Ontnugtering in Zille

Mei 13, 2008 at 11 : 04 259 Kommentaar

Beste Tannie Zille

Ek was altyd een van jou grootste aanhangers.  Ek het ‘n week lank gedans nadat jy by Tony Leon oorgeneem het.  Het jy op gelet dat ek die woord was gebruik het?  Op die oomblik is ek baie teleurgesteld in jou.

Waar ek gewoonlik sonder veel aanmoediging ge-“Zille!!  Zille!!  Zille!!” en ander geboelie het om dieselfde te doen, is ek op die oomblik glad nie seker dat ek wel DA in 2009 gaan stem nie.  Ek oorweeg dit om ‘n groot kruis oor die hele stembrief te trek en sodoende buite stemming te bly.  Hoekom?

Ek soek ‘n president wat oplossings kan voorstel.  Al wat ek van jou hoor deesdae is dat Mbeki moet belang.  Die oplossing vir al die land se probleme.  Van die Skerpioene tot by Eskom.  Ek vra jou vandag wat gaan dit help?  Ek het nuus vir jou, Zuma raak dan president, nie jy nie, Helen Zille.  Is Zuma beter as Mbeki?  Ek twyfel!  Ek het seker na volgende jaar nie ‘n ander keuse as om hom te aanvaar nie, maar ek het dit nie nodig dat jy hom vinniger daar kry nie.

Ek verwag nie te veel van jou.  Ek verwag van jou om te wys hoekom jy beter is as die regerende party.  Ek wil weet wat jy anders sou doen.  Niemand gaan immers van jou verwag om vir alles te bedank elke keer as daar ‘n krisis is nie.  Ek sal van jou verwag om die krisis op te los – dit is nou as jy die dag president word.  Almal weet Mbeki maak droog.  Maar hou sal jy opgetree het as jy hy was?

Tannie Zille, het jy meer af gebyt as wat jy kan kou?  Weet jy nie van herwaards of derwaards nie?  Sit jy self met jou hande in die hare?  Eerlik waar, ek verwag meer van jou as dat jy net Mbeki se bedanking eis.  Die taktiek het nie gewerk vroeër vanjaar nie en dit sal nie nou werk nie.  Jy klink soos elke klakous op straat.  Nie na iemand wat streef om die volgende president te word nie.

Asseblief, ek smeek jou.  Kry rigting, sing ‘n ander deuntjie, word die vrou wat ek gedink het jy is.

Die uwe

Adriana Magrieta Swanepoel.

Blogvraag:  Wat was Helen Zille oorspronklik van beroep?

Blogantwoord:  Samantha was reg met Bad Reputation.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Instant fix Mxit

259 Kommentaar Add your own

  • 1. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 35

    Nee ek dink jy was al pretty much baie naby.. maar jy kan dit handle..

    Annie.. waaroor wil jy praat?

  • 2. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 2 : 35

    Tinkerbell, as ‘n man balls het dan het ‘n vrou seker maar eier stokke !! 😛 😀

  • 3. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 37

    A3

    Jy ken my werks omstandighede baie goed. En al wat ek actually met my salaris elke maand betaal is my medies en die skuld, wat net my oom en edgars is dan is daar so R400 oor vir die selfone. Liefie betaal die res.

    Bonitas

  • 4. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 37

    Zoekoe, wat praat jy ek kort elke dag guts om op te staan, maar deesdae wil my “guts” nie meer saamspeel nie, hulle neuk al regs verby….

    Tinky natuurlik is jy dierbaar, moenie dat iemand jou anders vertel nie😉

    Lilly gee my daai mediese fonds se naam, ons k*k en betaal vir net 100 % hospitaal, die res is uit jou eie sak…

  • 5. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 38

    Ja ou Zoeks ek het ook al so gevoel… ek noem dit babbelas!!

  • 6. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 38

    Lilly jy het ‘n oulike liefie jy is gelukkig! Hoe gelukkig kan een vrou nou wees …… bliss!

  • 7. Annie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 39

    Enige iets behalwe kinders, ek kan nie saam praat as julle oor babas en kinders praat nie.

  • 8. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 40

    Het Zoekoe babbelas😯 alweer nee ek dink dis nogsteeds die naweek was dan nou net verby, uhm Zoekoe, Ouma raak bekommerd…. 😆

  • 9. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 40

    Wip

    Ek gaan ook Bonnitas toe skuif.

  • 10. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 41

    Annie, jy moet solank leer…..van babas en kinders 😉 Van ‘n paar tips

  • 11. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 41

    Tannie Wip.. Adrie dink nie so nie maar dankie!!

    Nee man Zoekoe eier stokke sê nie so lekker soos “balls” nie..

  • 12. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 41

    Annie

    Jy weet dan nie eers wie Zille is nie, oor wie wil jy dan praat?

    Net Lilly is swanger, die res van ons (behalwe ouma) weet nog minder van kinders af as sy.

  • 13. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 43

    Wag ek gaan Bonnitas google en kontak …. nou nou terug

  • 14. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 43

    Weet jul dis regtig ‘n baie goeie fonds al moet ek dit nou self se. Ons het dit leer ken want dis die mediese fonds vir iskor ( het nou ‘n nuwe fancy naam kan nie onthou nie)

  • 15. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 43

    Lilly

    Baie erenstig nou. Wat betaal jy vir jou medies? Ek oorweeg dit erenstig om te skuif. Watse pakket het jy?

  • 16. Annie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 44

    Ek wil nie weet wie Zille is nie en ek glo ook nie sy is die enigste persoon in die heelal nie.

  • 17. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 45

    Ja nie ai tannie Wip as mens so sleg in die oggend voel.. moet dit babbelas wees..

  • 18. Annie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 46

    Die nuwe naam is Kumba Iron Ore lilly. Ek is ook by bonitas

  • 19. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 46

    Annie

    My skapie, ignorance is nie altyd blis nie.

  • 20. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 2 : 46

    Haai, nee ek is nie meer babelaas nie…. dis maar net my anner ekke wat daar so deurmakaar gesels het dat selfs die wereld met die een oog oop, die hele tyd wonner wat ek nou eintlik meen as ek opstaan om dalk nie werk toe te gaan nie as gevolg van te min of te veel guts nie…… maklik !

  • 21. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 46

    As jul dink ek weet baie van babas sit jul die pot mis. Ek het nog vrek baie om te leer.

  • 22. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 47

    O ja dankie annie
    amper vergeet ek jy werk daar
    ha ha ha ha ha ha ha

  • 23. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 48

    Lilly

    Ek weet beslis minder as jy.

  • 24. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 49

    Haai Annie niemand het gese sy is die enigste in die heelal nie.. ?

  • 25. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 52

    Ek betaal R753 per maand

    Bonitas medical fund
    Primary option
    customer service: 0860 00 2108

  • 26. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 53

    Thanks Lilly

  • 27. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 2 : 54

    Ek weet die minste van babies af….. !

  • 28. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 54

    Zoekoe, iets gaan vandag aan daar by jou whaahaahaa jy praat heeltemal te veel en vinnig vir Ouma vandag…. jy smokkel met my kop…

    Hierdie Zille moet haar sokkies optrek, iemand sal hierdie land moet reg ruk, ek weet ook nie wie nie….ek gaan nie in die volgende verkiesing stem nie, niemand trek my aandag dat ek voel ek moet my kruisie vir hulle gaan trek nie…. hulle almal praat maar doen niks nie

  • 29. Nico  |  Mei 13, 2008 om 2 : 55

    Haai julle
    Ek is ook nie juis in my skik met Zille nie. Maar watter politieke party of politikus doen deesdae iets opbouend? Ons het ‘n oulike omie wat op die Raad by die munisipaliteit is en wat vir die DA gestaan het. Hy woel die burgemeester se sake vir haar op die vergaderings.

  • 30. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 2 : 56

    Lilly.. hulle kan jou beslis betaal vir jou advertensie!!

  • 31. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 2 : 56

    Maar Ouma, ek praat maar net soos ek gewoonlik in die rondte praat soos ‘n passer wat al om sy eie gat gaan en dit is ook te doen met iets van guts, eierstokke en of balls wat iemand het of nie het nie…..

  • 32. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 57

    My plesier A3

    Ek help graag.

  • 33. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 2 : 57

    Zoekoe moenie worry nie as die tyd daar is sal ouma jou mooi inlig oor baba’s….. 😆 smile ouma vol brawade vir jou….

    Dankie Lilly

  • 34. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 2 : 58

    Dis my plesier A3

    Ek help graag as ek kan

    Ja tinkie. I mean dink net hoeveel mense gaan dit nou lees.

  • 35. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 2 : 58

    Wip

    Ek sal gaan stem, maar op die oomblik voel ek sterk daaroor om my boude met die stembrief af te vee. Ek hoop Zille antwoord my.

    Nico

    Dit raak dan tyd vir verandering.

  • 36. Nico  |  Mei 13, 2008 om 2 : 59

    Julle moet nie wegbly van die stemmery af nie. Stem enige ding net solank dit teen die ANC gemors is.

  • 37. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 3 : 00

    Jul moet net onthou daar is ‘n catch met nuwelinge.

    As jy nie voorheen an ‘n mediese fonds behoort het nie kan jy vir die 1ste 3maande nie eis nie

  • 38. Nico  |  Mei 13, 2008 om 3 : 00

    Die verandering moes lankal gekom het. Maar as ons nie iets doen nie, gaan niks gebeur nie.

  • 39. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 00

    Nico ek stem, hierdie politiek in ons land is ‘n gemors….. ek wag net vir ‘n nuwe party, nuwe bloed, een wat nog vuur en vlam is met baie guts….

    Zoekoe😆 regtig jy praat my kop vandag deurmekaar met balls en dan eierstokke ….. en dit alles kan lei tot vele vrugbaarheid my kind….

    Ja nee Tinky hulle moet Lilly betaal…

  • 40. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 04

    Adrie is jy nie lus om ‘n nuwe party te stig nie, jy het ‘n vreeslike groot mond, en sal die land vinnig regruk? 😆 whaahaahaa

  • 41. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 05

    Nou hoekom wil julle politiek praat? Is daar niks beter om oor te gesels nie

  • 42. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 05

    OK ja en nee soms ook dit !

  • 43. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 06

    Nico

    Ek stem saam. Wat is die verandering wat ons soek?

    Ek soek iemand wat daadwerklik kan optree. Nie dieselfde deuntjie oor en oor en oor en oor sing nie. Ek soek iemand wat mense tot aksie kan opsweep.

  • 44. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 07

    Maar ek moet saam Nico stem. Moet nie draadsitters wees nie.

  • 45. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 07

    Aag Ferrari, ons praat sommer oor politiek en dinge wat gaan oor babas en Zille met grille en brille wat ook dalk net soms te doen het met guts, balls en of eierstokke wat baie min of meer te doen het met vrugbaarheid en ignorance !!! 😀

  • 46. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 08

    Wip

    Jy het mos gesien dat Erns se dat ek toegesluit kan word vir my aanmerking. Dan moet julle net wag dat ek my 27 jaar in die tronk uitdien.

  • 47. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 09

    Wip

    Laat ek jou voorstel.

    Ferrari is Salome se Liefie. Hy loer af en toe in – maar like my guts nie veel nie. 😛

  • 48. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 10

    Zoekoe my vrind
    Sterkte tussen hiri spul vroumense. Ek het net die mooi blou-oog kom check, gaan nou eers weer meeting

  • 49. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 11

    Wip
    moet nie dat Adrie vir jou nonsies vertel nie. Sy is eindlik bang vir my.

  • 50. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 12

    Ferrari

    Suip jy weer op die job? Huh? Ek gaan jou vrou vertel!

  • 51. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 13

    Hi Ferrari hoekom is Adrie bang vir jou…

  • 52. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 15

    Ferrari, gaan goed ek geniet elke oomblik tussen die dudies !!! watse man sal dan nie? gie gie gie !!!

  • 53. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 15

    Wip

    Sal ek ook graag wil weet.

  • 54. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 16

    Zoeks
    😉

    Jy weet hoe om jou brood te botter ne?

  • 55. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 16

    Adrie, niemand laaik jou nie, – guts of otherwise 😛

  • 56. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 18

    Zoekoe het nie sterkte tussen ons nodig nie… ons is almal vreeslik lief vir hom….. Zoekoe hou van al die liefde wat ons vrouens hom hier gee nê Zoekie? 😆

  • 57. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 18

    Sy is seker nie bang vir my nie, sy weet net van beter. Ek kan net so glad wees met die bek soos sy.

    Ek MOET nou waai. anders hou vroutjie my hier.

  • 58. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 18

    Zoeks

    It is because I am untouchable.

  • 59. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 20

    Cheers Ferrari !!! geniet jou dag verder ! !

  • 60. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 22

    Ja natuurlik Oums, ek geniet dit vreeslik 😳

    Adrie, jy is, soos altyd, REG !!!! 😮

  • 61. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 3 : 23

    Zoekie

    Nie lelik nie maar ek is nie ‘n dudie nie. Like nie daai woord nie. Is nie kwai nie dog ek se jou net dis al.

  • 62. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 24

    Nou sal ek net wonner hoekom wordpess dink Liefie is ‘n oulike pienk gedroggie . . .

  • 63. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 25

    Adrie, untouchable is goed my kind, die wêreld is vol boosheid daarbuite, mense is nie meer soos hulle in die ou dae was nie…geen morele waardes nie…. bly maar liewer op die reguit paadjie.

    Dis moord, rondslaap, onbeskofte mense…. ai waar gaan die jeug van vandag heen….. skud ouma net haar kop moedeloos…

  • 64. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 26

    Zoekoe
    Jy moet maar pasop vir hierdie mom-to-be sindroom. Die lont is kort en die trane sit naby . . .

  • 65. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 28

    Ek hou daarvan om ‘n dudie te wees…dit laat Ouma so jonk en wipperig voel 😆

  • 66. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 3 : 28

    Saloompie.. wees bly dis nie ‘n parra soos my prentjie nie!!!

  • 67. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 28

    Saloom jy het die oulikste kabouter stuur vir my nog foto’s met die posduifie…

  • 68. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 29

    Eish !!!!!!!! daar sit ek my voet (nommer 11) in my mond… ok ok sal nie weer na julle verwys as dudies nie, maar dudette !! hoes daai? of dalk chicks? of dollas?

  • 69. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 3 : 29

    Saloom

    Jy is so reg. Ek het gister aand 3 keer net vir sommer aan die tjank gegaan. Dis erg hoor. Dan weet liefie nie watse kant toe nie.

  • 70. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 30

    Adrie Tinky wil nie ‘n parratjie wees nie, Hoe maak jy dit reg?
    Ek dink jy registreer by wordpress en dan kies jy ‘n avatar? Is ek reg?

  • 71. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 30

    Aaag siestog Tienks. Ek het gesien jy het ‘n probleem met die parra.

  • 72. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 3 : 31

    Net ‘n grappie…. 😀

  • 73. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 31

    Saloom ek is ook hier… 😦

  • 74. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 32

    Ouma Wip
    Jy moet maar vir Adrie vra want ek weet het nog steeds nie wat jou duifhokkie se nommer is nie.

  • 75. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 32

    Zoekoe dolla is nie vir ouma mooi nie, dit klink so dof….

  • 76. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 33

    Adrie stuur asb vir Saloom Ouma se duifhokkie nommer….

    Tinky gee vir Ouma dolla net gou ‘n soetdingetjie aan uit jou handsakkie?

  • 77. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 34

    Die wêreld hier tussen die dorings is vandag warm jy moet seil soos ‘n slang Fiela

  • 78. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 35

    Wip
    Jy moet nou nie ok vir my aanjaag nie. Eers wil Internet by die werk niks van my en die mannetjie weet nie en by die huis gekom is hierdie nuwe ladida keyboard ok nie lus om so lekker te werk nie. Ek smyt sommer die freekin ding weg. Waarvoor Liefie ok altyd die “grand” goed moet koop sal ek nie weet nie.

  • 79. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 3 : 35

    Zoekoe dollas klink oulik!!

    Tannie Wip ek het al probeer.. maar my kop is te plat om dit reg te kry.. dis seker hoekom wordpress dink eks ‘n flippen parra!!

  • 80. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 3 : 35

    Zoekie

    Ek kan nog stil bly oor dollas. Ekt nie ‘n pyn met daai woord nie.

  • 81. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 36

    Adrie hou op om aandag aan ander dinge te bestee, sê vir daai een jy het nou baie werk, die son trek water…..

  • 82. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 3 : 37

    Nog ‘n tjoklit vir Tannie Dolla!!!

  • 83. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 38

    Zoekoe
    Jy soek wraggies vir moeilikgeit vadag . . .

  • 84. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 38

    Saloom wordpress gee probleme dit het so paar minute terug gebeur, ek het ook my keyboard al so paar kappe gegee.

    Grand keyboards is goed daar is allerhande nice funksies wat jou lewe makliker maak 😉

  • 85. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 39

    Tienk
    Het jy my snorbare gesien? Maar ek kon ok nog nie hierdie “avatar” ding uit figure nie. Sal maar vanaand vir Liefie vra.

  • 86. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 3 : 39

    Dankie Tinkerbell, Ouma hoor klokkies lui as die soetigheidjie die mond tref….

    whaahaahaa vir Zoekoe en Lilly…. pregnant fairies is nie maklik nie Zoekoe…..

  • 87. *lilly*  |  Mei 13, 2008 om 3 : 42

    Ouma wip

    Watse klokkies nou?

  • 88. Salomè  |  Mei 13, 2008 om 3 : 43

    Wip
    Ok waar. Ek kan die musiek tune of forward of sagter of harder en, en, en. maar aai ek wil net gesels, nie al die anner goete ok nie.

    Ek gaan nou maar eers vir Moekie en Oumatjie koffie maak. Hulle wag al by die hek.

    Sien julle later

    O ja, Wip ek is bly jy voel beter. Dit moet al die gesukkel wees in die nag om vir Sam in die bed te kry wat jou so verkoue het.

  • 89. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 3 : 43

    Dankie Saloom dan kan jy more my se hoe mens dit kan verander!

  • 90. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 3 : 46

    Lilly lyk my jy soek ook ‘n tjoklit!!

  • 91. Tinkerbell  |  Mei 13, 2008 om 4 : 07

    Ag waar is almal nou.. ek gaan nie verder met myself praat nie..

    So koebaaaaai lekker aand almal

    Mwah!!

  • 92. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 4 : 11

    Wat gaan hier aan?

    Almal al huis toe?

  • 93. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 4 : 26

    Eish !!!!! mans kan ook nooit wen nie…. 😦

  • 94. Zoekoe  |  Mei 13, 2008 om 4 : 28

    Eish !!!!! mans kan ook nooit wen nie…. 😦

  • 95. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 4 : 30

    Zoekoe

    Wat het jou waar gedink jy gaan vandag wen?

  • 96. Pikkelik  |  Mei 13, 2008 om 6 : 36

    WDF – lyk my ek moet baaaaaie vroeër kom comment as ek iets wat nie met take aways of drank of kinders of laagvatte te doen het nie wil sê!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! 🙄

  • 97. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 6 : 41

    Pik

    Jy mag se net wat jy wil, wanneer jy wil.

    Wat dink jy van Zille

  • 98. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 7 : 11

    En alles is morsdood

  • 99. ADRIANA  |  Mei 13, 2008 om 7 : 17

    Wip

    Sjuut, ek dink.

  • 100. Wipneus!  |  Mei 13, 2008 om 7 : 18

    wat dink jy? dis te laat om nou te dink jy moes dit vroeër gedoen het…

  • 101. ADRIANA  |  Mei 13, 2008 om 7 : 22

    Huh??

    ‘n Nuwe blog, Sam kerm my ore lam.

  • 102. Pikkelik  |  Mei 13, 2008 om 7 : 36

    Is julle weg – Wil net sê Zille, moet die skille van haarse ogies afhaal, en as sy eendag klaar soos ‘n foxterriertjie geblaf het, begin doen wat sy belowe het om te doen. Maar dit is nou nie my grootste worry nie, my grotte se dak gaan inval en my hart huil…..

  • 103. ADRIANA  |  Mei 13, 2008 om 7 : 41

    Pik

    Presies wat ek gese het.

    Watse grot nou weer?

  • 104. Pikkelik  |  Mei 13, 2008 om 7 : 42

    Sterkfontein – ek het hom nounet gepost! My spoeg is nog steeds bitter!!! Ek kan ook aan ffen baie vloekwoorde dink om nou te sê!

  • 105. ADRIANA  |  Mei 13, 2008 om 7 : 44

    Pik

    Ek het nou net gelees.

    Sug. Sug.

    Ek gaan eers daaroor slaap voor ek antwoord.

  • 106. Pikkelik  |  Mei 13, 2008 om 7 : 46

    Okey Dokey – Poppedyn skree ook al weer haar kop af vir aandag!!! Plaas sy slaap die stupid kind, gaan maar gou sus tot my skouers afval. Lekker slaap :mrgreen:

  • 107. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 7 : 47

    Nag Pikkie

    Leer Poppedyn blog. Dan sal sy stil wees nie.

  • 108. Graad 1 is ‘n vereiste « kruidjie-ROER-my-nie  |  Mei 15, 2008 om 10 : 48

    […] moet ‘n Bybelvasvra los hande kan wen (plus die grade natuurlik), ens. Ek lees by Adriana dat Zille ‘n Joernalis was voor sy die politieke arena betree het. So nou wat presies is die kwalifikasie vereistes van […]

  • 109. Hand in eie boesem « Dorings en soms Rose  |  Junie 4, 2008 om 12 : 05

    […] sê nie.  As ek aan ‘n voorbeeld kan dink, ek het redelik onlangs ‘n skerp aanval op Helen Zille geloods en ek het seker gemaak sy sien dit.  Ek val ook gereeld instansies aan.  En ek gaan nie […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: