6 April – Stigtingsdag

April 6, 2008 at 1 : 27 161 Kommentaar

Vandag vier ek kolonialisme.  Onbeskaam en sonder verskonings.  My witvel op die Suidlike punt van Afrika.

Afrika, die regering, moontlik selfs die wêreld verwag van my om skuldig te voel dat ek my hier bevind?  Hoekom?  Selfs in die Voortrekkers se tyd was Suid-Afrika meerendeels onbewoon.  Hulle het nie ‘n bloedspoor gelos soos hulle getrek het nie.  Die Europeërs het immers die wiel na Afrika gebring, die enigste kontinent waar dit nooit uitgevind is nie. 

Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 hier voet aan wal gesit.  Hy het ‘n blanke nedersetting aan die suidpunt van Afrika gevestig.  In opdrag van die VOC ‘n halfwegstasie na Asië.  Niemand het die Hottentotte gekeer om self aan so iets te dink nie.  Was dit nie Van Riebeeck het, het iemand anders dit kom doen.

Ek dink dat dit belangrik is om die dae te vier wat vir ons belangrik is.  Ek vra nie dat 6 April ‘n vakansiedag word nie, ek vra net dat dit nie vergeet word nie.  Ons mag en moet trots wees op ons herkoms.  Dit beteken nie dat ons rassiste is nie, dit beteken nie dat ons Apartheid goedkeur nie – dit beteken net dat ons ‘n volk is met ‘n liefde vir ons self.

Ek moet toegee, ek is nie mal oor Jan van Riebeeck nie.  Hy was immers die eerste korrupte leier in Suid-Afrika.  (Hy was as hoof van die handelstasie by Tolkin, Vietnam onttrek omdat hy vir homself handel gedryf het.)  Ek hou nie van die manier hoe hy die Hottentotte verslaaf gemaak het of sy burgers behandel het nie.  Maar vir vandag (en 7 April, aangesien dit vandag ‘n Sondag is en ek ‘n Nuwe Suid Afrikaner) sing ek uit volle bors.

“Dankie vir Jan van Riebeeck

Ons sal jou nooit vergeet.

Dankie 1652

Net vir hierdie dag”

Blogvraag:  Wat was die naam van die skepe in Van Riebeeck se vloot?

Blogantwoord:  Nico was eerste reg met Stigtingsdag.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Laaaaannnnnnggggggg Vingers ‘n Veilige Huwelik

161 Kommentaar Add your own

  • 1. Tinkerbell  |  April 7, 2008 om 12 : 37

    Haloooooooooo!! Terug weer…

  • 2. Samantha Q  |  April 7, 2008 om 12 : 44

    ‘n Seuntjie wat die eerste keer in die kerk kom, sien hoe die kolektebordjie omgestuur word vir die offergawe. Toe die bordjie by sy pa kom, sê hy dat almal dit kan hoor “Moenie vir my betaal nie – ek is nog onder vyf!”

  • 3. Zoekoe  |  April 7, 2008 om 12 : 44

    Hallo Julle ! ! !

    Ek stem 101 % saam met jou Adrie, ek is trots om my hollandse voorvader, ek is immer aan albei my ouers se kant af hollands (suidafrikaans) Ek hier was absoluut niks in afrika behalwe modder hutte, en assegaaie nie… so dis ‘n feit soos ‘n koei dat europeers beskawing hier na afrika gebring het ! 😀

  • 4. Rooi Koos  |  April 7, 2008 om 1 : 07

    Jan Van Riebeeck n wilde knaap gewees. Almal moes op n sondag kerk toe gaan. As jy nie opgedaag het nie dan het hy een week se wyn ransoen van jou weg gevat as jy weer nie opdaag nie dan moes jy vir n jaar verniet werk. As dit dan weer gebeur het dan het hulle n losskoot bo jou kop af gevuur terwyl jy teen n boom staan. Miskien oordryf ek nou maar dit was so iets gewees die straf , of hulle het jou gekielhaal dan sleep hulle jou onder die boot se kiel deur en as jy nie verdrink het nie was dit dan oraait. Hy het Herrie Lospoot ek dink dit was sy naam Roben eiland toe geverban. Die ou het toe na n jaar of twee daar van af ontsnap.

  • 5. Adrie  |  April 7, 2008 om 1 : 13

    Hey Zoeks

    Geweet jy gaan van die post hou.

  • 6. Adrie  |  April 7, 2008 om 1 : 16

    Rooies

    Jy is nie ver uit nie. Ek gaan my nie oor die strawwe uitlaat nie, maar jy moes in die kerk gewees het. Ek dink darem net matrose was gekielhaal. Van Riebeeck het wel mens laat laars en gebrandmerk. Mense wat met sodomonie betrap is, is ook doodgemaak. Jou vingers en ore was ook afgesny as hulle dit goed gedink het.

  • 7. Adrie  |  April 7, 2008 om 1 : 51

    O ja, hulle het ook mense se hande teen pale met messe vasgekap. Dankie dat ek nou eers lewe.

  • 8. Zoekoe  |  April 7, 2008 om 1 : 56

    Ja Adrie, dinge was baie anners in die ou dae, dis hoekom mense daai tyd nogal respek vir die reg gehad het !! of is dit vrees?

    anyway, onthou ‘n klomp matrose was nou nie die “cream of the crop” van die mensdom nie.

  • 9. Adrie  |  April 7, 2008 om 2 : 23

    Zoekoe

    Ja, maar hulle was darem onmenslik wreed gewees.

  • 10. Zoekoe  |  April 7, 2008 om 3 : 04

    Die mens is maar nog altyd onmenslik wreed gewees, en moenie dink dat dit nie deesdae nog in party lande gebeur nie…. Die mens leer nie uit sy geskiedenis nie…. !

  • 11. Adrie  |  April 7, 2008 om 3 : 46

    Sad but true.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: