Shalom

Mei 21, 2008 at 1 : 14 146 Kommentaar

Ek wil iets aanroer wat my al lank pla.  In ‘n mate sluit dit aan by Roer en Wosonki. 

Kom ons praat vandag oor oorlog.  Iets wat nie een van ons wil ervaar nie, maar wat ‘n moontlikheid bly.  Ons het almal met afgryse gesien hoe die buitelanders voor die voet uitgeroei word.  Ons het onsself seker al die vraag afgevra, wat as die volgende “vyand” blankes is.  Al is baie van ons hoeveel generasies in SA, word ons nog steeds as Europeërs gesien.  Staan ons op die punt van ‘n burgeroorlog of is dit net humeure wat opgevlam het? 

Misdaad is een ding, maar oorlog iets anders.  Meer as 20 mense is alreeds vermoor omdat hulle nie SA burgers is nie.  Wat ons kokonbewoners nie besef nie is dat die families in die voorheen gekleurde buurte gewoond is aan ‘n geskietery, bloed en derms.  As jy te veel van lelik sien, verloor jy jou sensitiwiteit daarvoor.  Daarom dat dit aanskoulik word, daarom die aanhitsery – dalk is bloed ‘n dwelm. 

My punt wat ek wil maak, SA kan nie die huidige bakleiery hanteer nie.  Gestel nou daar is ‘n bom ontploffing in Menlyn op ‘n Saterdagoggend?  Duisende mense dood en nog meer beseer.  Wat gebeur dan?  Ons paramedici is blykbaar van die beste in die wêreld, maar kan hulle soveel rou ellende op een slag hanteer?  Word sulke gebeurlikhede geoefen?  Of daar bars ‘n skermutseling uit waar in duisende beseer of gedood word?  Gaan ons weermag histeries raak of sal hulle dit kan onderdruk?  Sal die slagoffers die hulp kry wat hulle verdien?

Wat my by die volgende vraag bring, wat sal jy doen as daar ‘n oorlog (van welke aard ookal) uitbreek?  Ek is ‘n enkeling en sal myself moet beskikbaar stel vir diens.  Maar beslis nie as ‘n lam tot slagting nie.  Ek weier om daagliks verkrag en aangerand te word.  Dan het ek ‘n ander dilemma, my kwalifikasie kan uitgebuit word.  Ek het ‘n “gevaarlike” beroep.  Ek weier om iets te doen wat ek nie kan regverdig nie. 

Ek is nie regtig bekommerd oor etiese oorlog nie.  Ek is nie eers regtig bekommerd vir ‘n oorlog nie.  Ek glo ek gaan my lewe in vrede slyt.  Ek speel net duiwelsadvokaat.  Maar ek het net my geloof.  Waaraan ek klou, anders moet ek so gou moontlik ander heenkome soek.  En hoop dit volg my nie. 

Blogvraag:  Wanneer was die Jameson inval?

Blogantwoord:  Jaco is reg met Normaal Kollege van Pretoria.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geletterheid net vir die rykes beskore? Dis ‘n land

146 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 1 : 37

    EERSTE!!

  • 2. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 1 : 38

    Sjoe, dog amper jy wil ‘n hele blog vol oor my kerm.

  • 3. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 1 : 53

    Goeie skrywe Adrie, ek begin ook baie hieroor nadink. Sou daar oorlog uitbreek, is ons paramedici en weermag regtig nog in staat om iets te doen. Ek weet nie, maar ek hoop.
    Hierdie voel vir my in elk geval na oorlog, soveel dood en moordslag is nie normaal nie.
    Wat nou in my land aangaan is nie ‘n mooi ding om te aanskou nie. Dinge lyk sleg.
    Ek hou nie van negatiwiteit nie maar ek moet al harder werk om myself positief te hou.

  • 4. Jaco  |  Mei 21, 2008 om 1 : 55

    Ek glo dat Suid Afrika ‘n gelokaliseerde gebeurtenis soos ‘n bomontploffing in ‘n besige winkelsentrum redelik goed sal kan hanteer. Enigiets groter as dit, bv ‘n natuurramp, sal ons gesondheidsstelsel in duie laat stort.
    In die lig van die huidige situasie sal ons nie voortslepende skermutselings en geweldpleging oor ‘n wye front kan hanteer nie, ons kon dit skaars regkry Pre ’94 met die beste weermag in Afrika.
    En enige iemand wat oorlog propageer met teen die naaste muur staangemaak en geskiet word, wat so persoon is van sy/haar sinne beroof.

  • 5. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 2 : 06

    Ek weet darem nie of ons nooddienste vinnig genoeg is nie. As ek maar net hoor hoe lank enige van die afdelings (polisie, ambulans, ens) vat om op gebeur te reageer . . .
    Dan dink ek die AIDS ding gaan die ander probleem wees – meeste van die gewone mense sal nie sommer iemand wil help nie omdat hulle te bang sal wees vir infeksie.
    Of die weermag so op en top is soos altyd, betwyfel ek ok baie sterk. Daar is ok lankal nie meer dieselfde dissipline as voorheen nie. (dan praat ek ok maar net oor dit wat ek by kennisse hoor)
    Gooi ok maar net ‘n klip in die bos.

  • 6. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 2 : 09

    Adrie
    Gaan staan teen die muur!!

  • 7. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 11

    Dinge ruk hand-uit my een bediende wat by die plakkers kamp naby ons woon, het my vreeslike stories vertel vandag. ‘n Man is daar vermoor en die mense het blatant gestaan en lag. ‘n Vrou is vermoor in die veld gekry. ‘n Klomp mense het gister-aand in die koue, hulle kinders gegryp en begin vlug. Al hulle besittings agter gelaat. Die aanvallers is vandag oppad Olievenhoutbosch toe. Sy is vanoggend so ontsteld want sy het nog nooit so gruwelike moord gesien afspeel voor haar oë nie. Ons bly almal in ons Ford Knox plekke. ‘n Man is nou die aand vermoor, hoe? Sy kar het ‘n pap band gekry, hy is dood by sy voertuig gekry.

    Is dit normaal? Is dit soos mens leef?

  • 8. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 2 : 14

    En daar los julle my in die donker op die anner plek, laat ek soos ‘n fool met myself praat…. gmpf !!!

    Oorlog, was nog altyd deel van die mens se geskiedenis, en dit sal ook altyd deel wees van ons toekoms !!! monkey see, monkey do !

  • 9. demoerin  |  Mei 21, 2008 om 2 : 14

    Hi Adrie, dink dis my eerste kuier hier. Goeie skrywe, en ongelukkig glo ek ook nie ons sal iets groot soos bomontploffings kan hanteer nie….wil nie eers begin wonner oor oorlog nie!

  • 10. demoerin  |  Mei 21, 2008 om 2 : 16

    Wipneus, selle met ons ontvangsdame. By taxi-ramp in Breëstraat die anner dag vra hulle vir almal se ID’s. Een vrou hardloop toe en haar kind bly agter. Hulle takel toe sommer die kind toe!

  • 11. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 2 : 20

    Ek neem die regering kwalik vir al die kak met die forreigners !! dis hulle werk om ons grense te beskerm…. ons is nie die land van melk en heuning vir alle anner refugees nie… ons het genoeg probleme op eie bodem, ons ekonomie kan nie vir amal sorg nie… dis tuff, maar dis die werklikheid !!!!

  • 12. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 33

    Demoerin welkom hier by ons klets groep
    Dis ‘n vreeslike ding wat hier aangaan. Het Mbeki al geantwoord oor al die dinge? Nog nie eers nuus gaan kyk nie.

    Zoekoe ek sê ook so dis die regering se skuld, maar Mbeki staan hand op die blaas saam ou Mugab. Die mense is honger, hulle gaan soek kos. Hulle kom soek kos hier, want daar is nie meer kos in Zim. Ons mense is te lui om te werk hier in die land van melk en heuning en toi-toi heeldag, my asblikke lyk soos die toring van babel. Baie mense het al vir my vertel, daardie mense kan werk. En hulle vra ook nie ‘n arm en ‘n been en is heeldag siek en vol stront nie. Hier betaal jy hulle R160 per dag met teetyd en etenstyd en nog vervoer geld ook, en hulle is nie tevrede nie

    Party ry op die soustrein en ander gaan dood van ellende…..

  • 13. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 33

    Dit is so, is ons dienste in staat om ‘n ramp, mensgemaak of natuur, te hanteer – ek twyfel. Ek dink ons land verkeer in ‘n cumfyzone, almal sê te maklik – ag nee wat, sal nie gebeur nie. En kyk wat gebeur… en dit gebeur al nader en nader aan ons. Nou my volgende vraag – is ek en my kinders gereed vir oorlog? Hier is iets waaraan ek ernstig sal moet dink….

  • 14. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 34

    Salome ek het ook hierdie stories gehoor dat die weermag nie op die oomblik te goed vaar nie, ek verbeel my ook Janna (is dit reg?) het nou die dag iets daarvan genoem op die blog

  • 15. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 35

    Hallo ouma – kop aan kop botsing….

  • 16. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 35

    Pikkie dit maak my ook bang….want word ons nie ook maar uiteindelik as vreemdelinge aangesien nie

  • 17. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 36

    Hi Pik hoe gaan dit met die kabouters se verkoue

  • 18. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 2 : 36

    Hel Ouma, R160 per dag? vir watse werk? fok ek bataal nie meer as R100 nie…. take it or starve !!!

  • 19. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 37

    snotterig, ek is nou egter so lamgeskrik met hierdie inskrywing, ek oorweeg dit om more dorp toe te ry om te gaan emergency supplies koop…

  • 20. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 37

    Maar dit help seker nie om paniekerig te raak nie, die regering moet net uitspring en doen waarvoor hulle ‘n groot salaris ontvang…

  • 21. Jaco  |  Mei 21, 2008 om 2 : 38

    Whahaha @ weermag nie te goed vaar nie. Met alle respek Wippie – hulle is meestal ‘n klomp useless moere. ‘Skies my Spaans

  • 22. Bos  |  Mei 21, 2008 om 2 : 38

    Ons kan maar net hoop ne? ek het altyd as kind net geluister as daar van diep donker afrika gepraat was en was so dankbaar dat ek in die suidelikke deel van afrika bly, die enigste deel waar die son nog nie gebreek was of gesteel was nie, want dit is wat ek gedink het, maar nou sit ek weer met groot oe en luister en besef donker afrika het ons ook ingehaal. ek weet ook nie of ons land nou n oorlog sal kan hanteer nie, maar kom ons kyk maar wat gebeur en hou stuif duim vas dat die bloedlis vinnig sal verdamp.

  • 23. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 38

    Ek weet, maar innie meentime kan ek nie sit en wag dat dit moet beter gaan nie…. Ek het babies, moet hulle probeer beskerm…

  • 24. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 39

    Dis wat my bediendes kry Zoekoe.

  • 25. Jaco  |  Mei 21, 2008 om 2 : 39

    En ek en Lyfie doen al ons huiswerk self. R160 per dag betaal ek nie

  • 26. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 40

    Jaco wat sê jy vir my dan is ons in ons moer 😯

  • 27. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 41

    Jaco ek sal ook graag my huiswerk self wil doen, maar met die kantoor by die huis, sal dit nie so lekker werk nie. En die kasarm is te groot, elke keer het mens die huis groter gebou, want die kinders het meer spasie nodig gehad. Dis die eerste ding wat ek doen as ons kinders uit die huis is….kry vir my ‘n piepklein plekkie.

  • 28. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 42

    Hier ook, ek’s bevrees die kinders sal dan met eergister se vuil klere loop, laasweek se vuil borde aflek en hulle pad moet oopveg deur 3 duim stof…

  • 29. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 42

    Pikkie nee man, kom kruip hier in my ford knox weg 😆

  • 30. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 43

    Daar’s nie genoeg spasie vir my wille kinders nie, of skop ons jou seuns uit…

  • 31. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 44

    Ek is gewoond aan wille kinders😉

  • 32. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 44

    Hello Bos

  • 33. Jaco  |  Mei 21, 2008 om 2 : 44

    Wippie, basies ja. Soos oom Jan Spies gesê het, so in sy moer, so in sy moer.

    My kantoor is ook by die huis. Gelukkig is ek die enigste okkupant. So ek hoef dit darem nie elke dag te skrop en polish nie

  • 34. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 44

    Mooi man, ek sal more reel dat my huis verskuif word, want ek trek nie sonder hom nie, ek sien in Amerika doen hulle dit…

  • 35. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 47

    Die kantoor by die huis maak my deesdae op Jaco, hier is geen normale werks-ure nie. Selfs op die heilige Sondag. Teddie sê of vra net wil jy eet vrou? Mens moet pap skep as dit pap reën.

    Pikkie😆

  • 36. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 2 : 48

    Lekker dag, vir julle, ek sal maar vanaand les nommer 2 kom opsit as die kiddies gebad en gebed is, moet nou eers weer gaan neusies afvee….

  • 37. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 50

    Sterkte Pikkie

    Hier is nog nuus:

    http://www.24.com/news/?p=tsa&i=920667

  • 38. Bos  |  Mei 21, 2008 om 2 : 51

    Julle laat my nou dink aan daai tyd met Y2K!!!😆 Kyk dinge is al lank aan die prut onder die bodem van elke dag se handel en wandel in ons ou landjie. Mense staar hulle net blind daarteen. Niemand wil die feite in die oe staar nie en dit is ongelukkig nou maar so mense, wat maak ons as hier n volbloedse oorlog uitbars in ons land? ons het nie krag nie en as hulle gaan begin baklei beteken dit werkers gaan nie opdaag vir werk nie, dit beteken meer kapings, meer huisinbrake, ekonomie gaan inmekaar sak want buitelanders gaan hulle belleggings verkoop en toonklap!! ons het nie eens meer wapens om ons self te probeer beveilig nie! As daar nie krag is nie kan ons nie petrol gooi nie, ons kan nie geld trek nie ons is basies gef@&%!!! Nee wat, dit maak mens bang en dit is hoekom mense die tekens om hulle probeer ignoreer want hulle weet, ons weet ons kan onself nie beskerm nie en die polisie is so korrup en useless dat ek ook nie veel vertroue in hulle het nie, hel, as die weermag was soos dit in my pa se tyd was het ek nou gesmile want dan het ek geweet als sou o.k gewees het maar dit is nie meer nie, maar tot dan luister ek maar met groot oe….

  • 39. Jaco  |  Mei 21, 2008 om 2 : 53

    Ek het ook lank gesukkel met daai probleem Wip, maar deesdae gedra ek my self baie mooi. Klokslag 5 uur is die kantoor toe. Punt. Al beteken dit ons moet droë brood en water eet

  • 40. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 2 : 54

    Hallo julle.. Net gou kom groet.. en vir Oumie Wip ‘n tjoklit gebring..

  • 41. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 2 : 56

    Jaco dis soos ek dit mos ook wil hê, maar gaan ek droë brood moet eet hie hie😯 Gelukkig is die kontrak darem amper klaar. Dis die Libiërs wat so haastig is, verstaan nie van tyd nie.

  • 42. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 2 : 57

    Dit hang af wie in charge gaan wees van ons ARMY op daai stadium, dalk een of anner oud generaal wat ‘n freedom fighter was in die ou SA, dan is almal wat wit is in sy moer….. !!

  • 43. demoerin  |  Mei 21, 2008 om 2 : 59

    Jy vra van Mbeki…hy kan niks sê nie want hys is nooit hier nie!

  • 44. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 00

    zoeks

    bygese ne ……..

  • 45. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 00

    Hi Tinky dankie

    Bos wag net so bietjie ek lees nou jou stuk telefoon geantwoord

  • 46. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 02

    Baie goed gesê Bos ek stem saam

    Demoerin ja die Mbeki red die res van Afrika

  • 47. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 02

    Demoerin

    Feite, feite, jong!! Ek sit baie kere en wonder of hy as hy so oorsee is die t.v aansit en HOOR wat hulle van ons land se, SY land, want hy is inbeheer. Dit is vir my verskriklik dat hy in tye soos die nie terug kom en die land aanspreek nie. wys jou nou net ne ..

  • 48. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 04

    Blêrrie soustrein ryers sê ek vir julle, en ons arme siele moet aftjop…. en belasting betaal deur ons ore

  • 49. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 3 : 04

    So, ja ek hou my eintlik nie op met sulke denke nie, dit sal mens net negatief maak, meer as wat nodig is…. 😮

  • 50. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 05

    My geld betaal vir vliegtuig ritte, ‘n weermag wat lyk soos hierdie klein soldaatjies wat mens as kind mee gespeel het.
    Die lyk altyd of die helfte slaap agter hulle brille as ek parlement kyk op die tv

  • 51. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 08

    Dis wat die probleem is hulle eet hulle dood en hou heeldag kongres en partytjies en vlieg hot en haar eerste klas rond na wie weet waar….

    Die een sê nee daar is geen probleem meer nie, die ander sê nee ons is op “stand-by” want die aanvallers is op pad…nou wat is die waarheid.

  • 52. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 08

    Wip

    Dankie, maar se maar net wat op die hart is. Ons land is ons trots, oftewel dit is hoe ek grootgemaak was, maar as ek vandag so hier sit moet ek myself afvra: Is ek nog trots op my land? Ek weet eerlik nie, ek weet dat ek nie sal weghardloop nie. ek sal staan en baklei, as dit dan nie is vir my nie, dan vir my voorsate wat hard gewerk het om ons land opgebou te kry!!

  • 53. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 08

    Zoekoe jy is reg…mens raak net negatief en beduiweld…

  • 54. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 3 : 10

    Kyk julle ek het my prentjie reg gekry… Yipeee!!!

  • 55. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 3 : 10

    Ek vergader nog steeds.

    Bos, ek het darem gese dat ek glo dat ek onnodige spoke opjaag. Glo is vir my die seker wete.

    Ek propageer ook nie oorlog nie, ek wonder net hoe voorbereid is ons.

    Jaco

    Ek het skoon van natuurrampe vergeet. Wat ‘n baie geldige punt is.

  • 56. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 3 : 10

    Nee man dis nie die regte een nie ek gaan dit gou regmaak.. chat later weer..

  • 57. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 11

    Zoeks

    Jy is reg, maar wanneer is genoeg, genoeg jong. Maar soos ek gese het, wag maar en kyk en vat dit van daar af. Ons het nog baie om voor dankbaar te wees al voel dit nie altyd so nie!

  • 58. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 3 : 11

    Julle is die vieslikste mense! Niemand roep my en sê hies ‘n nuwe blog op nie. Het iemand al geantwoord of moet ek nog die roes afkrap? Aaag what the hell…. Ek dink dit was 1895 of so iets

  • 59. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 13

    Bos my hart huil oor my land, waar is die dae wat jou nog veilig om ‘n vuurtjie in die bosveld kon sit…jy is te bang😯

    Toe die krag afgaan, sit jy soos ‘n bobbejaan brandwag om jou plek te beskerm want die alarm werk nie.

    Dis nie soos mens veronderstel is om te leef nie.

    En dit is nie net ons wittes wat so bang is nie, daar gebeur vreeslike dinge in die townships ook, wat nooit die nuus haal nie.
    Die regering wat aan bewind is, is onbevoeg om die land te bestuur punt

  • 60. Verons  |  Mei 21, 2008 om 3 : 14

    Eish A3 hier is nou ‘n onderwerp waaraan ek glad nie wil dink nie!
    MISKIEN en net MISKIEN sal ons so ‘n een gelokaliseerde insident soos bv ‘n bomontploffing in ‘n besige sentrum kan hanteer, maar ‘n volskaalse oorlog???? NOOIT!!
    Kyk nou die dag op net ‘n oefening hoeveel ouens het seergekry en is dood………………. hoe de moer gaan daai morone in ‘n werklike situasie optree???
    nee wat as hier oorlog in die ou landjie van ons moet uitbreek is dit tickets met ons! Net die ouens wat nog in die ou weermag opgelei is sal ons dalk kan help maar hulle is uit oefening uit en hulle is mos weens regstellende aksie mos afgelê en dan sal ons fucked-up regering sal hulle beslis nie met die nodige amunisie voorsien nie glo my maar…………. en nou het hulle mos ons eksta wapens wat ons gehad het ook van ons af weggevat!!

  • 61. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 3 : 15

    Ek probeer weer..

  • 62. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 3 : 16

    Nee nog nie reg nie..

  • 63. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 16

    Adrie

    Ek het nie gese jy propageer nie, het sommer maar net my gedagtes hardop uitgespreek. Ek glo ook darem nie dat die n burgeroorlog in wording is nie! Ek hoop nie so nie, want al wat ek het om myself mee te verdedig is n waterpistool en n kettie …..😯😉

  • 64. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 17

    Hi Tinky ek sien jy is nie meer ‘n monster nie😆

    Hello Sam

    Bos en Zoeks, wat kan ons anders doen, mens is magteloos, jy sit maar en wag en kyk wat gebeur….hoop maar jy is môre nie meer so negatief nie. Jy ry op ‘n wipplank op die oomblik een dag op want daar is krag, ander dag af want hulle moor mekaar uit…

    Hello Adrie

  • 65. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 19

    Whaahaahaa die kettie het moontlkhede Bos, en bietjie amoniak in die waterpistool mag miskien help

  • 66. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 20

    Wip

    Nee, ek weet jong!! Die townships hier by ons is net so rof. Ek luister ook geskok as mens hoor wat daar binne gebeur. Dit is hoekom ek vir Zoeks gese het dat ek weet ons het nog baie om voor dankbaar te wees!!

  • 67. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 20

    Verons ek het al skoon vergeet van daardie voorval toe hulle mekaar raak geskiet het…. o neeeee!!! dit raak nog net meer donker…. vriend of vyand jy sal moet hardloop om jou eie bas te red

  • 68. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 23

    Wip

    Weet jy, ek het nou die dag met iemand gepraat en ek was geskok oor wat die ou my gevertel het, ek gaan nie daarop ingaan nie, netnou sluit iemand my toe, ma weet jy die ou se vir my as daar oorlog moet uitbreek in ons land is daar bleikbaar al safehouses wat aangewys is op sekere plekke waarheen mense kan vlug …. ek kon dit nie glo nie, ek het net daai ou aangegaap met my ken in die stof.

  • 69. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 27

    Bos

    Waaat? Waar is hierdie safehouses? Het hy jou gesê? Niemand kan jou toesluit nie, ons mag sê en wonder, as hulle te sleg is om die land te regeer, kan hulle my nie toesluit oor ek wonder of daar safehouses bestaan nie 😉

    Mens moet begin ondersoek instel na die houses…. as hulle hierdie storie verhoed het, het ek nie nou nodig gehad om te “snoop” vir safehouses nie.

    Alhoewel ek moet vir myself so house bou, ek het ‘n vreeslike sensitiewe neus, en mens wat nie gereeld bad nie, laat my vinnig naar word 😆

  • 70. Bos  |  Mei 21, 2008 om 3 : 31

    Wip

    Ja, hy het my gese, maar ek kan dit seker nie hier noem nie want dan is dit nie meer n safhouse nie, want dan weet hulle waar om te gaan loop soek, die boggers!!

  • 71. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 33

    whaahaahaa ek sê jou bou jou eie safehouse Bos, jy gaan nie te lank daar kan uithou nie… ek gaan verseker nie meer wipneus wees daarna nie maar stinkneus

  • 72. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 35

    Want hoe lank moet ons in die safehouse bly, ek wonder of daar storte is?? 😆

  • 73. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 37

    Jy weet “daaglikse” higiëne is noodsaaklik ! 😯 jy ken nie net daar sit en stres nie, stres veroorsaak dat die sweetkliere oortyd werk whaahaahaa

  • 74. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 3 : 51

    Het ek ooit shalome reggespel?

  • 75. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 3 : 56

    The Hebrew word SHALOM is understood around the world to mean peace. But peace is only one small part of the meaning of the word SHALOM. Here in Israel, even though we don’t have much in the way of peace, we use the word SHALOM on a daily basis. We use it to greet people with, and we use it to bid farewell to people. However, SHALOM means much more than peace, hello or goodbye.

    shalome means goodbye in hebru

    Goodbye is dalk debateerbaar

  • 76. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 00

    Moet Shalom wees. Ek wil op vrede fokus.

  • 77. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 01

    Hallo. Gannit?

  • 78. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 4 : 02

    Baai julle oulike mensies ek sal more weer kom gesels..

    Veilig ry en mooi bly..

    Tarra

  • 79. Bos  |  Mei 21, 2008 om 4 : 02

    Adrie

    Ek dink so … Het jy my posduif gekry?

  • 80. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 4 : 03

    Baai julle oulike mensies ek sal more weer kom gesels..

    Veilig ry en mooi bly..

    Tarra

  • 81. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 04

    Hallo Roer

    Bly ek kan weer op jou site kyk.

    Bos

    Ja, maar jy fokus te veel op my. Haal my naam heeltemaal uit.

  • 82. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 05

    Ja jong. Ek het maar die kiekie verwyder vir die sensitiewe ‘kykers’… Hoe was julle dag?

  • 83. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 06

    Ek sit nog steeds in ‘n vergadering. Ek kan Multi Task.

  • 84. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 07

    A3, jy moet pasop dat jy nie te veel ‘vriende’ op Facebook laai nie hoor.

  • 85. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 08

    Roer

    Dalk moet ek my account toemaak.

  • 86. Bos  |  Mei 21, 2008 om 4 : 08

    Adrie

    Stront man! Hy is reg net so. voeg maar by as jy wil maar as jy jou naam uithaal kom d…. ek jou!!! Al moet ek die bus vat!!

  • 87. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 08

    Neeeeeeeeee!!!!!!!!!!

  • 88. Verons  |  Mei 21, 2008 om 4 : 09

    Wip
    En natuurlik is ons weermag 70% HIV+
    Nou hoe wil mens oorlog toe gaan met sulke mense??
    As hulle nie gaan vrek van siektes nie gaan hulle in elk geval mekaar vrek skiet ipv die vyand!!
    Red nou ‘n nasie met so iets!

  • 89. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 09

    A3, Vir wat sal jy nou dit wil doen?

  • 90. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 10

    Bos

    Belowe, kan ons daarna gaan koffie drink?

  • 91. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 11

    Wat doen, Roer?

  • 92. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 13

    A3, verwys punt 85.

  • 93. Bos  |  Mei 21, 2008 om 4 : 15

    Adrie

    Jip, ma ons ry met jou kar …. die bus gaan te duur uitwerk vir net die twee van ons …

  • 94. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 17

    Roer

    Dan het ek nie te veel vriende of FB nie.

    Bos

    Nie as jy my kom donner nie.

  • 95. Roer  |  Mei 21, 2008 om 4 : 21

    A3, ek dink ek’s oor moeg. Sterkte in daai vergadering. Ek moet nou uit buig. Ciao bella/s.

  • 96. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 22

    Roer wat het jy gisteraand gedoen? Dat jy nou oor moeg is.

  • 97. Bos  |  Mei 21, 2008 om 4 : 23

    Adrie

    Ag, man ek kan nie eers agteroor donner nie wat nou nog iemand anders!! Ek is daai tipe as jy my kwaad maak sal ek rant en rave en jou stormloop en …. jou niks maak nie.

  • 98. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 4 : 26

    Bos

    Jy is net bang ek bliksem terug.

  • 99. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 4 : 28

    Bos whaahaahaaa ek wil daardie stormloop sien , dit klink soos ‘n bul wat storm en brieke aanslaan en niks doen nie.

    Ek mis elke keer alles, die telefoon maak my gek vandag..👿

  • 100. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 4 : 33

    Terug na reality:

    Secunda – The xenophobic frenzy in Gauteng has spilled over into Mpumalanga.

    “I’m lucky that I survived. I managed to escape when I heard them chanting violent songs at my gate.

    “I ran outside and sought cover,” he said.

    He said he can’t return to Somalia.

    “I can’t go back to Somalia because there is war and poverty there.

    “It would be better if the South African government provided a piece of land on which foreigners could live in peace,” he said.

    A Zimbabwean woman, Martha Sibanda, 26, has been in South Africa since 1993 selling handmade table cloths to feed her family back in Zimbabwe.

    Her three-year-old daughter has a South African father and was born here.

    ‘My life is here’

    “I don’t see myself going back to Zimbabwe. My life is here in South Africa. I’d rather die of hunger here at the police station while waiting for the violence to stop,” said Sibanda.

    “Most of the people involved in this whole mess are unemployed youth,” said Mbuli.

    “They steal the foreigners’ belongings and then sell them cheaply on the black market.”

    Nou kyk hier:

    In Komatipoort, Mozambican Armando Matsinhe, 31, who is working as a bartender in Johannesburg, said he didn’t want to see any South Africans in Mozambique when he returns.

    “We are going to make sure that they get the same treatment.

    “I’ve left my job and lost two friends who have been killed in South Africa because of the hatred,” he said.

    Komatipoort police are patrolling the Hectorspruit and Komatipoort railway stations to ensure the safety of the Mozambicans and their belongings when they disembark and catch taxis the remaining distance to the Lebombo border post.

  • 101. Bos  |  Mei 21, 2008 om 4 : 34

    Adrie

    Ja eintlik, hulle se dat mense wag geestelik versteurd is vrek sterk is …

  • 102. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 5 : 22

    Adrie die volgende blog moet ons uit die depressie uit ruk…. asb???

  • 103. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 6 : 23

    Uiteindelik!!!!!!!!!!!!

    Pretoria – President Thabo Mbeki has given the go-ahead for the “involvement” of the military in the violent xenophobic clashes in Gauteng.

    “(Mbeki) has approved a request from the SA Police Service for the involvement of the SA National Defence Force (SANDF) in stopping ongoing attacks on foreign nationals in Gauteng Province,” his office said in a statement on Wednesday.

    It said more details on the matter would be given by the SANDF and the police.

  • 104. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 33

    Alloooooo!!!! Iemand hier….

  • 105. Skaduwee  |  Mei 21, 2008 om 6 : 36

    Nee Pikkelik lyk my jy is alleen….

  • 106. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 37

    Hoe kan ek dan alleen wees as jy hier is?

  • 107. Skaduwee  |  Mei 21, 2008 om 6 : 37

    Ja, maar ek’s nuut!!!!

  • 108. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 38

    AAAADDDRRRIIIIEEE!!!!! Hier is iemand nuut, mag ek maar met haar chat?

  • 109. Skaduwee  |  Mei 21, 2008 om 6 : 39

    Wie is Adrie?

  • 110. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 41

    Skaduwee, gaan lees wie is ek….

  • 111. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 42

    Skaduwee, is jy nog hier???

  • 112. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 6 : 46

    Is ek alweer stoksielalleen, op my eie en bitter eensaam…..?

  • 113. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 6 : 47

    Pik

    Jy mag chat met wie jy wil.

  • 114. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 6 : 47

    Pik

    Tas die ouderdom jou oe aan?

  • 115. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 08

    Ok, ek’s terug, moes derde wêreldoorlog afweer. Ouboet het vir Poppedyn aan haar voete by die bank laat afhang!!!!!!!!!!!4k

  • 116. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 09

    EISH

    Waar is vandag se les?

  • 117. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 11

    Ok, hier kom dit: Les nr 2. Hoe om ‘n man op te donner:
    1. Dit moet iemand met verdienste wees, jy kan nie sommer left right en center gaan moleste maak nie.

    Verstaan Liewe Heksie sover?

  • 118. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 12

    Pik

    Sy slaap. En jy wil nie slapende hekse wakker maak nie.

  • 119. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 13

    Pik

    Ek neem aan hy verdien dit as hy voor my ogies verskyn.

  • 120. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 15

    Goed, dan kan ek maar aangaan: 2. Hierdie is baie baie belangrik!!!! Wag tot hy slaap… 3. As hy nie wil slaap nie, maak so paar (7 of 8 ) slaappille fyn in sy koffie….

  • 121. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 16

    Nee, Adriana, jy konsentreer nie!!! Let nou op, hy moes actually iets gedoen het om jou seer te maak. Kan ek nou maar aangaan?

  • 122. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 17

    Ek wonder of ek moet aangaan, het jy gesien hoe baie rooflesers is hier???????

  • 123. Nats  |  Mei 21, 2008 om 7 : 17

    Hello!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Ek is in die gym!!!!! Dog ek se gou hi!!

    Ek het in my “tite like a tiger” skee pant gegym!!!!

    Topic
    Ek is nie een vir “skop skiet en d*nder” nie, oorloe kan maar ver weg bly!!!! Maar ek voel ons is reeds besig met ‘n oorlog, en dit kan ons ons land kos.

  • 124. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 18

    So Pik

    Ek moet eers seker maak dat hy wel op my toon trap?

  • 125. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 19

    Nats, WTF, ons is laaankal nie meer op die topic nie, Adri, is jy nog hier?

  • 126. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 19

    TWEELING!!!!!!

    Jy moet kom hoor wanneer om Mnr Nats te bliksem.

  • 127. Nats  |  Mei 21, 2008 om 7 : 20

    ai tog die rekenraar werk nie so lekker saam nie…

    Pik is jy besig om vir my Tweeling idees te gee???

    Hoekom slaap Liewe Heksie so vroeg?? Jy besef natuurlik dat sy ons die hele aand gaan besig hou wanneer sy wakker word… dit kan more oggend 2am wees!!!! My liewe Tweeling!!

  • 128. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 20

    Hier is nie ‘n Adri of die blog nie, maar AdriE is nog hier.

  • 129. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 22

    Nats

    Sy gaan slaap mos saam met die hoenders.

  • 130. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 23

    Ja. Ok laat ek nou klaarmaak, hierdie les vat baie lank.
    4. Terwyl jy nou wag vir hom om aan die slaap te raak, gaan sit jy solank die strykyster aan. Soos vir wanneer jy wil jeans stryk…. Baie 4ken warm.
    5. Na so 10 minute gaan kyk jy of hy slaap. Maak 100% seker deur aan sy snor of borshare te trek.
    6. As jy 100% seker is hy slaap dan begin jy te stryk.
    7. Nee dom vrou, nie die jeans nie, vir hom. Jy stryk en stryk en stryk tot al die bollie uit sy lyf uitgestryk is….
    8. Nou vat jy jou klaargepakte tasse, ry polisiestasie toe en gee jouself oor. ‘n Crime of passion. Opgeskort vir 5 jaar!

  • 131. Nats  |  Mei 21, 2008 om 7 : 24

    Pik
    Ek moes net my 2c gee oor die topic, het nog nie vandag hier ietsie gese nie!

    AndriEEEEEEE
    Mnr Nats gaan een van die dae hard ged*onder word terwyl hy wakker is sodat hy die pyn kan voel!!!!!!

  • 132. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 25

    Pik

    Kortpad. Jy strip jou moer, verloor jou vrees en donner hom by ‘n ander bloedgroep in.

    Ek HAAT stryk.

  • 133. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 26

    Ek het ‘n vriendin gehad wat eendag haar moer gestrip het vir haar ex. Hulle was in die motorhuis en al wat sy in die hande kon kry was ‘n greiner. Toe neuk sy hom daarmee. Come to think of it, dis jammer die ding was nie ingeplug nie!

  • 134. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 27

    Nats

    Laat weet my wanneer die army op standby moet wees. Het hy alweer vir jou tee gemaak. Nats, hier gee ons darem 5 sente hoor.

    Pik

    Paar duiwe oppad na jou.

  • 135. Nats  |  Mei 21, 2008 om 7 : 27

    Pik
    Mens het ek nou lekker vir jou gelag!!!! Wanneer jy jeans wil stryk… baie 4kn warm!!!
    😆 😆

    Ok ek moet nou gaan… het was goed om te doen en die kinders moet seker ook bietjie aandag kry deur saam mams op die bed te le!!!🙂

    Chat weer more!!!!!

  • 136. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 29

    Ok julle, lekker doedoe!
    AdrIE, ek wag vir die duiwe…. Maar dis seker weer homers, daai outjies wat altyd weer teruggaan huistoe! 😆

  • 137. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 29

    Nag Tweeling.

    Ek sal vanaand by Kloon hoor, maar dit lyk na Vrydag of Saterdagmiddag.

  • 138. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 30

    BTW – waar karring Wip nouweer vanaand rond. Het haar al orals gesoek…

  • 139. Nats  |  Mei 21, 2008 om 7 : 30

    Laaste paar woorde…

    Pik ek stem saam my Tweeling, maar in my geval is dit ek KAN NIE stryk nie, nie van wil nie stryk nie.

    Adrie
    Wees maar op standby, die mango gaan een van die dae die fan trek!! Ek is lekker vies vir hom… sekere dinge begin weer na twee jaar!! Ek wens dit was die tee, dan kon ek hom daarmee gegooi nadat ek hom gevra het “ek soek dit asb sonder melk… Dankie my liefste lief!! ”

    Cheers!!!!!!

  • 140. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 30

    Los my nou vinger alleen hier.

  • 141. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 31

    Watse vinger?

  • 142. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 34

    Praat van vinger al1!!! Lekker slaap, Adri, Adriana, liewe heksie…

  • 143. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 7 : 34

    😳 AdrIEEEE

  • 144. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 35

    Nats

    Posduif my more.

  • 145. ADRIANA  |  Mei 21, 2008 om 7 : 37

    Nag Pikkie

  • 146. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 8 : 05

    Whaaahaaahaaa ek rol van my stoel af vir hierdie stryk les….. wag dat ek die strykplank en strykyster gaan uithaal, ‘n vrou moet altyd haar fighting gear in orde hou soos jy ‘n gun olie…..

    😆 ek het die beste van die dag gemis ek huil sommer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: