Klein Dorp Marathon

April 1, 2008 at 3 : 11 168 Kommentaar

Ek dreig al lank om die blog te skryf, maar elke keer val daar iets voor.

Ons almal weet min of meer waar Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban en selfs Bloemfontein is.  Maar hoe goed ken ons die versteekte plekkies van ons land?  Gee ons regtig om oor die plekkies?  Is daar nog dorpe waar almal mekaar ken. 

Ek is een van die mense wat al in die platteland en stad gewoon het.  Ek verkies die stad, juis omdat ek van die haas rondom my hou.  Ek wil dan dinge nou gebeur, nie later nie.  Dit is vir my genoeg om my buurman terloops te groet, my sosiale lewe is besig genoeg.  Jy gaan ook nie iewers verseker in iemand vasloop nie, al bly julle in dieselfde buurt.  Die platteland het ook voordele.  Immers is verkeer net ‘n woord wat jy op die radio hoor.  Jou buurman gee miskien om dat jy lewe.  Jy ken almal in jou skool of werk.  Dit is seker meer intiem.

Een van my gunsteling plattelandse dorpies is Cradock in die Ooskaap.  Ek het een jaar baie lekker met die mense daar gekuier.  ‘n Plek wat ek hoop om nooit weer in my lewe te sien nie is Petrusburg, 80 km wes van Bloemfontein.  ‘n Plek gewild onder perdry entoesiaste en dit is omtrent al. 

Wie van julle ken Loeriesfontein?  Ek ken dit ook nie, maar ek hoor dit is pragtig daar met blommetyd.  Wie van julle was al op Bray, teen die Botswana grens?  Daardie Skielik mannetjie het ons almal bewus gemaak van Swartruggens.  Was iemand al in Wakkerstroom?  Dit is ‘n voëlkyker paradys.  As jy van paddas hou moet jy dalk ‘n draai in Chrissiesmeer maak.  Carolina is ‘n dorp vol oumense.  Graskop is redelik bekend vir God’s Window.  Victoria-Wes het blykbaar van die lekkerste skaapvleis in die wereld.

Daar is soveel klein dorpies waar ek al was.  Pongola, Senekal, Koffiefontein, Colesberg, Hanover, Bathurst, Warburton, Hendrina, Hartebeespoort, Kriel, Leandra, Vivo, Dendron, Prieska en so kan ek aangaan.  Ken julle ‘n dorp wat ek nie ken nie?  Dalk is daar een waarvan ek nog nie gehoor het nie.  Kan iemand my verras? 

Blogvraag:  Waar is Dirkiesdorp?

Blogantwoord:  Mark Twain – Bruinogies was reg.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geklik op 1 April Die Common Afrikaners

168 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  April 2, 2008 om 2 : 20

    Bos

    Amper dink ek dit is Rooies wat bloos. Nie dat jy die verstil sal agterkom met sy bloedrooi hare wat by sy bloedrooi gesig pas nie.

  • 2. Bos  |  April 2, 2008 om 2 : 23

    Rooi Koos

    Sal vir jou n ding wees as jy so naam op n bordjie sien , he?

  • 3. Tinkerbell  |  April 2, 2008 om 2 : 29

    Ja ou Kosie net jy sal aan so iets kan dink..

  • 4. Adrie  |  April 2, 2008 om 2 : 42

    Tienks

    Goed dat jy weer tyd vir blog het.

  • 5. Tinkerbell  |  April 2, 2008 om 3 : 18

    Ja A3 probeer maar tyd maak maar dit is gewoonlik einde van die maand so besig, andersins kry ek darm ‘n tydjie..

    Waar is almal nou.. Ou Rooi Koos waar is jy nou heen hê? Ons moet uitvind oor Mej. Diepsloot dan sal ons haar aan jou voorstel..

  • 6. Rooi Koos  |  April 2, 2008 om 3 : 34

    Tinkerbell

    Wat dan kan sy die klokke lui!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Moes die een inkry Hiee Haaaa!!!!!!!!!!!!!!!

  • 7. Verons  |  April 2, 2008 om 3 : 43

    Hiers ek weer….
    Ja A3 julle het my vriendin ontmoet ek dink dit was op die 1e blog party gewees…

    Ek het al in At se Gat op Alldays gekuier!🙂
    Ek het lank terug in Ellisras gebly toe was dit regtig net “an one hores town” vandag is hy een van die groter dorpe in die Limpopo provinsie!
    Was so 2 jaar terug op Vaalwater gewees, en ek het een keer lekker “pub crawling” gedoen op in die Wes Kaap.
    Lekker gekuier op Hangklip oesters geëet op die strand in Kleinmond en het sommer ‘n konsert van Kurt gaan kyk in Gansbaai…

  • 8. Verons  |  April 2, 2008 om 3 : 44

    He-he ek bedoel one HORSE town!

  • 9. bruinogies  |  April 2, 2008 om 3 : 53

    is swartwater ook ‘n klein dorp?

  • 10. Adrie  |  April 2, 2008 om 4 : 09

    BO

    Ek neem so aan. Die mense daar het blykbaar met bilarzia gesukkel, van daar die naam.

  • 11. Rooi Koos  |  April 2, 2008 om 4 : 23

    Hotashell nog n plek in die noordkaap

  • 12. Adrie  |  April 2, 2008 om 4 : 33

    Rooies

    Het al van daardie een gehoor. Is dit nie verstommend dat niemand Pofadder genoem het nie.

  • 13. Marlene  |  April 19, 2008 om 3 : 07

    My arme hart dood van die heimwe”e, ek is op soek na die beste blommetyd in die Weskaap, ek en my man kom kuier. En ek kom op hierdie webwerf af, heeltemal per toeval. Steelpoort, Lydenburg, Burgesfort, Sabie, lieflike plekke, en dan die Weskaap self, Lambertsbaai, Clanwilliam, Wuppertal, dis name wat my skoon siek van heimwe”e maak. My voetspore daar is nou net herinneringe, maar van die beste herinneringe in my ganse lewe.

  • 14. ADRIANA  |  April 21, 2008 om 7 : 00

    Marlene

    Dankie vir die inloer. Hoop jy kom kuier gou weer op die blog en SA.

  • 15. Marlene  |  Mei 18, 2008 om 8 : 13

    Hallo Adriana,

    Augustusmaand is ek en my wederhelfte in die lieflike ou Weskaap, ek kan nie wag nie. Baie moeilik met die “homesickness”, maar dis voorwaarts mars elke dag. Webwerwe soos die hou my aan die gang en maak die verlang so effens ligter.

  • 16. Adrie  |  Mei 18, 2008 om 9 : 39

    Marlene

    Jy moet nie skaam wees om verder saam te gesels nie. Ons gaan of jou verlange draaglik maak of jou laat dankbaar wees jy is weg.

  • 17. Marlene  |  Mei 21, 2008 om 10 : 32

    Adriana,
    Dankbaar dat ek weg is?! Nooit gesien nie! Ongelukkig het die meetsnoere oor ‘n Ier se kop geval vir my, en hier sit ek al 13 jaar in die Noordelike Halfrond, maak my eie biltong en boerewors, maak wilde koeksisters, en luister Klipwerf. En braai vleis al sneeu dit, my ierse bure is baie lankmoedig en kla nie oor die vuurrook nie. (Smokeless zones) Is net die familie en vriende en my taal wat ek mis, gelukkig praat my hond en kat Afrikaans.

  • 18. Pikkie  |  Julie 13, 2008 om 9 : 46

    Jeeeeeezzzz Adrie, ek gaan google ‘kleuterskole Upington’, toe kom ek weer by die post van jou uit!!!! Whahahahaha, het jy versteekte talente waarvan ons nie weet nie!!!! 😆 😆 😆 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: