Is jy ‘n held?

Mei 10, 2008 at 12 : 37 18 Kommentaar

Sal jy jou lewe in gevaar stel vir ‘n ander persoon?  Jy staan by ‘n robot en jy sien dat die motor voor jou gekaap word.  Gaan jy die slagoffer probeer help of net wegkyk?  Sal jy darem die ordentlikheid hê om die registrasie nommer te neem en die polisie in kennis stel?  As jy darem wag en kyk of jy die slagoffer kan help, het jy jou plig gedoen.  As jy die aanvallers aangevat het, is jy ‘n held, maar dan het jy dalk met jou lewe geboet. 

Wat maak jy as jy in die middel van die nag wakker word en agterkom jou buurman word aangeval?  Draai jy om en slaap verder want dit is nie jou besigheid nie?  Jy ken die man nie eers nie.  Doen jy jou plig en bel die polisie?  Of bel jy eers die polisie en probeer hom dan red?

Die meeste goeie mense sal hulle plig en ‘n bietjie meer doen.  In 90 % van gevalle.  Het ons lafaards geword of is ons deesdae net bereid om klein helde te wees.  ‘n Mens kry seker verskillende soorte helde.  Ek het die geskets wat hulle lewe in gevaar stel.  ‘n Ander, meer besadige held, gee sy / haar lewe.  Voorbeeld:  jy kry iemand op moedverloor se vlaktes, jy doen jou plig en probeer troos.  Of jy maak die persoon ‘n vriend en dra hom / haar deur dit wat seermaak.  ‘n Taak waarmee jy dalk die res van jou lewe gaan sukkel.  Iets wat jou gaan dreineer.

Die derde held wat ek wil noem is diegene wat homself te kort doen om ander te help.  Ja, ons gee elke dag ‘n paar sent of self ‘n paar rand weg.  Hoeveel van ons is bereid om ‘n laer lewenstyl te handaf om iemand anders ‘n lewe te gee.  Sal jy vir een week van brood en water lewe sodat ‘n enkelma haar kinders ‘n week lank voedsame kos gee?  Bestaan daar sulke helde?

Almal wil hulleself as ‘n held sien.  Daar is seker niks daarmee verkeerd nie, maar as jy iets vir iemand doen wat jou niks/min kos, verdien jy die titel van held?  Of doen jy net jou plig?

Is ek ‘n held, ek het immers die vermetelheid om te preek.  Nee, beslis nie.  Ek het al ‘n kind wat vreesbevange aan my geklou het van my laat losskeur.  Ek het al ‘n baba na ‘n motor gedra omdat die ma te dronk was om haar self te dra.   Die pa wat bestuur het was nog dronker.  Nee, ek is nie ‘n held nie, ek hoort eindlik in ‘n tronk.

Ek, Adriana Magrieta Swanepoel, is ‘n LAFAARD.

Blogvraag:  Hoekom is Rachel de Beer ‘n held?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Geloof, Hoop en Liefde.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Liefde Moedersdag

18 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  Mei 10, 2008 om 2 : 44

    Haai ooo. Ek’s eerste

  • 2. Salomè  |  Mei 10, 2008 om 2 : 46

    Rachel De Beer het in die gat se bek gelê met haar boetie binne in sodat hy nie kan koud kry nie. Sy lewe is gered. ‘n Storie baie na aan my hart.

    Oor die onderwerp; Ek is baaaie braaf as Liefie net naby is. Dan vat ek enigeen aan. So ek is seker net halfpad braaf. Hy sal in die middel van die nag uitspring en die buurman gaan help. Ek is gewoonlik die klein hondjie wat agterna kef.

  • 3. Roer  |  Mei 10, 2008 om 3 : 23

    Hoe sal ons tog weet tot ons werklik in so ‘n situasie is. Ek dink tog ek sal kalm bly en help, maar nie op ‘n onverskillige manier nie. Watookal dit beteken. Byges^e as ek die de Beer girlie was, was my boetie tickets. Ek HAAT koue.

  • 4. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 3 : 38

    Derde!

  • 5. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 3 : 48

    Ek moet sê dat ek 1 vanni braafste mense is wat ek ken. Voor ek kjinners gehad het was ek baja meer stoepid as braaf. Ek het ingespring en mans gebliksem, left right en centre. Ek het tot inni hel en trug gegaan saam met my maaikies EN vreemdelinge. Deesdae dink ek (al issit net ‘n split sekonde) voorlat ek my lewe in gevaar stel. As my kjinners nie by issi, is ek ma partykeer ok lekka stoepid. As ek na die tyd dink aan wat KON gebeur het, dan wil ek myself bliksem oorlat ek nie helder gedink hetti. Ek is ma van geboorte af sonner ‘n bang haar op my kop. My adrinalien vlakke is ook baja hoog al is ek in ‘relax mode.

  • 6. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 3 : 58

    Ek onthou toe ek 1dag na college verby ‘n man en ‘n vrou gery het. Die man het die vrou geskop terwyl sy hulpeloos gelê het. Ek het my kar somme inni middel vanni pad gestop, uit gespring en daai man gemoer dat HY lê en tjank. Daai liedjie van Britney “Hit me baby 1 more time” was nog nie geskryf nie, maar ek dink dis da wa sy die idee gekry het om daai lied te skryf:mrgreen:

  • 7. rosalindfranklin  |  Mei 10, 2008 om 7 : 37

    Waar lewe en dood ter sprake is, ek weet nie ek was nog nie daar nie. Indien so iets die dag gebeur sal ek seker op instink en innerlike menswees reageer. Ek wonder wat ek sal doen? Ek hoop die regte ding.

    Ek het altyd gewonder of ek regtig sal spring as ek uit ‘n vliegtuig moet spring. Toe gaan doen ek dit , net om uit te spring of sal spring of nie, want ek het nie geweet nie. Toe spring ek sowaar.
    Nou weet ek, ek sal spring.

    mmmm….valskermspring is baie goor. niks lekker nie.

  • 8. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 8 : 01

    Rosa… Ek het darem die ervaring van valskerm spring geniet. Weereens sal ek 2 keer dink voor ek dit wee doen. Die kjinners het my in ‘n ‘pissi’ laat verander😉

  • 9. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 8 : 04

    Adriana… Issit hie wa jy wegkruip?

  • 10. ADRIANA  |  Mei 10, 2008 om 8 : 29

    Rosa

    Ek het n vriendin wat wens dat sy dat gyselaar gehou kan word. Net om te sien hoe sy sal reageer.

    Sam

    Sad enough. . . Ek werk!! Ek het eendag gesien hoe n swart man n swart vrou klap in n parkeerarea. Ek het nog om gedraai om haar te gaan help, toe klim n blanke ou – in die kar voor hulle – uit, sluit en stap rustig tot voor die man, moer hom een met n vuis, draai om en klim terug in sy kar. So nonchalant het ek nooit weer gesien nie. Met so n man trou ek more.

  • 11. Wipneus!  |  Mei 10, 2008 om 10 : 36

    In sekere omstandighede is ek braaf, maar gewoonlik soek ek ‘n brawer een saam my as dinge erg skeefloop (gevaarlike omstandighede). Maar ander goed soos waar ‘n man ‘n vrou klap of so iets, spring ek vinnig in vir ‘n “fight”….teddie sê altyd ek is “cheeky” verby, natuurlik probeer ek dit dan ook met die nodige finesse doen…. ek is nou nie ‘n “streetfighter” nie 😆

  • 12. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 10 : 39

    Ouma! Die spoke gat v jou vang as jy so al1 rondloop….

  • 13. Samantha q  |  Mei 10, 2008 om 10 : 43

    Nag Adriana

  • 14. ADRIANA  |  Mei 11, 2008 om 12 : 35

    Nag Sam.

    Is hier n roofleser is met hot chocolade, deel asb. Myne is klaar

  • 15. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 12 : 52

    Jy kan ma al die hot tjoklit kry. Eeeuuuwww!

  • 16. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 8 : 54

    Hêppie mother’s day aan al die mammas!

  • 17. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 3 : 44

    Ek hoop alli mammies het ok royal treatment gekry soos ek. Ek was gepamper van kop tot tone!

  • 18. Bos  |  Mei 16, 2008 om 4 : 09

    Is ek nou alleen hier?? Ek dag julle kom hiernatoe?? tsk, of fool julle net?? O.k, ek wag dan maar net hier vir julle!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: