Die galgtou

Maart 17, 2008 at 7 : 20 73 Kommentaar

Jacob Zuma is tans besig om elke hond en sy baas ‘n referendum omtrent die doodstraf te belowe.  Die ANC en die menseregtekommissie hou glad nie van die idée nie.  Verder beskou almal dit as die beste nuus ooit.  Maar is dit?  Vandag is julle kans om julle opinie van die doodstraf te gee.

Ek vir een is ‘n draadsitter waar dit die doodstraf aangaan.  Ek is heeltemaal tevrede om die besluit oor die doodstraf aan die politici oor te laat.  Ek glo as jy vir die doodstraf is, moet jy bereid wees om self die teregstelling uit te voer.  Ek is nie.  Die volgende vraag is of die doodstraf werklik geweldsmisdaad sal verminder.  Die ergste straf in die wêreld help niks as die misdadigers nie gevang word nie.  Dit help nog minder as hulle nie skuldig bevind word nie.  Dit is ook baie moeilik om iemand se lewe terug te gee wat onskuldig gehang is.

Aan die ander kant:  Sommige misdade verdien geen genade.  Soos molestering of verkragting deur mense in vertrouensposisies (lelaars, onderwysers, polisie, eie pa’s), enige martelaars (soos die wat hulle slagoffers brand vir die lekker daarvan) en die wat moor asof dit ‘n sport is.  Ek kan beplande moord nog oorsien, al moet dit ook swaar gestraf word.  Hoekom moet ons as belastingbetalers die wreedaards onderhou?

Ek dink ook dat die doodstraf in sekere gevalle te genadig is.  Jy bly in relatiewe gerief, jy kry ‘n laaste wens, ete en kans om te groet, voordat jy pynloos doodgemaak word.  Nie ‘n tiende van die lyding wat die slagoffers moet deur gemaak het nie.Ek is dus tussen die duiwel en die diep blou see oor die kwessie. 

Gelukkig bly ons in SA, wat sake heelwat eenvoudiger maak.  Ek vertrou Jacob Zuma nie.  Ek betwyfel sy integriteit en dink dat hy die doodstraf vir eie gewin sal aanwend.  Wat ‘n maklike manier om van teenstanders en ongewensde pyn in die gat ontslae te raak.  Hy sal dan sy hande in onskuld was en sê dit is wat julle wou hê.  Ek glo nie die ware misdadigers sal gestraf word nie.  Dus stem ek ‘n besliste NEE vir die doodstraf.

Hoe voel julle?  Watter metodes behoort aangewend te word en watter misdade behoort so gestraf te word?

Blogvraag:  Wanneer was die laaste persoon in SA tereggestel en wie was dit?

Die naweek se antwoord sal ek more bekend maak.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Selfvernietiging Red Bakteriee

73 Kommentaar Add your own

  • 1. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 7 : 46

    EERSTE!!!!!!!!!!!!

  • 2. bruinogies  |  Maart 17, 2008 om 8 : 10

    more almal!
    hoop julle naweek was lekker.

  • 3. Bos  |  Maart 17, 2008 om 8 : 14

    more almal!!

  • 4. Jannas  |  Maart 17, 2008 om 8 : 50

    More almal. Lekker koud en nat hier in die Gangster Paradise.

    Die doodstraf is Bybels, maar net as die regering dit uitoefen namens die mense van die land (Die mag van die swaard – dink dis Rom 8 iewers). Die verskil is dat met lewenslange tronkstraf kom die misdadiger weer vry, hetsy begenadiging, vroeë vrylating of ontsnapping en het weer kans om te moor; met die doodstraf beskerm jy die bevolking daarteen. As ‘n land die doodstraf wil toepas moet sy regstelsel (polisie, aanklaers en regsbanke) bo verdenking wees. In SA is al hierdie elemente gedisintegreer en het ons nie meer die tools om die doodstraf te kan oplê en uitvoer nie. Dink bietjie daaroor – met korrupte polisie en aanklaers wat opponente wil uitsorteer kan die doodstraf nogals handig te pas kom.

  • 5. Jannas  |  Maart 17, 2008 om 8 : 57

    Miss Beatrice, the church organist, was in her eighties and had never been married. She was admired for her sweetness and kindness to all.

    One afternoon the pastor came to call on her and she showed him into her quaint sitting room. She invited him to have a seat while she prepared tea. As he sat facing her old Hammond organ, the young minister noticed a cut-glass bowl sitting on top of it. The bowl was filled with water, and in the water floated, of all things, a condom!

    When she returned with tea and scones, they began to chat. The pastor tried to stifle his curiosity about the bowl of water and its strange floater, but soon it got the better of him and he could no longer resist.

    “Miss Beatrice”, he said, “I wonder if you would tell me about this?” pointing to the bowl.

    “Oh, yes,” she replied, “Isn’t it wonderful? I was walking through the park a few months ago and I found this little package on the ground. The directions said to place it on the organ, keep it wet and that it would prevent the spread of disease. Do you know I haven’t had the flu all winter?”

    Well, winter is coming up…..

  • 6. Zoekoe  |  Maart 17, 2008 om 9 : 05

    Hallo Mense !!! Ek STEM 1000% vir die doodstraf…. hang moordenaars, rapist, child molesters…. society het hulle nie nodig nie ! nog minder moet society vir hulle betaal om vir hulle in die tjoekie te sorg. ! ! ! !👿

  • 7. Verons  |  Maart 17, 2008 om 9 : 27

    More! More!!
    Ek is terug!!!
    Ek stem 100% vir die doodstraf!

  • 8. Nico  |  Maart 17, 2008 om 9 : 35

    Jis, Adrie maar jy hou lyk my van kontroversie.

    Dis vir my baie interessant dat jy opmerk dat diegene wat die doodstraf voorstaan, self moet bereid wees om dan die vonnis te voltrek. Nie baie mense het al sover oor die saak gedink nie, en dis iets wat pro-doodstraf mense nie graag wil hoor of oor wil dink nie omdat dit nie aangenaam is nie – mense soek daai ding daar ver, daar anderkant waar dit hulle nie pla nie.

    Ek staan egter steeds die doodstraf voor, want ek glo iemand wat tot die vlak daal wat Zoekoe hierbo aanhaal is nie ‘n mens nie; hy is sub-human wat geen menseregte verdien nie en soos ‘n erg beseerde hond uit sy lyding gesit behoort te word.

    En as ek die sneller of die lever moet trek om die wêreld waarin ons moet leef ‘n veiliger plek te maak, dan sal ek ook. It is a tough job but someone will have to do it.

    Maar ek vertrou ook nie vir Cold Shower Zuma nie, en ek dink hierdie saak is net ‘n klomp politiekery.

  • 9. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 9 : 40

    More almal wat wil groet.

    Die dood straf is n saak wat baie versigtig benader moet word. As n mens in lande gaan kyk waar die dood straf nog uit geoefen word is daar baie mense wat nadat hulle skuldig bevind was met die hulp van ander mense wat bly glo het in hulle onskuld by die tereg stelling omtrent vry gekom het. Dit is net die wat jy van hoor wat van die mense wat onskuldig tereg gestel was.

    In n land soos wat ons in bly sal daar baie mense onskuldig gehang word. Die gemeenskap sal n skuldige soek die polisie sal iemand vang en dan sal hulle alles doen om die persoon skuldig te kry terwille van die gemeen skap en dan word alle redelikheid oorboort gegooi en niemand kyk na feite nie en net na die wraak.

    Dan kan die regering nog n metode kry om van mense ontslae te raak wettig sonder dat iemand hulle kan keer. Ne wat die saak sal nog ook nie regverdig wees nie want met die erinstige rasisme wat ons in die land het gaan net een groep weer gehang word.

  • 10. Nats  |  Maart 17, 2008 om 10 : 59

    Hello julle!

    Ek vir een is vir die dood straf… plein en simpel want ek glo nie daarin dat iemand wat (veral) kinders en babatjies dood verkrag saam in ons samelewing hoort nie. Of iemand wat oumense wat nie kan terug baklei dood maak nie, en dit nog op die wreedse moontlike maniere!!

    Maar by gesê… as Zuma die doodstraf kan terug bring wat in ons grondwet staan en dit verander… wat anders kan hy dan nie ook verander nie! Ons is dan om dit in mooi in Afrikaans te stel GEFOK!

    Hoor my lied hier kom groot k@k as hy dit reg kry!!!

  • 11. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 11 : 20

    As daar meer as n twee derdes saam stem dat die grondwet moet verander dan kan dit verander dit hoef nie nootwendig die regerende party te wees nie. Maar die ANC het in elk geval op die oomblik die meerderheid in die parlement om dit te kan doen sonder die hulp van enige ander party. So ons was al lankal in die kak gewees na die vorige verkiesing in elkgeval.

  • 12. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 11 : 35

    Ek het lank en hard oor hierie ene gedink en tot die slotsom gekom dat ek wel instaat sal wees om die “lever” te trek. Ek sal tot die sneller trek as dit moet. Misdade soos moord met verswarende omstandighede en kinder molestering moet sommer nie eers op die “death row” geplaas word nie.

    Ons het een van die mooiste lande op hierdie planeet maar nie een van ons kan die mooigeid sien nie. Al waarin jy vaskyk is die hoë heinings en tronke waarin ons bly. Moordenaars slag ons mans, vrouens en kjinders af sonder om ‚n oog te knip. Baie Suid Afrikaners kies die maklike uitweg en verkas sak en pak. En weet julle wat???? Ek blameer hulle nie!

    Ek as belastingbetaler werk my gat af elke dag net sodat meneertjie lekker agteroor in die tronk kan sit met ‘n dak oor sy kop en kos op die tafel. Party eerbare mense eet nie eers sulke larney kos soos wat hulle in die tronk bedien nie. In teen deel…. daar is baie mense wat nie eers ‚n blêrrie dak oor hul koppe het nie.

    SO JA……… EK SAL MET DIE GROOTSTE LIEFDE DIE HEFBOOM KAN TREK!

  • 13. Zoekoe  |  Maart 17, 2008 om 11 : 38

    Ja ek sal ook baie maklik die sneller of hefboom of whatever nodig is kan trek !!!!

  • 14. Nats  |  Maart 17, 2008 om 11 : 43

    Rooi Koos
    Ja ons was al lankal in die kak, maar as hy nou die grondwet verander gaan dinge net erger raak… ons dink dinge is nou erg!

    As Zuma kan maak dat Mauritius nie die papiere oorhandig om te (help) bewys dat hy skuldig is nie, laat dit ‘n mens dink oor hoeveel mag daai man eintlik het!!!

    More is ons Zimbabwe!

  • 15. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 11 : 44

    @ Zoeks

    Lo da maaikie! Huganit?

  • 16. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 12 : 14

    Eks 21:12 “Hy wat ‘n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.”

    HA!!! Tot die bybel sê so!!

  • 17. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 12 : 18

    Eks 21:15 “En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.”

    Eks 21:16 “En hy wat ‘n mens steel en hom verkoop—of as hy in sy besit gevind word—dié moet sekerlik gedood word.”

    Eks 21:17 “En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.”

  • 18. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 12 : 41

    Is julle almal nou in die bed of het julle al uitgepass van die OBS suip. Of……..

  • 19. Tinkerbell  |  Maart 17, 2008 om 12 : 47

    Hallo julle,

    Ek stem saam met die feit dat moordenaars, molesteerders en martelaars geen genade behoort te kry nie, maar in my hart voel ek dat nie een van ons, wit, swart, bruin, geel of groen die reg het om iemand tot die dood te veroordeel nie. Dit is net God se werk.

    Ja daar is wrede en onmenslike gediertes (mens kan hulle nie mense noem nie) in ons land wat geen genade teeroor enigiemand toon nie en dan gevang word, losgelaat word en weer moor, maar hoe kan dit van ons regstelsel afhang om te besluit oor wie lewe en wie sterf.

    In die bybeldae was mense gestenig vir sulke dade maar na die koms van Jesus Christus het hy belowe om almal genadig te wees. In die nuwe testament praat God anders oor die onderwerp. Daar is soveel mans en vroue wat jare toegesluit word en dan berou toon oor hulle dade en kans het om met God reg te maak. Die wat in God glo natuurlik. Nie een van ons kan oordeel nie maak nie saak wat die daad is nie.

    Vir die peste wat nie wil hoor op aarde nie sal voor rekenskap gegee word as Jesus ons kom haal. Dan is dit te laat vir die wat moes hang. Hulle gaan brand tot in ewigheid, wat in my oe die ergste straf denkbaar is.

  • 20. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 1 : 07

    SPREUKE 28:16
    ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge,maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

    Hierdie gedeelte in spreuke beskryf Zoema goed pasop vir hom hy is besig met sy eie agenda.

  • 21. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 1 : 08

    @ Klokkie

    Natuurlik stem ek nie saam met jou sieninge nie. Dit is jou goeie reg om te voel soos jy voel. Die enigste kapsie wat ek wil maak is die “gediertes” gedeelte. Diere is baie beter as meeste mense op hierdie aarde so ek voel sterk dat sulke siek goed nie vergelyk kan word met ‘n dier nie.

  • 22. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 1 : 15

    As ons die begisels van die Bybel wil toepas het ons n regbank wat op die volgende standaart sal handel of nie????????

    NUMERI 35:30
    Enigeen wat die dood van ‘n ander veroorsaak, mag slegs as moordenaar doodgemaak word op grond van die getuienis van meer as een persoon. Een getuie is nie genoeg om iemand met die dood te straf nie.
    DEUTERONOMIUM 17:6
    Die terdoodveroordeling mag net plaasvind op die eenparige getuienis van twee of drie getuies, nie op dié van net een nie.
    DEUTERONOMIUM 19:15
    “Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortreding of die misdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. ‘n Beskuldiging kan net bewys word deur die getuienis van twee of drie getuies.

    Ek dink nie dat ons regbank regverdige beslissings kan maak wat op Bybelse standaar is.

  • 23. Nats  |  Maart 17, 2008 om 1 : 18

    @ Klokkie
    Moet nie dink die Here vergeet van jou sodra jy dood is nie, jy kan nog steeds vergifnis vra na die dood.

    En ek stem saam SAM, ‘n dier is baie beter as sekere mense en kan nie vergelyk word nie.

    Da is regtig vieslike mense da buite wat net nie saam ons in die samelewing hoort nie, en hoe anders kan ‘n mens van hul ontslae raak / ‘n voorbeeld stel vir ander?

  • 24. Zoekoe  |  Maart 17, 2008 om 1 : 31

    Hallo Sam Q 😀 Hallo Nats 😀

  • 25. Tinkerbell  |  Maart 17, 2008 om 1 : 37

    Lyk my ek kry nou raas..

    Sam ek het dit in verkeerde lig gestel ek het niks sleg bedoel teenoor diere nie, ek self is baie lief vir diere. Was nie my bedoeling om te vergelyk nie. Ek voel net nie dat ons kan besluit oor wie lewe en wie sterf nie, dis al. Die geweld is vir my net so wreed en aaklig soos vir almal van julle ek voel maar net dat God wel sal geskied.

    Rooi Koos,

    Ek ken nie die bybel uit my kop nie so kan niks aanhaal nie. Soos ek hierbo vir Sam gesê het ek dink net nie ons land kan teregstellings in hulle eie hande neem nie.

    Skiesie as ek iemand se moer meter in die rooi gejaag het.

  • 26. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 1 : 44

    HALLO ZOEKELS!!!!!!!!!!!!!!

  • 27. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 1 : 55

    N dier kan ook n doods vonnis kry.

    EKSODUS 21:28
    “Wanneer ‘n bees ‘n man of ‘n vrou doodstoot, moet die bees met klippe doodgegooi word, en sy vleis mag nie geëet word nie. Daar is nie ‘n saak teen die eienaar van die bees nie.

  • 28. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 2 : 00

    EK WIL HUIS TOE GAAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 29. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 2 : 32

    South Africa is being renamed – like the plentiful Rhodesia was transformed into bleak Zimbabwe
    The new name will be ……. FOKOLWE.
    This is because WE have FOKOL:
    FOKOL power,
    Fokol petrol,
    Fokol safety,
    Fokol diesel,
    Fokol law and order,
    Fokol doctors,
    Fokol jobs,
    Fokol place in jail
    Just plain fokol ……………………………….

  • 30. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 2 : 36

    A man goes into a library and asks for a book on suicide.
    The librarian takes one look at him and says
    ‘Voetsek, who’s gonna bring it back?’

  • 31. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 2 : 45

    Hallo Almal!!

    Samantha
    Jy het Fokol justice vigeet . . .

    Adrie
    Wanner gaan ons pannekoek bak?
    Dis ysig koud hier.

  • 32. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 2 : 47

    Oor die onderwerp;

    As ek sien en hoor hoe hulle die oumense en kinners verwoes, moet die hele ou spul gehang word en op daai stadium sal ek dit ok sommer self doen. Maar al staan ek vierkantig agter die doodstraf weet ek nie of my gewete dit sal maak nie.

    Soos ‘n “slot” net die eerlike ou afskrik, sal die doodstraf ok net die ou afskrik wat regtig daarvoor bang is. Ek dink hier is te min disipline in onse land dat enigeen enige respek sal hê vir die Doodstraf.

    Ter opsomming. Goeie idee, maar sal nie hier by ons werk nie.

  • 33. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 2 : 50

    SALOOMPIEEE!!!!!!

    He he!!! True!

  • 34. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 2 : 51

    Samantha
    Is dit by julle ok so koud. Ek hoop nie jy moet vandag te veel buite wees nie. Dis vir my ‘n vreeslike straf as dit so koud is.

  • 35. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 2 : 59

    @ Saloom

    Ek kry tot binne my murg koud! Net jammer ek kanni OBS suip terwyl ek werk nie! Ai!

  • 36. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 00

    A dentist noticed that his next patient, a little old lady, was
    nervous, so he decided to tell her a little joke as he put on his
    gloves.

    “Do you know how they make these gloves?” he asked.

    “No, I don’t,” she replied.

    “Well,” he spoofed, “there’s a building in Canada with a big tank
    Of latex and workers of all hand sizes walk up to the tank, dip in
    Their hands, let them dry, then peel off the gloves and throw them
    Into boxes of the right size.”

    She didn’t crack a smile.

    “Oh, well. I tried,” he thought.

    But five minutes later, during a delicate portion of the procedure,
    She burst out laughing.

    “What’s so funny?” he asked

    “I was just envisioning how condoms are made!”

  • 37. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 02

    A father asked his 10-year old son if he knew about the birds and the bees.

    “I don’t want to know,” the child said, bursting into tears. “Promise me you won’t tell me.”

    Confused, the father asked what was wrong.

    The boy sobbed, “When I was six, I got the ‘There’s no Easter Bunny’ speech.

    At seven, I got the ‘There’s no Tooth Fairy’ speech.

    When I was eight, you hit me with the ‘There’s no Santa’ speech.

    If you’re going to tell me that grown-ups don’t really get laid, I’ll have nothing left to live for.”

  • 38. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 04

    Mbeki , Jacob Zuma and Trevor Manual were flying together in the President’s jet.

    Thabo Mbeki suddenly said: “You know what. I can throw R500 right now out of this window and make someone happy Jacob Zuma said: “I can throw 5 R100 notes out of the window and I will make 5 people unbelievably happy Trevor Manual said : “I can throw 10 R50 notes out of the w indow and make 10 people very very happy.

    The one pilot looks at the other and says: “Listen to those 3 showoffs at the back…I can throw all 3 of them right now out of the window and I will make the whole country F*&kin’ happy.

  • 39. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 3 : 07

    Samantha
    WHAHAHAHA
    Waar kry ons daai pilot . . . ?

  • 40. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 12

    Life is:

    “Leaving the house in the morning, dressed in clothes that you bought on credit for work, driving through the traffic in a car that you are still paying for, putting in petrol that you cannot afford, in order to get to the job that you hate but need so badly so that you can pay for the clothes, car, petrol and the house that you leave empty the whole day, in order to live in it”

  • 41. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 16

    @ Saloom

    Ek het 6 ure se vlug onderrig (spelling?), so ek sal hulle sommer opvat!

  • 42. Nella  |  Maart 17, 2008 om 3 : 17

    Hi almal

    Ek stem ook vir die doodstraf maar dis waar – dit sal al die misdadigers net vir ‘n rukkie afskrik en dan ook nie meer nie – die land van ons dreig te veel en doen te min.
    In elkgeval sit iemand vir jare op “death row” waar hy nogsteeds lekker lewe tot dat iemand miskien iewers eendag van hom onthou en onthou hy moet gestraf word.

    Die probleem is – ons gevangenisse is te gemaklik dis ‘n uitkoms vir baie mense sonder heenkome en die oplossing tot ‘n swaar lewe hier buite – as hulle daai straf begin swaarder maak sal dit al ‘n begin wees. Die donners moet gaan myne grou of paai met pikke kap – dan spaar ons nog op duur masjienerie ook – dit moet ‘n STRAF wees nie ‘n hotel nie – maar hulle kan stem ook – waar het jy gesien iemand het die reg om te stem wat in die land aangaan as hy deel van die probleem is – wel net hire in SA – hy is veronderstel om van ALLE voorregte ontneem te word want dis wat straf beteken. En in elk geval hoe sal SA die doodstraf uitvoer – hang gaan nie meer ‘n opsie wees nie – ek se om dieselfde pyn op die skuldige los te laat is om hom deur die gemeenskap wat hy te na gekom het te laat stenig soos in die Bybel – dis pyn genoeg en hy is bewus van elke slag wat hom tref – hy gaan le nie op ‘n bed en raak heerlik aan die slaap om net nooit weer wakker te word nie – dis te gaaf.

  • 43. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 3 : 17

    Is reg Sammy. Jy het die job!!

  • 44. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 3 : 22

    @ Nella

    Die probleem is mense soos Thabo wat die dom donners “pardon” en dan sommer net laat gaan! Dit pis my nog erger af.

    @ Saloom

    Hoe kom ek weer terug aarde toe? Ek het nog net aan die take off en vlieg gewerk. My landing het nog so bietjie werk norig! EISH!!

  • 45. Salomè  |  Maart 17, 2008 om 3 : 54

    Samantha
    Jy moet maar ‘n groooot parachute saam vat. Dan los jy maar die vliegtuig dat hy self terug kom.

  • 46. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 4 : 07

    @ Saloom

    Hoopenlik val die vliegtuig sommer op die MAX-C gedeelte van die grootste tronk!:mrgreen:

  • 47. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 25

    Hallo!!!!!!

  • 48. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 27

    Ek wil ‘n ander rots in die bos gooi.

    Ek is 120% ten gunste vir selfverdediging. Wat van wette wat die dom ape wat die land regeer die verskil sal wys tussen selfverdediging / beskerming en moord?

  • 49. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 4 : 36

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH!

  • 50. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 4 : 39

    @ Drieling

    Maak hom dood en moer hom oppi highway!! Wat soek hy anyway 3 uur die oggend in jou huis?!!??

  • 51. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 39

    Sam

    HOE DE DINGES MOET EK EENDAG UIT AL HIERDIE SOENE KOM? LYK EK NA ‘N SEUNTJIE?

  • 52. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 40

    Sam

    Glo my, ek maak hom beslis dood en word gehang vir my moeite as wat hy my verkrag.

  • 53. Nella  |  Maart 17, 2008 om 4 : 40

    Nou kan ek met sekerheid se DOODSTRAF moet terug

    My kollega is so pas hier uit – sy het nou net nuus ontvang – haar pa is op hul plaas in Swartruggens deur 7 rowers met pangas vermoor – ‘n uur terug. need i say more

  • 54. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 42

    Nella

    Dit maak ‘n mens die duiwel in. As daar net mense met integriteit die land regeer het.

  • 55. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 4 : 46

    Die probleem in ons land is. Daar is teveel klem op die regte van mense gelê ons stelsel het die Regstelsel tandeloos gemaak al bring hulle die dood straf terug dit gaan nie help nie. Ons stelsel sê presies wat jou regte is maar dit spel nie uit wat jy nie mag doen nie want dan ontneem ek jou reg. Daar lê die probleem ons het tandelose wette want jy kan dit nie toepas nie want daar is genoeg wette wat jou verbied om dit toe te pas. Solank as wat die wettelose ou regte het het die wetsgehoorsame ou niks reg om die wet op hom toe te pas nie. Daar is teveel tegniese punte waarme misdadegers weg kom al weet almal hulle is skuldig. Zuma is die beste voorbeel op die oomblik self want hy wil sy onskuld bewys op die ontneming van sy reg terwyl almal weet hy is skuldig.

  • 56. Nella  |  Maart 17, 2008 om 4 : 48

    A3
    Wat se mens vir so iemand – hoe moet sy voel en dan dink jy sulke goed gebeur met ander en dan kom die werklikheid baie naby aan jou – ek gaan ‘n expo die einde van die maand bywoon van hoe om na Australie te immigreer – dit lyk vir my nou na ‘n baie bright idea.

    Maar dis wat ek se – die hele land kom in oproer oor piss op kos – maar wat van wat nou gebeur het en plakkate wat se “kill the farmer kill the boer” hoekom kom ons nie nou in opstand daaroor nie.

  • 57. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 4 : 51

    Nella

    Kan ‘n mens ooit vir iemand wat emosioneel is, wat seerkry of wat kwaad is iets se wat hulle wil hoor. Dit is dan die tyd om te sjarrap en te luister.

  • 58. Rooi Koos  |  Maart 17, 2008 om 4 : 54

    Adrie

    As jy jou self verdedig en die hof aanvaar dit so sal jy vry kom. Maar gaan probeer nou n vuurwapen lisensie kry vir self verdediging dit word jou net nie toegestaan nie. Jy moet nou n Bullshit storie gaan maak dat jy wil skiet as n sport doen dan kan jy n lisensie kry. So self verdediging tel nie meer in die land nie net moord werk en dan pla dit niemand daar by die regering ook nie.

  • 59. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 5 : 00

    Rooies

    En reg is dit beslis nie.

    Het jy nie vandag vir my ‘n antwoord nie?

  • 60. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 5 : 02

    @ Nella

    Ek stem saam met A3. Dis die tyd om te sjarrap en te luister.

    @ A3

    Sien jy nou hoekom ek VIR die doodstraf is?

  • 61. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 5 : 05

    Sam

    Ek sou gewees het, as die dom donners in die regering integriteit gehad het. Hulle gaan die stelsel misbruik.

  • 62. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 5 : 07

    Ek sal die switch tipp of die lever trek of sneller….

  • 63. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 5 : 07

    Sam

    Mits die helfte van die regering voor in die tou staan.

  • 64. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 5 : 09

    NOG BETER!!!!

  • 65. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 5 : 10

    Moet se, ons regering laat ‘n mens menige dae terug verlang na Madame Guilletine.

  • 66. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 5 : 15

    LET THEM EAT CAKE!!!!!!!!

  • 67. Adrie  |  Maart 17, 2008 om 5 : 20

    Stone

    Kyk bo in die prentjie is ‘n tab wie is ek. Kliek daarop, daar sal jy die aansoek vorm kry. Vul dit sommer daar in.

    Alle nuwelinge

    Julle is welkom om dieselfde te doen.

  • 68. Samantha Q  |  Maart 17, 2008 om 5 : 41

    KOEBAAI!!!!!!!!!!!!!

  • 69. Samantha q  |  Maart 18, 2008 om 7 : 41

    Lê almal nogsteeds uitgepass?

  • 70. bruinogies  |  Maart 18, 2008 om 8 : 47

    HALLO ALMAL

  • 71. Samantha q  |  Maart 18, 2008 om 8 : 53

    Genade!

  • 72. bruinogies  |  Maart 18, 2008 om 8 : 59

    @sam q

    hallo jy.het ons ‘n party gemis gestraand of wat?

  • 73. Roer  |  Maart 18, 2008 om 10 : 41

    Ek weet ons het nie genoeg plek in ons tronke ens maar ek kan myself nie so ver kry om die doodstraf goed te keur nie. Ek wil nie bloed op my hande he^ nie en voel moord is moord. Of dit nou ek is wat die moord pleeg of die staat. Wat ek wel kan se^ is dat indien ‘n moordenaar vry gelaat word na tronkstraf uitgedien is en hy pleeg WEER moord, sal die Landdros wat die misdadiger in die 1ste plek NIE lewenslank of die doodstraf gegee het, die verantwoordelikheid dra so daar is seker uitsonderlike gevalle bv. gewoonte moordenaars (sal ek hulle maar noem), wat daar seker nie ‘n ander alternatief as die doodstraf is nie, maar ek is bly ek is nie in ‘n posisie waar ek die besluit moet neem nie. Dis taaier as wat mense dink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: