Dit is die vernietiging van alles wat vir ‘n vrou mooi behoort te wees.

Mei 14, 2008 at 4 : 36 33 Kommentaar

Dit is hoe Sonkind se ma jare gelede verkragting beskryf het.  Ek dink nie mense besef altyd die volle omvatting van ‘n verkragting nie.  Ek wou eers gesê het mans, maar daar is te veel vroue wat in ‘n borrel lewe.  Wat dink verkragting is ‘n straf, iets wat ‘n vrou kon voorkom het.

Een van die mees ontstellende dele vir my in “Dis ek, Anna” is waar sy met die dominee oor haar stiefpa praat.  Hy het haar dadelik 50 % van die skuld gegee – hy het net aangeneem dat Anna hom verlei of aanmoediging gegee het.  Walglik soos wat dit is, is dit wat baie mense vandag nog dink.  Dit is net te gemaklik in die borrel, hoekom wil jy nou daaruit kom en jou oë vir werklikheid oopmaak.  Dit is ‘n onaangename onderwerp, maar hoe gaan mense daaroor opgevoed word as dit altyd vermy word. 

Om mee te begin, elke vrou het die reg om kaal die straat af te stap sonder om verkrag te word.  Mans is veronderstel om nie diere te wees nie, hulle kan hulle self beheer.  Verkragting gaan 95% van die tyd nie oor seks nie, maar eerder oor dominasie en vernedering.  Vernedering erger as die dood.  Uitlokkende klere of selfs uitlokkende gedrag kan nie verkragting regverdig nie.  Mans is veronderstel om die sterker geslag te wees, dit sluit sterkte van gedrag en beheersing in.

Verkragting is die ergste ding wat met ‘n vrou kan gebeur, al was sy nie seer gemaak nie.  Haar innerlike wese word vertrap.  Daar is nie versagtende omstandighede daarvoor nie.  Hy het haar darem nie dood gemaak nie of hy was teer met haar is nie aanvaarbaar nie.  Dat maak nie haar trauma beter nie.  Die liggaam genees, die gees nie.  Dit word dikwels nie in die howwe verstaan nie.

As ‘n verkragter wel tot verantwoording geroep word, word die slagoffer weer en weer en weer verkrag.  Sy moet die daad tot in die fynste besonderhede beskryf, terwyl haar karakter in flarde geskeur word.  Wie kan haar dan blameer dat sy nie polisie toe gaan nie?  Die polisie self is ‘n probleem, hulle behandel dikwels nie die slagoffers met die nodige sensitiwiteit of agting nie.  Daar is selfs gevalle waar vroue uitgelag, bespot of nie geglo is nie.

Het julle al ooit geluister as ‘n verkragtersslagoffer haar storie vertel?  Eerstens is dit ‘n saak wat strictly-confidential-need-to-know-only is.  Jy sal dit net in buitegewone omstandighede hoor as hulle jou vertrou.  Hulle mag sorgeloos en prettig wees, tot hulle jou vertel.  Dit is iets wat baie moeilik is om aan te hoor.  Jy gaan voel wat sy voel en net so magteloos wees.  Dan word alles weer toegekrap en julle gaan aan soos altyd.  Maar jy sal weet.  En jy sal weet dat jy haar nooit daarmee kan help nie.

Ek wil met ‘n paar los gedagtes afsluit.  Ek het eendag gelees dat ‘n goeie man aan ‘n groepsverkragting saam met vriende sal deelneem, al sou hy die vrou in ander omstandighede gehelp het.  Sterkte van karakter.  Mans word ook verkrag.  Dit is vir hulle net so erg.  Vroue kan ook verkrag, ‘n vrou kan selfs ‘n man verkrag.  Pornografie kan veroorsaak dat kinders verkrag. 

Verkragting is sielsdodend.

Blogvraag:  Wie het “I have life, Alison’s Journey” geskryf?

Blogantwoord:  Sam was reg, mxit was van laat 2003 beskikbaar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mxit Alternatiewe Beroepe

33 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 14, 2008 om 4 : 41

    Hi Adrie,

    Goeie inskrywing, ek sal later kom gesels 😦

  • 2. Wipneus!  |  Mei 14, 2008 om 4 : 54

    Hierdie is ‘n baie goeie inskrywing en alles wat ek sou en wou sê is daarin saamgevat. Dit is die ergste ding wat met ‘n vrou kan gebeur, sy is dood…..
    Sy het definitief berading nodig en selfs met berading sal dit nog baie tyd neem, om oor die verkragting te kom.
    Goddank dit het nog nie met my gebeur nie, maar dit het wel met ‘n baie jong familie lid van my gebeur, en ons ervaring van die hele situasie is baie traumaties….

  • 3. Pikkelik  |  Mei 14, 2008 om 6 : 12

    Ongelooflike goeie inskrywing. Ek het niks om by te voeg nie.

  • 4. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 8 : 26

    Goed gesê. Dit roer ‘n mens. Maar dis weer een van jou blogs wat ek liewer sal oor slaan.

  • 5. sonkind  |  Mei 14, 2008 om 8 : 42

    Uitmuntend geskryf. Jou woorde raak diep. Verkragting is die ergste wat met ‘n vrou kan gebeur. Ek haal my hoed af vir vrouens wat die sterkte van gees het om dit te oorleef en bo die vernedering uit te leef.

    Ek weet nie of ek sou gerus het as ek of een van my geliefdes so iets oorgekom het nie. Ek dink ek sou wraak geneem het, en daarna kon maar gebeur wat moes.

    ‘n Ongelooflike boek om ook te lees, is “A Time to Kill” van John Grisham, oor ‘n pa wat sy dogtertjie se verkragting gewreek het.

  • 6. Adrie  |  Mei 14, 2008 om 10 : 39

    Lyk my ek het almal tot stilswye gedwing vandag. Sal iets ligsinnig gaan soek vir more.

    Wipneus

    Jy het al genoem van julle familielid. Verkragting raak nie net die slagoffer nie, maar die hele netwerk om die slagoffer. Daarom moet almal berading kry.

    Salome

    Ongelukkig kan die lewe nie pret en plesier wees nie. Mens moet somtyds die onaangename in die gesig staar.

    Sonkind

    Ek kon dit nie beter as jou ma stel nie. Ek moes al meer as een keer die slagoffer se kant hoor. Dit is swaar. Dit is nie so maklik om iets te wreek wat jare terug gebeur het nie. Dikwels nog voordat ek hulle ontmoet het.

    Ek het ‘n A time to kill al gekyk. Ek sal na die boek gaan soek. Ek het baie van die fliek gehou.

  • 7. Salomè  |  Mei 15, 2008 om 7 : 37

    Adrie
    Ek is baie bewus van die lewe se donker kant, maar as ek kan KIES om liewer die Liewe Heer se son en mooi blomme te sien, dan doen ek liewer so.
    Ek sal maar liewer weer kom saam sing dankie.

  • 8. Roer  |  Mei 15, 2008 om 7 : 39

    Ek het nog nie die fliek gesien nie. Môre!

  • 9. Roer  |  Mei 15, 2008 om 7 : 45

    Ek’s laat vir werk en my haardroër is stukkend! Die blommetjies moet nou eers wag!!

  • 10. Annie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 01

    Ek het “Dis ek, Anna” gelees al, toe ek die boek begin lees het kon ek nie ophou nie, ek het my ogies uit gehuil. Dit is vir my vreeslik erg as ‘n kind se stiefpa haar verkrag (dis vir my erg as enige iemand verkrag word), en dan verkrag die stiefpa nog sy eie dogtertjie ook en die ergste van als is, dat haar ma haar nie geglo het nie. Ek sal verkies om dood te gaan voor ek verkrag word.

  • 11. neykie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 05

    Marianne Thamm het die boek geskryf.

    More more hoe gaan dit met julle vanmore.

  • 12. neykie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 22

    is almal dood? of slaap julle nog in die julle warm beddens

  • 13. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 29

    More almal

    Annie, daardie boek is boeiend al is dit hartverskeurend. Die ma behoort gehang te word.

    Neykie

    Hulle boikot die post want dit is te swaar.

  • 14. Verons  |  Mei 15, 2008 om 8 : 32

    More….
    Noudat ek kan saam kuier is die onderwerp baie swaar!😦
    A3 ek kan niks byvoeg by wat jy gesê het nie, want glo my as dit my moet oorkom sal ek eerder selfmoord pleeg voordat ek aangaan met my lewe!!
    Die boek “A Time to Kill” is baie beter as die fliek jy moet hom eenvoudig net lees!
    Oor “Dis ek Anna” wil ek glad nie praat nie, ek het nog nooit die hele boek gelees nie maar wel ‘n uittreksel van hom, iemand baie naby my het op die oomblik die boek en ek kan dit nie by haar kry nie, want die boek hou vir haar te veel persoonlike ervarings in! Ek is net bang die boek krap waar dit nie moet nie!

  • 15. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 36

    More Ma

    Ek het ‘n ligter onderwerp opgesit, teen my sin.

    Ek het die boek op Sterretjie se aandrang gelees. Dit is briljant. Ek hoop Elbie Lotter skryf weer in die toekoms. Myne is ongelukkig by my broer op die oomblik.

  • 16. Verons  |  Mei 15, 2008 om 8 : 52

    Ek weet die boek is briljant, as ek dit nie mis het nie is dit net ‘n “once off” boek wat sy geskryf het, ek moet tog weer die artikel gaan soek wat ek gelees het oor die boek!
    Ek het dit jare terug gelees en ek wou nie die boek daai tyd nie eers aan die persoon genoem het nie, maar iemand anders het nou die dag (‘n paar maande terug) die boek vir die persoon gegee………….

  • 17. Bos  |  Mei 15, 2008 om 9 : 52

    More almal!!

    Goeie post Adrie!!

    Ons het verlede week hier by ons in die dorp n verkragtings situasie gehad waar n jong swart dogtertjie van twaalf jaar oud in een van die vleie verkrag is langs n winkel kompleks. sy het op een of ander manier losgekom en alarm gemaak. die verkragter het in die vlei weggekruip en soos die mense verby gery het, het hulle gestop omdat daar al so baie mense langs die vlei gestaan het om te soek vir die man. Daar was so baie mense wat omtrent vir n halwe kilometer n kordon gevorm het om die vlei terwyl die polisie en sekuriteits maatskappy lede die vlei gefynkam het. Dit was n ongelooflikke gesig om te sien!
    Die man het egter weggekom.

    Ek moet wragtig nie so ou in die hande kry nie. Verkragters verdien die hoogste straf denbaar! Veral waar dit kinders aanbetref. Dit is nie n grap om verkrag te word nie en die emosionele letsels gaan nooit weg nie! Die dogtertjie kry darem nou behandeling, maar as sy nie die gebeurtenis verwerk nie, gaan dit nog vir baie jare by haar spook. Dit is so hartseer!

  • 18. Nats  |  Mei 15, 2008 om 3 : 51

    Hello!

    Tweeling, ek kry sommer trane in my oe… mooi gekryf.

    Ek sal nog die boek “Dis ek Anna” lees, en wil sommer nou “A time to kill” ook lees en boonop moet ek nog Daleen se boeke ook gaan soek!! Lyk my ek moet maar so paar maande af vat om te lees!

    Topic
    Ek wil nooit ooit verkrag word nie, dit is vernederend en ek as persoon sal sterf. Ek kry nagmeries om net daaraan te dink. Dan wil ek nie eens weet hoe dit vir ‘n klein dogtertjie voel wat nog nie eens weet wat seks is nie, en dit deur iemand wat jy moet vertrou en jou beskerm.

    Bos
    Ek wens hulle het daai man gevang, ek glo hulle sou hom sy les geleer het!

  • 19. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 8 : 21

    Heavy! Hierdie blog het ‘n baie groot wond oopgekrap. Waar sal ek begin….. Seke ma by die begin. Ek was ‘n pragtige onskuldige dogtertjie wat pas ha 16de verjaarsdag gevier het. Die lewe loop snaakse draaie met ‘n mens. Ek sal nooit daai dag vergeet nie. Party dae voel dit of net vannoggend gebeur het en ander dae vergeet ek heeltemal van die groot onreg wat die 10 mans aan my gedoen het. Dit was net na middagete toe ek besluit het om na my vriendin se huis toe te stap. Daar aangekom, kry ek toe ‘n paar seuns wat kastig die huis oppas terwyl my vriendin en ha ouers weg is vir die naweek. Hulle nooi my toe om koeldrank saam met hulle te drink. Wat hulle in daai koeldrank gegooi het weet ek tot vandag toe nie. Alles het om my begin draai en toe gebeur dit…. Die unthinkable. Dit het gevoel soos ‘n leeftyd maar eventually kon ek losbreek en weghardloop. Ek het vir niemand van die aaklige gebeure vertel nie. Hoe kon ek? Die vernedering om in die hof te gaan staan en weer elke oomblik te herleef het my na stilswye gedwing. Ek was nooit wee dieselfde nie. Die gebeure het by my gespook en ek was ‘n wrak. Ek het uiteiendelik op die ouderdom van 21 besluit om ‘n sielkundige te sien. Syt my in so ‘n mate gehelp dat ek weer die mooi in die lewe kon sien. Met die jare saam het die groot seer se herhinneringe vaag weg na iemand anders se seer begin lyk. Al 10 daai mans is vandag dood en ek kan met trots sê dat ek nie meer die erg haat in my het nie. Ek kan ook nie jok en sê dat die seer heeltemal weg is nie. Elkekeer wat ek van enige verkragting voorval hoor, gaan ek op my kniegies en vra die Here om daai persoon van binne af heel te maak. Die stukke wat aan skerwe lê het spesiale gom nodig om weer aanmekaar gesit te word. En net Hy kan. Op jou eie kan jy dit nie doen nie. Ek stel ook glad nie voor dat die persoon dit wegsteek nie. As jy nie ‘n sterk persoon is nie, gaan dit vir jou opvreet. Jou siel gaan dood en jy het ‘n wonderwerk nodig om dit nie in die duiwel se hande laat beland nie.

  • 20. Adrie  |  Mei 15, 2008 om 8 : 52

    Sam

    Ek het nie woorde nie. Dat jy dit 5 jaar saam met jou gedra het is erg. Ek bewonder jou dat dit hier op die blog geplaas het. Jy is nie ‘n verkragtingslagoffer nie, maar ‘n oorwinnaar. My hoed is af vir jou.

  • 21. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 9 : 28

    Ek wonder partykeer hoe my lewens pad sou geloop het as dit nie gebeur het nie. Ek glo vas dat God jou nooit so iets sal laat oorkom nie, maar hy is ons pappa en maak al die einas beter. Ek is nie die tipe wat met die bybel onder die arm loop nie…. Ek praat bloot net uit ondervinding. Ek is gelukkig ‘n sterk persoon en kan die wêreld 4kantig in die oë kyk en elke keer weer op te staan. Ek is soos ‘n bolletjie gras. Sag maar met baie ‘lemme’. Trap op my en ek staan wee op. Maar wag… Dis nou genoeg vir 1 aand. Ek het kjinders wat my kosbare aandag norig het.

  • 22. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 10 : 44

    Sam Sam Sam Sam……………..

    Ek sit geskok by my lessenaar en ek huil….. ek sien en voel presies die trauma en in ons geval was dit net een verkragter. Hoe erg moes jou geval gewees het. Om op te staan uit daardie hel vat ‘n baie brawe en spesiale mens. Liewe Here bid ek hard hoekom moet sulke dinge gebeur…. geen mens wat dit nog nie beleef het sal dit verstaan nie, ek verstaan dit nie, ek sien net die dood in so verkragting slagoffer se oë….

    Sammie (ja slaan my maar oor my kop) JY IS BAIE “SPECIAL” Ek druk jou styf teen my hart vas.

    En van nou af gaan jy ‘n ekstra sagte plekkie in Ouma se hart hê wat niemand ooit sal kan wegsteel nie…..

  • 23. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 11 : 25

    Ouma… Dankie. Daai woorde beteken baie meer as wat jy ooit sal kan droom. Onthou net dat ‘n mens altyd die mooi in alles moet soek voordat jy dit weggooi. Die vrou wat jy van praat sal weer opstaan… Al vat dit jare. Wees net lief vir ha en luister as sy wil praat. Moet nie ‘n woord sê nie, luister net.

  • 24. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 28

    (((Sam)))

  • 25. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 11 : 31

    Ouma!

  • 26. Wipneus!  |  Mei 15, 2008 om 11 : 38

    Nag Sammie maak jou warm toe en gaan doe-doe

  • 27. Samantha q  |  Mei 15, 2008 om 11 : 40

    Nag ouma… Lekka dux

  • 28. Bos  |  Mei 16, 2008 om 7 : 51

    Sam ….
    😯 haai my ou maaitjie …..Die lewe het soms maar n lelike draai wat hy met mens loop … Ek was nog bitter jonk toe ek verkrag was en toe was ek met twee okasies daarna gemolesteer, eintlik een en n half want ek het besef wat die man se planne was en hy kon een aand net genoeg gap kry om aan my bors te vat, toe hol ek vir n vale!!! Ons eie pastoor se getroude seun! Ek vind ook berusting dat nie als God se wil is nie. Die duiwel is ook maar lekker besig en alhoewel ons soms nie dinge kan verstaan nie, is ek seker Hy eendag vir ons sal styf vashou met trane in Sy oe en ons verduidelik hoekom Hy toegelaat het dat die dinge met ons gebeur. Ek is bitter trots op jou en dit raak elke keur net vir my duidelikker en duidelikker hoekom jy so tawwe tienie is en ek sal dit nou op die openbare blog se, ek is baie lief vir jou my ousie sussie!!! Dit moet baie vat om so goed aante kan gaan met jou lewe!! ek kyk op na jou toe!!

  • 29. Aspatat  |  Mei 16, 2008 om 8 : 11

    Ek was amper verkrag toe ek 13 jaar oud was.
    Die K***** het sy luck voor my pa se huis probeer.
    Ek het betyds weggekom.
    My pa is die K***** agterna.
    Sy werkers het die k***** amper dood gemaak.
    Was weke lank in die hospitaal

  • 30. Samantha q  |  Mei 16, 2008 om 9 : 38

    Niks gebeur per ongeluk nie. Die lewe het ‘n patroon… Dis net ons wat gewoonlik te toe-oog is om die patroon te sien of te verstaan. In meeste van ons lê daar iets diep weggesteek. Iets wat jy nie kan uithaal en wys nie. Iets wat te seer is.

  • 31. Nats  |  Mei 16, 2008 om 9 : 53

    Sam😥
    Ek sit met trane in my oe. Jy was regtig hel toe en terug. Ek het nog altyd gedink jy is ‘n baie sterk persoon, maar jy het dit sopas bevestig.

    Ek was amper gemolesteer toe ek baie jonk was deur ‘n aangetroude familie lid. Maar die liewe Heer het seker maar geweet ek is nie sterk genoeg om ander kant uit te kom nie, en my die krag gegee om by die kamer uit te laat loop.

    Ek haal my hoed vir jou af, en wil net sê dat daar ‘n baie spesiale plekkie vir jou is in die Hemel. Lief vir jou. *drukkie*

  • 32. Verons  |  Mei 16, 2008 om 10 : 02

    Sammy😥
    Ek weet wragtig nie wat om te sê nie!
    Ek was ook amper verkrag deur ‘n familielid, maar met my gladde grootbek het ek hom skoon die skrik op die lyf gejaag. Hy het besef ek is nie bang vir hom of sy dreigemente nie, ek het hom mooi laat verstaan wat ek gaan doen as hy sou durf waag om een stap verder te gaan!!
    Moet sê toe die fokker die dag vrek het hy baie swaar gekry, dit het darem ‘n paar “kinders” beter laat voel!
    Die boek “Dis ek Anna” kon net sowel op toepassing van vele van sy slagoffers gewees het!!!

  • 33. Adrie  |  Mei 16, 2008 om 9 : 05

    Aspat, Nats en Verons

    Ek is bly julle kon die monsters se kloue ontsnap.

    Bos

    Jou storie maak my die bloublesbliksem in. Vir wat? Jy was nog ‘n blote kind.

    Die monsters steel lewens en kom daarmee weg. Al vrek hulle later, moet jy met die ervaring saam lewe. Nooit kan jy ‘n brug bou nie. Ek kan niks opbouend of waardevol se nie. Ek kan net luister en bid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: