Lig of donker

Mei 16, 2008 at 5 : 45 10 Kommentaar

Hierdie week was daar ‘n paar erenstige onderwerpe op die blog gewees.  Mense het oor die algemeen nie daarvan gehou nie, hulle het dit te swaar gevind.  Dit het my laat dink. 

Ons word van jongs af geleer dat ligsinnigheid onvanpas is.  Tog verkies ons om net ligte onderwerpe te bespreek.  Met die verloop van tyd het die onderwerpe meer persoonlik of filosofies geraak, maar steeds word onaangename onderwerpe vermy.  Dit is onvanpas en ontstel ons.  Dit stel ook vrae aan ons wat ons nie gemaklik is om te antwoord nie. 

Beteken dit dat ek ‘n pessimis omdat ek soms hierdie onderwerpe aanroer?  Ek dink dit is belangrik dat dit bespreek word.  Mense het oogklappe op, hulle sien net wat hulle wil sien.  Hulle wil nie gekonfronteer word met iets wat hulle nie kan hanteer nie.  Kennis is mag.  Waar gaan ons die kennis opdoen as ons nie onsself blootstel nie.  Kan jy iemand leer ken, weet hou hulle koppe werk, as jy hulle net in aangename omstandighede sien.

Ek is dikwels ligsinnig.  Ek is ‘n stout klein hel, wat dikwels nie weet waar om die streep te trek nie.  So kan ek dikwels ligsinnig wees in situasies waar dit baie onvanpas is.  Tog is ek ook baie erenstig.  Min mense sien altwee my kante, julle is in daardie opsig gelukkig.

Ek gaan dus steeds blog oor onderwerpe waaroor ek iets te sê het.  As die onderwerp te swaar is, sal ek gou genoeg iets ligters opsit. 

Blogvraag:  Wanneer het Charlie Chaplin gesterf?

Blogantwoord:   Sam was reg – dit was vir ‘n 3 jarige dogtertjie gesing.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nog steeds kans om te kerm Guardian Angels

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 6 : 03

    Eerste!!!

  • 2. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 6 : 05

    Hy is op Kersdag in 1977 oorlede. ‘n Merkwaardige man vir die “Silent movie” era

  • 3. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 6 : 13

    Ek vir een waardeer eindlik jou “swaar” blogs want dit laat mense dink. Dit is so dat mense wat dit bietjie makliker gehad het in die lewe, nie die swaarkry van ander raak sien nie – “oogklappe” soos jy sê. Persoonlik het ek baie van jou swaarder blogs of self beleef of ervaar dit op ‘n daaglikse basis. Die 40 kinners wat elke dag by die skool moet broodjies kry is klaar een hengse eye-opener en mens sit sommer so paar ekstra swieties in vir sommer net.

    Maar ek sal nog steeds liewer sing want daar is soooo baie om voor dankbaar te wees.

  • 4. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 7 : 35

    Die Charlie Chaplin was ok ‘n regte stoute kalant – lief vir mooi jong meisies, was ‘n hele paar keer getroud. Dankie Adrie, nou het ek ok alweer ‘n paragraaf slimmer geword.

    Dankie Wikipedia
    Chaplin’s robust health began to slowly fail in the late 1960s, after the completion of his final film A Countess from Hong Kong. In his final years, he grew increasingly frail. He died in his sleep on Christmas Day, 1977, in Vevey, Switzerland, aged 88.[18] He was interred in Corsier-Sur-Vevey Cemetery, Vaud, Switzerland. On March 1, 1978, his corpse was stolen by a small group of Polish and Bulgarian mechanics in an attempt to extort money from his family.[19] The plot failed, the robbers were captured, and the corpse was recovered eleven weeks later near Lake Geneva. His body was reburied under two meters of concrete to prevent further attempts.

    Nou gaan Sam seker weer met my raas oor ek te veel praat.

  • 5. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 00

    Salome

    Lyk my jy is op die bol vandag.

  • 6. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 39

    Ai tog! Tweede!

  • 7. Roer  |  Mei 17, 2008 om 1 : 19

    Hi Adrie, Sam, Salome.

    “Beteken dit dat ek ‘n pessimis omdat ek soms hierdie onderwerpe aanroer?” Hoor, hoor en amen suster. Die gemeente bedank jou vir jou openhartigheid.

  • 8. rosalindfranklin  |  Mei 17, 2008 om 4 : 52

    Adrie ek stem saam, ek het ook ‘n lawwe kant. Maar ek kan nie net vir dit lewe nie. Mens het balans nodig, mens moet dieper vrae vra, oor dit lees, dink en gesels. Dit lei tot nuwe insigte en ontwikkel mens as persoon.

    Mens kan ook nie jou kop wegdraai van dit wat ernstig is nie, want dit bestaan steeds, al speel jy volstruis.

    Vir my het dit ook niks met pessimisme en optimisme te doen nie.

  • 9. sonkind  |  Mei 17, 2008 om 5 : 39

    Ek hou van jou dieper inskrywings. Ek is ‘n aards optimis, maar dit beteken nie ek sien nie die ernstige dinge in die lewe raak en dink nie daaroor nie. Ek glo net mens moet die suurlemoene vat en eerder probeer “lemonade” daarvan maak as om dit so suur te eet.

    En dit hou my elke dag dankbaar vir my eie seëninge.

    Ek dink jou blog is ‘n lekker mengsel, met ‘n goeie balans tussen donker en lig🙂

  • 10. Adrie  |  Mei 17, 2008 om 6 : 29

    Roer

    He He. Amen. Kerk verdaag.

    Rosa

    Ek sou ‘n swak volstruis maak.

    Sonkind

    Ek glo ‘n mens kan om elke donker wolk ‘n silwerrandjie kry. Dit vat net tyd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: