Prostitusie

April 17, 2008 at 8 : 00 121 Kommentaar

Wat noem ‘n mens ‘n manlike prostituut?  ‘n Prostitot.

Grappies op ‘n stokkie.  Ek wil vandag vra, behoort prostitusie gewettig te word?  Wat dink julle en hoekom dink julle so?

Ek was op universiteit tot in my siel geskok gewees nadat ek ontdek het dat een van my klasmaats so haar studies betaal.  Duisende desperate ma’s wend hulle ook na prostitusie om kos in hulle kinders se monde te kry.  Dan is daar diegene wat dit doen om hulle dwelms te kan bekostig.  Ek het eenkeer ‘n program gesien hoe trokdrywers prostitute / meisies optel, met hulle oor die land ry vir “geselskap” en dan aflaai.  Een van die groot redes hoekom Vigs so ‘n pandemie is.

Ek kan aan ‘n paar voordele dink oor hoekom dit gewettig behoort te word.  Die eerste is dat die wat ryk word uit prostitusie dan ook belasting sal moet betaal.  Wat die las op die ordentlike mense sal verlig.  Ordentlike mense, het ons die reg om op prostitute neer te sien.  Hulle stel hulle liggame beskikbaar om vir seks gebruik te word teen ‘n prys.  Is dit nie maar dieselfde as die straatveër wat sy liggaam verkoop om ‘n taak te verrig nie.  Ons almal verkoop of ons liggaam of ons brein vir brood op die tafel.  Ja, dit is dalk nie vir seks nie.  Wat dan van seksoloë of seksskrywers?  Seks kan baie wetenskaplik raak, maar ons sien nie op hulle neer nie.  Wat maak die straatvrouens / -mans dan anders?

‘n Volgende voordeel is dat die industrie dan gereguleer sal word.  Die mans en vrouens sal beter toegang hê tot mediese dienste.  Dit sal almal betrokke kan help as hulle openlik oor hulle beroep is.  Hulle sal ook beter beskerming geniet en sal ook minder uitgebuit word.  Mense wat hulle dienste gebruik sal ‘n kwitansie kry om te wys dat hulle nie ‘n klompie geld verloor het nie.  (Sal dit belastingvoordele hê?).  Regulasie sal ook beteken dat daar verpligte voorkomingsmaatreëls sal wees.  Wat hopenlik sal beteken dat minder ‘onskuldige’ mense aan STD besmetting blootgestel sal word.  Dit sal ook hopenlik mee bring dat minder kinders prostitusie sal beoefen.

Vir diegene wat nog steeds lees, ek dink nie prostitusie behoort gewettig word nie.  Feit is meeste mense kan nie die punch vat wat met prostitusie gepaard gaan nie.  Dit is hard op die mense, in so ‘n mate dat dwelms en drank dikwels gebruik word om dit te vergeet.  Wat natuurlik ‘n bose kringloop op sy eie word.  Wette is immers daar om mense te beskerm en in die geval word meer mense beskerm as daar nie prostitusie is nie.  Deur prostitusie te wettig, word die heiligheid van die huwelik vernieting.  Maats het dan die reg om seks elders te soek en daarvoor betaal. 

As prostitusie gewettig word, hoekom nie dwelms ook nie?  Dit is ‘n bedryf van multimiljoen dollars.  Dan kan diefstal gewettig word om die gewoonte te bekostig.  Wat daarby sal dra dat moord gewettig kan word.   Ek probeer wys wat se gevaarlike tedens dit sal skep.  Prostitusie bring baie ongeluk, onheil en gevaar mee.  Daar sal altyd op prostitute neergekyk word.  Deur dit te wettig, kan alle ander wette ook maar laat vaar word.

Blogvraag:  In die fliek Pretty Woman is daar ‘n liedjie met die oorspronklike naam van:  Christmas for the broken hearted.   Nadat dit in die fliek gebruik is, wat het die naam toe geword?

Blogantwoord:  Salomé was reg met Matt 8 : 24 – 28 en Luk 7 : 47 – 49.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Fagan se beste Parental Guidance – Language

121 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  April 17, 2008 om 8 : 32

    Was jy onlans in Nederland Adrie?

  • 2. Nella  |  April 17, 2008 om 8 : 51

    A3
    Ek stel nou ‘n dom vraag – maar dink daaraan – hoekom IS prostitusie onwettig??? Ek bedoel as jy in die koerant kan adverteer en dit in jou huis kan doen hoekom nie op straat nie?? wat is die rede hoekom dit onwettig is??
    Ek natuurlik is ‘n grrrrrooot grief teen dit – juis vir die godsdienstige en morele aspek daarvan. Hoeveel huwelike en lewens is al so verwoes – hoeveel vrouens is al gedreig in ‘n huwelik dat die man ‘n prostituut sal kry as sy nie maak wat hy wil nie – emosionele mishandeling!!!! nevermind die siektes soos jy genoem het.
    Ek moet se dis seker die maklikste manier om geld te maak as jy in die knyp is – en die Here help my dat ek nooit hoef uit te vind nie – want vir my kinders sal ek ‘n bank roof – maar of ek my lyf en altemit my siel sal verkoop is ‘n ander vraag.

  • 3. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 9 : 36

    Huh? waaroor praat ons vanoggend. Ek wil liewers sing ♪♪♪

    Hello almal!! en blogbaas: Adriana, Adrie , Greitjie Appelmoes van Nederland (weet nog nie wie is jy vanoggend nie) 🙂

    Ek gaan eers bietjie nadink hieroor op my pad Johannesburg toe, en dan sal ek kom sê wat ek dink.

    Mind u, Julia Roberts was nie ‘n te sleg prostituut nie. Sy het haar sprokie gevind…….

  • 4. Nats  |  April 17, 2008 om 9 : 45

    Hello julle! Sorry dis bietjie lank…

    Ek glo ‘n mens moet baie desperaat wees om jou liggaam te verkoop. En voel baie dieselfde oor die onderwerp as my Tweeling dat dit nie wettig gemaak kan word nie. Maar terselfde tyd kan baie vrouens en mans beskerm word. Kyk net na hoeveel word verkrag en kan nie dit raporteer nie, want dan is hulle net so skuldig…

    Dis baie maklik om te sê da is ander alternatiewes, maar ek het al geleer mense sal enige iets doen vir geld al is dit net om kos op die tafel te sit. Dis vir my vreeslik hartseer dat dit soms die enigste uitweg is vir enkele ouers.

    Vandag word da der duisende jong meisies aan dwelms verslaaf deur hulle pimp net sodat hulle hul lyf kan verkoop om hulle dwelm verslaaftheid te kan voorsien en vir hulle pimps geld in die sak te bring tot hulle nie meer mooi / jonk genoeg is nie.

  • 5. Verons  |  April 17, 2008 om 10 : 01

    More ek wil net kyk of ek kan inkom!

  • 6. Adrie  |  April 17, 2008 om 10 : 04

    More Almal

  • 7. Adrie  |  April 17, 2008 om 10 : 27

    Vingeralleen

    Nee, Zoekoe. Ek het nie dagga gerook nie. Ek dink net is dit tyd dat ons ‘n bietjie dink. Ons aanvaar alles sonder om daaraan te dink.

    Nella, ek weet. Alles is waar wat jy se. Ek dink tog dat ‘n mens teen morele verval moet waak.

    Nats, ironies genoeg kon die girl wat haarself verkoop het nie 6 maande op varsity uithou nie. Sy kon die druk nie hanteer nie.

  • 8. neykie  |  April 17, 2008 om 10 : 34

    Is daar ooit enige geldig rede om ‘n prostituut te wees? Ek glo nie.

    Daar is miljoene ander dinge wat gedoen kan word om vir studies en kos in jou kinders se mond te sit.

  • 9. Adrie  |  April 17, 2008 om 10 : 39

    Neykie

    Ek stem saam met jou. Tog desperate mense doen desperate dinge. Ek wil soms uit desperaatheid moord pleeg. Dink jy iemand gaan vir my simpatie he?

  • 10. Pikkelik  |  April 17, 2008 om 11 : 21

    Ek kan nie dink dat mense so desperaat kan wees nie!…. Dan liewer in Wipneus se asblikke krap. Nee koek, genade, ek is seker as elke mens hard genoeg soek sal hulle iets kry waarin hulle goed is en waardeur hulle geld kan verdien. Dit wettig maak? Dit sal malligheid wees… Die lewe is erg genoeg soos dit is!

  • 11. Salomè  |  April 17, 2008 om 11 : 53

    Hallo Almal!!!
    Kan ek nie ok liewer sing nie.
    Die onderwerp is te heavy vir my. Ek se NEE, dis nie ‘n goeie ding (moreel, sielkundig, medies, ens, ens, ens) vir die vrou wat dit doen en die een wat van die skinkbord af eet nie.

    Ek gaan nou maar liewer weer werk.

  • 12. neykie  |  April 17, 2008 om 12 : 03

    A3 nee hulle gaan nie- maar die besluite wat mens neem dra gevolge. Desperaatheid bring mens altyd in die k@k want jy het nooit twee keer gedink daar oor nie…..

  • 13. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 04

    Ek wonder nou regtig. Gebruik vroue ook prostitute?

  • 14. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 08

    Neykie

    Dit is waar. Ons almal moet die gevolge van ons eie dade dra. Al pleeg ons ‘n moord en red die samelewing van ‘n suurstof dief.

    Ek het al met prostitute gewerk. Die hartseer was dat hulle almal kinders (13 – 18) was. Op straat geland en geen ander genade gehad nie.

    Wettig of nie – dit is al eeue met ons en dit sal nog eeue met ons wees.

  • 15. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 08

    Shit

    Ek bedoel 13 tot 18.

  • 16. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 31

    Hande op, Rooflesers!!!

  • 17. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 33

    😆

    Dit verstom my altyd. As ek iets opsit wat kontroversieel is, teen die grein van almal is of swaar is – bly almal by die onderwerp. Die dag wat ek ligs of prettigs op sit, waai die onderwerp binne 10 comments by die deur uit.

    Hoekom?

  • 18. DEON  |  April 17, 2008 om 12 : 42

    Net jammer die verkragters maak nie gebruik van die dienste van daai meisies in die beroep nie…nee wat dit kos hom mos niks as hy hom op ‘n onskuldige vrou of meisie af dwing…ek dink nie dit help teen verkragting nie..

    Ek is nou ‘n man wat al ‘n pad geloop het en ken baie manne die algemene gevoel wat ek optel is dat tensy dit ‘n rum party of ‘n dare ding is manne nie daai pad loop nie ek persoonlik dink meeste van die girls doen dit om hulle dwelm afhanklikheid te bevredig..

  • 19. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 46

    Deon

    Jou lanklaas gesien. Voordat jy onttuis voel, ek watch jou.

    Ek dink ook die meerderheid prostitute is in ‘n kringloop van dwelms vas gevang. Die mans moet dan seker ook desperaat wees om hulle dienste te gebruik. Klink vir my maar na ‘n gross spul.

  • 20. Adrie  |  April 17, 2008 om 12 : 47

    Verkragting gaan nie daar oor om ‘n lus te bevredig nie, maar ek sal ‘n anderdag daaroor ‘n post skryf.

  • 21. meermin  |  April 17, 2008 om 12 : 55

    Dit is ‘n manlike hoer jaer!! Lekker dag vir jou!

  • 22. DEON  |  April 17, 2008 om 1 : 06

    Adrie

    Jy moet my fyn dop hou hoor☺

    Ek praat miskien nie altyd saam nie
    maar roof lees op ‘n baie gereelde basis
    Ek boer daar op Multi se blog dinge is
    lekwar daar..kom loer biekie in☺

  • 23. Bos  |  April 17, 2008 om 1 : 08

    Middag maters

    Heavy,heavy topic vandag ne? Kan ek julle iets skokkends meedeel? Omtrent net 30% van alle prostitute word prostitute om hul dwelm probleem te kan onderhou, die ander word ontvoer en eers afhanklik gemaak van die dwelms en as hulle mooi verslaaf is, word hulle op straat gesit om te werk want hulle weet as hulle minder as n sekere hoeveelheid geld vanaand huis toe bring, kry hulle nie daai fix wat hulle al die heeldag voor smag nie.

    Ons land is reeds korrup genoeg, so dit sal my geensins verbaas as ons kort voorlank ook n valletjie straat in elke dorp en stad het nie. Ek dink ook dat die vrouens wat die werk doen geen selfbeeld het nie, want wanneer verloor n vrou haar self so dat sy haar self sal verneder om die tipe werk te doen? Dit was nog nooit n goeie ding gewees nie en sal ook nooit wees nie. Seks is deesdae n lelike harde ding wat huise opbreek en verhoudings en lewens vernietig. Seks is amper soos n nasionale sport, almal beoefen dit, maar net vir hul eie gewin, nie omdat dit meer n uitdrukking van liefde is nie, dit neig oor om amper dierlik te wees.

  • 24. Bos  |  April 17, 2008 om 1 : 24

    Hei, wa is almal??? POD???

  • 25. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 28

    Terug!!!!

    Bos, ek bliksem ou as jy weer weggeloop het.

  • 26. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 29

    Deon

    Ek voldoen nie aan die vereistes van Multi se blog nie.

  • 27. Bos  |  April 17, 2008 om 1 : 31

    Ek is nog hier …

    As ek net kan inkom, sukkel weer kwai met wordpress vandag, njjjaaaarrrr!!

  • 28. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 33

    Bos

    So ‘n bek moet tjoklits kry. Ek moet eendag ‘n blog skryf oor mens smokkel.

    Daar word met seksslawe in SA handel gedryf. Hierdie vroue word herhaaldelik verkrag tot hulle afgestomp en sonder lewenslus gelaat word. Hulle is dan soos willose robotte, net goed vir ander om te misbruik.

    En dit is die land wat ons probeer opbou.

  • 29. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 34

    Ek sukkel net so. Glo my!!!!!
    👿

    FOK!!!!

  • 30. DEON  |  April 17, 2008 om 1 : 35

    Adrie

    Hoekom haat jy my?

  • 31. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 37

    Deon

    Ek kan nie onthou dat ek al gese het ek haat jou nie. Ek weet net ‘n mens moet jou nie die pinkie gee nie, dan gryp jy die hele lyf.

    Jy weet mos.

    ‘n Man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem.

  • 32. DEON  |  April 17, 2008 om 1 : 41

    Adrie

    Waar het ek al die lyf gegryp…jy keer so erg wie het jou so teleur gestel in die lewe
    chill girl leef en laat leef…net ‘n biekie

  • 33. Bos  |  April 17, 2008 om 1 : 44

    Adrie

    Het nou die dag by n polisieman gehoor dat hulle al van die begin van die jaar af meer as dertig duisend vroue terug oor die borders gestuur het wat in lorrievragte hier aankom om as seksslawe gebruik te word vir die 2010 sokker. Hulle word ingevoer van sover as die ooste. Dit is verskrikklik!! Kan jy jou indink om soos n bees op n veiling geplaas te word om deur mans vertrap en gebruik en verneder te word en vir wat? Net sodat hul families kan oorleef? Ek pleeg eerder selfmoord of vra hulle om my te skiet, maar dit sal ek in my lewe nie kan doen nie!!

    net gou die password bysit: nnnjjjjaaaarrr!!!

  • 34. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 45

    Deon

    Speel jy lekker op AVBOB se stoep? Lyk my so.

    Ek is een van die bevoorregtes wat nog nie teleurgesteld is nie. Seker omdat ek deur mense kan sien.

    Onthou, assumption is the mother of all f-ups.

  • 35. Nats  |  April 17, 2008 om 1 : 47

    Hello maters!!!

    Ek is gou op ‘n ander rekenaar… IT werk op myne so ek koekeloer gou in!

    Wie het al die fliek “Human Traficking” gekyk… dit maak jou oe oop!! Ek het nogal die fliek alleen gekyk en het my dood geskrik!!

    ‘n Mens kan so maklik jouslef in ‘n ding in kry… en hoe kinders ontvoer word.

  • 36. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 49

    Bos
    😆 @ towerwoord.

    Dit is ‘n donners hartseer storie. Kinders of eerder kleuters word ingevoer om soos slawe in mense se huise te werk. Hulle word gemolesteer, aangerand en werk dag en nag. Sulke mense, wat sulke kinders gekoop het, sal ek graag eye ball to eye ball wil sien.

    Sulke kinders se ouers verkoop hulle en dink dat daar ‘n beter lewe op die kind wag. Kan ‘n mens so naief wees.

    Glo my, hulle sal jou nie skiet nie. As jy nie self die job kan doen en goed kan doen nie, is dit jou lot.

  • 37. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 50

    Tweeling

    Ek het nog nie, maar ek sal uitkyk daarvoor.

  • 38. Nats  |  April 17, 2008 om 1 : 53

    Alex
    Ek kan nie die aktrise se naam onthou wat daarin speel nie maar dit was vir my ‘n goeie fliek, sy is ‘n polisie vrou wat ‘n selfmoord ondersoek en so agterkom die girl was ‘n seks slaaf en dit was al manier om uit die ding uit te kom – toe spring sy uit ‘n venster uit. Maar dis die eerste 5min van die fliek, en daar is baie meer!! My ma het vir my die fliek gegee om te kyk – Kan hom vir jou leen.

  • 39. Nats  |  April 17, 2008 om 1 : 54

    Nou hoekom noem ek jou Alex Tweeling??

    My kop is besig om te gaan!!!

  • 40. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 57

    Tweeling

    Dit word ouderdom genoem. Sal dit graag by jou wil leen, wanneer sien ons mekaar weer?

  • 41. Bos  |  April 17, 2008 om 1 : 58

    Adrie

    Nee, die ouer wat sy kind VERKOOP
    doen dit vir eie gewin nie vir die geluk van hul kinders nie!! Sulke siek moere moet uit my pad uitbly!! Hoe siek moet jy inelkgeval wees om n kind te verkoop, of te koop for that matter? die deler is net so sleg soos die steler, so ek het nie tyd vir mense wat kinders gebruik vir seksslawe of as huisbediendes nie!!

    nnjjjjaaaarrrr!!!

  • 42. Adrie  |  April 17, 2008 om 1 : 58

    Tweeling

    Ek wil (dalk vanaand) ‘n kak storie van ons skryf. Watch this space

  • 43. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 02

    Bos

    Daar was gerugte dat Sheldean Human se ma haar probeer verkoop het.

    Weereens ‘n geval van desperaatheid. Jy het 4 kinders om te voer en jy kan nie. Verkoop 1 en die ander 3 kan vir ‘n week eet.

    ‘n Mens kos omtrent R50 000. Die familie kry miskien R1000.

    Daar is mense wat bereid is om ‘n kind te koop (weer desperaatheid) en daardie kind groot te maak en te beskerm soos goud. Ek dink dit is die stories wat die ouers hoor.

  • 44. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 04

    Adrie
    Die wanneer jy oud word het opgevang met my… ek het nog ‘n lewens polis uitgeneem… #2 – Met die idee om te gym vir goedkoper!!!! Ek lag nou nog vir myslef daaroor!! Maar dis ‘n klein polis, ek het vir my familie vertel dis nie die bullet werd as hulle my vir dit gaan moor nie – sal so paar skoene kan koop maar dis dit!!
    🙂

    Ons moet ASAP kuier!!! En watse storie nogal??

    @ Bos
    Jy kan jouself nie ‘n ouer noem as jy dit doen nie – en vir die wat daai kinders koop – jou dag sal kom!

  • 45. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 08

    Nats

    Ek, jy, die dak, die welsyntannie.

    Noem jy die tyd en plek.

  • 46. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 24

    Hallo Adrie.. gaan dit?

    Hallo Nats lanklaas van jou gehoor…

    ..en hallo almal…

  • 47. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 26

    TIENKS!!!!

    Moet my nie so bekruip nie. My hart het amper gaan staan.

  • 48. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 32

    Ag sorry man… ek jou ‘n drukkie ge-posduif…

  • 49. Zoekoe  |  April 17, 2008 om 2 : 34

    Kom ons kyk of ek kan chat….toets toets……. e k t i k b a i e s t a d i g

  • 50. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 36

    Amper moes jy blomme vir my begrafnis koop.

  • 51. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 40

    Zoeks

    Gaan bollie op wordpress se voorstoep.

  • 52. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 41

    T o e m a a r…. Z o e k e l s.. e k o o k….

  • 53. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 42

    Sorry het gou gery om Nandos te gaan koop vir my en die IT ou…

    @ Adrie
    Die storie kan interesant raak!!!

    @ Tinks
    Lo da!!!

  • 54. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 42

    Blomme… ?? Jy kan dit nie saamvat nie ek sal sommer nou vir jou blomme stuur..

  • 55. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 44

    !#$@#%#$^@4 W O R D P R E S S #$%@#%#$^%@#$^#

  • 56. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 46

    Nats

    Ons sal maar moet sien of wordpress ons gaan toelaat om daarop uit te brei. Het jy vir ons ook Nando’s gebring?

  • 57. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 46

    Ek wil Alleluia sing as my comments deur gaan.

  • 58. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 48

    Tweeling
    Jy bedoel seker jou fietspomp het amper gaan staan!!!

  • 59. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 49

    Sorry julle WordPress hou die Nandos… dit wil glad nie deur gaan nie!!!!!!!!

  • 60. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 50

    Nats

    Dit was ‘n figure of speech! Ek het my in ‘n ander geloof in geskrik toe sy agter my begin praat het.

  • 61. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 51

    Tweeling

    Ek hoop jy het vir my Lemon en Herb gebring.

  • 62. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 2 : 52

    Ek het gisteraand Nando’s gehap.. njam njam..

  • 63. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 55

    Tienks

    Wanneer gaan ek, jy en die ousie koffie?

  • 64. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 56

    Adrie
    Ek eet net Lemon en Herb… kan mos nie brandgoed eet nie!! Ek begin soos ‘n varkie sweet en my neus loop en geniet glad nie my kos nie!!

    @ Tinks
    Ek eet al die hele week take aways… ek was baie lui. Maandag was dit McDonalds, Dinsdag Romans Pizza en gisteraand het ons gebraai…

    Vannaand sorg my ouma darem dat ek my groente in kry!🙂

  • 65. Nats  |  April 17, 2008 om 2 : 57

    😥😥😥

    Ek is ook maar net familie… niks meer nie, word nie eens saam genooi vir koffie nie…

  • 66. Adrie  |  April 17, 2008 om 2 : 59

    BAIE BELANGRIK: NEEM KENNIS!!!!!!!!!!!

    Hoe om ‘n haai-aanval te voorkom:

    1. Moenie in die see swem nie.
    Meer as 99.99 % van alle haai-aanvalle gebeur in groot watermassas, ook
    bekend as oseane. Die manier om vas te stel of jy in ‘n oseaan is, is
    om die water te proe. Dit behoort sout te smaak.

    2. Swem saam met vet mense.
    Om jou kanse op ‘n aanval verder te verklein, vervang hulle
    sonbrandmiddel met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.

    3. Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie.
    Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy ‘n haai gewaar.
    Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan.

    4. Moenie paniekerig raak nie.
    Bly kalm as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou moer in en dit
    sal nie help jy probeer oorleef nie. Die mense op die strand sal dit
    waardeer want om iemand soos ‘n mal mens te hoor skree en gil, is nie
    lekker nie.

    5. Moenie die haaie se moer koer nie.
    Hy fok nie in jou agterplaas rond nie, so bly uit sy agterplaas uit.
    Indien nie gaan jy vir seker kak optel.

  • 67. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 01

    Nats

    Familielede word nie genooi nie. Hulle slenter sommer saam.

  • 68. Zoekoe  |  April 17, 2008 om 3 : 05

    E k….. i s … n i e … l u s . . . o m … v e r d e r … t e… s u k k e l . . . m e t … w o r d p r e s s … n i e !

  • 69. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 07

    Zoekoe

    Ek dog jy het jou plig gedoen en op hulle stoep gaan kak.

  • 70. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 3 : 12

    Adrie… so gou moontlik.. sal jou laat weet. Ek het my amper pap gelag nou nou PROSTETOT Whaaaaaaaaahaaaa jys op ‘n ball vandag… jou graaf weer bietjie geslyp vanoggend…

    Natsie

    As ek kon sou ek elke dag take aways eet.. maar ek kyk net daarvoor dan tel ek 5 kilos op.. baie onregverdig!!!!

    Zoekoe ek sukkel net so…

  • 71. Nats  |  April 17, 2008 om 3 : 12

    @ Zoekoe
    Onthou om die bruin papier sakkie sommer aan die brand te steek ook!!!

    @ Adrie
    So waarheen slenter ek en wanneer??

    @ Tinks
    Moet nou nie dat ek smeek nie!!! Ek slenter nie sommer vir enige een saam nie!🙂

  • 72. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 14

    Daar is ‘n rede hoekom wordpress met depress rym.

    Nats

    Alles hang van Tienks af. Sy is tog lekker bang.

  • 73. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 15

    Tienks

    Ek is bang my graaf roes.

  • 74. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 3 : 15

    Ek gaan nou vloek…….. fok fokket fok fok.. wordTROSSSSS!!!

  • 75. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 18

    Tienks

    Ek het die een onlangs opgetel. Fok, Fokker, Fokste

  • 76. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 3 : 19

    Ek bang nie man… ek wil nie alleen drink nie!! En julle praat net koffie die heeltyd..

  • 77. Nats  |  April 17, 2008 om 3 : 20

    Hah ha haha!!!

    Lekker lag ek nou… dink terug toe ons vir mekaar fotos gestuur het om te sien hoe lyk wie!!!

    Die goeie ou dae!!!

    @ Tinks
    Het jy nie vir ons ‘n foto nie?? Shit man ek wil ‘n gesig by die naam sit! Ons kuier al te lank saam!

  • 78. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 22

    Nats

    Ek soek jou opinie, die posduif is oppad.

    Tweeling, goeie idee.

    Tienks

    Wanneer kan ek ‘n foto van jou verwag?

  • 79. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 3 : 22

    .. Yip has a nice ring to it… sê nogal lekker FOK FOKKER FOKSTE ja nee werk vir my ook!!!! Net jammer my screen is vol spoeg dan..

    Anyhoooooooo ek gaan nou waai… chat more weer!!!

    Love…
    Klokkie

  • 80. Zoekoe  |  April 17, 2008 om 3 : 23

    E k . . . h e t . . . s o m m e r . . . g e s k u i t … p o e p … o p … h u l l e. . . s t o e p !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 81. Tinkerbell  |  April 17, 2008 om 3 : 26

    Sal kyk waar ek ‘n foto kan kry dan pos ek dit… het so simpel jaar toet foon wat nie kan fotos neem nie.. maar sal plan maak vir julle.. belowe..

    Tarra

  • 82. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 27

    Zoekoe

    Ek hoop jy het lakseermiddel gedrink vooraf.

  • 83. Salomè  |  April 17, 2008 om 3 : 41

    M i d d a g A l m a l

  • 84. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 43

    Hello ek is terug van Sodom af, was julle soet?

  • 85. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 44

    S a l o m e

    Bly om te sien jy het geleer om stadig te tik.

    Wip

    Ons kon nie anders nie. WordPress maak ons depress. Jy my posduif gekry?

  • 86. Salomè  |  April 17, 2008 om 3 : 44

    Dit werk Zoekoe . . . ! As mens stadig praat, dit werk!!

  • 87. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 45

    Wip

    Wat is jou mening van die onderwerp? Jy is mos JHB toe om navorsing te doen.

  • 88. Salomè  |  April 17, 2008 om 3 : 45

    c o m m e n t 9 8 n a 7 r e t r y ‘s

  • 89. Adrie  |  April 17, 2008 om 3 : 46

    Net party kere.

  • 90. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 47

    Gou gou my sê, sê oor prostitoti, dit pla my nie veel nie, of hulle dit nou wettig maak of nie, so what, hulle gaan dit in elk geval doen dis soos dagga rook hulle mag dit nie doen nie maar hulle doen dit in elk geval. Ek persoonlik sal nie my liggaam verkoop nie, ek sal in iemand se huis gaan vloere skrop. Maar dis seker maklik om te praat as jy nog nie swaarkry geken het nie.

    Pretty woman la di da da dit ♪

  • 91. Salomè  |  April 17, 2008 om 3 : 48

    A d r i e
    E k w i l n o u n i e s o o s M o u n i e k l i n k n i e, m a a r d i s o k n i e m e e r s n a a k s n i e.

  • 92. Salomè  |  April 17, 2008 om 3 : 49

    . . . somwheeeere ooover the rainbow . . . lalala laa la

    Middag Wip
    Hierdie Adriana het definitief iets begin.

  • 93. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 3 : 50

    Wip

    Het jy ook nie vir my ‘n antwoord nie. Dit is so ‘n maklike vraag. Moet ek julle ‘n leidraad gee?

    Saloom

    Ek kan ongelukkig niks aan die saak doen nie. Almal kla.

  • 94. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 50

    Hi Salomè pik ek jou liefdevol op elke wang in die lug

    Hi Zoekoe mmmmmmwah!!

  • 95. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 51

    Adriana Catharina Barandina wat vra jy nou weer??? my liefie

  • 96. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 3 : 51

    Wip

    Zoekoe het so pas die hele plek beskyt. Verskoon die stank.

  • 97. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 52

    Somewhere over the rainbow tra la la ♪ Wie het met Zoekie baklei?

  • 98. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 3 : 53

    👿

    Ek is Adriana Magrieta Swanepoel. Ek spot jou nie met jou hangneus nie, moet nie my spot met my name nie. Ek het dit nie self gekies nie.

    Christmas for the broken hearted staan vandag bekend as?

  • 99. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 53

    Zoekoe weg by daai ander plek!!! tsk ……… ek se heeelllloooooo

  • 100. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 55

    Magrieta wat was die conclusion hier. ek is te stadig om op te vang wat dink almal so vêr van prostitoti? Salomè wat dink jy?

  • 101. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 55

    Salomè sing vir my soos ‘n nagtegaal so mooi!!

  • 102. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 3 : 56

    Wat gaan aan, niemand praat nie ek het mos al gesê druk stadig ….. submit!! konsentreer!

  • 103. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 3 : 57

    Salome se ek grou te diep. My onderwerp is te swaar. Sy soek ligsinnige snert. More is daar ‘n kak blog en dit is net Salome se skuld.

  • 104. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 3 : 58

    Wip

    Is jou posduif siek? Ek het jou iets gevra oor jou aanstaande skoondogter.

  • 105. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 4 : 01

    Wip

    Is jy lelik met my?

    Kies ‘n vinger.

  • 106. Nats  |  April 17, 2008 om 4 : 03

    Ek is terug by my eie persoonlike rekenaar!!

  • 107. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 4 : 04

    Tweeling

    Moet jy nog stadig tik?

  • 108. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 4 : 05

    Adriana oor die posduif………….ek herstel nog van skok!! Hello Nats!!! ek waai vir jou ‘n soentjie

  • 109. ADRIANA  |  April 17, 2008 om 4 : 11

    Wip

    Hoekom? Ken ek haar regtig of bedrieg my oe my?

  • 110. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 4 : 17

    Adrie ken jy haar?

  • 111. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 4 : 21

    Ek stuur vir jou posduif Adrie

  • 112. Salomè  |  April 17, 2008 om 4 : 29

    Kom ons sing liewer . . . Zoekoe styl
    drink, drink, drink, let ev’ry true lover salute his sweetheart!!

    Wip
    Prostitusie is soos die manne wat suip. Vir hulle sal dit altyd ‘n bargain wees, ongeag die gesondheidskomplikasies of koste daaraan verbonde . . .

  • 113. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 4 : 32

    Ja jy is reg Salomè dis hoe ek dit ook sien, dit help nie ons het ‘n opinie daaroor nie, dit sal altyd daar wees, no matter what.

    Is daar ‘n prostituut liedjie Salomè?

  • 114. Salomè  |  April 17, 2008 om 4 : 41

    Wip
    Ooo vrek, nee ek weet nie. Moet dalk gaan navorsing doen daaroor. Dalk by Dolly se goed . . . Dalk 7 Brides for 7 Brothers, miskien by Wild, Wild West. Ag nee man, vra vir Adriana, sy Google baaaie meer as ek.
    Vandag se musiekvideos sal definitief pass vir prostitusie – dis so suggestief.

  • 115. Wipneus!  |  April 17, 2008 om 4 : 54

    Saloom whaahaaha, Hello Dolly…la die da Dolly♪ suggestief mmm sê ouma mos ook!

  • 116. Roer  |  April 17, 2008 om 10 : 58

    SO! Kan julle ook nie slaap nie?……. Waar’sie mense? Nou maar ja. Nag dan.

  • 117. Zoekoe  |  April 18, 2008 om 7 : 22

    Mirrag !!!

  • 118. Zoekoe  |  April 18, 2008 om 7 : 23

    Dalk kan ek so paar fokken woorde inkry voordat WordPress befonk raak !!!

  • 119. Zoekoe  |  April 18, 2008 om 7 : 26

    paar woorde !

    nog so paar woorde

    en weereens ‘n paar woorde

    ha ha ha ha ha take that WORDPRESS sucker !!!!!!

  • 120. altandrea  |  April 20, 2008 om 9 : 20

    Rosie, dis ‘n baie interessante onderwerp wat jy nou op die tafel gooi; ek kon dit sien aan die aantal comments!
    Hier’s nog ‘n klip in jou bos: Def. van ‘n prostituut:
    “A woman who engages in sexual activity for payment.” (Complete wordfinder; RD)
    Is ALLE vroue nie maar eintlik (wettige) prostitute nie? Elke getroude vrou sal kan bely dat sy haar man een of ander tyd “liefderik” oorreed het om iets te koop of te doen, waarteen hy vasgeskop het —– die krag van ‘n vrou!
    Nee, ek stem nie vir wettige prossies nie; ons kan miskien maar net bietjie dink aan die storie agter die storie, sonder om neus in die lug, ewe heilig, klippe te gooi.
    Antie Koekie.

  • 121. ADRIANA  |  April 21, 2008 om 7 : 04

    Antie Koekie

    Ek dink dit wat Antie beskryf tel meer as manipulasie as prostitusie. Manipulasie verdien ‘n blog van sy eie, een wat ek nie in die nabye toekoms gaan skryf nie.

    As ‘n getroude vrou niks beter as ‘n prostituut is nie, het sy immers ‘n lisensie. Tog dink ek dat dit ‘n verkeerde manier is om daarna te kyk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: