Mxit

Mei 13, 2008 at 7 : 40 192 Kommentaar

Die media maak altyd ‘n groot bohaai oor mxit.  Dit is volgens hulle ‘n demoon van die bose.  Die oorsaak van onsedelikheid en die verwoester van huwelike.  Gevaarliker as ‘n AK 47. 

Ek mxit al 2 jaar lank, ook met mense wat ek op mxit ontmoet het.  Om mxit vir alles te blameer is so goed as om karre vir alle ongelukke te blameer.  Mxit is ‘n speelding, maar soos met alles moet jy die reëls volg.

Kom ons begin met huwelike.  Dit is nie mxit se skuld as iemand hom/haarself as ‘n losloper in die chatrooms gedra nie.  As jy met iemand begin chat wat getroud is, hou dit platonies of verwerp hom of haar.  Presies soos wat jy sou gedoen het as jy in persoon met die persoon sou gepraat het.

Basiese veiligheid geld nog steeds.  Gebruik ‘n skuilnaam, as iemand jou naam vra – gee ‘n vals naam.  Moenie jou adres vir iemand gee nie – vir niemand nie.  Niemand hoef te weet waar jy skool gaan nie.  Of waar jy werk nie.  Basies moet jy geen persoonlike inligting gee nie.  Vat ek dit dalk ‘n bietjie ver – miskien.  Maar ek het onlangs iemand se huis met foto’s geidentifiseer.  Die kleinste bietjie inligting kan wel baie van jou weggee.

Mxit kan vir kinders ook groot vreugde verskaf, maar daar tel privaatheid nie.  As jou kinders mxit, gaan hulle goed na.  Die maklikste manier, nooi hulle met ‘n vreemde nommer.  ‘n Nuwe sim kos net R2.  Gaan as die teenoorgestelde geslag.  Toets hulle om te sien wat hulle toelaat.  Tree dan daarvolgens op.  Mxit self ook met jou eie nommer, dan sal jy sien hoeveel tyd jou kind op mxit deurbring.  Dril die reëls van veiligheid by hulle in.  Vra jou kind uit oor hulle contacts en leer die chatrooms ken.

Happy Mxit.

Blogvraag:  Watter jaar het mxit ontstaan?

Blogantwoord:  Sam was reg.  Zille was eers ‘n joernalis.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ontnugtering in Zille Dit is die vernietiging van alles wat vir ‘n vrou mooi behoort te wees.

192 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 1 : 48

    Lilly dis net ‘n grappie, ek dink die anner bly dalk weg agv my….😦

    dis hoekom ek ook nog hier is… oor die oulikgeid

  • 2. Verons  |  Mei 14, 2008 om 1 : 48

    Halloooooooooooooooooooooooooooooo!!!!!!
    Kom ons kyk of ek hier kan inkom!!!

  • 3. Verons  |  Mei 14, 2008 om 1 : 50

    Ek is glad nie mal oor mxit nie dit vat te veel van my tyd en battery tyd in beslag!
    EN dit is erg ongesellig as jy saam met iemand probeer kuier wat die heeltyd op mxit is!!
    Ek stuur ‘n sms en dis dit!!

  • 4. Annie  |  Mei 14, 2008 om 1 : 54

    Verons, niemand kan met jou redeneer nie, want alles wat jy daar se is waar.

  • 5. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 1 : 55

    Zoekie

    Jy is dan heeltemal te sweet.

    Annie

    Streel die ego. (doer ver)

  • 6. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 1 : 56

    Verons

    Gelukkig is ek nie meer ‘n mxit freak nie. Het nou belangriker dinge in my lewe

  • 7. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 06

    Stilte voor die storm?……………..

  • 8. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 2 : 07

    Hallo Verons !!!! mwah mwah !!!! ons is bly jy kan weer hier chat !!! 😀

    aag dankie Lilly 😳

  • 9. Verons  |  Mei 14, 2008 om 2 : 09

    Lilly die kjinners (A3 en Sam) het vir my mxit opgestel maar het eenvoudig net nie die geduld om my tyd daar te mors nie!
    Vir my is dit vinniger om te sms en te wag vir ‘n antwoord as om om mxit te sit en chat………

  • 10. Annie  |  Mei 14, 2008 om 2 : 11

    My ego is gestreel lilly, dankie Zoekoe, jy is al rede hoekom ek hier is.

  • 11. Verons  |  Mei 14, 2008 om 2 : 11

    Zoeks MHWA!!!!!
    Hoop nou net dit hou!!!

    In any way ek dink ‘n ou wat ‘n girl op mxit probeer optel is kommin!!
    Onthou net dis EK wat so dink!
    As ‘n man my probeer opchat op mxit gaan ek met hom mors!😆

  • 12. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 12

    Verons

    Een ding wat ek kan se oor mxit, dis baie baie goedkoper en jy kan met meer mense op een slag chat.

    Maar flippen hel, probeer met Annie of met my sussie kuier terwyl hul op mxit is?…dis vreeslik jy moet alles heraal.

  • 13. Verons  |  Mei 14, 2008 om 2 : 13

    A3 ek sien jy is lekker teleurgesteld op ou Zille, ek het ook gedink sy is te lig in die broek om daadwerklik iets te kan doen!

  • 14. Verons  |  Mei 14, 2008 om 2 : 15

    Lilly is soos jy daar sê jy moet in elk geval vir almal saam met wie jy tergelyk kuier dieselfde ding oor en oor tik!
    Wat is die use? Ek tik liewer ‘n sms en stuur dit dan tergelyk aan almal! Sodoende sê ek ‘n ding net een keer!!!

  • 15. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 2 : 16

    en onthou ek chat net met oulike girls !!! 😉

  • 16. Annie  |  Mei 14, 2008 om 2 : 18

    Ah ah ah, nou jok jy darm lekker lilly, jy hoef nie alles vir my te herhaal nie.

  • 17. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 2 : 19

    Dankie Annie, ja en julle oulikgeid hou my hier vangenaal ! 😛

  • 18. Annie  |  Mei 14, 2008 om 2 : 20

    Haai nou laat jy my bloos Zoekoe

  • 19. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 21

    Annie

    Ek praat van wanneer ek daar is en jul chat op mxit terwyl ek by jul kuier………….

  • 20. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 22

    Annie mens bloos so😳

  • 21. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 2 : 22

    die woord is vaSgenaal….. ek spel nie so lekke nie die ou vingers raak styf van die ouderdom om te tik !!

  • 22. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 25

    Ontstel iemand nou alweer ons mom-to-be. A nee a mense, weet julle nie die goedjies is baie broos nie!!

    Gaan enigiemand omgee as ek nou net vir ‘n paar minute hier voetjies in die lug sit en koffie drink?

  • 23. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 25

    Zoekie

    Jou bek is lekker glad ne?

  • 24. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 27

    Hallo Zoekoe
    Ek was nog te skrikkerig om hierdie gesiggies te probeer – bang ek slaan my naam met ‘n plank

  • 25. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 29

    Saloom

    Nee glad nie. Join ons asb.

  • 26. Annie  |  Mei 14, 2008 om 2 : 29

    Lilly, ek chat toevallig nou nie op mxit nie.

  • 27. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 30

    Net vir ‘n rukkie danikie Lilly. Dan moet ek alweer graad 3 huiswerk gaan doen.

  • 28. Zoekoe  |  Mei 14, 2008 om 2 : 30

    Hallo Salomè…. ja kom geniet jou koffie, dis plek is baie rustig !! ons chat lekke

    Lilly, ja die gladde bek is een van my “trademarks” 😉 😉

  • 29. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 34

    Annie
    Ek moet met Lilly saam stem. Dis baie ongeskik as mens so tussen die gesels deur op die foon kuier. *fluister* {ek het gedink Sam laat kom die geheime polisie toe sy die eerste keerby ons aan huis was want sy het daai duim laat vlieg oor die foon se knoppies terwyl ons dink ons sit en kuier}

  • 30. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 35

    Dankie Zoekoe. Wil julle ok iets te drinke hê? Lilly, ek sal vir jou liewer hot choclate maak – babie wil hê

  • 31. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 38

    Ek weet ek het baie werk gehad vandag, maar wat is al die ander regulars se storie. Ek dag hulle is almal “junkies”

  • 32. Salomè  |  Mei 14, 2008 om 2 : 39

    Nou praat ek wragtag met myself?

    Okay dan gaan ek maar vir die kinners wurmpies maak.

  • 33. Annie  |  Mei 14, 2008 om 2 : 42

    Ek stem ook saam daarmee, maar moenie dat sy jou flous nie, ‘n paar jaar terug het sy net so lekker op mxit gesels terwyl ons by pizza cabin gesit en gedrink het.

  • 34. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 48

    Annie

    A nee a. Wie sou nou kon dink ‘n blond kan so lank trug onthou?😉

    Saloom

    Dankie dit gaan nou heerlik wees. Het juis ‘n craving daarvoor. Maar mag ek voor op die wa wees en vra vir klein marshmallows daarby?

  • 35. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 2 : 54

    Lat ek tog net asb ‘n regstelling maak voor my kop af is.

    Annie het voorheen so op mxit gechat maar nie meer nie.

    Happy?

  • 36. *lilly*  |  Mei 14, 2008 om 3 : 08

    sorry sorry sorry sorry sorry

  • 37. Jo-Ann Schou  |  Mei 14, 2008 om 3 : 26

    Hey!

    Ek het Mxit, maar kuier nie veel daar nie. Ek het dit om met my seun te praat – hy is natuurlik pal daar. Hy is selfs deel van ‘n Mxit huiswerkgroep – bietjie nerderig, maar eerder dit as andersom.

    Dit werk heel lekker omdat ek Mxit PC het – as hy iets soek na skool, kontak hy my op Mxit en die “toester” pop-up op my PC. Ek kon ook al vir hom inligting Google en paste tydens skoolure -pouses is Mxit tyd.

    Ek wens ek kan my familie in Nam oortuig om dit te gebruik – ‘n SMS soontoe is bietjie soos aandele koop – in die omgewing van R1,70 ‘n slag. Dit is sommer lank gesels op Mxit daardie!

  • 38. Verons  |  Mei 14, 2008 om 4 : 16

    Jo-Ann is jy nuut hier??❓
    As dit die geval is welkom innie malhuis!!😉

  • 39. Jo-Ann Schou  |  Mei 14, 2008 om 6 : 12

    Verons, ek is ‘n ou blogger en loer gereeld hier in en geniet die geselsies. Ek is maar bietjie stil.

  • 40. Adrie  |  Mei 14, 2008 om 10 : 43

    Jo – Ann

    Jy moet nie skaam wees nie, ons klink erger as wat ons is. Of dalk is ons erger as wat ons klink. Ons is darem altyd entertaining.

  • 41. Jo-Ann Schou  |  Mei 20, 2008 om 1 : 38

    Dankie Adrie! Ek sal seker maar vir ‘n rukkie bietjie stil wees – verander van werk, studeer, ens, maar weet net, ek swerf wel hier deur. Ek lees meestal op my sel so terwyl ek TV kyk en is baie keer te lui om kommentaar te lewer. Ek loer weer in – sommer gou ook. Ek hou van jou blogvrae🙂

  • 42. Adrie  |  Mei 20, 2008 om 1 : 41

    Jo-Ann

    Jy klink soos ek as ek tv kyk.

    Asb antwoord die vrae. Sam antwoord altyd, en net nou dink die mense ek trek haar voor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: