Oor na Levinia

April 23, 2008 at 6 : 06 268 Kommentaar

Levinia mos jare terug vir haarself ‘n verjaarsdag gekies het.  Sy het op 24 April besluit (Liewe Heksie kry ‘n verjaarsdag).  Soos julle weet bly Heksie ‘n geruime tyd by my, sonder dat Verna Vels dit weet.  Teen my sin en beterwete het ek besluit dat Heksie vandag se blog mag skryf.  Verskoon maar asseblief.

Blogvraag:  Hoe het Heksie altyd aan die huil gegaan?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met AD Keet.

Hallo Julle

B3 het gesê dat ek nooit weer mag blog as ek haar naam met ‘n strykplank stryk nie.  Daarom het ek Karel Kat gevra om my te help met my automobiele stuk.  Ek ken nie baie groot woorde nie.

Ek is die pennevrug (Karel sê dit is ‘n mooi woord wat skryfstuk beteken) van Tannie Verna Vels.  Ek het in 1961 Suid Afrika se radiogolwe getref.  In daardie jare was Blommie, my maatjie die hoofnar gewees.  Ek het eers 2 jaar later die lemmetjielig gekry. 

Ek is al van 1965 af op die rak.  Koos Human en Leon Rousseau het tannie Verna gevra vir die Radiostories (wat deel was van Siembamba) sodat hulle dit kan publiseer.  Tannie Dorothy Hill het die prentjies van die eerste 6 boeke geteken.  In 1988 was daar ‘n boek van Liewe Heksie en die Rugbywedstryd wat deur Nikki Jones geillustreer (Karel sê dit beteken teken) is en in 1999 het die laaste boek – Liewe Heksie en die rekenaar – verskyn.  Laasgenoemde is deur Pieter Grobler geillusteken.

Die stories gaan oor ‘n heksie (ekke) wat nie lekker my toorwoorde kan onthou nie.  My ouma Levinia het my grootgemaak en my in ‘n hoekie laat staan as ek my toorwoorde vergeet het.  Ek is die slimste heksie wat ek ken en ek was al op die maan.  Kwaaitjie laat my altyd na die Baba kwaaitjie kyk.  Mattewissie is eindlik ook ‘n baba en Karel is sy Tannie.  Berrie en Korrie is baie bang vir my.  Eendag as ek groot is gaan soos Koningin By en Koning Rosekrans in ‘n paleis bly.

Hier is my vervellingsdag liedjie.

Liewe Heksie Vervel

Sy is nou bietjie slimmer

Sy drink baie rooi koeldrank

En eet omtrent net roomys

Onthou my pirsente

Dan is julle my maatjies.

(Bron:  Die Liewe Heksie omnibus 2002, Verna Vels en tonne ander verbeelding.)

 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Diere Mishandeling Terugkoms in koerante

268 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  April 24, 2008 om 12 : 22

    Salome

    Jy wil seker weer breg. Moet ek jou kastige blou oog se foto vir Wip stuur?

  • 2. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 32

    Saloom het jy ‘n klein baba?

    Adrie wat gaan aan met jou om die pad Sodom aan te vat na Gemora???

    Ek wil daardie foto sien asb

  • 3. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 33

    Saloom

    Wow die kinders gaan lekker rus, en ma hardloop rond en stres!! whaahaaha

  • 4. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 35

    Adrie
    Jy ka ma vir Wip my Blou-oog se foto stuur. Hy is dan die mooiste ding op hiri aarde.

    Wip. My babie is 11 maande oud

  • 5. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 36

    Maar nou wat nou van kwaai babietjie. Niemand antwoord my ok nie.

  • 6. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 37

    Wip
    Adrie sê “kastige” want die knapie kan nie besluit of sy oë blou of groen moet wees nie.

  • 7. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 38

    Haaaaaaloooo
    Nou praat ek ok nou weer met myselwers. Ek het so min tyd om te kuier en nou loop julle almal.

  • 8. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 41

    Saloom het jy 3 kabouters? Ek moet Adrie vir die foto vra.

  • 9. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 41

    Saloom het jy 3 kabouters sorry ek kap net gou die pc met ‘n hammer

  • 10. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 42

    Ja Wip. 14 jaar, 8 jaar en babie (donkerkop, blondekop en amper rooi)
    Adrie het hulle almal se gevreetjies. Vra haar maar.

  • 11. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 42

    daar gaan dit sommer 2 keer deur, iemand by wordpress vat te veel bottie die ding werk ook net wanneer hy wil

  • 12. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 43

    Ag dis te sweet en dra hulle broekies of rokkies?

  • 13. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 47

    Ek is mal oor baba’s maar my seuns, kyk my nog weird aan as ek oor baba’s begin koer, ek shop al vir baba bedjies, stoorkarretjies daar is die mooiste goed daar buite, jy kan die mooiste babakamers maak. My oudste trek een van die dae, dan gaan ek sy kamer solank omskep in ‘n pragtige babakamer! Jy kry sulke klein meubeltjies, ek wil oormekaar val as ek in ‘n babawinkel kom. Natuurlik geniet ek dit ook om my vriendinne se baba’s te bederf, ek soek altyd die mooiste goedjies uit, en jy kan pragtige goed uitsnuffel! Die babakamer kan solank my vriende se baba’s se slaap en speel plekkie wees!

  • 14. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 12 : 47

    AAARRRRGGGG!!
    EK bly uit gegooi word!

  • 15. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 48

    Dankie Adrie, Saloom hierdie baba van jou het ‘n engel gesiggie, mens sal die dingetjie sommer opvreet! Word my hart sommer spookasem..

  • 16. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 48

    Crawly dis omdat jy die rookgoedjies omgeruil het whaaahaaha

  • 17. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 12 : 50

    As ek dit gedoen het sou die werk my beslis by die hek uit gehelp het😆

  • 18. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 50

    Wip
    Ek leef saam met 4 seuns (as jy natuurlik vir Liefie by tel)
    Moes self ok maar baie dissipline aan die dag lê om nie vir die laatlam te veel van al die nuwe mooi goedjies te koop nie. Mens is darem mos nou al “mooi groot” en weet jy het nie alles nodig nie, maar dis ok maar moeilik.

    Crawler
    Dis beslis oor die naam. Ons het genoeg nag saam met Eishkom

  • 19. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 54

    Saloom kan jy nie die rookdampe in die skerm sien nie, Crawly is besig om te rook, hy vertel my nog ander goed ook oor sy rookgoed, hy sê hy wil nie hierdie twak van my hê nie.

    Ek word nie maklik groot as dit by babawinkels kom nie, weet nie wat gaan hierbo aan nie. Ek het ook 2 seuns saam teddie is dit nou 3 manne. Ek geniet dit natuurlik, word deur 3 mans bederf! 🙂
    Jy is gelukkig jy het 4. Is dit die 14 jarige een saam baba op die stoel

  • 20. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 54

    Adrie
    Ek sal niks sê van “brêg” as ek jy is nie. Jou “baba” se foto’s loop by my kompie se skerm uit soos popcorn.

  • 21. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 55

    Nou hoeveel baba’s maak Adrie bymekaar?? mompel ek…nou moet mens nog jou babas ook begin wegsteek

  • 22. Salomè  |  April 24, 2008 om 12 : 56

    Wip
    Is seker oudste saam babie op die stoel (as jy die blogjol in die wildernis se foto’s gekry het)

  • 23. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 12 : 57

    So dan moet ek duidelik my nam verander?

  • 24. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 12 : 58

    Weet nie dis op sulke blou kampstoele en baba sit saam ‘n boetie op ‘n blou stoeltjie…. die ander foto is van baba op ‘n lappies kombers, ek is tog so mal vir lappies komberse!! Dit lyk altyd vir my so “inviting” jy wil dadelik skoene uitskop en gaan slaap

  • 25. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 00

    Wip
    Is waar, as mens saam ‘n klomp mans lewe is dit nogal lekker, maar net so nou en dan hak ek uit want dan raak hulle net bietjie te laks na my sin. Ek is mos nie . . . (nou moet ek mooi dink want ek kan nie sê ousie nie – daar is alreeds een op die blog) . . . nie hulle vloerlap nie. Laat lê ok die klere so in ‘n bondel LANGS die wasgoedmandjie en die handdoek moet blykbaar self terugklim op die stang.

  • 26. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 03

    Wipneus
    Elke kabouter het sy eie Lappieskombers – komplimente van MY ouma. Sy word hierdie jaar Mei 88 jaar en is besig met babie se enkelbed kombers. Hulle is so heilig op die goed dat niemand onder ‘n ander een s’n slaap nie. Die een waarop hulle sit is myne (ek is ongelukkig ouma se favourite)

  • 27. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 1 : 04

    Toe ek nog in die huis was het my ma een middag al die klere wat so rond gelê het in my kamer en in die voor tuin oor die muur gehang, reg waar die skool bus moet verby ry!!
    Dit was die laaste wat my klere rond gelê het!

  • 28. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 04

    Adrie
    So gepraat . . . Wat het jy en die Heks nou weer met Sam gemaak?!!

  • 29. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 05

    Crawler
    HAHAHAHAA!! Dis ‘n briljante idee. 10 uit 10 vir jou ma!!

  • 30. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 07

    Jy is gelukkig met daardie komberse, dis erfstukke!

    Crawler hoekom wil jy jou naam verander? Whaahaaha jou ma ken van seuns groot maak, dis duidelik.

    Sam is in die hospitaal Saloom!

  • 31. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 08

    Night Crawler
    Nou verstaan ek die naam beter. Ok te skaam om jou gesig in die openbaar te wys na die petalje nê.

    Hi wag! Ek kon laaaankal huis toe gegaan het. Sien julle later (as daar nie weer ‘n krisis opduik sodra ek my voete in die huis sit nie).

  • 32. Salomè  |  April 24, 2008 om 1 : 10

    Agge nee!! Niemand sê my ok niks nie.

    Adriiiieeeee!
    Details asseblief. Hoekom moet ek jou nou vra.

  • 33. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 13

    Ek verstaan nie van Crawler nie wat crawl???

  • 34. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 15

    Saloom Adrie is Sodom toe….. sy sal jou maar moet vertel as sy terug kom met al haar ledemate….

  • 35. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 15

    Creepy Crawler wat crawl……

  • 36. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 1 : 16

    Onthou “night crawler” is die korekte engelse benaaming vir n erdwurm

  • 37. Bos  |  April 24, 2008 om 1 : 19

    Crawler

    Dan is my en jou ma uit die selfde stofassie aanmekaar gelap …

    Ek moet nou eerlik se, my kamer was tot en met std vier altyd n nagmerrie en dit is nog erger om dit te erken omdat ek n muis is, ma na my ma al my klere in swartsakke geprop het wat orals gele het, en saam skool toe gevat het en my gedreig het dat ek die heeldag met die sakke moet rondloop het dinge vinnig verander!!!

  • 38. Bos  |  April 24, 2008 om 1 : 20

    Crawler

    Ek hou meer van Salome se verduideliking van jou naam ….!!!!!😆

  • 39. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 22

    Crawly….erdwurm, o my genade gryp ekke my kop vas!!

    Bos wat vertel jy my nou whaahaaha julle ma’s vat nie nonsens nie, ek en Saloom leer baie hier! Hierdie swart sak ding wil ek met my baby probeer…..

  • 40. Night Crawler  |  April 24, 2008 om 1 : 40

    Mense wees gegroet ek gaan nou huis waarts wurm en n koue een vir die keel soek, gesels môre weer.

    Hey Hey Môre is dit vrydag!! woohoo!!

  • 41. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 1 : 42

    Bye bye crawly lekker middag!

  • 42. Bos  |  April 24, 2008 om 1 : 43

    Baai wurm!!

    Wip

    Ja nee, my ma vattika ….. toemaar!!!😆

  • 43. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 03

    Hello alweer!!

    Eks gou terug vir 5 min…

    Liewe Heksie
    Jou verjaardag val op “world aid day for lab animals”?
    So nou kan ons gaan toi toi vir diere en sommer terselfde tyd jou verjaardag geniet!! Met plakate ens!🙂

  • 44. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 17

    Nats

    Dalk moet ek eendag ‘n blog oor lab diere skryf. Laat ek gou seker maak – weet jy waar ek bly?

  • 45. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 21

    Adrie
    Ek kan uit vind!

    Ek het gaan lees oor maatskappy wat nog diere gebruik in die lab… stel dit so nou kan ek nie meer tande bordsel nie want aquafresh is een van hulle!! En Colgate ens… so ek sit met ‘n probleem. Selfs mondspoel sal ek nie kan gebruik nie!!

    Ek verstaan dat dit nie altyd vermy kan word nie, so ek sal jou nog nie stenig nie.

  • 46. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 26

    O ja my ouma het hondtjies aan geneem wat van ‘n lab afgekom het (dis nou donkie jare terug!) Shame hulle het soms sulke aanvalle gekry.

    Waar is daai Heksie?? Hou sy te lekker partytjie??🙂

    Nou is ek dors!!!

  • 47. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 26

    Nats

    Ek sal volgende week ‘n blog daaroor skryf. Maar raai wat, jy kan omtrent niks meer gebruik nie.

  • 48. Liewe Heksie  |  April 24, 2008 om 2 : 27

    Tannie Juffrou

    Hier is ek. Ek speel bietjie wegkruipertjie.

  • 49. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 30

    Adrie
    Kan jy dink wat gaan gebeur wanner Global Warming regtig ‘n probleem raak!!! Dan gaan ons eers niks meer kan gebruik nie!

    Ons gaan sonder make-up rond loop en nie parfuum kan aan spuit nie en nog oral heen moet loop!! Eish

    :O

    Ag wat

  • 50. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 32

    Tweeling

    Global warming is al regtig ‘n probleem.

  • 51. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 35

    Adrie
    Ek weet, maar dit het nog nie by mense in gesink nie… ek het eintlik bedoel wanneer ons gedwing gaan word om nie sekere dinge te doen nie. Op die stadium neem baie mis mense in op as ‘n ernstige probleem… ek het ‘n fliek daaroor gekyk… JOH! Is al wat ek kan sê.

    Sorry ma… maar die moet ek op sit.

    Wat is die verskil tussen die Blou Bulle en Robert Mugabe ?

    Robert Mugabe probeer darem wen..!

    Hoekom is Loftus Versfeld se gras so groen ?

    In die week wei die bulle daar en op naweke kak hulle daar..!

    Waar is die twee beste slotte op Loftus Versfeld ?

    Oos en westelike hek…!

    Wat is die verskil tussen die Blou Bulle en ‘n Gigilo ?

    ‘n Gigilo score darem op naweke..!

  • 52. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 37

    Nats

    Whaaaahaaahhaaaahhaaa

    Priceless

  • 53. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 37

    Liewe Heksie
    Geniet jy darem jou verjaardag?? Het jy baie geskenke gekry?? Ek het vir jou ‘n nuwe hoed gekry, met bypassende kousies en glow in the dark sterretjies vir jou kombuis!

  • 54. Liewe Heksie  |  April 24, 2008 om 2 : 42

    Tannie Juffrou

    Baie lekker. Koning Rosebaard het vir my die dag afgegee en ‘n springkasteel. Ek gaan die glow in die nag sterre in my kamer sit.

  • 55. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 47

    Liewe Heksie
    Dis lekker ek wens ek kan die dag af kry op my verjaardag!
    Is daar darem nog roomys oor vir my?? Ek wil so bietjie leen om ‘n dom pedro te maak!!

  • 56. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 48

    *** Boodskap van die Ousie ****

    Dankie vir al die mooi boodskappe. Die ergste is verby en dit gaan baie beter. Sam Q

  • 57. Adrie  |  April 24, 2008 om 2 : 51

    Nats

    *fluister. Ek het so ‘n bietjie van heksie se vanilla roomys gegaps. Genoeg vir ‘n Dom Pedro vir jou en my. Kry jou op die dak.

  • 58. *lilly*  |  April 24, 2008 om 2 : 51

    hallo hallo almal

    en veels geluk aan ou heksie.

    hoe gaan dit met jul klompie mensies

  • 59. Liewe Heksie  |  April 24, 2008 om 2 : 52

    Hallo tannie Lendelam

    Waar is my geskenk?

  • 60. Nats  |  April 24, 2008 om 2 : 57

    Adrie
    *sien jou nou*

    Sam Q
    Ek is bly om dit te hoor! Ek en Adrie sal vir jou ‘n lekker dom pedro maak… seker sy kan nog bietjie roomys steel!

  • 61. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 02

    Sorry julle ek het nou eers weer probleme gemaak op ‘n ander plekkie, vee ouma die sweet van haar voorkop af, en sy het haar bloomer ook daaranderkant verloor..

    Tannie lendelam, nee o aarde, hierdie heks raak nou heeltemal deurmekaar, bêre dadelik die rooi koeldrank B3

    Hello Lilly, is jybesig vandag?

  • 62. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 05

    Nats

    Sam is op medikasie, sy kan nie nou suip nie. Vinnig, voor Ouma pens en pootjies ook op die dak sit.

  • 63. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 07

    wip

    nie so besig nie maar het die hele tyd valk oe op my. hys mos weer in ‘n bad mood vandag so nou speel ek dit maar veilig. hoekom vra jy?

  • 64. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 09

    Ek vra omdat ons en Heksie jou gemis het! Maar die valk moet mos kort gevat word!

  • 65. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 11

    Wip vra uit vriendelike belangstelling

  • 66. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 13

    Hoor jy Tannie Lendelam vriendelike “belangstelling”

  • 67. Nats  |  April 24, 2008 om 3 : 15

    Adrie
    Ok fine Tweeling, ons los dan die “dom” uit en gee vir haar ‘n pedro… want dis die alchohol wat die domgeit in sit…

  • 68. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 15

    Of is dit nou blatante nuuskierigheid?

  • 69. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 16

    Tweeling

    Nee, los haar dat sy aan hospitaal kos kan wurg.

  • 70. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 18

    ai ja jai

    het jul mensies my darim gemis

  • 71. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 19

    Lilly

    Jy het die cuteste gevreetjie. Regtig. Knap gedaan.

  • 72. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 19

    A3

    Ek hoo nie jyt al kla vir hul my goeie nuus vertel nie?

  • 73. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 20

    A3

    dankie dol ek tri ok maar party dae

  • 74. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 22

    Lilly

    Dit is jou voorreg.

  • 75. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 23

    Watse nuus

  • 76. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 23

    vertel vertel

  • 77. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 26

    Wip

    Die kind is nou weer halstarrig. Klap haar.

    Of eerder nie. Raas met haar.

  • 78. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 27

    Aandag aan almal

    Ek hoop jul sit want van jul kan dalk omkap of iets. Dis niks erstig nie maar iets om vreeslik oor bly te wees.

    Ek was laas week en Donderdag by die dokter en sy se ek gaan vir die volgende 9 maande siek wees

  • 79. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 30

    Lilly dis wonderlike nuus!!! Is dit jou eerste? baie geluk!!

  • 80. Nats  |  April 24, 2008 om 3 : 31

    *lilly*
    Dit is seker die beste “siekte” wat ‘n mens nog kan kry!!

    BAIE GELUK!!!! Nog ‘n blog baba!! Tillie-Lief kry ‘n tweeling!!!!

    Is dit jou eerste pink voetjie of wag daar ‘n sussie / boetie by die huis?

  • 81. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 32

    ja mensies dis my eerste enekie. en baie dankie en ja ek weet wie is die pa en ja ons is nou verloof en ja ons bly nou al ‘n hele rukie saam.

    wat wil jul nog weet. antwoord liewer die vra voor hul my tref.

    maar ons is vreeslik opgewonde en kan nie wag nie.

    ek is nou 6 weke.

  • 82. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 34

    dankie jul almal. eintlik hoop ek dis ‘n ou blou voetjie. maar ek gee nie om of die voetjies blou of pienk is nie solank hul net gesond is.

    tweeling? nie so erg nie maar ‘n boetie/sussie ja wat 9 maande van mekaar verskil.

  • 83. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 37

    Ag dis te cute, pappa is seker ook oor die maan, en al die ouma’s en oupa’s…. is jy naar

  • 84. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 37

    Lilly

    Ons eerste blog baba is Tillie-Lief van Mathilda.

  • 85. Nats  |  April 24, 2008 om 3 : 37

    *Lilly*
    Hulle gaan soos ‘n tweeling wees… soos ek en my tweeling!

    Hoe oud is jy as ek mag vra?

  • 86. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 41

    ja pappa is vreelik opgewonde. ek is naar maar het darim nog nie toilet toe gehardloop nie. pappa kry actually meestal van die naarheid.

    ek is nou 22 en pappa is 25.

    ek weet van tillie lief a3 eks nie so dof nie maar ek tri nou nie lelik wees nie, jys mos ‘n sensitiewe vrou.

  • 87. Nats  |  April 24, 2008 om 3 : 42

    Een van die mans wat saam my werk se vrou is ook swanger, met hule twede kleintjie. Vir my die scan gewys, en hy/sy is nou net so oor die 1cm groot!!

    Dis darem maar wonderlik!!!

  • 88. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 44

    Ok mensies ek moet nou amper huis toe gaan. Gaan kos maak voor liefie by die huis is sodat hy kan skottelgoed was.

    Jul moet ‘n lekker aandie verder he en soet wees.

  • 89. *lilly*  |  April 24, 2008 om 3 : 46

    ‘n Dogtertjie bid een aand

    Sy bid: “Jesus dankie vir die kos amen. ”

    Haar ma sê “maar wat van pappa & mamma? ”

    Sy bid : “Jesus dankie vir mamma & pappa amen.”

    Haar ma sê “maar wat van boetie & sussie?”

    Sy bid : “Jesus dankie vir boetie en sussie amen.”

    Haar ma sê “en wat van jou klere? ”

    Sy bid: “Jesus hou net aan my ma wil met Jou praat….. “

  • 90. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 46

    Cheers Lilly

  • 91. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 48

    Baie geluk Lilly geniet jou swangerskap!!! Dis ‘n wonderlike tyd in mens se lewe!!

  • 92. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 49

    😆

  • 93. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 50

    Ek is lus vir ‘n baby

  • 94. Nats  |  April 24, 2008 om 3 : 53

    Wipneus
    Wil jy sout hê?😆

    Maar ek persoonlik verkies bees, vark of skaap.😆

  • 95. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 3 : 56

    watse sout, gee sout babas? vra ouma groot-oog vir Nats lyk my sy ken die geheim, sout bring babas

  • 96. Adrie  |  April 24, 2008 om 3 : 58

    Whaaahaaahaaha

    Nats

    Ek watch jou. Dit is nie nou die tyd om swanger te raak nie.

  • 97. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 00

    Nats help my gee bees, vark en skaap ook babas ek wil nie klone hê van diere nie, net ‘n klein sagte baba’tjie!! Weet jy nie dalk waar kan mens hulle bestel nie…ek wil dit net nie self dra nie?

  • 98. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 08

    Nats het jy gaan sout haal

  • 99. ADRIANA  |  April 24, 2008 om 4 : 13

    Gaan Sout skraap.

  • 100. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 15

    jinne Adrie watse sout is dit?

  • 101. ADRIANA  |  April 24, 2008 om 4 : 22

    Seker seesout.

  • 102. Nats  |  April 24, 2008 om 4 : 22

    Wipneus
    Nee man… jy het gesê jy is lus vir ‘n baba… mens is gewoontlik lus vir iets as jy honger is, toe wil ek weet of jy sout saam jou baba hê??

    En nee Tweeling, jy word nog nie tannie nie (blog peet tannie nie)

    Ek en manlief gaan msos nou weer begin gym… ‘n magie gaan nie saam dit werk nie.

  • 103. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 23

    Kyk gou B3 daar het nou net ietsie in jou duiwehok beland

  • 104. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 25

    Oooo se wipneus verleë vir Nats….uhm nou verstaan ek weer nie , watse magie gaan nie saam wat werk nie, die sout nou? 😆

  • 105. Nats  |  April 24, 2008 om 4 : 27

    Wipneus
    ‘n Mens kry vrouens wat ‘n kind vir mense dra, ‘n serrogaat ma (spelling??) (Surrogate ma) Ek vir een sal dit nie kan doen nie, daai kleintjie dra en bond vir 9 maande en dan weg gee!

    Ek weet dis vir mense wat nie kan kinders kry nie, maar ek glo nie ek sal kan nie.

  • 106. Nats  |  April 24, 2008 om 4 : 29

    Wipneus😆
    ‘n Swanger vrou kan mos nie gym nie… en manlief wil begin gym. So ek gaan 1. nie in gym klere pas nie en 2. nie in gym klere gesien wil word met so ‘n maag nie!

  • 107. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 30

    Nats ja nee ek het ook nie die nerf vir so iets nie. Ek wonder altyd, dit moet ‘n moerawiese sterk persoon wees, of iemand wat nie weet hoe om te bond met die baba in die magie nie, of iemand wat geen gevoelens het nie!!! Maar nee ek sal definitief ook nie my baba weg gee nie. Nee ou Nats ek sal maar moet wag vir die kleinkinders, gee tog net, dat ek balans hou en hulle nie bederf nie!

  • 108. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 32

    Nats is jy swanger?

  • 109. Nats  |  April 24, 2008 om 4 : 35

    Wipneus
    Nope! Nie sovêr ek weet nie!

  • 110. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 37

    Jy maak my deurmekaar, ‘n swanger vrou kan mos nie gym nie??? het jy net ‘n groot maag whaaahaahaaa sorry nats ek wil nie graag lag nie, oe my maag is so groot as ek so aan die lag gaan slaan die ding my onder die kennebak

  • 111. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 41

    Nats ek is besig om te dieët my maag is so groot ek kan nie meer my voete sien nie! Hulle sê dan is daar probleme vir jou!! Solank jy nog die voete kan sien klink dit my is alles nog reg??? Weet jy nie van iets behalwe nou seesout wat mens kan regpluk nie….’n geheime middel??

  • 112. Adrie  |  April 24, 2008 om 4 : 44

    Wip

    Jy kan darem baie bollie praat.

  • 113. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 4 : 53

    Nats nou sien julle almal wat hier aangaan!!! Julle weet van niks waar deur ek heel dag moet gaan daar aan my kant van die draad nie. Ek is vrek moeg in die aande, oupa dink al ek raak koekoes! As ek net ietsie verkeerds hier sê, gaan vloek sy my in die vreeslikste tale daar op my plekkie!! Sy ry soos ‘n bestene, die een ongeluk na die ander….. alles is nie meer waar dit moet wees nie, ek kom dit elke dag meer en meer agter

  • 114. Adrie  |  April 24, 2008 om 4 : 56

    Wip

    Ek is stomgeslaan.

    Wee jy, ook geen respek vir die waarheid nie.

    My ongelukke in die nuwe blog beskryf.

  • 115. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 5 : 01

    Ek weet niks van ongelukke nie, en Nats ook nie, jy vergeet net soos die Heksie waar is Heksie dat ons haar kan groet

  • 116. Adrie  |  April 24, 2008 om 5 : 02

    Wip

    Sy vlieg iewers met haar nuwe besem rond.

  • 117. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 5 : 06

    OOOOOO

  • 118. Wipneus!  |  April 24, 2008 om 5 : 11

    Hel maar ek en Nats vat ook maar lank om te verstaan wat aangaan, Bye Heksie dit was ‘n heerlike dag, maar ek het niks gewerk nie, en sal vanaand tot laat moet werk as almal slaap, ek gaan nou koerant lees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: