Operasie Honger

April 11, 2008 at 4 : 59 30 Kommentaar

Michael is ‘n seuntjie van 4 jaar oud.  Sy blonde haartjies is te lank, sy gesiggie is nors en sy ogies bloedbelope.  Hy vergesel vandag sy kleuterskool na die dieretuin.  Al sy maatjies is minder bevoorreg.  Die dag in die dieretuin is vir hulle ‘n fees.  Hulle sien olifante, renosters, leeus, apies en bokke.  Vir Michael is die hoogtepunt wanneer die broodjies uitgedeel word.  Hy hou die broodjie so styf vas dat die vulsel uitpeul terwyl hy dit hongerig eet. 

Tannie Elsa se hondjie is haar hele lewe.  Haar enigste maatjie en die punt van haar hart.  By die Spar word die blikkie kos sorgvuldig uitgesoek.  Tuis gee Tannie Elsa haar hondjie kos.  Sy maak vir ‘n koppie tee en kyk hoe die hondjie eet.  Vir ‘n oomblik beny sy die brak en wil ook ‘n happie neem.  Maar wat as daar nie genoeg vir Toiings is nie?

Die wind waai deur murg en been buite die staats teater.  Jabu lê voor die hysbakke.  Die enkele kombers is oor sy kop getrek.  Sy voete steek uit, maar hy probeer om te slaap.

Retha se oudste seun is op suurstof gekoppel.  Hy is klaar met skool, maar kan homself nie help nie.  Thembi moet hom deur die dag versorg en sy het haar eie gesin ook.  Sy kan nie gratis werk nie, al wil sy hoe graag.  Neels sukkel om ‘n ongeskikheidstoelaag te kry, sy jonger 2 boeties gaan nog skool ook.  Retha se man ondersteun haar glad nie en haar salaris gaan net so ver.  Gelukkig kan hulle darem nog droë brood en tee geniet.

Filemon het heeldag by die robot vrugte verkoop.  Teen 23h00 die aand is hy nog steeds by die kruising.  Bibberend teen die koue, besig om ‘n streetwise 2 te eet.  Hy gooi sy houer in die asdrom en krul dan op om te slaap.

Hierdie gevalle is nie uit my duimgesuig nie.  Ek het al hierdie mense gesien, al het ek hulle name gegee.  Trotse mense, bereid om te werk.  Nie een van hulle het by my gebedel nie.  Mense wat my laat skuldig voel omdat ek oorgewig is.  Dat ek my geld verkwis, dat ek soveel onnodige nonsens het, dat ek in my warm kar net verby ry.  Ek is bederf.  Ek kan kies wat ek wanneer kan eet, baie mense het nie eers daardie keuse nie.

1 biljoen mense ly honger wêreldwyd.  24 000 mense sterf daagliks aan honger.  Die goeie nuus is dat dit 10 jaar terug 35 000 mense was.  Ek dink die getalle is ‘n absolute skande.  Boendoe het onlangs van ‘n geval op haar blog gepraat.  Dit is orals om ons.  Doen ons genoeg om dit aan te spreek?

Dit is weer tyd vir ‘n blogprojek.  Besonderhede volg Maandag.

Blogvraag:  Wie was die man agter Band-Aid?

Blogantwoord:  Samantha Q was reg met Mary Austin.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

BLOGJOL!!!! Blogprojek

30 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  April 11, 2008 om 5 : 05

    Earle Dickson. “Earle Dickson Invented the Band-Aid to Save Wife’s Fingers. Earle Dickson was employed as a cotton buyer for the Johnson & Johnson when he invented the band-aid in 1921. His wife Josephine Dickson was always cutting her fingers in the kitchen while preparing food.” Fanks Google.

    Wat ‘n depressing dag! En jy help nie veel nie!! Geniet die blogjol. Ek kan nie wag om te hoor wat is die projek…

  • 2. Roer  |  April 11, 2008 om 5 : 05

    Terloooooooooooooops, EERSTE!!!!!!!!!!!

  • 3. Salomè  |  April 11, 2008 om 5 : 12

    Roer
    Het vi jou die inligting op blog gesit.

    Adrie
    Ek hoop jy voel nou sleg. Hier staan ek myselwers heel middag en afsloof aan die tjoklit koek en tert wat JULLE georder het en nou kom staan vertel jy vir my hierdie goed op jou blog.

  • 4. boendoe  |  April 11, 2008 om 5 : 13

    Ek neem aan tweede is nie juis iets om te celebrate nie??😛 Ja, ek wag ook in spanning op nuus van die blogprojek…

  • 5. Adrie  |  April 11, 2008 om 5 : 14

    Roer

    Jy leer mooi, hoor. Ek is trots op jou.

    Salome

    Sorry, die blog is vir Maandag bedoel gewees.

  • 6. boendoe  |  April 11, 2008 om 5 : 14

    Damn! En daar’s ek 4e! 😈

  • 7. Roer  |  April 11, 2008 om 5 : 16

    Salome, jy’s ‘n ster. Het gekry. Dankie.

  • 8. ADRIANA  |  April 11, 2008 om 5 : 19

    Boendoe

    Jy was derde. Die ousie gaan julle kom vloek omdat julle haar plek gesteel het.

    Ek gaan my nou nie met ‘n geselsery laat uit lok nie. Ek moet winkels toe.

  • 9. Zoekoe  |  April 11, 2008 om 5 : 26

    En toe word ek dors !

  • 10. Salomè  |  April 11, 2008 om 5 : 37

    Adriana
    Ek hoop nie jy wil nou eers jou blog kos gaan koop nie. Die naweek hongeriges het definitief al klaar al die lekker goed op gekoop.

    Adrie
    Sinugraine – natuurlike sinus en hoofpyn medisyne by enige ordentlike apteek. Het dit gedrink terwyl ek verwag het, so dit het geen newe effekte. Dit werk soos ‘n bom.

    Zoekoe
    Jy moet bietjie drinkgoed bêre vir more ok.

  • 11. Zoekoe  |  April 11, 2008 om 5 : 57

    Eish !!! Ja Salomè, ek sal biekie bere vir more 😆

  • 12. Zoekoe  |  April 11, 2008 om 5 : 58

    EK het twee chekkas sakke vol hoete gekoop vir more, ek hoop dis genoeg, want ek ken nie van piekniek nie

  • 13. altandrea  |  April 11, 2008 om 7 : 35

    hi roer, ja, ons kla met die witbrood onder die arm en die jem wat tussen ons vingers vassit!
    net jammer daar is soveel chancers, wat mense se goedheid uitbuit!
    maar laat dit ons nie afsit om goed te doen!
    sterkte met jou projek, sal graag wil weet wat dit is.
    antie koekie

  • 14. ADRIANA  |  April 11, 2008 om 7 : 42

    Sam

    Jy slaap!

    Antie koekie, ek sal my nie aan my neus rondlei nie. Ek sal venote kry om my te help keur.

  • 15. Samantha q  |  April 11, 2008 om 8 : 06

    4k 4kitti 4kin 4k 4k! Ek is seker julle het aspris die stjoepid nuwe blog weggehou van my sodat ek nie EERSTE kan wesi! Gmpf!

  • 16. Pikkelik  |  April 12, 2008 om 1 : 04

    Ag A3, Dit is hartseer maar dit is die werklikheid. Mense kry swaar, en dit is nie net die tipe swaar wat jy genoem het nie, daar is miljoene ander wat tussen ons beweeg en werk en bly wat ons nie eers van weet nie. As dit maar net in ons mag was om almal te help, maar miskien is die een of twee wat ons help die begin… Lekker naweek!

  • 17. Samantha q  |  April 12, 2008 om 2 : 54

    Lekka damduik party!

  • 18. Samantha q  |  April 12, 2008 om 6 : 40

    Sjoe! Wat ‘n fees! Rooiwyn, kos, rooiwyn, chips, rooiwyn, dip, rooiwyn, wors, rooiwyn, water, rooiwyn en nog meer rooiwyn!

  • 19. ADRIANA  |  April 12, 2008 om 7 : 24

    Ek is doodmoeg. Lekker tuisgebakte koek, cremora tert, wyn, kos, seekoeie, goeie geselskap, lekker weer en n moerse steil opdraande. Dankie bloggers, ek het lekker gekuier.

  • 20. Roer  |  April 12, 2008 om 7 : 25

    Ek hoop daar was darem genoeg rooiwyn!😆

  • 21. ADRIANA  |  April 12, 2008 om 8 : 08

    Roer

    Jong! Net-net. Anders was ons nou onwettig in die reservaat. Dit is klaar rooi geverf vanmiddag, dan was daar pers strepe deurgetrek. Julle Kapenaars soek seker ook nog wyn. Pta het niks meer oor nie. Maar ons het nog kos oor . . .

  • 22. Salomè  |  April 13, 2008 om 7 : 34

    Adrie
    Ja baie dankie. Dit was ‘n mooooose lekker jol.

    Net jammer dit was so duur jol vir ons. By die huis gekom het hulle die garage oop gebreek , ses van Hendrik se batterye gegaps en die kinders se fietse. Stefan s’n het hy maar 2 weke terug vir verjaardag gekry. Maar nou ja, such is life. {Dit was seker maar een van Adrie se hongeriges vir wie ek nie koek gebêre het nie.}

  • 23. Samantha q  |  April 13, 2008 om 1 : 08

    Saloom, agge nee! Die affirmative shopping sal seker nooooit ophou nie. Ai tog, ek hoop die versekering sal darem die gesteelde items vervang. Gelukkig was julle nie by die huis toe dit gebeur het nie. Ek sê altyd dat iemand wat kan steel, kan dood maak ook!

  • 24. Samantha q  |  April 13, 2008 om 1 : 15

    Roer, volgende party is by jou! Ek stel voor jy beginte nou al opstock met die wyn. Dan kan ons die hele Kaap se wyn opsuip!😉

  • 25. Salomè  |  April 13, 2008 om 1 : 50

    Sam
    Die fiets splinternuut en nog nie op en die batterye is deel van ‘n sisteem wat Hendrik more geinstalleer moet word so dit was ok nie verseker. Jy ken mos hierdie versekeringsmense; as dinge nie gespesifiseer is, cover hulle nie. Maar ons het vanmore gaan rondsnuffel en hier naby ons is ‘n pandjieswinkel wat skielik 2 sulke batterye het soos die wat weg is (splinternuut – toevallig nè). Ons het die speurders soontoe verwys. Hulle het ok darem ‘n hele handafdruk op die garage deur gekry. Ons het ok ‘n definitiewe verdagte en 2 ooggetuies. {Sjoe, het ok amper die SAPD se werk vir hulle klaar gedoen}

  • 26. Samantha q  |  April 13, 2008 om 2 : 05

    Saloom, dis jammer dat dit gedêk work nie. Probeer inelkgeval ‘n eis in sit. Hulle kan net sê ja of nee……

  • 27. Samantha q  |  April 13, 2008 om 3 : 58

    Eish! Daai 2:05 comment van my was nie EK nie…..uhm dit was die myprdol en antibiotika wat ek gedrink het.

  • 28. Samantha q  |  April 13, 2008 om 4 : 53

    Amper vigeet ek om te antwoord oppi blog vraag. Ek het geweet dis Johnson&Johnson maar ek moes gaan naslaan het oori naam. Antwoord= Earle Dickson en hyt vir Johnson&Johnson gewerk!

  • 29. Zoekoe  |  April 14, 2008 om 7 : 29

    Goeie More mense !!!! Die jol was lekker, die wat nie gekom het nie het definitief uitgemis !!!1

  • 30. Adrie  |  April 14, 2008 om 7 : 42

    More Almal

    Die wat die party gemis het, moet maar begin tabloids lees. Dit is al opwinding in hulle lewe.

    Salome

    Dit maak ‘n mens darem moerig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: