Ek ry my eie kar

Maart 30, 2008 at 4 : 18 191 Kommentaar

Scenario:  Jy ontdek jy het nie melk nie, spring vinnig in jou kar en ry gou na die winkel op die hoek.  Jy dra jou veiligheidsgordel en ry sonder enige haas.  Dan lui jou selfoon en sonder om twee keer te dink antwoord jy dit.  Jy het nie jou hands-free kit aan nie, die winkel is immers net 2 minute weg.  By die laaste stopstraat toeter iemand vir jou en laat jou duidelik verstaan dat jy tans die wet oortree.  Dames en Here, ontmoet SA se selfaangestelde spietkops.

Almal ken hulle.  Ek is nie dikwels aan hulle ontvang kant nie, maar dit is skrikwekkend om saam met een te ry.  Dit is die mans (ek ken nie sulke vroue nie) wat opsluit 120 km/h op die vinnige baan sal ry, tot groot frustrasie van honderde mense.  Hulle is die mense wat in road rage ly.  Die mense wat iemand wat probeer indruk nie ‘n kans sal gee nie.  En die wat jou vinnig tereg sal wys as jy hulle padwette oortree.

Julle haal nou seker skouers op – die mense handaf egter die wet.  Doen hulle regtig?  Ek dink dit is net ‘n manier om koning te speel.  Om te wys hulle is die Baas.  Padveiligheid mag die doel van talle wette wees, maar nie vir hulle nie.  Solank hulle dink hulle die wet is in hulle kant, is hulle daarop uit om ongelukke te veroorsaak.  Ja, dit is verkeerd as iemand ‘n stop verontagsaam, maar dit is wragtig ook nie reg om aspris ‘n ongeluk te veroorsaak nie.

Suid-Afrika se grootste eiser van lewens, is ‘n tweeling.  Onverdraagsaamheid on Onhoflikheid.  Ek dink dit is tyd dat elkeen sy eie kar ry en verantwoordelikheid neem daarvoor.  Dink vir jouself en ander bestuurders.  En laat die spietkops, hulle eie werk doen.

Blogvraag:  Watter motormaatskappy het veiligheidgordels eerste as ‘n standard gebruik?

Blogantwoord:  Lina Medina van Peru.

Sam is vandag weer op haar stukke.  Kyk wat stuur die koei vir ons.

sams015.jpg

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Merkwaardige Mens Geklik op 1 April

191 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 20

    Nella

    Ek is allergies vir Woolies. Sal jou die 12de vertel hoekom.

  • 2. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 23

    Wipneus

    Praat jy nou van die Wonderwerk of Roxy 69? Klink vir my na ‘n uitdaging.

    O ja, welkom op Dorings

  • 3. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 24

    😳

    My stadige dag. Dit gebeur as werk met blog in meng.

    Wipneus

    Ek het die wonderwerk opgespoor. Glo my, ek skrik nie vir haar nie.

  • 4. Nella  |  Maart 31, 2008 om 1 : 29

    A3
    Nee moet liewer niks se as dit iets gross is nie want ek like my woolies kwaai ek is totaal verslaaf aan my goed wat ek daar koop.

  • 5. Nella  |  Maart 31, 2008 om 1 : 31

    A3
    My dag gaan ook stadig verby vandag – is rerig nie lus vandag nie

    Kan jy dink ons national carrier SAA is so vertraag – ek is gatvol om hulle werk vir hulle te doen en op te volg – ek skree sommer

  • 6. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 33

    Nella

    Dit is verby gross, maar nie iets waarvoor Woolies kan help nie.

    Ek haat maandeinde.

  • 7. Zoekoe  |  Maart 31, 2008 om 1 : 34

    Rooi Koos. ek het nie persoonlik met jou geraak nie hoor, ek het net my opinie gelig, en duidelik lyk dit my kan jy nie redeneer oor die saak nie, ek het nie vir jou gesê fok jou, so moet asb nie dit vir my ook sê nie. ! hier mag ons verskil met mense !!! op ‘n ordentlike manier !!!!

  • 8. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 36

    Zoeks

    Wat bring jy die 12de, behalwe bier vir eie gebruik.

  • 9. Nats  |  Maart 31, 2008 om 1 : 53

    Heeeeeeelllllloooooooooo!

    Net vinnig kom inloer!

    Ek is ook ‘n Woolies lief hebber, maar dit pas nie altyd my sak nie! Anders het ek da gelewe!!

    So kom nou Tweeling… wat kan jy ons vertel van Woolies!!!??

  • 10. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 1 : 54

    Ek ken nie die Roxy 69 nie (wat gaan met haar aan?) Uh-uh ek daag jou nie uit nie!

    Woollies is my redding in tye van nood, ek roep haar al my beste vriendin, wat gaan nou aan, is hierdie ook een van daai vriendinne waarvoor jy moet oppas?

  • 11. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 1 : 56

    eks trg!

    wie het wie opgespoor???

    adrie
    wonderwerk se naam is Marie!

  • 12. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 1 : 58

    Tweeling

    Onthou my drieling se tweeling. Die evil ene.

    Wipneus

    Al wat met Woolies verkeerd is, is haar pryse. Sy is maklik, maar nie goedkoop nie.

  • 13. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 2 : 06

    adrie adrie
    halllooo

  • 14. Nella  |  Maart 31, 2008 om 2 : 11

    A3

    Wel as jy se dis nie Woolies se skuld nie sal ek hulle enige iets vergewe – solank dit nie ‘n gereelde ding is nie want hulle is gebind aan hulle hoe standaarde.

  • 15. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 2 : 17

    BO = Roxy???

    Nella

    Woolies kan nie help dat drolle by hulle koop nie.

  • 16. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 2 : 20

    adrie
    ja

  • 17. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 2 : 21

    Nee die hoë pryse van Mev Woollies sal ek maar manmoedig moet vat! Soms kan ek net nie my draaie kry nie en as almal met oop monde na my staar,dan beteken dit kry vinnig iets in daai monde, en ek bedoel vinnig!

  • 18. Rooi Koos  |  Maart 31, 2008 om 2 : 22

    Zoekoe

    Van ordentlik gepraat duidelik verstaan jy dit nie. Jy kan mense fokken taxi bestuurders en fokken spietkops noem en wie weet wat nog alles dan as iemand jou in die bek ruk dan is die persoon sogenaamd nie ordentlik nie. Word vir n slag wakker!!!!!!

  • 19. Nella  |  Maart 31, 2008 om 2 : 41

    A3

    Verwys jy nou na jouself as die drol of na my???

    Wipneus
    Ek weet dis darem baie lekker om net gou daar in te pop en iets lekker te kry wat klaar gereed is. Ek sal vrek sonder my woolies!! en dis altyd lekker as ek geskenke koop ook – ek weet sommer ek gee altyd die beste geskenke juis omdat ek daar koop

  • 20. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 2 : 43

    Nella

    As die skoen pas, trek hom aan.

  • 21. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 2 : 44

    He He He

    Nella, eindlik nie ek of jy nie.

  • 22. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 2 : 58

    Nella
    Ja dis waar, Woollies het nogal oulike geskenke, veral vir iemand wat alles het! Ek vries bv. hulle muffins en pluk dit uit as hier onverwags kliënte opdaag. Hulle chocolate kisses poeding “is to die for” dan die sagte feta-kaas mmm….die gemmerbier, franse slaaisous, gevriese uie ringe en dan my absolute favourite:
    Lemon grass & eucalyptus bad seep, dit sit my op ‘n trip!

    Nee ek is hopeloos verslaaf aan Woollies, sorry vir die wals…
    hie hie

    Ek en Nella is nou die amptelike “flakes” op Adrie se blog!

  • 23. Nella  |  Maart 31, 2008 om 3 : 13

    Wipneus

    Wie gee om wat die ander dink – dis my treat aan myself in die lewe – en of die gesin dit wil erken of nie hulle sin ook – almal smile as ma terug kom van Woolies af – solank hulle net nie saam hoef te gaan nie want ek spandeer redelik lank daarbinne om als deur te kyk veral as dit sale tyd is

    A3
    Nee die skoen pas my nie – want ek weet jy sal nie so lelik wees om my ‘n drol te noem nie – rerig – maar ek vang wat jy se – glo my ek het ook al een of 2 keer my toys daar gegooi – maar ek is ‘n sucker dit erken ek want ek gaan keer op keer terug

  • 24. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 3 : 14

    Adrie as jy vir my kom kuier, gaan ek vir jou net Woollies voorsit!!

  • 25. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 3 : 15

    hoekom is dit altyd so maklik om die verkeerde keuses te maak en as j moeilike besluite neem, jou keuse altyd verkeerd moet wees???

  • 26. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 3 : 21

    Bruin oge wat het verkeerd gegaan? Dit klink of jy tafelberg agter jou aansleep…

  • 27. Nats  |  Maart 31, 2008 om 3 : 22

    Ek is vandag verlore… het geen idee waarvan julle praat nie, veral jy my Tweeling!

    Wie en waar is die Roxy? En jou Drieling se Tweeling… Dianne??

    Huh!!! Help!

  • 28. Nella  |  Maart 31, 2008 om 3 : 27

    BO

    om die regte keuse te maak met ‘n moeilike besluit sal altyd moeilik wees want jy sal nooit rerig seker wees of jy die regte een gekies het nie – ek het nou al geleer om die een te te kies wat jou die ongemaklikste laat voel want dis gewoonlik die regte besluit want dit mag miskien die slegste keuse op daai oomblik wees maar in die longrun is dit definitief die regte een

  • 29. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 3 : 28

    wipneus

    mans gee my somme gryshare op so ‘n vroee ouderdom!!

  • 30. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 3 : 54

    Bruin oge

    Maar daar is baie van hulle, dis wanneer jy “on the lips kiss” wat die probleme ontstaan. Dan gaan jy jou hart verloor en miskien nog moet soek en optel ook!
    Wat gaan jy nou doen, dit klink vir my jou hart is opsoek?

  • 31. bruinogies  |  Maart 31, 2008 om 3 : 56

    nee dis my beste vriendin! ha boyfriend maki reg met haar nie! hy is sieklik jaloers op haar, maar sy wili haar oe oop maak nie!!

  • 32. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 4 : 01

    Tweeling

    Hoe kan Dianne Sam se drieling en tweeling wees? Huh?

    Wie het altyd vir ons Woolies toe gegaan?

    Wie is aan Paulo verloof?

    Megan – Sam se Evil Twin.

  • 33. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 4 : 03

    Tweeling

    Op hierdie blog is daar net een tweeling, en dit is ek en jy.

  • 34. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 4 : 06

    O ja

    Roxy is Bruinogies op Steve se blog

    Iets anders, Nats. Of kan ek jou weer deurmekaar maak.

  • 35. Salomè  |  Maart 31, 2008 om 4 : 16

    Adrie
    EK STEM VIR DIE PIEKNIEK!!! Dis baaaaaie makliker. Niemand kan in elk geval kuier as die helfte voor die vure moet staan en braai nie.

  • 36. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 4 : 18

    😉 Sien Saloom

    Somtyds dink ek, nie baie nie, maar ‘n bietjie.

  • 37. Salomè  |  Maart 31, 2008 om 4 : 26

    Adrie
    Ga, dit was nie dink nie, dit was net ‘n lucky brainwave

  • 38. Verons  |  Maart 31, 2008 om 4 : 29

    Okay julle praat more weer!
    KOEBAAI!!

  • 39. Wipneus!  |  Maart 31, 2008 om 4 : 32

    Bruin ogies so storie kan ‘n lelike ding afgee, ek hoor altyd gruwel verhale hieroor, die mense word toegesluit, mag met niemand praat, nee ek dink nie dit kan ‘n lekker lewe wees nie. Maar hoe sê hulle: die liefde is blind. Jy sal ook maar net kan toekyk hoe sy seerkry, en dit verseler ek jou gaan nie maklik wees nie.

  • 40. Adrie  |  Maart 31, 2008 om 4 : 47

    BO

    Ek het verlede jaar soos jy gevoel toe my een vriend troukoors ontwikkel het. Boonop het hy horende doof geword. Jy moet dit maar net aanvaar.

  • 41. Salomè  |  Maart 31, 2008 om 5 : 20

    Adrie & bruiinogies
    Daar is niemand so dom en doof soos een wat verlief is nie. En hoe meer jy skop teen dit wat hulle wil doen hoe halstarriger raak hulle. ‘n Mens is darem ‘n onnooslike ding.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: