie.. sommer maar net vir interessantheid, ek het dit nie geweet nie.

  • 5. Zee  |  Mei 23, 2008 om 9 : 23

    Adrie, onthou, ek is ‘n Ouma, dit vat lank om my gedagtes te order vir n nuwe inskrywing!🙂

    Tinkerbell, dit is nou interessant…. watter jaar is dit nou?

  • 6. Nats  |  Mei 23, 2008 om 9 : 23

    Hello julle!!

    Ek glo jy toon tot in ‘n mate respek as jy sê tannie / oom. Ek was so groot gemaak, maar was baie gevra om na ‘n seker ouderdom nie te tannie en oom nie. Dit hang van mens tot mens af.

    Ek voel ‘n kind moet tannie en oom, maar bygesê van my tannie en ooms noem ek op die naam.

    Ek het ook nooit vir my pa pa gesê nie, altyd hom op sy naam genoem.

  • 7. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 25

    Zee

    Dit is net ‘n ekskusie. Gmf.

    Nats

    Ek dink as jy vandag bv vir Zee ontmoet, sal jy en sy ongemaklik wees as jy haar tannie. 5 jaar terug sou dit vir julle natuurlik gewees het.

  • 8. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 26

    Adrie
    Kan jy onthou iewers op ‘n vorige blog het ek vertel van twee kinders wat my op my naam genoem het terwyl hulle ouers by was? Ek raak nog steeds kwaad as ek daaraan dink!!!!

  • 9. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 28

    Nico

    Ja ek kan dit onthou. Ek kan ook onthou dat vir jou meer was oor hulle houding as oor hulle aanspreekvorm.

  • 10. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 29

    By ons kerk is daar paar ouerige tannies wat nog jonk van gees is. Elke keer as ek hulle groet noem ek hulle “jonge dames.” Hulle is mal daaroor en glimlag elke keer as ek dit doen. Ander tannies en ooms skep die indruk dat hulle volgens hulle ouderdom behandel wil word. Dan doen ek dit ook so.

  • 11. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 32

    Adrie
    Doodreg. En dit is hoe ek voel. Baie mense het geen idee dat ek Ds is nie. En ek geniet dit. ‘n Jong ou wat my nie ken nie het anderdag vir my gesê “Wie de fok is jy? ” Die ander rondom my het nie geweet hoe om te reageer nie. Ek het my gekraak.

  • 12. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 32

    Nico

    Ek het al baie gewonder of handelswyse nie verkeerdelik respek genoem word nie. Voorbeeld:

    Ek sal makliker tussen my vriende vloek as wat ek voor kinders of ou mense sal vloek. Dit beteken glad nie dat ek minder respek vir my vriende het nie. Voor kinders moet ek ‘n voorbeeld wees en voor ou mense is dit net glad nie vanpas nie. Ek sal waarskynlik meer respek vir my vriende as vir die ou mense he.

  • 13. Nats  |  Mei 23, 2008 om 9 : 35

    Tweeling
    Vriende is ‘n ander storie. Ek sal nooit ‘n mede blogger tannie / oom nie… maar bygesê ons moet eintlik want ons is net 13!!

    Ek oom en tannie manlief se ouers… en sal dit baie moeilik vind die dag wat ons trou want ek glo nie ek sal hulle kan ma en pa nie.

  • 14. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 36

    Adrie
    Ek verstaan jou punt. Dink jy die mate van respek wat ‘n mens vir iemand het (min of baie) beinvloed jou gedrag? Indien wel, is dit ‘n goeie ding?

  • 15. Verons  |  Mei 23, 2008 om 9 : 38

    Nico
    Dis waar dit hang van mens tot mens af hoe jy hulle gaan aanspreek of hanteer.
    My vriendekring wissel van 21 (sy het laas Vrydag verjaar) tot 63 (sy verjaar vandag) en as jy ons so saam sien sal jy nooit sê daar is so ‘n groot ouderdoms verskil tussen die klomp nie!
    Die jongste een lyk natuurlik die beste maar mens kom nie maklik agter sy is so jonk nie en net so die vrou van 63 sy lyk nie naastenby so oud nie mens sal haar so in haar 40’s skat as jy haar sien (A3 en Sam het haar al ontmoet).

  • 16. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 9 : 40

    Zee – 83

    NATS!! Ja en gister verdwyn jy toe praat ek lekker met myself.. gaan dit?

    Ek se nog altyd vir my ouers mamma en pappa nooit jy en jou nie. Partykeer klink dit nogal snaaks.. “mamma sal mamma asb mamma se rooi trui vir my leen.. dankie mamma”.. Ek kan tot vandag toe nie vir hulle ma en pa se nie. Sal nooit kan verander nie nie eers al is ek self ‘n mamma nie.. Ek oom en tannie ook nog steeds, ek verkies dit as iemand self vir my se om hom/haar op die naam te noem.

  • 17. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 41

    Verons
    Ek dink jy is baie bevoorreg om sulke vriende te hê. Jy kan dan te doen kry met mense se belangstellings en wat vir hulle belangrik is vir verskillende ouderdomme.

  • 18. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 42

    Nats

    Onthou ons het die horlosie op 12 gestop. Watse 13 is dit met jou.

  • 19. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 43

    Tinkerbell
    Tien uit tien vir jou respek vir jou ouers.
    My pa was alkoholis en het ons uit huis,karre en geld gedrink. hy en my ma geskei en hy drink nog steeds. Maar ek behandel hom nog steeds met respek want die Here het hom as my pa aangestel.

  • 20. Nico  |  Mei 23, 2008 om 9 : 45

    Tatta almal. Daar is omie wie se been gister geamputeer is. Ek gaan bietjie daar kuier. Gesels weer.

  • 21. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 46

    Nico

    Ek sal moet gaan sit en dink wat respek werklik vir my beteken. Kan dalk ‘n goeie blog inskrywing wees.

    Ek behandel alle mense dieselfde, ek is egter baie onbeskof as ek nie respek vir iemand het nie. Maar kan ‘n mens regtig bevriend wees met iemand as jy nie vir hulle die hoogste respek het nie?

  • 22. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 48

    Tinks

    Ek jy en jou wel my ouers, ons is geleer om ordentlike Afrikaans te praat. Maar ons spreek my ma aan as Mammie en pa as Toppie (so geleer deur ons ma.)

  • 23. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 9 : 50

    Ek het seker so vir my eerste 5 jaar gemummy en daddy. My broers was van die begin af Afrikaans en het gepappie. Pappie het later Toppie geword.

  • 24. Zee  |  Mei 23, 2008 om 9 : 58

    Weet jy Adrie, jy tigger nou iets by ny….

    You don’t demand respect, you earn respect…. is die motto wat ek my kinders geleer het.. Miskien was ek reg, miskien verkeerd!

  • 25. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 9 : 58

    Vir my is dit nog altyd gewees “Ma” en “Pa” niks se ge pappie en mammie nie !!!

  • 26. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 00

    Zee

    Ek stem saam met jou. Respek word verdien. En lyk my daardie les is goed vasgele in jou dogter. En ek dink A3 is jou ma en ek sien dit tussen julle ook.

  • 27. Zee  |  Mei 23, 2008 om 10 : 02

    Adrie, heeltemal reg, A3 is my liefste mams!

  • 28. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 04

    Zee

    En daarom dink jy ek is ‘n vreeslike oulike mens.

  • 29. Zee  |  Mei 23, 2008 om 10 : 06

    LoL

  • 30. Verons  |  Mei 23, 2008 om 10 : 07

    Nico nou dat jy dit noem ek is nogals bevoorreg en ek weet nie wat dit is nie maar almal is baie erg oor my. Al hou van my vriende nie van mekaar nie sal hulle ter wille van my beskaafd teenoor mekaar optree veral as ons almal saam op ‘n geleentheid is.
    Ek moet vir myself tyd skep want almal wil altyd my tyd hê en ek sukkel partykeer om genoeg tyd aan een spsifiek af te staan maar almal weet as hulle op my knoppie druk sal ek daar wees….

  • 31. Verons  |  Mei 23, 2008 om 10 : 08

    Zee jy is so reg.
    Respek word verdien en ie afgedwing nie!
    Dis die regte grondslag vir ‘n kind………

  • 32. Adrie  |  Mei 23, 2008 om 10 : 09

    Verons

    Swel jou koppie ‘n bietjie hier? Ek en Sam het nou die dag gepraat dat ons moet kom kyk of die paal nog werk.

  • 33. Nats  |  Mei 23, 2008 om 10 : 17

    Tinks
    Hi! Ek moet so nou en dan verwyn voor ek heeltemal verdwyn… deur sonner werk te sit😉

    Ek noem my ma; moeder – ma – mamma – moekie – moekels – mams en die een wat sy haat wanner ek nie haar aandag kry nie – moeder Maria (my ma se naam is Maria – ek spot nie)

    My pa se naam was Herbert maar ek het hom altyd genoem – Herby of Herbs & Spices. My klein sussie het hom Pa genoem want hy het haar toegelaat om hom Pa te noem… ons was van kleins af geleer om hom op sy naam te noem.

    Ek het die wêreld se respek vir albei my ouers en jy en jou hulle ook nooit nie – is maar net omdat ek so groot gemaak was, sal nie dink jy is disrespekvol as jy jou ouers jy en jou nie.

  • 34. Tinkerbell  |  Mei 23, 2008 om 11 : 10

    Nats.. ek moekie ook my ma partykeer.. dis mooi nê? Ek het ook ‘n vriendin wat haar pa op sy naam noem hy verkies dit so.. sy het ook vir hom oulike bynaampies..dis maar hoe mens geleer word as jy groot word.

    Baie kinders jy en jou en het nogsteeds respek.. ek kan net nie, ek dink my ma klap my disness as ek vir haar moet sê JY.. my ouma het hulle ook maar so groot gemaak.

  • 35. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 11 : 28

    Is julle nog steeds aan en aan oor die ma en pa onderwerp? gaaap !

  • 36. ADRIANA  |  Mei 23, 2008 om 11 : 33

    Zoeks

    Jy se dan niks nie.

  • 37. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 11 : 36

    Ek is bored, ek is glad nie lus om te werk vandag nie…… moes siek gespeel het vandag !!

  • 38. ADRIANA  |  Mei 23, 2008 om 11 : 41

    Zoekoe

    Ek is besig om baie naar te word.

  • 39. Zoekoe  |  Mei 23, 2008 om 11 : 43

    Waarvan sou dit dan wees Adrie ?

  • 40. ADRIANA  |  Mei 23, 2008 om 11 : 46

    Verveeldheid?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: