Merkwaardige Mens

Maart 30, 2008 at 12 : 54 5 Kommentaar

Nico, http://uitdiesielvannboer.wordpress.com/ , het my mos op hierdie wonderlike naweek huiswerk gegee.  Ek moet ‘n post skryf oor iemand wat ‘n merkwaardige mens was.  Was is in my geval ‘n bietjie moeilik, niemand wat iets vir my beteken het is al dood nie.  Daarom sal ek skryf oor iemand wat merkwaardig is.

Juffrou R het het vir my Wiskunde van st 6 tot matriek gegee.  Sy is by uitstek een van die mense vir wie ek die meeste respek het.  

In ons skool was daar Juffrou M met wie almal skoor gesoek het.  My een vriendin het eendag gesê voordat ‘n mens Juffrou M kan opdraande gee, moet jy bereid wees om dieselfde met Juffrou R te doen.  Ongelukkig was dit die verkeerdste ding om te my te sê, nie omdat ek met Juffrou wou skoor nie, maar omdat niemand anders die guts gehad het om met Juffrou R te skoor nie.

Dit is waarskynlik waar ek vir Juffrou R begin respek kry het.  Juffrou R was een van die strengste, maar ook gewildste onderwysers in die skool.  Hoe ek ook al met haar aangejaag het, het sy haar nooit laat uitlok nie.  Ek het vir haar Engels gelag (waaroor sy sensitief was, al was daar nie juis iets mee verkeerd nie), ek was parmantig, ek het doodeenvoudig nie my huiswerk gedoen nie en nog minder vir my toetse geleer.  Ek het haar selfs een middag in haar klas toe gesluit.  Ja, sy het met my geraas, maar nooit gestraf nie.  In st 8 moes ons ‘n gedig skryf vir Afrikaans, ek het my gedig oor haar geskryf.  My Afrikaanse Juffrou het net gelag en gesê sy hoop Juf R sien dit nooit.  OOPS!!!  Ek het die gedig ‘n dag later vir Juffrou R in haar hande gegee.  Sy moes ook net lag.  My beste poging van uittarting was seker die dag toe ek wel vir ekstra klas opgedaag het.  Ek het geweier om dit by te woon (daar was niks met my Wiskunde punte verkeerd nie).  Daardie middag het ek geloop toe almal by die klas in is.  Sy het my teruggeroep, maar ek het gesê dat ek nie die klas sal bywoon nie.  En dit was dit.

Party mense trek seker nou hulle hare uit hulle koppe uit.  Juf R het my op die ou einde gewen, as sy gereageer het, sou ek erger dinge uitgedink het.  Daar was grense wat duidelik daar was wat ek nooit sou waag om te oortree nie.  Daar sou byvoorbeeld moord gewees het as ek haar klasse ontwrig het.  Sy het ook daarop aangedring dat ek altyd beleef moet wees, omdat sy beleef met my is. 

‘n Mens het altyd na Juffrou R opgesien.  Sy was altyd in alles die keiser gehoorsaam.  Die dag wat lyfstraf verbied was, het sy opgehou om die kinders te slaan.  Die eerste jaar nadat die “T” registrasie weggeval het, het sy vir haar ‘n MP registrasie gekry.  Nadat standards weggeval het, het sy ons aangemoedig om self graad op ons skrifte te sit.  Sy was altyd daar vir enige kind gewees, sonder dat sy enige iemand se maat is.

Wat ek veral by haar geleer het, is dat my woord altyd my eer moet wees.  Jy mag laat vir ‘n afspraak wees, maar as jy aangedui het jy kom, dan kom jy.  Ek kan ook nie onthou dat sy ooit met ‘n kind opgegee het nie.  Jy kom Wiskunde dop soveel as jy wil, maar sy sal jou deur matriek kry.  Sy was onder alle omstandighede ‘n dame en het ‘n goeie sin vir humor.

Toegegee, Juffrou R was nie perfek nie.  Daar was altyd stories van anoreksia, wat niemand hardop sou uiter nie.  Na skool het ek gehoor haar man is ‘n alkolis wat nie sy hande tuishou nie.  Of dit waar is, weet ek nie.  Ek weet net dat sy haar kop altyd hoog gehou het, haar probleme nie ons s’n gemaak het nie en waarskynlik die beste Wiskunde onnie in die wêreld is.

Haar laaste preek aan ons was op die laaste skooldag gewees.  Die einde was iets soos:  “As julle my eendag op straat sien en julle wil nie die Juffrou groet nie, dit is okay.  Kom sê dan net:  Hallo Tannie R.”

Juffrou R het my getuigskrif geskryf.  ‘n Better een kon ek nie vra nie.   Vandag nog sal ek haar nie teleur wil stel nie.

Ek tag dan hiermee vir Pikkelik en Wysneus.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kinders = Hoop Ek ry my eie kar

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkelik  |  Maart 30, 2008 om 1 : 41

    Wow A3… !!! Tjorts, ek weet nie hoe om my gedagtes georden te kry nie. OK, ek sit met hoendervleis van my kroontjie tot my toontjie en ek wens ek het ook vir Juffrou R geken.

  • 2. Adrie  |  Maart 30, 2008 om 4 : 21

    Pikkie

    Glo my, daardie wens is die moeite werd om te wens.

  • 3. Nico  |  Maart 30, 2008 om 4 : 34

    10/10, Adrie. Of 20/20 of 100%.

    Dis wonderlik as die mens van wie jy die dinge sê nog lewe – dalk moet jy vir Juf. R opsoek en die stukkie vir haar gee. Soos Mike & the Mechanics gesing het, “It’s too late when we die…”

    Ek is ook mal oor so mens wat “practise what they preach”… almal preach dit maar so min practise dit…

  • 4. Salomè  |  Maart 31, 2008 om 10 : 01

    Ek het so wonderlike Biologie onnie gehad. Ons was almal vir hom bang want hy was vreeslik streng, maar hy was ok die eerste onnie vir wie jy hulp gaan vra het. Hy het sy vak met soveel passie aangebied dat jy nie anders kon as om goeie punte te kry nie. Sien hom vandag nog baie en is nie skaam om hom in die straat te groet nie. Hy knoop ok altyd ‘n geselsie aan. Sulke mense maak ‘n verskil in ‘n mens se lewe.

  • 5. madele  |  Augustus 27, 2010 om 1 : 55

    Merrie! JY WAS ‘N MERRIE!!!! (Is nog steeds???) Leef juf R nog? Want as sy wel nog leef, dink ek hierdie brief BEHOORT in haar hande te beland!!! Sy sal dit beslis waardeer!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: