Maagdelikheid

Maart 12, 2008 at 4 : 25 46 Kommentaar

Is maagdelikheid vandag nog van enige waarde?

Deesdae verwag ‘n mens al dat paartjies altyd saamslaap.  Met kinders wat al van laerskool ouderdom seksueel aktief is, is dit dan ook geen wonder nie.  Is daar vandag nog mense wat nog wag vir die huwelik?  Is daar genoeg motivering om dit te doen?  Of is dit net iets wat mense wat koeke is doen of dan wel mense wat baie lelik is?

Een van my vriendinne was 28 toe sy getroud is, as maagd met ‘n maagd.  ‘n Ander vriendin wat 22 toe sy getroud is – ook as maagd.  Die verskil tussen die twee is dat die eersgenoemde 4 jaar lank verloof was.  Almal het lankal vermoed dat net die papierwerk agterstallig is, veral aangesien hulle saam oorsee was vir 3 jaar.  Hoede was vinnig afgehaal toe die waarheid uitkom. 

Hoekom bly mense dan maagde?  Eerstens is daar die geloofs of beginsel oortuiging.  Ek gaan nie daaroor uitbrei nie.  Tweedens is daar al die seksueel oordraagbare siektes in die omgang.  ‘n Kondoom gee net nie genoeg beskerming nie.  Derdens is daar die kwessie van ongehude babas.  Vierdens kan ‘n mens nie iets mis wat jy nie ken nie.  As jy dus nog nooit seks gehad het nie, kan jy dit nie mis nie.  Laastens, as jy net een seksuele partner gehad het, kan jy nie vergelykings tref nie.  Jy kan dus aan vorige maats dink nie en sal of niks daarvan hou nie of tevrede wees met wat jy kry.

Om seksueel aktief te wees het seker ook voordele.  Jy tel ondervinding op en geen seks is blykbaar beter as slegte seks. 

Ek vir een hoop dat skoolkinders darem die moeite doen om hulle reinheid te bewaar.  Na skool is dit die persoon se keuse en daardie keuse is net daardie persoon s’n.  Dit hoef voor geen mens verdedig te word nie.

Wat is julle siening?

Rooi Koos was gister weer reg met die blog vraag.

Vandag se blogvraag.  In watter land kan ‘n vrou ‘n man vra om te trou op 29 Februarie en as hy weier moet hy aan haar ‘n boete betaal?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Karakter vs Persoonlikheid Resepte en Spyskaarte

46 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Maart 12, 2008 om 5 : 09

    As jy poeding kry voor die hoofgereg, dan is daar niks om na uit te sien nie. Dis maar wat ek dink.

  • 2. Johan  |  Maart 12, 2008 om 5 : 14

    Vandag se vroue is almal deurtrapte slette. Hulle bene gaan vir alles oop.

  • 3. Esme  |  Maart 12, 2008 om 7 : 14

    Johan. Dit is nie alle vroue wat hulself goedkoop maak nie. Ek was self ‘n maagd toe ek getrou het. Ek was nou wel 22 maar ek was vowasse genoeg om te weet wat ek doen. Ek stel voor dat jy omverskoning vra vir die uitlating.

  • 4. Rhenier  |  Maart 12, 2008 om 7 : 35

    Wat ‘n kinderagtige uitlating Johan. Ek het ‘n pragtige meisie wat 25 jaar oud en nog ‘n maagd is.

  • 5. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 13, 2008 om 7 : 27

    More mense. Ek stem volkome saam met Roer.

    Johan jy gaan soek seker op die verkeerde plekke . . . . . . .

    Mag almal ‘n geseende dag hê.

  • 6. Bos  |  Maart 13, 2008 om 7 : 44

    Maagdelikheid is deesdae net so rare verskynsel soos wonderwerke, niemand glo meer daarin nie, so dit gebeur nie meer nie.

    Ek was self nie meer n maagd toe ek getroud was nie, en ek sal sekerlik eendag moet antwoord gee daarvoor, ek weet dit, maar sommige OUERS leer nie meer hul kinders enige waardes nie en daarom kan mens nie van ons jeug verwag om beter op te tree nie, dan is daar natuurlik die onskuldige bloedjies wat enige ding sal aanvang om in te wees by die skool en dan gaan staan en hul maagdelikheid verloor oordat dit as n teken van koekigheid gesien word!!

  • 7. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 7 : 55

    @adrie

    ek is bja hartseer vandag. 2 mans het gister een van my ma se se vriendinne doodgemaak. hul het ha geslaan met ‘n hammer en net haar selfoon gevat. hoe tragies

  • 8. Nella  |  Maart 13, 2008 om 8 : 05

    Ek dink ook dit gaan oor keuse – dis baie makliker vir ‘n vrou om maagdelik te bly omdat ons anders voel en dink oor seks. My skoonsussie is nou 5 jaar getroud met my man se broer – sy is nou 29. sy en my swaer was ook saam van skool dae af het saam gebly toe sy op 21 verloof raak en was nog ‘n maagd toe sy getroud is – en glo my dit was ‘n feit – hulle het vir lang rukke by ons gebly juis omdat ons als saam gedoen en net 2 huise of ‘n straat van mekaar gebly het in Oos- Londen so dis baie moontlik – die AMAZING ding is – sy het sonder ‘n ma groot geword – sy en haar broer en veel jonger suster is deur hulle pa alleen grootgemaak en nogsteeds het sy daai waarde gehad.

  • 9. Nella  |  Maart 13, 2008 om 8 : 06

    Bruinogies
    Nie dat ek twyfel nie MAAR IS JY ERNSTIG ek is skoon geskok. waar het dit gebeur??? shame was sy in haar huis aangeval?? – sterkte vir julle dis baie baie sleg – en dis soveel erger as dit met mens self gebeur en nie net met iemand anders in die koerant nie ne? 😥

  • 10. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 8 : 10

    topic

    ek dink om ‘n maagd te wees, as jy trou is wonderlik, en om te wag vir daai 1ste spesiale aandjie,na die die troue. daar is bja mans of tieners wat hul meisies los omdat hul nie wil seks hê nie. wat in skole gebeur is: die meisie kry ‘n kans om met DIE OU van die skool uitegaan, hy verwag dat sy met hom moet seks hê want dis net nog ‘n meisie, wat sy lysie langer maak en hom populer by sy vriende hou, die stupid meisie stem in en dan hê seks met die ou want hy is mos “cool”. 2dae da na los hy haar en sy voel dan goedkoop,minderwaardig en so aan. ek sê as ‘n ou respek het vir ‘n vrou sal hy haar nie dwing vir seks nie. Seks is ook nie liefde nie. ek en my ou is al 3 jaar saam, nog nooit seks gehad nie,en dit beinvloed nie ons verhouding nie, want hy respekteer my.dis net die klein goed wat tel as liefde soos ‘n onverwagse soentjie of drukkie. Valentysdae gaan ook net meer oor seks deesdae as ek die klerewinkels se venster sien, dis net onderklere wat uitgestal word. Wel dis my mening van die topic

  • 11. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 8 : 14

    @nella

    dit het in potgietersrus gebeur, die tannie het in haar tuin gewerk,sy het lae mure. ek weti as dit dalk ini beeld staan nie, het nog nie gaan kyk nie.
    mens dink altyd dit kani met jou of jou naas bestaandes gebeur nie,maar als in vandag se lewe is ontwyfelbaar as dit kom by sulke situasies.

  • 12. Anzel  |  Maart 13, 2008 om 8 : 19

    Ek dink dis wonderlik om een te wees….!!

  • 13. Lettie  |  Maart 13, 2008 om 8 : 44

    Hi julle!

    Bruinogies

    Jammer om te hoor! Dit maak my net so moerig as sulke goed gebeur!!! Sterkte daar vir julle!

    Johan

    Hou op om die meisies op die hoeke van die strate op te laai!

    Topic

    Om ‘n maagd te wees vandag is soos om nog ‘n ma en ‘n pa te hê wat met mekaar getroud te wees en wat nog saam is!

    Maar ek het al beleef dat om maagd te wees tot jy getroud is besig is om terug te kom!

  • 14. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 8 : 56

    @lettie
    dankie

  • 15. Nats  |  Maart 13, 2008 om 9 : 08

    Hello julle.

    @ Bruinogies
    Dis vreeslike nuus!! Baie jammer om te hoor.😥

    @ Topic
    Ek dink dis vreeslik mooi as ‘n vrou haarself hou vir haar man. Ek dink nie mens besef altyd wat dit beteken nie. Ek is ongelukkig nie een van hulle nie.

    Maar wat as jy nie in trou glo nie?

  • 16. Giggelgat  |  Maart 13, 2008 om 9 : 14

    Haai almal, d topic gaan oor waardes en normes en hopelik kan my 2 seuns ook daarvoor sterk staan as hulle groot is!! Dit gaan grootendeels oor respek vir mekaar. As jy no. 16 op d lys is watse wedersydse respek is daar vir mekaar…

    Bruinogies – sterkte, dis baie hartseer!!

  • 17. Rooi Koos  |  Maart 13, 2008 om 9 : 46

    Meeste mans wil met n maagd trou maar meeste wil ook eers ondervinding op doen voordat hy trou. Nou wil ek net weet waar kry jy dan n maagd as almal nou so wil maak????? Wat is n maagd is dit iemand wat nog nooit n orgasme gehaat het nie of is dit iemand wat nog nooit seks met vole penitrasie gehaat het????? Triek vraag nommer tien.

  • 18. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 11 : 20

    @almal

    wil gou jul mening he.
    dink jul as ‘n meisie van 18 ‘n baba kry,dit baie erg is omdat sy jonk is? of is dit die feit wat tel dat sy ‘n goeie ma is vir daai baba?

  • 19. Verons  |  Maart 13, 2008 om 11 : 24

    More julle!
    Eerstens wil ek net vir Johan sê jou uitlating is uiters beledigend en jy kan gerus omverskoning vra daarvoor! Ja jy is reg daar is sulke vroue maar hulle is beslis in die MINDERHEID!! Jou ongepoetste buffel!
    Ek vir een admireer iemand wat nog ‘n maagd is as hulle die dag trou en ek glo so ‘n huwelik kan beslis mooi werk want daar kan dan nie plek wees vir jaloesie en agterdogtigheid nie!
    Ek was wel nie ‘n maagd op my troudag nie, maar my man het geweet hy het ‘n “maagd” getrou!

  • 20. Verons  |  Maart 13, 2008 om 11 : 28

    Ogies dit gaan nie regtig oor die ouderdom nie dit gaan oor kan jy vir daai kind oredentlike opvoeding gee!
    Ek weet van iemand wat op 16 al ‘n baba gehad het en sy was ‘n uitstekende ma vir haar kinders! Sy moes daai tyd uit die skool gaan en sy het nie behoorlik haar Std 8 gehad nie en sy is baie suksesvol in haar beroep sy het deeltyds geswot ook terwyl sy ma en vrou was!

  • 21. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 11 : 32

    @verons

    ek sê ook so, bja mense gooi hul dogters “weg” as hul hoor die dogter is swanger of dwing hul om vir ‘n aborsie te gaan, want die ouers is dalk gesiende persone in die publiek en wil nie met die skaamte loop nie.

    jeezzz ouens as 1 van jul so is met jul dogters gee hul net ‘n gap asb.

  • 22. Rooi Koos  |  Maart 13, 2008 om 11 : 36

    Op die vraag

    Die Scotte het in die 13 de eeu so n wet gehaat weet nie of dit nog vandag staan nie. Die ander moontlikheid is Finland.

  • 23. Nella  |  Maart 13, 2008 om 11 : 37

    BO

    Ek stem saam met Ma – ouderdom hoef nie ‘n groot faktor te speel nie – party mense is op hierdie aarde gesit om goeie ouers te wees en niks gaan dit verander nie – al ding wat teen haar kan tel is of sy die ondersteuning het van die mense om haar omdat sy nog jonk is, en indien sy dit het lyk haar en die baba se toekoms blink

  • 24. Nella  |  Maart 13, 2008 om 11 : 40

    Hoekom het ons land nie ook so wet nie – ons vrouens sal mos amok maak – vra enige man wat jy half goed ken en as hy nee se – het jy ‘n bonus – kan dink aan ‘n paar om deur te draf op een dag –😛

  • 25. bruinogies  |  Maart 13, 2008 om 11 : 49

    @nella

    weet jy ek stem 100% saam. bja ouers is dalk net ini bgn teleurgesteld en se goed wat hul nie bedoel nie, maar as hul daai klein babatjie die 1ste keer vashou dan verander hul seker hul houding met hul dogter.
    da het so sexy ou langs ons gebly, oz het 12 jaar langs mka gebly, sy pa was bja gelowig, en het so 4 jaar trg dood gegan,van da het die outjie bja verander, hy het met ‘n bja oulike meisie uitgegaan en toe los hy haar omdat sy nie saam hom wou slaap nie, hy het toe 1 aand ‘n fling gehad met ‘n 16jarige meisie en met die 1ste date het hy ha swanger gemaak. hul het getrou en ken mka 4 maande. ek sou gese het, dat hul nie moes getrou het nie,want hul ken nie mka so goed nie. ek glo nie aan ‘n moet- troue nie!

  • 26. Rooi Koos  |  Maart 13, 2008 om 12 : 27

    Is hier iemand wat nog n maagd is op die blog en vir die wat al getroud is of was wie was n maagd voor sy of haar troue gewees.

  • 27. mnr.muller  |  Maart 13, 2008 om 12 : 33

    Dis moeilik om waardes te onderrig.

    In liberale/demokratiese lande word die waarde van vryheid van keuse vooropgestel. Dit word in sommige gevalle (soos aborsie- of genadedood) selfs waardevoller as die reg op lewe beskou.

    Dus geniet vryheid van keuse ook voorrang bo die waarde van maagdelikheid, en word kinders in demokratiese huishoudings juis geleer om self te besluit of maagdelikheid waarde inhou vir hulle of nie.

    Jy voer vyf redes aan waarom sommiges wel maagde bly:

    1. weens geloofredes/beginsels
    2. om nie geinfekteer te raak met seksueel-oordraagbare siektes nie
    3. om onbeplande baba’s te voorkom
    4. om seks nie te mis nie (omdat jy dit nie ken nie)
    5. om nie eendag vergelykings hoef te trek tussen verskillende seksmaats nie

    Die gevare van 2. en 3. kan met seksvoorligting onderskep word; jongmense vandag het toegang tot inligting hoe om onbeplande swangerskappe te voorkom en nie STD’s te kry nie.

    Interpretasie-verskille kom in t.o.v. 1., want geloof en beginsels word deesdae meer relativisties beskou (oftewel, dit verskil van mens tot mens), en daar is ‘n konflik van waardes rondom voorhuwelikse seks, bv:

    a) Binne SA se demokrasie is gay-wees wettig, moreel is dit aanvaarbaar, en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie onaanvaarbaar. Tog kan/kon gay mense nie trou nie. Hierin is ‘n waarde-konflik, want as ‘n mens sê dat jy vry is om enige seksuele oriëntasie uit te leef, dan moet seks losstaande van ‘n huwelik ook as waarde geld.

    b) Binne SA se demokrasie word godsdiensvryheid as waardevol beskou. Daarom is waardes wat slegs gegrond is op ‘n spesifieke godsdiensbekouing, uitgedien. Maagdelikheid is immers nie een van die tien gebooie nie. (Maar die punt is, selfs al was dit, is dit as waarde ondergeskik aan die individu se keuse om dit as een van sy/haar gebooie te aanvaar of nie. Baie christene vandag beskou ongetroude seks nie as sonde nie.)

    Punt 4. word dikwels as ongeldig gesien, want natuurlike intimiteit binne ‘n verhouding lei noodwendig tot seks: die seksdrang is teenwoordig by alle mense, en in verhoudings. ‘n Soen lei tot ‘n vry wat lei tot ‘n gevattery wat lei tot seks. Of jy al seks gehad het of nie, die begeerte/smagting na liefde/seks/intimiteit bly.

    Punt 5 is dus die enigste “argument” wat voorgehou kan word om maagdelikheid as ‘n waarde (aan jou kinders) oor te dra, vermoed ek. Maar daarvoor het jy ‘n happy, getroude gesin nodig, en moet jy die “gelofie” verkoop dat elke mens een enkele sielsgenoot-seksmaat het, en dat dit van waarde is om jou intimiteit net met daardie een persoon te deel. (Dan moet intimiteit ook verder verfyn word om te verklaar hoekom vry met verskeie mans/vrouens oraait is, maar seks slegs met een persoon aanvaarbaar is.)

    Punt 5. is egter ‘n moeilike grondslag om die waarde mee voor te hou. Party mense sal uit ‘n wetenskaplike oogpunt voel dat ‘n groter steekproef beter seks sal oplewer; dus is maagdelikheid se een-seksmaat-idee nie van waarde nie.

    Dis moeilik om waardes te onderrig.

  • 28. Nella  |  Maart 13, 2008 om 1 : 07

    Rooi Koos
    As ek dit nie mis het nie het BO gese sy is nog ‘n maagd. om na jou 2de vraag te kom was ek ook nie ‘n maagd gewees voor my troue nie maar is al saam met die selfde man (ek en hy was altwee maagde) vir die afgelope 16 jaar – dit moet vir iets tel.

    Mnr Muller
    Ek stem saam kinders het toegang tot seksvoorligting maar hoeveel geld is al spandeer op opvoeding en dit lyk net nie of kinders dit kop toe vat nie – die opvoeding sal by die huis moet gebeur – die regering maak so bohaai oor “save sex” en “hiv” dat ek glo ons sluit onsself al automaties af as ons iets daaroor hoor – en ek as ma kan jou se my graad 6 seun wat nou oor die goed in die skool leer is huis toe gestuur met sy boek met ‘n opdrag van die juffrou dat ek en sy pa als aan hom moet verduidelik – natuurlik het ek dit verloor omdat ek nie nou al gereed is om met hom daaroor te praat nie – en wat het van die voorligting in skole gebeur?? Dis te maklik om die verantwoordlikheid af te skuif na die volgende party – so almal dink die ander een doen sy plig en op die ou end word niks gedoen nie.

    Wat die godsdiens aanbetref dink ek nie mense moet buite huwelikse seks ligtelik opneem nie of die standpunt inneem van dit staan nie in die 10 gebooie nie – want ek dink die Bybel laat hom duidelik genoeg daaroor uit maar weereens as jy nie BITTER streng ten opsigte van godsdiens grootgemaak word of was nie – is die Bybel en sy gebooie die verste ding van jou mind as jy in daai situasie kom

    Punt 4 stem ek saam met jou – dis ‘n deel van ons wese om liefde/aanraking/emosies/seks te wil he as jy in ‘n verhouding betrokke is en ek self kan my nie indink dat ek so sterk kan wees om myself in te hou as die een ding na die ander lei nie – dis iemand met ‘n baie sterk wils besluit en uithouvermoe wat dit sal regkry maar ek glo nie dis ‘n kwessie van jy begeer dit nie want of jy nou wil of nie – dinge gebeur in jou liggaam met aanraking onwillekeurig – so daar speel jou brein ‘n groot rol want as jy moet ingee vir jou liggaam is dit tickets

    Jou punt 5 stem ek ook mee saam en ek wil nie eers dink hoe ek myself aan my kinders (seuns) moet duidelik maak dat vry in die bondel oraait is maar hulle mag nie saam slaap nie veral nie met manlike hormone op die loop nie – ek sweer ek het al nagmerries hieroor – dis hoekom ek en hul pa ‘n voorbeeld moet wees – dit moet vir hulle lekker lyk om getroud wees en net een maat te he en ek as ma kan ook net soveel doen – wat daar buite aangaan en die praatjies wat die maats onder mekaar het, kan ek ongelukkig nie beheer nie – my oplossing is BID VIR GENADE

  • 29. Nella  |  Maart 13, 2008 om 1 : 15

    BO
    Ek dink ouers is teleurgesteld net vir die feit dat die meisie nog of te jonk is – of hulle voel hulle het gevaal as ouers in haar opvoeding – maar aan die ander kant kry jy ouers wat hulle kinders so emosioneel ondersteun dat hul nie aan hulself dink nie maar net aan hul kinders en dis makliker om dan ‘n fout te begaan en nie daarvoor gestraf te word met ouers wat liefde onttrek nie.

    Ek moet eerlik wees ek het met so groot vrees in my vir my ma grootgeword dat ek bang was om haar te vertel ek verwag – NADAT EK GETROUD was – omdat ek in my mind kon hoor hoe sy te kere gaan – en ek was reg – met die gevolg is toe ek my 2de kind 4 jaar later (omdat ek bang was om nog ‘n kind kort na die ander te he oor dit wat SY mag se) verwag, het ek my ouma eerste vertel en toe sy dit uitvind het sy vir amper meer as ‘n jaar nie met my gepraat nie – sy was altyd die belangrike een – en dit was asof ek haar toestemming nodig gehad het om iets in my eie lewe te besluit – so sien jy sulke ouers is die VERKEERDE mense om sulke nuus na toe te bring dis mense soos sy wat haar eie vlees en bloed sal weggooi net omdat sy kan.

    O en bygese – sy het my verwag toe sy 16 was en dis miskien die rede dat sy so KAK ma was

  • 30. Rooi Koos  |  Maart 13, 2008 om 1 : 32

    As ek my opinie wil gee oor maagdheid dan sien ek dit as volg.

    In die ou dae was daar nie voorbehoed middels nie. So as jy met n maagd trou is die kaans goed of handerdpersent dat daar nie n kind iewers is wat sy het en nie joune is. So dit was belangrik om met n maagd te trou. Vandag met voorbehoed middels tot die mens se beskiking het die waarde van n maagd nie meer so hoog op die lys nie maar die jong man sal en wil nie met iemand trou wie al reeds kinders het wat nie syne is nie. Dit is nie noot wendig die geval dat sy n maagd moet wees sy moet net nie bagasie he nie soos wat daar van gepraat word.

    Die eenigste rede hoekom iemand sy maagdheid moet beskerm is HIV en dit is meer as n genoeg rede. Selfs n kondoom is nie hondertpersent veilig nie.

  • 31. Nella  |  Maart 13, 2008 om 2 : 18

    Rooi Koos

    Ek stem nie saam met jou stelling dat mans nie sal of wil trou met vrouens wat reeds kinders het nie – daar is baie mans daarbuite wat daai kind saam sy/haar ma aanvaar – ek dink wat dit miskien “bagasie” kan maak is of die kind se biologiese pa ‘n oorlas van homself maak of net moeilik is. Maar glo my dit werk – ek het meer as een paar vriende wat daai kinders as hulle eie grootmaak en doodgelukkig is.

  • 32. Verons  |  Maart 13, 2008 om 2 : 50

    Koos hulle sê as ‘n vrou vir 3 maande nie seks gehad het nie is sy weer ‘n maagd!😉

    Ek sal sê hier is ‘n paar van ons wat vir daai een kwalifiseer!😀
    ‘n Maagd of nie ek is banger vir siektes as wat die duiwel vir ‘n oorkussing is! Ek leef liewer selibaat voor ek een of ander “siekte” optel!

  • 33. Verons  |  Maart 13, 2008 om 3 : 00

    Okay julle ek groet nou, ons server gaan netnou afgesit word want hulle gaan ‘n nuwe een insit (flippen idioties as jy my vra, dis flippen jaareinde!)
    Ek sal julle eers weer Maandag sien want dis wanner die server eers gaan aankom!!!

  • 34. *lilly*  |  Maart 13, 2008 om 3 : 29

    Dagse almal

    Weet jul daar is soveel wat ek kan se omtrent die saak, maar min wat ek wil se. Dis eintlik ‘n baie sensitiewe saak vir my.

    Dit is nou maar so dat jonger kinders vandag blootgestel word aan al die dinge. Hul hoor of sien dit by die huis want wel die ouers gee net eenvoudig nie om nie. Dan versprei dit by die skole en jou kind kom by die huis met al die snaakse vrae. Mens hoor elke dag oor die nuus en in die koerante van rape, mollestering en aanranding. Dit is nou maar deel van die nuwe Suid-Afrika.

    Daar is nou onlangs ‘n string van 9 dokters gevang en toegesluit a.g.v. onwettige aborsies hier in polokwane. Tot skool kinders was soontoe vir aborsies. Ek vind dit eintlik baie hartseer. Mens weet nie wat daai persoon se omstandighede was toe sy die besluit gemaak het nie, maar dit sal altyd vir my ‘n moord bly.

    Om terug te kom by die punt van maagdlikheid. Vir my is dit ‘n baie spesiale iets waarmee mens vandag kan spog. Maar baie voel dat dit meer ‘n las is as wat dit ‘n prestasie is. Mense van vandag is snaakse goed. Veral die jong klomp. Toe ek nog op skool was was daar even girls wat gaan staan en lysies maak het met wie hul al almal geslaap het en dan daarmee gespog het.

    Daar is natuurlik die meisies wat onskuldig half daarin gedwing word, as ek dit so kan stel. Hul voel dat hul minderwaardig is en dat dit die enigste manier is om hul ou te hou, waar die ou haar laat gaan sodra hy nou moeg is vir haar. En glo my ek diskrimineer nie teen die mansgeslag nie want ek weet ook van meisies wat sulke dinge aanvang.

    Groepsdruk is nou weer ook ‘n ander oogpunt van die hele storie. “Ag tri dit man. Daar is niks so lekker nie. Jys nie ‘n ware vrou/man voor jy dit nie gedoen het nie. Jys ‘n sissie, ‘n moffie.” ens ens.

    So ja vir my beteken maagdheid nog iets om oor trots te wees.

  • 35. Mary-Nash  |  Maart 13, 2008 om 4 : 13

    goeie dag

    ek stem saam daar is mans wat met ‘n dame trou al het sy reeds ‘n kind uit ‘n vorige vrot huwelik en geen probleem daarmee het nie

  • 36. swartwitpens  |  Maart 13, 2008 om 4 : 45

    Al tel geloof vir my ‘n belangrike punt in die maagdelike debat, los ek dit nou eerder omdat daar deesdae soveel verskillende interpretasies is, dat ek al meer glo: elkeen moet maar die Bybel eerlik en verantwoordelik lees en rekenskap gee teenoor God; maar mekaar aanvat oor Bybel en interpretasies, verdeel net.

    Ek wil dus liewer konsentreer op die emosionele redes (ewe aanvegbaar né). Ek dink dis vir beide geslagte baie meer waardevol om as maagde te trou. Daar is heelwat navorsing in Amerika oor egskeidings, probleme rondom seksualitiet ens wat as bewys aangevoer kan word dat maagdelikheid ‘n stabiele en gelukkige seksuele huwelik kan aanhelp. Net gou voor ek gestenig word. Ek sê egter nie dat alle nie-maagde swak huwelike het en seksuele probleme eht nie; ek sê net dat daar navrosing is, en getuienisse van mense in albei kampe wat getuig dat maagdelikheid nog inderdaad iets is om na te streef.

    Ek motiveer my kids om maagde te bly en hoop ek het die regte fondament gegooi, maar sal obviously hulle nooit wegjaag ndien nie. Dit verhoog self-respek en respek vir jou maat, maak die honeymoon opwindend (hoekom andersins op honeymoon gaan, jy’t alklaar die oeding geëet). Ouens wat dit van hul meisies verwag met die verskoning “as jy lief is vir my sal jy” is snert! Dis die oudste truuk in die boek. As jy lief is vir haar, sal jy NIE.

    Manlike groete!

  • 37. swartwitpens  |  Maart 13, 2008 om 4 : 48

    O ja Johan, dis ‘n growwe veralgemening en ek kan verstaan dat die dames woedend is en verskoning eis. Tot jou verdediging kan ek net sê; ek werk met tieners en die meisies het self aan my erken dat die meisies woes rondslaap en dat hulle reken meer van die seuns is maagde. Tragies van die meisies!

  • 38. Adrie  |  Maart 14, 2008 om 8 : 07

    Hallo Almal

    Ek sal netnou almal in detail antwoord. Ek is self ook nog ‘n maagd – vrek ek is seker al ‘n oujongnooi.

    Maagdelikheid beteken vir my reinheid.

  • 39. Adrie  |  Maart 14, 2008 om 8 : 29

    BO

    Ek is jammer om van jou ma se vriendin te hoor. Ouerskap gaan oor meer as net ouderdom, party ma’s van 38 weet minder as ‘n ma van 18.

    Mnr Muller, ek stem saam dat ouers en nie skole hulle kinders moet waardes leer.

    Swartwitpens, ek hoop jy kom loer meer gereeld in.

  • 40. Nico  |  Maart 14, 2008 om 6 : 33

    (Ek het gister al die pos gelees maar ek wou eers dink voor ek sommer net kommentaar lewer.)

    Weet jy, Adrie, ek dink maar net die verskynsel van maagdelikheid wat jy hier aanspreek is ‘n simptoom van ‘n veel groter probleem – as dit werklik ‘n probleem is.

    Ek dink dit gaan daaroor dat die “ou” waardes nie meer vir mense belangrik is nie; of anders is dit ‘n kwessie dat mense alles begin bevraagteken het. Kinders leer nie meer by hul ouers nie; hulle leer by die bobbejaankassie (aka TV) en dit wat die TV vir hulle wys, dit glo hulle.

    Jy kan my tot ‘n ketter verklaar hierna, maar ‘n boek wat ek gelees het wat vir my op geestelike vlak meer as die Bybel beteken het, is The Celestine Prophecy, deur Dr. James Redford (dink ek). Daarin voer hy aan dat die mens nie sommer meer glo wat hy in die Kerk hoor nie, want die Kerk het vir 1000 jaar die mensdom se ontwikkeling gekeer, en vandat die kerk as die absolute gesag verdwyn het, het die mens 1000 jaar se ontwikkeling in 400 jaar gemaak – heeltemal te vinnig! Gevolglik, en met daardie verraad van die Kerk nog vars in ons gedagtes, waarom sal ons glo wat die Kerk ons wil leer?

    Van Jesus? Van Eerlikheid? Van Geregtigheid? Van Medemenslikheid? Van Vergifnis? Van Regverdigheid? Van Opregtheid? Die lys gaan aan… of sal ons eerder die beginsels van die Baal van die Bobbejaankas leer, want dis soveel makliker?

    Die verlies van mens se maagdelikheid is ‘n verlies waarvan jy eers die omvang besef wanneer jy besef jy het dit gemors op die verkeerde persoon; iets wat jy eers kan besef wanneer dit te laat is. En dan kan die Baal van die Bobbejaankas nie vir jou iets doen nie!

  • 41. Adrie  |  Maart 15, 2008 om 12 : 52

    Nico

    Ek hoop ek gaan jou meer gereeld hier sien. En nee, ek verklaar jou nie tot ketter nie.

  • 42. Rolling Stone  |  Maart 15, 2008 om 4 : 33

    Mag seker bietjie dom klink, maar se vir my , is maagdelikheid , n geestelike ding of is dit fisies??

  • 43. ADRIANA  |  Maart 17, 2008 om 4 : 48

    Stone

    Altwee, maar die geestelike ding is belangriker.

  • 44. mnr.muller  |  Maart 19, 2008 om 1 : 54

    @swartwitpens

    Navorsing dui ook daarop dat mense wat hul tande gereeld vlos gemiddeld 7 jaar langer leef as mense wat nie vlos nie.

    Dit beteken nie dat vlos goeie gesondheid tot gevolg het nie; die korrolasie dui bloot op ‘n tipe karaktereienskap (noulettendheid) van mense wat lae risiko lewenstyle handhaaf.

    Ek vermoed dieselfde is waar t.o.v. maagdelikheid wat kwansuis laer egskeidings tot gevolg het. Ek twyfel of daar ‘n kousale (oorsaak-en-gevolg) verband is tussen seksvrybly en trougeluk nie.

    Mense wat maagdelikheid as heilig beskou, sal waarskynlik ook die huwelik heilig ag en dus om die dood toe nie skei nie.

    @Adrie

    Haha, wanneer presies word maagde oujongnooiens (of oujongkêrels)? Wanneer verander dit vanaf ‘n deug na ‘n vloek?

  • 45. alissa  |  Junie 29, 2010 om 10 : 44

    wel ek wil nou nie iemand se bubbel bars nie maar ek is ‘n 17 jarige meisie in ‘n plattelandse dorpie. ek weet nou nie hoe dit in die stad gaan nie maar hier is daar nie regtig die probleem van saamslaap oor groepsdruk nie. dit is glad nie die geval nie. ek en my ou is al amper 2 jaar saam, ons al2 is maagde en so sal dit bly tot die dag wat ek voor die kansel staan!!!

    en my ma het dit nie vir my geleer nie… ek mag dalk blond wees maar ek is beslis nie ‘n blonde bimbo nie…

  • 46. Xena Phoenix  |  Julie 8, 2010 om 7 : 30

    Mooi so, Alissa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: