Streepsuiker

April 25, 2008 at 3 : 55 45 Kommentaar

Ek is altyd verstom dat mense nie iets bevraagteken waaraan hulle gewoond is nie.  Soos in die geval van lyfstraf.  Die twee algemeenste argumente daarvoor is:  Die Bybel sê tugtig die wat jy lief het en my ouers het my gefoeter en ek het reg uitgedraai. 

Ja, die Bybel sê tugtig die wat jy liefhet.  Maar het jy net jou kinders lief?  Ek sien immers nie dat mense hulle ouers, lewensmaats en vriende met ‘n skoon gewete slaan nie.  Daar is ook meer direkte verwysings na slae in Spreuke.  Ek wil glad nie die Bybel weerspreek nie, maar vir MY beteken dit wys die vir wie jy liefhet die regte pad.  Straf waar nodig – ons het al almal ons van mense onttrek wie se doen en late ons nie aan gestaan het nie.  Die Bybel sê juis wys in liefde tereg.  Ek het nog nooit aan ‘n kind geslaan nie, maar ek kan wragtig nie dink dat daar op daardie stadium baie liefde te sprake is nie. 

Mens kan net soveel teen die Bybel stry.  Maar die ander argument is loutere snert.  In wie se opinie het jy reg uit gedraai?  Jou eie opinie tel nie.  Wat bepaal of jy reg uitgedraai het?  Ek het jare terug ‘n artikel gelees van ‘n prostituut.  Daarin vertel sy hoe haar pa haar sou gebliksem het as hy geweet het wat sy doen.  Het sy reg uitgedraai?  Ek weet van baie rebelle en sogenaamde lui kinders wat altyd pak kry as die skool hulle ouers bel.  Dit los nie die probleem op nie.  Hoeveel misdadigers was nie as kinders met slae groot gemaak nie?

Op hierdie punt moet ek dalk ‘n paar goed duidelik maak.  Ek was nie as kind mishandel nie.  Ek dink nie ‘n pakslae is noodwendig mishandeling nie.  Ek sal nie iemand wat hulle kind pak gee (binne perke) verkla nie.  Ek weet wat redelike tugtiging is. 

‘n Effektiewe straf in my opinie moet verseker dat ‘n kind dit nie weer sal doen nie.  Dit moet ook as die kind aan moontlike gevolge dink, verhoed dat hy/sy sotlikhede aanvang.  Lyfstraf voldoen nie daaraan nie.  Hoeveel keer het jy iets gedoen, al het jy geweet jy gaan pak kry?  Ek kon doodgeslaan geword het, maar ek sou nog steeds gedoen het wat ek wou.

Sê ek dus ‘n kind moet maak wat hy/sy smaak?  Glad nie.  Ek dink ‘n goeie ouer is ten alle tye self gedissiplineerd en konsekwent.  Nie alle goeie ouers gee pak nie.  Nie alle slegte ouers skeep hulle kinders af nie. 

Ek dink nie ‘n verbod op lyfstraf gaan verrotte generasies tot gevolg hê nie.  Dit gaan bloot beteken dat ouers kreatiewer moet wees.  Dit hulle sal moet leer om hulle kinders op ‘n positiewe manier te beinvloed.  Dat hulle dissipline op ander maniere moet handaf. 

Lyfstraf is seker die maklikste manier van kinders groot maak.  Maar dit is nie die enigste manier nie.  Dit is tyd dat mense ophou om ander te veroordeel wat daarvan afwyk.  Ek wonder altyd op die pro-lyfstraf bang is dat die ander beter sal vaar en hulle dan van die lat moet afstand doen?

Hoe voel julle?

Blogvraag:  Watter land het eerste lyfstraf vir kinders verbied?

Blogantwoord:  Roer was reg met 0.05g / 100ml

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Terugkoms in koerante Dorings se missie

45 Kommentaar Add your own

  • 1. Bos  |  April 25, 2008 om 4 : 10

    EERSTE!!!

  • 2. Bos  |  April 25, 2008 om 4 : 38

    Adrie

    Ai,ai,ai, ja, almal goeie punte wat jy neerle oor die geslanery en almal maak sin, ek glo ook nie dat dit altyd nodig is om te slaan nie, al wat ek se is vandat dissipline weg is uit skole en huise het die jeug regtig agter uit gegaan. Dit is asof almal hierdie Amerikaanse tiener sindroom het wat deure toeklap, selfmood probeer pleeg, swanger raak, ouers en onderwysers vloek, ens. Nee, ek stem vir lyfstraf en ja, jy is reg, my eie siening oor myself tel seker nie, maar ek was nog nooit toegesluit nie, ek het nie n kriminele rekord agter my naam nie, ek behandel ouer mense met respek en ja dit is nie in my in geslaan nie, ek het goeie ouers wat my goeie morele waardes geleer het, maar boetie jaag aan en as dit op die derde waarskuwing kom moet jy weet jou gat gaan brand en ons is ook nie mankoliekig geslaan nie, drie na vier houe op die boude en stillte tyd in die kamer vir n halfuur en dan kom my ouers en sit daar en vra ons waarom ons slaan gekry het? Ja, ons het al onnodig slae gekry vir goed wat ons nie gedoen het nie, ek en my sus, maar dit gaan verby en ek is dankbaar vir die opvoeding wat ek gekry het. Praat help nie want ons ouers van vandag praat net en kyk hoe gaan dit …

  • 3. Adrie  |  April 25, 2008 om 4 : 47

    Bos

    Ek het geweet jy gaan ‘n boek skryf.

    Selfmoord en tienerswangerskappe het 50, 100 en 150 jaar ook voorgekom. Vandag word daar hulp gesoek en dit nie weggesteek nie. Ek dink daar is vandag heelwat minder tienerswangerskappe, maar dit is ‘n debat vir ‘n ander dag.

    Ja, nie almal wat pak gekry het is ‘n krimineel nie, maar nie almal wat gemolesteer is se lewe is negatief beinvloed nie. (‘n Baie onregverdige argument, ek weet.😉 ) Ek dink darem nie ek het gese pakslae maak van kinder kriminele nie. Ek het gese dat pak nie noodwendig kriminele voorkom nie.

    As pakslae regtig so ‘n goeie ding is, hoekom moet ouers dan steeds meer as een keer praat?

  • 4. Adrie  |  April 25, 2008 om 4 : 49

    En ja – as ek regverdig wil wees. Kinders sal/moet grense toets.

  • 5. sonkind  |  April 25, 2008 om 9 : 08

    Adrie, ek het een van elk. ‘n Kind vir wie pak gewerk het en een vir wie dit nie gewerk het nie. ‘n Ouer moet sy kinders lees, ‘n ouer moet verstaan dat elke kind uniek is. Ek self was ‘n kind wat vernederd gevoel het deur pak slae, dit het my koppig en rebels gemaak, maar ek het ook ‘n heilige respek vir my ouers gehad en ek is vandag niks slegter daaraan toe omdat ek pak gekry het nie.

    Ek eis as ek sien hoe sommige van my kollegas se kinders met hulle praat, en dis nie regtig omdat die ouer nie die kind ordentlik grootmaak nie. Daar het hierdie gees van permissiwiteit oor ons jeug gekom. Een van, ek kan maak wat ek wil en fok die wêreld.

    Jy is geregtig op jou siening en jy sal heel waarskynlik goeie, gehoorsame kinders grootmaak sonder pak slae. Maar ek was een dag in ‘n hofsaal, waar ‘n seun uit die beskuldigde bank opgestaan het en vir sy ma gesê het: “Ma, ek weet jy het my bederf, maar dalk, as jy my net meer pak gegee het, het ek nie hier gestaan vandag nie.”

    Ja, ek kan ook ‘n opstel skryf, maar hierdie argument het nie ‘n regte of verkeerde ‘conclusion’ nie. Net soos wat niks net swart of wit is nie, maar eerder skakerings van grys.

  • 6. Adrie  |  April 27, 2008 om 7 : 28

    Sonkind

    Ek het respek vir jou, al het jy nog nooit in jou lewe aan my geraak nie. Ek dink jy sou respek vir jou ouers gehad het, al het hulle jou nie geslaan nie.

    Tog praat jy sin en ek moet met jou saamstem. Hierdie is ‘n grys area. Net soos ek nie kan se dat mense wat hulle kinders pak gee verkeerd is nie, so kan hulle nie se dat mense wat dit nie doen nie verkeerd is. Of selfs dat mense wat nie pak gee nie, nie in God glo nie. Mense is baie aggressief oor hulle reg om pak te gee, en ek dink dat dit onnodig is.

    Die vraag is – was die ou in die hof enigsins gedissiplineer? Het hy nie dalk sy ma probeer manipuleer om die skuld vir sy dade op haar skouers te neem nie?

  • 7. Samantha q  |  April 28, 2008 om 10 : 22

    Ai tog! Die selle antwoord as elke keer wanneer ons oor hierdie onderwerp gesels.

  • 8. Adrie  |  April 28, 2008 om 10 : 26

    Die insident wat my mening oor lyfstraf gevorm het.

    Daar was ‘n meisie saam met my suster in die klas, wat selde huiswerk gedoen het en nog minder ‘n toets geslaag het. Kom ons noem haar Hilda. Hilda was by die skool (onwettig) geslaan oor haar huiswerk wat nie gedoen is nie. Sy was by die huis gemoer (haar boude was letterlik blou) oor briewe van die skool, haar rapporte en gesprekke met die onderwysers. Tog het haar werk nie verbeter nie en Hilda het nooit skool klaar gemaak nie.

    Niemand het ooit moeite gedoen om uit te vind hoekom haar huiswerk nie gedoen is nie. Niemand het ooit ‘n poging aangewend om haar met haar werk te probeer help nie. Dit was net makliker om haar te slaan en al die geslanery het net mooi niks gehelp nie. As iemand haar wou help, sou sy dalk vandag op universiteit gesit het.

    Terloops, Hilda het ‘n kind gehad toe sy 17 was. Die siklus gaan homself herhaal. Hilda wat geen hoop het nie, se kind gaan geen hoop he nie. Hulle bly in ‘n klein dorpie.

  • 9. Adrie  |  April 28, 2008 om 10 : 27

    Sam

    Bla bla bla

  • 10. Samantha q  |  April 28, 2008 om 11 : 03

    A3, jy kan blah blah tot jy blou is in die gesig maar dit gaan nie my sienswyse verander nie. Ek straf my kjinders EN hulle kry af en toe ook ‘n raps op die boude. Almal is nie dieselfde nie en ons moer nie almal ons kjinders halfpad in ‘n koma nie. Ons gesels wee wanneer jy jou eie het. Ek hoop en bid dat jy nie eendag swaar sal sluk aan jou eie woorde nie. Om ‘n ma te wees is nie kinder speletjies nie…. Maar om ‘n enkel ouer ma te wees is 10 keer erger

  • 11. Adrie  |  April 28, 2008 om 11 : 06

    Sam

    Jy lees soos jou boude. Ek het vandag nerens gese dat jy nie jou kinders mag slaan nie. Ek se net slaan is nie die enigste metode nie.

    Ek is redelik seker dat ek nie my eie woorde gaan sluk nie. Rede daarvoor is dat ek nie kinders gaan he nie.

  • 12. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 02

    A3, ek “sou” ook nooit kjinders gehad het nie. Ek wou net dood eenvoudig net nie. Met 1 eierstok en ‘n moewiese plan en God my 2 kjinders gegee. Ek weet hy het groot planne vir die twee…. Anders het hy hulle somme v enige iemand anders gegee. Alhoewel daar baie sogenaamde kerk mense is wat nog erger dinge aanvang as ek, glo ek dat God daai 2 spesiaal vir my gegee het sodat hy hulle later kan gebruik vir groot dinge. En nee, ek het nie soos my gat gelees nie, ek weet wat jy dink van mense soos ek wat my kjinders ‘n raps op die boude gee.

  • 13. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 14

    Sam

    Net soos wat ek ‘n aborsie gehad het om julle moerig te maak (en jy weet self dat dit ‘n pot kak was), net so het ek julle moordenaars genoem omdat julle julle kinders looi. Ek weet net van een insident dat ek op ‘n persoonlike vlak gemoan het en sover as wat my geheue strek was dit nie eers jou kind van wie ons gepraat het nie.

  • 14. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 20

    I rest my case. Net omdat ek gesê het sy ma moer hom nie genoeg nie toe was dit skielik my skuld dat daai kjind so kak uit gedraai het. Sy ma maak ‘n monster van hom en ek kry die skuld. Hoekom is my eie kjinders nie ook so nie? Huh? Al ooit daaraan gedink?

  • 15. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 21

    Ek het in daardie 2 dae ook gese ek au pair vir ‘n lewe. Ek het al baie gebabysit, maar nooit au pair nie.

    Ek was ‘n verskrikking op skool wat oa meer geskors was as in die skool – in my skool loopbaan het ek nie eers detensie gesit nie.

    Ek het dwelms gebruik – nog nooit eers dwelms van naby gesien nie.

  • 16. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 23

    Sam

    As jy van die kind praat het jy hom gemoer. Jy praat nie van hom tensy jy hom gemoer het nie.

    En as ek reg onthou, sy ma dissiplineer hom glad nie, tensy sy haar moer gepluk het nie. Dit is nie konsekwent nie. Jy is waarskynlik meer konsekwent as wat sy is.

  • 17. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 28

    Ek is honger en soek ‘n pynpil. Ek weier om hierdie gesprek verder te voer. Ek ga nou kos soek. Wil jy iets hê om aan te peusel of gaan jy hier bly en hoop ek baklei verder met jou?

  • 18. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 31

    Wil ek iets he om aan te peusel? Is dit ‘n strikvraag. Jy weet ek is liewer vir eet as baklei.

  • 19. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 35

    Ek het custard tertjies en cupcakes. Wat sal dit wees?

  • 20. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 41

    Die tertjies.

    Het jy Roer se boodskap gesien.

  • 21. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 49

    Daas jouTertjies en ja, ek het gesien.

  • 22. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 54

    Ek weet nou waar ‘n mens se vriendelikheid sit.

  • 23. Samantha q  |  April 28, 2008 om 2 : 56

    In jou maag? Of in die myprdol bottel?

  • 24. Adrie  |  April 28, 2008 om 2 : 59

    Ek het meer gedink aan ‘n baarmoeder.

  • 25. Samantha q  |  April 28, 2008 om 3 : 01

    Ek skeer my staples. Ha die ha ha

  • 26. Adrie  |  April 28, 2008 om 3 : 04

    Lyk my ons moet baklei, anders is jy netnou weer in jou ander huis.

  • 27. Samantha q  |  April 28, 2008 om 3 : 10

    Ek betaal baie duur vir daai ander huis!

  • 28. Adrie  |  April 28, 2008 om 3 : 18

    Jy of jou Mediese Fonds?

    Kry jy nou ‘n ongeskikheids toelae, nadat jy jou arm en been aan die MF moes geskenk het?

  • 29. Samantha q  |  April 28, 2008 om 3 : 22

    Ek ga nou dux. 3 myprdols en tv werki so lekka saam nie.

  • 30. Adrie  |  April 28, 2008 om 3 : 23

    Lekker kiep. Ek hoop nie jy kry nagmerries nie.

  • 31. Samantha q  |  April 28, 2008 om 3 : 26

    Discovery betaal miskien die rekening ma wie dink jy betaal Discovery elke maand?

  • 32. Adrie  |  April 28, 2008 om 3 : 30

    Sam

    Ek vra mos, vergoed die staat jou vir die arm en been wat jy vir Discovery gegee het.

  • 33. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 11

    Kinders moet goed streep suiker kry, dis van te min pak slae, wat dogtertjies so stout raak!

  • 34. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 12

    Jy moet hulle boude pot blou slaan!!! jaaaa! my ouma het altyd gesê pakslae het nog geen kind skade gedoen of dood gemaak nie!!

  • 35. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 13

    en dan as hulle nie hoor nie hang hulle aan ‘n streepsak in die boom op

  • 36. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 15

    en……as hulle te veel praat plak hulle monde met “sticky tape” toe….. ouma het gesê kinders word gehoor en nie gesien nie

  • 37. Adrie  |  April 28, 2008 om 5 : 20

    Wip

    Gaan praat dan met my ma. Sy het my gemoer as ek nie baklei het nie.

  • 38. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 35

    Jou ma was ‘n wyse vrou…

  • 39. Adrie  |  April 28, 2008 om 5 : 52

    En nou kla jy omdat ek bakleierig is.

    Ek gaan my ma (bloed) se.
    Sommer my blogma ook.
    En my kloon, en dan gaan jy kak.

  • 40. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 55

    Om af te sluit, ek het 2 seuns, ek weet nie of seuns makliker is nie, maar ek het nie eindelik nodig gehad om pakslae uit te deel nie.
    As hulle stout was kon ek net my oog kraantjies bietjie oopdraai, en hulle was stroop soet. (is dit sielkunde?) Watter man wil nou sy ma sien huil 😉 Ek het hiperaktiewe kinders gehad, dus ek was gewoond aan woelige klein rakkers, dit het dit seker makliker gemaak? Ek weet nie. Daar is stoute kinders, ek kan nie regtig hieroor ‘n eier lê nie, mens kan alleenlik raad gee of iets kwytraak as jy ondervinding het. Dit was net vir my baie belangrik om seuns groot te maak met goeie maniere en respek vir ander mense. Waar daar baie liefde is, is dit eindelik maklik om kinders groot te maak. Liefde oorwin “regtig” alles.

    Hiermee het ek dan nou streepsuiker afgesluit, eerder laat as nooit!

  • 41. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 56

    Adrie wat gaan aan daar by jou!! Jy baklei met ons almal? Ek sal moet begin spaar ons sal jou moet stuur…daar is nie meer uitkom kans nie, ek sal môre op die blog begin blikkie skud vir insameling fonds.

  • 42. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 5 : 58

    Nou moet ek net eers Dorings se missie gaan afsluit en so kom agter-os ook in die kraal…. net eers my kierie soek…

  • 43. Adrie  |  April 28, 2008 om 6 : 12

    Wip

    Dis niks, jy moet sien as ek en my Tweeling baklei. Daar spat bloed – letterlik.

    Ek dink jou sielkunde raak aan manipulasie.

    *Koes gou vinnig agter die deur in.

  • 44. Wipneus!  |  April 28, 2008 om 6 : 27

    Jy beter koes, as jy gedink het jou bakleiery met tweeling wat eindig in ‘n bloed bad is erg …….dan ……. skakel in vir die volgende episode môre middag dieselfde tyd

  • 45. Katvis  |  April 29, 2008 om 2 : 34

    Tugtig in die Bybel was deur Constantein verdraai sodat hy die mag met geweld oor die mense kon behou. Dit was doel bewus gedoen om mense te manipuleer. Dit is jammer maar elkekeer as die regering hulle by die kerk spaar dan verdraai hulle die woord om mense te manipuleer net so het die ou NP het dit ook gedoen.Tugtig is om iemand met woorde tereg tewys. Maar nou ja elke ou kan seker in die Bybel lees net wat hy wil.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: