Christen wanbegrip

Maart 26, 2008 at 4 : 08 24 Kommentaar

Vandag steek ek nie my kop in ‘n byenes nie.  Ek klim sommer heeltemaal in.  Hoe ouer ek word, hoe minder dink ek van ‘n christen.  Christen is aspris met ‘n klein letter geskryf.

Hoekom laat mense hulle so maklik deur ‘n christen manipuleer?  Ek het nuus vir baie mense.  Dit maak jou nie ‘n Christen om 10 000 eposse aan te stuur wat belowe dat jy dan hemel toe sal gaan nie.  Jou woord dat jy ‘n Christen is, is nie genoeg nie.  Jou dade moet dit weerspreek.  Jy moet die vrugte van Christus dra om ‘n Christen te wees.  Dit is waardeloos om met die Bybel onder die arm te loop en jou soos ‘n heiden te gedra.

Wat my veral die duiwel in maak, is die wat hulle self Christenne noem, maar wat mense dan vertrap.  Mense, wat heelvoor in die kerk sit, maar in die dominee se afwesigheid is hulle ‘n kloon van die duiwel.  Mense wat hulle verlekker in ander se swaarkry, pyn en vernedering.  Dan is daar die wat die heeltyd die duiwel in alles en ander soek.  Ek  sal eerder niks sê van die wat God se werk oorneem en kan oordeel nie. 

Ek glo dat niemand die reg het om homself ‘n Christen te noem nie.  Ander kan jou daardie titel gee wanneer jy dit verdien. 

Blogvraag:  Waar was volgelinge van Christus eerste Christenne genoem?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Maak jouself vandag minister Blog Taal

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  Maart 26, 2008 om 4 : 44

    Adrie
    Ek stem. Daar is vandag baie “klip christene” mense kruip weg agter die naam, misbruik dit en verdraai dit. Alles net om iewers ‘n paar sent uit iemand te kry of om dinge gedoen te kry.
    Ek dink ok ek is liewer ‘n “gelowige” as ‘n christen

  • 2. Roofleser  |  Maart 26, 2008 om 5 : 49

    Op http://www.kletskerk.co.za is daar baie christene wat jou die harnas sal injaag…!😉

  • 3. Pikkelik  |  Maart 26, 2008 om 7 : 34

    Bravo! Daai ouens maak die wêreld baie moeilik vir ander Christene.

  • 4. Nico  |  Maart 26, 2008 om 8 : 54

    “The greatest single cause of atheism in the world today are christians, who acknowledge Him with their lips, and walk out the door and deny Him by their lifestyle. That is what an unbelieving world finds simply unbelievable.” – DC Talk, ‘n “christelike” pop groep.

    Ek noem myself lankal nie meer ‘n christen nie, want ek dink nie ek is die voorbeeld wat mense moet volg as hulle Jesus wil sien nie. Verder stem ek ook nie saam met baie dinge wat ons altyd geleer christene is nie; dis onmoontlik om ‘n christen te wees, want ek dink ons sal dan noodwendiglik almal katatone word.

    Ek dink ook dat die boodskap van Jesus so gewysig is dat dit wat ons vandag kry, dalk glad nie is wat Jesus gesê het nie, dus sluk ek swaar aan wat ek in ‘n kerk hoor.

    Op die einde van die dag dink ek dis ‘n baie persoonlike saak, ‘n saak tussen jou en God, en niemand anders het iets daaroor te sê nie.

    Iemand het eenmaal gesê,
    “There is no Truth, there is only perception.”

    As ek weer iemand omgekrap het vra ek voortydig om verskoning.

  • 5. Bos  |  Maart 27, 2008 om 7 : 29

    More maters!!!

    Nico hoe reg is jy nie!! Die probleem met vandag se kerke is dat mense kom om gesien te word, geld uittehaal en nuwe karre kom afshow. Die predikante preek ook deesdae om die lidmate tevrede te stel en nie om siele te voed nie.

    In my opinie, as jy regtig die dag lus is om God te vind, gaan na n klein dorpie, met n klein kerk want daar aanbid die mense nog omdat hulle dit tot eer van God doen en nie tot eer van mammon nie.

    Ek stem ook met jou oor die Bybel, dat als wat daarin staan nog is soos God dit gese het. Hy se duidelik in Sy woord dat sy woord wet is en dat geen woorde bygevoeg of weggelaat mag word nie, nou verduidelik dan vir my hoe hul die n nuwe vertaling geskryf het, mnse wat veronderstel is om kennis te dra oor God en sy woord?

    Nee, Christene is skynheilig, agterbaks en skelm. My lewe is beslis nie reg nie, maar ek dra baie kennis van God en Van sy liefde en Almag. Ek glo in Hom en Weet Hy is ons enigste Verlosser en Saligmaker. Ek dink as ons die dag besluit om daai intieme paadjie saam met God te wandel, noem jouself eerder n kind van God.

  • 6. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 8 : 22

    Die probleem wat ek met baie kerke het is dat hulle predikante nie goed genoeg op gelei is nie. Daar is bevoorbeeld mense wat hulle hele lewe wei om die boek Johannes te ontleed. En dit vat hulle hele lewe in beslag. ‘n Leek op straat het bloot net nie genoeg kennis van die Bybel om dit aan ander aftedwing nie.

    Is ek ‘n Christen? Nee, mense sal van God weg gestoot word deur my. Maar ek glo wel.

  • 7. Samantha Q  |  Maart 27, 2008 om 10 : 24

    @ A3

    Slat jy nou daai spyker oppi kop. Almal wat my ken, weet presies hoe ek voel oor enige Christen. Ek het glad nie tyd vir mense wat maak asof hulle holier then thou is nie. Net die bloote feit dat hulle nog skelm rook of die kat in die donker knyp (Jimmy Swaggart), maak hulle ‘n kakker mens as ek.

  • 8. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 10 : 41

    Drieling

    Uiteindelik.

  • 9. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 27, 2008 om 1 : 10

    Ag ou Sammy gun elke ou sy ou twakkie man 😆

    Ek stem nogal saam met die meeste antwoorde wat ek hier gelees het.

    Nou! Meeste van die bloggers ken my al. Ek praat nie vuil nie. Ek praat nie seks nie. Ek stir nie ander mense se julle weet wat nie.

    Wat my egter onstel is dat mense my vra hoe kan ek myself as ‘n Christen beskou net omdat ek ‘n goeie sin vir humor het.

    Orals in die Bybel staan tog LAG en wees VROLIK!

    Waarheen nou?

    Wat my aanbetref is die eerste tree na Christenskap in wat, hoe en wanneer jy doen.

    Goeie topic A3. 🙂

  • 10. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 1 : 22

    Gawie

    Huh? Van wanneer af mag ‘n Christen nie ‘n sin vir humor he nie? Mits die sin vir humor nie afstootlik of walglik is nie.

  • 11. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 27, 2008 om 1 : 56

    Vra ek ook altyd vir hulle A3!

    Jong op Podigits loop ook mense rond wat hulself Christene noem, maar hulle beswadder ander van alle kante af. More vra hulle jou om verskoning. Maak nie saak waar jy kom nie, hulle soort IS daar!

    Nou vra ta my mooitjies of ons tog nie maar weer maaikies kan wees nie, en ek aanvaar alles maar gelate en beweeg aan . . . . . . .

    . . . . . . . en oremore gaan hulle aan waar hulle eergisteraand opgehou het.

    Nou vra ta my weereens mooitjies of ons tog nie maar weer maaikies kan wees nie, en ek aanvaar alles maar gelate en beweeg maar net weer aan.

    So na die derde of vierde vergifenis episode begin my geduld ook opraak omdat ek ook maar net ‘n mens is, en ek klap hom met ‘n ignore. Nou gaan daar ‘n koor op wat skreeu: GOD VERWAG DAN VAN JOU OM TE VERGEWE!

    EISH! Nou begin my gewete my pla . . . . . . . Dan besluit ek basta, die Bybel sê my ook ek hoef nie meer langs dieselfde tafel as hy te sit nie, al het ek hom vergewe. (1 Korintirs 5:11 – 13: . . . . maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. 12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? 13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog die slegte mens onder julle uit.)

    Ek wys die koor daarop. Skielik is dit stilte. dankie tog! 😆

    Daai ouens is definitief ‘n verleentheid nie net vir Christene nie, maar ook vir almal wat goeie waardes handhaaf in hul lewens.

    Ek gaan voort om ‘n goeie Christen te probeer wees . . . . . .

  • 12. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 2 : 05

    Gawie

    Ek noem myself nie eers ‘n Christen nie. As ek dit doen, is ek soos die mense wat ek hierbo geskel het.

  • 13. attie  |  Maart 27, 2008 om 2 : 42

    In Antiogië is gelowiges vir die eerste keer Christene genoem.” (Hand. 11:26)
    Ek het ook hierdie frustrasie met mense wat Sondag hulle Chirstenskap bely en Maandag in effek God met hulle lewens vervloek.
    Ek stem saam dat mens liewer moet toelaat dat ander mense jou ‘n Christen noem, en ek stem ook saam dat jou lippe en jou leefstyl dieselfde boodskap moet oordra.
    Maar, alle “Christene” of dan nou gelowiges is darem ook nie dieselfde nie. In nederigheid moet mens maar altyd sê: “Volg my voorbeeld soos (in soverre as wat) ek die voorbeeld van Christus volg.”
    “Ek sal eerder niks sê van die wat God se werk oorneem en kan oordeel nie. ” Mens moet ook dalk versigtig wees om nie self skuldig te wees aan die oorneem van God se werk met betrekking tot veroordeling nie.
    Ek verstaan die frustrasie en dit mag ons met mekaar deel, net solank dit ons aanspoor om nie dieselfde pad te loop nie. Maak nie saak of ek myself ‘n gelowige of ‘n Christen noem nie, die verwagting wat die Here van my het bly steeds dieselfde.
    Ek stam ook saam met Oubaas: Ek gaan voort om ‘n goeie Christen te probeer wees.

  • 14. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 27, 2008 om 3 : 01

    @ A3 – Hehehehe.

    @ Atiie – Mense stry baie oor “veroordeling” en oor die waarheid oordra oor/van ‘n persoon.

    Ek persoonlik probeer sulke situasies ten alle kostes vermy, maar daar kom tog tye dat jy voel jou hand jeuk nê?

    Jy het hierdie baie raak opgesom: Ek stem saam dat mens liewer moet toelaat dat ander mense jou ‘n Christen noem, en ek stem ook saam dat jou lippe en jou leefstyl dieselfde boodskap moet oordra.
    Maar, alle “Christene” of dan nou gelowiges is darem ook nie dieselfde nie. In nederigheid moet mens maar altyd sê: “Volg my voorbeeld soos (in soverre as wat) ek die voorbeeld van Christus volg.”

    Beter kon ek dit ook nie beskryf het nie.

  • 15. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 3 : 31

    Attie

    Jy sal sien dat ek die christenne met ‘n klein letter geskryf het? Juis omdat ek dink hulle is nie volgelinge van Christus nie.

    Ek stem met jou saam dat wat-jy-jou-self ook al noem, moet jy die regte pad loop.

    En veroordeling, ek was al genoeg hel toe verban oor belaglikhede.

  • 16. attie  |  Maart 27, 2008 om 3 : 48

    Adrie: Ek het afgelei dat jy al ‘n paar keer hel toe verdoem is. Ek het begrip daarvoor, maar ek dink jy probeer juis om bokant dit uit te styg. Dankie vir die opmerking dat jy “christene” deurlopend met ‘n klein lettertjie gespel het.

  • 17. ADRIANA  |  Maart 27, 2008 om 3 : 52

    Attie

    Vir ‘n ware Christen, wat vrugte dra van Christus, haal ek enige dag my denkbeeldige hoed af. My probleem is met die skynheiliges, waarvan 90 % die kerkbanke vol sit. Ek wonder hoeveel Christenne kom nooit in die kerk nie?

  • 18. Wipneus!  |  Maart 27, 2008 om 3 : 54

    Baie goeie skrywe! Ek hou veral van die voorste gestoeltes in die kerk deel! Hulle het nog skaars hulle agterstewes van daardie stoele afgelig dan begin hulle “snoop around” en hulle neuse insteek en bybelversies uitdeel. Hulle het ‘n direkte lyn hemel toe.

    Groete

  • […] 27, 2008 Posted by attie in Christianity, Die Christelike Lewe. trackback Adrie skryf op haar blog – doringsensomsrose onder die opskrif: CHRISTEN WANBEGRIP oor christene met ‘n klein lettertjie. Haar groot […]

  • 20. attie  |  Maart 27, 2008 om 4 : 28

    Adriana: Dankie. Gelukkig is van die vrugte van die gees geduld en nederigheid en mag ek ook maar in nederigheid sê dat ek nie alles is wat ek moet wees nie en dat ek maar dikwels ook met myself baie geduldig moet wees oor hierdie dinge.
    Adrie: Ek het ‘n bietjie langer kommentaar hieroor op my eie blog geskryf. Jy kan gaan lees by: http://attie.wordpress.com/2008/03/27/chirsten-wanbegrip-sout-en-lig/ as jy wil.
    Dankie jy het my laat dink.

  • 21. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 4 : 31

    Attie

    Adriana, die blog eienaar en Adrie die blogger is dieselfde mens. Ek het jou blog gaan lees en ek stem volmondig saam.

  • 22. Nico  |  Maart 27, 2008 om 11 : 14

    Oubaas (gawie),

    Ek lees ‘n rukkie gelede iets wat Koos Kombuis geskryf het oor daai ding. Ek gaan nie aanhaal nie, maar dit kom neer daarop dat mens net een keer die ander wang draai, omdat jy net een ander wang het om te draai. Lees gerus by
    http://komchat.wordpress.com
    Sorry, Adrie, dat ek ‘n ander blog op joune adverteer.

  • 23. Adrie  |  Maart 28, 2008 om 8 : 04

    Nico

    No problem.

  • 24. Ben  |  Augustus 16, 2008 om 12 : 25

    Ek lees julle opmerkings hierbo en sien dat ek ‘n bietjie laat is,maar nouja,hier kom dit.Dink julle dit is reg dat ons predikers God se woord verkondig en dan aan die einde van die maand ‘n salaris verdien,of is dit iets wat uit liefde gedoen word,waar die belange van die skape eerste kom en die inkomste ‘n bysaak is.As mens vir ‘n salaris werk,is dit mos ‘n werk,en nie uit liefde nie.’n Mens moet mos op God vertrou vir ‘n inkomste,nie op mense nie,of het ons nou vir God vervang.Is geld vandag die kern waaroor alles draai in die kerk?Het satan ons al so geinfiltreer?Waar is die krag in die kerk.Die skrif se duidelik dat ons wat glo groter wonderwerke sal doen as Jesus.Die God van die Bybel het nie verander nie,ons het.As wonderwerke nie in jou kerk gebeur nie,wat hou ons daar?tradisies en gewoontes?doen oms maar net wat ons ouers ons geleer het?en gaan ons dan daarmee saam?of is ons daar omdat dit ‘n plek is waar ek sondae my vriende kan ontmoet?Daar is baie vrae en hierdie is maar net ‘n paar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: