Hugs or kisses?

Mei 15, 2008 at 8 : 49 126 Kommentaar

Almal het al daardie epos gekry waar jy jou hele lewe moet invul.  Ek sal dit erken, ek is mal oor daardie vraelyste.  Veral as dit een is wat ek nog nie gesien het nie.  Ek is ook dikwels die een wat dit eerste terug stuur.  Ek geniet dit om die mense se antwoorde te sien.

Een van die vrae is altyd:  “Do you prefer hugs or kisses?”  Ek wonder altyd wat ‘n mens daaruit kan wys raak nie.  Is jy liefdevol as jy van drukkies hou, passievol as jy van soene hou en koud soos ‘n vis as jy dit vermy?  Sê dit enigesins iets van die persoon?  Wat kan jy met die inligting maak?  Dit is nie eers amusant nie.

Ek is een van die mense wat gewoonlik “neither” antwoord.  Ek kan liefdevol met kinders wees, maar beslis nie met groot mense nie.  Dit is vir my ongelooflik moeilik om aan iemand te vat of om vir hulle ‘n drukkie te gee.  Met die gevolg is dat ek iemand net soen of ‘n drukkie gee as hulle my daarin boelie.  Ek is redelik lank, as ek niks van jou hou nie sal ek jou ontwyk.  As ek jou nie in die gesig wil vat nie, sal ek saam speel.  Dit beteken nie dat ek daarvan gaan hou nie.  Ek is ook gemakliker om ‘n man fisies te groet as ‘n vrou.

Ek het wel met die verloop van jare geleer om mense se gevoel teenoor jou te bepaal met ‘n drukkie.  Daar is die pligdrukkie – ek voel dat ek jou met ‘n drukkie moet groet, maar ek wil nie.  Die ek-het-jou-nodig-drukkie, waar jy amper dood gedruk word.  Die damn-ek-is-bly-om-jou-te-sien drukkie, wat stewig is en lank hou.  Die lawwe drukkies wat jou gewoonlik van jou voete af het.  Ek-is-jou-familie-drukkie wat gewoonlik met ‘n soen gepaard gaan.  Die vertroostende drukkies wat gewoonlik baie lig is, met ‘n ekstra gebaar.

Baie kulture beskou ‘n soen op die mond as te intiem.  Ons Afrikaners is gewoond daaraan, daarom pla dit ons nie.  Ek soen nooit ‘n kind op sy/haar mond nie.  Ek hou nie daarvan nie, tensy die kind sy / haar mond aanbied.  Ek soen hulle gewoonlik op die wang.  Ek was al ‘n paar keer per ongeluk in die nek gesoen, ek het nie ‘n soen verwag nie en my kop weggedraai as die persoon my ‘n drukkie gee.  As jy my wil kwaad he, soen my met ‘n nat bek. 

Wat verkies jy, ‘n soen, ‘n drukkie of ‘n handskud?  Geniet jy dit?  Is jy ‘n liefdevolle mens?  Wat dink jy van die snert wat ek kwyt geraak het.

Blogvraag:  In die liedjie: “Save all your kisses for me”, met wie praat die sanger?

Blogantwoord:  Verkragting – Neykie was reg met Marianne Tham.  Sam was reg oor die Voortrekker Monument.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Alternatiewe Beroepe Nog steeds kans om te kerm

126 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Mei 15, 2008 om 9 : 27

    EERSTE!!!!

  • 2. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 9 : 30

    Tweede! Kroeker!

  • 3. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 31

    Roertjie

    Ek kan jou amper (lw AMPER) soen so bly is ek om jou te sien.

  • 4. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 34

    Sam

    Het jy agter jou ore gewas?

  • 5. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 9 : 54

    Gggrrr! My sel bly my uitskop! EN EK WIL NET ANTWOORD!👿

  • 6. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 9 : 59

    Kom ek try WEER! My oupa het ons die liedjie geleer. Hyt altyd gepraat van die oulike girls met hul jump suits aan. Hyt meeste van die 1 inni rooie gehou. Anyhow… As ek reg kan onthou het my oupa vir ons vertel dit was vir ‘n kjind gesing. Die kjind was 3 …. Of was dit nou 2. In any case…. Ek is nie 100% seker nie en ek kan nie eens google nie. Simpel foon gat nou met die muur connect!

  • 7. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 01

    Adriana… Ek was net 1 maal ‘n jaar agter my se ore!

  • 8. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 05

    Sam

    Dit is tyd om weer te was. Jou ore stink al die mense weg.

  • 9. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 07

    Hi Almal

    Ek hou van soen, maar nie vreemdes nie, Ek gril my dood vir so pap sopperige soen. Ek gril, kry hoendervleis en vries as iemand my op my ore soen, wat my teddie doen as ek kwaad is vir hom en hy my wil laat lag….
    Ek hou van drukkies gee, maar nie aan vreemdes.
    Ek kan baie liefdevol wees as jy ‘n plekkie in my hart het. Maar nie as jy ‘n vreemde is nie.
    Sou jy na my toe mik met ‘n soen, as jy ‘n vreemdeling is….gaan jy verseker “die kyk” kry….
    Ek hou daarvan as my beste vriendinne my ‘n drukkie gee…
    Ek hou daarvan as my kinders my ‘n drukkie gee…..
    Ek hou meer daarvan as my teddie my druk en soen 😳

    Ek is te lui om die vraag op te soek maar die ou praat seker maar met sy girl…as hy van soentjies sing

  • 10. Roer  |  Mei 16, 2008 om 6 : 40

    Môre! Hoop jy voel beter vandag A3. Ek verkies drukkies.

  • 11. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 6 : 42

    More Roertjie

    Ek het nog nie eers die lig aan gesit nie. Ek is nog in die bed.

  • 12. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 7 : 16

    Hallo Julle ! ! 😀 hey hey dis vrydag !!!

    Adrie, maar jy gryp my dan altyd op die blog jolle en druk amper my asem uit, nou tune jy weer ‘n anner storie…. 🙄

  • 13. Bos  |  Mei 16, 2008 om 7 : 35

    More maters!!

    Ja, ek sal ook uit ordentlikheid uit n vreemdeling toelaat om my te druk, maar ek hou ook nie daarvan nie. Ek laat nie vreemdelinge toe in my persoonlike spasie nie. Met familie en sekere vriende sal ek nog n stywe druk gee as ek hulle sien. Ek haat dit ook as n mens jou soen met so nat bek, of het julle dit al beleef as party mense hulle lippe so styf maak dan stamp hulle jou so met dcie mond, dit voel of jy jou tanne gaan verloor … ek gril my ook dood om party ou mans te soen. ken n ou man wat ek om die dood toe vermy om te soen want hy maak sy mond so effns oop dan druk hy sy tong teen my mond, dan wil ek op die blessitse plek n oorval kry!! jig, hoe gril ek nou!!

  • 14. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 7 : 39

    Ek soen en of druk ook nie somme ‘n vreemdeling nie, en veral nie ‘n man nie….. ek dwing nie myself op teen enigiemand nie, as die persoon my wil druk is dit fine, maar dan moet dit ook darm ‘n vriendin en as dit ‘n vreemdeling is, ‘n baie sexy girl !!!!

  • 15. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 7 : 46

    More Almal. Kom loer net in voor die rowwe dag begin.

    Ongelukkig vir Adrie is ek ‘n “raak” mens. Moet aan iemand raak as ek met hulle praat. Ek hou van drukkies – kry en uitdeel. Sulke laaaang cuddles by Liefie is ok nie te versmaai nie.
    Soen is ok nie rerig vir my nie (behalwe van Liefie) – draai ok altyd my wang.
    Ek is baie spyt dat ek nooit toegelaat het dat my 6 voet 8 oupa toegelaat my meer druk nie. Het altyd geduck en dive as hy nader kom. As jy hou vasgevat het, het jou gesig hier in sy ribbes beland en hy het jou met sy massiewe hande so laaang “dooddruk” druk gegee. Ek was toe ‘n teenager en het dit verpes. Vandag mis ek dit.

  • 16. Annie  |  Mei 16, 2008 om 7 : 52

    More almal

    Ek is mal oor soentjies en drukkies, ek soen en druk my pa en ma gereeld en my ouma. My seuns vriende soen en druk ek as ek hulle groet, my vriendinne groet ek gewoonlik net met ‘n drukkie. Ek is mal daaroor om vir iemand te wys met ‘n soen en ‘n druk dat ek omgee, maar ek soen en druk net mense wat ek ken. Ek is ‘n baie liefdevolle mens en ek verkies Soentjies EN Drukkies.

  • 17. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 7 : 52

    More almal. Ek het nou kla taxi gespeel en besluit nog of ek ‘n dvd gaan kyk of ‘n boek lees.

  • 18. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 7 : 56

    Mind you…. Ek soen en druk net my se kjinners. My ma kla gereeld dat ek ha nie drukkies en soentjies gee nie.

  • 19. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 7 : 59

    Sam hoor nou daar…. maar nes Adrie, gryp jy my en druk die dinges uit my uit op die blog jolle…. dit het maar seker iets te doen met die baie alkohol wat julle drink……😎

  • 20. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 7 : 59

    As ek baaaaaaaja van jou hou dan sal jy ‘n halwe drukkie kry. En ek soen nie, soos in glad nie. As iemand my wil soen dan sien hulle somme daai uitdrukking op my gesig. Dit sê duidelik “soen my en ek moer jou”!

  • 21. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 03

    Soen is lekke lekke lekke lekke lekke

  • 22. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 03

    Zoekoe! A nee a! Mens lieg nie so op ‘n openbare blog nie! Tsk! *fluister* moetie so hard skinner van ons blog orgies….. Uhm bedoel partytjies nie.

  • 23. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 05

    Annie… Nee man! Eks besig om te eet! Eeeuuuwww!

  • 24. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 06

    Annie, soen is lekker, maar met die regte persoon, nie sommer enige yahoo nie…. 😆

  • 25. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 07

    Zoekoe

    Dit is net ek en Sam wat jou jammer genoeg kry om jou ‘n drukkie te gee. Ons ly aan erge sinus en ruik nie te wel nie. Jou Cortina se stort geriewe suig.

  • 26. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 08

    Sam ? nou maak jy asof daar niks gebeur op die jolle nie? hoe het ek dit an met jou? 😈

  • 27. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 10

    Adrie, sies, daars niks fout met my Cortina nie, ek gebruik baie cherry lekkerruik goete op die dashboard !!! tsk !!!

  • 28. neykie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 10

    More A3 en almal

    ek verkies albei hoe meer ek kry hoe gelukker is ek😆

  • 29. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 11

    Ek like ‘n paar soetsappige lippe op my bek nou en dan.

  • 30. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 12

    Zoekoe! Die blog partytjies is staats geheim. Moet laat ek na die obs bottel gryp so vroeg by die more nie.

  • 31. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 12

    Zoekoe

    Mens kom nie skoon as jy in ‘n Cortina bad nie.

    Neykie

    Zoekoe meld aan vir diens. Hy het nie genoeg gekry toe hy klein was nie.

  • 32. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 13

    Annie

    Dit is ‘n ordentlike blog. Hou jou in.

  • 33. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 14

    Ek stem saam neykie

  • 34. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 15

    Eintlik is ek ‘n baie skaam ou…..😳 watse man laaik dit nie as ‘n mooi girl hom soen nie.. ..

  • 35. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 15

    Annie… Ek ga nou my obs borrel uitsuip en hom teen jou kop smyt. Ek hoop jy kan goed koes want ek ek goed korrel… Veral na ‘n knertsie of 10

  • 36. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 16

    Ek noem mense wat nie soen en druk nie: ou antie koekie

  • 37. Pikkelik  |  Mei 16, 2008 om 8 : 16

    More almal, ek verkies definitief ‘n drukkie in die donker. Jy maak jou een hand net ver genoeg toe dat jou vinger kan deurkom, sit dit op ‘n persoon se arm, en druk jou vinger deur die gaatjie! Sie daar, drukkie in die donker! Of nog beter, ‘n afstand drukkie, so maak mens: Sê vir die ander persoon: Sit jou linkerhand op jou regterskouer, en jou regterhand op jou linkerskouer en druk jouself!!!!

  • 38. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 18

    Nie genoeg wat gekry nie Adrie? ? hmmmm ?

  • 39. ADRIANA  |  Mei 16, 2008 om 8 : 18

    Sam

    Dankie tog jy gaan nie OBS mors nie.

  • 40. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 18

    No worries, ek kan baie goed koes Samantha

  • 41. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 20

    Pik
    😆

  • 42. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 21

    So Sam, wat jy eintlik sê is wat gebeur op die blogjol, bly by die blogjol ?

  • 43. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 21

    Zoeks

    Ek gaan Annie aan die enkels vat en jou met haar moer.👿

    Pikkie

    Dit is veilig om jou met die hand te groet. Jy gee my tipe drukkies. 😉

  • 44. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 22

    Sam

    As daar nou een ding waaroor ek kwaai befok oor is dan is dit omdat die lat wat nog my man is MY bottel OBS wat jy vir my gebring het oopgemaak het …. ek het daai bottel gebere vir innibos! lekker spitefull ne?

  • 45. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 22

    More Bos

    Jou tweede laaste Vrydag ne?

  • 46. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 23

    Die blogjol begin vir my klink soos goed wat in Vegas gebeur ….🙄

  • 47. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 23

    Bos

    Aangesien jy die drol wel skei, sou ek hom gebliksem het as ek jy was.

  • 48. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 24

    A3… ma het ons mooi geleer dat jy NIE met drank mors nie!

  • 49. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 24

    Adrie, jy weer in ‘n great bui vanoggend sien ek… ..

  • 50. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 24

    Adrie!!

    Jip!! Ons hou vandag al my afskeids braai, so vanaand gaan ek gekletter raak …. dit is of dit of tjank en ek reken ek het die laaste 45 dae genoeg gehuil!!

  • 51. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 25

    Zoekoe

    Toemaar, ek is alweer oppad uit.

  • 52. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 26

    Adrie

    Hy is dit nie werd nie ….
    Ek sal maar net nog n bottel gaan koop! Is nou wel nie die selfde nie, maar sal nou maar net moet doen …

  • 53. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 26

    Bos

    Mens mors nie jou trane oor kak nie.

  • 54. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 27

    Adrie

    Ag nee, al weer vir die heeldag?? Se hulle, hulle meng in met ons kuier tyd!!

  • 55. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 27

    Bos.. Relax! Ons koop ‘n anne borrel, suip dit uit dan druk ons dit op in sy hol! Zoeks… My lips are sealed!

  • 56. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 28

    Bos, moer hom met die bottle !!!! 😀

  • 57. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 30

    Zoeks

    Ek sou, ma hy was nog nie leeg nie, en ek mors nie drank nie ….

    Sam

    Ek se mos, ek koop n ander een, hy is nie dit werd nie!!

  • 58. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 31

    Bos, ek sal jou sommer twee litters OBS koop as jy weer vry is . . . dan kan ons celebrate 😛

  • 59. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 33

    Ek sal ‘n 5 l OBS koop. Ek hoop Mnr Bos se gat sal dit hou.

  • 60. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 33

    Zoeks… Gepraat van inibos. Ga jy saam? Ek slaap somme in my kar as da nie lê plek issi.

  • 61. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 35

    Zoeks

    Die prok. se dit gaan omtrent tussen vier en n half maande tot ses maande vat voor ons geskei is ….😦 Laat my moed sommer in my skoene sak! Ek het gehoop ons kan dit vinnig doen en klaarkry maar such is my life ….

  • 62. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 37

    Adrie
    😆 Mnr Bos met jou oopgerekte hol
    hier is nog n Obs bottel om Hom
    vol te hou!!!😆

  • 63. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 38

    Bos… Myne het amper 2 jaar gevat. Dis somme kak as jy my vra.

  • 64. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 39

    Ja, hulle verwag tussen 40000 en 45000 mense die jaar!! Verlede jaar was klaar te vol met 35000 mense daar so kan julle, julle indink … heeha, hie kom n party en n half!! Julle moet begin praat dat ek kan plek soek vir julle om te bly!!

  • 65. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 41

    Ek wonner of die obs fabriek vir ons ‘n 50L borrel sal bou……😈

  • 66. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 41

    Sam

    Maar die ergste is dat ons gaan skik. Dit is nie asof ons wil baklei nie en dit vat so lank! Kan jy nou dink as ons wel baklei het?? nee, hel dit is n ketarsis!!

  • 67. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 8 : 41

    Innie bos? wanneer is dit nou weer?

  • 68. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 42

    Sam!!!!
    😆 trane in my oe, almal kyk my skeef aan!! Kan jy imagine?? o.k, wie hier rond ken iemand wat K.Y jelly of vaseline rep???

  • 69. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 43

    Zoeks

    Volgende maand vannaf die 26 tot die 29 ste! Die woensdag tot die sondag!

  • 70. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 45

    Bos… Hies vi jou ‘n knertsie obs. Jy moet my help die borrel leeg suip solat ek vi Annie teen die kop kan smyt!

  • 71. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 47

    Sam

    Gaan jy die bloed en glas stukke skoonmaak?

  • 72. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 48

    Bos… Vigeet vanni KY. Ons doen dit all nêtjoeral

  • 73. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 50

    Sam

    Saam met of sonder ‘n olifantbul? Ek bedoel nou vir Bosdrol. Dalk ‘n blou golf ook.

  • 74. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 50

    Sammy

    Geen probleem, keep em coming, ek is lus vir kuier vandag!!!

    Annie, jy beter koes sus!! Daar mag dalk net meer as een bottel jou kant toe kom deur die loop van die dag!!!😉

  • 75. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 50

    A3… Êktwallie ga ons hom net da los en sê dis ‘n kuns uitstalling😆

  • 76. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 53

    Adrie

    Hy het klaar laasgenoemde, net n donker bloue.

    Sam!!

    EINAAAAA!!!!! Sjame, ek haat hom nie so erg nie!!

  • 77. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 53

    Zoeks… Jyt noggi geantwoord nie! Kom jy nou saam of gaan jy wee net fotos kyk wanne ons trug kom?

  • 78. Annie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 54

    Bos, dankie dat jy my waarsku, ek sal maar heeldag koes

  • 79. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 54

    Sam

    Ons kan dalk net genoeg geld verdien om die hele Innibos se drank te borg.

    “Mors met ons Bos en jy sal wens jy kan k@k”

    Naam vir die uitstalling.

  • 80. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 54

    Ons noem die uitstaling the human holie – day in!! Anal -ize the art piece for R20.00!!

  • 81. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 56

    Bos… Jy ga nog 1dag vi my dankie sê. Jy moet dit uit jou sisteem kry anders ga dit later opvang met jou.

  • 82. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 8 : 56

    Bos

    Jy sal kan aftree. Jy gaan beslis nie onderhoud nodig he nie.

  • 83. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 56

    Julle gee ‘opstopper’ n hele nuwe betekenis en dan moet ek ook bylas dat ek so bly is julle is my maakies …!!!

  • 84. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 8 : 58

    Whuhahahaha!

  • 85. Bos  |  Mei 16, 2008 om 8 : 59

    Annie

    Jy is welkom!! waar is Lilly vanmore?

    Sam

    Ja ek weet!! Ma, ek doen nie te sleg nie, life goes on oblidoe, oblida!!

  • 86. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 01

    Bos… Ej het nog baaaja idees wat ek nie oppi blog kan noem nie. Dis TE graphic as jy verstaan wat ek bedoel😉

  • 87. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 03

    Sam

    Jy kyk te veel dvd’s. Jy mag nie goed soos Saw kyk nie hoor, dit maak jou evil!!!😉

  • 88. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 04

    Zoekoe sit nou en bewe innihoek oor ons so vaiôlênt raak!

  • 89. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 04

    Sam, Bos

    Ek dink nou net daaraan. Bosdrol se hol het om darem nie gepla nie. Die olifantsbul en 50L OBS bottel moet voor ingedruk word. Dit sal hom nooit weer pla nie.

  • 90. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 05

    AANDAG ALLE ROOFLESERS!!!

    HOU OP LEES EN PRAAT SAAM!!!

    naskrif: Julle kan mos sien die bollie waarmee ons opkom omdat daar nie iets beter is om oor te praat nie!!

  • 91. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 06

    Bos

    Jip, se vir hulle.

  • 92. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 06

    He he! Klink vi my na ‘n beterder plan! Hee haa!

  • 93. Annie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 07

    Ek dink sy’s alweer hard aan die werk vir ‘n slag Bos, lyk my nie daar is tyd om te klets vir haar nie.

  • 94. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 07

    Adrie
    😆

    is hier enigeiemand wat n goeie dokter ken want bosdrol gaan nou n bosdrol girl word met die goed wat Adrie met hom wil aanvang!!

  • 95. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 09

    Annie

    Nou gooi haar n posduif en se haar dis Vrydag!! Mens is nie veronderstel om op n vrydag hard te werk nie!

  • 96. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 09

    Bos

    Ek is seker Sam weet wat om met ‘n stomp mes te maak.

  • 97. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 11

    Goeie more!

    Ek is mal oor drukkies!!! En ek groet vriende en familie altyd met ‘n drukkie en ‘n soentjie. As ek jou nie goed ken nie, kry jy soms nie eens ‘n drukkie nie nog minder ‘n soentjie.

    kliente groet ek altyd met die hand. En altyd die mense by die kerk met die hand. (almal groet so – altyd voor en na kerk)

    My Ma se baas groet sy broer en pa en almal met ‘n soen. Dit was vir ons vreeslik snaaks as kinders want ons was nie so groot gemaak nie. Maar ek moet sê vandag pla dit my glad nie.

  • 98. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 11

    Bosdrol gaan Bosdroleen word.

  • 99. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 9 : 13

    Eish !!! ek sal maar sien, die fondse is skaars Sam !

  • 100. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 15

    Nats

    Ek haal my hoed af vir die boereseuns wat hulle pa en manlike familielede met ‘n soen groet. Dit is nogal nice.

    Ek moet seker vir Sam ‘n nuwe blog opsit.

  • 101. Annie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 15

    Bos

    Ek het vir haar gese dis sonde om so hard op ‘n vrydag te werk, lyk my haar baas hou haar dop vandag.

  • 102. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 15

    Tweeling

    Waaroor jy gister gewonder het.

  • 103. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 16

    Tweeling
    Ek het jou gister aand ‘n drukkie gegee… EISH! Lyk my dit net ons handsakke en cell fone wat die selle is… ons is lyk my nie so identies as wat ek gedink het nie!

  • 104. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 16

    Sarietha Engelbrecht

    Kaapstad. – Sy weier om ’n slagoffer te bly. Dáárom het ’n moedige me. René Burger (20) haar gister vrywillig geïdentifiseer as die vrou, waaroor daar wyd berig is, wat verlede week ’n verkragting oorleef het.

    Burger, suster van die Springbok-rugbyspeler Schalk Burger, het in ’n verklaring bevestig sy is die student wat verlede week in ’n parkeerterrein by die Tygerberg-hospitaal deur drie mans oorval, ontvoer en verkrag is.

    “Die oomblik wat jy besluit om nie toe te laat dat iets soos hierdie jou waardigheid en selfwaardering, jou vertroue in ander, jou hoop in die toekoms en jou toegewydheid tot die land wat jy liefhet vernietig nie, hou jy op om ’n slagoffer te wees,” het sy in die verklaring gesê.

    Burger het ’n verklaring uitgereik deur ’n familievriend, me. Elna Boesak, vrou van die kerkleier dr. Allan Boesak.

    “Om die slagoffer van ’n gewelddadige ontvoering en verkragting te wees, is een van die mees traumatiese ervarings wat enige vrou kan oorkom.

    “Jy het egter ’n keuse oor hoe jy op hierdie werklikheid reageer.”

    Volgens adv. Dup de Bruyn, ook ’n vriend, het me. Burger na vore gekom om ’n einde te maak aan bespiegelings.

    “Sy is nie skaam oor wat gebeur het nie. Sy baklei terug en wil vir mense wys hulle moenie moed opgee nie.”

    Volgens Boesak het sy haar hulp aangebied en het die familie haar gevra om as woordvoerder op te tree.

    Sy het gesê sy het geweldig baie respek vir me. Burger en haar familie.

    “Hulle lewer ’n ongelooflike bydrae tot die bewusmaking en de-stigmatisering van hierdie kwessie. Dit het baie waagmoed en dapperheid van haar geverg om na vore te tree.

    “Sy is ’n buitengewone jong vrou. Ek het nog min mense teëgekom wat so sterk en doelgerig is. René het ’n baie dapper ding gedoen deur na vore te kom. Sy gaan nie toelaat dat hierdie ding haar definieer nie.”

    Volgens ’n vriendin wat saam met haar in Paarl Gimnasium op skool was, is me. Burger ’n baie saggeaarde mens. “Ons was baie geskok om hiervan uit te vind. René is ’n lieflike mens. Ek kan nie glo so iets het met só ’n goeie mens gebeur nie.”

    Die polisie ondersoek klagte van kaping en verkragting. ’n Identikit van een van die aanvallers is ook uitgereik, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  • 105. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 16

    Haai kyk wa trek die comments al😯 ! Ek het nog so baie om te sê! Bos… Los hom vi my. Ek weet presies wat om te doen met veraaiers. Annie… Jy beter hoop dit daai bottel wat jou tref ‘n skoon een ga wees. Adriana… Ek het baaaja stomp messe!

  • 106. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 18

    Tweeling

    Vir jou maak op elke reel ‘n uitsondering. 😉

  • 107. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 26

    Adrie
    Sam het nou net die storie gepost wat ek gister op die radio gehoor het… maar vir een of ander rede het ek die pot mis gesit ek het gehoor dis Schalk se meisie wat verkrag was.

    Dis darem maar vreeslik!

  • 108. Verons  |  Mei 16, 2008 om 9 : 26

    More! More…..
    Maar dit gaan lekker vrolik hier!!
    Ek hou van drukkies EN soentjies maar met mense wie EK kies! Het weer gisteraand vir “kleinboet” (met die langhare) gesien en as mense ons nie geken het nie sou mens sweer ek en hy het ‘n verhouding! Ons het heeltyd mekaar gedruk en hande vas gehou so nou en dan het ek sommer so ‘n skewe soen oppie wang of voorkop gekry! Moet sê ons het mekaar baie lanklaas gesien en was regtig bly om weer mekaar te sien!
    As my seun vir my kom kuier sit ek omtrent behoorlik op hom en hou sy hand die heeltyd vas! Sien die klein donner ook maar baie min!!🙂
    Verder is kies ek wie ek wil soen of druk of albei!

  • 109. Verons  |  Mei 16, 2008 om 9 : 30

    Ja shame ek voel so jammer vir die Burger gesin. Ek bewonder die jonge dame om so dapper te wees, hoop regtig sy gaan baie sterk anderkant uitkom………………

  • 110. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 9 : 31

    Hallo Nats !!! 😀

  • 111. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 31

    Verons

    Ons is dus moerse spesiaal. Party van ons net meer as ander.

  • 112. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 32

    Sam

    Nee, wat hier is dit nou als fun en games, maar dit is waar dit sal bly! Ek sal nie my tyd mors om eens met hom te praat as ek hom moet raakloop by innibos nie en ek verwag die selfde van julle …. ek watch vir jou en Adrie!!

    Zoeks!!

    Jong, nou verkoop iets!! Dis flippen lekka by die bos en bos gaan boss gaan by innibos die jaar!!😆

  • 113. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 32

    Jammer Tweeling, ek lees nie lekker vandag nie…
    jy het die comment gelos nie Sam nie!

    Ai tog!!

  • 114. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 9 : 33

    Hallo Verons mwah mwah !!! 😀

  • 115. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 34

    Bos

    En jy dink ek en Sam gaan ons aan jou steur? He He He.

    Jy is klaar gesuip.

  • 116. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 34

    Rene moet ook waarlik n sterk mens wees om optekan staan en haar self so in die kollig te plaas, veral omdat hulle so welbekend is!! Baie sterkte jong!!

  • 117. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 34

    Lo Zoekoe!!!!!!!!!!

    Ma!!!! How goes it??

  • 118. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 35

    Verons
    Dankie vir daai oulike pos duif… daai klein meisiekind kan sing!! Flippen cute!!!

  • 119. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 43

    Adrie

    Gelukkig het jy hom nog nooit gesien nie en Sam ook net eenkeer, so die kanse wat sy hom gaan herken tussen al daai mense is skaars … so ek troos my daaraan!!

  • 120. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 44

    Lo Nats!!

    My maniere is ook in die asblik vanmore!! Hoe gaan dit?

  • 121. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 9 : 44

    Al wat ek kan verkoop Bos is my kar, en dan moet ek hike soontoe …..😦

  • 122. Verons  |  Mei 16, 2008 om 9 : 54

    A3 maar natuurlik julle is mos my se kjinners!!😉

    Nats ek het nou net omtrent die hele Waste Group in my kantoor gehad want ek het klank op my computer en almal is omtrent in rep en roer oor daai klein ou dingetjie! Dis te pragtig!!!

    Zoeks…………….. MHWA!!!!

  • 123. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 57

    Stuur vir my ook toe!!! Sulke klein kindertjies wat so sing is te ou gat!! samblief julle!! Dankie!!

  • 124. Bos  |  Mei 16, 2008 om 9 : 58

    Zoeks

    Dis nou n ketarsis!! O.k ons sal maar so nood save the rhino (zoeks) fonds insameling hou vir jou!!

  • 125. Zoekoe  |  Mei 16, 2008 om 10 : 39

    😆 Ja ek weeg al amper dieselfde as ‘n rhino !!! 😆

  • 126. Salomè  |  Mei 16, 2008 om 5 : 42

    Nou kan ek tog die liedjies sing wat nog heeldag in my kop draai.

    Adrie, spesiaaaaal vir jou!
    ♫ What do you get when you kiss a guy?
    You get enough germs to catch pneumonia.
    After you did, he’ll never phone ya,
    I’ never fall in love again♪

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: