Alternatiewe Beroepe

Mei 15, 2008 at 8 : 10 111 Kommentaar

As jy enige ander beroep in die wêreld kon beoefen het, wat sou dit gewees het?

Ek sou baie graag ‘n klouterdief wil wees.  Nie oor selfverryking nie, maar oor die thril om dit reg te kry.  Ek sou maklik ‘n verslaafde kon raak.  Ongelukkig is ek pleinweg te dik daarvoor.

Volgende op my lys sou ek graag ‘n spioen wil word.  Die hele geheimhouding daarom fassineer my.  Jy leef in iemand se kop sonder dat hulle daarvan weet.  Ek is ongelukkig nie ‘n persoon wat ongesiens kan bly nie.  Ek weet ook nie of ek mense kan doodmaak vir wie ek nie kwaad is nie.

Daar is iets soos ‘n virushunter, dit is basies ‘n viroloog wat vreemde virusse soek.  Jy het nie ‘n huis nie, want jy krap orals vir ‘n groot ontdekking.  Daar is natuurlik ook nie veel geld.  As jy die monster gekry het, kry jy dalk ‘n Nobel prys, maar iemand gebruik dalk jou fonds om die wêreld te oorrompel.

Ek wil graag ‘n maatskaplike werkster wees.  Met die salaris wat jy verdien kwalifiseer jy self vir ‘n maatskaplike toelaag.  Jou hande is ook afgekap om ‘n daadwerklike verskil te maak.

Wat sal jy graag wou word?  Gee jou drome vandag vrye teuels.  As die post te ligsinnig vir jou is, of jy haat verkragting – lees asseblief my vorige inskrywing.

Blogvraag:  Wie is die mans op die 4 hoeke van die Voortrekker Monument?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dit is die vernietiging van alles wat vir ‘n vrou mooi behoort te wees. Hugs or kisses?

111 Kommentaar Add your own

  • 1. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 35

    Eerste!

  • 2. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 37

    More Sam

  • 3. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 41

    Mirrag!

  • 4. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 42

    My sel willi saam werki😥

  • 5. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 43

    Sam

    Wat sal jy graag wil wees?

  • 6. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 44

    Andries Pretorius, Piet Retief, Hendrik Potgieter en ek weet nogsteeds nie wie die 4de is nie

  • 7. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 45

    ‘n Prokureur

  • 8. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 48

    Waar issi anne maaikies?

  • 9. Jaco  |  Mei 15, 2008 om 8 : 49

    Ek sou nogal maklik ‘n professionele ontdekkingsreisiger kan word ala Kingsley Holgate.
    ‘n Soldaat in ‘n elite eenheid soos wat ek wou wees voor SAW en seuns na die honde gegaan het. Dalk iets soos die britse SAS.
    ‘n Game Ranger, net jammer die pay is so goor

  • 10. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 49

    Sam

    Geen idee. Jou blog waaroor jy gekerm het, het ek gistermiddag opgesit. Het jy dit gesien?

  • 11. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 52

    Hallo Jaco

    Dit is verbasend hoeveel mense wou wild bewaarders word. As geld nie ‘n issue was nie.

  • 12. neykie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 53

    dit lyk beter

  • 13. Pikkelik  |  Mei 15, 2008 om 8 : 57

    Dr Livingstone I presume… Ek het nog altyd ‘n begeerte gehad om vreemde plekke te ontdek en verken. Maa nouja, nou maak ek maar my kinders groot… ook nogal vreemde plekke noudat ek daaraan dink! 😆

  • 14. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 8 : 57

    Môre almal en
    Sam(ek het na jou verlang)

    Ander beroep? tel “Terminator” as ‘n beroep????? As die antwoord nee is, dan sou ek graag my voet op die maan wou sit….

    Adrie hoekom loop jy so laat in die nag in die strate rond? (ek het jou geantwoord op my blog 😆 )

    Dankie vir ‘n lekkerder inskrywing, jy bly maar my favourite dogtertjie !! 😉

  • 15. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 8 : 58

    Pikkie kinders groot maak is die lekkerste werk op die aarde…..

    Hi Neykie hoe gaan dit

  • 16. Verons  |  Mei 15, 2008 om 8 : 58

    Ek kan myself as ‘n celebrity sien met baaieee geld!!😉

    Ek wou regtig nog altyd net ge-act het maar daai jare was daar glad nie geld in toneelspeel in SA gewees nie!

  • 17. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 01

    Verons

    Daar is nog steeds nie geld nie.

  • 18. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 9 : 03

    Verons daar is steeds nie geld in SA nie. Maar ons moet vir Steven Spielberg skryf, hier in SA is ‘n girl met hope acting skills wat nie raakgesien word nie…….. 😆 die rooi tapyt wag vir jou….

  • 19. Jannas  |  Mei 15, 2008 om 9 : 21

    Hoop dit post!
    More almal.
    Dis ‘n groot gesukkel om hier te post. Word Press dink ek praat te veel, al het ek nog niks gesê nie.

    Toe ek klein was, wou ek ‘n ask….r geword het. Dit het tog so lekker gelyk om agter die lorrie aan te hardloop en die dromme op te gooi. Toe wou ek ‘n brandweerman, polisieman, en nog baie ander word. Laaste wou ek ‘n Weermag rekkie en dan ‘n vlieënier word. Met terugkyk het ek my drome verwesentlik (behalwe die ask…r een). Sou niks anders wou doen as ek kans sou kry om dit oor te doen nie. Wat wil ek nou doen, nadat ek alles klaar reggekry het? ………… uhm………..uhm……….ê…êê…..uhm….. Niks – wil gaan laaaaaang vakansie hou en die land en wêreld deurrys.

  • 20. Verons  |  Mei 15, 2008 om 9 : 24

    Wel ek dink as ek dalk ‘n “actor” geword het was ek verseker vandag beter af as nou!!
    Maar nou ja dis verbrande as….😦

  • 21. Annie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 29

    Hallo julle

  • 22. neykie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 37

    wip dit gaan baie goed en met jou.

    My beroep dis nie out of this world nie maar ek sal love om in die army te gaan werk

  • 23. Verons  |  Mei 15, 2008 om 9 : 38

    Hallooooooo Jannas
    Ek wil nou nie te gou bly raak nie maar dit lyk of die probleme met wordpress nou uitgestryk is???

  • 24. Jannas  |  Mei 15, 2008 om 9 : 38

    Maar Verons

    Jy is ‘n goeie aktrise (ps – hulle leef ook maar op ‘n hongerloon – dis die wat hulle enige iets op die skerm doen -‘sing en dans vir jou brood’

  • 25. Jannas  |  Mei 15, 2008 om 9 : 40

    Hi Verons
    Ek kyk maar.
    Neykie
    Jy WIL NIE in vandag se weermag wees nie. Ek belowe jou.

  • 26. Verons  |  Mei 15, 2008 om 9 : 40

    Neykie
    Ek wou ook “army” toe gegaan het! Ek was klaar gekeur en als…..
    Ongelukkig het ander faktore gekeer dat ek kon gaan, wonder net as ek gegaan het waar sou ek vandag gewees het!😕

  • 27. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 9 : 41

    Jannas daai vakansie klink lekker…

    Neykie, wat wil jy in die army doen, oorlog maak😆

    Verons ek is bly jou probleme met wordpress is verby

  • 28. Jannas  |  Mei 15, 2008 om 9 : 44

    Wipneus

    Die weermag kan nie meer oorlog maak nie – hulle uitrusting is stukkend en die troepe se tande val uit. Al wat hulle nou doen is trek pay en mors belasting geld.

  • 29. Verons  |  Mei 15, 2008 om 9 : 45

    😳
    Jannas dit was regtig (eintlik tot vandag toe) my droom gewees om te kan toneelspeel, op skool het ek aan al wat ‘n kunswedstryd item deelgeneem waarin ek kon!
    Ek het 1 keer die ATKV toneelspeelster van die jaar gewen, in my voordragte het ek altyd onder die 1e drie geëindig ek kon net nie die sing ding lekker regkry nie alhoewel ek altyd die koor gehaal het!

  • 30. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 9 : 46

    Jannas whaahaahaa het SA tandlose troepe????

    Verons heita jy is nie van hier nie nê?

  • 31. neykie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 54

    ek is al so goed in oorlog maak mense is bang vir my en dit is my eie vriendin whahaahaa.

    Jannas as ek net ‘n paar jaar vroeer gebore was sou ek wou army toe gaan

  • 32. Roer  |  Mei 15, 2008 om 9 : 56

    ‘n Argitek. Verseker.

  • 33. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 9 : 57

    Roer jy sal goed doen, hoe gaan dit met jou trein projek?

  • 34. Jannas  |  Mei 15, 2008 om 10 : 04

    Wipneus

    Ja tandloses wat rooistrikkie virusse ronddra. Dis erg, die weermag het nie een battaljon wat op sy eie kan ontplooi nie – almal se troepe is siek. Hulle moet die gesondes tussen die eenhede uitsoek en saamgroepeer en hulle sukkel om genoeg te kry vir al die buitelandse ontplooiings

    Verons

    Maar jy gebruik mos jou talente by die werk!

  • 35. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 04

    Adrie

    Ek stem saam oor n spioen!! Soos 007, net n femme fatale!! op meer ernstige nood, ek wou nog altyd met diere werk en hir is dit wat ek wou word:

    1. marine bioloog
    2. veearts
    3. wildbewaarder of enige iets wat met die wildtuin uit tewaai het. Dit is darem die enigste plek op aarde waar mens weer mens kan word, so tussen die wild en die natuur, al sien ek niks is dit vir my n voorreg om daar te kan wees!
    4. enige iets wat met perde uit te waai het! Is baie lief vir perde!!

    Net nie die DBV nie, want my hartjie is te klein, ek kan dit nie hanteer om te sien dat mense diere so kan mishandel en weggooi nie, ek sal al wat dier is wil aanneem, maar dit is ongelukkig nie moontlik nie, so ek bly maar weg!

  • 36. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 07

    Jinne Jannas wat vertel jy my nou ? 😯

    Hello Bos hoe gaan dit??

  • 37. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 09

    Testing 1 2 3

  • 38. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 10

    I’m back! Hallo almal. Mwah! Mwah! Mwah!

  • 39. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 11

    Hello Sam!!! mwah mwah en nog ‘n mwah

    hoe gaan dit

  • 40. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 14

    Ouma! Dit ga beter nou dat ek wee kan blog. Simpel ding wil my seke nie hie hê nie. Tsk!

  • 41. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 16

    Lyk my daar was probleme met die blog ding, maar Verons sê dit gaan nou beter met haar blogging ook…

    Ons mis julle te veel as julle nie hier is nie

    Adrie start daai selfoon!

  • 42. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 16

    Het iemand nou al die 4de ou se naam van die vraag?

  • 43. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 17

    Het iemand nou al die 4de ou se naam van die vraag?

  • 44. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 19

    Wip!!

    Gaan goed dankie en self??

    Sammy!!

    Hoe gaan dit ou girl? Slaap jy darem nou al?

  • 45. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 19

    Sam

    Die 4de persoon is die Onbekende voortrekker. Jy was al weer reg. Hy is om al die ander voortrekkers te verteenwoordig.

  • 46. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 22

    Bos!!! Die slaap kom nou so stuk stuk jong. Ek vigeet elke keer om vi jou te sê Tègan stuur groete en ‘n mamoerse drukkie.

  • 47. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 23

    Bos dit gaan goed dankie, maar ek het besluit ek sal die dag maar liewer besope deur bring en sodoende my medemens baie moeilikheid spaar….. vol tantrums die laaste week😆

    Mooi Sam!!! jy is alweer reg, wat gaan ons met jou brein doen, bottel as jy dood is?

  • 48. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 25

    Adiana…. Jy lieg! Eish! Ek sal volgende keer my bek hou sodat iemand anders ook kan antwoord.

  • 49. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 26

    Sam

    Die 4de trekker is geniune die onbekende trekker. Die vergadering begin. Sien julle later.

  • 50. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 29

    Sam hoe sal ons nou geweet het dis die man sonder naam….

  • 51. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 29

    Sam

    Neykie het die vorige vraag reg gekry.

  • 52. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 32

    Wip

    Ek hou van daai manier … ek gaan dit ook probeer!!

    Sam
    😯 Kan die kind my nog onthou??? sherbet!! Maar se vir haar, haar tannie bos stuur net so groot drukkie terug en ek verlang, hulle moet vir my kom kuier dan gaan ons almal saam na oom Paul se wille tuin toe!!

  • 53. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 33

    A3…. Ek wonner hkm…

  • 54. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 38

    WANT SY LEES MEER AS JY!!!!

    Dit is hoekom sy dit regkry.

  • 55. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 41

    Arme Sam 😦 Haar ore tuit nou nog van die geskreeu

  • 56. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 41

    Bos… Daai kjind onthou ha hond wat sy gehad het toe sy 2 was

  • 57. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 44

    Wip
    🙂

    Sam

    O, ja, ek onthou nou …. ma nes haar hond het ek seker dan maar n impak op haar gemaak, ek dink nie sy is die tipe wat goed onthou as dit nie vir haar lekker was nie, so ek voel erg ge eerd!!😳

  • 58. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 45

    Party mense word dan uitgekak as hul teveel reg antwoord👿

  • 59. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 46

    Het ek nie gehoor iemand moet na ‘n vergadering gaan nie

  • 60. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 48

    Bos jy het verseker ‘n impak gemaak, het jy haar dalkies bederf gee tips?

  • 61. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 50

    Bos…. Partykeer wens ek dat sy nie so ALLES kan onthou nie!

  • 62. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 10 : 53

    Mense…. Ek praat later weer met julle. Die pocorn he gepop en my movie wag dat ek play druk.😉

  • 63. Riaan Oosthuysen  |  Mei 15, 2008 om 10 : 54

    Vliënier. Dan is ek nader aan my skepper.

  • 64. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 55

    Wip

    Nee ek moet se, Sam het net so reg voor die einde van die maand kom kuier en geld was maar skraps … ek dink dit was meer my hond wat haar laat onthou wie ek is en o, ja, seker dir tripie sudwala grotte toe daar by die dinosour park. Die kinders het dit nogal geniet …

    Sam

    hmm, ek hoor wat jy se, maar sy is nog jonk, sy sal dit ontgroei. some memories do fade away …

  • 65. Bos  |  Mei 15, 2008 om 10 : 57

    Baai Sam

    Hello Riaan!

    Welkom! My ma se ook altyd dat sy vir n rede swak oe het want sy is erg hoogtevrees en haar oe is swak omdat Liewe Jesus weet sy hou nie van hoogtes nie, so as hy kom en sy kan nog sien gaan sy net haar ogies styf toe maak en nie af kyk nie, want saam gaan sy saam!!

  • 66. Pikkelik  |  Mei 15, 2008 om 10 : 59

    Wip is jy nog hier?????????

  • 67. Bos  |  Mei 15, 2008 om 11 : 05

    Julle, ek gaan maar ook vir eers groet!! Het so paar dingetjies om te doen!! Loer weer later in!!

  • 68. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 10

    Ja Pik

  • 69. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 11

    Bos die Grotte is verseker ‘n groot onthou!! 😉

  • 70. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 13

    Hi Riaan, ‘n vlieënier kan net lekker wees, hoe sê Juanita: vlieg hoog!!! Dis my nuwejaarsvoorneme vir 2008 😉 Ek vlieg die jaar hoog…..:lol:

  • 71. Pikkelik  |  Mei 15, 2008 om 11 : 15

    Wip, jy het nog nie eers gepost vanoggend nie, en jy kuier dat die bloed loop. Adrie het gepost, die ander het nie posts nie, maar jy, jy het absoluur geen verskoning. Loop post nou dadelik, moenie dat ek jou op jou pligte wys nie. :mrgreen:
    Adrie – kan jy nie jou stem dik maak nie!!!!!

  • 72. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 23

    Ek post nie vandag Pikkie ek lê besope rond

  • 73. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 23

    Ek het gister voorsorg getref vandaar die 2 posts gister 😆

  • 74. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 26

    Pikkie ek lê net besope op my blog rond…en giggel…die kwaaigeit weg 😆

  • 75. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 29

    Waaroor kan ek tog vandag post Pikkie? Wyn dalkies?

  • 76. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 36

    Ek gaan nou begin feeste hou sien julle later….

  • 77. Pikkelik  |  Mei 15, 2008 om 11 : 37

    Wip – witbrood en spirits! Het nog nie so een hierrond gesien nie!

  • 78. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 1 : 57

    En as almal vandag nou so stil is?
    Die post laat my dink aan “Groenie Die Drakie” – die arme ding wou tog so graag ‘n brandweer man wees.

  • 79. Zoekoe  |  Mei 15, 2008 om 2 : 00

    Hallo julle…. shiewis ek was besig vanoggend, kry nou eers kansie om te chat !!! 😀

  • 80. Roer  |  Mei 15, 2008 om 2 : 01

    Hi almal.

    Riaan, jy hoef net te dooi. Dan is jy sommer BY Hom. (Grap net hoor).

    Wip, askuus. Nie veel op die oomblik nie. Wag vir pay-day sodat ek weer boumateriaal kan koop. Heng, miskien moes ek ‘n bouer geword het.

    Sam, ek onthou vir Groenie! Schweet.

  • 81. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 2 : 15

    Roer
    Het jy gesien hoe lyk ‘n bouer se vingers? Nee wat dankie.

    Ek dink en dink, maar weet nie wat ek juis anders wou gewees het nie. Dalk iemand wat events reël. Ek wil definitief nie altyd die kok wees of die decorator nie, maar om alles te beplan sal vir my werk.

  • 82. Annie  |  Mei 15, 2008 om 2 : 17

    Hallo almal

  • 83. Zoekoe  |  Mei 15, 2008 om 2 : 24

    Ek wil ‘n ryk playboy word, wat hard werk om sy biljoene te spend op tropiese eilande met bote en vinnige karre !!!

  • 84. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 2 : 26

    Hallo Annie
    Waars ons mom-to-be?

    Zoekoe, dit klink na pret. Ek het al gewonder of mens kan moegword van te veel “kuier” want as ‘n vakansie te lank raak wil ek altyd terug huis toe. Maar so aanhoudende vakansie . . . ek weet darem nie.

  • 85. Zoekoe  |  Mei 15, 2008 om 2 : 34

    Maar Salomè, die beste deel is dat ek gaan baie vriende/ dinne nodig hê om my te help spend aan daai biljoene !!! 😉

  • 86. Zoekoe  |  Mei 15, 2008 om 2 : 36

    Hallo Annie 😀 😀

  • 87. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 2 : 38

    Mirrag! Zoeks…. Eks nou da! Start solank die limo😉

  • 88. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 2 : 41

    Onthou net as ek vrdwyn is dit oorlat die blog te vol geraak het. Salami kan mos so baaaaja praat!

  • 89. Annie  |  Mei 15, 2008 om 2 : 41

    Die mom-to-be lyk my het te veel werk vandag. Hallo Zoekoe *mwha*

  • 90. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 2 : 43

    Watse gesoenery ga hie aan😯

  • 91. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 2 : 48

    En weg is almal!

  • 92. Zoekoe  |  Mei 15, 2008 om 2 : 54

    Sam Q vir jou stuur ek somme dadelik die grootste langste blinkste limo wat in die land beskikbaar is….

    Mwah ! Annie 😳

  • 93. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 3 : 02

    Zoekels!

  • 94. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 3 : 09

    Lyk my almal is hard aani werk

  • 95. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 3 : 10

    Samantha!!!
    Jy’s alweer vieslik met my. Moet ek sing?

  • 96. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 3 : 11

    Ek werk hard ja. My husihulp het besluit sy wil vandag ‘n alternatiewe beroep beoefen – sy wil siek wees. Nou moet EK die wasgoed ophang

  • 97. *lilly*  |  Mei 15, 2008 om 3 : 57

    Hallo hallo

    Loer net vinnig in. Die werk is maar net te veel vandag kan nie tussen in kom oe wys het nie.

    Ek sou graag enige iets wou word wat te doen het met die natuur, wild of biologie.

  • 98. Nats  |  Mei 15, 2008 om 4 : 01

    Hello!

    Mmmmm… ek wou nog altyd ‘n argitek geword het. Mal oor enige ding te doen met huise. Ek is mal oor huise, die ontverp… interesante hoekies en draaitjies… ek teken nou nog huise!! Mal daaroor!

    2) Iets met diere, nie so veel diere mishandeling nie maar meer in die wild. Diere groot maak, leer en beskerm ens.

    3) ‘n Juffrou – van kleins af nog altyd ‘n juf geword het!!

  • 99. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 4 : 13

    Tweeling

    Ek is bly om te sien jy lewe nog. Wat is nuus?

    Lilly

    Werk jy darem af en toe?

  • 100. ADRIANA  |  Mei 15, 2008 om 4 : 14

    Ek wou ook op ‘n stadium ‘n onnie word. Tydelike kranksinnigheid.

  • 101. Nats  |  Mei 15, 2008 om 4 : 28

    Tweeling
    Ons het sovêr ons beste 3rde maand!!! Gaan lekker dol!

    Ek het ‘n baie weird storie gehhor gister aand… baie lang storie maar in kort.

    Man help sy vrou om haar ma wat by hulle bly hospitaal toe te vat (groot tannie) Oppad kar toe sterf sy. Bel ambulans… tipies SA kom die ambulans nie… uur later ry hulle hospitaal toe met haar op die agter sitplek. Hospitaal bevestig na seker 3 ure sy is dood (maar hulle het dit al geweet)

    Hospitaal sê hulle kan nie die lyk vat nie, hulle moet dit na ‘n lykshuis toe neem (????? hospitale kan mos!) Anyway. Hulle ry toe Brits toe (wie weet hoekom) teen 80km/h. (amper 3 ure terwyl sy vrou histeries huil!) Lykshuis sê hulle het ‘n dokters brief / report nodig. Na episode by hospitaal is lykshuis toe… gaan toe polisie toe – tipies SA weet hulle ook nie wat om te doen nie. Sê toe hulle kan haar lyk daar in ‘n voertuig (agter in ‘n van) hou tot die volgende dag.

    Hulle was albei histeries da weg, want dis haar ma… maar wat anders moes hulle doen??

    Eish die nuwe SA!!

  • 102. *lilly*  |  Mei 15, 2008 om 4 : 29

    A3

    Jys viestelik. Ek werk altyd…wanneer daar werk is om te doen en wanneer die ‘baas’ hier is

  • 103. *lilly*  |  Mei 15, 2008 om 4 : 32

    Nats

    Dis verskriklik. Ek sweer ek sal nie die saak daar laat nie. Ons fantastiese SA ne?

  • 104. Nats  |  Mei 15, 2008 om 4 : 36

    Adrie
    Ek sal nooit my ma se lyk so kan rond ry vir ure nie, en nog minder by ‘n polisie stasie los nie. Shame, dis regtig verskriklik!!

    Ek sou maar vir die ambulans gewag het.

  • 105. Nats  |  Mei 15, 2008 om 4 : 39

    Askies Lilly!!
    Die comment was vir jou bedoel!!

  • 106. *lilly*  |  Mei 15, 2008 om 4 : 46

    Nats

    Ja en dan daarna moerse vure onder hul swart asses gemaak het.

    Ek moet nou gaan. Huis huis wonderlike huis.

    Chat weer more

  • 107. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 5 : 06

    Ek weet wel dat ek beslis nie ‘n onnie of ‘n dokter wil wees nie.

  • 108. sonkind  |  Mei 15, 2008 om 8 : 11

    Ek wil ‘n skrywer op die Bahamas wees; of ‘n advokaat; of ‘n bergklimmer (is daar so ‘n beroep?).

  • 109. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 9 : 33

    Sonkind

    Snaaks genoeg, my ma se snork toe ek ‘n advokaat wou word, het my van die idee afgesit. Ek wonder of ek nie ‘n fout gemaak het nie.

    Ek weet nie of ek die talent het nie, maar ek is besig om ‘n boek te skryf.

  • 110. Nina Smit  |  Mei 13, 2009 om 3 : 00

    Helle amal.. ds ek en liezel. julle amal moet dramaqueens word soos julle aangan…….

  • 111. Adrie  |  Mei 13, 2009 om 3 : 05

    Hallo Nina

    Enige significance in die naam?

    Ons is reeds drama queens, maar dit bring nog nie geld in nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: