Ligter Onderwerp

Maart 5, 2008 at 9 : 57 77 Kommentaar

Daar is mense wat ontstel is deur my vorige onderwerp.  Ek het my voorgeneem om dit ‘n blog te maak wat almal kan geniet.  Maar wees gewaarsku, ek gaan onderwerpe aanroer wat nie gewild is nie. 

So kom ons praat dan maar oor Ena Murruy.  Is sy ‘n goeie skrywer of net iemand wat geskryf het om soveel as moontlik boeke te verkoop?

Ek herken reguit dat Ena Murruy een van my gunsteling skrywers is.  Daar is 2 verhale wat my baie geraak het en my die mens gemaak het wat ek is.  Plekkie in die son, ‘n verhaal van melaatses.  Baie van die bykarakters is werklike mense, hulle verhale is eg.  Die verhaal het my belangstelling in siektes geprikkel.  Dit het my ook sonder “respek” vir siektes gelaat, daarom het ek nie ‘n vrees vir siek mense nie.

Dan Stuur Groete aan Pappa, ‘n verhaal wat oor weeskinders en kinderverkragting gaan.  Ek glo nie ek hoef verder uit te brei nie.

Ek het ook haar ligter verhale soos die Meisner Kliniek, Kaalvoet Katryntjie en Junior in Saal 7 geniet.  Ena het afgetree as gevolg van artritis.  Dit het bloot net te pynlik geraak om te tik of dan wel te skryf.  Ek sal wel baie graag saam met haar wil gaan koffie drink, sy is ‘n baie oulike Tannie.

Amper vergeet ek die blog se vraag.  Wat was Ena Murruy van beroep gewees?

Val was met die vorige blog reg gewees, Oscar Wilde het daardie gevleuelde woorde gespreek.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Genadedood Tillie-Lief

77 Kommentaar Add your own

  • 1. bruinogies  |  Maart 5, 2008 om 10 : 08

    hallooo

  • 2. bruinogies  |  Maart 5, 2008 om 10 : 10

    kan nie hier saam praat nie ek haat dit om te lees!!!!!!

  • 3. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 10 : 11

    Van wanneer af word daar in elk geval by die onderwerp gehou?

  • 4. bruinogies  |  Maart 5, 2008 om 10 : 18

    gewoontlik net die 1ste 7 responses en dan word daar oor als gepraat.

  • 5. Bos  |  Maart 5, 2008 om 10 : 23

    @ Adrie

    Ou tannie ena …. Sy het my tiener jare in een groot fantasie wereld omskep ….. *sug* Sy is n goeie skrywer, het ne van al haar werk gehou nie, maar meeste van dit, ek hou van liefdes verhale met woema, weet liefde / avontuur. Ek verbeel my amper sy het a n resesent of iets by n tydskrif gewerk asook n verhoogstuk skrywer/revuest.

  • 6. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 10 : 40

    Bos

    Ek dink tannie Ena sal baie geamuseerd met ons wees. Sy het nie ‘n chip op haar skouer nie.

  • 7. Nella  |  Maart 5, 2008 om 10 : 47

    Hi almal
    Moet se ek is nie op hoogte met afrikaanse skrywers nie – ek is mal daaroor om engelse boeke te lees my gunsteling is natuurlik Danielle Steel en Barbara Tylor Bradford – miskien moet ek ‘n bib gaan soek en van tannie Ena se boeke uitneem.

  • 8. Val  |  Maart 5, 2008 om 10 : 50

    Ek verkies dit ook om TV te kyk. Lees is nie my gunsteling hobby nie so ek sal verder nie oor Ena Murray kan kommentaar lewer nie.
    Maar as ek A3 se opening comments lees kan haar boeke my beslis laat plan verander

  • 9. Zee  |  Maart 5, 2008 om 10 : 51

    Adrie, ek is mal oor Ena Murray se boeke. Ek dink ek het elke een van haar boeke gelees.

    Daar was een of twee wat ek wel nie van gehou het nie!

    Deesdae kry ek nie veel tyd om meer te lees nie want met ‘n kleinding is ‘n mens se tyd maar bietjie beperk.

    Haar beroep… geen clue nie!

  • 10. Bos  |  Maart 5, 2008 om 11 : 03

    @ Almal wat tannie Ena nie ken nie.

    Haar goeie punte: Die vrou WEET waarvan sy skryf. Sy gaan doen navorsing oor elke dingetjie: Die land, area of dorp waarin dit afspeel, geskiedenis wat jy maar kan gaan naslaan wat werklik waar is, kulture, tradisies, ensomeer. Sy leef haar absoluut in n ding in. Daar is egter net so een of twee boeke wat vir my opmekaar neig, so asof sy uit idees uit gehardloop het, of die twee boeke met mekaar verwar het, of die boek het getrek … julle weet, kom nie tot n punt nie.

    Sy roer harsake aan, dinge wat elke dag met mense gebeur en soms is sy avontuurlustig en dan skryf sy goed neer wat met min mense op hierdie aarde gaan gebeur, maar goed is sy goed ….

  • 11. Miss Nats  |  Maart 5, 2008 om 11 : 10

    Hello ek is ook hier!!!!

    Ena Murray

    Ena Murray is op 27 Desember 1936 op die klein Karoodorpie Loxton gebore.
    Sy was die middelste van drie dogters van die plaaslike geneesheer, dr. Mans. Sy het haar skoolopleiding op Loxton en die buurdorp Victoria-Wes ontvang en voltooi. Na skoolopleiding het sy gaan verpleeg en is later met Boet Murray van Loxton getroud. So keer sy terug na haar geboortedorp en haar skryfloopbaan begin in alle erns. Na twintig jaar eindig hierdie huwelik in die egskeidingshof en sy gaan vestig haar op Wildernis in die Suid-Kaap. Twee jaar later trou sy met Jaques Mostert en na tien jaar verhuis hulle na ‘n aftree-oord in Mosselbaai waar sy tans nog woon. Beide huwelike was kinderloos.

    Gedurende die 33 jaar wat sy voltyds geskryf het, het 131 titels agter haar naam verskyn. Sy het bekendheid verwerf hoofsaaklik deur haar liefdesverhale, maar sy het ook speur- , spioenasie- en avontuurverhale die lig laat sien en daardeur ‘n wye veld van lesers bereik. Ook ‘n paar geestelike boeke en ‘n digbundel het uit haar pen verskyn.

    Baie van haar boeke is op ware gebeurtenisse en mense wat werklik bestaan het en wel nog bestaan gebaseer, en dit is veral hierdie verhale wat bygedra het tot haar gewildheid. Die lesers kon hulle vereenselwig met die karakters en so is twee van haar boeke verfilm. Die eerste was Vrou uit die nag deur die destydse Christelike filmmaatskappy Carfo en die baie bekende Plekkie in die son wat afspeel in ‘n melaatse inrigting.

    Sy is baie gesteld op navorsing oor haar onderwerp voordat sy begin skryf. Of dit histories, medies of aardrykskundig van aard is, sy begin nie ‘n verhaal voordat sy nie van al haar feite verseker is nie. Sy het destyds in die melaatse inrigting Westfort net buite Pretoria gaan bly om die nodige navorsing oor Plekkie in die son te doen.

    Haar boeke verskyn ook in grootdruk en is deur die Pioeniersskool te Worcester en deur Bandhulp vir Blindes in braille en band opgeneem.

    Sy is al bestempel as “die mees gelese skrywer in Afrikaans”. In ‘n onlangse opname deur Radio Sonder Grense en Tafelberg-Uitgewers is sy aangewys as die gewildste skrywer in Afrikaans.

  • 12. Miss Nats  |  Maart 5, 2008 om 11 : 11

    Tweeling
    Sy was ‘n verpleegster??

  • 13. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 11 : 24

    Nats

    Ja. Dankie Google.

  • 14. Zee  |  Maart 5, 2008 om 11 : 27

    Sjoe Miss Nats,

    Lyk my nie ek het al haar 131 boeke gelees nie. ek het wel elke een in ons Bib gelees. Waar sal ‘n mens ‘n lysie kan kry van al haar boeke?

  • 15. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 11 : 32

    Zee

    Moenie dat my tweeling jou ore aansit nie. Sy kan nie lees nie. Ek het haar baie mooi geleer google. Ha Ha Ha.

    Ek sal graag jou opinie oor genade dood wil he.

  • 16. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 11 : 37

    Baie aangename blog. Voel so koel en rustig hier. Ek sal maar liewer weg bly van die vorige onderwerp – soos sommige mense se blogs. Ek vermy liewer sulke diep dinge.

  • 17. Zee  |  Maart 5, 2008 om 11 : 37

    Adrie, ek het gister die post gelees en wou kommentaar lewer en toe ook nie.

    Jy weet, ek was amper skuldig daaraan dat klein Zee geaborteer geword het, maar die Here se wil was sterker as ons wil. Ek het gedink dat daardie kleinding nie normaal kan wees na al die hel wat hy deurgemaak het in sy mamma se baarmoeder nie, maar ek was weereens verkeerd bewys deur onse Vader.

    Ek glo vandag dat genadedood van die Here moet afkom en nie deur die mens se hand nie. hy het die lewe gegee en Hy sal dit neem op Sy tyd!

    Maar dit is maar net my beskeie opinie!

  • 18. Zee  |  Maart 5, 2008 om 11 : 41

    Ferrari, dankie die draai daar by my ook. Hoop nie jy gaan daar wegbly by my nie, partykeer het ek ook darem snaakse goeters daar hoor!🙂

  • 19. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 11 : 41

    Ferrari

    Het jy ook van Jac afgetrek.

    Zee

    Weet jy, ek het nie eers aan jou gedink toe ek dit geskryf het nie.

  • 20. Bos  |  Maart 5, 2008 om 11 : 44

    @ Ferrari

    Welkom!!! Wie … eeeeeehhhh … rev jou so op?

  • 21. Zee  |  Maart 5, 2008 om 11 : 45

    Adrie🙂

  • 22. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 11 : 49

    Hallo Julle was biekie besig op die stomende plek.

    Wat het ek gemis ? ?

  • 23. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 11 : 51

    Adrie
    Ek het lank gesoek, maar die ou Jac mense gevind ja.

    Zee
    Eindlik het ek nie na jou blog verwys nie. Hou daarvan. Hier is ander swart blogs wat vir my te diep dinge bespreek, behalwe natuurlik vir Adrie se kontroversiele onderwerpe.

    Bos
    Ek is nooit opgeref nie. I’m a Lover not a Fighter. Adrie behoort te onthou.

  • 24. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 11 : 52

    Zoekoe
    Dit is hopeloos te warm daar vir my.

  • 25. Bos  |  Maart 5, 2008 om 11 : 53

    @ Ferrari

    Ken ek jou ……?

  • 26. Multi  |  Maart 5, 2008 om 11 : 56

    Ferrari – is jy dalk ‘n pissie? 😉

    Saloom
    net vir jou.
    die koffie masjien is nou weer reg en gestock met als wat julle nodig het.
    druk net die ☺

  • 27. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 11 : 56

    Bos
    Ek dink nie so nie, behalwe as jy van die Jac blog af kom en nou onder ‘n ander naam blog. Ek is nie gereeld op die blogs nie.

  • 28. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 11 : 57

    Multi
    Nee glad nie. Ek bloos net maklik.

  • 29. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 00

    Ferrari

    Jy jok op ‘n openbare blog. Jy het al baie baklei.

  • 30. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 04

    KOFFIE EN BESKUIT!!

    Jislaaik Multi, baie dankie!!!

    Adrie – wela kapela. Ek het ok tog contacts. Gooi nou maar daai onderwerpe van jou. Ons het nou drinkgoed.

  • 31. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 12 : 07

    Ferrari, meeste van ons hier kom maar van jac se blog af nadat die suur mense so moeilikhied gemaak het daar !

  • 32. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 12 : 07

    Adriana
    Skaam vir jou, ek kan nie een enkele onderonsie onthou nie. Jy het vir my weg gehardloop omdat ek te sweet was met jou. Ek is bly om op die blog te sien dat jy darem ook ‘n “sagte” kant het.

  • 33. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 12 : 09

    Zoekoe
    Dit het op ‘n stadium nogal vreeslik gegaan daar. Baie onaangename situasie as die mense so voorgee om iets te wees en dan sodoende lelike goed kwytraak.
    Ek sien dit is die afgelope tyd maar baie stil daar.

  • 34. Ferrari  |  Maart 5, 2008 om 12 : 11

    Adrie
    Ek moet erken, ek het bietjie inside info gehad (hoor julle is persoonlik genooi) maar sal nie die persoon se naam noem nie. Ek dink sy het geweet ek sal nie hier kom krap nie. So, as jy nie omgee nie, sal ek maar hier rond hang.

  • 35. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 14

    Ferrari

    Daar is voorgee en voorgee.

  • 36. Bos  |  Maart 5, 2008 om 12 : 16

    @ Ferrari

    Ek kom van die jac blog af. het verlede jaar net na Innibos begin blog en toe hou ek so middel spetember weer op want my piesie was gebogger en toe my internet en toe loadshedding en nou gesels ek weer

  • 37. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 12 : 16

    Dis oorlat ons weg is daar…. jac se blog is niks sonder Adrie, en die res van ons nie !

  • 38. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 18

    Mwah mwah mwah mwah mwah mwah

    HELOOOOOOOOOOOO JULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 39. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 18

    Ferrari

    Onthou, die is my blog. Ek weet wie jy is.

  • 40. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 19

    O ja, die blog is oop vir elke Jan Rap en sy maat.

  • 41. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 12 : 22

    Wie is Ferrari ?

  • 42. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 23

    Ferrari
    Jissie jong, jou manier van skryf laat my aan iemand baie spesiaals dink. Jys nie dalk my kys nie hmmmmm?????😆

  • 43. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 24

    Hallo *tjie
    Het jy nou al jou hokke skoon gemaak. G’n mens kan ok duiwe na daai oorvol plek toe stuur nie, want die arme goed kom net doodmoeg en honger weer terug.

  • 44. Multi  |  Maart 5, 2008 om 12 : 31

    Ferrari
    jy is welkom daar – dis meer deel van navorsing vir ‘n nief boek.

    Ster
    mwha mwha mwha mhwa!!!! hallo skat – ek mis jou sommer baie tjoma!
    mhwa mwha mwha!!!!!

    Saloom
    my plesier.

  • 45. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 31

    Nou waar is julle nou almal. Ek het nie die koffiemasjien georganise sodat julle da kan gaan staan en gesels nie. Julle moet die koffie hiernatoe bring.

  • 46. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 32

    Salome

    Ek is ongelooflik besig. Verskoon my asseblief.

  • 47. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 12 : 38

    Ster, ek dog ek was jou kys..😯

  • 48. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 40

    Saloompie
    Hello tjoma…. hahahahaha….. ja my box is skoon. Hoe gaan dit met my blouoog???? En met jou??? Sê tog maar vir Adrie sys verskoon. Sy moes eintlik al vroeer haarself verskoon het… watwou 😆 😆

    Multi
    Mwah jy???? Hoe lyk dinge met jy weet wat???? Hehehehehehehe?????

  • 49. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 42

    Adrie
    Ek is veronderstel om ongelooflik besig te wees, maar het net nie lus nie. Geniet dit.

    *tjie
    Jy sal seker moet spesifiseer watter kys nè – {aangesien jy net EEN het}

    Cheers almal. Ek gaan nou waai – Liefie is by die huis vir die week en ek kan mos nie so kans laat verby gaan nie.

  • 50. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 42

    Zoekiekiekiekiekie!!!!!!!
    Uhm oepsie….. daas jy my ou engel???? Oe nee, daai Ferrari kys is al in die archives!!!!! 😐 Jys my beste en hotste kys. 😆 😆 😆

  • 51. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 43

    Adrie
    Jy word verskoon

    *tjie
    Praat later van die huis af. Aangesien ek darem nou weer kan pos stuur.

  • 52. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 44

    Saloompie
    Hehehehehehe…. jaaaaaa ….. hys die EEN vir my????? Hahahahahaha!!!!

  • 53. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 12 : 45

    Zoekoe
    Jy moet in jou pasoppens wees. Ek ga vir *tjie sê wat maak jy . . .

  • 54. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 48

    Saloompie
    VERTEL VERTEL!!!!!!!!!!!!!!!!??????????????

  • 55. Bos  |  Maart 5, 2008 om 12 : 54

    Lo ster!!! Mwha, mwha, mwha!!!

  • 56. AMH  |  Maart 5, 2008 om 12 : 55

    Hallo almal.
    Long time no hear.
    Hoe gaan dit nog met julle?

  • 57. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 55

    En daar was ‘n blog vol spoeg.

  • 58. AMH  |  Maart 5, 2008 om 12 : 57

    Hallo Adrie
    en hoekom is jy stil?

  • 59. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 12 : 59

    AMH

    Ek is blerrie besig. Het gou ‘n paar minute. Het jy al die nuwe aansoekvorm ingevul.

  • 60. AMH  |  Maart 5, 2008 om 1 : 01

    Nee waar is die nuwe aansoek vorm?

  • 61. Bos  |  Maart 5, 2008 om 1 : 08

    @ Adrie

    Se jy ek spoeg as ek soen? Jou ass man!!!

  • 62. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 1 : 08

    AMH, Ferrari, Viool

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    4. Wat drink jy?
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    8. Beskryf jou lepel.
    9. Vir wie skree jy?
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?

  • 63. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 1 : 08

    Ek weet iets wat julle nie weet nie.

  • 64. AMH  |  Maart 5, 2008 om 1 : 11

    1. Nie gou nie
    2. Sit
    3. Ek weet nie
    4. Coke side of life
    5. Niks
    6. Mense wat ja-broers is
    7. Death Penalty
    8. Silver met wit en swart balletjies
    9. Niemand
    10. Tot ek nie meer kan nie

  • 65. AMH  |  Maart 5, 2008 om 1 : 11

    Adrie
    En wat is dit?

  • 66. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 1 : 17

    Salome…. wat maak ek nogal? ? ?

  • 67. Bos  |  Maart 5, 2008 om 1 : 18

    Adrie

    Jy gaan sooibrand kry as jy belangrikke geheime van ons af weghou ….

  • 68. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 1 : 19

    Die derde blog het gearriveer.

  • 69. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 1 : 20

    Bos

    Ek het nog nooit so gesukkel om ‘n geheim te hou nie.

  • 70. Multi  |  Maart 5, 2008 om 1 : 25

    Ster
    dit gaan glad nie – jy was verkeerd ingelig gewees – nie timin ek het my naam gat gemaak!
    Dankie in elk geval!! 😆 😆

  • 71. DEON  |  Maart 5, 2008 om 1 : 54

    Hello almal

    Nie een van julle girls het my eers gemis nie? hmm?

  • 72. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 1 : 56

    Deon

    Multi het jou vreeslik gemis. Kan ek haar jou epos gee?

  • 73. Multi  |  Maart 5, 2008 om 2 : 02

    Deon
    my skat hoe gaan dit met jou? hel maar ek het jou gemis, ek soek jou bloed vir ietsie – kan ek seblief jou adres kry? 😛

  • 74. Sterretjie  |  Maart 5, 2008 om 3 : 12

    Deon!!!!!!!!!!!!!!
    My fok!!!!!!!!!! Drup jy nog steeds soos ‘n hospitaalgeysertjie????????? Of soos ‘n tuinsproeiertjie…. tst tst tst tst trrrrrrrrrrrrr!!!!!!!!!!

  • 75. Verons  |  Maart 5, 2008 om 3 : 42

    Hallo julle!
    Ek dink ek het ook omtrent al Ena Murray se boeke gelees! Sy het my deur my storm en drang jare gekry! Ek het al haar boeke omtrent verslint! Daar is miskien so een of twee wat ek nog nie gelees het nie maar ek twyfel!

  • 76. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 3 : 51

    Ah, hier is weer mense.

  • 77. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 3 : 57

    Boeke van Ena Murruy waarvan ek nie gehou het nie – ek kan nie nou die name onthou nie. Daar was egter beslis ‘n paar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: