My oom se motor is ‘n ou masjien

April 15, 2008 at 4 : 52 76 Kommentaar

Lilly het my gevra om ‘n blog te skryf oor Laurika Rauch.  Ek moet eerlik wees, Laurika was nog nooit een van my gunsteling sangeresse nie.  In ons huis was my ma die een wat musieklik was en sy het nie van Laurika gehou nie.  My ma haat veral Kinders van die wind.  Sy het dit net een keer te veel gehoor.

Tog, Laurika het ‘n plek in die Afrikaanse musiek bedryf wat niemand haar kan ontneem nie.  Sy was immers die eerste kunstenaar wat ‘n Afrikaanse CD uitgereik het.  Almal ken haar liedjies, al is dit net een.  Die radio stasies was nog altyd vriendelik teenoor haar.

Ek het veral op varsity teen my sin van Laurika begin hou.  As jy wil serrie (en jy wil) dan moet jy Laurika sing.  So het ek verlief geraak op Vergeet om my te vergeet, Blou, Onder draai die duiwel rond ens.  As jy ‘n liefhebber is van Afrikaanse letterkunde, moet jy van Koos du Plessis hou.  En wie sing Koos beter as Laurika?  Laurika het ook Ingrid al gesing lank voordat Chris Chameleon skool toe is.

Dit is ‘n welbekende feit dat sy met Christopher Torr getroud is, ‘n Engelse Karooboer.  Hy het die pen vasgehou met verskeie van haar treffers.  Laurika was ‘n ou matie, wat darem verstand gekry het en in die Noorde kom woon het.  Haar eerste optrede was in 1976 met Toemaar die Donkerman, ‘n gedig van Jonker.  Sy was hier en daar onderwyseres en aktrise, toe haar groot deurbraak in 1976 gekom het met Kinders van die Wind.

In “Hemel op Tafelberg” sing Kurt van Laurika op die radio.  Ek dink almal kan terug dink aan ‘n tyd van hulle lewe met Laurika op die agtergrond.

Blogvraag:  Wie het Blou geskryf?

Blogantwoord:  Roer was eerste reg gewees met Kurt.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

The Story of the Trapp Family Singers Fagan se beste

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 15, 2008 om 5 : 14

    Is ek eerste eerste

  • 2. Wipneus!  |  April 15, 2008 om 5 : 14

    Andre Swiegers

  • 3. Wipneus!  |  April 15, 2008 om 5 : 17

    Sammie wip ek op en af ek is eerste!!!!

  • 4. Salomè  |  April 15, 2008 om 6 : 02

    Sy is vir my soos Chris Cameleon – kan nie een van hulle veel nie, maar daar is van hul liedjies wat baie mooi is0

  • 5. Zoekoe  |  April 16, 2008 om 7 : 44

    Dagsê Mense !!!! Ek is ‘n baie groot Laurika fan !!!!

  • 6. Nella  |  April 16, 2008 om 7 : 50

    Hi almal

    Moet se ek was ook nooit ‘n groot fan nie – maar met die Afrikaanse musiek era hou ek baie meer van haar – en haar nuwe liedjie BREKFIS IN BLOEMFONTEIN laat my sommer verlang om op vakansie te gaan – dis amper soos Hugo se “Deur die straights”

  • 7. Namens Bos  |  April 16, 2008 om 7 : 52

    Lo daar vrinne en vriennine!!

    Hoop als gaan goed? WordPress is kwaad vir my,
    wil my nie toelaat om te comment nie, kan wel rooflees!!

    My ouers was ook nie mal oor Laurika nie, ma sy is soos
    Wyn, hoe meer jy dit drink, hoe meer begin jy dit wardeer!!

    Dankie laurika dat jy nooit tou opgegooi het met Afrikaanse musiek nie!!

    Menigte mense wardeer dit!!

  • 8. Adrie  |  April 16, 2008 om 8 : 01

    Zero Eight reporting for duty.

    More almal

    Zoeks, ek is bly dat ek iets kan post waarvan jy hou.

  • 9. Zoekoe  |  April 16, 2008 om 8 : 07

    Dis ook maar toevallig Adrie !

  • 10. Zoekoe  |  April 16, 2008 om 8 : 10

    Hallo Bos ! 😀 😀 (Adrie, sal jy asb poskantoor wees?)

  • 11. Adrie  |  April 16, 2008 om 8 : 17

    Zoeks

    Een in ‘n leeftyd?

  • 12. Adrie  |  April 16, 2008 om 8 : 17

    Zoeks

    Het ek ‘n keuse?? Duidelik nie.

  • 13. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 8 : 34

    Môre Almal,
    ek het gister so hard gespeel my hoop werk lyk soos Everest!! En ek is nie ‘n goeie bergklimmer nie 😦
    Hoekom kan mens nie geld van bome afpluk nie? sug..

  • 14. Adrie  |  April 16, 2008 om 8 : 37

    More Wip

    Want dan sou bome nie soveel blare gehad het nie. Dit sou alles afgesteel gewees het.

  • 15. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 8 : 50

    Ag Adrie moet jy nou my bubble bars???

  • 16. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 04

    Wip

    Dit is feite. Een of ander dom donner sou als gaan verbrand het. Of niemand sou bome he nie. Of ons het op ‘n ander stelsel handel gedryf.

  • 17. Bos  |  April 16, 2008 om 9 : 05

    Mens kan ook maar net wens wip!! Ek droom die selfde drome as jy!!

  • 18. Bos  |  April 16, 2008 om 9 : 06

    Jaai!!!!! Ek kan weer praat!!!! Hoor die engele koor, hoor die harpies en vioole!!!

    Eks teruuuuugggg!!!!😆

  • 19. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 09

    BOS!!!!!!!

    Mwah. Moenie vir iemand se ek het jou gesoen nie.

    Welkom terug.

  • 20. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 13

    Ok dan sal ek maar hierdie Everest aanpak… aangesien julle nou nie weet van daardie boom nie. Ek kyk die werk vanoggend baie kwaai aan, miskien hardloop dit weg!

    Adrie ek wil net sê, jy is cruel, ek sien nou waarvan jy praat as jy sê jy los lyke agter! Jy is veronderstel om my beter te laat voel,
    Bos dankie dat jy by my staan tsk die Adrie kan ook so hard wees! Moenie simpatie van haar verwag nie, my geheue is soos ‘n olifant Witch ek gaan jou kry!!! Geen koekies of enige eetgoed weer van my nie, my koskas is toe!!! Tick-a-locks!!

  • 21. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 15

    Adrie, flerrie! Jy soen nou net vir Bos omdat hy nice is met my!

  • 22. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 17

    Wip

    My vy. Dit was ‘n piksoentjie op die wang. Gross!!!! Ek sal Bos never french nie. EEEEEEUUUUUUWWWWWWW!!!!!!!!! Bos is ‘n sit.

    Jy is lelik met my en ek wou jou tjoklits stuur. Aangesien ek in so ‘n goeie bui is, sal ek dit maar doen.

  • 23. Zoekoe  |  April 16, 2008 om 9 : 18

    Wipneus, jy weet mos nou al teen die tyd dat Adrie nie ‘n nice peroon is nie…..😮

  • 24. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 21

    Zoekoe

    Ek het haar dit al lankal gese, maar sy wil my nie glo nie.

  • 25. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 22

    Zoekoe ek sien dit nou te duidelik! Sy is altyd lelik met almal, ek wonder of sy ‘n hart het?

    Adrie dankie vir die chocolates ek laat my nie omkoop, maar moenie dink ek sal dit nie hou nie!!!

    Piksoen???? daar is niks met my ore verkeerd nie ek het mwah gehoor en nie “pik”

  • 26. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 24

    Zoekoe ek sien jy is ‘n groot Laurika fan, watter is jou gunsteling liedjies van haar?

  • 27. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 24

    Wip

    Moenie se dat ek jou nie gewaarsku het nie. As Bos en die Ousie jou bliksem, gaan ek net popcorn skiet.

    Ek dink as jy mooi vra, sal Bos jou soen.

  • 28. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 29

    Adrie, hulle sal my eers moet vang, maar hoekom sal Bos my nou slaan, dink jy daai mwah help iets, Jy mwah nou en net-nou swaai jy om en slaan iemand met ‘n hammer op dieselfde mond wat jy nou net gepik het!

    Bos “pik pik” ek jou deftig in die lug op elke wang 🙂

  • 29. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 33

    Wip

    Kies ‘n vinger, enige vinger.

    Nee nee – jy is te stadig. De, vat die pinkie. Jy verdien nie die groot een nie.

    O ja, Sam is nogal vinnig.

  • 30. Zoekoe  |  April 16, 2008 om 9 : 35

    Wipneus, ek laaik kinners vannie wind, en stile waters, mannetjies roux, aag amper alles van haar, blouberg ens !

  • 31. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 37

    Een van favourite liedjies van Laurika is Huisie by die See. Nog ‘n moeroue gedig in Afrikaans, maar dit is so waar. Laat ek die woorde gaan soek.

  • 32. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 38

    Adrie dankie vir my chocolates, oe! my hart, ek het nog nooit sulke lekker choclates geëet nie, mmmm…. 😀
    Ok, ek is op die oomblik nie meer kwaad nie, hou maar jou pinkie.
    Sam is glad nie vinniger as ek nie, ek is so vinnig soos Zoekoe se cortina op die highway!
    Ek het haar dan glad gewen met die “eerste” storie, nee, sorry my dogtertjie hier verloor jy…. ek hardloop soos die wind, nou is ek hier en dan is ek weg….. soos ‘n verskietende ster.

  • 33. Pikkelik  |  April 16, 2008 om 9 : 39

    Ek is ook mal, gek en bossie op Laurika Rauch! Ek het my kinders grootgesus op haar liedjies en wragtig nog nie een show van haar gesien nie. Ek dink ek moet skimp vir my verjaarsdag… 🙂

  • 34. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 40

    EK HET ‘N HUISIE BY DIE SEE, DIS NAG
    EK HOOR AANEEN, AANEEN, DIE GOLWE SLAAN
    TEENAAN DIE ROTS WAAROP MY HUISIE STAAN
    MET AL DIE OSEAAN SE WOESTE KRAG
    EK HOOR DIE WINDE HUIL, ‘N KREUN, ‘N KLAG
    SOOS VAN VERLORE SIELE IN HUL NOOD
    AL DWALEND, KLAGEND, WAT IN GRAF EN DOOD
    GEEN RUS KON VIND NIE MAAR NOG SOEK EN SMAG

    MY VUURTJIE BRAND MY KERSIE GEE SY LIG
    EK HOOR DAN MAAR DIE STORM DAARBUITE
    EK HOOR HOE RUK DIE WINDE AAN MY RUITE
    HIER BINNE IS DIT VEILIG, WARM EN DIG.
    KOM NAG, KOM WEER EN WIND, KOM OSEAAN
    DIT IS ‘N ROTS WAAROP MY HUISIE STAAN.

    Dit is geskryf deur FA Fagan, lank voordat Laurika gebore is.

  • 35. Verons  |  April 16, 2008 om 9 : 40

    More! More ek hoop ek kan vandag darem saam kuier sonder kak!
    Ek self is nie juis ‘n Laurika fan nie maar ja ek dink daar is min mense wat nie ten minste een song van haar ken nie.
    Moet sê Blou is een van my gunstelinge, ek kan net nie vat aan haar kry nie en ek sal nie ‘n cd van haar koop nie maar wel een waar sy en ‘n verskeie ander kunstenaars ook op is! Ek dink sy sal te veel raak vir een mens.

  • 36. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 41

    Pikkie

    Jy moet my nie so vroeg in die oggend van my stoel af laat val nie. Jy jou kinders groot gesus. Jou mini’s is nog kleuters en kan nog nie eers bestuur nie.

  • 37. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 46

    mmm…my ma is mal vir Laurika se musiek! ‘n Cd van Laurika maak haar dag! Mens moet eindelik na die woorde van haar musiek luister, daar is altyd ‘n mooi storie!

    Hello Verons, wie het jou kak gegee sê net dat ek jou kan help!!

  • 38. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 47

    Verons

    O so sentimenteel van Laurika sal my na selfmoord dryf. Regtig, ek is dadelik naar as ek daaraan dink. Jy is te dierbaar dryf my na drank.

    Ek is eerlik as ek se ek het waardering vir haar, maar sy is nie my gunsteling nie. Ek sal nie na ‘n konsert van haar gaan nie.

  • 39. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 9 : 49

    Adrie???????????? wanneer kom jy na my toe? Ons het werk!

  • 40. Adrie  |  April 16, 2008 om 9 : 53

    Wip

    Huh? Gebruik jy my naam en werk in een sin?? Jy kan my nie bekostig nie.

  • 41. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 10 : 00

    Ek wil jou oor-en-teer. 🙂 bietjie meer sentimenteel maak, jou hart bietjie sagter maak, dat hy ordentlik kan begin pomp!!

  • 42. neykie  |  April 16, 2008 om 10 : 02

    my favourite liedjie van laurika is die mense op die bus en droom

    😆

  • 43. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 03

    Wip

    My fietspomp is in goeie werkende orde. Ek olie dit elke nou en dan.

  • 44. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 04

    Neykie

    Jy het my. Ek ken nie eers Droom nie. Kan jy ons die woorde gee?

  • 45. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 10 : 04

    Ek kom agter Laurika het baie bewonderaars!

    Adrie jy gebruik die verkeerde olie. Koop volgende keer Castrol gtx

  • 46. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 11

    more more

    ja ja ek weet eks laat maar mens noem dit loadshedding. dankie a3 ek skuld jou enekie. eks is mal oor laurika. en ja ek weet iemand het alreeds die blogvraag reg maar dis nie my skuld nie, blame eskom.

    BLOU

    AS DIE SKEMER KOM EN HY VANG MY BY JOU EN HY STUUR JOU TERUG NA JOU HUIS TOE WIE SOU VERSTAAN HOE EK SOU VOEL WIE SOU VERSTAAN ORAL OM, OM MY HEEN IS DIT BLOU WANT EK WIL BY JOU WEES EK WIL BY JOU WEES
    VANAAND

    TYD EN PLEK
    BEPAAL WAT GEBEUR
    NIEMAND KAN DIT KEER NIE
    SÊ MY WAT’S REG
    EN WAT IS VERKEERD
    WIE SOU BEPAAL?
    ORAL OM, OM MY HEEN
    IS DIT BLOU
    WANT EK WIL BY JOU WEES
    EK WIL BY JOU WEES
    VANAAND

    KOOR:
    ALLES IS BLOU ALLES IS BLOU
    BLOU IS DIE WOLKE
    BLOU IS DIE MAAN
    BLOU IS DIE VENSTER WAARBY EK STAAN
    BLOU IS MY HART EN
    BLOU MY GEDAGTES
    BLOU OM MY HEEN
    ALLES IS BLOU
    ALLES IS BLOU
    ALLES IS BLOU
    ALLES OOR JOU

    AS DIE SKEMER KOM
    EN HY VANG MY BY JOU
    EN HY STUUR JOU TERUG NA JOU HUIS TOE
    WIE SOU VERSTAAN HOE EK SOU VOEL
    WIE SOU VERSTAAN
    ORAL OM, OM MY HEEN
    IS DIT BLOU
    WANT EK WIL BY JOU WEES
    EK WIL BY JOU WEES
    VANAAND

    Woorde en Musiek: André Swiegers
    Uitgewer: Select Musiek Uitgewers

  • 47. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 13

    Wip

    Caltex is te vuil.

  • 48. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 16

    DROOM
    VER AGTER DIE SKIMME VAN GISTER
    GAAN HAAL EK ‘N DROOM
    EN DIE DROOM SE NAAM IS JY
    EK SIEN JOU SOOS JY TOE WAS
    EK SIEN JOU SOOS JY NOU IS
    EN EK BESEF VIR ALTYD
    BLY JY DIE DROOM VIR MY
    KOOR:
    STIL HET JY HIER IN DIE OMHELSING VAN MY HART KOM LÊ
    EN EK SAL JOU NOOIT LAAT GAAN
    JY IS AL WAT EK MY LEWE LANK WIL HÊ
    ‘N DROOM WAT EWIG VOORTBESTAAN
    EK IS GELUKKIG IN MY DROOMWÊRELD
    EN NIKS SAL MY OOIT
    VAN JOU KAN VERVREEM
    MY DROME WORD AL SOETER
    EK KRY JOU DAAGLIKS LIEWER
    EN JY GEE SOVEEL MEER
    AS WAT JY OOIT KAN NEEM
    KOOR
    Woorde en musiek: Johan Wessels
    Uitgewer: April/Panorama

  • 49. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 20

    DIE MENSE OP DIE BUS
    KOOR (1):
    SING VIR MY SAGGIES, SING VAN DIE REËN
    WAAR KOM DIT VANDAAN, WAAR GAAN DIT HEEN?
    MY HART IS AL LANKAL, LANKAL GEBREEK
    EK HET JOU BYNA, JOU BYNA VERGEET
    DIE MENSE OP DIE BUS BESKOU
    DIE LIEFDE SOOS DIE OGGENDDOU
    MY HART IS LANKAL REEDS GEBREEK
    EK HET DIT NET-NET WEGGESTEEK
    DALK IS DIE LIEFDE SOOS DIE REËN
    DIT SAL DIE AARDE PLEK-PLEK SEËN
    DIE MENSE OP DIE BUS SÊ JA
    VERSPREIDE BUIE HIER EN DAAR
    KOOR (1)
    DIE MENSE OP DIE BUS WIL HOOR
    WAAR HET JY EERS JOU HART VERLOOR?
    DIE MENSE OP DIE BUS SÊ NEE
    DAAR’S BAIE VISSE IN DIE SEE
    MY HART IS AMPER WEER GEBREEK
    EK HET DIT NET-NET WEGGESTEEK
    DIE MENSE OP DIE BUS BESKOU
    DIE LIEFDE SOOS DIE OGGENDDOU
    KOOR (2):
    SING VIR MY SAGGIES, SING VAN DIE REËN
    WAAR KOM DIT VANDAAN, WAAR GAAN DIT HEEN?
    MY HART IS AL LANKAL, LANKAL GEBREEK
    EK HET JOU BYNAAM, JOU BYNAAM VERGEET
    2X KOOR (1)
    …EK HET JOU BYNAAM, JOU BYNAAM VERGEET
    Woorde en Musiek: Christopher Torr
    Uitgewer: ©Chris Torr Music

  • 50. Bos  |  April 16, 2008 om 10 : 21

    Wip

    *Pik*Pik* terug op elke wang!!

    Ek is mal oor Liesa se klavier en blouberg se strand.

    Adrie

    Dankie vir die lekker mwha!! ek gaan hom vat en in my sak bere vir afedence …… boewhhhahhhahhha!!

  • 51. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 24

    Lilly

    Maar jy sing omtrent lekker vandag. Het jy Laurika al live gesien?

    Bos

    Ek gaan jou so hard moer, jy gaan dink jy is ‘n seuntjie.

    My fok, dit is my blog. Ek sal so vinnig post as wat ek wil

  • 52. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 28

    A3

    nee ongelukkig nie. en ekt nie nodig om vir jou te se hoe graag ek al wou nie.

  • 53. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 32

    Lilly

    Toemaar, ek dink Tannie Laurika gaan nog lank sing. So lank as daar ‘n saal is met groot genoeg deure.

  • 54. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 36

    A3

    ek wil se sies maar dis waar.

  • 55. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 10 : 38

    Wow, ek is mal oor droom se woorde, hoe klink die wysie, kan ek maar my beursie oopmaak?

  • 56. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 43

    1

    2

    3

    4

    5

    6

    7

    8

    9

    10

  • 57. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 43

    Lilly

    Ek dink daar gaan ‘n paar mense wees wat nie gelukkig gaan wees met my opmerking nie.

    Ek hoop net nie Tannie Laurika rooflees dalk nie. As sy op my gaan sit, gaan daar maar min oorbly.

    Wie is eindlik die held met haar musiek? Sy wat dit sing of die mense wat dit geskryf het?

  • 58. Wipneus!  |  April 16, 2008 om 10 : 44

    Adrie wat gaan aan met jou, moet jy dokter toe gaan

  • 59. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 44

    Ek het nie geweet dat dit gaan help om S-T-A-D-I-G tot 10 te tel nie.

  • 60. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 10 : 45

    Mirrag!

    Ek is in ‘n kak mood vandag. My internet willi werki, hulle wil my pratige silver kar vat en my ‘n rooie gee. Ek het gister aand in koue water gebad. My foon is in vir repairs en ek het ‘n kak foon gekry as ‘n loan foon! EK KANNI BLOG NIE! EK KANNI MXIT NIE! EK KAN 4KOL DOEN!

    En ek dink die antwoord is Koos Kombuis

  • 61. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 47

    Drieling!

    En Wip het jou gewen ook. Hoekom kan jy nie meer jou eie kleur kies nie?

  • 62. Adrie  |  April 16, 2008 om 10 : 51

    Alle Laurika Fans

    In groete aan Mannetjies Roux, is daar dele van Nkosi Sikelele i Afrika in? Of bedrieg my ore my?

  • 63. *lilly*  |  April 16, 2008 om 10 : 58

    sammie ons dink darm nog aan jou

    wip ek kry nerens die liedjie droom op die net nie. google is sommer strond. dis baie mooi nes die woorde.

  • 64. *lilly*  |  April 16, 2008 om 11 : 04

    A3

    of ek luister skeef of jy luister skeef want jy hoor dit en ek nie so ja ek weet nie

  • 65. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 06

    Lilly

    Niemand dink ooit daaraan om Afrikaanse liedjies op die net te sit nie.

  • 66. *lilly*  |  April 16, 2008 om 11 : 09

    ja weet jy ek sukkel my vrek om bikie van haar goed in die hande te kry

  • 67. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 11 : 46

    Ek kon nie gister saam sing nie so ek ga vandag vi julle sing!

    SAM Q
    I feel pretty,
    Oh, so pretty,
    I feel pretty and witty and bright!
    And I pity
    Any girl who isn’t me tonight.

    I feel charming,
    Oh, so charming
    It’s alarming how charming I feel!
    And so pretty
    That I hardly can believe I’m real.

    See the pretty girl in that mirror there:
    Who can that attractive girl be?
    Such a pretty face,
    Such a pretty dress,
    Such a pretty smile,
    Such a pretty me!

    I feel stunning
    And entrancing,
    Feel like running and dancing for joy,
    For I’m loved
    By a pretty wonderful boy!

    A3
    Have you met my good friend Maria,
    The craziest girl on the block?
    You’ll know her the minute you see her,
    She’s the one who is in an advanced state of shock.

    She thinks she’s in love.
    She thinks she’s in Spain.
    She isn’t in love,
    She’s merely insane.

    It must be the heat
    Or some rare disease,
    Or too much to eat
    Or maybe it’s fleas.

    Keep away from her,
    Send for Chino!
    This is not the
    Maria we know!

    Modest and pure,
    Polite and refined,
    Well-bred and mature
    And out of her mind!

    SAM Q
    I feel pretty,
    Oh, so pretty
    That the city should give me its key.
    A committee
    Should be organized to honor me.

    A3
    La la la la . . .

    SAM Q
    I feel dizzy,
    I feel sunny,
    I feel fizzy and funny and fine,
    And so pretty,
    Miss America can just resign!

    A3
    La la la la . . .

    SAM Q
    See the pretty girl in that mirror there:

    WIP
    What mirror where?

    SAM Q
    Who can that attractive girl be?

    WIP
    Which? What? Where? Whom?

    SAM Q
    Such a pretty face,
    Such a pretty dress,
    Such a pretty smile,
    Such a pretty me!

    WIP
    Such a pretty me!

    DIE HELE BLOG
    I feel stunning
    And entrancing,
    Feel like running and dancing for joy,
    For I’m loved
    By a pretty wonderful boy!

  • 68. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 49

    Sam

    Raak jy op jou oudag ‘n dirigent??

  • 69. Adrie  |  April 16, 2008 om 11 : 49

    ‘n Dirigent met ‘n rooi kar.

  • 70. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 11 : 52

    @ A3

    Net toe ek van jou beginte hou………..

    Jy krap met ‘n 4kin kort stokkie aan die leeu se bal!

  • 71. Samantha Q  |  April 16, 2008 om 11 : 59

    Die ding vat te lank. Ek gaan gou rook

  • 72. Adrie  |  April 16, 2008 om 12 : 03

    Sam

    Nuwe blog met Tilla

  • 73. neykie  |  April 16, 2008 om 12 : 19

    Ver agter die skimme
    van gister
    gaan haal ek ‘n droom
    en die droom se naam is jy

    Ek sien jou soos jy toe was
    ek sien jou soos jy nou is
    en ek besef vir altyd
    bly jy ‘n droom vir my

    Stil het jy hier in die omhelsing
    van my hart kom lê
    en ek sal jou nooit laat gaan.
    Jy is al wat ek my lewe lank wou hê.

    ‘n droom wat hier nog voortbestaan
    ek is gelukkig in my droom wêreld
    en niks sal jou ooit van my kan vervreem
    My drome word al soeter
    en ek kry jou daagliks liewer

    Jy gee soveel meer as wat
    jy ooit kan neem….

  • 74. ADRIANA  |  April 16, 2008 om 12 : 21

    Dit is nogal mooi woorde as ek mooi daarna kyk.

  • 75. neykie  |  April 16, 2008 om 2 : 20

    is-is @a3

  • 76. Adrie  |  April 16, 2008 om 2 : 26

    🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: