Troeteldiere

April 21, 2008 at 4 : 35 69 Kommentaar

Ek het dit al gesê en ek sê dit weer:  Ek is nie die grootste diereliefhebber onder die son nie.  Tog het ek al oor honde van my wat dood is gehuil, maar nie een traan oor familie en vriende wat die emmer geskop het nie.

Ek het tans nie diere nie, dit pas nie by my lewenstyl in nie.  Ek sal seker weer eendag ‘n hond op ‘n kat kry, maar dit is ver in die toekoms in.  Ek sê altyd die dag as ek reg is vir kinders, daardie dag kan ek weer ‘n dier aanhou. 

Al hou ek nie van diere nie, is daar sekere goed wat nie onderhandelbaar is nie.  Geen dier mag mishandel word nie.  As ‘n dier uit die weggeruim moet word, wees menslik daaromtrent.  Jy wou die dier gehad het, jy sal sorg dat die dier versorg is.  Dit sluit kos, vars water, veeartsbesoeke, speel ens in. 

Ek voel sterk daaroor dat kinders ‘n dier moet hê.  Dit leer hulle verantwoordelikheid en leer hulle om vir ander om te gee.  Ek dink ook almal wat moet kinders hê, moet eers ‘n hond groot maak.  As jy daarmee suksesvol is, sal jy met kinders ook suksesvol wees.

As ek van troeteldiere praat, praat ek van katte, honde en hamsters.  Soogdiere oor die algemeen, alhoewel ek nie ‘n pyn met reptiele het nie.  Ek voel ‘n veer of dit ‘n kat of ‘n hond is, dus sal ek seker eendag altwee hê.  Ek hou van persiese katte, veral blou persiese katte.  Ek hou van miniatuur honde (maltees, mopshonde spesifiek) of van medium honde (chows is baie oulik).  Ek het die persoonlikheid vir ‘n Rottweiler, maar blykbaar gaan hulle en kinders nie goed saam nie.  Ek hou van rasegte honde.

Wat noem jy ‘n troeteldier?  Het jy troeteldiere en enige interessante feite of teorie omtrent hulle?

Blogvraag:  Waarvoor was ‘n bulhond oorspronklik geteel?

Blogantwoord:  Kurt Darren is eindlik Kurt van Heerden.

En Zille en Madonna (Nats)

Chess (Bosmuis) en Gizmo (Verons)

Tang en Milo (Weer Nats)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Familie vs Vriende ‘n Ander verkragtings slagoffer

69 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 4 : 46

    Eerste!!!!!!!!!!!

  • 2. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 4 : 53

    EEEERRRSSSTTTEEE!!!!
    Whoo Hoo!!

    Die bulhond was oorspronklik geteel om soos n matador te wees as ek dit so kan stel, ek weet nie wat hulle die wrede “sport” genoem het nie, maar hulle maak n bul in n arena vas en dan het hulle die bulhonde gebruik om die bul te versmoor. Hulle was geleer gewees om in te hardloop, die bul aan die snoet te gryp en daar te bly hang tot die bul versmoor het, daarom dat hulle nekke so sterk is en daarom ook die snaakse kake.

    Arme goed!! Ek is nou weer n baie groot diere liefhebber en haat dit as ek hoor van diere wat mishandel word, en vir sulke tipe wrede sportsoorte geteel word, ens. Ek kan skaars na n spca of troeteldierwinkel gaan omdat my hart so huil vir daai arme goedjies. Ek het n basset wat nou tien maande oud is en hy is my lewe!! As iets met my hond moet gebeur huil ek my mors dood!! Diere het nou eenmaal nie die vermoe om mens seer te maak soos ander mense die vermoe het nie. Hulle is lojaal en liefdevol, hulle praat nie sleg van jou agter jou rug nie, hulle is vergewinsgesind, ek meen, vat dit so, as jy n hond het en hy is stout en jy klop hom, dan kan jy hom tien min. later roep en hy sal kom, al is dit druipstert, maar hy ignoreer jou nie en hy haat jou nie.

  • 3. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 4 : 54

    Ag nee wip!!!

    O.K Ek is TWEEDE!!!!!!!!

  • 4. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 5 : 05

    Sorry bosmuis!! kruip ek gou gou in die hoekie weg

  • 5. Katvis  |  April 21, 2008 om 5 : 22

    Diere is nie mense nie. Maar diere het lewe en dit moet respekteer word. Baie diere word net soos sy baas soms lyk die baas net soos sy hond. Dit is nog al snaaks om na mense en hulle honde te kyk en wat se hond hulle van hou.

  • 6. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 5 : 27

    Ek het ‘n Maltees(opreg), sy naam is Shane, ek noem hom Shanie!
    Hier is ook 2 pappegaaie, Coco en Apie, ‘n lovebird (sonder naam) en ontelbaar baie koi visse. Koi visse word so mak hulle eet uit jou hand.

    Bosmuis dit ‘n vreeslike ding wat jy my nou vertel van die bul wat deur die honde versmoor word.

    Ek is nie lief om diere programme te kyk waar enige dier seerkry of opgeëet word niie. Of dit nou natuurlik is of nie. Ek haat olifant jag, ek is heeltemal versot op olifante!!! Adrie jy kan gerus eendag vir my bietjie oor olifante skryf!!

    In ‘n SPCA was ek nog nooit, en as jy my nou dood wil hê of wil straf moet jy my soontoe neem. Ek sal ‘n maand aanmekaar huil. Ek is ‘n sensitiewe kyker as dit by diere kom, een aand was daar iets op Cart Blanche van olifante, ek was dae so emosioneel onstabiel hulle kon niks met my uitrig nie. Teddiebeer moes natuurlik dadelik ‘n donasie gee!!

  • 7. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 5 : 34

    Katvis my Shane, het ‘n baie mooi gesiggie. Ek sal nie omgee as mense sê ek lyk soos hy nie.

    Gister kry “Shane” ‘n brief van sy dokter: die koevert is aan hom geadresseer.

    Beste Shane

    Dit is weer tyd vir jou volgende immunisasie. Neem hierdie briefie vir jou eienaar en laat die aap uit die mou. Sorg dat hy nie die kat aan die stert beetkry nie. Maak seker dat julle ‘n hond uit ‘n bos by ons kom kuier. Herrinner jou eienaar daaraan om jou inentingssertifikaat saam te bring. Ons sien uit daarna om weer poot te skud.

    Dr…..

    Hierdie dokter van Shane is vreeslik oulik, sy het al in die nag opgestaan om na hom te kyk!! Maar hy wil so gereeld daar gaan kuier, deesdae speel hy dodelik siek en as hy daar kom is hy spring lewendig en gesond.

  • 8. Jaco  |  April 21, 2008 om 9 : 09

    Ons het 3 wosonki’s en 1 budoggi en hulle is ons kinders. As jy so naby aan enige warmbloedige dier leef sal jy agterkom dat hulle persoonlikhede nes mense het.

  • 9. Bosmuis  |  April 22, 2008 om 7 : 15

    More maters!!

  • 10. Adrie  |  April 22, 2008 om 8 : 00

    More Almal

  • 11. neykie  |  April 22, 2008 om 8 : 24

    Ek soek so graag ‘n hondjie-maar ja ek bly in ‘n woonstel so dis buite die kwessie…..

  • 12. Adrie  |  April 22, 2008 om 8 : 32

    Goeie fok

    Ma beken skuld op 105 onsedelike dade met dogter

    Magdel Fourie

    ’n Ma (36) van Roodepoort wat skuld beken op 105 aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding van haar dogtertjie, het gister in die hof woordeloos gehuil toe die regter haar vra hoekom sy dié gru-dade gepleeg het.

    Haar man het reeds in Maart skuld beken op dieselfde aanklagte en is daarvoor ses keer lewenslank tronk toe gestuur is.

    In die Johannesburgse hooggeregshof het dié tengergeboude vrou gister, nes haar man, 105 keer agtereenvolgens “skuldig, edelagbare” aan regter Chris de Jager geantwoord terwyl die skokkende aanklagte aan haar voorgelees is. Benewens verkragting en onsedelike aanranding, sluit dit die maak van kinderpornografie, asook crimen injuria in.

    Voor die eerste aanklag gelees is, was die vrou emosioneel. Toe De Jager haar vra wáárom sy dit gedoen het, het die trane-damwal gebreek, en die hof moes verdaag.

    Die egpaar is in Mei 2006 gearresteer kort nadat hul dogter (10) aan haar onderwyser erken het haar ouers betas haar geslagsdele sedert sy ses jaar oud was. Haar pa het haar ook verkrag terwyl haar ma toegekyk het. Dié dade en haar geslagsdele is op foto’s vasgelê. Sy moes ook haar ouers afneem terwyl h?lle seks het.

    Haar ouerhuis is deurgesoek, en daar is sowat 96 eksplisiete foto’s op die egpaar se rekenaar gevind. Die egpaar het saam tereggestaan op 6 aanklagte van verkragting, 36 van onsedelike aanranding, 42 van oortredings van die Wet op Films en Publikasie en 21 van crimen injuria. “Die beskuldigde se gedrag is laakbaar: dit skok dat ’n ma haar kind so kan misbruik, en toelaat dat ’n ánder dit ook doen,” lui die staat se pleitdokument. Die pleitooreenkoms stel tronkstraf van 15 jaar voor. De Jager sê vandag of hy dit aanvaar.

    Die ouers se name word weerhou om die kind se identiteit te beskerm.

  • 13. Adrie  |  April 22, 2008 om 8 : 33

    More Neykie

    Toemaar, eendag wanneer jy uit die woonstel is kan die hondjie dalk kom. Kry vir jou sommer ‘n hamster in die tussen tyd.

  • 14. Adrie  |  April 22, 2008 om 8 : 37

    EISH!!!!

    Kwaad oor troue, toe sny sy man se deel af
    Apr 21 2008 09:14:40:013PM – (SA)
    Lahore. – ’n Pakistanse vrou het haar kêrel se geslagsdeel afgesny nadat hy met sy niggie in ’n voorafgereëlde huwelik getrou het, het die polisie en hospitaalpersoneel gister gesê.

    Die 24-jarige mnr. Muhammad Shehzad het ’n verhouding met ’n 30-jarige getroude vrou, Jamila, begin nadat hulle mekaar twee jaar gelede by ’n dieretuin in Lahore ontmoet het.

    “Shehzad het belowe om met Jamila te trou sodra sy van haar man skei, maar toe trou hy twee weke gelede met sy niggie,” het mnr. Asghar Bhatti, ’n polisiebeampte, gesê. Dit het Jamila blykbaar woedend gemaak en sy het besluit om wraak te neem, het hy gesê.

    “Sy het hom na haar huis genooi en hom een of ander dwelmmiddel ingegee en daarna sy geslagsdeel afgesny.”

    Dokters kon nie daarin slaag om dit weer te heg nie. – Sapa-AFP

  • 15. Multi  |  April 22, 2008 om 9 : 04

    Hallo hallo,

    Blogvraag: Die honde was oorspronklik geteel vir “Bear-Babtind” ‘n tiepe sport waar die honde die beer in ‘n tiepe kring/kryt aanval en uiteindelik dood maak.

  • 16. Multi  |  April 22, 2008 om 9 : 05

    skies dit moet wees bear-bating

  • 17. Verons  |  April 22, 2008 om 9 : 05

    More! More!
    A3 is jy weer daarop uit om almal te skok?!😯
    Hulle moet daai dogtertjie se ouers vir my gee ek sal weet wat om te doen! Sulke vuilgoed!
    Dit sal die ou leer om skelm te wees!!😉

    Oor die onderwerp: Ek self is nie ‘n diereliefhebber nie, dit pas ook nie in my leefwyse in nie, maar ek kan wreedheid teenoor hulle ook nie verdra nie!
    Nou die dag het ek ‘n klein brakkie geërf (opregte pikanese) en ek kan my op die oomblik nie voorstel hoe ek sonder hom kon wees nie! Dis die cutste klein dingetjie en hy is vreeslik intelligent! Dan het hy ook die cuteste gevreetjie ek wil hom net heeldag opvreet!
    Ek bly in ‘n “cottage” op ‘n plot en die eienaars is 2 ouerige mense wat sommer vir Gizmo “aangeneem” het! Bedags is hy deel van hulle huihouding en as ek in die aande by die huis kom is hy weer by my!
    Hulle het so ‘n oulike Jack Russeltjie (Stoffel) ek het nog nooit ‘n hond gesien wat so baie lag soos hy nie! As ek by die huis kom hardloop hulle altwee my tegemoed Gizmo spring soos ‘n bokkie rond en Stoffel lag dat jy net tande sien! As mens met hom gesels gesels hy wraggies terug hy is net so flippen cute!

  • 18. Adrie  |  April 22, 2008 om 9 : 07

    More Laatslapers

    Wie sal ek wil skok, Ma, dit wat in die koerant.

  • 19. Pikkelik  |  April 22, 2008 om 9 : 14

    Hi daar, ek het twee chows, Venesca en Cara! Hulle was my eerste kinders – Venesca is nou 17 jaar oud en Cara haar dogter is 15 jaar oud. Venesca sal voor die winter uitgesit moet word. Die rumatiek vreet haar op, sy het skaars nog tande en oor die algemeen is sy nie meer sterk nie. Ek huil nou-al elke dag oor haar. Sukkel om die moed bymekaar te kry om haar veearts toe te vat. Dan het ek nog ‘n papegaai – Billy – hy kan vreeslik vloek, 19 kapokhoendertjies en 3 vissies…. Lekker dag vir julle…

  • 20. Adrie  |  April 22, 2008 om 9 : 22

    Pikkie

    Iets wat ek niemand toewens nie, om ‘n dier te gaan uitsit.

  • 21. Jannas  |  April 22, 2008 om 9 : 48

    Hoop dit werk die keer.
    Ek is mal oor troeteldiere honde, katte en pappegaaie want hulle reageer op mens se optrede. Ek sal egter nie ‘n kat aanhou nie. As jy by ‘n huis instap waar daar ‘n kat is, ruik jy dit die oomblik as jt by die deur ingaan.

  • 22. Jannas  |  April 22, 2008 om 9 : 52

    Pikkelik,
    ek moes dit al ‘n paar keer doen agv ouderdom of siekte en dit raak nooit makliker nie. Mens wag gewoonlik todat dit te laat is en dan suffer die dier onnodig. As die dier nie meer lewenskwaliteit het nie of nie meer beheer het oor liggaamsfunksies nie, is dit tyd vir moed bymekaarskraap en gaan. Dis erg.

  • 23. Adrie  |  April 22, 2008 om 9 : 53

    Jan

    Daardie eienaar se skuld, katte is nie so morsig nie. Ons het altyd ‘n (lw een) kat gehad en ons huis stink nie. Ons katte leer van kleins af waar buite is.

  • 24. Verons  |  April 22, 2008 om 9 : 56

    Jannas ek is ook glad nie ‘n katliefhebber nie om 2 redes:
    1e Ek en my dogter (sy 100x erger) is alergies vir kathare en al maak ons wat as ons naby katte kom is ons onmiddellik “siek”! Shame hondehare maak haar ook siek en as ek vir ‘n lang rukkie weg gaan moet Gizmo by haar gaan bly dan kry sy baie swaar!
    2e Soos jy daar sê die reuk, mense kan sê wat hulle wil jy kan ruik as daar ‘n kat in ‘n huis is! Maak nie saak hoe skoon en higihenies hulle is nie daai reuk is onmiskenbaar ALTYD daar!

  • 25. Jannas  |  April 22, 2008 om 10 : 18

    Alex & Verns

    En dan is daar ook die katte se naelslypery op meubels en gordyne; en as die goedjies paar of fight (veral in die nag) is dit ‘n onaardige lawaai. Hulle los ook nie die wilde voëls of die akkedisse uit nie en dan trek die goed weg uit jou tuin en dan vat die peste oor. Jy besit nooit ‘n kat nie. Die kat bly by jou solank dit hom/haar pas. Jy moet die diere heetyd ‘omkoop’ om by jou te bly.

  • 26. neykie  |  April 22, 2008 om 10 : 29

    darem biekie warmer as gister….

  • 27. Adrie  |  April 22, 2008 om 10 : 39

    Jan

    Ons het ‘n kat gehad wat gedink het hy is ‘n hoender. Hy het tot tussen die hoenders geslaap.

    Neykie

    Ek is nog steeds blou waar ek sit.

  • 28. Nats  |  April 22, 2008 om 10 : 53

    Hello!!

    Het gou kom inloer, en sien my 2ling het aan my gedink😉

    Ek is ‘n groot diere liefhebber, maar kan nie my voete by ‘n SPCA in sit nie, my hart sal dit nie hou nie.

    Wipneus
    Ek het ook ‘n Carte Blache episode gekyk oor olifante, ek kry nou nog nagmerries daaroor – ek kan nie sulke goed kyk nie, dis tas letterlik my brein aan.

    Ons het drie honde
    Tang – My meisiekind sy is nou 5jaar (JR / Foxy)
    Milo – My hart se punt, hy is so 2 jaar (JR)
    Madonna – Manlief se ma’le se hond wat nou al amper ‘n jaar by ons bly, nie seker hoe oud sy is nie. (Bulldog)

    Tweeling jy moet ‘n foto van Madonna op jou blog sit!!! Ag too!! Sy is pragtig!

    As ons erf groter was het ek nou ook vir julle vertel van my Great Dane!!!!!! Sy naam sal wees Bullet en as dit ‘n meisie is “Tiny”

  • 29. Jannas  |  April 22, 2008 om 10 : 54

    Adrie
    Kan my indink hoe ruik ‘n kat wat tussen die hoenders geslaap het. Het die hoenders ooit kuikentjies uitgebroei?

  • 30. Adrie  |  April 22, 2008 om 10 : 58

    Jan

    Ja en die kat het die kuikens uitgelos. Ek dink gemmerkatte is mal.

    Tweeling

    Wil jy my vertel dat julle Zille herdoop het na Madonna? 👿

  • 31. Adrie  |  April 22, 2008 om 10 : 59

    O ja

    Wie soek foto’s van Tillie-Lief?

  • 32. Nats  |  April 22, 2008 om 11 : 01

    Adrie
    Nee 2ling ons het mos nie meer vir Zille nie… onhou jy nou weer!!?? Ek het vir jou die storie gemail… sy is vandag mooi groot en baie gelukkig slaap self inni huis!! Maar sy het erg Cherry Eyes gekry, maar klink of sy nou mooi gesond is.

    En vir wat vra jy of ons fotos soek!!!!!! Jy weet mos ons soek altyd fotos!!!

  • 33. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 07

    Tweeling

    Lyk my ek moet weer jou hare trek. HOE MOET EK ‘N FOTO VAN MADONNA OPSIT AS EK NIE ‘N FOTO VAN MADONNA HET NIE.

    Toe sit ek maar ‘n foto van Zille op.

  • 34. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 15

    Daar is ‘n string eposse oppad

  • 35. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 25

    Hou op om na die baba te staar. Sy is nie ‘n apie op skou nie.

  • 36. Nats  |  April 22, 2008 om 11 : 27

    Adrie
    Jou posduif is oppad… en MOENIE OP MY SKREE NIE!!!

    Dis nog nie eens middag nie, ma gaan ‘n oorval kry as sy ons hoor baklei nog voor haar kopseer weg is…🙂

  • 37. ADRIANA  |  April 22, 2008 om 11 : 30

    Tweeling

    Jy is reg. Skree help nie vir jou nie, ‘n backhand doen. So WATCH DIT!!!

  • 38. Nats  |  April 22, 2008 om 11 : 38

    Adrie
    Ok ok ok!!!

    Dankie vir die fotojies!! Zille lyk lekker vet!!
    Rond en gesond!!

  • 39. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 38

    Nats

    Hou tone vas, my kloon kom dalk.

    Daardie foto van Madonna is flippen cute.

  • 40. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 40

    Ek het bevestiging gekry, Kloon kom dalk na twee. Hulle het loadshedding

  • 41. Nats  |  April 22, 2008 om 11 : 43

    Yipppeeeeee!!!!!!!!

    Kan nie wag nie…

    @ My 2ling se kloon
    Ek sal seker maak ek is hier om vir jou hallo te sê!!!!!

    Adie
    Sy is flippen oulik… en glad nie stout nie, sy is regtig ‘n skaduwee loop waar jy loop!

  • 42. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 43

    Pos haar vir my Nats. Ek sal na haar kyk.

    Uiteindelik het jy ‘n hond wat die moeite werd is om te he.

  • 43. Nats  |  April 22, 2008 om 11 : 52

    Sies vit jou Adrie!!!

    Look at the bright side… ek het nie nodig gehad om haar te koop nie!! Ha ha ha! Maar sy eet ons uit die huis uit! En jy moet haar hoor snork!

  • 44. Adrie  |  April 22, 2008 om 11 : 55

    Nats

    Jy diskrimineer teen haar. Net omdat sy nie ‘n suurstofdief is nie, is sy alles wat sleg is. Voer Milo en Tang vir haar, dan is daar meer kos beskikbaar.

  • 45. Nats  |  April 22, 2008 om 12 : 09

    Ai tog… mens kan ook nie wen nie. Ek hoor een van ons “undercover” ouens wat ‘n man gearresteer het vir “domestic violence” was vir verkragting aangekla deur die man se meisie – na hy die ou gearresteer het…

    Hy was vir 2weke in die tronk en amper aangeval en wie weet wat nog deur die ouens in die tronk…

    Wys jou net jou probeer iemand help wat blou geslaan is deur haar man / boyfriend en dan waar kry dit jou?

    Sorry… die storie maak my net woedend!!!! En die hofsaak kos hom R2000 elke slag… en dit vir wat?

  • 46. Adrie  |  April 22, 2008 om 12 : 13

    Nats

    Wag gou.

    Hy red die girl, donner haar ou wat haar gedonner het en probeer haar dan help. Dan gaan bedank sy hom deur hom aan te kla vir verkragting, terwyl hy onskuldig is?

    Die bitch hoort op ‘n brandstapel.

  • 47. Nats  |  April 22, 2008 om 12 : 21

    Yip!

    Hy was aan diens (hy is ‘n polisie reservis)
    Hy moes haar sommer ‘n vet klap gegee het!!!! Dan het hy darem nie verniet in die tronk gesit nie… en moenie dink die polisie probeer help nie, dis net McBride wat speisiale behandeling kry deur die staat! En hier is geen bewyse dat hy haar verkrag het nie… hy was in ‘n casino op diens toe die voorval “gebeur” het.

    Daai bitch moes harder geklap geword het deur haarBF… sorry nou raak ek lelik.

  • 48. Adrie  |  April 22, 2008 om 12 : 25

    Nats

    Gee my 10 minute. Ek gaan gou ‘n blog daaroor skryf

  • 49. ADRIANA  |  April 22, 2008 om 12 : 53

    Dit is op.

  • 50. Wipneus!  |  April 22, 2008 om 3 : 14

    ek is laat wie se honde het bygekom????

  • 51. Adrie  |  April 22, 2008 om 3 : 18

    My tweeling sn

  • 52. rosalindfranklin  |  April 22, 2008 om 4 : 40

    Ek is baie lief vir diere, enige dier is vir my nice. Ek weet daar is bewys dat mense wat siek is, makliker herstel as hulle ‘n toeteldier het. Die diere laat hulle goed voel.
    In die VSA is daar ook ‘n projek waar kinders wat sukkel om vlot te lees, net hardop vir honde sit en lees. Die honde le net daar en “luister”. Dit werk, omdat die kind die gevoel kry die hond kritiseer hulle nie en uiteindelik begin hulle vanself beter lees. Hulle gebruik labradors en golden retrievers daarvoor. Hulle lees elke dag sommer net vir 20 minute enige storieboek vir die hond, net die kind en hond alleen. Werk soos ‘n bom.

  • 53. Adrie  |  April 22, 2008 om 4 : 50

    Rosalin

    Ek het onlangs ‘n artikel gelees van hoe ‘n hond ‘n outistiese kind gehelp het om meer normaal te funksioneer.

  • 54. Nats  |  April 22, 2008 om 4 : 51

    Dankie Tweeling!!
    Dis my kinders daai!!!!
    Shame Tang het lekker vet geraak nadat ons haar “reg” gemaak het… sy sukkel om op die bank te spring met daai lyfie!!

  • 55. Adrie  |  April 22, 2008 om 4 : 52

    Rosalin

    Ek het onlangs ‘n artikel gelees van hoe ‘n hond ‘n outistiese kind gehelp het om meer normaal te funksioneer.

  • 56. Adrie  |  April 22, 2008 om 4 : 52

    Tweeling

    Vir jou, ‘n groot plesier. Moet nou net nie vanaand nog honde gaan koop nie.

  • 57. Nats  |  April 22, 2008 om 4 : 56

    Adrie
    Glo my ek koop nooit weer ‘n hond nie… ek het vir manlief gesê die volgende hondtjie adopt ek… al beteken dit dat ek SPCA toe moet gaan… dan loop ek dalk met almal da uit!

    Maar vir nou is daai 3 meer as genoeg!

    Maar die probleem is ‘n Great Dane sal ek moet koop by ‘n teler… en ek het begin kyk… hulle kos in die omgewing van so R6000

  • 58. Adrie  |  April 22, 2008 om 5 : 02

    Tweeling

    Ek weet darem nie. As ek ‘n hond op ‘n kat wil he, sal ek dit koop. Ek voel nie gemaklik om ‘n DBV te ondersteun nie. Ek sal wel ‘n ander dierebeskermings groep ondersteun.

    Ek weet van ‘n geval waar iemand ‘n kat gesoek het en toe DBV toe is. Hulle moes oor die R200 betaal om te registreeer en hulle salarisstrokies toon dat hulle wel die kat kan versorg. Toe was hulle huis geinspekteer ook. Op die punt het hulle besluit bogger dit en het ‘n kat by ‘n petshop gekry vir R10. Die DBV raak te. Wat nooit ‘n goeie ding is nie.

  • 59. Adrie  |  April 22, 2008 om 5 : 05

    Ek ken Great Danes maar sleg. Dit is wel verrassend om te sien hoe lank (of eerder kort) is Great Dane eienaars soms.

  • 60. Nats  |  April 22, 2008 om 5 : 07

    Alex
    Al hoekom ek nie ‘n petshop wil support nie, is die petshop weet nie waar daai diertjies vandaan kom nie… jy kry teel huise waar honde in hokke bo-op mekaar gesit is sonder water en behoorlike lig wat veroorsaak dat baie van hulle dood versmoor.

    En die vroutjies word letterlik dood geteel! Dit alles vir geld… so ek sal nie noodwendig die SPCA ondersteun nie, maar een van daai plekke.

  • 61. Adrie  |  April 22, 2008 om 5 : 12

    Nats

    Jy het my nou sommer van telers afgesit. Ek weet nou om nooit by ‘n teler te koop wat ek nie self besoek het nie.

  • 62. Nats  |  April 22, 2008 om 5 : 18

    Adrie
    Nee man… ek praat nie van gerigestreerde telers nie… hulle word dop gehou en kan nie bekostig dat hulle wyfies dood geteel word nie, want hoe meer gereeld jy met ‘n hond teel hoe swakker word daai hontjie gebore en kan gestrem wees ook! En nie lank lewe nie.

    En ‘n ordentlike teler verkoop die honde teen ‘n prys want daar gaan baie werk in ‘n opregte hond en jy kry papiere en word gerigistreer by een of ander plek… kan nie nou onthou nie.

    Ek praat van back yard “telers” wat kyk hoeveel hondtjies en hoeveel keer ‘n hond kan kleintjies kry vir ‘n paar rand… ongeag of die hondtjie opreg is of nie. Hy redineer om eerder 10hontjies teen R100 elk te verkoop as ‘n teler wat een hond teen R6000 verkoop!

  • 63. Adrie  |  April 22, 2008 om 5 : 23

    Nats

    Sjoe!!! Wat ‘n verligting!

    Ek is bereid om my hand diep in my sak te steek vir ‘n hond. Ek was al by ‘n petshop ingewees waar die hondjies los rond gehardloop het. Ek sal nie ‘n petshop ondersteun wat my afpis oor die manier hoe hulle honde aanhou nie.

  • 64. Adrie  |  April 22, 2008 om 5 : 26

    Nats

    Het Madonna rooi oe? Sy lyk vir my na ‘n albino?

  • 65. Nats  |  April 22, 2008 om 5 : 26

    Ek het ‘n wors hondtjie gekoop wat ietsie mee fout was, die vearts het vir my gesê dit moontlik dat die “teler” dit doen vir geld want die hondtjie is nie reg nie.

    Toe ons die wordie moes uitsit na der duisende rande, het ek die petshop aan gevat. Toe ewe skielik het die “teler” se papiere weg geraak want hulle hou dit net vir ‘n rukkie… wel ek is toe daar weg met Milo wat so R300 duurder was as die worsie.

    Ons wou nie sommer weer ‘n hond vat nie, maar hel na al daai geld het ons gedink hoekom nie… en ons weet mos ons gaan daai manntjie ‘n goeie huis gee.

  • 66. Nats  |  April 22, 2008 om 5 : 28

    Alex
    Nee haar ogies is nogal skeef, dan sien jy die rooi van haar vel en nie so erg haar ogies nie… ek dink dis ‘n probleem by bulldogs en die dat hulle so vinnig cherry eyes kan kry.

  • 67. Nats  |  April 22, 2008 om 5 : 31

    Ek sal fototjie kry wat nader is dan sal jy verstaan wat ek bedoel van haar ogies… maar nee sover ek weet is haar ogies bruin.

  • 68. Bosmuis  |  April 23, 2008 om 7 : 16

    Adrie

    Ek stem nie met jou saam oor di DBV nie. Daai mense sien dinge wat ons nie normaalweg sal kan handel nie. Ek ken die een vrou wat hier by die DBV gewerk het, en die stories wat sy my al vertel het, het my hare laat rys, so ek stem, gaan ondersoek daai huis, maak seker die hond het n gesonde, veilige tuiste om heen te gaan. Maak seker daai mense kan die hond versorg en goed na hulle kyk, want meeste van daai arme diere kom heel getraumatiseerd daar aan en dit is juis hulle wat n veilige hawe nodig het, nee ek sal die DBV ondersteun en daai geld betaal en laat hulle kom kyk waar ek bly, dit is goed bedoel, al voel dit soos n klap in die gesig …

  • 69. Adrie  |  April 23, 2008 om 8 : 19

    Nats

    Ek het net gewonder.

    Bos

    Hulle het seker hulle redes, maar ek dink nog steeds hulle is te.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: