Die opsitkers

Mei 6, 2008 at 5 : 25 258 Kommentaar

Die Fant geskiedenis het my aan ‘n ander (ware) staaltjie laat dink.  Ek dink dit het baie vroeg in die 60’s gebeur. 

Die Primaria het verjaar en die Jarre (eerstejaars) het vermoed dat daar ‘n verloofring as geskenk gaan wees.  Daar was net een genade om die ware weergawe te kry.  Een van die Jarre moes in die Meneer se kar gaan wegkruip het.  Die jas op die agterste sitplek het sake vergemaklik en so wag sy die groot oomblik in.  Die Prim en Meneer het lekker in die kar gesels, toe hy aankondig dat hy iets wil vra.  Hy strek na agter, maar kom met ‘n Jar gesig ipv die ring (wat in sy jassak vas te voorskyn).  Ek weet nie wat het verder gebeur nie.  Maar, die eerstejaar het Primaria geword.  Die Primaria het nooit met Meneer getrou nie.  En ja, die stouterd het verantwoordelikheid later vir die man se sokkies aanvaar.

Hoe het julle julle lewensmaats ontmoet?  Watter interessante hofmaak stories kan julle ons vertel?

Blogvraag:  In Die padda wou gaan opsit, hoekom het hy vuurvlieg se dienste bedank?  Ek soek die reel van die liedjie.

Blogantwoord:  Sam was reg met Vergeet-my-nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Van tehuise aan die UP . . . Finansies

258 Kommentaar Add your own

  • 1. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 8 : 34

    Ek sal nou eers moet gaan. Onse uwe raak knorrig

    Tot later dan

  • 2. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 8 : 35

    O ja

    Ekt vir pappa ontmoet op ‘n blind date en dit was tickets van daar af.

  • 3. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 35

    Lilly daar is nou goeie nuus, my naarheid is so lank terug, ek vergeet skoon hoe erg dit was, ek het op die koue teëls gelê om beter te voel 🙂

  • 4. ADRIANA  |  Mei 7, 2008 om 8 : 35

    Salome

    Vir my amusement, hoe dink jy moet my liefie wees? Hopenlik darem so lank of beter nog, langer as ek.

  • 5. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 35

    Daar is ou Martin alweer uit sy hok….

  • 6. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 38

    Adrie jou amusement sal jou moet kan beheer, anders gaan dit nie eers help hoe lank of kort hy is nie…..merrieperd

  • 7. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 39

    Adriana
    Ek het jou laaaaankal gesê dat jy jou ok soos ek in ‘n no nonsens man gaan vasloop wat jou voete onder jou gaan uit slaan.
    Obviously moet hy langer as jy wees, duh . . . ‘n regte romantiese ou wat altyd vir jou nougat sal koop, bok vir sport en definitief nie onnosel nie want anders sal jy met hom ploeg.

  • 8. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 40

    Wip

    Is jy alweer lelik met my? Ek gaan my kloon op jou sit. GRRRR

  • 9. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 41

    En natuurlik moet hy van al jou blogmaatjies hou

  • 10. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 41

    Saloom

    Ek gaan in elkgeval met hom ploeg. Ek dink ek moet vir my vir Kersfees ‘n kat en ‘n kanarie koop.

  • 11. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 42

    Saloom

    Sam sal nooit van hom hou of haar toestemming gee nie.

  • 12. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 44

    Ek en my man is 2 pole, hy is stil en stemmig maar kan standpunt inneem, ek is hoe kan ek dit nou stel “mal verby” Hy bring balans in my lewe en hy het gelukkig ‘n persoonlikheid wat nie toelaat dat ek op sy kop kan sit nie, ek is nogal baie goed om met my boudjies op iemand se kop te sit en hulle om my pinkie te draai!!

    Zoekoe is jy al hier?

  • 13. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 44

    Wip
    Die oumense het gesê “menige held het al gesneuwel vir die liefde” niemand kan dit tog weerstaan nie al probeer jy hoe hard. Adrie sal nog agter kom.

  • 14. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 45

    Adrie
    Ek gaan dan definitief die SPCA op jou sit.

    Sam se dag kom ok. Geitjie of te nie.

  • 15. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 46

    Ja Saloom een van die dae is sy so deurmekaar van die liefde, ons sal nie meer ordentlike gesprekke met haar kan voer nie😉

  • 16. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 8 : 47

    Ja Sam gaan dieselfde oorkom, vra nou die ou getroudes, luister, oortjies oop…. ek en Saloom sal julle weer hier sien, wanneer dit gebeur het… 😆

  • 17. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 48

    Wip
    Glo my, ek en Liefie is ok glad nie van dieselfde stofasie nie. Hy is die “big spender” en ek draai die sente tien keer om. Hy is impulsief en ek moet beplan vir iets. Ons het altwee darem die “soldaatjies in ‘n ry sindroom” – hy was 7 jaar in die lugmag en glo my daai klere word nie sommer net gestryk of gevou nie – daar is ‘n “manier”

  • 18. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 49

    Wip
    Ouma het altyd gesê dit kom soos ‘n groot maagwerk

  • 19. Nico  |  Mei 7, 2008 om 8 : 50

    Hi julle
    Lyk my gaan weer woes vanoggend. Iets heeltemal anders. Ek wou vanoggend geld trek by Standerd Bank se ATM. 2 Van die masjiene het boodskappe op dat daar vermoedelik met hulle gepeuter is en die een wat reg lyk wil glad nie kaarte inneem nie en klink of daar met hom ook fout is. Is dit nie vir julle ook frustrerend nie?

  • 20. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 50

    Saloom

    Jy en die SPCA sal julle gatte sien.

    Ek het ‘n hele paar liefies in my lewe.

    1. Pieter, 3 jaar jonger, chat al 2 jaar lank.
    2. Franklin, 23 jaar ouer, epos al 4 jaar lank.
    3. Johan, 13 jaar ouer, verloof aan hom om op 30 Feb 2083 te trou. Hy het nog nie gesnap 30 Feb bestaan nie.
    4. Gary, 9 jaar ouer, verloof om nooit te trou nie.
    5. Donald, 1 jaar ouer – se maar eerder niks.
    6. Ek is ook verloof aan ‘n vrou (lank voordat dit wettig was), maar as sy trou met ‘n man voordat ek 35 is, is die deal af.

  • 21. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 50

    Adrie
    Ek was 26 toe ek geval het, so jy het darem nog so 14 jaar om te stoei teen die feite.

  • 22. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 52

    Nico

    Jy wil nie weet wat dink ek van banke nie. Ek trek deesdae net geld in ‘n Pick en Pay. Dit is veiliger en goedkoper.

  • 23. Nico  |  Mei 7, 2008 om 8 : 53

    Adrie
    Jy hoef nie te gaan soek nie. Hy sal net eendag daar wees.

  • 24. Nico  |  Mei 7, 2008 om 8 : 54

    Adrie, ek dink ek moet jou vorbeeld volg. Ten minste wat die banke betref.

  • 25. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 54

    Nico

    Soek is nie ‘n opsie nie, ek het altyd my tekkies byderhand.

  • 26. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 55

    Adrie
    Ou grooootbek
    Ek het ok baie Liefies. Ons jong dominee is een van hulle (hy het gister 28 geword en ek het vir hom 6 Ferrari’s gekoop), en die oom by die Biltong shoppie en oom Wessel (wat ‘n ouderling is en ok ‘n laatlam 14 jaar na die jongste gehad het) en oupa Peet (ou ds se pa) wat altyd sorg dat ek ‘n stukkie droewors kry wanneer ons vleis verwerk vir die basaar. So wê. Dit sê net mooi boggerol dat jy so lang lys liefies het nie want jou dag kom nog.

  • 27. Nico  |  Mei 7, 2008 om 8 : 55

    Gesels weer later. Ek moet nou eers vir ‘n klomp oumense gaan preek.

  • 28. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 56

    Doom Nico
    Praat tog asseblief sense in hierdie verlore lidmaat se kop in. Adrie wil nou nie vir ons hoor nie. Dalk luister sy na jou.

  • 29. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 8 : 56

    Nico

    ‘n Mens moet kos koop, dan trek jy sommer daar jou geld.

  • 30. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 8 : 58

    Adrie
    Daar gaan iemand wees wat daai tekkies se veters gaan vastrap. Jy moet dalk dan maar begin hol.

  • 31. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 00

    Ai Adrie, daar sal ‘n sterk man oor jou pad kom, jy gaan nie weet wat jou getref het nie, my maatjie/dogtertjie trou Vrydag, ek het haar dieselfde storie vertel……..Vrydag hou ons troue…

  • 32. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 02

    Wip
    😳

    Op die oomblik is ek nogal baie versigtig. Jy wil nie weet wat het op die laaste troue gebeur waar ek was nie.

  • 33. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 03

    vertel…

  • 34. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 05

    Wip

    Nee – baie pynlike ervaring. 😳 😳 😳

  • 35. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 06

    Ek sing liewer want g’n mens kan met jou sense praat nie.
    Kom ouma sit in die noot

    Die padda wou gaan opsit

    Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
    Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
    Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
    Maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry, ahum, ahum, ahum

    Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
    Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
    Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur
    Die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur, ahum, ahum, ahum

    Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
    Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
    Die twee loop toe af na die nooi se huis
    Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis, ahum, ahum, ahum

    Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
    Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
    Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen
    moes hy hierdie ontstellende nuus verneem, ahum, ahum, ahum

    Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
    Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
    Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis
    Hy sou moes opsit saam met Padda en sy muis
    ahum, ahum, ahum

    Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
    Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
    Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur
    Want ‘n opsitkers teen ‘n sent ‘n uur
    en ‘n luistervink daarby is gans te duur
    ahum, ahum, ahum

  • 36. Pikkelik  |  Mei 7, 2008 om 9 : 07

    Jeeeeeeezzzzzz – Watter tyd innie oggend begin julle te chat??????? Roer – 6h06???????? Ek is so bleddie opgewonde want ek ken nie antwoord en daar is alreeds 183 ander voor my??????? *huil* *huil* Ek wou so graag sê : Die vuurvlieg se lig is aan sy stert vasgesweis, aham!

  • 37. Pikkelik  |  Mei 7, 2008 om 9 : 08

    Kyk nou net, ek skryf so lank nou is daar 185 voor my!!!!!!!!11

  • 38. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 09

    Pik

    Nog erger. Roer was gisteraand na 6 geantwoord. Die res is deur die aand op gesit.

  • 39. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 10

    Toemaar Pikkie ek het sommer vir jou part gesing
    Hoe sê Zoekoe – die ding ruk mal. Dis wat hierdie blog party dae doen maar ek hou to soooo daarvan as Adriana ons laat sing

  • 40. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 10

    Pik

    Jy is ‘n versie te vroeg.

    *fluister – Ek gaan teen elf uur ‘n ander blog op sit.

  • 41. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 11

    Sing pikkie, ons sang juffrou dring daarop aan ♪ ♪ ahum ahum

  • 42. Pikkelik  |  Mei 7, 2008 om 9 : 12

    Thanks heavens…. Ek sal traai, ek sweer A3 ek sal my uiterste bes probeer….

  • 43. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 12

    Pikkie hulle het by die opsitkers gesit, is jou krag nou reg?

  • 44. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 12

    Wie ken die army se rip – off?

  • 45. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 13

    Adrie is klaar velief sy praat deurmekaar 😆

  • 46. Pikkelik  |  Mei 7, 2008 om 9 : 13

    Gisteraand tienuur aangekom!!!! Ek het teen daai tyd al 4 beroertes gehad. Die generator help nie veel nie, het julle gesien wat kos petrol!!!!!!!!!!!!!!1

  • 47. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 17

    Adrie
    huuuhh??

  • 48. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 20

    Petrol is onbetaalbaar, wat gaan van ons word?

  • 49. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 21

    Toemaar, Liefie is besig met ‘n hengse ding vir addisionele krag. Eskom sit oop oog en wag dat hulle ‘n vinger in die paai kan kry.

  • 50. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 21

    Pikkie

    4 beroertes en jy is nie in die hospitaal nie?

  • 51. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 22

    Saloom ek kyk groot oog vir jou, dankie tog iemand gaan ons red…

  • 52. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 22

    Adrie
    sê nou, watse army rip-off. jong dis gevaarlik as jy in so toestand is. moet ek tert stuur?

  • 53. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 22

    Pikkie kry swaar Adrie!! mens spot nie met so toestand nie

  • 54. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 23

    Iets van:

    Die armies se meisies is kwaliteit ahum
    Die armies se meisies is kwaliteit ahum
    Die armies se meisies is kwaliteit ahum
    Hulle vry die terries uit die bosse uit ahum, ahum, ahum.

  • 55. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 23

    Saloom dink jy miskien die army rip haar off?

  • 56. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 24

    O nee dis te laat kry die dokter 😯

  • 57. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 24

    Saloom

    Ek is in ‘n verskriklike toestand. Stuur die tert.

  • 58. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 27

    Adrie
    Jy vat weer laaaaang kanse. Kamma army rip-off. Ek is seker net jy weet daarvan.

  • 59. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 28

    Wip
    Met hierdie Adrie saam weet mens nooit nie. Sê mos altyd, haar multidimensionele persoonlikheid het my koppie totally confused

  • 60. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 30

    Saloom

    En dit vat nie veel nie.

    Die armie se beddens is kwaliteit ahum
    Die armie se beddens is kwaliteit ahum
    Die armie se beddens is kwaliteit ahum
    Die springs spring by die kussings uit Ahum Ahum Ahum

  • 61. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 32

    O nee…. stuur daai tert, dis seker die glukose vlakke… ek is ook nou confused….. Saloom ons moet bymekaar kom die persoonlikheid kort analise ….

  • 62. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 33

    Weet julle dat “Die padda wou gaan opsit” nie in die FAK is nie. Het hom nou van hoek tot kant deur geblaai. Wonder hoekom. Ek dag dis ‘n ooooouuu liedjie.

  • 63. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 33

    Die armie se jeeps is kwaliteit ahum
    Die armie se jeeps is kwaliteit ahum
    Die armie se jeeps is kwaliteit ahum
    Hulle engin spring by die bonnet uit Ahum, Ahum Ahum – cheeky bum cheeky bubblegum

    Die armie se water is kwaliteit ahum
    Die armie se water is kwaliteit ahum
    Die armie se water is kwaliteit ahum
    Hulle kry dit uit die toilet uit Ahum, Ahum Ahum – cheeky bum cheeky bubblegum

    Die armie se kos is kwaliteit ahum
    Die armie se kos is kwaliteit ahum
    Die armie se kos is kwaliteit ahum
    Hy krap dit uit die asblik uit. Ahum, Ahum Ahum – cheeky bum cheeky bubblegum

  • 64. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 34

    Adrie
    niks meer tert vir jou nie. bêre eers jou mop.

  • 65. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 34

    Saloom😯 hoe is dit nou, nie in die FAK?

    Is bandolientjie daar?

  • 66. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 34

    Oukraal liedjie

  • 67. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 35

    Hier gaat sy…..te laat…los die analise…..911…. 911

  • 68. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 36

    Wip
    Ek sal ‘n plegtige “High Tea” reel sodat ek en jy hierdie saak ordintlik kan bespreek. Iemand het definitief hulp nodig.

    {maar Adriana ignore my alweer oor die Sop en Sjerrie blogjol}

  • 69. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 36

    Tannie Carika is mos al oud.

  • 70. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 9 : 36

    Gou weer kom inloer. Wat gaan hier aan?

  • 71. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 38

    Ek het van Liefie no 7 vergeet. Die drol. As ek ooit wou man soek, sou ek hom gesoek het. Hy was/is absoluut alles wat ek in ‘n man gesoek het.

  • 72. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 38

    Adrie, Tannie Carike is glad nie oud nie…sy is in die fleur van haar lewe….

    Saloom te laat vir Hight tea, ons sal maar ‘n koppie koffie in die kliniek se restaurant moet gaan drink…..prognose?

  • 73. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 38

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    enough money within her control to move out
    and rent a place of her own,
    even if she never wants to or needs to…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    something perfect to wear if the employer,
    or date of her dreams wants to see her in an hour…

    A WOMAN SHOULD HAVE ..

    a youth she’s content to leave behind….

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    a past juicy enough that she’s looking forward to
    retelling it in her old age….

    A WOMAN SHOULD HAVE …..

    a set of screwdrivers, a cordless drill, and a black lace bra…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    one friend who always makes her laugh… and one who lets her cry…

    A WOMAN SHOULD HAVE ….

    a good piece of furniture not previously owned by anyone else in her family…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    eight matching plates, wine glasses with stems,
    and a recipe for a meal,
    that will make her guests feel honored…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    a feeling of control over her destiny…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    how to fall in love without losing herself..

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    how to quit a job,
    break up with a lover,
    and confront a friend without;
    ruining the friendship…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    when to try harder… and WHEN TO WALK AWAY…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    that she can’t change the length of her calves,
    the width of her hips, or the nature of her parents..

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    that her childhood may not have been perfect…but its over…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    what she would and wouldn’t do for love or more…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    how to live alone… even if she doesn’t like it…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW..

    whom she can trust,
    whom she can’t,
    and why she shouldn’t take it personally…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    where to go…
    be it to her best friend’s kitchen table…
    or a charming inn in the woods…
    when her soul needs soothing…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    what she can and can’t accomplish in a day…
    a month…and a year…

  • 74. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 40

    Salome

    Ek ken daardie liedjie van st 5 af. Iemand het dit vir my geleer. Jy weet mos ek is so oorspronklik soos ‘n klip.

  • 75. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 40

    Gee vir my en Saloom liefie nr 7 se adres, jy weet niks van vry af nie

    Het jy Martin terug in sy hok gesit Lilly

  • 76. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 41

    Saloom soek vir my die oukraal liedjie….

  • 77. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 41

    Dis nie Bandolientjie nie Wip

    DIE OUKRAAL-LIEDJIE

    Woorde: MANAS en AMIE DE VILLIERS
    Musiek: J.A. BROWN; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

    Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
    sing ons die Oukraal-liedjie saam;
    sing ons van waterstrome, slange in olienhoutbome
    en ‘n ribbok wat daar teen die rantjie staan.
    Ons sing, (ons sing,) ons speel (ons speel)
    van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel.
    Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
    sing ons die Oukraal-liedjie saam.

  • 78. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 42

    Ons sang juffrou is besig la laaa laa di dum da di dum ♪

  • 79. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 42

    Wip

    No 7 is Italiaans en sy ma is beduiweld. Die drol is verlore vir alle vroue.

  • 80. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 43

    Haai Salome hier leer jy my nou net iets wat ek nie geweet het nie, ek sweer as ek op noot vir noot was het die mense hulle nou vrek gelag ek het gedink die liedjie is geskryf deur Sias en Gert
    Wag dat ek gaan weg kruip ek is dom….. sal maar eerder terug gaan somme toe 1 plus 1 = 5

  • 81. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 9 : 44

    daars ‘n liedjie wat ek nogal like maar ek dink dis was Carike wat hom gesing het saam nog ‘n vrou dink dit was annelie van rooyen maar in anyway die song se naam is vroue van amper 40

    Ken jul hom?

  • 82. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 46

    Ken hom

    Duet van Carika en Rina Hugo.

  • 83. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 46

    Adrie
    Hierdie een was eintlik so gepas vir gister se blog

    GOUD EN SILWER

    Woorde: EITEMAL, na Aug. Schnezter, 1828
    Musiek: Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

    Goud en silwer het ek lief, met hul kartelrandjies–
    lank aan Pa my bedelbrief, kort bly die kontantjies.
    Platsak sit ek tuis en kwyn–en ek sien van verre
    net die maan se silwerskyn, goudlag van die sterre,
    net die maan se silwerskyn, goudlag van die sterre.

  • 84. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 47

    ‘n Italianer 😯 ohhh die Italiaanse mans is so romanties ahhh man daar is nou vir jou ‘n goeie spesie man….mens hulle dra hulle ma, vrou en kinders op die hande…… ag nee ….. hulle is “to die for” ons het hierdie Italiaanse vriend gehad – laas jaar oorlede… ag man ek en Teddie was so lief vir daardie Italianer…. hy het die mooiste seuns ….. Angelo, Mario, Dio….. die mooiste blou oë…donker hare…..

  • 85. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 9 : 47

    Ek kan ‘n stukkie van die song onthou nou.

    Vroue van so amper by die 40 jaar
    Wat ok net so af en toe verjaar
    Tel daardie plooie 6, 8, 10
    Maak net baie seker dat niemand jou sien

  • 86. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 9 : 47

    http://www.fak.org.za/page.php?id=2

    gaan kyk julle maar self, maar ek sien wragtag nie vir Padda in hierdie boek nie.

  • 87. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 9 : 47

    Ek was reg met een sangeres

  • 88. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 9 : 47

    Vroue van amper 40 daar is nou vir jou ‘n liedjie so na my hart….

  • 89. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 9 : 50

    Lilly

    Daardie liedjie is al om en by 20 jaar oud. Hoe oud was jy toe dit gesing was?

  • 90. Roer  |  Mei 7, 2008 om 9 : 53

    Liewe ouers. Ek het ‘n 10 minute koffie breek. Nie ‘n 10 uur koffie breek nie. Gaan NOOIT deur al hierdie comments kom nie. Wie’sit wat so baie crap praat?! Is dit jy Sam?

  • 91. ADRIANA  |  Mei 7, 2008 om 9 : 54

    Roer

    Die ousie wat nie kan slaap nie, met ‘n ou wat nagskof werk.

  • 92. ADRIANA  |  Mei 7, 2008 om 9 : 55

    Roer

    Ek het vir jou ‘n boodskap by 121 gelos.

  • 93. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 9 : 56

    Seker maar so 2 maar het dit by my ma gehoor. Syt al hierdie ou song op video tape. Sys nou besig om dit oor te sit op dvd. So ja ek kry dit als van my moeder af.

  • 94. Roer  |  Mei 7, 2008 om 9 : 57

    Thanks A3. Mooi boude vir my is ‘stywe’ regop boude. Anyways, ek moet gaan. Duty calls. Mooi bly.

  • 95. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 10 : 01

    En nou werk almal.

  • 96. *lilly*  |  Mei 7, 2008 om 10 : 03

    Ok ek moet nou bank toe gaan. Later alligators

  • 97. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 10 : 07

    NUUSBERIG

    Wipneus het dringend enige boererate, konkoksies, duiwelsdrek resepte nodig, om vinnig van ‘n griep ontslae te raak, verkieslik voor Vrydag.

  • 98. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 10 : 07

    Sam is weer by bog stories.

  • 99. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 10 : 09

    Wip

    Jy is geskroef vir 14 dae.

  • 100. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 10 : 13

    Wip
    Med-Lemon is al wat help en Achinae force. Grippon werk vir Liefie maar dit kap my lights-out

  • 101. Salomè  |  Mei 7, 2008 om 10 : 14

    Maar dis waar wat Adrie sê; sonder medisyne sal jy 2 weke siek wees en met medisyne 14 dae

  • 102. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 10 : 15

    Adrie is dit nou nodig om my so tussen die oge te gooi met daardie 14 dae storie

    Dankie Saloom gaan grippon kry! (Ander 2 het ek)

  • 103. Wipneus!  |  Mei 7, 2008 om 10 : 20

    Ek is nou klaar hier gaan bogstories toe..

  • 104. neykie  |  Mei 7, 2008 om 10 : 22

    die padda wou gaan opsit met sy nooi by die vlei, maar ‘n opsitkers kon hy nerens kry a ham….😆 sory dis al wat ek weet

    lekker dag vir jou A3

  • 105. Jannas  |  Mei 7, 2008 om 10 : 30

    Moresê almal

    Sukkel met stadige Internet – Telkom werk weer aan lyne in die omgewing.

    Padda: Ek dink dit gaan “Want ‘n opsitkers teen ‘n sent per uur en ‘n luistervink daarby, is gans te duur”.

    Lekker dag vir almal.

  • 106. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 10 : 33

    Hallo Neykie

    Hallo Jan.

    Sal volgende keer ‘n moeiliker vraag opsit.

  • 107. Roer  |  Mei 7, 2008 om 3 : 11

    Wippie, gemmerbrandewyn. BAIE gemmerbrandewyn.

  • 108. Adrie  |  Mei 7, 2008 om 3 : 12

    Roer

    Hulle se juis alkohol maak alle kieme dood.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: