Selfvernietiging

Maart 14, 2008 at 4 : 16 33 Kommentaar

Ek vertel graag dat ek ‘n fietspomp in plaas van ‘n hart het.  Dit is of dit of ek is tot dusver gespaar deur die lewe.  Ek het nie juis dinge wat my seermaak nie.  Ek het ‘n vel soos ‘n renoster en voel ‘n veer vir die res van die mensdom.  Dit kan dalk die rede wees hoekom ek nie verstaan nie.

Selfmutalation maak nie vir my sin nie.  Ek hoop iemand kan dit vir my verduidelik.  ‘n Lyer kry blykbaar so seer binne, dat hy / sy hulleself fisies seermaak.  Dit help glo om uiting aan hulle pyn te kan gee.  Dit bring mee dat hulle hulleself of sny of brand.  Ek kan nie glo dat dit iemand help om beter te voel nie.  Bly die fisiese pyn dalk langer as die emosionele pyn?  Kan die buite-pyn, die binne-pyn verplaas?  Ek twyfel, ek dink ‘n mens kry dan net meer seer.

Dwelms, drank en sigarette.  Ek moet seker onverskillige seks hierby voeg.  Almal weet van die gevare, almal weet van die nagevolge, almal weet dit kan jou dood veroorsaak.  Nou hoekom luister party mense nie?  Is dit omdat dit te ver in die toekoms is?  Of is dit bloot net te lekker – wat seker beteken dat ek ooreet ook hier moet in reken.  Is die mens dalk nie instaat om na hom / haarself om te sien nie?

Ek dink mense wat nie lees nie, vernietig hulle self ook.  Hulle vernietig hulle brein wat moet oefening kry.  Dan weer aan die ander kant, mense wie se breine oortyd gewerk het, is geneig om Alzheimers te ontwikkel.  Is dit ‘n geval van alles kom tot niks of eerder alles lei tot selfvernietiging.

Hierdie blog is vir die naweek.  Ek sal Maandag weer ‘n blog post.

Blogvraag:  Watse 2 boeke oor die Natuur het Eugene N Marais geskryf?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Resepte en Spyskaarte Die galgtou

33 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 40

    EEEEEEEERRRRRRRRRRRSSSSSSSTTTTTTEEEE!

  • 2. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 40

    1111111111SSSSSTTTTTEEEE!!!!

  • 3. Adrie  |  Maart 14, 2008 om 4 : 41

    Nats

    So sien ons. Tweede ook.

  • 4. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 42

    Mense dink aan die “Nou” en na die nagevolge van more nie. Dis hoekom wanneer jy dronk is sal jy jou laaste paar rand uit haal en drinks koop want op daai stadium voel jy ‘n veer! Dis more se worry!

  • 5. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 43

    Tweeling
    Dorings wou nie die comment vat nie toe dog ek ek skryf dit weer… ek het jou gesê da is fout aan my kant!

  • 6. Adrie  |  Maart 14, 2008 om 4 : 48

    Tweeling

    Wat jy se maak sin. Dat daar nie aan die dag van more gedink word nie.

  • 7. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 49

    Drank en dwelms dink ek het daai drug in… wat noem jy dit Prozac of iets. Dan gee jy net nie om nie!!

  • 8. Adrie  |  Maart 14, 2008 om 4 : 51

    Nats

    Dalk is die wetenskaplike naam daarvoor geenie’nveeromnie.

  • 9. Nats  |  Maart 14, 2008 om 4 : 55

    Sien weer Maandag ek moet nou ry!!

    TA TA!!

    Lekker naweek!!!!!!

    xxx

  • 10. Nico  |  Maart 14, 2008 om 7 : 34

    Oor die vraag: Ek dink die 1 is “Die Siel van ‘n Mier”.

    Oor Self-mutilation: Jy slaan die spyker op die kop. As jy my blog lees sal jy weet ek ly aan Bipolêre Persoonlikheidsafwyking – of wat die oumense maniese depressie genoem het. Soms voel mens se binneste so sleg dat jy jouself (wil) seermaak.

    Partykeer voel jy so absoluut NIKS of LEEG dat jy jouself seermaak net om te weet dat jy nog leef. Dit laat jou nie beter voel nie, maar dit laat jou voel jy leef nog.

    My broer het anderdag ‘n interessante teorie met my gedeel: Die rede vir soveel dinge wat ons doen, is om te voel ons lewe nog. Daarom sal party mense ‘n OD dwelms gebruik, sodat hy amper doodgaan, sodat hy lewendig kan voel. Daarom sal mense uit ‘n vliegtuig spring. Daarom sal party mense hulself ook seermaak.

    Daarom ook, neem party mense Prozac of Lithium of Tegretol (my poison) om te keer dat ons sulke dinge doen.

  • 11. Michael  |  Maart 14, 2008 om 11 : 05

    Ek dwelms gebruik soos n misdadiger net om vir daai uur, dag, week nie myself hoef te wees nie.
    Vir daai tydperk staan ek buite en kyk na binne deur die melkerige glas van my lewe.
    Dit was die enigste tyd wat ek “geleef” het.

  • 12. sterfling  |  Maart 15, 2008 om 12 : 24

    ‘n Vraag vir Nico:
    Hoekom het jy ‘my poison’ in hakkies geskryf na Tegretol? Ek wil maar net weet omdat ek dit self ook gebruik.

  • 13. Adrie  |  Maart 15, 2008 om 1 : 32

    Nico

    Ek het nog nie kans gehad om jou blog in detail te ondersoek nie. Ek sal iewers ‘n tydjie inruim om te gaan kyk.

  • 14. Samantha q  |  Maart 15, 2008 om 2 : 14

    Nico, jys 1 siek 4ker en ek hoop en bid dat j nooit naby my kjinders kom nie. Siek is eintlik nog mooi gestel!

  • 15. Rolling Stone  |  Maart 15, 2008 om 2 : 49

    Hallo daar …hoop hier is nog iemand oor

  • 16. Rolling Stone  |  Maart 15, 2008 om 2 : 51

    Dis my eerste keer hier op jou blog ADRIANA, laat weet maar as ek weer enige iets moet invul.

  • 17. Rolling Stone  |  Maart 15, 2008 om 3 : 00

    Ek verstaan ook nie die ding van selfvernietiging nie , om myself seer te maak , nie in hierdie lewe nie .

    Wel ek het darem al eenkeer gesit vir n “home made” tatoo, en ek dink dit was erg genoeg , kry nou nog seer as ek daarvoor kyk……miskien die seer waaraan ek dink oor hoe dit gaan wees om te laat afhaal

  • 18. Nico  |  Maart 15, 2008 om 3 : 15

    Vrede vir jou ook Samantha Q

  • 19. Nico  |  Maart 15, 2008 om 5 : 11

    Sterfling,

    Dit is in hakies bloot omdat ek dit grappenderwys bedoel. Hel, as mens party dae nie vir jouself kan lag nie, selfs al het jy iets so ernstigs soos BPD onderlede, dan het jy verloor.

    Tegretol is ‘n middel wat oor die algemeen as ‘n behandeling vir epilepsie aangewend word, maar volgens my psigiater, en my, is dit ‘n heel goeie stabiliseerder ook. Ek sou dalk so mal gewees as wat mense dink ek actually is as dit nie vir Tegretol was nie.

  • 20. Samantha q  |  Maart 15, 2008 om 6 : 23

    Nico, al wat jy norig het is 1 mamoerse snot klap. Jys 4kin siek en jyt dringend hulp nodig. A nee a! Vir ‘n kastige vowassene wat met ander mense se kinders werk is jy hopeloos te siek na my sin! Ek maak jou self vrek as ek kan uitvind jy tas kinders aan met jou fuckedup geit. Dat jou kop dokter jou nog nie in ‘n inrigting gesmyt het nie gaan my vestand te bowe! Hy het OF nog nie jou blog gelees nie OF hy is net so siek soos jy! Gmpf! Die dat ons skole is wa dit is. Dis onnies soos jy wat net ‘n prozac pop en dan ‘n 4k voel wanneer die kinders mekaar dood bliksem. Jy is ‘n sorry excuse vir ‘n wit mens. Sies sies sies! En somme nog ‘n SIES!

  • 21. Samantha q  |  Maart 15, 2008 om 6 : 26

    Rollende klip. Lanklaas van jou gehoor.bly om te sien j kon ons opspoor😉

  • 22. sterfling  |  Maart 15, 2008 om 6 : 36

    Nico, dankie. Ek is nog op ‘n proef tydperk met die medikasie. Ons was laas naweek op ‘n geselligheid waar iemand redelik ernstig afgegaan het net by die aanhoor van die naam Tegretol, net gedink jy voel ook dalk so.

    Dis waar dat jy verloor het as jy nie vir jouself kan lag nie – dis al wat my help om myself te vergewe as ek iets simpels aangevang het.

  • 23. Zee  |  Maart 15, 2008 om 11 : 24

    Adrie, ek wens ek het die antwoord op hierdie vrae gehad. As ek dit geweet het was my kind nie vandag ‘n dwelm verslaafde nie.
    Mense wat dink hulle kan dit net nog een keer try want die vorige keer was dit LEKKER en hulle het niks oorgekom nie…… dink weer….. dit is dalk die begin van die einde!

  • 24. Rolling Stone  |  Maart 16, 2008 om 8 : 46

    Hi daar Samantha , dankie vir die welkom , ek is ook bly ek het hier uitgekom . Dis net heel te lekker om op n Sodag te werk , hier moet ek sit vir 12 ure , maar gelukkig as almal n blou Maandag beleef more , dan is ek af en kan laat slaap.

  • 25. Nico  |  Maart 16, 2008 om 9 : 20

    Samantha Q,

    In jou eerste tirade noem jy “ek bid jy kom nooit naby my kinders nie.” Dit laat my aflei jy glo in die een of ander vorm van ‘n god. Ek wil graag weet of daardie god van jou dit OK as jy ander mense “siek 4kers” noem.

    En as jy met my mislik wil wees kom doen dit op my blog asseblief; ons gaan nie hier op Adrie se mooi blog met mekaar lelik wees nie.

  • 26. Samantha q  |  Maart 16, 2008 om 1 : 03

    Nico, hierdie is my 3ling se blog en ek sal sê wat ek wil, wanneer ek wil. Jy is die laaste 1 om vir my te ko sta preek! God het niks met my vuil bek uit te waai nie. Gebruik wee sy naam met ‘n klein letter G en ek kom bliksem jou persoonlik! Nou dat ek daaraan dink….. Ek hoop nie j het kjinders van jou eie nie. Arme goed! My ma het my darem maniere geleer so FOK U! En as A3 ‘n probleem gehad het sou sy my lankal gebel het. Siek fokker!

  • 27. Eksê  |  Maart 16, 2008 om 3 : 16

    Samantha q,
    Ek volg nogal Nico se blog. Van jou weet ek niks meer as wat ek hier gesien het nie. Raai wie dink ek is die siek een?

  • 28. Ek stem  |  Maart 16, 2008 om 3 : 40

    Ek se

    Ek stem saam met jou. Die eienaar van die blog is net so siek om silke comments toe te laat.

  • 29. Zoekoe  |  Maart 16, 2008 om 10 : 29

    Eish !!!! dis weer rof hier…. oja Hallo Julle !

  • 30. bloubloed  |  Maart 16, 2008 om 11 : 52

    Eugene Marais, as ek reg onthou:
    1) Siel van die Mier
    2) Burgers van die Berge

  • 31. ADRIANA  |  Maart 17, 2008 om 7 : 27

    Ek is soos my drieling, ons verstaan depressie nie.

    Ek weet darem dat depressie regtig ‘n siekte is, in die sin dat die brein nie werk soos dit moet nie. Daar is chemiese wanbalanse wat deur medikasie beheer kan word. Dus kan iemand, met die regte behandeling en medikasie ‘n normale lewe lei.

    @ Ek stem

    Hierdie is ‘n blog waar almal hulle opinies kan gee en opinies verdedig. As ek wou he almal moet net my opinie weerspreek het ek ‘n normale dagboek gehad. Ek wil graag almal se kant lees en verstaan.

  • 32. ADRIANA  |  Maart 17, 2008 om 7 : 29

    Nico

    As jy nie omgee dat ek vra nie, beinvloed jou depressie jou werk? Ek kan nie met mense werk nie, maar ek dink dat as jy nie beheer het oor jou gevoelens nie, raak dit moeiliker. Of het ek (weer) heeltemaal die kat aan die stert beet?

  • 33. Nico  |  Maart 17, 2008 om 8 : 20

    Adrie,

    As jy met BPD (bipolêr) saamleef leer jy jou toestand verstaan en jy leer om ‘n redelike normale lewe te ly. Dit verg baie selfdissipline, en baie dae sleep jy jouself maar met moeite voort.

    Ek kan nie sê dat ek TOELAAT dat dit my werk beïnvloed nie; ek kan op een hand tel hoeveel dae se werk ek a.g.v. BPD verloor het. Ek is soms kort van draad met kinders, ek doen nie altyd die volume werk wat ek moet nie, maar ek haal dit weer in.

    Onthou, mens kan nie altyd beheer wat jy voel nie, maar op die einde van die dag kan jy beheer wat jy doen.

    Hoop ek antwoord jou vraag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: