Vakansie bestemming

Maart 10, 2008 at 7 : 06 22 Kommentaar

Hoe kies ‘n mens waar om te gaan vakansie hou? 

Ek is nie vol nonsens nie.  Solank daar goed is wat mooi foto’s maak is ek gelukkig.  Internasionaal trek die Amazone en Spanje my sterk aan.  Plaaslik – enige iets wat nie Durban is nie.  Ek hou daarvan om na die see te staar, nie om in die see te gaan nie.  My kamera is nie waterdig nie.  Ek is mal oor berge en sal dit selfs klim ook.  Mits dit nou natuurlik nie ‘n krans is nie.  Wildtuine is ook aangenaam, veral as dit krioel van diere.  Dan hou ek nogal van museums en monumente ook.

Dus is enige vakansiebestemming vir my aanloklik.  Wat soek jy uit jou vakansie?  Wanneer laas was jy op vakansie en waar was dit gewees?

Blogvraag van die dag:  Wat beteken Mabulingwe?

Almal, of eerder google, was reg met gister se vraag.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Jou fix Adolf Hitler

22 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Maart 10, 2008 om 7 : 12

    Goeie more mense !!!! ek vertrou julle het amal ‘n baie lekker naweek gehad !

  • 2. Multi  |  Maart 10, 2008 om 8 : 04

    Hallo hallo
    Ganit met almal – hoop julle naweek was lekerder as myne – ek het gewerk. Gmph!

    my local vacation spot moet die bosveld wees – enige iets wat met die bos te doen het is fine met my. dan sal ‘n off shore fishing trip to St Lucia will make me as hapy as a clam!
    internationaal – sal ek graag Duitsland se swant woud besoek. en Rio in die karnaval tyd.

  • 3. Zoekoe  |  Maart 10, 2008 om 8 : 13

    Die bosveld is baie mooi vir my, asook die see, die warm een nie die kaap nie….. Oorsee sal ek eerstens die skotse hooglande wil besoek, dan Italie se rome en venice…..

  • 4. Verons  |  Maart 10, 2008 om 8 : 51

    More julle!
    Ek is mal oor die see en as ek nie ten minste een keer in twee jaar nie by de see uitkom nie voel ek of ek nooit vakansie gehou het nie! En ek wil daarin kan swem ook, maar om net op die strand met my voete in die water te loop is ook okay….. of om op die rotse te gaan sit en uit te kyk oor die water……. hemels!!
    Oorsee enige plek waar die see is veral Tropiese eilande!
    Maar verseker wil ek graag die skotse hooglande wil sien!
    O ja en natuurlik Rio in karnaval tyd en ek sal baie graag voor ek te oud is Disneyland wil besoek net om weer daai kinder magic te ervaar!

  • 5. Rooi Koos  |  Maart 10, 2008 om 9 : 19

    Ek is mal oor ry. Daarom hou ek van toer. Laas naweek het ek gery tot by Luderitze in Namibia ek het gaan kyk hoe lyk die Visrivier vallei en die namibwoestein. Wel so bietjie langer as n naweek so Vyf dae. Ek was al by baie plekke in afrika en suid afrika. Die see is lekker maar net vir so n week miskien n week en n half dan is ek moeg vir die plek en is ek weer lus om te ry na n ander plek. Oor slaap in n tent is ook sports vir my. Om in n tweemans tent met die minimum gerief is lekker vir my dit maak die toer n uitdaging ook. Elke keer as ons iewers heen gaan het ons n lekker storie om te vertel. Vassit in die rivier of n halwe dag grou om die kar uit die sand te kry of n heledag gery aan 30 km in die modder en dan maar oorgeslaap langs die pad want die plek is nog nie beryk waar ons wou wees. Baie sulke stories.

    Dan het ek al baie luks ook vakansie gehou met alwat n gerief tot jou beskikking. Maar soos hulle sê ruf it bly altyd lekker.

  • 6. Bos  |  Maart 10, 2008 om 9 : 25

    Daar is so baie, waar begin mens …

    Ek sal regtig graag eendag Europa as n geheel wil deur reis en dan natuurlik sal ek graag ook disney land toe wil gaan, maar om my pa te vat. Dit is nog sy jarelange droom om soontoe te kan gaan. Ek sou ook graag eendag texas toe wil gaan. Hier in ons eie land is op my gelukkigste n die bosveld! Die see is mooi maar eenkeer n jaar of so is genoeg vir my.

  • 7. bruinogies  |  Maart 10, 2008 om 9 : 39

    more more julle

    immm ek dink ek kan net sê mpumpalanga.
    dis so mooi in daai provinsie, en ja natuurlik die c.

  • 8. Zoekoe  |  Maart 10, 2008 om 10 : 35

    Mabulingwe`…. is dit nie een on ander kamp of lodge in die wildtuin of daar naby nie?

  • 9. *lilly*  |  Maart 10, 2008 om 12 : 41

    Dagse almal

    As ek nou reg kan onthou is Mabulingwe ‘n Vakansie oord, Game farm of so iets wat naby Sun City, tussen Rustenburg en Northam is daar in die Noordelike. My tannie hul is lief daarvoor om soontoe te gaan.

  • 10. *lilly*  |  Maart 10, 2008 om 12 : 47

    Ek kan nie onthou wanneer laas ek regtig op vakansie was nie. Ek dink dit was toe ek st. 8 was. By die see iewers. Kan nie eers meer so goed onthou nie. Ons was nooit so erg op vakansie nie.

    Nee wat die bosveld van ons bly maar vir my die beste. Die see is ook lekker maar ek like nie van swem nie, en die rustigheid daarvan trek my aan.

    Ek is ‘n groot animation freak so disneyland kan maar op die lys kom. Engeland? Ja, dit sal nou nice wees maar geen plek spesifiek nie. En dan wil ek graag New Zeeland besoek. Hul se dis pragtig daar.

  • 11. Verons  |  Maart 10, 2008 om 1 : 03

    Mabulingwe is in die Limpopo gebied so ‘n halfuur se ry van Bela-Bela!
    Ek dink (nie tyd om te google nie) dat dit beteken rusplek of so iets

  • 12. Verons  |  Maart 10, 2008 om 1 : 04

    Dis is baie mooi daar! Moet sê as ek ‘n bosveld vakansie kies sal dit beslis by Mabulingwe wees!!

  • 13. Zoekoe  |  Maart 10, 2008 om 1 : 36

    Google het nog nie van daai plek gehoor nie….

  • 14. *lilly*  |  Maart 10, 2008 om 1 : 42

    Zoekoe jyt nog nie hard genoeg gesoek nie. Ek moes eers die blad laat vertaal. Was in Duits gewees. Kon nie als lekker verstaan nie. Maar blykbaar beteken Mabalengwe, so gespel, huis van die luiperd. Verons jy was toe reg dit is naby Warmbad.

  • 15. bruinogies  |  Maart 10, 2008 om 2 : 31

    as een van jul se printers met bluetooth werk,sal julle my laat weet.ek wil iets uitvind

  • 16. Rooi Koos  |  Maart 10, 2008 om 3 : 03

    Mabulingwe moet seker Mabalingwe wees want dit is die plek van die luiperd met kolle. Mabulingwe kom net in dorings en soms rose voor en een of ander chinees web page.

  • 17. Rooi Koos  |  Maart 10, 2008 om 3 : 08

    Mabalengwe is n van van n persoon. Die most wanted in SA was n persoon met so n van.

  • 18. Nella  |  Maart 10, 2008 om 3 : 12

    Hi julle

    Om vakansie te gaan hou moet ek se kies ek die WESKUS – ek het so 3 jaar terug vir die eerste keer die weskus beleef en nou is ek versot daarop. Hou ook van Hartenbos en Mosselbaai – gaan nou oor 2 weke vir die eerste keer sedert ek 12 was weer Natal toe so kom ons sien wat ek dink as ek terug is. Om oorsee vakansie te gaan hou sal ek ‘n Griekeland of Rome kies en vir ‘n tropiese vakansie sommer enige plek waar ek iets met ‘n sambreeltjie in kan drink

  • 19. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 10, 2008 om 3 : 29

    Vakansie? Wat is dit?????? 😆

  • 20. Mary-Nash  |  Maart 10, 2008 om 3 : 35

    Gawie

    uiteindelik ek weet ook nie wat vakansie is nie as iemand ons dalk kan inlig

  • 21. Verons  |  Maart 10, 2008 om 3 : 39

    Mabalingwe: “place of the spotted leopard”

  • 22. Michael  |  Maart 10, 2008 om 11 : 12

    Hey julle!!
    Ek rooflees en blog in die nag soos n poeliesman hehehe.

    Vakansie tyd is St lucia tyd!!
    Ek was in Januarie daar gewees en as ek nie tenminste elke tweede maande gaan nie dan sulk ek vreeslik, lip op die grond die hele bedryf!

    Oorsee sal ek graag êrens in die trope wou gaan maar Alaska treek my ook vreeslik veral die visvang (enigste plek in wereld met Goliath tigerfish)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: