Fagan se beste

April 16, 2008 at 11 : 09 105 Kommentaar

Ek is nie die grootste poësie liefhebber nie.  Hierdie is egter in my nederige opinie ‘n puik gedig.  Ons het dit op skool gedoen (en gesing) en was geleer dat te doen het met die stuk in die Bybel wat gaan oor die wyse man wat sy huis op die rots bou.  Deur die jare het dit vir my ander betekenis gekry.

Ek het ‘n huisie by die see

 

Ek het ‘n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.

Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in grag en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hierbinne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dit is ‘n rots waarop my huisie staan.

Ek het eendag iewers gelees dat ‘n vrou haar lewensmaat as ‘n huis sien.  As ‘n tuiste, ‘n plek waar sy veilig wil voel.  Dit het ‘n hele nuwe wêreld met die gedig / lied vir my oopgemaak.  Die huisie by die see is die tipe huwelik wat ek sal wil hê.

Eerstens het die huwelik ‘n stewige fondasie nodig.  Dit moet op ‘n rots gebou word.  Ek weet watter fondasie ek vir my huwelik sal wil gebruik en ek is nie seker dat daar ‘n ander fondasie is nie.  Dan sal dit veilig wees teen alle aanslae, ongeag hoe fel dit is.  Spoke van die verlede, hede en toekoms behoort nie ‘n huwelik kan binnedring nie.  Tog sal hulle altyd probeer en nooit opgee.  ‘n Huwelik op die regte fondasie sal altyd kan weerstand bied. Ongeag van al die moelikhede, moet ‘n huwelik vrede, warmte en kameraadskap kan bied.  Dit moet ‘n aangename omgewing wees waarin jy wil bly.  Dan sal jy met vrymoedigheid al die aanslae te moed kan gaan, met die wete dat jy veilig is.

Nou weet almal hoekom Adriana Magrieta Swanepoel nooit sal trou nie.  Ek is te veel van ‘n idealis. 

Jammer Lena, ek kon myself nie beteuel nie.

Blogvraag:  Waar in die Bybel word die gelykenis van die huis op die rots vertel?

Blogantwoord:  Wipneus! was reg met Andre Swiegers.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

My oom se motor is ‘n ou masjien Prostitusie

105 Kommentaar Add your own

  • 1. *lilly*  |  April 16, 2008 om 11 : 22

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!! vir die blog in anyway

  • 2. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 26

    👿

    Mag ‘n mens nie meer ‘n post in word tik om later te post sonder om mal te raak met die layout in WordPress nie.

  • 3. *lilly*  |  April 16, 2008 om 11 : 43

    ja ne wordpress is ‘n regte drol

  • 4. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 11 : 47

    Dagse maters

  • 5. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 11 : 54

    Kloon – waar is jy ?

  • 6. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 56

    My goeie fok, fokker, fokste

    WORDPRESS, Fok weg. Ek wil met my kloon Praat.

  • 7. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 11 : 58

    Het gewonder wat aangaan

  • 8. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 58

    KLoon!!!

    Mwah! Welkom, Welkom.

    Ons is hier, hoogs die moer in vir WordPress. Hoe gaan dit? Met Tillie-Lief?

  • 9. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 00

    Biki omgekrap oor haar spuit wat sy gekry het toe sy 5 dae oud was wat nou ‘n eina maak, maar verder geen klagtes. Sy weeg nou darem al 2,8kg

  • 10. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 04

    Ag siestog.

    Tel sy nou normaal gewig op? Wanneer epos jy my foto’s van my kind?

  • 11. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 05

    Fok

    Hoe kan die donnerse ding my vertel ek post te vinnig. Maak my kinderlik ongelukkig en grootmens die bliksem in.

    NJRRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 12. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 08

    Ek hoop dit werk nou beter. Voor ek ook ‘n bloeddruk masjien kry.

  • 13. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 09

    Sodra die kamera se batterye klaar gecharge het. Die gewig is darem nou beter maar seker nog nie heeltemal wat dit moet wees nie.

  • 14. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 12

    Tilla

    Ek se jou mos, voer haar swiets en koekies en sy gaan vinnig die gewig optel?

    Hoe gaan dit nog met jou nuwe bediende? Het sy nog nie die Baas vertel dat hy self die werk moet doen nie?

  • 15. Jannas  |  April 16, 2008 om 12 : 18

    Hi Tilla!
    Goed om weer van jou te hoor! Al nuuskierig om die kleinding te sien. Hoop beide van julle is gesond.

    Adri
    Jou topic is nie net idealisties nie, dit hoort tot die middeleeue. Vandat kredietkaarte uitgekom het kyk vrouens na hulle mans en sien ‘n plastic kaart. As die ding opdroog is daar groot onrus in die huis. ☺☺☺☺♥♥♥

  • 16. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 20

    Jan

    Ek werk nie met krediet nie. Meneer moet my maar harde kontant gee.

  • 17. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 24

    Amper vir hom vertel wat hy met daai job kon doen – gelukkig het die liewe Heer dit geweet en vanoggend vir my ‘n splinternief ene gestuur – hoekom dink jy het ek tyd om te chat ?

  • 18. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 26

    AMEN

    Ek het baie hard gebid daarvoor.

    Jong, hier is nuwe maatjies ook. Hulle moet hulle maar self voorstel.

    Mits WordPress hulle toelaat.

  • 19. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 29

    Tilla

    Wanneer begin jy weer werk?

  • 20. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 31

    kloon – Baie baie dankie !

    Janna

    Dit gaan goed met altwee van ons, geen klagtes dankie. Sal vir Adrie die fotos stuur sodra die batterye gecharge is dan kan sy dit vir julle stuur.

  • 21. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 33

    So hier by die 10de Julie rond, maar dalk eers Augustus, sal nog sien

  • 22. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 33

    Ek wonder wanneer kom die eerste parafien rekenaars?

  • 23. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 34

    He He He

    Ek dink daar is ‘n paar mense wat wordpress vandag witwarm vloek. Hulle wil met jou praat, maar al wat hulle kry is dat hulle te vinnig post.

  • 24. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 12 : 36

    En ekke ok hie! Vi hoe lank weet ek nie….

  • 25. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 37

    Drieling

    Die hele famdamalie is amper bymekaar.

  • 26. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 38

    myne bly weer vir my se cannot find server of cannot display page

  • 27. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 40

    NNNNJJJJJJJRRRRRRRRRR

    Iets vertel my ek moet ‘n ander blog gaan soek. Ongelukkig kan ek nie op die oomblik by Jac inkom nie

  • 28. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 42

    Dit is seker net regverdig dat ek ook my gat moet afsukkel om te comment.

  • 29. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 12 : 50

    @ *M*

    Ek sukkel self met daai einste probleem. En ek dink nie dis snaaks nie! Bly om te hoor dit ga goed met julle.

  • 30. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 52

    Ek gaan nou op ‘n hopie sit en tjank. WordPress is nie meer my maatjie nie.

  • 31. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 55

    Ek gaan kos koop. Wie soek wat?

  • 32. *Mathilda*  |  April 16, 2008 om 12 : 59

    enigeiets wat my nie eerste eet nie sal reg wees – sien later – gaan kids by skool haal

  • 33. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 12 : 59

    Enig iets met drank in!

  • 34. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 1 : 01

    Baai *M*

  • 35. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 1 : 16

    En weg is almal!

  • 36. Adrie  |  April 16, 2008 om 1 : 22

    Tilla

    Ek los jou pizza in die kombuis.

    Sam

    5 L OBS vir jou.

  • 37. Bos  |  April 16, 2008 om 1 : 39

    Kom ons kyk of dit help as ek hier grom om in te kan kom:

    GGGGGRRRRRRR!!!

    Adrie

    Dan was my huwelik beslis gebou gewees op sand en op al my drome en gevoelens en emosies ……

    Jannas

    Nie almal is so nie, daar is darem so paar van ons met harte ….

    Maar nadese moet ek se dink ek gaan ek ook een van daai Ice queens word wat net agter geld aan is en glo dat liefde n mitiese diertjie is wat elke aand vir die maan kom tjank …..

  • 38. Bos  |  April 16, 2008 om 1 : 40

    Dit werk dit werk!!!

    NNAAAJJJRRRRR!!
    GGGRRRRRR!!!

  • 39. Adrie  |  April 16, 2008 om 1 : 42

    Bos

    GRRRRRR!!!!!!!

    Onthou, dit vat 2 mense om ‘n huwelik te laat werk. Jy kan bou vir al wat jy werd is, maar as jou maat nie saam bou nie, gaan die huisie onvolledig wees.

  • 40. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 1 : 44

    BOS!!!!!!!!

  • 41. Adrie  |  April 16, 2008 om 1 : 47

    O!!!!

    Ek word soos ‘n Stop geignore, maar vir Bos word daar ‘n gemesde kalf geslag.

  • 42. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 2 : 01

    My teddiebeer is my huisie by die see. Ek is werklik gelukkig getroud, hy bederf my vreeslik. Ons is al jare getroud maar is nog net so verlief soos gister, niks is boring in ons huis nie, want ek maak sports as daar nie sports is nie! ” Never a dull moment” Hy “mind” ook nie, as ek ons geld uitmors op mooi skoentjies en handsakke nie 🙂

  • 43. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 2 : 03

    Is hierdie nou die slagpalle, R100 se tjops asb?

  • 44. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 2 : 06

    Adrie hier êrens is ‘n baba (Matilda?), stuur vir ons bietjie foto!

  • 45. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 2 : 08

    Julle druk net submit, dis maklik tik in wat jy wil sê en druk sumit!!! Grom gaan nie eindelik help nie! Julle rekenaars is oud!

  • 46. Bos  |  April 16, 2008 om 2 : 10

    SAM!!!!

    Adrie, raak rustig, jy sien haar baie meer as wat ek haar sien, so as sy my luidkeels groet, los die vrou, ek wardeer dit!!

    Njaaaaarrrrr!!!

    Die ding is weer gebreek, grom help nie meer nie …..

  • 47. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 11

    Wip

    My PC is nog in sy kinderskoene.

    Ja, Tilla het die pragtigste baba dogtertjie. Tillie-Lief.

    Al wat hier geslag gaan word is WordPress.

  • 48. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 12

    Wip

    Lyk my jy stem ‘n bietjie met my teorie saam.

    Bos

    Sjarrap. Jy verloor mos jou sel as ek jou met die hand wil groet.

  • 49. Bos  |  April 16, 2008 om 2 : 19

    Adrie

    Gebeur met almal ……

  • 50. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 23

    Bos

    In my beste Afrikaans. HUH????

  • 51. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 24

    Mag ek ‘n klein, klein bietjie hoop kry.

  • 52. Bos  |  April 16, 2008 om 2 : 25

    Adrie

    Selfoon storie, en ja ek sal vir jou hoop gee, ma se eers waarvoor het jy dit nodig?

    NNNJJJAAAARRRRR!!!

  • 53. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 27

    Hierdie flippen blog. Ek kry darem nou my comments na 3 pogings deur.

  • 54. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 27

    O ja.

    Bosselina, my posduif is oppad na jou toe.

  • 55. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 46

    Bos?

    Sam?

    Wip?

    Zoeks?

    Iemand?

    Het julle my alleen in die donker gelos? Sies!!!

  • 56. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 2 : 52

    Hello Adrie (glimlag ek skelm) ek rooflees bietjie.

    Waar is Salomè, Zoeks en al ons maatjies, werk hulle?

  • 57. Nats  |  April 16, 2008 om 3 : 10

    Helllooooooooooo!!!

    How goes it wif eferibodies!??!!??

  • 58. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 3 : 15

    Hello Nats, hier gaan niks aan nie, die mense kan nie ‘n rekenaar bedryf nie 🙂

  • 59. Nats  |  April 16, 2008 om 3 : 17

    Wipneus
    Dan is dit seker net ek en jy…

    Ek is sooooo speit dat ek vir Tilla gemis het😥

  • 60. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 3 : 22

    Sy is so vinnig in en uit ek het nie eers kans gehad om aangename kennis te sê nie!

  • 61. Verons  |  April 16, 2008 om 3 : 25

    Ag nee wat ek is fokken moeg gesukkel!! Die fokken ding sê vir my hy kan nie die page oopmaak as ek post nie en as ek refresh sê hy ek post te fokken vinnig!
    Het wragtig vandag nie krag vir die kak nie!

  • 62. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 3 : 28

    Veronsie hier vat vir jou so slukkie van my mampoer!

  • 63. Nats  |  April 16, 2008 om 3 : 32

    Wipneus
    Het so vinnig gelees daarbo en dit klink heel goed!

    Het julle nog nie ontmoet nie??

  • 64. Nats  |  April 16, 2008 om 3 : 33

    Sjoe maar ek sukkel om hier te comment…

  • 65. Nats  |  April 16, 2008 om 3 : 36

    Gou die grappie met julle deel… dis ‘n ou grappie met ‘n stertjie!

    New Barbie on the Market

    She comes with:

    No shoes
    No clothes
    No make-up
    No car
    No food
    No house
    No farm.

    She’s called ZimBarbie! She has a pet cow, Moooogabie!

  • 66. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 3 : 39

    🙂 Nats ja ek kort bietjie lag die kant!!!

  • 67. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 16

    Drink, drink, drink, lalala laalaa lala la la la la – ja Adrie ek sing nog steeds. Kan net nie iets oor die Student Prince kry nie. Het hy dalk ‘n ander naam gehad.

    Hallo Almal!!

    Wipneus
    Ek sien julle “pik” pik” net, – so hallo “pik-pik”.
    Moes net eers notule tik vir vanaand se vergadering. en dan het ek gou die moooiste love story op Oprah gekyk. ‘n Oom en tannie wat as kinders in ‘n konsentrasie kamp ontmoet het. 14 jaar later ontmoet hul mekaar weer op ‘n blind date en hul is nou 50 jaar getroud. Dis te diiiiieeerbaar.

  • 68. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 19

    Ek kan wraggies comment sonder dat die blog my back-chat.
    Lyk my ons moet meer sing.

  • 69. Nats  |  April 16, 2008 om 4 : 23

    Hello Saloompie!

    Ag dis omtrent ‘n love storie!! Wys jou dis meant to be!!

    My ouma en oupa gaan nou in Desember vir hulle 50ste huweliks herdenking… maar in die geval dink ek nie dit was meant to be nie, want as dit nie was vir die wet dat jy nie mag moor nie, was een van hulle al lank al ses voet onder!!!🙂

  • 70. Nella  |  April 16, 2008 om 4 : 26

    Hi almal

    Net soos ma het ek besluit om maar tot laaste te wag om te sien of die ding werk – niemand is seker meer hier?? Wel dan praat ons more verder.

  • 71. Nella  |  April 16, 2008 om 4 : 29

    Nog ‘n ou corny grappie wat ek vandag gehoor het.

    Hulle gaan aspirien van die mark afhaal!!
    Hoekom? want dis wit en dit werk!!! 😛

  • 72. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 29

    Oor die onderwerp;
    Ongelukkig is ek nog van die wat in die liefde glo en ek stem nie saam met Janna of Adrie nie. Ek dink ok nie die man is die “huis” nie. Die verhouding wat julle saam aan bou is die huis waarin jul leef. Ons hedendaagse lewe is te weggooibaar. weggooi doeke, goedkoop horlosies wat jy nie sleg voel om weg te gooi, Bic penne hoort in die asblik as hul nie skryf nie, tot weggooibare kameras. Mens is so gewoond as ‘n ding nie meer goed genoeg is nie, smyt jy dit weg. Wel, ons wil dit met ons lewensmaat ok doen en ongelukkig hoort dit nie so nie. My ouma het altyd gesê: “om ‘n maat te vang is maklik, om hom te hou is die harde werk”
    Nou sal ek liewer ophou filosofies wees ander skryf ek dalk ‘n hele boek en dan belet Adriana my op haar blog

  • 73. Adrie  |  April 16, 2008 om 4 : 31

    Eish

    Salome

    Jy mag filosofies wees soos wat jy wil. Ek het nog nooit iemand van die blog belet nie.

    Ek dink ek het genoem dat ek die huisie as die huwelik sien.

  • 74. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 38

    Nats
    Maar die vermoor deel is mos deel van die pret. Iemand het eendag gesê; “hulle hou daarvan om te baklei want dit is soooo lekker om op te maak”

    Nella
    Iemand het seker uitgevind ‘n WIT man het dit ontdek

  • 75. Bos  |  April 16, 2008 om 4 : 38

    Hi Nats!!!

    My amper eks se pa se ook altyd hy is so lief vir sy vrou hy wil haar dood druk en soms is hy speit hy het nog nie ….!!!

    50 jaar is n lang tyd en verdien n medalje want saam word daar baie goeie en slegte herhinderinge opgebou, dit is mos maar wat n verhouding is, is dit nie …

    Se sommer vir hulle ons almal klap vir hulle hande en fluit en cheer kliphard vir hulle!!!

  • 76. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 46

    Adrie
    aanhaling – nie om te stir nie maar om vir jou te wys dat ek ordentlik lees wat jy sê
    “dat ‘n vrou haar lewensmaat as ‘n huis sien”

  • 77. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 50

    Nog ‘n mooi Oprah lovestory; (verskoon maar ek kyk so tussendeur TV – is ‘n sucker vir lovestories)
    Die man sien foto van skoonheidskoningin terwyl hy in Israel Air Force is. Word Dr., trou, vrou gaan dood, besluit hy gaan die meisie van sy drome opsoek (40 jaar na hy die eerste keer haar foto gesien het) hulle ontmoet en 1 en half jaar later getroud. Doodgelukkig!!

  • 78. Bos  |  April 16, 2008 om 4 : 51

    Salome

    Ek gaan net gou vir Adrie help, sy het dit net gelees, sien dit nie as haar eie siening nie, net onder se sy en ek haal aan:

    Eerstens het die huwelik ‘n stewige fondasie nodig. Dit moet op ‘n rots gebou word.

  • 79. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 54

    Lees die boek “Love in the time of Cholera”
    Seun raak verlief op meisie, pa stuur meisie weg om verhouding te stop, mesie trou later met dokter, dokter gaan dood, “seun” nou obviously groot man kom terug om haar weereens haar hand te vra. Hy het 50 jaar vir haar gewag. Sy moes sê ja.

  • 80. Adrie  |  April 16, 2008 om 4 : 57

    Salome

    Ek gee toe dat ek myself sleg uitdruk.

    Hier is die paragraaf: Ek het eendag iewers gelees dat ‘n vrou haar lewensmaat as ‘n huis sien. As ‘n tuiste, ‘n plek waar sy veilig wil voel. Dit het ‘n hele nuwe wêreld met die gedig / lied vir my oopgemaak. Die huisie by die see is die tipe huwelik wat ek sal wil hê.

    Ja, ek het die huis in maat gelees. Toe besluit om dit van toepassing op die huwelik te maak.

    Salome, ek het nuus vir jou. Gaan sit ‘n oomblik en gaan dink aan jou droomhuis. Een waarin jy lekker sal woon. Uit die beskrywing wat jy sal gee, sal ‘n sielkundige vir jou kan vertel hoe jou maat is / sal wees. Vra vir bos, ek het dit al bewys.

  • 81. Salomè  |  April 16, 2008 om 4 : 57

    Toemaar, toemaar, ek raas nie, ons het lyk my almal so halfpad mis gelees.

  • 82. Adrie  |  April 16, 2008 om 5 : 01

    Salome
    😉

    Dink jy ek so gesteur het as jy geraas het?

    Vir die grap, beskryf gou jou droomhuis.

  • 83. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 02

    Ek sal maar liewer sing;
    I could have danced all night, I could have daaance all night, and still have begged for more, lala la la

  • 84. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 04

    ‘n lekker “bly” huis met groot kombuis sodat daar genoeg plek vir my en Liefie is om saam in die kombuis te vroetel, groot tuin, baaaie blomme, groot bome wat baaaaie skaduwee maak. (en asb. sonder ‘n TV)

  • 85. Bos  |  April 16, 2008 om 5 : 06

    Adrie

    Hier is myne

    n mooi dubbel verdieping huis met mooi groot vertrekke met groot vensters wat baie sonlig inlaat met mooi houtrame. Al die kaste en trappe binne die huis moet ook n mooi donker hout wees met mooi teels. Hou nie van matte in n huis nie. Verkieslik moet die huis teen n berg gebou wees of hoer op in die dorp vir n mooi uitsig.

    Wat se dit van my, hu??

  • 86. Adrie  |  April 16, 2008 om 5 : 06

    Saloom

    Waar gaan jy dan Oprah kyk?

  • 87. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 07

    en net vir die rekord; die huis wat ek nou in bly is te groot.

  • 88. Bos  |  April 16, 2008 om 5 : 07

    Sal more kyk wat jy daarvan se, ek gaan nou eers huis toe!!

    Ta julle!!

  • 89. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 08

    Adrie
    Ek sal nie veel mis as ek dit NIE kyk nie. Dis net oorlat ek hier op die blog sit en nonsies praat dat ek so om die hoek kan loer vir Oprah.

  • 90. Adrie  |  April 16, 2008 om 5 : 09

    Salome en Bos

    Ek sal netnou ontleed.

  • 91. Adrie  |  April 16, 2008 om 5 : 15

    Salome

    Jy hou van ‘n groot man (soos in teenoorgestelde van kleinlik), met ‘n warm hart waar jy tuis is. Jy wil saam met hom weet wat in sy hart omgaan. Jy is jaloers op jou tyd met jou maat en wil dit nie deel met gemors nie. Jy is glad nie op voorkoms in gestel nie.

    Hier is dit waar jy met my gaan baklei. Die goed rondom jou maat is vir jou belangrik. Dalk wat ander mense van hom dink. Goed soos aansien, nie regtig status nie. Jy dink jou maat vertoon mooi. Jou maat is op die lang duur by jou. Jy wil saam met jou maat werk om julle doel te bereik.

    (onthou asb ek is nie ‘n sielkundige nie).

  • 92. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 16

    lala laaala. . . . I only know when he began to dance with meeee, I could have danced, danced, daaaaanced, aaall niiiight.

    Baai Adrie. Hoop jy en jou kristalbal kan hierdie een mooi uitwerk.

  • 93. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 22

    Maar ek gaan glad nie baklei nie. Hy vertoon mooi vir my ja. Ek het dan die mooiste blou-oog held op aarde. En ja, ons doen alles saam, tot sakke sout opvreet.

    Nie sleg nie!! Ek gaan glad nie met jou stry nie.

  • 94. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 5 : 25

    Salome

    Lyk my ek het my roeping mis. Dalk moet ek ‘n sielkundige word.

  • 95. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 32

    O ja, het iemand al gesê, die gedeelte van die huis op die rots is in Mattheus 7:24 – 29 ook in Lukas 6:46

  • 96. Salomè  |  April 16, 2008 om 5 : 34

    Adriana
    Ag asseblief nie. Met ‘n gevreetjie soos joune . . . .

  • 97. Adrie  |  April 16, 2008 om 5 : 35

    GMPH!!!!!!

    Ek speel nie meer met jou nie. Jy is ‘n lelike maatjie.

  • 98. Roer  |  April 16, 2008 om 8 : 01

    Hallo. Wil darem net kom groet voor ek ALWEER gaan in kruip. Alles gemis vandag die dat ek moet frail care en werk, maar hopelik môre kan ek saam gesels. Lekker slaap Mej Swanepoel!

  • 99. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 8 : 08

    Hallo Roer

    Nag Roer

    Sterkte Roer

  • 100. Salomè  |  April 16, 2008 om 8 : 44

    Klaar gemeeting!!

    Adriana
    As jou gevreetjie se prentjie so ‘n tiende van ‘n mikromillimeter groter was kon ek jou skoonheid dalk beter bewonder het.

    Nag almal. Rustige nag.

  • 101. Salomè  |  April 16, 2008 om 8 : 48

    . . . En jy kan nie sê ek is lelik nie want jy kan GLAD NIE my gevreetjie sien nie. Liefie wil okki help om die “Tagged” klomp se fototjie georganise te kry nie. So ek sal maar so gesigloos deur die lewe gaan.

  • 102. Nella  |  April 17, 2008 om 7 : 12

    EEEEERRRRSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Hallo maatjies
    A3 – wat is ons onderwerp vandag?

  • 103. Bos  |  April 17, 2008 om 7 : 19

    tweede!!!!!!!!

    More almal!!!!

  • 104. Nella  |  April 17, 2008 om 7 : 55

    hallo Bos
    Lyk my almal slaap nog – ek het al ‘n groot beker hot chocolate agter die blad – maar nou voel ek skuldig – gaan nou nou my water begin drink en als uit flush!!!

  • 105. Zoekoe  |  April 17, 2008 om 7 : 57

    kom ek try fokken weer vir die eerste keer – HALLO !!! 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: