Instant fix

Mei 12, 2008 at 5 : 37 156 Kommentaar

Hier is nou weer te veel dorings, dit raak nou tyd vir ‘n roos. 

 Onlangs het Pikkie ‘n post gehad wat hierdie post geinspireer het.Ek is iemand wat erg aan PMS ly.  Julle weet, Permanente Moerige Staat.  Ek is elke oggend wanneer ek wakker geword het knorrig.  Ek is allermins ‘n oggendmens.  Ek sal inderwaarheid verkies om my dag en nag om te ruil.  Gewoonlik kom ek nie uit die bui nie, soos julle teen die tyd weet. 

Daar is darem tye dat ek ‘n opknikkertjie kry sodat die aarde ‘n dankbare sug van verligting slaak.  Wanneer ek besluit dat ek moet opstaan, sit ek my radio aan.  My dag is gemaak as een van my gunstelingliedjies speel.  Dit hoef nie dadelik te speel nie, maar as ek so ‘n liedjie hoor voor ek in my kantoor is, is ek die dag ene glimlaggies. 

Ek is musieklik.  Nee, nie musikaal nie, ek weet net mooi niks van musiek af nie.  My lewe draai om musiek.  Dit beteken nie dat ek ‘n groot CD versameling het nie, dit beteken net dat ek iets waardeer wat mooi is.  Wat nog iets is wat my bui verbeter.

‘n Mooi toneel.  Of dit nou ‘n sonopkoms is oppad werk toe, ‘n sonsak oppad huis toe of net iets onverwags wat my na ‘n kamera laat gryp.  Daardie iets wat jou klein teenoor die heelal laat voel. 

Alles klein onverwagte bonussies.  Daar is so baie.  ‘n Kinderlaggie, ‘n sms van ‘n vriend wat jy lanklaas gesien het, ‘n positiewe storie en ‘n klein bederfie?  Wie het dan nou koffie nodig?

Wat sit jou dadelik in ‘n beter bui?

Blogvraag:  In die musiekvideo van Joan Jett and the Blackhearts se I love Rock & Roll, wat se lied van die groep speel op die Jukebox?  Tip:  Youtube

Blogantwoord:  Neykie was reg dat Stephen King die boek geskryf het.  Frank Darabont het die draaiboek geskryf.

Die verjaarsdagmaatjie, Ferdinand.  Salome se baba.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Epos van Rassisme Ontnugtering in Zille

156 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Mei 13, 2008 om 12 : 10

    Ag moeder ma!!!!!!!!!

  • 2. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 12 : 16

    Roer

    Praat jy nou van Bruinoog?

  • 3. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 2 : 57

    is dit dan nou nie die mooiste ou spoegbekkie in die wereld nie of wat

  • 4. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 03

    Ferrari

    Jou bors het hopenlik nou nie oop gekraak nie.

  • 5. Ferrari  |  Mei 13, 2008 om 3 : 08

    Hoe ken jy my anderste. Die mooiste pa se mooi seuntjie

  • 6. Adrie  |  Mei 13, 2008 om 3 : 17

    OOOOOOO

    Jakkals prys sy eie stert.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: