Laaaaannnnnnggggggg Vingers

April 4, 2008 at 12 : 09 30 Kommentaar

Ek was onlangs by die winkel op die hoek.    Terwyl ek in die tou gestaan het, het ek gesien hou boender 3 groot mans ‘n ander man na buite – waar daar geen lede van die publiek is nie.  Ek was in die verre verlede self ‘n kassier gewees, dus weet ek wat gaan gebeur.  Hulle gaan die man halfdood slaan, in die yskas gooi dat die swelling kan sak  en dan huis toe gepos.  Ek het my inkopies net daar gelos en geloop.  In my boeke is aanranding / poging tot moord erger as diefstal.

Ek het agterna begin dink.  Wat sou gebeur as die eienaars die polisie sou bel?  Die polisie sou waarskynlik nie opdaag nie.  Hoe moet hulle dan hulle winkel se inhoud beskerm?  Kan hulle elke dief dwing om daarvoor te werk?  Wat is die oplossing?  Het ek die reg gehad om vir hulle kwaad te word?  Dalk is dit tyd dat die wet in eie hande geneem word.

Ek voel nog steeds nie gemaklik met wat gebeur het nie en ek koop nie meer by daardie winkel nie.  Ja, ek het ook nie antwoorde nie.  Ek kan net die SAPD blameer, en dit help niks.

Ek het my daaglikse rooflees afgehandel en op ‘n regtige hartseer blog afgekom.  Die eienaar is ten volle in haar reg om my te kom aanrand.  Zee se seun en vriendin het een van haar kosbaarste besittings gesteel.  Nie in geld nie, maar aan herinneringe.  Om die geld wat hy daarvoor gaan kry vir dwelms aangewend.  My eerste reaksie is, gee hom vir Sam.  Maar dan . . . my eerste paragraaf.  Wat staan ‘n mens te doen? 

Blogvraag:  In die ou bedeling, wat sou Sondag (6 April) gevier gewees het?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Spencer.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Attitude is a little thing that makes a big difference 6 April – Stigtingsdag

30 Kommentaar Add your own

  • 1. Rooi Koos  |  April 4, 2008 om 12 : 23

    Diefstal het my laat besluit om my besighede te verkoop. En dit was meestal personeel gewees.

  • 2. Bos  |  April 4, 2008 om 12 : 36

    Adrie

    n Mens hoor altyd hoe die ouens gevang is en dan n ‘pakslae’ gegee was, maar ons dink nooit hoe erg die vorm van lyfstraf raak nie. Die lyfstraf gaan inelkgeval ook nie veel help nie, want as daai persoon nie weer terug gaan na daai winkel toe nie, gaan hy wel steel in n ander!!

    die polisie is iedergeval so dem useless dat mens nie anders kan nie, en anyway, daai kroek bribe hulle om die hoek anyway met iets en dan laat gaan die polisie hom.

  • 3. Nella  |  April 4, 2008 om 12 : 37

    Waar trek mens die streep??? Elke oortreding wat iemand krimineel aan ‘n onskuldige persoon doen het nagevolge en pyn, dis net op verskillende maniere wat daai pyn aan jou raak.

    Ek het al oorweeg om op te hou koerant en tydskrifte lees want ek raak so opgewerk ek sweer ek gaan ‘n aar bars – en dan het dit nie eers met my gebeur nie.

    Verlede jaar Augustus toe hulle my huis leeg gedra het – het ek seker gemaak mense weet hoe ek voel – my man het nog gekeer dat ek se wat ek se – maar ons buurtwag mense het verstaan en gese hy moet my los sodat ek die woede kon uitkry – baie van my kosbaarste goed is gesteel onder andere ‘n perel halsnoer wat ek ontwerp het van perels wat my vriendin wat ‘n jaar terug oorlede is vir my geskenk gegee het – nou is als weg – sy en haar geskenk aan my – so dis wat ek bedoel met pyn….. om aangerand te word is fisiese en emosionele pyn en dinge wat met jou gebeur buite jou beheer en weer ‘n ander invloed op jou – want nou is ek paranoid as dit aand word – en oor die verlies

  • 4. Adrie  |  April 4, 2008 om 12 : 46

    Ek het selde nog my goed aan liefdadigheid geskenk. Dankie tog. Maar wat ‘n mens kan doen weet ek nie.

    Ek het eendag joolblaaie verkoop en die geld net in my agtersak gedruk. Toe ek iets daar voel beweeg gryp ek net, en kry Mnr redhanded. Ek het mooi sy hand gelos, my hand uitgehou vir wat hy probeer steel het. My geld mooi gebere, toe my hand uitgehou vir nog tot hy niks meer gehad het nie. Hy het nie soveel as ‘n Joolblad by my gekry nie, en liefdadigheid het mooi geglimlag.

  • 5. platterfuss  |  April 4, 2008 om 12 : 56

    eish…..

  • 6. Wipneus!  |  April 4, 2008 om 1 : 14

    Adrie ek gaan self nog deur ‘n ding, ‘n ou het laas jaar R530 000 van ons gesteel dis nou hooggeregshofsake, Meneer hou ook nie op nie hy het ‘n BEE saak, en het nou besigheid van miljoene rande gekry, daar was nie ‘n tender uitgegee nie,(dus sonder ‘n tender kry hy ‘n 20 miljoen kontrak) hy sorg vir iemand in die staatsdiens se sak (miljoene vrou). Hy wou ons ook hierby betrek maar ek steel nie. punt. Die man steel miljoene van ons belasting geld en ons kan niks doen nie, waar gee jy dit aan, hulle is ook so skelm hulle het maniere dat hulle nooit getrace kan word nie. Ek kyk almal nou met ‘n hout-oog kyk vertroue kom nie meer so maklik by my nie!!

  • 7. Zee  |  April 4, 2008 om 1 : 20

    Adrie, ekke nie hier om jou aan te rand nie!!

    Weet jy, ek kan dit vervang maar soos jy sê, ek kan nie die memories terug kry nie.

    Bos, dis so waar wat jy sê, my kind het dit al self vir my vertel.
    Maar polisie toe gaan ek as ek nie by 4uur my laptop terug het nie en hulle moet dan maar die gevolge dra!

  • 8. Jaco  |  April 4, 2008 om 1 : 40

    Steel is verkeerd en aanranding ook. Punt. Albei partye het waarskynlik geldige redes hoekom hulle dit gedoen het. Dit alles terwyl die werklike skuldiges (die wetters in beheer wat die klimaat skep vir sulke vergrype om te gebeur) skotvry daarvan afkom.

    Daar is dus net verloorders in hierdie prentjie, en die reenbogie skyn nog so ‘n bietjie dowwer.

  • 9. Adrie  |  April 4, 2008 om 1 : 53

    Platterfus

    Welkom. Loer gerus weer in.

    Wippie

    Jy is beter as ek. Vir R500 k rand ek nie aan nie, ek vermoor. Steek die hand in my eie boesem.

    Zee

    Ek moes uit my bomskuiling geroep word. Baie sterkte.

    Jaco

    Presies. Jy slaan die spyker oppie kop.

  • 10. Verons  |  April 4, 2008 om 2 : 17

    Eish….
    Dis ‘n moeilike onderwerp want ek het altyd met die veronderstelling uitgegaan, ek steel by niemand nie en niemand steel by my nie, maar ek het gou die laaste deel gesluk want my kar is laasjaar gesteel en so 3 weke terug is by my ingebreek toe ek weg was vir die naweek, en tot nou toe het ek nog steeds nie iets gesteel nie…..
    Zee ek het alle simpatie met jou, my een vriendin is ook deur daai hel waardeur jy nou is, en hy het haar letterlik op die rand van banktotskap gehad, hy het my selfoon wat ek net ‘n week gehad het ook gesteel, tot hy begin het om by vreemde mense te steel, toe eers het sy daadwerklik opgetree en toegelaat dat die polisie hom toesluit. Terwyl hy verhoorafwagtend was het die polisie hom in haar sorg vrygelaat en hy het sowaar haar kar probeer steel, net daar het sy gesê genoeg is genoeg sy kan nie na hom kyk nie toe het hulle hom direk jeugtronk toe gevat.
    Die sielkundiges het toe voorgestel dat hy net ‘n klein rukkie in die tronk bly en toe het hulle op direk in rehab vrygelaat, dis nou 2 jaar verder en sy sê dit gaan baie goed met hom. Hy is uit rehab uit en hy werk nou vir haar en tot sover het hy nog nie weer na dwelms gekyk nie……

  • 11. Nico  |  April 4, 2008 om 4 : 02

    Sondag = Stigtingsdag. Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 in Tafelbaai aangeland in die mitologie wat ek aanhang. Nie amptelik. In die nuwe bedeling het daardie geskiedenis nooit gebeur nie, of dit was nie so belangrik in die totstandkoming van hierdie land nie…

  • 12. Adrie  |  April 4, 2008 om 4 : 17

    Nico

    Ek beplan om vir my kinders daardie mitologie as die waarheid te verkondig.

  • 13. Nico  |  April 4, 2008 om 4 : 21

    As ons nog Stigtingsdag herdenk het, dan het ons nooit vanjaar daai nonsens met die ekstra vakansiedag waaroor party mense so gekerm het nie…

  • 14. Adrie  |  April 4, 2008 om 4 : 25

    Maar Nico, dan moes ons ‘n volle 13 dae vakansie he.

  • 15. Nico  |  April 4, 2008 om 4 : 36

    Toemaar, ons het baaaaaaiiiiieeeeeee geld in SA in die land kan regtig dit bekostig om nog ‘n dag se pseudo-produktiwiteit in te boet.

    Maar moenie worry nie, ons sal seker een van die dae ‘n vakansiedag kry of Shaka of Dingaan of Mzilikazi of Hoofman Tshwane of Dingiswayo se geboortedag.

  • 16. Zoekoe  |  April 4, 2008 om 4 : 58

    Dis my broer se verjaarsdag, dit gaan ons vier… ! !

  • 17. Zoekoe  |  April 4, 2008 om 5 : 01

    Ek sou dink ‘n vinnige goeie loesing vir ‘n jong shoplifter is baie beter as ‘n polisierekord wat sy hele lewe kan verwoes, asook al die bad dinge wat in die tronke gebeur deesdae…..

  • 18. Jannas  |  April 4, 2008 om 5 : 29

    Ovulation Versus Cretinism

    Two different theories exist concerning the origin of children: the theory of sexual reproduction, and the theory of the stork. Many people believe in the theory of sexual reproduction because they have been taught this theory at school. In reality, however, many of the world’s leading scientists are in favor of the theory of the stork. If the theory of sexual reproduction is taught in schools, it must only be taught as a theory and not as the truth. Alternative theories, such as the theory of the stork, must also be taught. Evidence supporting the theory of the stork includes the following:

    1. It is a scientifically established fact that the stork does exist. This can be confirmed by every ornithologist.

    2. The alleged human fetal development contains several features that the theory of sexual reproduction is unable to explain.

    3. The theory of sexual reproduction implies that a child is approximately nine months old at birth. This is an absurd claim. Everyone knows that a newborn child is newborn.

    4. According to the theory of sexual reproduction, children are a result of sexual intercourse. There are, however, several well-documented cases where sexual intercourse has not led to the birth of a child.

    5. Statistical studies in the Netherlands have indicated a positive correlation between the birth rate and the number of storks. Both are decreasing.

    6. The theory of the stork can be investigated by rigorous scientific methods. The only assumption involved is that children are delivered by the stork.

    (Original version by Erkki Aalto, Dept. of Obstetrics, Gynecology and Stork Science, University of Helsinki. English version by Jopi Louko, Institute of Stork Research, University of Alberta)

    http://www.doctorjokes.net/jokes.php?action=read&id=random

  • 19. Roer  |  April 4, 2008 om 5 : 58

    In die ou bedeling was dit die dag toe Jan van Riebeeck hier aangeland het. Nou is dit my seuntjie se verjaarsdag EN die dag wat Jan van Riebeeck hier aangeland het.😀

  • 20. Multi  |  April 4, 2008 om 9 : 14

    Bolgraag: Nee fok ek weettie – se ma!

  • 21. Multi  |  April 4, 2008 om 9 : 15

    Bedoel
    Blogvraag:

    Tsk…… al biekie onner i prop hieso….

  • 22. Samantha q  |  April 5, 2008 om 9 : 49

    More more more! Almal wat trots afrikaans is behoort te weet dat more stigtings dag is! Oor die onderwerp wil ek nie rerig te veel uitbrei nie. Al wat ek sê is CHOP DIE DROLLE SE VINGERS EEN VIR EEN AF. Ek sal met die grootste liefde daai job doen. Gmpf! Verbeel jou…. Jy werk jou gat af en iemand kom net rustig en vat jou goed. Ek sê altyd dat iemand wat steel, kan dood maak ook.

  • 23. Samantha q  |  April 5, 2008 om 1 : 14

    Nou dat ek daaraan dink….. Ons bou ‘n eiland en los hulle daar. Hulle kan hulle eie kos groei en vang en self mekaar dokter as hulle siek word. Die eiland kan sommer langs pateet eiland gebou word

  • 24. Rolling Stone  |  April 5, 2008 om 6 : 58

    Stig n BEE , steel van die mense en se dis affirmative shopping.

    SamQ , op n eiland?? as hulle staan… steel hulle , as hulle le ….teel hulle, daar sal in elk geval net kos wees vir eendag…die res sal die internasionale gemeenskap moet skenk

  • 25. Samantha q  |  April 5, 2008 om 7 : 48

    Rollende klip… Whuhahahaha! True! Miskien moet ONS oppi eiland gaan bly dan kan hulle maar ons land vat.

  • 26. Salomè  |  April 5, 2008 om 8 : 16

    Hallo Sam en Rollende Klip!!!

    Sam
    Ek kan nie veel sê oor die onderwerp nie, want toe ons die winkeltjie in Hibberdene gehad het, het ek self al , paar jongetjies sommers o oor die toonbank met die sambok by gekom. “As jy my goed wil traai vat, kan ek maar traai om jou raak te slaan!”

    Rollende Klip
    Welkom terug. Dis omtrent tyd dat jy weer bietjie begin werk.
    Ek hoop jy is op hoogte van die gekuier volgende naweek en dat jul ons gaan vergas met jul teenwoordigheid.

  • 27. Samantha q  |  April 6, 2008 om 8 : 41

    Saloom, ‘n sambok is amper net so goed. Ons moet een ontwerp met lemmetjies draad oppi punt. Dan sal die boggers dalk luister! As jy nie wil hoor nie, moet jy voel…

  • 28. Adrie  |  April 6, 2008 om 1 : 32

    Hallo Almal

    Baie geluk aan die gene wat verjaar.

    Sam – jy bly my gunsteling tiran.

    Jan – Was dit ‘n April fools grap?

  • 29. Nella  |  April 7, 2008 om 10 : 14

    toets net

  • 30. ALWEER polisie brutaliteit « Dorings en soms Rose  |  Junie 10, 2009 om 6 : 19

    […] hom in ‘n kantoor toegesluit en aan ‘n kantoor vasgeboei.  (Ek het al in die verlede gekerm oor winkels se optrede betreffende […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: