Wat bewonder jy in mense?

Maart 27, 2008 at 4 : 16 156 Kommentaar

Ek het nou die dag gelees dat iemand sensitiwiteit in ‘n kennis bewonder.  Almal wat al twee woorde met my gepraat het, weet dat ‘n doringtak meer empatie het as wat ek het.  En om eerlik te wees, is ek nogal dankbaar daarvoor.  Ander mense se probleme is hulle probleme, ja ek sal na hulle luister, maar hulle probleme moet hulle s’n bly.  Tog bewonder ek mense met opregte empatie, net te dankbaar dat dit nie ek is nie.

Watse karakter eienskappe bewonder ek?  Ek dink die een ding wat paal bo water uitstaan is iemand wat altyd opstaan vir wat reg is.  Dit vat guts, veral as hy of sy dit ten koste van hom of haarself doen.  Ek bewonder mense wat ander mense kan bereik, ongeag watter muur om daardie mens gebou is (dalk is dit waar empatie inkom).  Ek bewonder iemand wat altyd regverdig optree.  Ek bewonder iemand wat altyd sal probeer om ander te help.  Ek bewonder iemand wat getrou aan hulleself bly. 

Ek waardeer iemand met insig en iemand met intelligensie.  Iemand wat kan debateer sonder om kwaad te word.  Iemand met kennis.  Mens kan altyd lekker met so ‘n mens kuier.  Ek waardeer iemand met ‘n vars uitkyk op die lewe en iemand wat glo aan genade.

Wat waardeer julle?

Blogvrag:  Wie is die stigters van Google?

Blogantwoorde:  Op christen wanbegrip was Attie reggewees met Antiogië.  Jan was reg gewees op die ander blog met weblog.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Blog Taal Kinders = Hoop

156 Kommentaar Add your own

  • 1. Bos  |  Maart 28, 2008 om 3 : 29

    Adrie
    😯 *sluk swaar* Nee eerder, WAT DE FOK????

  • 2. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 33

    Bos

    Hulle is beslis siek moere.

  • 3. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 34

    Bosselina!!!!!!!

    Ek wil regtig weet wat is fout met my nuwe post.

  • 4. Bos  |  Maart 28, 2008 om 3 : 44

    Adrie

    Niks nie, ek het net reeds my mening oor die onderwerp al gelig. As ek myselfde comment moet opsit wat ek op N se blog opgesit het dan mag jy dalk net n fight sien, of was dit die plan?

    Drama drama drama ….

  • 5. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 3 : 52

    Dalk

  • 6. Wipneus!  |  Maart 28, 2008 om 8 : 52

    Hi Adrie,
    ek is nogal vol dinge as dit kom by die waardering ding (as ek vriende kies raak dit verwagtinge) …
    Eerlikheid en lojaliteit heel eerste op daai lys, ook mense wat kan uitstyg bo moeilike omstandighede, mense met sterk persoonlikhede en skerp humor, mense wat suksesvol is en die hoogste hoogstes bereik het maar nog steeds nederig en plat op die aarde is doen dit vir my!
    Maar my grootste af pp, is mense wat “dink” hulle is beter en slimmer as ander (arrogante, spoggerige, stywelip houdings??), dan verval al die boonste verwagtinge en ek hou skerp regs verby!
    Lekker naweek hoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: