I hate careless flattery, the kind that exhausts you in your effort to believe it. ~Wilson Mizner

Mei 18, 2008 at 3 : 56 168 Kommentaar

Al ooit op ‘n gesprek afgekom waar iemand oor jou skinder?  Jy is maar ook mens, dus luister jy maar.  Tot jou verrassing sê hulle goeie goed van jou.  Amper asof jy ‘n gas op jou eie begrafnis is, niemand daar gaan iets slegs van jou dan weet nie.  Net in hierdie geval is dit nie skynheilig nie.

Hoe reageer jy as iemand jou komplimenteer?  ‘n Mens is geneig om dit af te skiet, te maak asof dit niks is.  Hierdie rok, ag, alles anders is vuil.  Ek het iewers gelees dat dit die gevolg is van ‘n Calvinistiese opvoeding.  As ons ‘n kompliment aanvaar, lyk dit asof ons te vol van ons self is.  Ons, as goeie opregte Afrikaners is veronderstel om nederig te wees.  Ek is nie eers ‘n Calvinis nie, maar ek bloos 7 kleure as ek gekomplimenteer word.

Ek is ook baie suinig met my komplimente.  Dit is nie dat ek sukkel om ‘n kompliment uit te deel nie, ek gee net een as iemand werklik een verdien.  Ek is ook geneig om backhanded komplimente uit te deel.  Wat baie mense nie altyd snap nie en nog minder mense waardeer.  Ek moet dalk van my sarkasme verkoop.  Punt wat ek wil maak is dat ek nie ‘n kompliment gee wat ek nie bedoel nie.  Anders as met beledigings, myne kan baie ver van die waarheid wees.  My beledigings is of nie bedoel nie of baie fyn uit gekies om te tref.  Ek weet hoe om iemand se moermeter aspris in die rooi te stoot.  Ek moet dalk baie suiniger wees met my beledigings.

Wat my altyd opval is hoe baie mense komplimente geniet wat op hulle kinders, diere en besittings gemik is.  Die komplimente word nie afgeskiet nie en die indirekte ontvanger loop nie meer op die aarde nie. 

Vrydag was die dag waarop ons van al ons negatiewe emosies ontslae kon raak.  Vandag is komplimente dag.  Komplimenteer vandag net wie jy wil.  Of jy hulle ken of nie.  Of hulle blog of nie.  Mits elke kompliment opreg is. 

Spesiaal vir Katvis wat so getrou die onderwerp volg.  Kom ons kyk of hy vandag almal wat hy Vrydag ontstel het, opreg kan komplimenteer.  Die mense is Skuilnaam, Lilly, Bos, Nats, Sam, Verons, Zoekoe, Erns ens.  Katvis, moet my nou nie teleurstel nie.

Wat is die grootste kompliment wat iemand jou al ooit gegee het?  Vir my is daar geen groter kompliment as wanneer iemand met my met hulle kinders vertrou nie.  Veral as ek weet hulle vertrou niemand met hulle kinders. 

Blogvraag:  Wie se gevleuelde woorde is die volgende:  “I can live for two months on a good compliment.”  

Blogantwoord:  Sam was reg.  Guardian Angels word op 2 Oktober gevier.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Guardian Angels Die jaar wat jy gebore is

168 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 19, 2008 om 1 : 41

    Ek het so antieke mampoer stokertjie hier êrens op die dak, dink ek moet hom gaan uitgrou…

  • 2. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 1 : 44

    Zoekoe

    Lyk my jy het al klaar die dom **** se adjunk in. Netnou word jy wakker en skree jy word gekloon.

  • 3. Wipneus!  |  Mei 19, 2008 om 1 : 46

    Ditsem Zoekie, Ouma sal jou net jannie stapper voer, soos in die hele tyd, ons mag net nie bestuur nie ons sal die klein rissiepit ‘n dingetjie of twee leer… Oom, waar het jy nou al ooit van dit gehoor??? 😯

  • 4. Zoekoe  |  Mei 19, 2008 om 1 : 47

    Ouma, ek het nog so biekie pynapple mampoer as ouma wil hê

  • 5. Nats  |  Mei 19, 2008 om 1 : 48

    Hello!

    Ek moes gou uit hardloop Randburg toe… nou is ek moeg!

    So vinnig deur gelees… Tweeling, dis die waarheid jy hoef nie te bloos nie! En model! Ha ha ha lekker laat jy my nou lag!

  • 6. Wipneus!  |  Mei 19, 2008 om 1 : 48

    Sluk Ouma die pynappel mampoer gulsig af, en haar ogies word so glaserig en sy giggel aanmekaar….

    Ouma kom net-nou terug gaan net gou meeting hou so paar treë weg….

  • 7. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 1 : 49

    Ouma

    Dit Zoekoe wat kom maak het of hy 80 jaar oud is.

  • 8. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 1 : 50

    Tweeling

    Gaan kyk gou op die nuwe blog.

  • 9. Zoekoe  |  Mei 19, 2008 om 1 : 57

    80 ha ha ha ha 😆 ek het nog nooit so iets kwytgeraak nie…

  • 10. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 1 : 58

    O ja, ek dink om Zoekoe het gese hy is 99. Of so iets.

  • 11. Zoekoe  |  Mei 19, 2008 om 2 : 20

    nou trek ek al op 99? wat 99 red balloons !???

  • 12. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 2 : 22

    Zoekoe

    Ek sien nog nie jou huiswerk nie.

  • 13. Zoekoe  |  Mei 19, 2008 om 2 : 28

    Watse huiswerk? ek is lankal klaar met skool . . . . .

  • 14. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 2 : 31

    Jou lied van die jaar waarin jy gebore is.

  • 15. Zoekoe  |  Mei 19, 2008 om 2 : 48

    hoedemoer moet ek dit weet, ek het eers begin musiek luister toe ek op laerskool was . .

  • 16. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 2 : 50

    Zoekoe

    Dit word Google en You tube genoem.

  • 17. Roer  |  Mei 19, 2008 om 2 : 54

    Wat wou, sommer gou gedoen. Is ek gehoorsaam of wat?!

  • 18. Adrie  |  Mei 19, 2008 om 2 : 57

    Roer

    Ek is trots op jou. Ek kry net my rooi pen, dan kom kyk ek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: