Geklik op 1 April

Maart 31, 2008 at 4 : 45 113 Kommentaar

Op Salome se versoek wei ek vandag se blog aan April Gek dag.  Blameer haar as ek iemand se gekspelery bederf.

Dit is onseker waar Aprils Fool day vandaan kom.   Daar word vermoed dat dit deel was van vernal equinox, wat omtrent die 25ste Maart begin het en die 2de April geëindig het.  1 April was dan ook die ou Nuwejaar.  In Europa is daar dikwels ‘n geskiedkundige rede hoekom 1 April herdenk was.

Google het nogal ‘n geskiedenis van April Streke.  Dit is veral gemik op mense wat alles glo wat hulle hoor.  Die media speel ook dikwels ‘n rol in April Grappies.  So het ‘n koerant eendag berig dat SAL mense wat oorgewig is meer gaan laat betaal vir vliegkaartjies.  MNET het eenkeer besluit om op 1 April onderstebo uit te saai en mense versoek om hulle TV’s om te draai.  Jacaranda 94.2 het so 2/3 jaar terug ‘n nuusbulitien gehad, waarin hulle beweer het dat hulle voortaan net in Frans en Engels sal uitsaai.  Ek wag in spanning om te sien of hulle beleid omtrent Afrikaanse musiek ook ‘n April Gek storie gaan wees.

Self trek ek nie sommer ‘n April Gek storie nie.  Ek het immers nie 1 April nodig as ek iemand om die bos wil lei nie.  Ek val ook nie sommer daarvoor nie.  Ja, ek word baie (en ek maak myself baie) geklik, maar darem nie op 1 April nie.

Hoe voel julle oor Aprils Fool?  Neem julle deel daaraan?  Weet julle wat die oorsprong was?  Wat was die beste April Fool Prank waarvan julle al gehoor het?

Blogvraag:  Wie het die gevleuelde woorde gespreek:  “April 1st: This is the day upon which we are reminded of what we are on the other three-hundred and sixty-four.”

Blogantwoord: Nico was reg met Ford Motor Company.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ek ry my eie kar Klein Dorp Marathon

113 Kommentaar Add your own

  • 1. bloubloed  |  Maart 31, 2008 om 6 : 05

    Adrie, so jaar of vier terug het RSG op monitor ‘n onderhoud met Fanie de Villiers uitgesaai nadat hy as “afrigter” van die Proteas aangestel is. Hy het in daardie onderhoud nie ‘n toom aan sy tong gehad nie, en behoorlik onder hulle ingeklim weens hulle gebrek aan dissipline. Ek het nogal gedink sy aanstelling is nie ‘n sleg idee nie, maar te goed om waar te wees.

  • 2. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 9 : 32

    Hi Adrie

    Nee, gelukkig tot nou toe was ek nog vry van die April gekke dag grappies, maar ek wil nie te hard praat nie! Ek het ook nog nooit ‘n April 1 getrek op iemand nie. Ek is buitendien heeldag besig om grappe te maak en die werkers en my gesin se siele uit te trek. Hier is dit elke dag April fool day, soos ‘n sirkus! Humor hou die lewe interessant, lekker en gesond.

  • 3. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 6 : 50

    Hallo Mense ! ! !

    April fools dag ….. mmmm nee ek was ook nog nie juis baie vir die gek gehou nie, dis verseker… Maar dit sê nou ook nie dat ek nie dalk eendag kan deurloop nie…. 😀

  • 4. Bos  |  April 1, 2008 om 7 : 46

    More alma!!!

    so, daar is dit nou …. Jakaranda het nou net gese ….
    APRILS FOOL!!!
    l

  • 5. Adrie  |  April 1, 2008 om 7 : 47

    More

    Bos, ek het mos gese die drolle gaan Aprils Fool skree. Al het ek geweet dit is April Fool het Darren my nog steeds vanoggend afgek@k.

  • 6. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 7 : 51

    Klomp boggers…. dis nou nie juis snaaks nie…. hulle moetie met ons taal neuk nie !!!!

  • 7. Bos  |  April 1, 2008 om 7 : 52

    Topic:

    Meeste mense is dit eens dat die gekke dag sy oorsprong gekry het asgevolg van die romeinse kalender verandering. 1April was die dag waarop die nuwe jaar oorspronklik gevier was en na die verandering het dit geval op 1 Januarie soos ons dit vandag nog ken. Soos vandag ook maar was daar n paar mense wat nie gelukkig was met die veranderings nie en het getrou nog hul feesvieringe op 1 April gehou en was gespot as ‘april gekke’

  • 8. bruinogies  |  April 1, 2008 om 7 : 53

    mre mre!!
    wat gaan jul aanvang vandag op april fools day??

  • 9. Wipneus!  |  April 1, 2008 om 7 : 56

    Hi Julle,
    hoop nie julle was al vir ‘n gek gehou vandag nie, loop maar ligvoet 😀

  • 10. Bos  |  April 1, 2008 om 8 : 00

    Ja, ek het self vanoggend weer Jakaranda geluister om te hoor wat hulle gaan se. Is darem maar snaaks dat mense hulle so vinnig kan opwerk!!

  • 11. Bos  |  April 1, 2008 om 8 : 01

    E

  • 12. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 02

    Bos

    Jip, jy moet net aan die regte snaar raak.

  • 13. Bos  |  April 1, 2008 om 8 : 05

    Ek kan nie regtig n goeie prank onthou nie, kan net die goed onthou wat ons as kinders aangevang het, maar ek dink wel ek het n goeie idee vir n prank. Koppel die roomys kar tune aan die polieskar sirene en as hulle die sirenes aansit hoor jy daai verskriklikke irreterende tune!!AAARRRRGGGG!!! Imagine!!

  • 14. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 08

    Get up really early and sneak into your victims bathroom and fill their hair-dryer with baby powder. And when they turn it on, their head will be pure white just like an old person!

    Before one of your family members takes shower, remove the shower head and place a life-saver candy in it, replace the shower head with the candy now trapped in it. When the person takes a shower he or she will not notice, until they get out and start to dry off the towel will stick to them they will get back in the shower to rinse off… works like a charm.

    Find a box about the size of a cake. Then cover it with frosting, making it look like a cake. Then put it out in the office kitchen, or wherever people leave free food. Sit back as one of your co-workers tries to cut a slice.

    Take an empty coffee mix can and replace it with a can with coffee mix in it. Make sure coffee cans are the same brand, or it will not work. At the bottom of the can put a piece of paper that says April Fools. Make sure you help the person with making their coffee to see their reaction.

    This ones for all you pet owners! First, put a walky talky some wear near the area of where your pet is laying. Go into another room with the other walky talky. Then, when your brother/sister goes to pet your furry friend, say something like…”Hey Pal! Get your grimy hands off me!” They’ll get a kick outta this one!!!

    Get a small alarm clock and set it for 3:00 a.m. Sneak under the victim’s bed. Once it goes off, he/she won’t be able to find it will drive them nuts.

    Switch the “Pull” and “Push” signs on a set of doors. Watch as people get confused trying to open the doors. (Don’t do this on fire escapes)

    You will need a funnel, a coin, a couple of friends and, of course, a victim! Start playing the ‘funnel game’ infront of your victim. A game of skill that involves putting the funnel down the front of your pants and balancing the coin on your nose with your head tilted back. Tip your head forward to let the coin drop into the funnel. When you have the victim begging to do this put the funnel in his pants and get him to put his head back so you can balance the coin on his nose. As this is happening pour a large drink into the funnel!

    Stick a post-it note under your friend’s mouse so that the paper leaf covers the mouse ball – the mouse will no longer work! Align so that the sticky part of the note doesn’t touch the ball. Costs next to nothing to do, and doesn’t cause any damage.

    Grab a bottle of liquid soap and head toward the “victims” bedroom. Squirt some of the soap onto your hand and rub all over the doorknob of his/her room. Run away before he or she sees you in the process of doing this prank.

    Glue eggs to the carton and beg for eggs in the morning. When the victim gets them the eggs break!

    When your victims asleep sneak into their room and draw eyebrows and a moustache on their face, make sure to be their when they look in the mirror.

    Put some water in a cereal bowl, and place it in the freezer so that the water freezes. Offer to make your sister/brother cereal in the morning. Make sure you use that same bowl. Put their favorite cereal over the top of the ice, and serve.

    Take a rubber band and slip it over the lever on the spray handle so that when someone turns the sink on, it will spray him or her in the face. This is an easy way to pull a great prank!

    Tell your kids that you just got the test scores from the proficiency tests and then go down stairs and say to your kids your going to go and make copies and then come running / walking and make your face look like you just saw a ghost and say to your kids that whatever your principals name is just spilled coffee on the proficiency tests and the will have to take it again.

  • 15. Bos  |  April 1, 2008 om 8 : 09

    oe, oe, nee wag, so paar jaar terug het ons plaaslikke koerant n artikel geplaas wat se dat trac op die hoofpad tussen Nelspruit en Witrivier n tolhek gaan bou wat R60 gaan wees. Baie mense van Witrivier werk in Nelspruit en vica versa en daar was BAIE bedonsde mense en die terugvoering was massief!! Hulle was net slim, hulle het die artikel al sao wek en n half voor 1April geplaas en saam met trac n beeld voorstelling in die koerant gedoen oor hoe die tolhek nou kamtig sou lyk!! Was goeies!! Meeste mense het hook line en sinker daarvoor geval!!

  • 16. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 22

    Daar was op ‘n stadium ‘n advertensie dat daar ‘n tonnel deur Tafelberg gemaak sou word.

  • 17. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 25

    word ek gestopstraat????

  • 18. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 29

    BO

    Never. My nou net doodgelag vir jou pranks.

  • 19. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 8 : 31

    Hi Bruinogies…. dit klink na ‘n lekker klomp pranks daai 😆

  • 20. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 31

    adrie
    ek gaan vanaand my bf lekke vang! ek gaan sy bakkie by my vriendin se huis gaan stop en as hy by die huis kom is sy bakkie weg! sal hom lekke laat worrie!

  • 21. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 31

    hey zoeks

  • 22. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 35

    BO

    Weet jy wat het hulle met ‘n vriendin van my se vriendin se verloofde gedoen? Hy het die verloofde se kar geleen om iets te gaan doen. Terwyl hy die iets gedoen het, toe steel hulle die kar (die verloofde het self weggery) en los net glasstukke daar. Hy was vas oortuig dit was gesteel. Alles deel van sy Ramsparty.

  • 23. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 39

    adrie
    hahaaha dis ‘n goeie 1!!!!
    het iemand jou vandag vir ‘n fool gehou???

  • 24. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 40

    Ja. Eskom dink mos beurtkrag is ‘n grap.

  • 25. bruinogies  |  April 1, 2008 om 8 : 41

    hahahaha

  • 26. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 45

    Beeld se April Gek Grap

    Giel Willems

    Suid-Afrika se gewildste sepies gaan weens Eskom se voortslepende elektrisiteitskrisis na ’n tydgleuf in die middag geskuif word om krag te bespaar.

    Dit kom ná verskeie televisiekanale onder groot druk van verskeie regeringsdepartemente geswig het om dié verandering in hul uitsaaitye aan te bring.

    Sepies wat saans tussen 18:00 en 21:00 uitgesaai word, wys van vandeesmaand smiddae tussen 12:00 en 14:00 wanneer die druk op die land se kragnetwerk nie so hoog is nie.

    Egoli en Binnelanders op M-Net, 7de laan op SABC2, Isidingo op SABC3 en Generations op SABC1 is onder die sepies wat skuif.

    Hul huidige tydgleuf saans sal nou vir opvoedkundige programme vir skoolkinders ingespan word.

    Die departemente van onderwys, gesondheid, minerale en energie en kommunikasie het saam die versoek gerig, glo omdat minder kykers vir opvoedkundige program-me sal inskakel en dit só kan bydra tot kragbesparing.

    Dis volgens die onderwysdepartement ook ’n goeie tyd, want dan is skoolkinders tuis ná skool en buitemuurse aktiwiteite.

    Vervaardigers van die onderskeie sepies het gister met gemengde reaksie die nuus ontvang.

    Daar is vrees dat die verlies van inkomste uit advertensies kan bydra tot die beëindiging van die sepies. Die kykertal van sepies sal na raming met sowat 85% daal weens die verandering.

    Dié nuwe maatreël kom volgende Maandag in werking.

    Die span van 7de laan het die besluit verwelkom. “Ons wou nog altyd die storie optert met bietjie warmer storielyne tussen die lakens, so dit pas ons omdat net huisvroue dié tyd van die dag daarna sal kyk,” is laat hoor.

    Mnr. Burgert Muller, ’n mede-vervaardiger van Egoli, is nie so opgewonde oor die besluit nie.

    “Ons is erg geskok oor die regering se nuwe besluit – dit ruk ons reeds.”

    Verskeie van die hoofakteurs, waaronder Brümilda van Rensburg (Louwna), Eckard Rabe (Chris), Coreen du Toit (Jane) en Hannes van Wyk (Krynauw), het reeds die sepie vaarwel toegeroep.

    Hulle het glo ’n aanbod aanvaar om ’n oorgeklankte weergawe van Egoli, kompleet met Britse aksente, vir die BBC in Engeland te gaan doen.

    Van die ander akteurs meen die besluit om die sepies nou te skuif, is net so belaglik as die aanvanklike een om dit tussen 18:00 en 21:00 te wys om vrouebestuurders dan van die paaie af te hou.

  • 27. Verons  |  April 1, 2008 om 8 : 46

    A3 en daar vang Jac toe ‘n klomp mense vir ‘n poep! Zoeks nou kan jy ook sê jy is gevang!🙂
    Ek dink humor is die beste medisyne en as daar dan een dag ‘n jaar is om ‘n klomp mense tw laat lag then be it! Daar is so baie suurgatte daar buite dat hulle nie eers ‘n grap kan sien nie al val hulle oor hom….

  • 28. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 46

    Moet se, dit is nogal snaaks.

  • 29. Adrie  |  April 1, 2008 om 8 : 48

    Verons

    Jy was ook Sondag maar gevang. Vertel my net asseblief hoe die storie toe ontvou het. Ek het dit gemis.

  • 30. bruinogies  |  April 1, 2008 om 9 : 03

    ek voeli bja wel vandag nie!!! ek gooi net op!!

  • 31. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 36

    BO

    Hoekom klink dit vir my na morning sickness?

  • 32. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 9 : 36

    Hi Verons. Ek wassie gevang nie….. ek het nie die sondag koerant gelees nie, plus ek luister al vir ‘n geruime tyd nie meer na JAC nie…. ek het dit maar hier by julle gehoor 😀

  • 33. bruinogies  |  April 1, 2008 om 9 : 37

    adrie

    ek gaan 10 uur dokter toe!! o fok ek stres!

  • 34. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 38

    BO

    Waaroor nogal?

  • 35. bruinogies  |  April 1, 2008 om 9 : 39

    adrie
    dis bja privaat praat, nie uit die kamer nie

  • 36. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 40

    Nou is ek nuuskierig, BO. Epos my dan of ek gaan die hele dag daaroor wonder.

  • 37. bruinogies  |  April 1, 2008 om 9 : 42

    adrie
    sal jou e-pos as ek vani dr afkom. glo nie dit gaan lank vat want dis net ‘n toets wat hy moet doen

  • 38. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 44

    BO

    ‘n Piepietoets?

    ‘n Vriendin het my juis netnou gebel en gese sy is swanger. Ek het haar geluk gewens en vir haar vertel ek is getroud.

    Ek het juis eendag vir Louise gevang dat ek die volgende dag trou.

  • 39. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 9 : 47

    Adrie, moenie so nuuskierig weesie….😀

  • 40. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 48

    Zoeks

    Net intelligente mense is nuuskierig.

  • 41. bruinogies  |  April 1, 2008 om 9 : 49

    adrie

    ek kani sulke goed opi blog se nie

  • 42. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 9 : 52

    O. of “nosey” mense ! !

  • 43. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 53

    BO

    Se dit, dan delete ek dit weer. Jy sal verbaas wees met wat mense op die blog se.

  • 44. Adrie  |  April 1, 2008 om 9 : 53

    Nosey = Intelligence.

  • 45. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 10 : 05

    O as jy so sê Adrie !

  • 46. bruinogies  |  April 1, 2008 om 10 : 22

    ek is trg sien dat ek nie te veel gemis heti!

  • 47. Adrie  |  April 1, 2008 om 10 : 47

    Lyk my almal sit in die donker.

  • 48. Multi  |  April 1, 2008 om 10 : 59

    hallo hallo,

    huganit met almal?

  • 49. Verons  |  April 1, 2008 om 11 : 00

    A3 ja toe ek die Rapport gelees het was ek dadelik de moer in en dis toe dat ek sommer vir julle almal sms, ek het by my vriendin gekuier en sy het die Sondag gekoop terwyl ek Rapport gelees het, het sy Sondag gelees en net nadat ek vir haar die stuk oor Jac gelees het, lees sy toe dat Kurt-hulle Dinsdag gaan potesteer by Jac se kantore en net daar het ek toe ‘n rot geruik, hoekom Dinsdag en nie Maandag nie?? Dis toe dat ek vir haar sê ek sal maar eers tot Dinsdag wag voor ek regtig gaan skel!!
    In anyway Kurt het vanoggend by Darren-hulle “ingestorm” en ‘n lawaai gemaak, en terselfde tyd het ‘n ou ingebel oor die Afrikaanse kwessie, Darren het vir die ou en vir Kurt-hulle gesê hulle moet ophou om hom te target hy het niks daarmee te doen nie en in die selfde asem vir die inbeller gevra watter dag is dit!
    Toe begin almal lekker lag en April Fool skree!
    Dit was blykbaar Kurt en Darren se idee gewees…..

  • 50. Rooi Koos  |  April 1, 2008 om 11 : 00

    Die beste April Fools day was die een waar hulle berig het dat die Jakaranda bome van Pretoria af gesaag gaan word want dit gebruik te veel onderaardse water en is n indringer plant. Daardie een het die mense behoorlik op hol gehaat. Wonder net of hulle in Zim ook n April Fool het??????

  • 51. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 05

    Ek sien nou Jacaranda sit op hulle website dat jy geprank is. Die tjerrie op die koek is die volgende.

    “Jacaranda 94.2 will continue to support Afrikaans music.”

    Hoekom in Engels?

  • 52. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 17

    Verons

    Ek moet se, daar was vroeer ‘n inbeller gewees wat gese het April Fool en hy was afgesny.

  • 53. Verons  |  April 1, 2008 om 11 : 20

    Rooies die April Fool in Zim gaan wees dat Mugabe weer gewen het! Maar dit gaan nie ‘n grap wees nie maar die waarheid, hoekom dink jy vat hulle solank om die uitslag bekend te maak?? Hulle kyk waar kan hulle nog kroek sodat dit lyk of Mugabe gewen het…..

  • 54. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 23

    oops ekz ini moeilikheid!!!

  • 55. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 23

    Eskom is ‘n April fool

  • 56. Verons  |  April 1, 2008 om 11 : 24

    Ja baie wat dit gesê het was afgesny, Darren sê die emails was so 50/50 gewees.
    Helfte hoogs de moer in en die ander helfte wat gesê het hulle dink dis ‘n April Fool Joke!

  • 57. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 25

    BO

    VERTEL, MEISIEMENS

  • 58. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 26

    adrie

    my ouers gaan my gatvelle aftrek!!! dink ek moet so lank ‘n ander blyplek soek!!!!

  • 59. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 28

    BO

    Nie die beste April Fools grap nog nie. Noudie dag was jy nog ‘n virgin.

  • 60. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 29

    nee man eks nie swanger nie adrie!!!!
    proud 2 b a virgin????

  • 61. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 31

    Nou se wat jy wil se, Eier.

  • 62. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 32

    moet nooit op iemand se krediet kaart opi net dobbel nie!!!!

  • 63. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 37

    BO

    WWWWWWAAAAAAAATTTTTTTTTTTTTT?????

    Moenie doppel nie. Punt.

  • 64. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 39

    adrie

    ekt gedink dis net om jou te leer en toe isit nie!

  • 65. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 47

    Met krediet kaart nommers?

    Is jy dom??

  • 66. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 53

    blogvraag
    Mark Twain?

  • 67. bruinogies  |  April 1, 2008 om 11 : 54

    adrie

    as j reg. da dan soek hul sulke inligting ma dis seke nie so erg nie dis net amper R5000.00. Dis daam nie miljoene nie!

  • 68. Adrie  |  April 1, 2008 om 11 : 59

    BO

    Dalk moet jou ouers jou velle aftrek as jy stupid wil wees.

  • 69. bruinogies  |  April 1, 2008 om 12 : 02

    adrie
    is my antw reg?

  • 70. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 12 : 02

    Eish ! !! Bruinogies, dis ook maar ‘n klompie geld… pasop die internet is een moerse gevaarlike geldvretende monster !!!!

  • 71. bruinogies  |  April 1, 2008 om 12 : 04

    zoekoe

    jip sien daai ding!

  • 72. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 05

    BO

    Ja, maar jy wen nie R5000 nie.

  • 73. bruinogies  |  April 1, 2008 om 12 : 06

    adrie
    mmmm ag nee

  • 74. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 12

    BO

    Such is life.

  • 75. bruinogies  |  April 1, 2008 om 12 : 15

    die dag bgn nou erg borring raak. dink julle ons moet bgn suip?

  • 76. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 19

    BO

    Dit help nie, ek suip al van vroeg vanoggend af. Dit bly boring.

  • 77. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 12 : 20

    😯 Bruinogies jys rof vandag ! suip…. ek drink glad nie meer nie. . .

  • 78. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 21

    Zoekoe

    Seker glad nie minder ook nie

  • 79. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 24

    Ek kry nou net ‘n epos wat se petrol gaan met R2/l op sodat Eskom daardeur befonds kan word.

  • 80. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 24

    Moet se, daardie een is ‘n klassieke April gek grap.

  • 81. Verons  |  April 1, 2008 om 12 : 33

    A3 daai een is beslis ‘n April grap! Maar petrol gaan beslis op met 68c more!!

  • 82. Adrie  |  April 1, 2008 om 12 : 40

    Verons

    En hopenlik (met ‘n moerse wonderwerk) is selfs die 68c ‘n wonderwerk.

  • 83. Verons  |  April 1, 2008 om 1 : 07

    68c is al klaar heeltemal te veel nou gaan ons draai by die R9/L!!

  • 84. Rooi Koos  |  April 1, 2008 om 1 : 09

    Adrie

    Het jy die skilpad storie ook in die beeld gelees??????

  • 85. Adrie  |  April 1, 2008 om 1 : 13

    Rooies

    Ek is nie lekker by nie. Ek kan glad nie ‘n skilpad storie onthou nie.

  • 86. Rooi Koos  |  April 1, 2008 om 1 : 15

    Adrie

    http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2297550,00.html Hier is die link!!!!!!!

  • 87. Verons  |  April 1, 2008 om 1 : 22

    Rooies kom help my bietjie daar op Jac se breakfast blog………..

  • 88. Verons  |  April 1, 2008 om 1 : 23

    Rooies kom help my bietjie daar op Jac se breakfast blog………..

    Daai

  • 89. Verons  |  April 1, 2008 om 1 : 27

    Rooies kom help bietjie daar oppie breakfast blog man…..
    Daai skilpad storie is siek maar tipies chinese sal enige ding vreet wat voorkom en dan nog stront vertel dat dit jou libido aanhelp….

  • 90. Verons  |  April 1, 2008 om 1 : 29

    Ag nee man A3 jou blog is deur die kak, eers gooi hy my uit terwyl ek nog skryf dan weier hy om my comment te vat en as ek dit weer oortik wys dit sommer 100 keer!!!!

  • 91. Nella  |  April 1, 2008 om 1 : 30

    Hi julle

    Ek kan net lag vir mense wat so gullible is – jy kon hoor die Darren is so ongeskik net om sy stem te vermom dat hy nie moes verklap hy is besig om die wol oor almal se oe te trek nie.

    Die vrou wat saam my werk kom nou net en se sy het nou net gehoor SA het die 2010 sokker beker oorgegee vir Australie – ja reg!!!!

  • 92. Adrie  |  April 1, 2008 om 1 : 33

    Rooies

    Daardie skilpad storie klink vir my ‘n ‘n pot snot.

  • 93. Nella  |  April 1, 2008 om 1 : 49

    A3

    So wanneer gaan jy nou vir ons ‘n mooi formal invite stuur vir die party
    Venue:
    Date:
    Time:
    Price:
    Bring saam:

    Kom kom – as jy ‘n party wil reel moet jy dit reg doen.

  • 94. Rooi Koos  |  April 1, 2008 om 1 : 53

    Adrie

    Ja dit was seker ook een van die Beeld se April Fools pogings.

  • 95. Adrie  |  April 1, 2008 om 2 : 36

    Nella

    As jy ‘n beter job kan doen keer niemand jou om alles oor te vat nie.

  • 96. bruinogies  |  April 1, 2008 om 2 : 36

    wa suip julle nou alw??

  • 97. Verons  |  April 1, 2008 om 2 : 36

    Het nou net so lekker gelag vir een van die debiteure dames, dis seker die oudste April grap in die boek en sy val wragtig daarvoor, het vir die dame op die skakelbord gesê om vir haar ‘n boodskap te gee en te sê dat mr G Raaf sê sy moet hom dringend terug skakel en toe gee ons vir haar die dieretuin se nr, sy stry wragtig met die ou by die dieretuin toe hy sê dat mr G Raaf kan nie nou telefoon toe kom nie sy sê toe maar hy het haar nounet gebel en sy het dadelik terug gebel, die ou het net begin lag en die foon in haar oor neergegooi en toe eers besef sy wie sy bel……….

  • 98. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 3 : 01

    Verons, shame, sommige mense is darm baie gullible ! 😆

  • 99. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 3 : 02

    Bruinogies, anners as jy suip ons amal nie so baie altyd nie …🙄

  • 100. bruinogies  |  April 1, 2008 om 3 : 10

    zoekoe

    en j is 1 om te praat!!! ek wet jou, j sit kla met ‘n bier in jou hand!!!

  • 101. Adrie  |  April 1, 2008 om 3 : 13

    Hoekom is almal so stil? Bang julle word vir ‘n April Fool gevang?

  • 102. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 3 : 14

    Bruinogies, eksit nog by die werk…. ek drink mos nie ! 😯

  • 103. bruinogies  |  April 1, 2008 om 3 : 15

    ek haat dit as dit so stil is hier!!!!

  • 104. bruinogies  |  April 1, 2008 om 3 : 16

    zoekoe

    daai koeldrank botteltjie lyk net bietjie verdag hoor!!! jy refill hom heeltyd???

  • 105. Adrie  |  April 1, 2008 om 3 : 18

    Ek wonder waar het Ster weer verdwyn? Sy is ook altyd weg.

  • 106. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 3 : 21

    Aag dis net skoon gefilterde water, mens moet 8 glase per dag drink, B O !

  • 107. Adrie  |  April 1, 2008 om 3 : 23

    Water en Vodka lyk mos juis dieselfde

  • 108. Zoekoe  |  April 1, 2008 om 4 : 06

    Dit is so Adrie, maar het jy al water en Vodka saam gedrink? ek sal dit nie eers vir my vyande gee om te drink nie !

  • 109. Adrie  |  April 1, 2008 om 4 : 07

    Zoeks

    Ek hou niks van Vodka nie.

  • 110. Verons  |  April 1, 2008 om 4 : 25

    Zoeks vodka saam met enige vrugtesap is lekker man!!

  • 111. Adrie  |  April 1, 2008 om 4 : 30

    Verons

    En as iemand sal weet is dit jy.

  • 112. Salomè  |  April 1, 2008 om 7 : 16

    Liewer laat as nooit

    Adrie
    Dankie vir die insette. Het eindlik verwys na die Christelike konoktasie met April’s fool. Ons is groot gemaak dat dit sonde is om enigsins April’s fool te erken aangesien daar vroeër na Jesus verwys is as die “April fool”. Dis ‘n lang storie maar dit het alles te doen met sy dood en opstanding. As julle op my naam klik sal julle die webwerf kan lees wat verwys na die kruisiging van gekke in die middeleeue. Ek weet alles word ok nie meer so ernstig op geneem nie, maar as mens so groot gemaak is, hou mens maar by jou waardes.

  • 113. ADRIANA  |  April 2, 2008 om 8 : 20

    Saloom

    Ek het besef dit is wat jy in gedagte het. Behalwe dat ek nie ver genoeg op die internet gesoek het na wat die probleem daarvan is nie. Is dit nie ‘n voorreg om ‘n fool vir Jesus te wees nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: