Geletterheid net vir die rykes beskore?

Mei 20, 2008 at 5 : 07 141 Kommentaar

So ‘n eeu of twee terug was die voorreg van opvoeding net beskore vir die elite.  Mense wat geld gehad het.  Van waar ek die wêreld uit my hoekie betraag, lyk my dit is weer ons voorland. 

Ek sidder as ek sien wat skoolfooie deesdae is.  Ek het dit al oorweeg om ‘n kind se skoolfonds ‘n jaar te borg, tot ek sien wat dit my gaan kos.  Die hartseer is dat ek meer verdien as die gemiddelde enkelouer.  Ek hoef net vir myself te sorg en ek het minimale uitgawes.  Ek kan dit nie bekostig om ‘n kind op skool te hou nie.  Hoe kry hulle dit reg? 

Skoolfonds van R450 ‘n maand is min in vergelyking met baie skole.  Maar wat as jy meer as 1 kind het?  Dan kom daar nog vir sport, kultuur, boeke, uitstappies, ens by.  Om nie van skoolklere en nasorgsentrums te praat nie .  Hoe kan jy nog bekostig om die kind te voer?  Veral as jou salaris R6000 ‘n maand is.  Dit is nog baie in vergelyking wat sommige enkelma’s verdien. 

Verby is die dae dat ‘n onderwyser ekstra klasse gegee het.  As ‘n kind sukkel en jou geldjies is skraps, bid dat jy hom/haar sal kan help.  Deesdae word daar vir ekstra klasse betaal, dit kos ten minste R100 per uur.  Maak jou eie somme as ‘n kind met 6 vakke sukkel en weekliks klas kry.  Hoekom sal ‘n onderwyser sy/haar beste in ‘n klas lewer as hulle daardie geld na-uurs kan verdien.

En dan, die nuwe euwel wat kop uit gesteek het.  Kleinklasfooi.  Ouers betaal R1500 per vak ‘n jaar ekstra sodat hulle kinders in ‘n kleiner klas opgeneem kan word.  Die R1500 word gebruik om ekstra onderwysers aan te stel wat meer aandag aan die kinders spandeer.  Alles goed en wel, maar die ouers wat dit kan bekostig kan tutors bekostig.  Wat word van die verdienstelike kind van die ouers wat sukkel?  Moet hy ook ‘n sukkelaars bestaan te gemoed gaan.  Verdien hy of sy nie ook die beste geleerdheid en ‘n kans in die lewe nie?

As ek ‘n ouer was, sou ek gesê het basta met die liefde.  Ek is bereid om ekstra tyd met my kind of kinders te spandeer.  Ek kan wiskunde doen, maar daar is baie ouers daar buite wat nie kan nie.  As ek so na al die kostes kyk, wonder ek of dit nie goedkoper is om vir jou kind ‘n privaat onderwyser aan te stel nie.  Dan weet jy immers waarheen jou geld gaan.  Skole het ‘n geldmaak besigheid geword – en dit is baie hartseer.

Ek dink opvoeding is ‘n REG en skole behoort tot by matriek GRATIS te wees. 

Blogvraag:  Waarvoor staan NKP?

Blogantwoord:  Sam was reg met Olifantsfontein.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ambagsmanne Etiket Shalom

141 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 om 5 : 14

    EERSTE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Bos  |  Mei 20, 2008 om 5 : 28

    tweede!!

  • 3. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 5 : 38

    derde

  • 4. Jaco  |  Mei 20, 2008 om 5 : 39

    Nou praat jy. Ongelukkig is ons huidige regering te pateties om so iets effektief te implimenteer.

    NKP = Normaal Kollege Pretoria. Oftewel onderwyskollege

  • 5. Samantha q  |  Mei 20, 2008 om 5 : 44

    TSK! Is ek alweer laaste? Gmpf! Ek sê die antwoord is NATIONAL KEY POINT. Dis daai simpel ding wat hulle wil doen om al die ‘landmarks’ in SA te wil kastig beveilig. Die unie gebou sal werk maar wat gaat hulle by OR Thambo doen?

  • 6. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 6 : 16

    Ha ha raak jy al verveeld daar by die huis…of shop jy te lekker!
    Of eet jy dalk te veel. Wat vang jy alles met jouself aan. Dis eindelik nou lekker want jy kan alles doen wat jy nooit voor tyd kry as jy werk nie. Hou jy dalk party?

  • 7. Roer  |  Mei 20, 2008 om 6 : 43

    “Ek dink opvoeding is ‘n REG en skole behoort tot by matriek GRATIS te wees.” Hoor, hoor A3.

  • 8. Roer  |  Mei 20, 2008 om 6 : 43

    Naand. Ek kan nie ‘bly’ nie. Things to do, places to go, homework to do. Het net gou-gou ingeloer. Lekker slaap!

  • 9. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 6 : 44

    Hello Roer en bye Roer, is jy nie meer lief vir ons nie?? 😦

  • 10. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 6 : 46

    Ek dink ook skole moet tot matriek gratis wees Roer. My bediende se dogter, is in ons naaste hoërskool en dit kos my ‘n fortuin per jaar.

  • 11. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 6 : 47

    Adrie jy luister my en Sam af nê? Sy sukkel haar dood met haar selfoon.

  • 12. Adrie  |  Mei 20, 2008 om 6 : 55

    Ek dog dan dit is ‘n privaat gesprek.

  • 13. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 6 : 58

    Hier is julle!! – of is ek nou weer te laat?
    Dis nou ‘n lekker baklei topic die. As die skole nie gratis kan wees nie,moet hulle dit weer teen ‘n minimale bedrag doen. ‘n Kind MOET skool toe gaan. Sit hom ten minste deur die laerskool verniet.

  • 14. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 6 : 59

    Privaat gesprek op ‘n openbare blog – dis definitief ‘n blonde oomblik.

  • 15. Adrie  |  Mei 20, 2008 om 7 : 01

    Fine, Fine, Fine

    Ek en my streke sien julle Donderdag. Lekker aand.

  • 16. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 01

    Sy sit doodstil en kyk vir ons, dan woeps tjip sy in met iets horibaals om mens trane in jou oë te gee, en Sam is so lendelam na die operasie

  • 17. Samantha q  |  Mei 20, 2008 om 7 : 01

    Naand Salami

  • 18. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 02

    Ernstig nou. Ek weet van mense wat vir vrystelling aansoek doen en dan is dit nie eens nodig nie. Weet julle hoe ons gesukkel het om met ‘n Welsynwerkersbrief vrystelling te kry vir die 3 pleegkinders. Ons het op die ou einde maar in elk geval die geld betaal, al sê die staat se wette ok nou wat.

  • 19. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 02

    Adrieeeee ek kry amper beroerte soos die vulkaan van woede oor my spoel…..

    Salome maak ‘n plan met die meisiekind van jou

  • 20. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 03

    Maar ouma, dan eet sy skelm, want sy wou nie die koek gehad het nie. ghmp, moet seker nou weer spisinjaal gaan Cremora tert maak om haar sag te kry.

  • 21. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 04

    Samantha!!!
    Jis dis goed om jou weer te sien. Lyk my darem dit gaan goed

  • 22. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 05

    Saloom dis waar wat jy daar sê want hulle het net vir my bediende gesê sy kry genoeg geld, sy moet dit maandeliks afbetaal. huh?

    Dan kom vervoer, ekstra dinge en alles nog by, skoolklere. En my bediende het 2 afhanklikes.

    Nou wat gebeur met die ander kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie.

    Privaatskole is byna onbekostigbaar ‘n vriendin het my nou die dag vertel wat betaal hulle by Cornhill en ek het amper op my rug geval

  • 23. Samantha q  |  Mei 20, 2008 om 7 : 06

    My comments verdwyn!

  • 24. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 07

    Ouma, vir Adrie vat ek nie sonder handskoene aan nie. Jy is die een hier rond met die ervaring. Ek los haar maar vir jou.

  • 25. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 08

    Nee dan gee ek moed op, ons sal maar so moet aansukkel😉
    Sy gesels nou op die ander blogs, te verhewe bo ons geselskap

  • 26. Samantha q  |  Mei 20, 2008 om 7 : 09

    Salami… Dit ga baja beter danq. Ek stap nou 2km per dag en dis nie mee so seer nie.

  • 27. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 09

    ADRIANA!! sie jy nou jou nonsies laat staan.

    Samantha
    Dit was my oudste se droom om landbou skool toe te gaan, maar teen R4800 per maand is dit rêrig bietjie dik vir ‘n daler. Wonder of die onnies daar almal professors is.

  • 28. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 10

    Saloom sien julle nog julle pleeg kinders, hulle verlang seker ook maar baie na julle

  • 29. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 11

    waat gaan nou met wordpress aan

  • 30. Samantha q  |  Mei 20, 2008 om 7 : 15

    Ek ga nou ma eerder sê koebaai voor my bloeddruk die hoogte in skiet. Ek sal op mxit wees virri res vanni aand. My mxit no is 082 661 5253 as julle my wil invite en da gesels

  • 31. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 7 : 16

    Bye Sam lekker aand

  • 32. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 25

    Ja Wip. Hulle is in dieselfde skool as ons middelste. Die jongste een wil nie iets met my te doen hê nie, dit lyk partymaal of hy my haat. Hy dink dalk ons het hom weg gegooi – hy was baaaie erg oor Lammie. Hy het by ons 3 geword – ons was in sy kort lewetjie sy 13de blyplek.

  • 33. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 26

    WordPress wil ons seker bed toe jaag. Die minister het gesê ons moet vroeg gaan slaap.
    Sukkel my ok skielik dood om te comment

  • 34. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 28

    Lekker slaap Sam – aangesien ons ok nou “moet gaan slaap”, sal ons jou maar daar in droomland kry.

  • 35. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 44

    Halloopppp, is hier nog enige iemand hier???????????
    Haaaalllllooooo!

  • 36. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 46

    Varke, julle weet ek kan nie so vroeg kuier nie…. Of kuier julle weer by Ouma, gaan eers gou loer…

  • 37. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 7 : 47

    Pikkie
    Ek was nog hier, maar ek gaan nou vir ons tee maak. Dis nogal koud hier vanaand. Kan ek vir jou ok iets bring om te drink

  • 38. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 48

    Jip, Salomë maak dit sommer Milo…

  • 39. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 49

    Salomè, jy moet Asseblief vir my daai e-pos oor die gevaarlike medisyne aanstuur. Ek het hom nie gekry nie… Nou bang ek.

  • 40. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 51

    Adri, ek stem oor die skoolgeld. Ons het nog nie besluit of die skooltoe of homeschooling gaan wees nie, maar ek spaar nou-al. Dit is scary om te sien wat kos die skole. En ek bly nie eers innie stad nie!

  • 41. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 53

    Oggie toggie ek gesels nou so lekker met myself, hoor gou hierdie grappie: ‘n Dogtertjie bid een aand……..Sy bid: “Jesus dankie vir die kos amen. “Haar ma sê “maar wat van pappa & mamma? “Sy bid : “Jesus dankie vir mamma & pappa amen.”Haar ma sê “maar wat van boetie & sussie?” Sy bid : “Jesus dankie vir boetie en sussie amen.”Haar ma sê “en wat van jou klere? “Sy bid: “Jesus hou net aan my ma wil met Jou praat….. “

  • 42. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 54

    whahahaha 😆 lag ek vir myself!!! 😆

  • 43. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 54

    Okey Dokey dit raak nou boring……

  • 44. Pikkelik  |  Mei 20, 2008 om 7 : 56

    Baai – baai – baai – baai!!!!

  • 45. Salomè  |  Mei 20, 2008 om 8 : 09

    Maar my jinne Pik. hier kuier jy dan no so op jou enigheid. Ek stuur die duif.

  • 46. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 om 8 : 58

    Sorry Saloom daar is iets fout met my wordpress. Dis baie jammer van die jongste seuntjie, miskien verstaan hy nie. Dit sal miskien nog regkom. Ek wil ook asb daardie e pos hê oor die gevaarlike medisyne. My inbox is al so vol ek moet dit begin lees en afhandel.

    Oulike grap Pik

    Cheerio almal

  • 47. Jo-Ann Schou  |  Mei 20, 2008 om 9 : 29

    Ek betaal tans 750pm en ‘n jaarlikse boekfooi van 900. My seun kry ekstra klas in wiskunde teen ‘n lae 70 vir twee ure per week – maar dis by my neef teen afslag. Ek is net bly dit is nog net 18 maande. Dan vat hy ‘n gap year en word moontlik ‘n “appie” in shipping. Ek maak intussen bymekaar wat ek kan vir studies want die ou wil leer en presteer bogemiddeld. Dankie tog daarvoor.

  • 48. Adrie  |  Mei 20, 2008 om 9 : 45

    Jo-Ann

    My goeie ***!!!!! Is jy erenstig? Sad but true, daar is staatsskole wat meer as R2000 per maand vra. Dit is ‘n absolute skande.

    Ek wil ‘n lotto van R40 miljoen wen. Dit baie goed aanwend en ‘n gratis skool vir verdienstelike kinders begin. So kan dit wragtig nie aan gaan nie. Iemand raak ryk en dit is nie die goeie onderwysers nie.

  • 49. Madelein Kruger  |  Mei 20, 2008 om 11 : 09

    As ‘n mens ‘n goeie motor soek, moet jy bereid wees om jou hand baie diep in jou sak te steek. As jy in ‘n goeie huis wil bly, moet jy bereid wees om daarvoor te betaal. Hoekom dan nie in jou kind se toekoms belê nie? Mens betaal duur vir goeie skole. Jy betaal vir goed wat jou kind beter gaan toerus vir die toekoms. Jy betaal om hulle ‘n voorsprong te gee.
    Ek werk hard vir my geld. Ek lê nie heeldag op ‘n blog nie. Moet ek nou elke kind in die land subsideer en sodoende ek my kind benadeel vir ‘n ander? En volgende jaar my buurman help betaal dat hy dieselfde voorregte as ek het. Die bogenoemde argument is sosialisties. Kom lewe in the real world!!!

  • 50. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 6 : 56

    Madelein

    Welkom en dankie vir jou opinie.

    Ek betaal baie belasting en ek sien nie wat daarmee gedoen word nie. Ek sal beter daaroor voel as dit vir ordentlike opvoeding aangewend word. Ek gee glad nie om dat dit jou kind ook bevoordeel nie. Met beter toegang tot opvoeding gaan die aantal belasting betalers vergroot wat die las op jou kan verlig. Wen wen.

    In kort: Ek dink dit is die staat se PLIG om die kinders van die land op te voed.

  • 51. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 10

    Hallo amal 😛

  • 52. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 16

    Madelein Kruger…. Jys seke 1 van daai mense wat met hul gatte inni botter geval het. En seke blond ok nog. As jy wil kak soek is jy op die regte blog…. Want kak gaan jy kry! Jy lees in die 1ste plek soos jou gat. Ons VERWAG van die moer baie wat ons vir die slapgat goewerment gee, ‘n klein bietjie trug. Jy sê jy werk hard!? Whuhahaha! Wa de 4k dink jy gaan dit jou bring in die nuwe SA? Dink jy daai kjinders van jou gaan eendag in CEO poste sit? Of werk jy ook op straat en betaal nie belasting nie? Seker nie ‘n been toe gemaak gisteraand nie. En laaste maar nie die minste nie…. Druk jou fênsie kar op in jou hol! Jy ken ons nie so 4k jou!

  • 53. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 19

    More Zoeks

  • 54. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 20

    Ek moes net gou die drol reghelp

  • 55. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 22

    Hallo Sam Q 😀 😀

    Sien jys weer op jou stukke vanoggend, lekker geslaap ?

  • 56. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 25

    Zoeks… Soos ‘n klip. Anders het ek somme die koei gisteraand al reggehelp

  • 57. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 27

    😆 he he he ja jong daar moet altyd een wees…

  • 58. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 31

    Sy laat my baie aan tannie Stienie dink. En Brulpadda en en en. Maar wag nou eers.. Kan ek vi jou van die spek, eiers, worsies, gebraaide uie en mushrooms opskep?

  • 59. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 32

    Hmmmmmmm ja samblief, ek is juis so hongor !!! 😛 😛 dankie Sam !!!!!!

  • 60. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 32

    Koffie of bier?

  • 61. Roer  |  Mei 21, 2008 om 7 : 33

    Molo

  • 62. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 34

    En hoeveel snytjies toast wil jy hê?

  • 63. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 34

    Uhm biekie vrog vir bier, Koffie dankie !!

    Hallo Roer 😀 😀

  • 64. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 35

    More Roer

  • 65. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 36

    3 snye pleese !

  • 66. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 38

    O ja! Nou nou kom kerm tannie Stienie wee in ons ore. Bier kan wag. Nou ma toe… Hies jou brêkfis en ‘n lekke koppie boere troos

  • 67. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 40

    Dankie Sam jys ‘n life saver !!! 😛

  • 68. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 7 : 40

    More Julle

    Ek baklei nie graag op die blog nie, maar die Madelein sit seker daar in haar fancy huis en sy is dalk die enigste een op hierdie blog wat nie in voeiling is met die “real world” nie.
    Maar Madeleintjie my skat;
    Ons ry NIE met ‘n fancy kar nie en ons bly NIE in ‘n fancy huis nie, want ons spandeer liewer al ons geld op onse kinners. Dis net nie baie fair dat party mense alles in die ou lewe verniet kry en ander wat dit nodig het hul ore van hul koppe af moet betaal. Dis ok nie fair teenoor die begaafde kinners dat hulle moet agterbly net omdat hulle ouers nie met hulle alies in die botter geval het nie.

    Laat ek liewer verder sjarrap, want ek het nie sulke tjol so op my nugter maag norig nie.

    Familie, ek sit die koffie aan.
    Enemies, julle kan maar by die Wimpy gaan koffie kry.

  • 69. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 44

    More Salami

  • 70. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 7 : 44

    So baai the way, ek sien ok nie wat daar met die belasting gedoen word nie. Die paaie is futtup, die skole het nie boeke nie, die hospitale help nie ‘n 18 maande oue kind wat gebrand het voor daar nie geld gewys word nie, en, en, en,
    Madelein en haar gesante moet maar lekker belasting betaal en hul oogklappe bietjie verstel.

  • 71. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 7 : 45

    More Sam
    Ek hoop jy het ‘n hele jug vol koffie. My hele oggend is nou sommer in sy maai.

  • 72. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 45

    Hallo Salomè 😀

    Lekker aand gehad?

  • 73. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 46

    Zoekoe is nou vreetsaam

  • 74. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 7 : 48

    Dankie vir die koffie Sam en sal die toast so in die hardloop eet. Ek gaan nou maar eers werk toe. Sien julle later as ek ‘n kans kry. Ek en die drukmasjien het ‘n ernstige verhouding hierdie week. Daar moet nog 4000 boeke geprint word voor Augustus.

  • 75. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 7 : 49

    ‘skuus Zoekoe ek kan jou darem nie vanmore miskyk nie. Rustige aand gehad dankie Zoekoe.

  • 76. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 50

    Saloom… Hier is genoeg van alles. Help jouself😉 en moetie lat die klein mêrrie jou dag spoil nie!

  • 77. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 7 : 50

    Baai Salomè

  • 78. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 7 : 54

    Ek wil nog slaap!

  • 79. Bos  |  Mei 21, 2008 om 8 : 32

    More se mense!!

    Ja, is erg die skoolfonds en dinge!! Ek hoor nou die dag iemand se dat iemand die evolusie masjien gebreek het want alles gaan agteruit, soos hoe dit was! een van die dae ry ons weer met donkiekarre en perde werk toe en terug. Ek meen elektrisiteit is klaar n probleem, kos raak n skaarste, opvoeding is net vir die rykes …. sjoe die lys gaan aan!

    Dan aan Madelein

    Net n vragie? As jy nie heeldag op die blogs le nie, hoe de hel weet jy ons is heeldag op die blog en hoe weet jy van die blog? Dit se vir my jy kuier net so lekker op die blogs rond, so een vinger wys dalk na ons toe maar drie wys terug suster, tel jou woorde goed voor jy sommer net mense probeer aanvat op hul eie turf!!

  • 80. Verons  |  Mei 21, 2008 om 8 : 43

    More julle!!
    Ek sien julle is lekker aan die baklei so vroeg oggend…
    Oor die onderwerp kan ek nie saam praat nie want my kinders as klaar met skool en kollege en ek weet hoe moes ek raap en skraap om hulle daar deur te kry, en dit lyk of dit vandag erger gaan!

  • 81. BB  |  Mei 21, 2008 om 8 : 52

    In Duitsland is skoolopleiding gratis, verniet en mahala – selfs die turkse immigrante se kinders kan daar gratis skoolgaan (en boonop nog duits leer ook😉 – dis nou tot Gr 10. Daarna maak jy een van twee keuses – jy gaan aan met jou akademiese skoolloopbaan as jy universiteit toe wil gaan óf jy gaan beroepsskool toe óf jy gaan vir praktiese/tegniese opleiding in die handwerk/ambag (plumbers/hairdressers ens.) van jou keuse. Beroepskole is verpligtend selfs al wil jy ‘net’ ‘n verkoopsman word (tille slaan by Clicks of rondstaan en mooi lyk in Edgars/kelners etc). Sovêr ek verstaan is slegs die Universiteite en Kolleges asook ambagopleiding op eie koste (tensy jy ‘n sponsor/beurs kan kry) – die beroepskool is steeds op staatsonkoste.
    Bygesê daar is wonderlike geleenthede vir beroepsleiding in plek voor jy na Gr10 keuses maak omtrent jou verdere opleiding. Die oorgrote meerderheid besigheid (dit sluit korporatiewe asook privaat concerns in) is ge-rig om kinders in te neem vir 6-8 weke vir hands-on blootstelling. Wil jy bv. ‘n veearts word? Gaan jy na jou naaste veearts toe, of dieretuin of enige sentrum wat met diere bemoeid is en ‘werk’ vir 8 weke in daardie omgewing. Hulle skuid jou herwaarts en derwaarts rond – en jy het so die geleentheid om te besluit of dit vir jou ‘is’ of nie. As jy wil verpleeg, maak jy beddens op, neem koors en dra bedpanne aan. As dit jou nie aanstaan nie, het jy die geleentheid om binne 3 weke jou 2de of 3de keuse uit te ‘oefen’. Only then do you decide what you want to do with the rest of your life.
    Daar is steeds kinders wat na beroepskool tog gaan swot of besluit om ‘n ambag te volg, maar die grondslag word betyds gelê. Die punt is dat dit die regering se verantwoordelikheid is om ‘n generasie skoolverlaters te ‘skep’ wat actually aangewend kan word en nie op 20 steeds op iemand (die staat) se beursie moet rondry nie.
    Nice post!!

  • 82. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 8 : 57

    Dis nou baie interesant BB, -dis hoe die beskawing moet gedoen word . . .

  • 83. Verons  |  Mei 21, 2008 om 9 : 02

    BB hoe gaan ons daai konsep in die klomp bobbejane wat ons land regeer se koppe kry???

  • 84. Verons  |  Mei 21, 2008 om 9 : 04

    Zoeks dis hoekom Duitsland so ‘n suksesvolle nasie is!
    Onthou hulle was gebreek na die 2e wêreldoorlog! Hulle het berge en berge skuld gehad en hulle was baie ingeperk! Hulle het als oorkom en weer opgestaan want hulle kon saamstaan!

  • 85. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 9 : 15

    Wonner ek ook Verons !!!

  • 86. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 9 : 21

    Ja, nou sal julle gesels as ek nie tyd het nie, julle otters! Maar dis reg, ek sal maar weer vanaand met myself kom gesels. Ek en myself baklei ten minste nie met mekaar nie. Ons like mekaar….
    Baai-baai

  • 87. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 9 : 24

    BB… Ek kon dit nie beter gestel het nie!

  • 88. Samantha q  |  Mei 21, 2008 om 9 : 27

    Hi Pik. Baai Pik

  • 89. Nats  |  Mei 21, 2008 om 9 : 32

    Hello julle!!

    Soos dit vir my lyk gaan dit goedkoper wees vir my om Onderwys te gaan swot en my kind self te leer!!

    Eish, ek wonder hoe my ma ons deur Learskool en Hoerskool gesit het, en nog geldtjies oor gehad het vir kos ens!! Dankie tog ons het nie ektra klasse nodig hehad nie, behalwe my jonger sussie wat in ‘n “spesiale skool” moes wees.

    Madelein Kruger
    Jy lewe heel duidelik nie in die real word nie. En het tien teen een net een kind en ‘n man wat lekker geld verdien!! Ons praat van mense wat regtig sukkel!! Mense wat sopas hul werk verloor het deur wat ook al die rede mag wees. Moet jou kind nou daaronder lei omdat die goverment nie jou harde betaalde belasting geld in hulle eie gatsak in druk en nie hospitale / skole en paaie opgradeur nie. Mense het al geliefdes in hospitale verloor deur stupid mense aan diens te stel of nie die regte gereedskap te hê nie, of dalk aan load shedding!!

    Jy lewe in ‘n bubble en daai bubble gaan eendag bars!! Pasop!

  • 90. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 9 : 42

    Hallo Nats 😀 😀

    In my skooldae het my ouers maar iets soos R90 per jaar skoolfonds betaal, en snaaks genoeg was daar boeke, gereedskap in die tegniese klasse, en daar was nie elke week geld gebedel vir iets nie…. Dis wat gebeur as die geld en die belasting betalers se geld reg gespandeer word…. sonder baie korrupsie !!! Oja en ons het nie skole afgebrand as ons ongelukkig was met die onnies nie !!!!

  • 91. Bos  |  Mei 21, 2008 om 9 : 48

    My skoolfonds het amper tien jaar terug R3800 uit my ouers se sakke uitgejaag. Dan moet mens nog die snoepie en casual drag dae ook in ag neem en al daai ander onbenullige ekstra boeke vir sekere vakke wat die skool nie voorsien nie… Nee hel!! Dit is belaglik!!

  • 92. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 9 : 52

    Sorry dit was per kwartaal nie per haar nie….😳

  • 93. Nats  |  Mei 21, 2008 om 9 : 58

    Hello Zoekoe!!

    Ja nee da stem ek 100% saam met jou!!! Korrupsie is erg, en almal word daardeur benadeel!

    En die skole afbrand ruk ook hand uit, jy kan nie vir alles so tekere gaan as iets nie volgens jou reg is nie. Mense het nie meer self dissipline nie!

  • 94. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 02

    Het julle nou net gehoor Angelina Jolie soek nog kinders! Da is reeds 2 oppad en dan het hulle 6 kinders onder die ouderdom van 7!

    Gelukkig kan hulle dit bekostig…

  • 95. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 06

    Eish !!! broeikas sy !!!!!

    Waar is al die usual maats vandag ? dis so stil hier !!!!

  • 96. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 10 : 07

    Loer net gou in.
    As julle dink die skoolgeld is erg, praat ons nie eens van skoolklere nie (en nee ek wil nie hê my kinders moet met casual klere skool toe gaan nie) maar om darem R85 vir een paar skoolkouse te betaal vir ‘n laerskool kind is vir my rof, want more vergeet hy dit by die skool, of een raak weg, dan is dit maar net weer R85. Mens sponsor soos dit is die helfte van die skool met skryfbehoeftes want die kinders se pennesakkies word knaend gesteel. Ek kan nie dink dat ons goed vroer jare so gesteel is by die skool nie.

  • 97. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 08

    Zoekoe
    Ek dink hulle kry koud… dis ‘n lekker vars oggend!

    Adrie klink dit my is more weer terug… die ander weet ek nie.

    ((HALLLLOOOOO))

  • 98. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 10 : 09

    Dan steel hulle wragtag nog kos ok. Die kosblik is duur genoeg soos Sam sê, maar my arme kind is honger by die skool omdat ‘n ander kind dink hy het die brood meer nodig. eish. Weet ok nie waar gaan al die dinge opeindig nie.

  • 99. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 10 : 10

    Nou ja, ek het my tee afgesluk, gaan nou eers weer werk.

  • 100. Bos  |  Mei 21, 2008 om 10 : 11

    Nats!!

    Ek het gehoor en Maurice het mooi gese wat ek gedink het. Hoe gee jy vir ses kinders almal dieselfde hoeveelheid aandag, veral as hulle sulke sosiale aktiewe persone is? Dit is baie onregverdig teenoor die kinders! Ek ken nie die vrou nie, maar begin amper dink sy het so baie kinders omdat sy dit doen om haar UN beeld goed te hou.

  • 101. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 11

    Salome
    R85 vir kouse!!! Dis wild! Dan wil ek nie weet hoe hou jy hulle wit hemde skoon nie! Om dit te vervang is reker eers duur!

    Ek onthou tasse het al by ons skool weg geraak. Sommer die hele tas!! Dit was bad, ek het myne soos goud opgepas!

  • 102. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 13

    Salomè, dis belaglik duur vir sokkies…. hel ons het net swart sokkies gedra in my dae, grys hemde, en grys broeke, en later wit hempde in matriek, al wat my ouers by die skoolklere winkel moes koop was die skooltruie, geen fancy skool uniforms nie…. alles in die nuwe wereld gaan net oor geld maak….

  • 103. Bos  |  Mei 21, 2008 om 10 : 14

    Salome

    Nee, hel ek hoor jou. Ek het verlede jaar vir my skoonsus aangebied om haar dogtertjie se penne en dinge te koop vir skool. Nou kyk, ek was ook op skool en weet dat almal ‘cool’ goed wil he en name brands maak n groot verskil en as jy dit het is dit net beter vir jou beeld en ek koop toe maar vir haar n bad girl pennesakkie en so paar bratrs penne en potlode en so paar boeke en brats oortrek papier …. was ek geskok toe ek by die till kom … maar het dit maar gekoop, sal egter nie weer nie!! Daai goed is oer duur!!

  • 104. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 14

    Bos
    Ja nee ek dink ook sy doen dit vir die show, om haar naam altyd in die tydskrifte te hou. Ja sy doen ook baie goed, maar daar is sooooo baie ander celebrities daar buite wat net soveel soos sy doen, maar jy hoor nie altyd daarvan nie.

    Ek glo al die “stunts” wat die celebs doen is om hulle in die lime light te hou!

  • 105. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 16

    My kosblik was ook gereeld ge “raid” vir die kos in my dae, maar die klein hel wat dit gedoen het het darm die kosblik gelos…. !!!

  • 106. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 17

    Bos
    Ek was een van daai kinders wat die “cool” goed wou hê! Maar my… vandag sal ek dit nie koop nie, besef nou hoe duur dit is teenoor ‘n plein pen (wat beter kryf) as daai pen met ‘n simple prentjie op!

    Nou dat ek daaraan dink, ek was mal daaroor om my boeke oor te trek het dit baie geniet!

    Wie verlang tog so bietjie na skool?? Ek weet ek doen… 4 keer ‘n jaar vakansie!!🙂

  • 107. Nats  |  Mei 21, 2008 om 10 : 20

    Zoekoe
    Lag ek nou lekker… ek moes van ‘n seker ouderdom self my lunch pak. Ek was lekker lui (nou nog) en het elke dag kaas smeer op gesit want dit was die maklikste. Stroop het hard geword… ek was soooo gatvol vir kaas smeer!! Nou nog sukkel ek om dit op ‘n broodtjie te eet.

  • 108. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 22

    Al wat ek mis van my skooldae was voorskool, pouses en naskool !!!

  • 109. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 24

    Nats, ek moes ook op hoërskool my eie toebbas maak, en ek het baie peanut botter en stroop ge eet in my se dae, maar tog laaik ek dit nogsteeds !!! 😀

  • 110. Bos  |  Mei 21, 2008 om 10 : 34

    Nats

    Jy sien … Nee, om darem maar soos n sirkus clown op te tree die hele tyd om jouself in die limelight te hou, nee ek weet darem ma nie of k so sou kon lewe nie. My privaatheid is vir my belangrik.

  • 111. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 10 : 38

    Bos, alle hollywood celebs IS circus clowns !!!

  • 112. Katvis  |  Mei 21, 2008 om 10 : 42

    Die regering kan skool gratis maak net so veel soos wat ons wil he. Dit help niks nie want as jy vandag daar na NKP toe gaan sal jy sien dat daar nie meer studente is soos in die oudae nie. Toe ek jonk was was meeste van die kinders wat saam met my op skool was se ambusie om onderwyser te word. Die keuring was ook baie streng gewees en die room het onder wys gaan gee. Maar vandag is dit nie die geval nie en as daar nie iets aan gedoen word nie gaan die land se onderwys in duie stort as gevolg van n tekort van onderwysers. Dan gaan net die supper rykes wie kan bekostig om hulle kinders in n ander land skool te laat gaan onderwys kry. Die res gaan of op TV skool gaan of in n klas van so 200 plus moet sit. Die anderdag hoor ek van n ou wat in Malawie sy kind na n ander skool wou stuur want die skool waar sy kind nou is het 4000 kinders met 4 onderwysers. Dalk is dit nog ons voorland hier ook as niemand meer onderwys wil swat nie.

  • 113. Bos  |  Mei 21, 2008 om 10 : 49

    Katvis!!

    pra jy wat tanne het!!

  • 114. Bos  |  Mei 21, 2008 om 10 : 55

    Zoeks

    Ek weet nie of ek daarmee saam stem nie! Baie van hulle hou hulle self maar baie skaars en mens hoor nie regtig sulke simpel stories oor hulle nie. Daar is van hulle wat nogal n gesonde balans het tussen hul persoonlikke lewens en hul werk, maar dit is maar ook net n handjie vol van hulle!

  • 115. Pandora  |  Mei 21, 2008 om 11 : 02

    Angelina se koppietjie raas ERG!! Sy’s seriously die “pitts”!!😆 (as ek sy is beperk ek my krulkoppie-aanneem kinders tot 1 – want meer as een gaan haar guaranteed eendag ‘n strike, ‘n optog of ‘n riot besorg)

  • 116. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 11 : 06

    Katvis
    Ek gaan nou my nek baie vêr uitsteek en iemand gaan my sekerlik hap, maar ek dink nie daar is soos vroer jare meer baie onnies wat onnies WIL wees nie. Hul swot lyk my deesdae onderwys vir sommer net. Dan pass hulle ok al die leerwerk aan huis toe en hulle moune oor hoer salarisse. As ‘n kind bietjie agter raak moet hy maar liewer na ‘n ander skool toe of ‘n spesiale klas. En die grap van alles is dat daar deesdae baie kinners is wat nie meer by hou nie. Ek glo nie dat dit regtig nodig is dat hulle kinders in die laerskool so in ‘n “rat race” groot maak nie. My magtag 1+1=2 en lees was nog altyd lees.

  • 117. Salomè  |  Mei 21, 2008 om 11 : 08

    Wonder of Angelina se dinge nie net alles is vir publisiteit nie. Sy kan beslis nie aandag gee aan al die kinders nie. Die meeste van die celebs se kinders het in elk geval nannies vandat hul hul ogies oopmaak.

  • 118. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 11 : 11

    Bos, wat ek eintlik bedoel is alle Hollywood celebs piss my af….

    Ek kan nie minder omgee oor enigiets wat uit “Plasticville” kom nie al probeer ek hoe hard….. 🙂

  • 119. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 11 : 14

    😆 ja Pandora, dis nogal ‘n risiko met al daai aangeneemdes !! 😆

  • 120. Nico  |  Mei 21, 2008 om 11 : 16

    Hi julle.
    Ons pluk nou die vrugte van miljoene wat in vorige regerings gebruik is om skole te bou en boeke en toerusting vir daardie skole te verskaf. Die skole en toerusting wat afgebrand en afgebreek is as ‘n klomp stoutgat jonges nie hulle sin kry nie. As al daardie goed nog in plek was en deur slimmes onderhou was, was daar baie meer geld beskikbaar vir onderwysers opleiding.

  • 121. Nats  |  Mei 21, 2008 om 11 : 16

    Zoekoe
    Dit was my antwoord op toetse… “Ja ma ek het hard geleer vir daai toets, voor skool en pouse!!

  • 122. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 11 : 21

    Nico – AMEN !!!!!!!!

    as vandag se mense net gaan kyk na die geskiedenis…. dan sal hulle dalk iets leer uit die verlede.

  • 123. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 11 : 25

    Nats, voorskool en pouses het ek ook gebruik om my huiswerk gou by iemand anners af te skryf ….😆

  • 124. Nico  |  Mei 21, 2008 om 11 : 25

    Ek dink die wyse van opleiding moes ook aangespreek word. Jongmense was vir drie of vier jaar onproduktief as hulle geleer het en het ‘n klomp boekkennis opgedoen maar amper geen ondevinding nie. As studente afstandsonderrig doen en reeds betrokke is by skole as hulponderwysers, kan hulle baie behulpsaam wees met verskeie take. By laerskole kan hulle die kleintjies help wat leer lees en skryf en somme maak en so help dat daardie basis goed gevorm word. Dit sal help dat die kinders in latere lewe nie so sukkel nie. Gelukkig daar is reeds sulke geleenthede in plek. Ek dink net dit moes vroeer al gekom het.

  • 125. Nico  |  Mei 21, 2008 om 11 : 29

    ‘n Groot rede vir kinders se swak prestasies is die gebrek aan dissipline. In ons dorp is twee hoerskole waarby ek betrokke is. By een skool sit die kinders en mxit terwyl ek met hulle praat oor die Here en kerklike opleiding gee. Of hulle kan nie wag dat die periode moet begin nie want dan skryf hulle huiswerk af dat dit klap. Julle moet ook hoor met hoe min respek praat hulle van hulle skool, die onderwysers en in besonder die hoof. Toe dissipline deur ons slim krulhaarvriende uit skole geskryf is, het die prestasies ook geduik.

  • 126. Nats  |  Mei 21, 2008 om 11 : 36

    Nico
    Dis baie waar!! Da is geen dissipline nie, ek onthou dat as ons hemp uitgahnag het, was dit nag want kyk hoe lyk die beeld wat jy uitstuur van jou skool. Ons was altyd netjies!

    En vandag rook hulle lekker in hul skool klere, en voel ‘n veer!

    Selfone sal ek sê moet geban word by skole! Ons mag nie ons sin in klas gehad het nie dan vat die onnie dit en gee dit na skool terug. Vandag sal daai onnie seker van diefstal aan gekla word!!

  • 127. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 11 : 46

    Daar was nog nie sulke goete soos selfone in my skooldae nie, en kyk, as jy stout was op skool het die onnies jou gemoer… daar was nie sulke dissipliene probleme daai tyd nie…. eers as hulle jou half dood gemoer het en dit nie werk nie, is daar oorweeg om jou te skors….. !!

  • 128. Nico  |  Mei 21, 2008 om 11 : 46

    Nats
    Doodreg. Kinders en sommige onderwysers deesdae voel ‘n veer.

  • 129. Nico  |  Mei 21, 2008 om 11 : 47

    Zoekoe
    En tog het ons almal (miskien behalwe Adrie) heel ordentlik uitgedraai.

  • 130. Nats  |  Mei 21, 2008 om 11 : 57

    Nico
    Adrie gaan beslis met my stry, maar ek stem ek het heel oraait uit gedra en hou nie ‘n grudge teen my ma of onderwysers omdat hulle my gelooi het nie. Dit was meer “embarrising” as seer!

    Zoekoe
    Ek het mos gesê jy was in die Dino tyd gebore!! Not to worry cell fone was net uit toe ek op skool was… kan my ma se eerste Nokia onthou… jy kon iemand met daai ding dood gegooi het of iemand se oog uitgesteek het met sy lugdraad (aerial ??)… van so meter weg af!!!

  • 131. Adrie  |  Mei 21, 2008 om 12 : 14

    As ek mag inchip:

    Kan ek julle na die volgende inskrywing verwys: https://doringsensomsrose.wordpress.com/2008/03/30/merkwaardige-mens/

    Kom ek se vandag 1 ding. As my man eendag besluit hy wil ons kinders slaan, gaan ek waarskynlik vies wees. As ‘n onderwyser dit doen gaan ek stappe neem. Hulle moet eers van hulle Hitler houdings ontslae raak, dan sal ek dit oorweeg.

    My ma het geweier dat ‘n onderwyser aan ons mag raak, juis oor die Hitlers in onderwys. Ek was altyd beleef oor die onderwysers, my punte goed en ek het altyd my samewerking vir die onderwysers gegee.

    Ek se weer. Daar is goeie onderwysers en slegte onderwysers.

  • 132. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 12 : 19

    Wie is almal hier, Adrie, Zoekoe, Tinkerbell, Wipneus, Liewe Heks – is julle hier???

  • 133. Pikkelik  |  Mei 21, 2008 om 12 : 25

    Damn, daar mis julle julle les vir vandag…

  • 134. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 12 : 35

    Adrie, ek dink jou onnies moes jou dalk meer gemoer het…. kyk net hoe het jy uitgedraai 😆

  • 135. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 12 : 37

    Pikkelik ek is hier, maar ek is bang vir daai praktiese deel… Adrie is al weer hier rond !!!! 😯

  • 136. Katvis  |  Mei 21, 2008 om 12 : 42

    Ek swem ook hier ront!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 137. Nats  |  Mei 21, 2008 om 12 : 56

    Tweeling
    Het jy nie in ‘n post gesê jy het opgekyk na Hitler nie… of altans na sy leierskap??
    😉

    Ek grap net, ek moet ry chat later weer!!

  • 138. Verons  |  Mei 21, 2008 om 1 : 08

    Nico nou praat jy!
    Die groot rede vir die swak toestande waarin ons skole is, is die gebrek aan dissipline en respek!
    Die onderwysers is ook glad nie meer lus om meer te doen as wat hulle moet nie juis oor daai rede!
    in ons dae was jy gekeur voor jy NKP toe kon gaan! Ek het nogals die keuring geslaag maar ek het geweet ek sal nie ‘n goeie onderwyser wees nie dis hoekom ek dit nie gaan swot het nie!!
    En as ek vandag so na die skole kyk is ek baie bly ek het nie gegaan nie want ek sou verseker nou al van aanranding aangekla gewees het…..

  • 139. Zoekoe  |  Mei 21, 2008 om 2 : 01

    En toe is daar stilte !!!

  • 140. Jo-Ann Schou  |  Mei 22, 2008 om 12 : 05

    Hi Adrie!

    Jammer oor die stilte – ook maar besig!

    Die engelskind is in Fairbairn College – ook maar net ‘n staatsgesubsideerde skool met ‘n fancy naam. Hy het ander keuses gehad, maar wou spesifiek na die skool toe gaan oor die dissipline.

    Ek dink hy wil maar nie by die wiskunde onderwyseres ekstra klasse neem nie oor die “image” ding. Hy het sy wiskunde geslaag voor die ekstra klasse, maar hy soek hoë punte en palm nou 90% plus in – hy is in die top 10 in sy graad, maar mik vir top 3.

    Die skool is meer ‘n akademiese skool as iets anders. Die meisies se rokke is langer en hulle naels is korter. Daar word nie nonsens gevat nie en ek is gelukkig dat my seun spog met ‘n skoon rekord – geen detensies ens. Vir hom is dit uiters belangrik. Hy is seker maar “nerdy”. Hy is ernstig gebore maar daar skort absoluut niks met sy vlymskerp sin vir humor nie

    Ons lag gewoonlik oor die sport uitslae – Bishops gee altyd vir hulle goed pak met krieket. Maar in meer as 13 jaar het hulle maar iets soos 3 matriek druipelinge gehad. Derhalwe kos Fairbairn College miskien ‘n paar rand (wat eintlik goed vergelyk met staatsskole in die omgewing), maar ek kry resultate vir my pennies. Die kinders in sy skool wat by ons kom kuier is ook van ‘n totaal ander kaliber as baie ander wat ek al gesien het – mooi maniere. Ek sukkel net die dat hulle my ma’am noem – die onderwyseresse word so aangespreek.

    Ek sug maar net oor daardie debietorder. Soos enigiemand wat moet werk vir sy geld.

  • 141. Adrie  |  Mei 22, 2008 om 12 : 11

    Jo-Ann

    Ek sal nog ‘n hartaanval kry as jy so agter my kom praat. Ek skrik my in ‘n ander bloedgroep.

    Ek gaan daardie naam onthou. As die skool oor ‘n 100 jaar nog staan en nog steeds op akademie konsentreer kan die klein Adrietjies daarheen gaan.

    Skole is nie daar vir sport nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: