Epos van Rassisme

Mei 12, 2008 at 12 : 37 47 Kommentaar

Ek het al 11 keer die epos gekry, van waar Nico Bruwer in polisie selle herhaaldelik verkrag / gesodomiseer is.  Die epos aanvaar dit as rassisme en maak ‘n paar veronderstellings daaroor.  Ek gaan nie die hele epos hier publiseer nie, maar sal dit aanstuur vir die wat dit wil sien.

Ek dink daardie epos is onverskillig geskryf en moet nie onverskillig rondgestuur word nie.  ‘n Paar goed is nie duidelik nie.  Het die SAPD hom in die selle gegooi met die doel dat hy verkrag moes word of was hy met goeie rede opgesluit?   Was hy so behandel omdat hy blank was? 

Ek is eindlik huiwerig om die blog te plaas, ek sou verkies dat ‘n korrektiewe maatskaplike werker dit eers lees en verbeter.  Die skrywer van die epos het ‘n paar goed buite rekening gelaat.  In die tronk of selle verkrag jy of jy word verkrag.  Regoor die wêreld, nie net in SA nie.  Die man sou verkrag geword het as hy swart was of as hy saam met witmans toegesluit is.  Dit is een van die redes hoekom daar so ‘n bohaai opgeskop word oor minderjarige seuns in selle.  Hulle is maklike tekens. 

Wat gebeur het moet veroordeel word.  Dit is nie reg nie, al gebeur dit orals.  Dit is nie regverdigbaar nie.  Maar dit kan nie net aan rassisme toegeskryf word nie.  Hy was dalk vir ‘n withond uitgeskel, maar vernederende taal sou gebruik geword het as daar nie ‘n kleur kwessie was nie.

Sulke eposse wat op emosie teer sonder grondige feite moet in die kiem gesmoor word.   Ons het die keuse of ons dit aanstuur.  Sodomisering moet ook stop gesit word, maar dit is ‘n blog vir ‘n ander dag.

Blogvraag:  Wie het Shawshank Redemption geskryf?

Blogantwoord:  Sam was met hook en crook reg met Bettie Celliers Barnard.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Moedersdag Instant fix

47 Kommentaar Add your own

  • 1. Yvonne  |  Mei 12, 2008 om 12 : 56

    @ Adrie

    Lyk my jy wil ook eerste verkrag word voordat jy gaan besef rassisme is ‘n probleem in ons land. Swartes is nie die edel nasie wat jy op Oprah sien nie. Kom net by in die lewe, jy leef duidelik in ‘n kokon.

  • 2. neykie  |  Mei 12, 2008 om 1 : 02

    Stephen King het die boek geskryf. en as ek reg onthou is daar ‘n fliek ook oor gemaak?

    Rassimse ek is nie noodwendig lief vir die anderkleuriges nie, maar ek kry hulle jammer die wat rerig swaar kry- wens ons almal wil besluit om saam te staan en die land ‘n beter plek maak want mnr die president sal praat maar niks doen nie

  • 3. Bos  |  Mei 12, 2008 om 1 : 15

    Dit is seersekerlik iets wat nooit sal uitsterf nie en dit is rassisme en elke keer wat n blanke hoor van nog n plaas moord en huisinbraak waar die mense aangerand was, ens dan word die vlamme van haat net aangeblaas. Ek verstaan baie van hulle kry baie swak salarisse, ens, maar as hulle inbreek vir goed om te gaan pond, steel dan net die goed, hoekom mense seermaak ook?

    Wat die e-pos aanbetref, ek het hom ook nou al so paar keer gekry en ek weet dat die dinge gebeur wel in sekere selle. Ek stem saam dat die soort van e-pos nie die situasie in ons land aanhelp nie, maar mense moet gewaarsku word!! Ons moet begin opstaan teen rassisme in ons land. Ek haat hulle nie, maar mens kan nie anders as om bang te wees vir hulle nie!!

  • 4. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 1 : 39

    Weet jy A3 dis anderster as die soort geval jou persoonlik raak. Ek ken hom persoonlik en is ‘n goeie vriend van my en my liefie. As jy sien wat dit aan hom en sy familie gedoen het sal jy dalk beter verstaan. Jy kan dink hoe hul voel maar jy kan dit nie sien nie. Ons doen. En dis hoekom ek die e-pos begin aanstuur het.

  • 5. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 1 : 46

    • Yvonne
    Ek se nie dat rassisme nie ‘n probleem is nie. Ek verdedig ook glad nie NB se selmaats nie.
    Bos
    Ek is nie seker wat met NB gebeur het was rassisme nie. Dit is ‘n feit dat ons beskawingslaag baie, baie dun opgeplak is. Dit neem nie veel om afgekrap te word nie. Wat hy oorgekom het, kom waarskynlik elke man (swart, pienk en pers) oor wat in die groep se selle land. As hy lank genoeg daar toegesluit was, het hy waarskynlik later dieselfde aan ander inmates gedoen. Dit sou al manier gewees het waarop hy kon oorleef het.
    Lilly
    As dit my vriend was, was ek ook moerig. As die epos oor die verkragting gegaan het, het ek dit aan almal in die wereld gestuur. Weereens, ek weet wragtig nie of rassisme die motief was nie.

  • 6. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 1 : 54

    A3

    Wil jy nou wraggies vir my se as die man swart was dat hy presies dieselfde behandel sou geword het? Ek kan amper nie glo dat jy so oppervlakkig kan dink nie. Die saak gaan dieper.

  • 7. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 1 : 58

    Lilly

    Ek se dit, want dit is die waarheid. Gaan vind gerus uit by die eerste en beste polisielid.

  • 8. Nico  |  Mei 12, 2008 om 2 : 00

    Ek weet nie wie van julle was al in ‘n tronk nie. Ekself het al hoë profiel gevangenes in C-Max in Pretoria besoek, het al binne sentraal en ander gevangenisse rond beweeg. Adrie, die rassisme is oop en bloot. En niemand kan iets doen nie. Die enkele blankes wat wel gaan kla het, is net meer geteiken. Die bewaarders by wie hulle gaan kla het, het die ander gevangenes opgestook en die mishandeling en rassisme raak erger. As dit waar is wat met NB gebeur het, dan is dit beslis rassisme. Hulle verniel nie altyd hulle eie mense so nie.

  • 9. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 01

    Lilly

    Dit gebeur orals waar ‘n groep mans saam gebondel word. Dit gaan nie oor seks nie, maar oor dominasie. En bedoel nie eers net in tronke nie, maar orals.

  • 10. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 02

    A blonde, wanting to earn some extra money, decided to hire herself out as a ‘handy-woman’ and started canvassing a nearby well-to-do neighbourhood.

    She went to the front door of the first house, and asked the owner if he had any odd jobs for her to do.

    ‘Well, I guess I could use somebody to paint my porch,’ he said, ‘How much would you charge?’

    The blonde quickly responded, ‘How about £50?’

    The man agreed and told her that the paint and everything she would need were in the garage.

    The man’s wife, hearing the conversation, said to her husband, ‘Does she realize that our porch goes all the way around the house?’

    He responded, ‘That’s a bit cynical, isn’t it?’

    The wife replied, ‘You’re right. I suppose I’m starting to believe all those ‘dumb blonde’ jokes we’ve been getting by email lately.’

    A short time later, the blonde came to the door to collect her money.
    ‘You’re finished already?’ the husband asked.

    ‘Yes,’ the she replied, ‘and as I had paint left over, I gave it two coats.’

    Impressed, the man reached into his pocket for the £50.00 and handed it to her.

    ‘And by the way,’ the blonde added,
    .
    .

    .
    wait for it
    .
    .

    .

    ‘it’s not a Porch, it’s a Ferrari.’

  • 11. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 04

    Nico

    Ek is bly dat jy kom kommentaar lewer het. Ek was al in ‘n tronk, maar dit was tussen die dames en ek was saam met die bewaarders.

    Wat ek wel weet, is dat dit oral voorkom onder alle rasse. Ek gee toe vir die moontlikheid dat dit erger op blankes toegepas word in SA.

  • 12. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 2 : 07

    Goeie blond joke.

    Nie dat ek wil snaaks wees of iets nie maar straight wit mans het maar net meer selfrespek om so iets te doen. ‘n Ware boer is beter as dit. Bobbejanisme pas nou maar nie by ‘n boer nie.

    (sorry as ek nou biekie rasisties klink maar common mense, wie gaan nou met my stry)

  • 13. Bos  |  Mei 12, 2008 om 2 : 08

    Adrie

    Kan nie baie uitbrei oor di volgende storie nie, maar n vriend van my was ook een aand vir so rukkie in die selle gewees. Toe die konstabel hom in die selle gaan sit het, het hy in sy taal vir die ander manne gese dat hy vir hulle n middernag fees gebring het en dat hulle hom net moet stilhou want daar is n grootkop van die stasie voor in die ontvangs lokaal. Wat hulle nie geweet het nie is dat my vriend hul taal verstaan en praat en gelukkig vir hom het hy een van die gevangenis geken en die het vir hom geskerm en hulle het hom genadiglik gelos. My vriend het nie n saak gemaak teen daardie konstabel nie want sy situasie in die tronk was moeilik en van so aard dat hy nie kon nie, maar toe hulle hom vrylaat het hy vir daardie selfde konstabel in sy eie taal gese dat hy nog sy dag sal kry en die konstabel het eenvoudig net vir hom gelag en gese dat hy moet wakker skrik, swartes regeer nou en wittes is nou aan die bodem of the food chain en dat hy als sal ontken as my vriend n saak probeer maak, is sy woord teen die konstabel sin … so sien … is nie altyd so maklik nie en weereens ek verstaan wat jy se, maar daar is nie veel in die e-pops uitgebrei oor wat vir Nico Bruwer gese was nie, maar dit gebeur daagliks en as jy net n bietjie moet tronk toe gaan en van daai manne aan die praat kry sal jy besef dat dit ook maar in baie gevalle oor rasse haat gaan en nie net vir die siek verlustiging van net seks he nie.

  • 14. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 2 : 08

    A3

    Daar het jou nou net admid dat dit “erger op blankes toegepas word in SA” in ander woorde gestel is dit rasisme.

  • 15. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 12

    Lilly

    Ek het niks admit nie. Ek was nog nooit tussen die manlike gevangenes nie. Dus is dit ‘n moontlikheid wat wel bestaan. Soos Bos ook beskryf het, sulke goed bestaan wel. Ek weet dat self blanke polisielede mense in selle gooi dat hulle so gestraf word. Tog bly dit iets wat nie noodwendig ‘n wit en swart ding is nie.

  • 16. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 2 : 16

    A3

    Dat is ek maar jammer dat ek en jy nie ooreenstem oor die hele ding nie. Ek kan net bly wees vir die swart polisie man wat gehelp het dat my liefie nie vir ‘n aand in die tronk moes slaap toe hy in ‘n motorongeluk was nie. Selfs die polisie man het gese dis geen plek vir ‘n jong wit man nie.

  • 17. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 19

    Lilly

    Dit gaan nie oor saamstem nie. Dit gaan oor die saak ontleed om dit beter te verstaan.

    Het jy geweet, dat die mans wat in die skagte was altyd ‘n seun by hulle gehad het om hulle drange te bevredig? Wat een van die oorsake van die vigspandemie vandag is? Hier was dit glad nie die geval van rassisme nie.

  • 18. neykie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 30

    A3 nes jy sê ons is nie hier om oor alles saam te stem nie- ‘n verskil of 2 elke nou en dan, maak die lewe lekker opwindend.

    darem weet ek nou my perke van onderwerpe wat ek kan bespreek en met wat word ek witwarm de$&*@#* in he he

  • 19. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 2 : 35

    Neykie

    Jip, ‘n mens moet jouself kan beheer voordat jy so iets aanpak.

    Ek het die persoonlikheid wat my nog in die tronk sal laat land. Ek het al ‘n boek gelees van iets soortgelyk wat in ‘n vrouetronk gebeur. Dan se ek net Dankie Vader ek is groter as die gemiddelde vrou en dat ek geleer is om myself te verdedig.

  • 20. Katvis  |  Mei 12, 2008 om 2 : 39

    ense wat E-poste aanstuur wat op emosie werk en ek kan nie die saak self bevestig nie. Met ander woorde die storie se oorsprong of geloofwaardigheid kan ek self nie bewys nie stuur ek nooit aan nie en delete dit. Baie van die stories is snert. Nou plaas ek my naam op die leun deur dit aan te stuur. n Mens kan nie eers alles glo wat in die koerant staan eers nie en die skrywer van daardie berigte of stories is opspoorbaar. Die E-mails weet jy nie eers wie die berig of storie geskryf het nie nou stuur jy dit aan dan word jy die skrywer dan van die storie. So as die berig by die verkeerde persoon uit kom en jou naam staan daar dan kan hy jou vrae om die leun te verduidelik.

    Dink goed voordat jy sommer e-emails aanstuur. By Toyota het iemand so n rasistiese mail gestuur en hy het sy werk verloor.

  • 21. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 3 : 03

    Ek wil eerder uit hierie gesprek bly. Baie van julle sal my wil kruisig as ek my groot bek rek. Ek het ‘n nuwe boek van tannie Dalene gekoop ek ek gaan dit nou eerder lees voor ek 99% van ons vriendskappe vebreek. Julle sal more wee van my hoor.

  • 22. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 3 : 06

    Annie

    Geniet jy dit dan maar. Ek bly liewer oud modies dankie.

  • 23. Annie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 09

    Ek sal nie dat iemand dit met my doen nie, jy’s lekker mal.

  • 24. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 3 : 11

    ha ha ha ha ha ha ha ha ag meestal van die tyd ja maar jy ken my mos nou al so

  • 25. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 3 : 13

    Waars al die ander nou heen.

    Annie moet nie die mense so weg jaag met jou yukki se goed nie. Dis nie nice nie.

    het jy bo gelees. Daars ‘n nice grappie net vir jou.😉

  • 26. Annie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 19

    Ja ek het die grappie gelees lol, gelukkig is ek nou maar een van die slimste blonds

  • 27. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 3 : 22

    wel jy like dit om so te dink in anyway he he he he😆

  • 28. Annie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 25

    Nee, ek dink nie so nie, ek weet so

  • 29. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 3 : 26

    wel dan kan jy maar weet wat ek weet jy dink hoor

  • 30. Annie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 36

    Okay, cheers julle

  • 31. Nico  |  Mei 12, 2008 om 3 : 46

    Sjoe, hierdie gesprekke raak “embarrising”.

  • 32. Nico  |  Mei 12, 2008 om 3 : 48

    Ek dink in SA sal die rassisme debat nog baie lank aangaan. Ek weet net : Ek pleeg eerder selfmoord as om ‘n witman in vandag se tronke te wees.

  • 33. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 48

    Annie, Lilly en Katvis

    Asseblief, hou grafiese details van seksuele aard vir julle self. Dit was nie nodig nie. Ek gaan daardie content verwyder, volgende keer sonder verduideliking.

  • 34. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 3 : 49

    Nico

    Ek dink die meeste mense besef nie hoe erg tronke regtig is nie.

  • 35. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 4 : 03

    Kan julle dink hoe erg moet dit wees om jou eie soort te vrees. Ek het al ‘n paar keer gehoor dat swart meisies se dat hulle banger is vir swart mans as vir wit mans.

  • 36. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 4 : 12

    Hier’s my dopwegslaan speletjie. Gewaarborg om jou stukkend-dronk-beskonke

    te kry binne 30 minute. Al wat jy benodig is grondboontjies, Strohrum,

    verskeie ander doppe en SABC nuus (DSTV is opsioneel). Gooi jou dop in ‘n

    glasie.

    Skakel jou ma se TV aan op enige SABC nuus kanaal of Parlement Live (op die

    skottel). Programme soos Felicia sal ook werk en toesprake deur Zuma,

    Buthelezi en Tutu is by uitstek Spietsj-materiaal.

    Jou lewer se lot is in die toesprake van ons plaaslike politici. Jy kan

    kloksgewys speel as julle meer as drie is, maar die spel is ewe lekker as jy

    alleen speel.

    Luister aandagtig – terwyl jy nog kan – na hul woorde en straf jouself met

    ‘n sopie elke keer as jy die volgende hoor:

    eisj = enkel sopie

    in fêct = dubbel sopie

    êktualee = dubbel sopie

    ôkêê = 1 handvol grondboontjies

    amandla = sing een versie van O Ryperd.

    brathars, siestars, comraydes = skoon brannas (4 vingers)

    Crime? Hau, what crime? = gorrel een mondvol strohrum vir 5 sekondes spoeg

    uit.

    da previas regime = gorrel een mondvol strohrum vir 5 sekondes en sluk.

    oua ancestars = drink almal se dop.

    Indien daar enige gapings in sinne is waarin die spreker langer as 5

    sekondes huiwer = drink die speler links van jou se dop.

    Jy mag in jou beurt iemand nomineer om enige deel van hierdie toesprake te

    verduidelik. As hulle slaag, drink jy. As hulle faal, drink hulle = een

    doppie strohrum en een grondboontjie.

    Na elke ronde moet alle deelnemers die volgende kan uitspreek in foutlose

    suiwer Engels: ‘I can’t remember a thing but I didn’t drink!’

    Lekker speel.

  • 37. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 4 : 23

    Helloooooo??? Is there somebody out there, I’m burning…

  • 38. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 4 : 23

    Net net.

    Hoe gaan dit?

  • 39. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 4 : 26

    Goed en jy? Watse e pos is die?
    Maar ek het nie die e pos gesien nie????? Tog kry ek baie e pos, moet sê sommiges vee ek uit, tyd is net te min….. 😳
    Sorry ek moet die hele inskrywing en comments opvang..

  • 40. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 4 : 28

    😯 wat gaan hier aan? Het jy die e pos Adrie?

  • 41. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 4 : 28

    Wip

    Ek sal dit vir jou stuur.

  • 42. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 4 : 55

    Hierdie e pos is vreeslik….. is dit waar???? Want dan moet hulle daardie mans in daardie verdomde plek, dadelik laat ontman, hulle goed pla hulle.

    Adrie ek is nie rassisties, maar as iemand my seuns of man verkrag, moet hulle my vasbind, want ek sal daardie persoon met my kale hande ontman!!!!!
    So man se manlike trots is weg vir die res van sy lewe.👿

    Ek haat verkragters, soos ek op my blog gesê het, ‘n familielid van my is nou net verkrag, dit is traumaties vir ons, ons sien hoe sy weg kwyn en ons kan niks doen om dit beter te maak nie. Ons hande is afgekap. My hart huil binne toe as ek haar sien.

    Nee sit ‘n ander blog op – ek wil liewers sing…♪…♪ Skryf vir ons oor internet veiligheid of so iets, jy is mos slim met die goed😉

    Waar is Sam? Hoekom is die blog so stil?

  • 43. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 4 : 57

    As ek so baie en deurmekaar begin skryf, is ek sommer net ontsteld, ek kruip weg vir die goed (ek druk my ore toe en wil dit nie lees of hoor nie) – is daardie e pos waar???? hê????

  • 44. Nats  |  Mei 12, 2008 om 5 : 01

    Hello hello!!

    Sjoe wat ‘n touchy subject!!

    @ Yvonne
    Kom jy bietjie by in die lewe… niemand het gesê jy moet saam my tweeling stem nie. Om te sê sy wil eers verkrag word voor sy wakker skrik is so goed jy sê vir my ek moet lyk my eers Vigs kry voor ek besef hoe erg dit in ons wêreld is. Jou redinasie is toetaal en al ongevraagd.

    Adrie
    Ek verstaan waar jy vandaan kom met die e-pos. Grootlik gaan dit oor rasisme, maar by gesê nie net wit op swart nie… maar swart op swart. Zulus en Xhosas kom nie altyd oor die weg nie.

    Wit mans kan net sulke varke wees as hulle wil wees. As hulle ‘n vrou kan verkrag of slaan kan hulle veel erger aan ‘n man doen.

    Ek het ook daai e-pos ontvang, en ja dit is vreeslik. Ek voel baie sleg vir daai man want more kan dit met my man gebeur.

    Maar bygesê, moenie my in ‘n rasis probeer verander deur jou jammer te kry nie. In die land moet dit Good verses Evil wees, nie Evil verses Evil nie.

    Jy kan nie kwaad met kwaad reg maak nie.

  • 45. ADRIANA  |  Mei 12, 2008 om 5 : 02

    Wip

    Daar is mense wat hom ken, soos Lilly byvoorbeeld.

    Ek haat verkragters ook. Ek is trots om te se dat ek al ‘n anti-verkragtings veldtog geloots het wat baie suksesvol was.

  • 46. ADRIANA  |  Mei 12, 2008 om 5 : 04

    Tweeling

    Daar is weer een van die redes hoekom jy my eie persoonlike tweeling is. Ek stem saam met jou.

    Ek haat rassisme. PUNT

  • 47. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 5 : 46

    Nou ja hierdie Nico storie is nou waar, wat het verder met die saak gebeur, of weet ons nie? Is hulle besig om die saak te ondersoek?

    Hulle moet die mans in die tronke blou fieterjoel injaag!! So kan dit mos nie aangaan nie….

    Yvonne dink jy nie jou kommentaar was bietjie kras nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: