Familie vs Vriende

April 21, 2008 at 6 : 57 101 Kommentaar

Het julle al opgemerk hou daar op troues en begrafnisse op familie fokus word? 

Kom ons begin by troues.  Eerstens word daar hard gedink wie is die familielede wie se kontak besonderhede jy (jou ouers) nog het.  Dan word die uitnodiging gestuur, met die hoop dat hulle nee gaan sê.  Hulle sê ja, want immers is julle familie en dit is dalk die laaste kans om ouma lewendig te sien en stoot die gastelys deur die dak.  Wat beteken dat jy nie vir Saartjie, jou buurvrou kan nooi nie.  Al wil jy eerder haar daar gehad het, as jou oom Henk wat jy ‘n paar maande terug van gehoor het.  Op die troue word jy omring met jou familie terwyl jou vriende agter in die hoeke ingedruk is.  Die vriende wat jou kombuistee gereël het en regtig op jou troue wil wees.  Jou vriende wat tot op die laaste saam met jou gaan kuier en oor hulle voete gaan val om jou foto’s te sien. 

Daar is mense wat sê dat vriende die nuwe vorm van familie is.  Immers kan jy jou vriende kies, maar familie nie.  Hoekom word daar nog soveel klem op familie gelê?  Vriende beteken meer, jy spandeer meer tyd saam met jou vriende en hulle beteken vir jou meer.  Tog, die dag as jy wurmkos word, sit die familie in die voorste stoele, droë oog en wens dat alles net wil end kry en jou vriende agter, besig om te dink hoe jy alles sou haat en ween dat jy nie self kan gal braak nie.

Ja, niks kom by familie wat ook jou vriend is nie.  Daar is met vriende reëls wat by familie oorbodig is.  Tog is daardie familielede beperk en kan op jou een hand getel word.  Hulle is beslis minder as jou gekose vriende. 

Hoe voel julle hieroor?  Is dit nie dalk tyd om die familielede wat jy nie wil ken nie, of nie die moeite wil doen om te ontmoet nie af te skryf nie?  Moet vriende nie die eregasstatus kry wat hulle toekom nie?  Of bly bloed dikker as water?

Blogvraag:  Wat is Kurt Darren se regte naam?

Blogantwoord:  Toiletpapier was eerste in China gebruik.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Parental Guidance – Language Troeteldiere

101 Kommentaar Add your own

  • 1. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 8 : 29

    EERSTE!!! YEEEEEEEEEEE!!!

    Hallo… Hoe was julle naweek?

  • 2. Adrie  |  April 21, 2008 om 8 : 33

    More Tienks

    Lekker en joune?

  • 3. Samantha Q  |  April 21, 2008 om 8 : 53

    @ KLOKKIE

    EK was eintlik eerste. Ek het my gat af gesukkel om my comment deur te kry van my sel af. So……. Wê LA KE Pê LA!!!!

  • 4. Bos  |  April 21, 2008 om 8 : 55

    More maters!!

    Kom loer gou in, het n besige dag wat wag!!

    Topic:

    Ons is n hegte familie en die dag toe ek getrou het was net my ouers, my skoonouers en skoonsus teenwoordig. Verder geen ander gaste nie!!!

    Daardie naweek het ons net ons naaste vriende genooi na n wildsplaas en het lekker gekuier. Het ook nie kans gesien om derduisende rande uittehaal vir familie wat ek meskien eenkeer in vyfjaar sien nie, eerder my pelle wat ek meer as een keer n week sien, ma ek sou nie se ek stel my vriende voor my familie nie, want as dinge erg raak en jou kamma vriende begin soos die mis voor die son verdwyn is jou familie al wat jy oor het!!

  • 5. Adrie  |  April 21, 2008 om 9 : 00

    More Sam en Bos

  • 6. Bos  |  April 21, 2008 om 9 : 09

    More Adrie!!

  • 7. Samantha Q  |  April 21, 2008 om 9 : 09

    Mirrag

  • 8. Pikkelik  |  April 21, 2008 om 9 : 09

    Ai, ai, vir ‘n verandering is ek redelik vroeg! Weet jy ek het vriende wat nader as familie is, hulle bewaar ek soos goud. Dan het ek familie waaroor ek nie ‘n flenter omgee nie. Hulle raak my nie en ek worry nie oor hulle nie. En dan het ek familie wat my beste vriende is. Ek het eintlik vrede met familie, as my vriende per toeval familie is, happy days, so nie. Tuff luck…. Lekker week vir jou. Terloops ek verkluim. Al weer die koudste plek in die land….

  • 9. Adrie  |  April 21, 2008 om 9 : 22

    Pikkie

    Ek het ook maar die OBS naby. Dit is darem baie koud, ek het amper gister gedink ek is regtig siek toe ek na ‘n kombers moet gaan soek.

  • 10. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 37

    More more!!

  • 11. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 38

    Fok vir die 1e keer in ‘n week kon ek comment sonder om my moer los te sukkel nie!
    Kom ons kyk of ek weer kan!!

  • 12. Adrie  |  April 21, 2008 om 9 : 40

    More Ma

    Ek hou duim vas.

  • 13. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 40

    Jipeeeeeeeee!!
    Wonder net hoe lank my luck gaan hou!!!!
    ☺♪☺♫♪☺♫☺♪☺♪♫♪♫

  • 14. *lilly*  |  April 21, 2008 om 9 : 41

    More More

    En hoe was jul klomp se naweeka?

    Dis nes hoe jul daar se. Daar is ‘n paar familie lede wat ek sal ruil vir niks nie. Is regtig baie lief vir die paar dierbare mensies wat in my lewe is wat ek nog ware familie kan noem. Dan is daar ‘n niggie, ‘n tannie en 2 ooms vir wie ek niks omgee nie. Dit gaan my ook niks traak as ek hul nooit weer te sien kry nie. Ok en dan my vriende. Om heel eerlik te wees het ek nie veel vriende nie. Seker oorlat ek heeltemal te pikkie is. Het al te veel slegte ervarings van vriende wat jou in die rug steek. Het nou weer die naweek so een gehad wat ek mooi gevra het om asb die haas se pad te vat en te vergeet waar ek bly. Maar dan het ek daai 3 vriende wat ek my broers noem, want hul sal absoluut enige iets vir my doen en so ook ek vir hul. Vriendinne het ek min want ‘n vrou draai te vinnig ‘n bitch uit. Net my buurvrou is op die oomblik my vriendin en vir nou gaan dit nog goed.

    As ek op ‘n punt moet tri kom en se wie die belangrikste is, familie of vriende, gaan ek ongelukkig nie ‘n antwoord kan he nie.

  • 15. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 42

    Hallo julle😉
    Goeie more😀
    HALLO HALLO!!!!😆
    Eish dis nou lekker ek kan tih wat ek wil soveel ek wil en so vinnig ek wil en my comments gaan deur!!! Hie-haaa!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 16. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 44

    Oor vriende en familie, ek is erger oor van my vriende as my familie want hulle was daar vir my toe ek hulle nodig gehad!

  • 17. platterfuss  |  April 21, 2008 om 9 : 45

    Ek het ‘n ma, ‘n pa, ‘n boetie, ‘n sussie…. en dis dit! EN dan het ek vriende… wat nes familie is……

  • 18. Adrie  |  April 21, 2008 om 9 : 49

    Lilly

    Dit is waar wat jy se, maar ek dink tog vriende is vir my belangrikker as familie. My naaste familie seker uitgesluit.

    Verons

    Gaan jy die blog vandag witwarm chat? Tel jou kinders as familie of vriende of ‘n klas van hulle eie.

    Platter

    As ‘n mens lank genoeg hier uithang, het jy nog ‘n string familielede by.

  • 19. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 50

    Julle sal nie glo wat het ek die naweek gedoen nie! My vriendin se seuntjie het 7 en vir sy verjaardag het hulle Tiffendales in (Jhb) Saterdag vir die middag uitgehuur! Daar was ‘n klomp maatjies met hulle ouers en omdat sy en haar man so pas geskei is het sy aangehou dat ek asb ook daar moet wees (lyk my om ;n buffer tussen die 2 te wees wat toe nie heeltemal nodig was nie maar dit het darem gehelp dat ddar nie ‘n atmosfeer was nie)
    In any way ddar is ek toe saam met allie kinnertjies en hulle ma’ en pa’s ook op daai flippen glybbaan af!
    Ek wonder nou nog wie het die dag die meeste geniet die grootmense of die kinners! Al wat ek weet my lyf is lekker styf vandag!!!😆😆😆

  • 20. Adrie  |  April 21, 2008 om 9 : 51

    Verons

    Vertel my, wie se dood het jy die naweek weer veroorsaak?

  • 21. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 52

    Adrie
    My kinders is totaal in ‘n klas van hul eie!
    Jax is partykeer my beste vriendin en partykeer my stout kind!😉
    Jaco weer is my trots!

  • 22. Verons  |  April 21, 2008 om 9 : 58

    Adrie
    Fok weet noggie!😯

    O ja wou ook sê my blog kjinners is totaal in ‘n ander klas!!

  • 23. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 01

    jissie verons maar ons chat die blog mal vandag he

  • 24. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 01

    Verons

    As ek hoor jy het gegly, verwag ek ‘n lykswa.

    Jou blogkinders het jy actually gekies.

    Hel, dit is koud.

  • 25. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 02

    Verons

    Deel gou weer die storie van hoe jy iemand dood gegly het? Ter wille van die nuwelinge

  • 26. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 06

    A3

    dis net so vrek koud hier by ons ok vandag. Dis hoekom ek liewerster in die kantoor bly. Aircon kan Heater ok wees. WeWeWeWeWeWeWe

  • 27. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 08

    Lilly

    ‘n Aircon sonder elektrisiteit is useless.

  • 28. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 10 : 08

    Weet julle dis snaaks hoe familie mens vergeet.. ‘n tragedie het onlangs ons gesin getref. Broers en susters het hulle amper mors dood geskrik, ‘n paar keer kom kuier en weekliks gebel. Ander het glad nie eers gereageer nie. Dit is nou ‘n paar maande en die oproepe het verminder en kuiertjies gebeur glad nie meer nie. Los dit maar in my en my arme moeder se hande, dankie vir God wat ons so bystaan en die handjie vol VRIENDE wat ons regop hou, as dit nie vir julle was nie het ons opgegee.. DANKIE AAN JULLE WAT ONS BYSTAAN!! En aan al die familie.. GOD SLAAP NIE en DE MOER MET JULLE ons sal regkom!!!!

  • 29. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 09

    A3

    Nou net sms ontvang. My man le nou by die huis. Ekt weer aan hom gekarring om dokter toe te gaan. Hy se dat as dit more oggend niks beter voel nie sal hy vroeg dokter toe gaan. Dan wag hy dalk nie so lank nie.

  • 30. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 10

    A3

    is waar maar my krag is nog aan

  • 31. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 20

    Lilly

    Probleem is as almal hulle aircons aan sit, gaan die krag nie vir baie lank aan bly nie.

  • 32. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 25

    A3

    Jy weet baie goed ek mag nie nou siek word nie. So wat stel jy voor moet ek dan doen?

  • 33. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 27

    Jouself af siek boek. En dan in die bed gaan klim. Ek dink ek moet dieselfde doen.

  • 34. Bos  |  April 21, 2008 om 10 : 31

    Adrie

    Wou nog se, ek hou van die world map!!

  • 35. *lilly*  |  April 21, 2008 om 10 : 32

    Dis nie so maklik nie girl

  • 36. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 36

    Bos

    Ek dink nogal self dit is cool. Weet jy wat is die ergste van alles? ‘n Mens kan ‘n kaart opsit wat jou presies se waar jou mense is. Scary.

  • 37. Bos  |  April 21, 2008 om 10 : 43

    Adrie

    Genuine?? Omtrent!! Gelukkig is ek nie veel langer hier nie, so as iemand my sien op daai kaart gaan hulle so bietjie sukkel om my in die hande te kry!!

  • 38. Verons  |  April 21, 2008 om 10 : 44

    Adrie ek het met klere en al gegly op ‘n bord teen ‘n moerse helling af wat van ver af lyk soos sneeu maar as jy naby kom is dit ‘n mat! Dit was nie ‘n opblaas slide nie!😉
    Dit was ‘n nice plek hulle het sulke ys vlokkies oor die glyers geblaas dit lyk regtig of jy vol sneeu is en dit maak jou regtig nat! Teen die aand was ons almal lekke koud en nat!

  • 39. Verons  |  April 21, 2008 om 10 : 47

    En ek het niemand doodgegly nie hy het ‘n hartaanval gekry aan die GEDAGTE om my kaalgat teen ‘n opblaas slide te sien afkom!🙂

  • 40. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 50

    Verons

    Moet nou nie ‘n goeie storie met feite bederf nie.

  • 41. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 10 : 55

    Testing.. Testing.. Hallo?

  • 42. Adrie  |  April 21, 2008 om 10 : 57

    Tienks

    Dit werk.

  • 43. biegblok  |  April 21, 2008 om 10 : 57

    http://biegblok.wordpress.com/

  • 44. neykie  |  April 21, 2008 om 10 : 58

    onder sensor wil ek net sê ek verkies my vriende bo familie why? because my familie ken my nie rerig nie hulle stel nie belang in my nie(altans nie genoeg nie) my vriende inteendeel laat my elke dag vrolik even al is ek in my k@k buie. En hulle aanvaar my vir wie ek is

    geniet die dag

  • 45. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 10 : 59

    Ja ek wil net kyk wie is nog hier…

  • 46. Adrie  |  April 21, 2008 om 11 : 06

    Biegblog

    Voel jy dat ek iets het om te gaan bieg? Sal dink daaroor, maar dalk is daar in my verre verlede iets om te bieg.

    Neykie

    Ek weet nie of jy die enigste kind is nie. Ek is 8 jaar ouer as my suster. Die kind vat net wat sy wil he, en ek moet maar net smile. Toegegee, ek return die favour ook.

  • 47. neykie  |  April 21, 2008 om 11 : 47

    ek is die jongste A3

  • 48. Adrie  |  April 21, 2008 om 11 : 49

    Neykie

    So jy grou in alles en almal? Skaam jou. Jou sakgeld raak seker ook nooit klaar nie? Want almal betaal vir jou?

    Terg jou maar net. Ek is die oudste van 4 kinders.

  • 49. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 11 : 54

    Adrie

    My sus is ook jonger as ek, vier jaar en ek wou op n staduim niks met haar tedoen gehad het nie, het haar gepes met my hele wese omdat sy so bederf was en met moord kon wegkom, ma dinge kom later reg, veral nou dat sy werk en so bietjie meer volwasse word!!

  • 50. Adrie  |  April 21, 2008 om 12 : 02

    Bosmuis

    Ek gee darem ook nie eindlik om nie. Sy is immers my babasussie.

  • 51. neykie  |  April 21, 2008 om 12 : 45

    Sies A3,

    Ek mag dalk so iewat spoiled wees , maar ek weet darem waar om my hand in my sak te steek en self te betaal….. altyd

  • 52. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 12 : 48

    Kom ek ook hier in “gesway”

    Hello almal, julle praat die blog warm vandag, ten minste êrens ‘n warm plekkie.

    Familie en vriende, help jouself as jy van my hou, solank jy jouself gedra kan ek nogal heel vriendelik wees.

    Familie kan jy nie kies nie, jy moet maar saamleef en by belangrike funksies die regte geluide en kop bewegings maak.

    Ouers, Peetouers, broer, my kinders en kinders se liefdes klassifiseer ek as gesin en vir hulle sal ek ‘n gat dwarsdeur die aarde grou as dit moet. My beste vriende het ‘n baie gerieflike sitplekkie in my hart….. ek kan nie sê hulle is familie nie, want ek sien baie meer van hulle en ons verhoudings is baie beter en dieper as my verhoudings met familielede.

  • 53. Adrie  |  April 21, 2008 om 12 : 51

    Neykie

    Ek is seker jy betaal vir jouself as jy met vriende uitgaan, maar wat as jou ma, pa, boetie of sussie jou uitvat?

    Wip

    Ek gedra myself altyd . . . soms sleg ook.

  • 54. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 12 : 55

    Ek is die enigste kind en was my hele lewe lank bederf. As tiener wou ek nooit nee vir ‘n antwoord aanvaar nie en kon ook met moord wegkom, ek het baie verkeerde besluite in my lewe geneem. Toe ek begin werk en die grootmens wereld betree was dit vir my aaklig ek het baie gehuil en kon nie al die druk van vrouwees hanteer nie. Ek het aapstuipe gekry as ek nie my sin kry nie, om van verhoudings nie eers te praat nie, almal het maar so drie weke gehou. Eers na my 21ste verjaarsdag het ek begin selfstandig word en my lot aanvaar van grootmens wees. Ek het die wonderlikste ouers hulle het my aanbid vanaf baba tyd en ek het advantage gevat. Sies ek kry vandag so skaam!!! Ek moes leer om my eie pad oop te baklei want mamma en pappa was nie altyd daar om te help nie, dit was hard. Tel maar tot tien as jou klein boetie of sussie jou moermeter in die rooi jaag want eendag gaan hulle net so sukkel soos ek het en jou meer waardeer.

  • 55. neykie  |  April 21, 2008 om 1 : 03

    in die eerste plek my suster kan dit nie bekostig om my uit te vat nie so ek doen haar altyd die eer om haar uit te vat- wel nie gou weer nie.

    My pa- is omtrent die enigste een wat wel vi my sal betaal- maar ek ken my perke

  • 56. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 1 : 03

    Tinkerbell ek word vandag nog half bederf. Ek raak heel nukkerig as ek nie my sin kan kry nie…….blame it on my parents….. dis nie my skuld nie, ek het gelukkig nog nooit seergekry nie, maar ek wil nie te gou praat nie, dinge in my lewe loop nie meer deesdae altyd soos ek dit soek nie, dit duiwel altyd links as dit veronderstel is om regs te hou.

  • 57. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 1 : 03

    Maters

    Vanaand is dit BESLIS sop op die menu!! Dit is wragtig baie koud hier!! Ga vanaand lekker warm bad en lekker vroeg in die bed klim, is net jammer ek het nie n lekker boek nie ….

  • 58. Adrie  |  April 21, 2008 om 1 : 07

    Neykie

    Ek het hierdie jaar heelwat meer geld beskikbaar vandat ek net 1 kar op die pad moet hou. My broer het getrek.

    Ek trek net jou been. Ek sal my ma nog (miskien) treat, maar my pa se kredietkaart is groter as myne.

  • 59. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 1 : 14

    Adrie dit gaan nie oor die grote van die kredietkaart nie!!! Julle kinders kan ons partykeer bietjie treat al is dit net ‘n roomys!! Koop vir my ‘n roomys toe jy het nou in elk geval meer geld beskikbaar, ek sal sommer op die hoek wag, jy kan dit net by die venster uitgooi!

    Bosmuis daai sop en warm bad klink lekkerrr.

  • 60. Adrie  |  April 21, 2008 om 1 : 17

    Wipneus

    Ek sal vir jou ‘n roomys koop, maar nie vir my pa nie.

  • 61. Von  |  April 21, 2008 om 1 : 18

    Ek maak nie maklik vriende nie. Die vriende wat ek het is min, opreg en ek weet ek kan altyd op hulle reken – en hulle op my. Familie moet ‘n ou maar seker net aanvaar, saamsleep en baie dinge opeet wat jou kant toe kom – die goeie en die slegte – in die naam van “familie” (seker oor die “bloed-is-dikker-as-water”-ding).

    Ek verwonder myself baie oor die feit dat jy peacefull, minding your own business by die huis kan sit net om familieprobleme by jou hek te sien instap, sonder dat jy eers daarby betrokke wil raak. Daar is darem ook ‘n oulike klompie mense in ons familie, maar diè wat moeilikheid veroorsaak is baie bedrywig!

  • 62. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 1 : 18

    Wip

    Dit doen ne, en nou meer as ooit, het so pas begin reen, sous is seker n beter woord daarvoor!!

  • 63. Verons  |  April 21, 2008 om 1 : 19

    Wip jy moet nou nie vir jou ko staat en laf hou nie! As my kjinners vir jou nog moet icecream koop het hulle nie genoeg geld vir my dop nie! Maar my!!

  • 64. Adrie  |  April 21, 2008 om 1 : 23

    Sies Wip

    Nou word my ore getrek en dit omdat ek uit die goedheid van my hart vir ‘n oumens ‘n roomys wil koop. Geen wonder my ore bloei vandag nie.

  • 65. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 1 : 27

    Bosmuis waar bly waar dit reën, naby ons?

    Adrie is jy kwaad vir Dad? Ek soek my roomys!

    Von dit is so waar…familieprobleme, en die snaakste is, jy kan dit nooit wegwens of weghou nie, dit kom gouer as wat jy dink, daarom het ek so paar maan toe gestuur, en dit is salig.

    Verons vergeet die dop, ice cream gaan vandag baie lekkerder afgaan, in hierdie hitte.

  • 66. neykie  |  April 21, 2008 om 1 : 29

    A3 dit weet ek ek speel maar net saam,

    Wip jy praat van roomys in die koue?

    A3 koop liewers vir ons sop

  • 67. Adrie  |  April 21, 2008 om 1 : 30

    Wip

    Geen kommentaar. Dalk moet ek gaan bieg op die biegblok. Ha Ha Ha.

    Watse roomys soek jy?

  • 68. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 1 : 33

    Neykie mens moet altyd daarna strewe om anders te wees vra vir Adrie ‘n roomys.

    Adrie gee tog gou vir Verons ‘n slukkie van daai OBS in jou laai hartjie, die vrou gaan dood van die dors.

    Adrie ‘n Magnum asb. dankie my kind.

    Bosmuis ek vra of jy in Antartika woon?

  • 69. Adrie  |  April 21, 2008 om 1 : 33

    Neykie
    😆

    Mind over matter. As ons almal roomys eet, dink ons dalk dit is warm.

  • 70. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 2 : 20

    Hoekom gaan hier niks aan nie kry julle koud

  • 71. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 2 : 21

    Wipneus

    Ek het nog nooit my ouers blameer vir enige teleurstelling of hartseer nie, inteendeel ek kan maar net dankie se dat ek altyd die beste kon he. Ek hoop nie jy het my verkeerd verstaan nie.

  • 72. Adrie  |  April 21, 2008 om 2 : 32

    Tienks

    Ek dink nie dit is wat Wip bedoel nie.

    Wip

    Ek wens ek het geweet. Seker maar blou Maandag.

  • 73. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 2 : 35

    Skies Adrie, my senuwees is gedaan vandag.. dink nie reg nie. Sal more weer kom gesels as ek beter voel.

  • 74. Adrie  |  April 21, 2008 om 2 : 37

    Tienks

    Ek kom nou, dan kan ons gesels/

  • 75. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 2 : 37

    Tinker jou glad nie verkeerd verstaan nie, maar ek blameer my ouers😉 dis ‘n makliker manier om myself te veronskuldig, jy moet nooit niks te ernstig opneem wat ek sê nie. Enigste kinders word gewoonlik as bederf geklassifiseer, bly jy het dit verkeerd bewys. Ouma is al bietjie oud, jy moet geduldig wees!

    Adrie waar is Ouma se yskoue roomys, het jy toe vir Verons ietsie sterks gegooi? Sy raak nou weer jaloers.

  • 76. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 2 : 39

    Tinks vang ek gooi vir jou ‘n drukkie, mens kan nie met erge senuwees op ‘n yskoue Maandag sit nie, ek het Prozac kan ek vir jou een gee?

  • 77. Adrie  |  April 21, 2008 om 2 : 41

    Wip

    Was jy ook die baba in die huis?

  • 78. Roer  |  April 21, 2008 om 2 : 44

    A3, praat jy nou waar. Ek het al baie (o.a. op my blog) gesê ‘bloed is dikker as water’ is ‘n mite en ek haaaaaaaat dit en ek het genoeg geskiedenis om dit verkeerd te bewys. Ten minste in my geval. Familie (oor die algemeen) was nog NOOIT daar in die moeilikke tye nie, maar selfs nou wanneer dit goed gaan is dit maar nog so. Miskien is ek net ongelukkig ‘n crap familie uitgedeel, want die liefie se familie is oor die algemeen cool. Ek is lief vir my vriende, want hulle is daar vir ons. My seuns weet ek het ‘n groot issue hiermee en dril dit in hulle koppe in. Hulle SAL daar wees vir mekaar en mekaar se gesinne. As een slapgat trek en nie vir sy boetie wil op kom nie (by ‘n maatjie of wat ookal), is ek suur en kry hy daai selfde aand ‘n preek. Arme kinders moet nou onder hulle ma se issues deur loop.

    Hoe gaan dit? Sal vanaand deur die comments lees. Lekke dag!

  • 79. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 2 : 46

    Adrie ek is die oudste maar was 9 jaar die enigste kind! Ek was lank die enigste dogtertjie in my huis, tot A gekom het. Ek is maar net baie bederf, nie dat ek kla nie, ek hou maar balans as ek lus is. As ek nie lus is nie, gooi ek tantrums, die dingetjie wat ek soek, kom dan stadig my huisie binne gestap. 🙂 Dis my ouers se skuld! Ek het jou mos gesê!

  • 80. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 2 : 48

    Hello Roer, ek preek ook daardie preek vir my kinders.

  • 81. Adrie  |  April 21, 2008 om 2 : 57

    Roer

    Weet jy, ons het sommer pak gekry as ons nie vir mekaar of ons niggies en nefies opgekom het nie. Hulle kon jou deur jou ore ry, maar jy moet aan hulle kant bly (kon hulle darem agteraf moer.)

  • 82. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 3 : 04

    😀 Adrie dit is waar wat jy daar sê! Ek was die jongste kleinkind vir 9 jaar! Ek was altyd deur neefs en niggies afgeknou! Hulle wou nie met die kleintjie speel nie! Seker hoekom ek vandag so beduiweld is.

  • 83. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 08

    Wip

    Jy beduiwel? Jokker!!!

    Noudat ek daaraan dink. My niggies het op ‘n stadium (wat lank gehou het) vir almal verkondig dat ek gay is. Baie mense het hulle geglo. Ek mag niks slegs van hulle gese het nie, maar ek mos dit net aanvaar het. My ma het nie ‘n blou duit omgegee nie, sy het my so daarmee geterg dat ek dit amper op ‘n stadium geglo het. My ma kry otters as ek hulle nie sms met hulle verjaarsdag nie.

    Ek wonder hoekom praat ek nog met my ma.

  • 84. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 3 : 09

    Wip,

    Hoeveel Prozak het jy??? Bring saam, ek sal vir my drank koop, en vir jou tjoklits as ek reg onthou..

  • 85. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 3 : 17

    Tinky hier is vir jou Prozac, ‘n kalmeer pilletjie en bietjie rooi wyn om dit mee af te sluk. Mens moenie met senuwees sukkel nie, buitendien niemand mag ‘n ander se senuwees op hol jaag nie. Kap hakke in die grond, jy het dit nie nodig nie.

    Adrie ek is baie beduiweld, ek belowe!

    Adrie gay????????????? whaahaaha. Sulke klein snotneusies. (Ouma neem nou eers ‘n sopie OBS) Alhoewel dis seker omdat jy nie vir hulle vertel het van Ryk Neethling nie, hoe moet hulle nou weet.

  • 86. Bosmuis  |  April 21, 2008 om 3 : 18

    Wip

    Skies, gaan bietjie dol vandag!! Ek bly in mpumalanga!!

  • 87. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 19

    Wip

    Ek is maar skaam.

  • 88. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 3 : 27

    Bosmuis, dit klink baie kouer daar as hier, reën saam die koue gaan nie lekker werk nie, ek druk nie my neusie by die deur uit nie, ek sit net hier voor hierdie boks en bewe, en gooi so nou en dan ‘n oog deur die venster.

    Adrie skaam😉 mense moet ook nie al jou geheime ken nie. Vertel hulle niks. Ons gaan lekker vir hulle lag, as jy met ou Rykie (hoop dis sy beursie wat Ryk) die kerk gang afstap….

  • 89. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 3 : 27

    Adrie.. toemaar ek ook!! We save the best for last!!!

  • 90. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 28

    Wip

    Ha Ha Ha. Ryk het nogal ‘n liefde vir ouer vroue. En blondines.

  • 91. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 3 : 40

    Adrie, dan is jy net wat hy soek en dringend nodig het, julle gaan heerlik saam in die branders swem………….

  • 92. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 40

    Baked Beans – This is hilarious! One for the road guys

    (This one is much too cute not to share. Enjoy! Be sure to grab a
    tissue; I think you’ll be laughing so hard you’ll cry!)

    One day I met a sweet gentleman and fell in love. When it became
    apparent that we would marry, I made the supreme sacrifice and gave up
    beans.

    Some months later, on my birthday, my car broke down on the way home
    from
    work. Since I lived in the countryside I called my husband and told him
    that I would be late because I had to walk home. On my way, I passed by
    a
    small diner and the odour of baked beans was more than I could stand.
    With
    miles to walk, I figured that I would walk off any ill effects by the
    time
    I reached home, so I stopped at the diner and before I knew it, I had
    consumed three large orders of baked beans.

    All the way home, I made sure that I released all the gas.

    Upon my arrival, my husband seemed excited to see me and exclaimed
    delightedly: “Darling I have a surprise for dinner tonight.”

    He then blindfolded me and led me to my chair at the dinner table. I
    took
    a seat and just as he was about to remove my blindfold, the
    telephone rang. He made me promise not to touch the blindfold until he
    returned and went to answer the call.

    The baked beans I had consumed were still affecting me and the
    pressure was becoming most unbearable, so while my husband was out of
    the
    room I seized the opportunity, shifted my weight to one leg and let one
    go. It was not only loud, but it smelled like a fertilizer truck running
    over a skunk in front of a pulpwood mill. I took my napkin from my lap
    and fanned the air around me vigorously.

    Then, shifting to the other cheek, I ripped off three more. The stink
    was
    worse than cooked cabbage.

    Keeping my ears carefully tuned to the conversation in the other room, I
    went on like this for another few minutes.

    The pleasure was indescribable. When eventually the telephone
    farewells signalled the end of my freedom, I quickly fanned the air a
    few
    more times with my napkin, placed it on my lap and folded my
    hands back on it feeling very relieved and pleased with myself.

    My face must have been the picture of innocence when my husband
    returned, apologizing for taking so long. He asked me if I had peeked
    through the blindfold, and I assured him I had not.

    At this point, he removed the blindfold, and twelve dinner guests
    seated around the table chorused: “Happy Birthday!”

    I fainted!!!!!!!!!!!!!!

  • 93. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 41

    Wip

    Ek moet eers leer swem.

  • 94. Adrie  |  April 21, 2008 om 3 : 44

    Of dalk nie. Hy het dan geen verskoning om my te kom red nie.

  • 95. Tinkerbell  |  April 21, 2008 om 3 : 54

    Adrie ek sou jou leer swem maar ek gaan nooit soos Kate Moss in ‘n bikini lyk nie so jy sal maar vir Ryk moet vra… ek is te skaam vir my wit beentjies..

    Bye almal.. dankie vir die gesels ek voel beter.. seker van ou Wippie se prozac en Adrie se rooi koeldrank.. dankie julle!!

    Mooi ry… en lekker aand..

  • 96. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 4 : 07

    lekker aand tinky!

    Adrie Ouma doen nie swem nie my kind, Ryk sal jou leer swem, moenie worry nie, ouma sal hom die nodige goedjies in die oor fluister

  • 97. ADRIANA  |  April 21, 2008 om 4 : 11

    Ouma

    Ek neem aan dat hy kan swem.

  • 98. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 4 : 13

    Hy kan swem!!!!

  • 99. ADRIANA  |  April 21, 2008 om 4 : 32

    Hy het die lyf om dit te bewys.

  • 100. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 4 : 38

    Jy gaan swem en ek gaan sway…

  • 101. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 4 : 45

    Lekker aand Ariana!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: