Gesoek: Debat

Mei 8, 2008 at 11 : 41 21 Kommentaar

Ek is mal oor argumenteer.  Dit is juis een van die redes hoekom ek van blog hou.  Dit gee my die kans om ander mense se idees te toets.  Ons is nou al so geboelie om ander se menings te respekteer, om ander se lewenswyse te aanvaar, om wen-wen situasies te soek, dat debat besig om te sterf.

Debat, hoe vurig ookal, is nie veronderstel as ‘n persoonlike aanval gesien te word nie.  As ek more ‘n blog post dat Mugabe president behoort te bly, gaan mense my of ignoreer of saamstem.  Die wat my ken sal sê ek moet my graaf bêre en dit sal die einde van die saak wees.  Bittermin mense sal my die stryd daaroor aansê.  Hoekom?  Net om konflik te vermy?  Ek dink mense moet leer om van mekaar te verskil en hulle respek vir mense met ander menings behou. 

Ons (as die aardbewoners) begin al hoe meer aan tonnelvissie ly.  Ons idees word nie uitgedaag nie, dus glo ons wat ons dink is reg.  En dit is gevaarlik.  Ons moet oopbly vir logiese argumente, nie emosionele argumente nie.  Debat is ‘n manier van groei, van verder dink as wat jou neus lank is.  Hou skole nog debatte?

As jy jou vir ‘n toffie uitgee, verwag om gekou te word.

Blogvraag:  Wat kort by ‘n blog debat, wat gewoonlik by ‘n formele debat, soos op skool, teenwoordig is?

Blogantwoord:  Briget verjaar op 11 November.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Slaansakke Die Liefde

21 Kommentaar Add your own

  • 1. neykie  |  Mei 8, 2008 om 11 : 49

    EERSTE!!!

  • 2. neykie  |  Mei 8, 2008 om 11 : 52

    Ek sou reken 2spanne 1 wat vir dit is en 1 wat teen dit is…..

    Ek dink blog debat lok soveel gemengde gevoelens uit en as ek nie saam stem nie sal almal en die res my ignoreer op ‘n volgende blog.

    But im pro-debat. Ons mense moet kan redeneer en praat, solank dit nie op vuis gevegte uitloop nie

  • 3. *lilly*  |  Mei 8, 2008 om 11 : 54

    Dag se jul klomp.

    Jammer ek val nou eers in.

    Ek is nie ‘n groot debat mens nie. Ek dink ek vat dinge te maklik persoonlik op.

  • 4. Zoekoe  |  Mei 8, 2008 om 12 : 21

    Debat? nee ek stort eerder, !

  • 5. Katvis  |  Mei 8, 2008 om 12 : 23

    Die voorsitter

  • 6. Salomè  |  Mei 8, 2008 om 12 : 39

    Ek is beslis nie die regte persoon om nou oor debat te praat nie want ek kom nou net van ‘n vurige “debat” by die poskantoor af. Hulle nuwe “dametjie” overcharge ons ‘n hele R130 op ‘n pakkie. Hulle kan nie die geld terug gee nie, want dit is klaar deur die sisteem. Maar ek soek die geld terug want dit is verkeerd!!!

    Adrie weet wanneer ek in ABSA was. Daardie dag het ek ok ‘n vurige debat met die bogsnuiter van ‘n bankbestuurdertjie gehad oor sy swak organisasie van die rye. Ons staan wragtag 1 en ‘n driekwart uur in ‘n ry voor ons by ‘n kassier uitkom, maar hier van links stroom die donker kant van Afrika verby na ‘n teller wat hulle help. Al die ordintlike boertjies staan waar hulle staan. Toe ek my groot bek rek, kef die hele ou klomp toe mos saam.

    Het my se moedertjie my dalk te voor op die wa groot gemaak? maar EK gaan nie ‘n debat/konflik/konfrontasie/onderonsie misloop as dinge nie reg is nie.

    {*fluister* Ek skip net vir Adrie want sy mop met my en ek baklei nie met blogmaatjies nie}

  • 7. Salomè  |  Mei 8, 2008 om 12 : 43

    Om jou vraag te antwoord; Hulle hou nog debat by die skool maar noem dit “redenaars”. Middelste het hierdie jaar deelgeneem, maar sy moed het hom begewe op die laaste oomblik en daar het toe niks van sy vurige stellings gekom nie.

  • 8. Nats  |  Mei 8, 2008 om 2 : 49

    Heeellllllooooooo!!

    Debat is goed op sy tyd, ek weet net nie of dit altyd goed is vir my nie!🙂

    How goes it peoples!!??

  • 9. Jannas  |  Mei 8, 2008 om 3 : 08

    Ek hou van rede voer of debat, bygesê as dit sinvol is en iets vermag. Debat vir die rede van debatteer alleen verveel my.

    Blogvraag: Hang van die tipe blog af maar die algemeenste ontbreking is die positiewe identifikasie oor die debatvoerder. ‘n Ander ontbreking is ‘n inleiding en ‘n opsomming/beslissing aan die begin en einde. Verder is die debatreëls ook baie meer vaag, debatvoerders kan enige tyd kommentaar lewer, ens.

  • 10. Pikkelik  |  Mei 8, 2008 om 3 : 13

    HUH…. Hierdie is nou ‘n kwessie waaroor ek glad nie wil depatteer nie… Lekker dag!!! 🙄

  • 11. Wipneus!  |  Mei 8, 2008 om 3 : 35

    Debat is goed, maar sommiges wip hulself en neem dit persoonlik op. Debat word vir hulle ‘n bakleiery, persoonlike aanval! Pleeeeeze, dan kap ek hakke in die grond.

  • 12. Samantha q  |  Mei 8, 2008 om 5 : 33

    Almal is seke al huistoe….

  • 13. Samantha q  |  Mei 8, 2008 om 5 : 36

    Seke ma net I&J oor

  • 14. Roer  |  Mei 8, 2008 om 5 : 58

    hi sam

  • 15. Samantha q  |  Mei 8, 2008 om 6 : 06

    Jy nog hie?

  • 16. Samantha q  |  Mei 8, 2008 om 6 : 12

    HALLO!!

  • 17. Samantha q  |  Mei 8, 2008 om 6 : 17

    En Adriana loer nogsteeds…

  • 18. Adrie  |  Mei 8, 2008 om 6 : 29

    Ha-freaken-lo

  • 19. Jo-Ann Schou  |  Mei 9, 2008 om 12 : 07

    Ek hou van die idee dat ek vry is om beskaafd ‘n opinie te kan gee en dat ek nie met ander hoef saam te stem nie. Dit is net jammer dat daar mense is wat nie altyd van jou mening hou nie en dan beledigend raak. Dan kom daar so JS geurtjie in die storie in. Oor jou vraag – weet nie, sê maar?

  • 20. Rolling Stone  |  Mei 9, 2008 om 12 : 11

    Iemand nog hier??

  • 21. Rolling Stone  |  Mei 9, 2008 om 12 : 14

    Partykeer is dit maar net beter om stil te bly , en n mens se opnie vir jou self te hou . Daar is te veel mense wat dink net hulle is reg…..in alle opsigte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: