Kinders = Hoop

Maart 28, 2008 at 1 : 29 32 Kommentaar

Al opgemerk hoe huiwerig of selfs weerstandig vandag se jong mense is ten op sigte van voortplanting?  Daar is heelwat verskonings.  Ek kan nie kinders bekostig nie.  Ek is nie reg vir kinders nie.  Die wêreld is boos, hoe kan ek my kinders daaraan blootstel.  Die kinders aard dalk na my.  Die regering ontmag ons as ouers, hoe moet ek my kind reg groot maak.  Skole is ‘n klug.  Ensovoorts. 

Alles is seker goeie verskonings, maar wat as almal by hulle voornemens bly?  Wat gaan gebeur as daar geen babas gebore word nie?  Dit laat my dink aan Children of Men.  Duidelik sal die mens dan uitsterf, wat seker ‘n seën vir die aarde sal wees.  Al die aarde se probleme is mensgemaak, soos besoedeling, aardverwarming, hongersnood, uitsterftes en oorloë.  Dus as niemand ooit weer voortplant nie, doen die mens vir die eerste keer iets goeds vir die aarde. 

Edel gedagte, maar die mens is selfsugtig.  Soos alle ander lewe op aarde het die mens die reg om voort te bestaan.  So ook verdamp verskonings van baie mense wanneer hulle in 30 se omgewing land.  Innerlik smag almal dalk na ‘n mini-self.  Iemand wat jy met jou idees en kennis kan opvoed, iemand wat ander se lewe sal verryk en moontlik iemand wat die wêreld gaan verander. 

Niks fout daarmee nie.  Iemand het eendag gesê:  “We are the masters of our own destiny.”  Ek wil dit vandag ‘n bietjie aanpas en sê dat ons steeds beheer oor ons nabye omstandighede het.  Jou kind is immers veronderstel om in jou huis waardes en beginsels te leer.  Waardes en beginsels wat nie afgeforseer kan word nie, maar wat geadverteer word.  Waardes wat bevraagteken kan word, maar nog steeds keer op keer as waardevol bewys kan word. 

Geen mens kon al ooit ‘n ander teen seerkry beskerm nie.  Jy kan jou kind dalk leer om sekere gevare te vermy, maar een of ander tyd gaan hy of sy seerkry.  Dit is die verloop van die lewe, die leer en groei proses, wat van ‘n kind ‘n gebalanseerde mens maak.  Ja, kinders MOET beskerm word, maar soms is dinge nie in ons hande nie.   Soms moet jy hulle net leer dit is soms okei om te lê, maar jy moet weer opstaan, jy moet bly voortgaan, jy moet weer die wêreld in die oë kyk.  Anders gaan die kind ‘n mislukking wees.  

Wat sal ons ou wêreld wees sonder ‘n kleuter se kekkellaggie en suigeling waarhede.  Sonder ogies wat alles en almal ondersoek.  Sonder ondeunde ogies wat altyd met soveel vertroue uitstraal.  Sonder ‘n oop-bek-een-tand-glimlag wat sê ek weet ek is veilig.  ‘n Kind aanvaar so maklik en is altyd bereid om te vergewe.  Hulle word so maklik tevrede gestel en vra eindlik so min.  Kersfees sonder opgewonde kinders wat net nie kan wag om die geskenke te bespring nie, is net nie dieselfde nie.   

Kinders is die hoop van die toekoms.  Sonder kinders sal die wêreld vaal en mistroostig wees. 

Blogvraag:  Wie was die jongste “vrou” (sy was 5 jaar oud) wat geboorte geskenk het?

Blogantwoord:  Zoekoe was weereens reg, dit was

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat bewonder jy in mense? Merkwaardige Mens

32 Kommentaar Add your own

  • 1. Verons  |  Maart 28, 2008 om 2 : 11

    Wraggies eerste!!

  • 2. Verons  |  Maart 28, 2008 om 2 : 13

    Oor die onderwerp: As ek so na die siek wêreld om my kyk kan ek nie myself indink om ‘n kind hier in te bring nie!!
    Ek kry die kinders van vandag baie jammer en die die ouers wat hulle moet lei….

  • 3. Bos  |  Maart 28, 2008 om 2 : 15

    Ek gaan nie comment nie

    Sal julle later sien ek het gou n order om uit tesort!! Mooi naweek vir almal as ek dalk nie weer met julle praat nie!!!

  • 4. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 3 : 38

    Hallo maats

  • 5. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 39

    Kloon

    Verskoon dat ek so sag praat, maar ek het van my stoel afgeval van die skok om jou hier te sien.

  • 6. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 3 : 40

    He he … eerder laat as nooit. Het eers weer met die modem gesukkel

  • 7. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 42

    Hoe gaan dit met Tillie-Lief?

  • 8. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 3 : 47

    Gaan baie goed met haar, slapies lekker

  • 9. Bos  |  Maart 28, 2008 om 3 : 48

    MATHILDA!!!!!!!!!!

    Hey there ….. mama!!!! Hoe gaan dit met jou,kleinding en manlief??? Het nog nie self vir jou gese nie, maar baie geluk, sy is dierbaar verby!! My hart pomp tjoklits as ek sulke ou klein goedjies sien ……

  • 10. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 48

    Hoekom kan sy nog nie mxit of blog nie?

  • 11. Jaco  |  Maart 28, 2008 om 3 : 53

    In die belang van balans is dit elke mens se reg om te besluit om kinders te hê al dan nie. My wêreld sal beslis ‘n gelukkiger plek wees met die opwagting van ‘n pienkvoet. Kinders is tog immers ‘n monument van jouself, jou nalatenskap. En almal wil tog seker een of ander teken nalaat dat ons ook hier was? Dit is die hoop wat ons in kinders plaas, die hoop om onthou te word.

  • 12. Bos  |  Maart 28, 2008 om 3 : 55

    O.ja, blog vraag

    Lina Medina van Peruvia

  • 13. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 56

    Hallo Jaco

    Baie welkom. Ja, dit is elke mens se besluit, maar snaaks genoeg ook die een ding wat hom/haar ook nie steur aan ‘n besluit nie. Hulle wag nie vir bestelling nie, maar kom ook nie altyd op uitnodiging nie.

  • 14. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 57

    Bosselina

    Hoe het jy geweet of is dit weer dankie Google?

  • 15. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 3 : 58

    Want sy slaap – duh !

  • 16. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 59

    FINE

    Gee haar die rekenaar wanneer sy wakker is. Jy het haar seker afgeskeep en nou wil sy kla. Die dat sy nou so gerieflik slaap.

  • 17. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 4 : 04

    Whatever ! Sal haar sê sy is gesummon as sy wakker word

  • 18. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 4 : 06

    Dan gaan die weer seker gerieflikheidshalwe seker swaar wees. Of sy wil dan drink? Of sy kuier dan met haar oupa. Ens, ens, ens.

  • 19. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 4 : 13

    Sal kyk of ek ‘n splinternuwe versoning kan uitdink die keer !

    Bos

    Skies, amper ignore ek vir jou met Adrie hier op my case. Dit gaan goed met ons almal dankie, baba net vreeslik krampies op haar magie, maar ons sort dit uit. En pa is met ‘n baie swaar hart Dinsdag weer werk toe. Hoe gaan dit daar innie bos ?

  • 20. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 4 : 15

    Tilla

    Wat het jy my kind gevoer dat haar magie pyn? Ek LEEN haar vir jou, en jy laat haar swaar kry.

  • 21. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 4 : 18

    Weet nie jong, maar ek huil sommer saam met haar as sy begin ! Sal biki vir die pediater vra Maandag as ek hom gaan sien wat dit veroorsaak.

  • 22. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 4 : 19

    Ag shamepies Kloon.

    Hoe gaan dit nou met die hikkery?

  • 23. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 4 : 22

    Hik en nies nog een strook deur, die nies is ok, maar daai gehikkery maak haar klaar, gelukkig raak mens slim, as ons hoor sy begin hik gee ek vir haar ‘n trosie dan hou sy sommer gou op.

  • 24. *Mathilda*  |  Maart 28, 2008 om 4 : 26

    Sien weer later

  • 25. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 4 : 26

    ‘n Trosie???

  • 26. attie  |  Maart 29, 2008 om 9 : 45

    Ek het net vanoggend weer stil geglimlag vir die baie mooi verhouding wat daar tussen my vrou en ons jongste (11) is – hulle is groot maats. Sonder haar sou vroutjie se lewe sekerlik ‘n groot stuk onvervulling gehad het. Ons eerste drie kinders kom uit my eerste huwelik, maar ons jongste is my vrou se enigste. Juis daarom dink ek dikwels aan Jaco wat so verlang na ‘n pienkvoet. Sonder kinders sou die lewe maar redelik eentonig wees.

  • 27. Pikkelik  |  Maart 29, 2008 om 10 : 09

    My kinders is my lewe. En ja, sonder kinders sal hierdie wêreld die verveligste plek denkbaar wees. Ek kan my nie ‘n tyd indink sonder my kleingoed nie. Ek wil hulle liefhê en koester en opvoed en soms opfoeter maar sonder hulle is my lewe maar uiters saai. Hulle is ons toekoms, ons versekering, ons ‘uitsien na’. Ag Jaco, ek hoop julle is sommer vinnig ‘n bonneltjie ryker. As dit te erg word, kom platteland toe en bederf myne vir ‘n dag….

  • 28. Pikkelik  |  Maart 29, 2008 om 10 : 28

    O Ja Adri, Jy kan sommer maar net Pikkelik sê! Ek kan nie help ek het so laat met die belangrike dinge begin nie man! Los maar die getannie en vergeet van OUMA… Damn, ek gaan van nou af elke comment vir ‘n halfuur deurding, vir tien minute daarna staar en dan sal ek dit miskien, net miskien post! Julle is wragtig so skerp soos Minnorra-blades!

  • 29. Mary-Nash  |  Maart 29, 2008 om 10 : 32

    Goeie dag almal

  • 30. Salomè  |  Maart 29, 2008 om 1 : 53

    Nou waar was julle almal gister. Ek weet ek het ‘n verskoning gehad . . . was saam my oudste by die mall en het onsself sommer net geniet.

    Oor die onderwerp;
    Ons is miskien in beheer van ons keuses en besluite maar daar is ‘n groter Hand in beheer wat ons besluite vir ons beheer. Ons het ok gesê; net twee – ons kan nie nog bekositg nie. Maar glo my na ons glipsie weet mens daar is altyd tyd, plek en geld vir nog een.
    My hart gaan uit na die mense wat nie kinders het nie. Ek dink hul mis geweldig baie in die lewe. Ek ruil nie een van my 3 brats vir enigiets anders in die wereld nie!!!

  • 31. Wipneus!  |  Maart 29, 2008 om 6 : 48

    Mmm Adrie ‘n oulike stukkie en alles waar, ek is ook heeltemal verlief op my 2 groot seuns (manne). Sien ook uit as hulle eendag kleinkinders gaan aan bring om te bederf, maar ai! mens sal paranoia kry oor hulle veiligheid. Heeltemal oorbeskermend wees, wat ook nie goed vir kinders is nie. Maar het jy ‘n keuse? Dis hartseer om soms die koerant oop te maak en te sien nog ‘n kindjie is gebreek deur verkragting (of vermoor).
    Maar sonder kinders, nee a, die nasie moet voortplant…hie hie

  • 32. Adrie  |  Maart 30, 2008 om 11 : 46

    More Almal

    Dankie vir die inloer.

    Ja, dit is hartseer die goed wat die koerante haal van die mishandeling van kinders. Hartseerder is die goed wat nooit die koerante haal nie.

    @ Attie

    Ek hoop julle kind breek nooit heeltemaal weg van die verhouding met haar ma nie.

    @ Pikkie

    Jong, ons is baie rustig hier. Jy mos ons op ons vorige kuierplek gesien het. Daar was altyd bloed en derms wat gespat het. Jy moet nou nie staan en skrik vir ons blaf nie. Voel welkom om enige tyd jou se oor enige iets te gee.

    @ Wipneus

    Jy sal maar intussentyd stief kleinkinders moet kry om op te oefen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: