Diere Mishandeling

April 23, 2008 at 8 : 00 126 Kommentaar

In Doringsbende se ontstaan, is te danke aan ‘n hond wat met ‘n kettingsaag onthoof was.  Amper ‘n jaar terug.  Mense kla altyd daar word niks omtrent dieremishandeling gedoen nie.  Vandag kan ons ons misnoë daaroor lig.

Ek het eendag gehoor dat die Nazi’s aan die begin van hulle opleiding ‘n hondjie gegee is.  Hulle was vir die hond verantwoordelik en was altyd saam met die hond gewees.  Aan die einde van hulle opleiding moes hulle dan die hond doodmaak.  Hulle eerste rang het afgehang van die plesier wat hulle uit die doodmaak gekry het.  Ons almal weet waartoe die Nazi’s instaat was.

Ek staan alle vorme van wreedheid teë.  Dit is iets wat ek dink selfs teen kinders sterk teen opgetree moet word.  Ons almal haat muskiete en het al ‘n paar dood gemaak.  Maar daar is ‘n verskil tussen gifstowwe gebruik of doodklap en muskiet vang, bene een vir een af te breek en dan kyk hoe lank sy kan leef.  Ja, ek dink ‘n mens moet self na iets simpels soos dit kyk.

Diere mishandeling sluit afskeep en fisies seermaak in.  Watse plesier put iemand uit ‘n honger gekoekte hond uit?  Wat is so amusant daaraan om ‘n krekker in ‘n dier se anus te laat ontplof.  Almal wat al ‘n dier se lyding gesien het met vuurwerke het ‘n ewige haat daaraan. 

Wat ek vandag wil sê:  Stop wreedheid teenoor diere.  Spaar hulle enige onnodige pyn.  As jy hom wou hê, maak seker jy kan hom versorg.  Onthou diere is nie mense nie, moet hulle nie soos mense behandel nie. 

Blogvraag:  Wie het Muskiete Jag geskryf?

Blogantwoord:  Neykie was reg met Elbie Lotter

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Ander verkragtings slagoffer Oor na Levinia

126 Kommentaar Add your own

  • 1. neykie  |  April 23, 2008 om 8 : 06

    EERSTE!!!!

  • 2. Adrie  |  April 23, 2008 om 8 : 08

    More Neykie

  • 3. Night Crawler  |  April 23, 2008 om 8 : 31

    Dag sê almal
    Ek was baie lanklaas hier.
    Ek glo almal wat diere of kinders mishandel moet op die selfde manier mishandel word en eers daarna tronk straf opgelê word.
    Ons leef in die moderne wêreld en nog steeds is daar mense wat soos n barbaar aangaan, dit gaan my verstand te bowe…

    Die vraag: Die digter is AG Visser.

  • 4. Adrie  |  April 23, 2008 om 8 : 35

    Welkom terug Nag Bekruiper.

  • 5. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 8 : 37

    Môre almal

    Adrie vandag het jy ‘n onderwerp aangeraak wat my baie na aan die hart lê. Hoe kan mense, diere so verniel? Dit is regtig vreeslik hartseer! Die honde word agter mense se karre aangesleep, olifante bly in halglike omstandighede (het jy al hulle ogies gesien, dis soos mense) Ek kry sommer trane in my oë, as ek net weer daaraan dink. Die gehuil van ‘n hond wat met ‘n stok geslaan word. Nee dit kan my heeltemal uit my wentelbaan gooi. Ek kan vir dae sit en sulk oor so iets. Hoe kry mense dit oor hulle hart om so iets te doen, plaas Liewe Jesus diere met boks handskoene ge-issue het!!

  • 6. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 8 : 40

    AD Keet het muskiete jag geskryf!!! Jou vabond wag ek sal jou kry…van jou gaan vanaand net ‘n bloedkol bly…ek kan hierdie gezzzzz nie meer hanteer, bring die doom!!

  • 7. Adrie  |  April 23, 2008 om 8 : 45

    Wip

    In my beste Afrikaans? HUH??? AD Keet?

    Ek kan net nie verstaan wat in hulle koppe aangaan nie.

  • 8. Nats  |  April 23, 2008 om 9 : 03

    Goeie more!!

    Ei tog Tweeling… my hart sal dit nie hou nie.
    Ek staan enige dieremishandeling teë, ek voel as ‘n mens in staat is om ‘n onskuldige diertjie seer te maak is jy in baie meer staat om mense net so seer te maak.

    Ja my honde kry pak, maar hel nie so erg dat hulle nie vir dae kan sit nie… en na die tyd voel ek vreeslik sleg en laat hulle lekker kossies eet en gee baie aandag.

    Ek kan nie verstaan hoe iemand lekker kry om ‘n diertjie seer te maak nie, party blameer woede maar ek voel da is geen verskoning daarvoor nie.

    En as enige een van julle ‘n fur coat in die kas het, gaan ek dit persoonlik kom verbrand!!!!!

  • 9. Adrie  |  April 23, 2008 om 9 : 10

    Nats

    As jy jou pote op my leerbaadjie (nie pels nie) sit, dan skiet ek jou.

    Tweeling, ek klap ‘n hond wanneer nodig, maar gee dit darem nie pak nie. Maar dan, ek het net drie honde in my lewe gehad, 2 waarvoor ek verantwoordelik was en hulle het hulle plek geken. Ons honde is nogal gehoorsaam.

  • 10. Night Crawler  |  April 23, 2008 om 9 : 11

    Ek het n ou tannie wat my tuin huis huur in die erf en sy het n bok hondjie, die hind gaan orals saam haar self kerk toe!
    Ek verstaan die tannie is eensaam en die hondjie is haar geselskap maar ek persoonlik dink sy gaan bietjie oorboord.
    Die hondjie eet wat sy eet in sy eie bord, nie bakkie nie, bord.
    Sy dra hom in n mandjie rond en as die restaurant haar nie wil inlaat met die hond nie, eet sy nie daar nie.

  • 11. Nats  |  April 23, 2008 om 9 : 21

    Adrie
    Daai 1 van my kan lekker hand uit ruk, maar ek moet sê hy het lanklaas slae gekry… dis wanneer hy die pad vat en nie luister om terug te kom nie – ek het al vir 20min agter hom aangehardloop in die kompleks… op en af soos hy die ander honde teroriseer!

    Leerbaatjie is fine, dis die pels baadtjies wat my afsit! Dis vir my die wreedste hoe hulle diere dood maak vir dit (en honde en katte – maak my siek!)

    Night Crawler
    Dis hartseer, maar soms hou so hontjie ‘n ou mens aan die lewe, sonder daai hondtjie gaan die tannie dalk nie lank lewe nie… hulle moet vir iets sorg om ‘n rede te hê om te lewe. (sommige gevalle)

    My honde eet net blokkies en so nou en dan ‘n beentjie of oorskiet, ek probeer nie vir hulle te veel “mens” kos gee nie want nie alles is goed vir hulle nie.

  • 12. Adrie  |  April 23, 2008 om 9 : 25

    Ek het self ‘n hond gehad wat orals saam met my gegaan het en ja, sy was al meer as een keer in ‘n kerk. Die huis waarin my ma’le gebly het was nie toilet vriendelik vir haar nie. Maar sy het aan ‘n leiband geloop en was net gedra wanneer daar te veel voete was. Sy was terloops altyd heel eerste in die kar as sy gedink ons gaan iewers heen.

  • 13. Adrie  |  April 23, 2008 om 9 : 27

    Nats

    As ek wil eerlik wees, het ek nogal baie respek vir jou gekry nadat ek gesien het hoe jy Zille hanteer.

  • 14. Nats  |  April 23, 2008 om 9 : 37

    Adrie
    Dankie, nie seker vir wat nie… hoe het ek haar hanteer? Ek is maar versigtig met hondtjies veral as hulle babatjies is.

  • 15. Verons  |  April 23, 2008 om 9 : 59

    More! More!
    A3 ek het vir jou ‘n posduif gestuur wat jy hier kan gebruik!
    Ek dink dis een van die wreedste goed waarvan ek nog gehoor het! Ek hoop iemand gaan daai ou se knaters uitsny!

  • 16. Verons  |  April 23, 2008 om 9 : 59

    O ja dankie vir ou Gizmo se foto op jou vorige blog!

  • 17. Nats  |  April 23, 2008 om 10 : 01

    Nee asb nie!! Ek wil nie sulke goed hoor nie Verons!

    Eish…

    Gizmo word net mooier en mooier hoe meer ek vir hom kyk!!!🙂

  • 18. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 10 : 42

    Hier was alweer loadshedding, ek wil liewers ook nie daai wrede pos sien nie Asb??? (:

  • 19. Adrie  |  April 23, 2008 om 10 : 58

    Hallo almal

    Ek het besluit om nie die epos te plaas nie, maar ek sal dit vir enige iemand aanstuur wat dit graag wil sien. Dit is skokkend.

    Nats

    Ek het nogal gedink jy is die mens wat saam met ‘n hond uit een bord uit sal eet. Maar jy behandel ‘n hond darem soos ‘n hond.

    Verons

    Om iemand se knaters uit te haal is relatief pynloos. Om dit inmekaar te slaan is baie seer.

  • 20. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 11 : 08

    Adrie watse soort diere is mishandel in daardie e- pos?

    Nats, my hond is vreeslik bederf, maar hy het sy eie bakkie, bedjie, kombersies ens ens Hy eet vleis wat ons eet in die aand, deur die dag, spesiale pilletjies, hy moet eindelik dieët soos sy ma! hie hie Ons het altyd vir hom sweeties gegee, maar nou mag hy net spesiale honde sjokelade eet. Mens maak jou eie diere dood deur vir hulle verkeerde kos te gee.

    Ek het gister ‘n e pos ontvang van “seals” wat doodgeslaan word oor die kop, as ‘n sport…. mens se hart gee elke keer so ruk as jy so iets sien. Maar dit gebeur mens kan nie vir hierdie wreedheid wegkruip nie.

  • 21. Verons  |  April 23, 2008 om 11 : 14

    A3 nie as ek hulle met my special knater tool uithaal nie!!!
    Wip die epos gaan oor “kuns”! Wat my die meeste pla hoekom het niemand iets daaromtent gedoen nie!! Almal wat die “kunswerk” bewonder het se knaters en baarmoeders moet ook op MY manier uitgehaal word!!!
    O ja die ou met die kettingsaag is mos Desember in ‘n motorongeluk dood!

  • 22. Verons  |  April 23, 2008 om 11 : 15

    Nats hy word nie net mooier nie maar al hoe ouliker! Hy is vreeslik intelligent! Die oom en tannie vertel elke dag vir my hoe oulik en slim hy is!🙂

  • 23. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 15

    Wip – Die txt van die epos.

    Hi all, this is a very serious matter…

    In the year 2007, the ‘artist’ Guillermo Vargas Habacuc, took a dog from the street, he tied him to a rope in an art gallery, starving him to death.

    For several days, the ‘artist’ and the visitors of the exhibition have watched emotionless the shameful ‘masterpiece’ based on the dog’s agony, until eventually he died.

    Does it look like art to you?

    But this is not all … the prestigious Visual Arts Biennial of the Central American decided that the ‘installation’ was actually art,
    so that Guillermo Vargas Habacuc has been invited to repeat his cruel action for the biennial of 2008.

    Let’s STOP HIM!!!!!

    Click on the following link :

    http://www.petitiononline.com/ea6gk/petition-sign.html

    or

    http://www.petitiononline.com/13031953/petition..html or just copy it in your browser to sign a petion to stop him to do it again, then digit the name Guillermo Vargas Habacuc to find the petition to sign.

    Please do it.

  • 24. Nats  |  April 23, 2008 om 11 : 17

    Adrie en Wipneus
    Nope, my kinders het hulle eie “borde” en ek het myne! Ek het toe ek klein was ‘n water roomys met my stefie gedeel… dan hap sy en dan hap ek… vandag sal ek dit nooit doen nie!! Was darem ontwurm daarna🙂

    Wipneus
    Ek het ook al gehoor van daai seals… hulle bring nou die wet in dat jy die seal met een hou dood slaan anders word jou “permit” (belaglik dat da so iets is) weg gevat. Of so iets, Peta het groot geraas gemaak met die storie want dis mos nou weer die seisoen en China wat so walvisse vang is ook mos nou in seisoen… maar soos jy sê mens kan maar net so lank om te probeer dit nie sien of aan dit dink nie.

  • 25. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 18

    Daardie foto van Gizmo was by die dam geneem. Verlede jaar.

    Verons

    Is die ou met die saag nie vroeer al dood nie?

  • 26. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 19

    Nats

    Dit is die Japanese (lees Japsnoete) wat walvisse jag.

  • 27. Nats  |  April 23, 2008 om 11 : 22

    Adrie en Verons
    Maak my mal dat nienamd daai hond gaan red het nie!!!!! As ‘nhond op straat dood gaan van honger is dit een ding, maar hoe mense kyk en maak dat die hond nie vir homself kan kos kry nie is WREED!!!!

    Dis mos wanneer ek sal moord pleeg… of iemand huur as ek dit nie gou genoeg kan doen nie!

    Ek sal daai “kunstenaar” in die see gaan gooi vêr weg van enige iets af en laat natuur sy ding doen.

  • 28. Nats  |  April 23, 2008 om 11 : 23

    Adrie
    Oops… Japsnoete, maar hulle lyk so na aan mekaar!

  • 29. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 27

    Nats

    Glo my, jy wil nie die foto’s sien nie.

  • 30. Bos  |  April 23, 2008 om 11 : 28

    Nee!!!!

    Watse tipe mens maak so, ek sit sommer hier en huil van onsteltenis!!! So n lae vark moet ook aan n tou vasgemaak word en dan kan ons dit ook kuns noem ….

    Ek dink mense wat so met diere is gaan eendag nie weet of hulle kom of hulle gaan as hulle daar bo verantwoording vir hul dade moet doen nie!! Ons as mens het immers diere ontvang vir hul kameraadskap en dit is ons verantwoordelikheid om na hul te kyk!! Ek kan geen form van diere mishandeling hanteer nie!! Ek raak baie kwaad!! Dit is hoekom ek nie vir die Dbv of sulke instansies sal kan gaan werk nie, want ek sal sekerlik daai eienaars verwurg met my kaal hande ….

  • 31. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 11 : 29

    O nee, kuns!! Kap sy goed af en maak kuns daarvan!!

    Maar my vraag, gaan dit nooit ophou nie, daar is petisies, mense toi-toi daaroor, maar niemand luister!! Die mens maak alles dood wat lewe, diere, plante, ons planeet…
    Mens probeer altyd verstaan hoekom is mense so wreed, dit moet ‘n snaakse spesie mens wees?

    Ek is so erg ek sal nooit eers wild kan jag nie, ek wil ook nie hê my manne moet dit doen nie….

    Aan die anderkant, ek eet vleis… ek dink ek moet van grasse begin lewe…whaahaaha

    Toe ek op skool was het my vriendin-hulle ‘n skapie gehad, ons was so lief vir daardie skapie! Eendag toe ons daar kom het haar ouers die skapie geslag! My vriendin was woedend vir haar ouers en het nie haar mond aan daardie vleis gesit nie! Gelukkig het ek nie daar geëet nie. 🙂

  • 32. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 35

    Ek dink Bos het ‘n idee beet. As die man regtig dink, lyding is kuns, laat hy homself met ‘n tou vasmaak en verhonger.

    Ek staan nogal skepties teenoor daardie epos. Ek kan die glo GEEN aktiviste teen die spul betoog het nie. Ek gaan gou die hele storie google.

  • 33. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 37

    Lyk my dit is waar.

    Guillermo Habacuc Vargas admits on his new created MySpace page, that he indeed killed the dog!

    Here is a part of his original [most recent] statement:”Hello everyone. My name is Guillermo Habacuc Vargas. I am 50 years old and an artist. Recently, I have been critisized for my work titled “Eres lo que lees”, which features a dog named Nativity. The purpose of the work was not to cause any type of infliction on the poor, innocent creature, but rather to illustrate a point. In my home city of San Jose, Costa Rica, tens of thousands of stray dogs starve and die of illness each year in the streets and no one pays them a second thought.

    Now, if you publicly display one of these starving creatures, such as the case with Nativity, it creates a backlash that brings out a big of hypocrisy in all of us. Nativity was a very sick creature and would have died in the streets anyway.

    “So there is just this to say: We see, that not only the gallery was lying from the beginning, but also, what we have to think about all statements of this “artist”.

    We see how he is changing his statement, depending on how the public reactions are – first statement was “the dog would have died anyway” – second statement was “I cannot say if the dog died or not” – third statement was “I wanted to do it to remember Mr.Natividad Canda” [the burglar killed by guard dogs] – fourth statement was “I did the exhibition to show the terrible situation of street dogs”…. etc…

    The next statement will be obviously “Santa Claus and Ronald McDonald jumped into the exhibition and took the dog” or something like that?!

  • 34. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 38

    En Wikipedia

    In 2007 Guillermo Vargas took a stray dog called Natividad from the streets of Managua, Nicaragua, and tied it to a short leash as an exhibit in an art gallery. The dog was left to die with food just beyond the length of its leash as patrons passed by in the gallery. Photographs appeared on the Internet showing a thin, emaciated dog, tied to a line in a room full of standing people. There are no indications in the photos of where, when or who took them.[2][3] He refused to say whether the dog survived the show but the director of the Códice Gallery said that the animal was fed regularly and was only tied up for three hours on one day before it escaped.[4] A probe by the Humane Society revealed that the dog was in a state of starvation when it was captured and escaped after one day of captivity. [5]

    Nog erger.

  • 35. Zee  |  April 23, 2008 om 11 : 39

    Hallo julle

    Jinne ja, dieremishandeling is darem vreeslik. Ek skroom nie om dit aan te gee by die SPCA nie, even as die honde die hele nag blaf is dit vir my n teken dat die eienaars nie genoeg omgee om te gaan kyk hoekom hulle blaf nie….. koud miskien, iemand in die erf….

    En my kindertjies slaap oppie bed onder die duvet net ingeval julle dalk gewonder het!😉

    Wipneus, ek stuur vir jou bietjie gras saad om te plant hoor!🙂

  • 36. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 41

    En ‘n hele blog aan die storie

    http://www.bosparra.com/fok-jou-guillermo-vargas-habacuc

  • 37. Nats  |  April 23, 2008 om 11 : 43

    Adrie
    Dis belaglik! Hoekom iets voor jou oe laat ly om ander mense te laat sien hoe die honde werklik ly??? Die man se kop raak iets vreesliks!!!

    Hy is 50 en klaar seniel!

    Ek stem saam jou, dat iemand nie teen dit betoog het nie is my gat se deksel!

  • 38. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 45

    Welkom terug Zee.

    Ek hoop jy het nou weer die nodige blogtools.

  • 39. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 46

    Ek het eendag so effens ge😳

    Ek het gewonder wat gebeur as dinge warm raak in die bed waar die hond ook slaap. Toe antwoord ‘n sekere mens my.

  • 40. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 11 : 54

    Zee, ons verlang na jou het jy nog nie jou lappie gekry nie, dankie vir my gras🙂

  • 41. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 11 : 56

    Adrie!!! ai! sug ek, ek weet nie meer wat om met die meisiekind van my te doen nie… Ouma pluk haar bloomer op en skuif haar bril reg…en gee ‘n kwaai kyk vir Adrie

  • 42. Adrie  |  April 23, 2008 om 11 : 59

    Wat het ek nou weer gedoen?

  • 43. Salomè  |  April 23, 2008 om 12 : 00

    Hallo Almal

    Ek voel vandag soos Alice in Wonderland se wit haas; “I’m late, I’m late’ I’m late” Hurry, hurry, hurry. Met al hierdie kragonderbrekings bly ek net nie voor met die werk nie, maar ek moes darem eers vir al jul wonderlike mense kom hallo sê.

    Dieremishandeling is erg. Dis soos die reeks inbrake die afgelope 2 weke in ons dorpie. Hulle vergiftig die honde en kom dan so in die erf. Die arme goed ly so. Kan iemand nie die varke in die hande kry dat ons ok vir hulle genoeg gif kan ingee om te voel hoe erg dit is, maar net te min dat hy nie kan vrek nie.

  • 44. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 05

    Hello Saloom, hierdie kragonderbrekings maak my ook klaar.

    Ja, Adrie, jy is soos Liewe Heksie julle weet ook nooit niks nie…

  • 45. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 05

    Hallo Salome

    Dit is ‘n plan en ‘n half.

  • 46. Zee  |  April 23, 2008 om 12 : 06

    Hallo weer,

    Het gister lappie gekry, wag nou net vir die memory wat van oorsee moet afkom. So dit is maar nog baie stadig maar so oor n week sal ek weer vol in aksie wees.

    Wippie, plant nou die grassies hoor😉

  • 47. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 07

    Wip

    Heksie verjaar more. Nou wil sy wragtig ‘n post skryf.

  • 48. Oubaas  |  April 23, 2008 om 12 : 12

    Heita Salome. Join the club. Welkom in Donker Afrika. Eish A3 hul moet sulke ouens soma lewendig vir die krokodille voer!

  • 49. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 13

    Zee

    Ek sien uit daarna.

  • 50. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 17

    Zee, ek kan nie wag nie! Maar dis lekker om jou hier te sien…

    Adrie, ek kan nie wag vir Heksie se skrywe nie!!

  • 51. Bos  |  April 23, 2008 om 12 : 20

    Adrie

    Die gedagte het by my ook opgekom. Ek kan eerlik waar nie sien hoe n gallery so iets kan toelaat nie, en wat van die gallery besoekers? Wil jy nou vir my se niemand het n klag erens gaan indien of die arme hond probeer help nie? Dit is wragtig soos n storie uit die twiglight zone!!!

    En vir wat n lewendige hond? Hoekom nie eerder klomp swart en wit fotos neem en dit opblaas en n moerse uitstalling hou daarvan nie, dit is menslik, maar dit wat hy gedoen het en ook die gallery wat dit toegelaat het is wragtig siek verby, ag nee man!! ons wereld vrot van binne af buitentoe!!

  • 52. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 22

    Wip

    Ek weet nie of daar genoeg dop in die land is vir my om dit toe te laat nie. Sy gaan my naam met ‘n plank slaan.

  • 53. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 29

    Adrie

    Man, Heksie het nog nooit iemand se naam met ‘n plank geslaan nie, sy is die slimste Heksie wat ek ken, en weet jy wat sy was al op die maan…

  • 54. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 36

    Wip

    Jy ken nie daardie heks nie. Sy vertel julle dalk van die patrose of van ek wat dink ek is Koningin By

  • 55. Salomè  |  April 23, 2008 om 12 : 38

    Sal ek maar vir Heksie ‘n tjoklit koek bak? Dan kan ons dit saam met rooi koeldrank geniet en miskien ok gesmelte roomys.

  • 56. Salomè  |  April 23, 2008 om 12 : 39

    Adrie
    Jy moet nie vir Heksie onderskat nie. So deur al die deurmekaar woorde is sy dalk nog slimmer as jy.

  • 57. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 40

    Salome

    So dronk was ek nog nooit nie. Die blerrie heks raak nou net seniel. As ek haar mag help, dalk. Maar anders – haar groot toon.

  • 58. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 46

    Adrie, ek glo niks van die goed nie, Blommeland met al sy rose en dorings het ‘n oulike Heksie Sy vergeet net soms en dan raas koning Roosebaard of Ouma met haar, siestog maar verder doen sy baie goeie dinge, Blommie, Karel Kat en Mattewis sê ook so! Sy sal nooit vir jou Koningin By sê nie want sy gaan vergeet wie jy is, sy onthou nooit niks nie! Jy is nou net so lelik soos Kwaaitjie en die gifappeltjies. A nee a!

  • 59. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 48

    Wip

    Die heks maak my oud voor my tyd. Sy noem my B3.

  • 60. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 52

    Adrie

    Maar ek het jou gesê sy vergeet partykeer so bietjie, jy moet mooi kyk as sy haar groottoon in die sand boor, dan het sy vergeet en kry skaam!

  • 61. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 53

    Wip

    Jy moes haar verlede jaar gesien het. Ons moes ‘n kloon drol ‘n les of 10 leer. Toe word ons almal klone. Sy was so deur mekaar, sy het sommer almal se name onthou.

  • 62. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 55

    Waaat? Salomè het mos gesê sy is slimmer as jy, nou lyk dit my sy is slimmer as jy en jou klone!

  • 63. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 12 : 58

    Ek moet gou uitgaan, soet wees, moenie met Heksie baklei nie!!

  • 64. Adrie  |  April 23, 2008 om 12 : 58

    Wip

    Sy het daardie dag net help geskree, en Adrie.

  • 65. Verons  |  April 23, 2008 om 1 : 02

    A3 as Heksie verjaar mag sy mos ‘n blog skryf!! Moet nou nie lat ek met jou sukkel nie!

  • 66. neykie  |  April 23, 2008 om 1 : 03

    midag almal hoe loop julle dag sover?

  • 67. Adrie  |  April 23, 2008 om 1 : 04

    Verons

    Jy ken vir Heksie wragtig mos beter as dit.

  • 68. Adrie  |  April 23, 2008 om 1 : 06

    Neykie

    Behalwe dat sekere mense en ‘n spesifieke heks my wil vertel wat ek met my blog wil doen – gaan dit seker goed.

  • 69. Adrie  |  April 23, 2008 om 1 : 09

    Bejaardesorg het net kos vir nog vyf dae
    Apr 22 2008 10:41:53:337PM – (SA)

    Terwyl die snerpende koue van vanjaar se winter reeds eergister sy voelers begin uitgesteek het, vrees Pretoria Bejaardesorg dat hulle baie haweloses in en rondom die stad in die steek sal laat, as hulle nie dringend hulp kry nie.

    Me. Carine van Huyssteen, direkteur in Pretoria, het gister gesê hulle het slegs kos in hul store om sowat 835 bejaardes vir die volgende vyf dae te voed.

    Pretoria Bejaardesorg versorg en gee elke dag gebalanseerde etes aan die ongeveer 835 bejaardes.

    Volgens hul statistieke is daar ongeveer 4 000 hawelose en verhongerde mense in die omgewing van Pretoria.

    “Vir slegs R4 kan ons seker maak dat ’n persoon ten minste een maaltyd per dag kry.

    “Sonder finansiële ondersteuning en ander donasies sal Pretoria Bejaardesorg nie die steeds groeiende aantal haweloses in Pretoria en omliggende gebiede kan versorg nie.”

    Volgens Van Huyssteen is hul kern-verantwoordelikheid om maatskaplike dienste aan bejaardes, families wat onderwerp word aan fisieke en geestelike mishandeling, dwelmverslaafdes, eensames, mense met swak gesondheid, haweloses en dié op moedverloor se vlakte te verleen.

    “Ons het ’n dringende behoefte aan finansiële ondersteuning, sowel as aan kos wat nie maklik bederf nie, soos stampmielies, mieliemeel, geblikte of gepoeierde sop, geblikte vleis en groente, babakos en komberse.” – Eagan Williamson

  • 70. neykie  |  April 23, 2008 om 1 : 30

    A3 wie is die heks? dis mos jou blog en jy kan doen wat jy wil?

  • 71. Verons  |  April 23, 2008 om 1 : 34

    Neykie die Heks is ons hart se punt en sy MAG op haar verjaardag doen wat sy wil!
    Sy mag ‘n blog skryf
    Sy mag soveel rooikoeldrank drink as wat sy wil
    Sy mag ‘n hele 5L roomys alleen opeet
    Sy mag so laat gaan slaap as wat sy wil en
    Sy mag heeldag blog!!
    Finish en klaar!

  • 72. Nats  |  April 23, 2008 om 1 : 45

    Ek het my prentjie gekry!!!

    Thx 2ling!!

  • 73. Nats  |  April 23, 2008 om 1 : 46

    Dis bietjie kelin, maar dis ‘n fototjie van Milo!!

  • 74. Adrie  |  April 23, 2008 om 1 : 49

    Nats

    Almal het gesien dit is jou hart se punt.

    Verons

    Gaan Ma met die heks sit as sy siek is van deurmekaar eet? Huh?

    Neykie

    Se vir hulle. Die blog behoort aan Adriana Magrieta Swanepoel en nie Levinia Heks nie.

  • 75. Pikkelik  |  April 23, 2008 om 1 : 55

    Kyk watter tyd kom ek nou eers hier uit!!!!!!!! Ek pes krekkers met ‘n passie. Ek dink nogal as dit wat mense aan diere doen aan hulle ook gedoen word sal dit ‘n baie beter wereld wees. My kinders WEET as hulle die diere seermaak gaan hulle gatte brand!

  • 76. Adrie  |  April 23, 2008 om 1 : 56

    Pikkie

    Ek voel soos Oliver Twist. Jy vat ook omtrent jou tyd.

    Of is jy besig om die beste vir laaste te los.

  • 77. Verons  |  April 23, 2008 om 2 : 00

    A3 NEE sy is jou verantwoordelikheid en ons sal haar voer net waarvoor sy lus is, want dis haar verjaarsdag!

    Nats hoe kry jy dit reg om ‘n foto op te sit?? Ek wil ok!!!

  • 78. Adrie  |  April 23, 2008 om 2 : 01

    Verons

    Ek het ‘n epos gestuur.

  • 79. Adrie  |  April 23, 2008 om 2 : 02

    Na altwee duifhokke toe. Gaan kyk maar daar.

  • 80. Vonnie  |  April 23, 2008 om 3 : 13

    Pikkewyn het ‘n wonderlike storie om te vertel oor haar twee honde se liefde vir haar – vertel bietjie Pik.
    Die hele storie oor diere(en kinder-)mishandelig laat mens vergeet dat jy beskaafd is. So voel ek ook oor die stiergevegte in die Latynse lande.

  • 81. Pikkelik  |  April 23, 2008 om 3 : 17

    Ag Adrie – me/ ly aan ernstige sleepdepravation – Poppedyn het net 2 – ek sweer – 2 ure geslaap laasnag. En ek werk vandag by die winkel. Die bloeming skermpie is so klein ek het ‘n vergrootglas nodig en die bleddie spacebar hak vas!!!! En ek is honger, het al oorweeg om aan my voete te begin knaag, en ek het hoofpyn en my koppie knik soos daai leeutjies wat jare terug agter in die motors se ruite was en ek het al ‘n paar keer my gat afgeskrik as iemand hier inkom, eks vokenvas aan die slaap….🙄

  • 82. Nats  |  April 23, 2008 om 3 : 21

    I’m back!!!

    Hoe oud word Liewe Heksie more?

  • 83. Nats  |  April 23, 2008 om 3 : 27

    O bly sy dieselfde ouderdom… en hoe oud is dit?

  • 84. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 3 : 35

    Nats ek wil ook weet hoe oud is Heksie…

    Pikkie dit lyk sleg daar by jou, dis omdat jy my nie meer daar wil hê nie, ek sou daardie winkeltjie vinnig vir jou reg gepluk het!! 🙂

  • 85. Roer  |  April 23, 2008 om 4 : 20

    Ek voel ‘n veer vir diere en voel alle straatbrakke/diere moet uitgesit word en die geld wat die SPCA sou gebruik het om hulle aan die lewe te hou, moet gaan vir straatkinders. Dit gesê (voor ek weer aangeval word deur ‘diere’liefhebbers), ek het geen respek vir iemand wat enige iets van ‘n geitjie tot ‘n hond of kat of kind of mens mishandel nie. Ek kan dit maar net nie hanteer dat die mensdom se prioriteite geskuif het en diereregte deesdae voor menseregte staan. Dis nonsens. Wat my die ERGSTE irriteer is mense wat jou skeef aan kyk as jy sê jy’s NIE ‘n diereliefhebber nie. Nie almal hou van kinders nie. Nie almal hou van ou mense nie. Nie almal hou van watookal nie. Ek gaan nie, net ‘for the sake of being politically correct’ sê ek hou van diere nie. Ek verpes die goed. Veral honde. Veral as die blerrie goed so oral moet ruik aan almal se gatte. Jammer vir die krasgeid, maar ek moes dit van my gemoed af kry. Ek voel nou soveel beter.🙂

  • 86. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 4 : 22

    Roer😯 maar jy is kwaai vandag?

  • 87. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 4 : 23

    Ek hardloop en gaan kruip in my hoekie weg met my hondjie!!

  • 88. Roer  |  April 23, 2008 om 4 : 47

    😆 Tyger Oats vanoggend gehad. Gannit?

  • 89. Roer  |  April 23, 2008 om 4 : 48

    Ek bedoel Tiger…eish

  • 90. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 4 : 50

    Goed Roer, ek sien jy het vanoggend goed weg gelê aan jou Oats pappies…:) pop eye?

  • 91. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 4 : 50

    Hoe gaan dit met jou liefie se skouer/arm

  • 92. Adrie  |  April 23, 2008 om 4 : 58

    Ahooi

    Wat het ek gemis?

    Is hier nog iemand oor?

  • 93. Adrie  |  April 23, 2008 om 4 : 59

    Blerrie ontydige Kapenaars.

  • 94. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 01

    Hi Adrie ek wag vir Heksie!!

  • 95. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 02

    Roer

    Ek voel soos jy oor straatbrakke. Maar ek stem vir ‘n vinnige pynlose dood, nie dat hulle stukkie vir stukkie opgekerf word of laat vergaan van die honger nie.

    Wip

    LH is al in die omtrek van 61 af. Jou tyd, dalk weet jy hoe oud sy is.

  • 96. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 02

    Heksie hou haar Tannie Ousie se hand in die hospitaal vas.

  • 97. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 03

    Pikkie

    Ek babysit hoor en ek het min slaap nodig.

  • 98. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 05

    😯 maar dis ‘n ou heksie… shame! Wat makeer Heksie se Tannie Ousie Adrie?

    Ek kom stadig uit, ek het die hond in die kas toegemaak, Roer het tiger oats geëet….

  • 99. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 07

    Tannie Ousie het ‘n operasie gehad en sal vir ‘n paar weke maar skaars wees.

  • 100. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 07

    Adrie dan beter jy gou by Pikkie uitkom, sy is al wit om die kiewe van moegheid….

  • 101. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 09

    Ag nee, stuur vir haar groete! Ons gaan haar mis…

  • 102. Roer  |  April 23, 2008 om 5 : 09

    Flippit. Dis nou ‘n ontvangs. “Blerrie ontydige Kapenaars”
    Goed en jy A3!

    Wip, die 1ste week was ek geduldig en het hom baie jammer gekry. Nou’s ek ongeduldig en as hy net lyk of hy pyn het, dan herinner ek hom dat dit self-inflicted pain is. Ek beter vanaand op maak. Die arme dingetjie!

  • 103. Roer  |  April 23, 2008 om 5 : 10

    Ag shame ja. Stuur groete daar vir die sieke. Gaan haar pittigheid mis.

  • 104. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 10

    Aaaah haaaa! daar kom ek agter die kap van die byl! Jy sal moet opmaak Roer, jy sal moet opmaak……. my vriendin!!!!

  • 105. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 11

    Roer

    Breek sy ander skouer as hy vir jou gas gee.

    En as die skoen pas, trek hom aan. Jy mag ‘n Kapenaar wees, maar jy is darem nie ontydig nie.

    Wat het julle 2 dames met my tweeling gemaak?

  • 106. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 12

    Jou tweeling??? Ons het hulle vir die brakke gevoer…

  • 107. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 12

    Roer en Wip

    Alles het begin met ‘n olifantsbul (volgroeid) wat sy verwag het.

  • 108. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 13

    Wip
    👿 Net ek mag met my tweeling lelik wees. Nie eers my drieling sal dit waag nie.

  • 109. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 13

    Wat praat jy nou van olifantsbul??? Wie groei nou olifantbulle!

  • 110. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 14

    Heksie mag met jou klone lelik wees????

  • 111. Roer  |  April 23, 2008 om 5 : 15

    😆 Ek het hom hoeka gisteraand gedreig met die ander skouer ook breek. Koebaai julle. Dis huiswerk en kos maak en en en. Soet wees en maak seker daar’s nie brakke by julle huise as ek kom kuier nie!

  • 112. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 16

    Ek sal my brak in die wasmasjien weg steek Roer, Lekker aand!

  • 113. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 19

    Ek? ‘n Huis?

    Maar die Roer is gesuip.

    Wip

    En as die wasmasjien aangaan, dan mishandel jy Shane.

    Die Ousie het Maandag gese sy voel of sy geboorte aan ‘n olifantsbul gaan skenk. Ons het ons drieling in kennis gestel en sy het ons gevloek. Toe gaan kuier die Ousie vir die gynae en hy haal die bul uit.

  • 114. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 19

    Adriana, Ouma gaan net gou na die kossies op die stoof kyk….loop jy nie al 5 uur nie?

  • 115. Adrie  |  April 23, 2008 om 5 : 23

    Adriana mos Kapenaars entertain, so sy is nou bietjie agter.

  • 116. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 36

    Het jy die Kapenaars geniet?

  • 117. ADRIANA  |  April 23, 2008 om 5 : 37

    Ja, was heel nice kuiergaste. Net met my blogtyd ingemeng.

  • 118. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 45

    Whaahaaha met jou blogtyd ingemeng, snaaks ek begin ook deesdae so praat! My jongste spot my al en sê hy wil dominee inroep dinge kan nie so aangaan nie! As ek eers hier kom sit kan die wêreld om my vergaan, hulle praat maar niks registreer nie!

  • 119. ADRIANA  |  April 23, 2008 om 5 : 53

    GMPH

    Liewe Heksie het dit nou eenmaal in haar kop om more se blog te skryf. As ek my gat draai, gaan sy die rekenaar bespring.

  • 120. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 5 : 54

    Jy moet haar asb toe laat om dit te skryf, ons sien almal uit daarna!!

  • 121. ADRIANA  |  April 23, 2008 om 6 : 01

    Oor my dooie liggaam

  • 122. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 6 : 04

    Ag nee sies vir jou Adriana, dis net omdat Tannie Ousie nie hier is nie, wat jy nou weer so dwarstrekkerig is!

  • 123. ADRIANA  |  April 23, 2008 om 6 : 07

    Tannie ousie en Liewe Heksie se holle

  • 124. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 6 : 13

    Adrie ek soek jou dringend

  • 125. Alexwebmaster  |  Maart 3, 2009 om 3 : 43

    Hello webmaster
    I would like to share with you a link to your site
    write me here preonrelt@mail.ru

  • 126. nadine  |  Augustus 5, 2016 om 3 : 47

    diere mishandeling is nie reg om aan honed te doen nie nie eers as jy n rede het daar voor nie so stop dit die here is nie tevrede met wat jy aan hulle doen nie contak as iemand nog will weet by Nadine of rika nomer is hier onder

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: