Tieners

Maart 2, 2008 at 12 : 47 128 Kommentaar

Ek het so pas weer thirteen gekyk. Briljante fliek, 100ste keer wat ek dit kyk, maar dit laat my nogsteeds dink.

Hier is ‘n opsomming van die fliek. ‘n Dertien jarige meisie begin rebelleer teen haar omstandighede. Binne die bestrek van 4 maande, verval sy van ‘n uitblinker tot ‘n druipeling. Sy raak deur mekaar met rook, drank, dwelms, seks en selfmutilation. Haar verval is so volkome, dat die voog van ‘n vriendin – wat haar aan die goed bekendgestel het – haar toegang verbied.

Ek glo dat probleem kinders oor die algemeen net probleem ouers het. “Ek het hulle goed groot gemaak, hulle het groot sleg geword” is net ‘n verskoning. Probleem ouers was in die fliek die probleem. ‘n Pa wat nie belangstel nie, ‘n ma wat te lank kind wou wees. Tracy het te lank ma vir haar ma gespeel. Die ma – Mel – wil op ‘n stadium ingryp, maar al haar pogings is te halfhartig.

Niemand is volmaak nie, almal maak foute, maar hoe verseker jy dat jou foute nie jou kind ruineer nie. SA tienermeisies raak wild tussen die ouderdom van 14 en 16. Baie van hulle kom weer reg, maar vir ander is dit te laat. Wanneer en hoe gryp ‘n mens in – voordat jy ‘n Britney het? Ek dink die fondasie moet in die kind se eerste lewensjare gele word. Jy moet ma bly, nie die slagoffer nie. Jy moet jou kind ken en weet wat in hulle koppe aangaan.

Ek het nie kinders nie – dus het ek al die antwoorde. Vertel my wat julle weet.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kill the farmer, kill the boer Genaliteit

128 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Maart 2, 2008 om 5 : 46

    Howdy maats, laat ons sien of dit werk !

  • 2. Multi  |  Maart 2, 2008 om 7 : 07

    Loda Tilla!
    hoop dit gaan goed met jou en Tillie lief! jammer ek kon nie die “surprise party” maak nie – ek moes werk…😡

  • 3. Sweetness  |  Maart 3, 2008 om 7 : 36

    More almal

    Persoonlik dink ek, die ouers het ‘n groot invloed oor hoe die kind uitdraai.

    Want die ouers begin net hande opgooi as die kind rebeleer. ‘n Ouer moet die hele tyd belangstel in sy kind, en wys hy probeer help.

    Ek het nog nie die fliek gekyk nie. Sorry

  • 4. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 8 : 23

    more almal

    ‘n ouer maak ‘n kind wat hy gaan wees tussen die ouderdom van 4 en 6 jaar. ek het 2 boeties waarvan die oudste 1 getroud is en hy het ‘n seuntjie wat 4 jaar oud is. my ander boetie is 25 en is deurmekaar met ‘n vrou wat ‘n meisie kind het by ‘n ander man. die meisiekind se pa het gemeenskap gehou voor die dogtertjie met ‘n ander vrou,en vir haar gesê dis reg enige mens mag aan jou private plekkies vat en so aan. die meisie kind het nou met my boetie se laaitie van 4 gepeuter en hom geleer van al daai tipe van goed wat ‘n 4jarige kind nie eers moet weet nie.

    dit het hom actually ‘n knak gegee en hy wili eers sy eie ouers vertrou nie.hy glo die meisie kind is als want sy peuter met hom en hy voel gemaklik by haar..al 2 kinders gaan nou vir sielkundige behandeling.

    maar wat my demoer in maak is dat die vrou nogsteeds haar dogtertjie na haar pa toe stuur om by hom te gaan kuier!!

  • 5. Bos  |  Maart 3, 2008 om 8 : 29

    More almal

    lekker naweek gehou?

    TOPIC:

    Is baie maal die ouers se foute wat die kinders maak wat hulle is. Ek het ook nie kinders nie, maar voel wel ek sou n goeie ma wees omdat ek goeie beginsels by my ouers geleer het, wat my egter skok is nie die kinders wat uit n slegte huis uitkom en sleg uitdraai nie, maar die wie se ouers vir hulle n veilige huis bied, baie liefde, ondersteuning en gesonde liefde gee, maar tog is hulle rebels en baie vatbaar vir die verkeerde vriende. Het dit al n paar keer gesien en kan dit net nie verstaan nie. Pak help nie, raas help nie, hok help nie, sielkundiges se dit is net normale tiener hormone, ek dink dit is sielkundige afwykings, maar ek het nie n graad nie, net n ruggraad en die tel nie ……

  • 6. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 8 : 38

    Hallo julle mense ! 😀 Ek het nie kinders nie, so ek kan nie juis veel sê oor die onderwerp nie….

  • 7. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 8 : 41

    @zoekoe

    hoe ganit??

  • 8. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 8 : 52

    Goed en jy bruinogies, lanklaas gehoor !

  • 9. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 8 : 53

    ‘n Vinnige Hallo

    Zoekoe, hulle se juis mense wat nie kinders het nie, het al die antwoorde.

    Bos, al gehoor van bo blink, onder stink?

    BO – Dit is skokkend van die dogtertjie. Haar pa is besig om haar aan pornografie bloot te stel en dit kan tot groots stories lei as sy ouer is. Sielkundige hulp alleen is nie genoeg nie. Die kind behoort by ‘n maatskaplike werker aangemeld te word.

  • 10. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 8 : 55

    Hallo Adrie, wie is die hulle wat julle so van praat?

  • 11. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 8 : 56

    Zoekoe

    Ek het hulle nog nie met die hand gegroet nie.

  • 12. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 00

    😆 ek ook nie… maar ja dis seker so ons dink ons weet hoe om jonges op te foed, maar inderwaarheid reken ek dis baie meer ingewikkeld om ‘n kind groot te maak, mens kan so maklik sy lewetjie verwoes, ek is nie seker ek sal daai verantwoordelikhied nou kan vat nie !

  • 13. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 03

    @adrie

    dit helpi ek sê iets nie want dit isi my kinders nie.eks so g*tvol vir hul stories en hul wil nix da aan dieni!

    @zoekoe
    ag goed net bja seer gebrand, was byi dam en ekt tog ‘n groot vis gevang en is bja trots op my!!

  • 14. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 09

    Dit klink of jy darm ‘n lekke naweek gehad het… ! So nous jy ‘n visservrou van formaat 😀

  • 15. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 11

    @zoekoe

    jip en ekt ampe vani boot afgeval toe die vis met my lyn swem!!

  • 16. Bos  |  Maart 3, 2008 om 9 : 12

    @ Adri

    Glad nie die geval nie. Het die kind al tot by n sielkundige gehad wat hom onder hipnose gesit het. was saam met har daar vir ondersteuning. Sielkundige het voor my vriendin vir die kind gevra of mamma en pappa hom slaan dat die bloed loop en of hulle peuter, en die kind het nee gese, so ook of daar iemand anders is wat aan hom vat waar hulle nie mag nie, en hy het nee gese. Hy sal een oomblik nog by n mens sit en die volgende oomblik sal hy jou sommer klap of jou vloek, mens sou sweer die kind is besete, so hoe verduidelik n mens dit?

  • 17. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 9 : 12

    Ek het gisteraand ‘n padda so groot soos 2 vuiste voor my deur gehad.

  • 18. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 9 : 14

    Bos

    Tourrete Sindroom? Vrae voor die ouers beteken nie juis veel nie. Hoe oud is die kind.

  • 19. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 14

    Watse vis was dit?

  • 20. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 19

    @bos

    my boetie se kind maak dieselfde!!!dit is so of hy ‘n aanval van woede kry

  • 21. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 20

    @zoekoe

    1.9kg kurper

  • 22. Bos  |  Maart 3, 2008 om 9 : 24

    @ Adrie

    Hy word die jaar tien. Het ook gedink dit is tourett maar die spesialiste se nee. arme kind is op soveel pille, is scary.

    Nog n geval voor jy dink my vriendin hulle is sleg, my eie sus.

    Sy is vier jaar jonger as ek. Kyk, ek se, die dag toe ouers uitgedeel was, was ek voor in die ry. My ouers is streng met sterk idees en ideale, maar hulle is gr8 fun!!! hulle doen soveel as moontlik saam met ons kinders, maar dit keer nie my sus om saam met die verkeerde lot uit tehang nie. Sy het n baie sterk persoonlikheid en is altyd die middelpunt van atraksie. Sy meng met dewelgebruikers, swaar drinkers, weet, mense wat lyk asof hulle uit n amerikaanse hillbilly trailerpark uitgekom heten ek kan vir julle se ons altwee het die selfde tipe opvoeding gehad, sy is net stroom op en ons weet nie hoekom nie, sy begin nou eers te kalmeer.

  • 23. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 31

    Sjoe nogal ‘n redelike size !! baie geluk !

  • 24. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 32

    wil iemand dalk cupcakes hê??

  • 25. Bos  |  Maart 3, 2008 om 9 : 33

    @ BO

    Ek het eenkeer die kind opgepas vir my vriendin toe hy my mos so klap deur die gesig omdat ek vir hom gese het om optehou om my plante te breek. Hy was toe so sewe. Ek het vir hom gese hy beter onverskoning vra en die blare van die grond af optel wat hy gebreuk het. Hy het my so onderlangs aangekyk en toe borrel die vloekwoorde so oor sy lippe, en die ergste van als is, my vriendin hulle gebruik nie kras woorde nie. Het haar nog nooit hoor vloek nie. Haar man vloek as hy erg onsteld is en dit is ook maar net woorde soos fokit en bliksem. Het nog nooit gehoor dat hy kraser woorde as dit gebruik nie. Ek het die kind mootjies net daar oor my skoot getrek en sy agterstewe goed warm gemaak. Ek moes dit nooit gedoen het nie. Toe ek hom los, is hy soos n orkaan deur my huis, gil en vloek en breek en gooi en ek kry hom nie stil nie. Die kind is eintlik nogal erg oor my en eindelik uit pure radeloosuit, se ek hom as hy nie nou ophou nie, gaan hy nooit weer vir my kom kuier nie, het gewerk en hy was rustig gewees vr die res van die dag. Al wat ek weet is dat sy ouers baie goeie ouers is en hulle het al duisende rande gespandeer om te probeer uitvind wat die probleem is. Ek is so bly ek staan nie iun hul skoene nie, want hoe hanteer jy so kind?

  • 26. Michael  |  Maart 3, 2008 om 9 : 36

    Môre almal
    Toe ek nog kinders was en ek het probeer om teen my ouers op te staan of tantems te gooi was ek sommer gemoer en klaar en ek glo nie ek het te aardig uit gedraai nie.

    Daar was nie pille en kopdokters nie net n goeie liefde volle huis houding waar pa se woord wet was

  • 27. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 41

    @bos

    my boetie se kind gaan elke dag na sy ander ouma toe, die ouma is so 45 en sy piep die arme kind so op.as hy by haar is aanbid sy toe grond waarop hy loop en hy mag maak wat hy wil,als is reg in haar oe en ny ons kry hy slae as hy stout is.ek kry hom so jammer want hy weti mee wat reg en verkeerd isi. die beste is maar om uit sulke sake uitebly asit nie jou kind isi.

  • 28. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 42

    @michael

    baie keer wil die ma hê dat haar woorde wet is en sluit die pa uit!!

  • 29. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 43

    Hallo Michael. Ja jong ek was ook hard en aanhoudend gemoer as ek net getry het om ‘n tantrum te gooi toe ek klein was, wel dit het gewerk met my anyway !!!

  • 30. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 9 : 44

    Bos

    Ouers raak nogal moeg na die eerste een. Hulle het dalk jou suster jammerder gekry as vir jou.

    Ek het ook al lankal gese ‘n pakslae is nie die alfa en omega op alles nie.

  • 31. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 3, 2008 om 9 : 48

    More se almal.

    Sjoe! Ek ril oor wat ek hier lees.

    Ek wil net vinnig antwoord want loadshedding gaan ons area netnou tref.

    Dis omdat ons kinders nie meer van jongs af van respek geleer word nie, en ek wil die skuld vierkantig op Oumas en Oupas plaas. As ek sien wat rondom my gebeur is dit skrikwekkend. Hul bederf die kinders tot in die afgrond in, en die kinders kan mos nie onderskei tussen reg en verkeerd nie.

    Die ouers “worry” ook nie veel meer nie, want hoe meer die kinders by Oupa-hulle kuier, des te beter want dan is hul mos uit die pad uit en kan Ma en Pa mos lekker gaan jol.

    Dit is ‘n feit wat staan soos ‘n paal!

  • 32. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 9 : 50

    Definitief nie… pak slae het sy plek, maar mens kan nie net altyd slaan nie… ander dinge werk ook sekerlik goed…. my pa het gemoer, en my ma het mooi gepraat. Ek raak erg dwars as iemand my aanvat of my order om iets te doen, vra my mooi, dan kry jy gewoonlik goeie resultate !

  • 33. Bos  |  Maart 3, 2008 om 9 : 54

    @ BO

    Ek stem, en dit is verskrikklik!! Ek slaan nie ander mense se kinders, nie maar ek was al so radeloos met die kind en kwaad dat ek sommer net geregeer het. Het agterna baie sleg gevoel en soos jy se, is maar die beste om nie emosioneel betrokke te raak nie.

  • 34. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 9 : 55

    @oubaas

    ek stem 101% saam jou!! jong ouers het nie die verantwoordelikheid nie. dis beter om die kiddies af te gaan laai want hul wil gaan jol en as hul nie plek kryi viri kiddies nie vat hul sommer die kleingoed saam na die jol toe.hul word dan so ani verkeerde goed blootgestel maar ma en pa gee nie omi want as hul ‘n dop ini hand het is hul al te happy!!

  • 35. Michael  |  Maart 3, 2008 om 9 : 56

    My sus se kinders sê sommer vir haar “jy” en “jou”. My ouers het my geleer jy sal respek hê vir ouer mense en jy SAL jou ouers repek toon

  • 36. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 3, 2008 om 9 : 58

    @ bruinogies – Juis! Ek het Desember weer gehoor van so ‘n geval en dit in skooltyd in die middel van die week, en raai wat? Daardie 2 ouers is nou uitmekaar en die Pa het weggelop met ‘n meisie wat nog op die skoolbanke hoort! dis nie seker of hy die meisie by die jol ontmoet het nie.

  • 37. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 3, 2008 om 9 : 59

    @ Michael – My bek het peper gekry as ek dit durf waag het!

    sien julle later. Ons gaan nou krag(te)loos wees tot 14:00

  • 38. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 00

    ek het al gehoor hoe praat laerskool kinders met hul ouers, sê vir hulle hou jou bek ma of jou en jy hul ouers.die ouers luister maar dan viri kind en doen nix da ani. waar is die respek???

    ekt nog nooit in my hele ampere 19 jaar van mens wees vir my ouers gesê jou of j nie, en ook nie trg gepraat met hulle nie. ek moet se ek voel bja trots daarop!!

  • 39. Michael  |  Maart 3, 2008 om 10 : 00

    B O
    Ek stem saam jou ek het al veel male gesien waar die ouers sommer n kombers onder die tafel gooi vir die kids en hulle party tot die son op kom

  • 40. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 01

    Michael

    My ma is engelssprekend, met die gevolg dat daar ook in ons huis gejy en gejou word. Ek kan niks daarmee verkeerd sien nie. Dit sal my irriteer as my kids my 10 000 keer moet Mamma in een sin. Respek is meer as net ‘n aanspreekvorm.

    Bos – Tip van die dag

    Pas mense se kinders net in hulle huis op.

  • 41. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 04

    BO

    Ek was seker al 20 toe ek eendag vir my ma gese het sy is ‘n bitch. Of meer korrek, sy het my ‘n bitch genoem, toe vertel ek haar dit vat ‘n groot een om ‘n klein een raak te sien.

  • 42. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 06

    @adrie
    syt seke net ‘ngrappie met ju gemaak.

    ek sien net swaar tye vir kinders voor in hul toekoms!!!

  • 43. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 07

    Hello almal

    Die topic ek voel as my seuns vir my se you hulle is engels is daar niks meer fout nie maar hulle doen dit uit respek

    Ek sal van my kop af gaan as ek moet hoor bv. mom can mom please help me thank mom nee wat ek hanteer dan eerder die volgende mom can you please help me thank you

  • 44. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 09

    BO

    Sy het ‘n groot bohaai opgeskop daaroor, maar wou haar eindlik breek.

    Erns

    Presies. In Engels is you ‘n aanspreekvorm vir alles. Watter idioot het besluit jy en jou is kras? U is ‘n liederlike anglisisme.

  • 45. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 10

    My ma het al dit vir my ‘n paar keer gese toe se ek vir haar weet ma wat ek’s trots om ‘n bitch te wees

  • 46. Michael  |  Maart 3, 2008 om 10 : 12

    Ek stem saam dis nie nodig om elke tweede woord mamma te sê nie maar dis nie sommer net van kom ek praat soos ek wil nie!

  • 47. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 12

    A3

    Jy’s reg my ma het ons geleer jy moet almal oom en tannie want dis respek maar net omdat ek vir jou op jou naam noem of vir jou se jy of jou beteken dit nie dat ek nie respek het nie

  • 48. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 14

    Weet julle wat pis my nog af my ma sal se my kinners moet wag tot sy klaar gepraat het maar dit gaan mos both ways as hulle met my praat kan sy nie sommer wil in chip nie kinners leer van ons en as ons inchip gaan hulle dit ook doen nie waar nie

  • 49. Multi  |  Maart 3, 2008 om 10 : 15

    Hallo hallo!

    almal lekke naweek gehad! myne het weer eens oorgeloop vani drank……wat kan ek se – ek was baie swak…

    Ogies
    geluk met die vis!! dit sit nie sommer in enige een se broek om so grote uit te trek nie. goed gedoen.

    Mike
    ek het ook in so huis groot geword. kinders was gesien en nie gehoor nie – en soms het ons meer pakslae as kos gekry, ma met die belt en pa met die plathand.
    vandag is ek dankbaar daarvoor – ek voel dit het van my die persoon gemaak wie ek vandag is – en soms wens ek dat my pa my meer slae gegee het as dit vandag nog by sekere dinge kom..

  • 50. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 16

    onthou net j kani afrikaans direk in engels vertaal nie.j hoef ook nie heeltyd te ma te se nie.as jy met jou ma praat weet sy mos jy praat net met haar. dit is net haar naam, ma.net soos j in ‘n gesprek met ‘n persoon praat wat ‘n naam het gaan j oki die hele tyd sy naam se nie

  • 51. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 18

    Multi

    Hi daar welkom Sies vir jou en jy nooi my nie eens om saam te kom drink nie TSK!!!

  • 52. Michael  |  Maart 3, 2008 om 10 : 21

    Multi
    dag sê

    Ja soos ek gesê het ek is ook streng groot gemaak maar ek het tog nog steeds kak aan gejaag en as ek uit gevang is dan is ek gemoer maar dan moet ek by sê ek en my dad het net so baie kak saam aan gejaag wat nooit by ma moes uit kom nie

  • 53. Multi  |  Maart 3, 2008 om 10 : 22

    Erns
    jong – ek het sommer die hele bottie Jack se gat geskom vrydag aand hi by die werk…..
    ma ek het jo ni vigeet ni – ek het vir jou so paar suitcases gedown… 😛

  • 54. Multi  |  Maart 3, 2008 om 10 : 26

    Mike
    ek ek glo dat Ma uit gevind het, sy nie baie impressed was nie.
    ek was, of is vandag nog die rebel van ons famieliekie….
    ek is nog gelukkig om my dad vandag saam my te he en ons vang vandag nog lekke kak saam aan – as my moekie nie by is nie.
    ek glo my streng opbrengs het baie hegte bande met my ouers gebou!

  • 55. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 30

    Wat ook onregverdig is as ouma een klein kind voor trek en die ander jak sy net die heel tyd af volgens my moet sy hulle almal dieselfde behandel of hoe se ek nou

  • 56. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 33

    @erns

    dit is bja vieslik van ouma’s wat dit doen!! ek is my pa se witbroodtjie omdat ek die jongste is en die enigste meisie is.my pa se wereld draai om my.my boeties word nou weer voorgetrek by my ma.so dis regverdig as oz almal voorgetrek word.

  • 57. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 34

    Ek moet se ek en my pa kom beter oor die weg hy het nie sommer geslaan nie maar ons die silent treatment gegee en dan het jy geweet jy’s in die kak maar vandag kan ons lekker daaroor lag my ma en ek kom glad nie oor die weg nie sy se ek’s my pa se kind en omdat hulle geskei is en nie goed oor die weg kom nie is ek die swart skaap

    Moet se as my ma van halfde van die goed moet weet wat ek al aangejaag het was ek seker ses voet onder sy sou my dood gemaak het. my pa en ek gesels nou nog soms oor al die kak wat ek aangejaag het hy was makliker om mee te gesels is nou nog

  • 58. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 37

    Ogies

    Ek was en is nou nog my pa se oogappeltjie my jonger sussie is my ma sin en jy kan dit sien in die manier hoe sy ons onderskeie kinders bederf soos ek gese het sy trek die een baie voor en hy dis nou my sussie se kind kan net mooi niks verkeerd doen volgens haar nie.

    My oudste seun hou op die oomblik niks van sy ouma asgevolg van dit nie

  • 59. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 37

    Multi

    Dankie man nou weet ek hoekom ek so lekker dors was Saterdag🙂

  • 60. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 39

    Multi

    Dankie man nou weet ek hoekom ek so lekker dors was Saterdag🙂

  • 61. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 39

    Oor Witbroodjiegeid

    Ek het baie vinnig geleer om te se: Fok jou – in houding, nie in woorde nie. Daarom was ek met rus gelaat. My oudste broer word alles vergewe – hy is altwee my ouers se witbroodjie.

  • 62. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 41

    ek neem homi kwalik nie erns

  • 63. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 42

    @adrie

    toe maar opi blog is j oz almal se witbroodtjie!!

  • 64. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 45

    BO

    Hemele behoede my.

  • 65. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 50

    toe is da stilte

  • 66. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 50

    A3

    As dit nie vir jou was nie het ons die die blog gehad nie

    BO

    Dis net moeilik om vir hom te verduidelik wat aangaan hy verstaan nie hoekom sy so lelik met hom en sy boetie is nie en dit maak hom baie ongelukkig en ek hou nie daarvan om hom so ongelukkig te sien nie

  • 67. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 51

    Ek dog hulle se daar gaan nie vandag loadsheddings wees nie

  • 68. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 10 : 53

    @erns
    is dit jou ma of jou man se ma?

  • 69. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 57

    Erns

    Weerhou die kinders ‘n jaar lank van haar, dan kyk ons weer.

  • 70. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 57

    BO
    Ongelukkig is dit my ma en ons bly op die oomblik by haar dit maak dinge ne nog erger

  • 71. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 10 : 58

    Erns

    Eish. Koop dan vir jou en die kids ‘n slaansak, dit sal julle help om van frustrasies ontslae te raak.

  • 72. Erns  |  Maart 3, 2008 om 10 : 59

    A3

    Ek werk daaraan besig om dinge te reel dat ons kan uit trek en as ek haar dan sien sal dit op my terme wees en as ek haar eers in twee jaar wil sien soveel te beter vir my

  • 73. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 11 : 01

    @erns
    dis ‘n k*kke as jou ma se maak!

    @adrie
    in daai geval ja hou die kinders weg as j kan! daai malkop skoonsussie van my hou sommer vir nix haar kind weg van my ma hulle af! dit maak nogal seer ani bgn en dan maak dit dat ouma’s en oupa’s ‘n gly in hul kleinkinders kry

  • 74. Salomè  |  Maart 3, 2008 om 11 : 06

    More almal!!!

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 7 Desember – 43
    2. Sit of staan jy as jy pieps. By my huis sit ek
    3. Hoeveel mini jys is daar? 3
    4. Wat drink jy? wat die leeus drink – water
    5. Hoeveel bang hare het jy? nie bang nie maar baie versigtige hare
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? onredelikheid
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? kom ons ontwikkel u nuwe intense behandeling wat hulle so moedeloos sal maak dat hulle sommer vanself sal besluit om nie meer siek te wees nie.
    8. Beskryf jou lepel? Ek roer nie graag nie
    9. Vir wie skree jy? “vir die honde wat so baie blaf.” (kom nie by rugby uit nie)
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? probeer altyd my bes om alles te gee vir ‘n goeie saak

  • 75. Erns  |  Maart 3, 2008 om 11 : 09

    Bo

    Die beste my oudste is die eerste kleinkind sou gedog het hy sou alles wees maar nou ja sy hou dit teen hom vir wat sy Pa ook gedoen het en dit is verkeerd

    Hulle was gister by hulle pa gewees en nou is dit die rede hoekom hy ‘n houding het toe draai ek om en se vir haar as ma hom beter behandel sal hy ma ook beter behandel toe bly sy net stil

  • 76. Erns  |  Maart 3, 2008 om 11 : 11

    A3

    Het ons ‘n aansoek vorm hier

    More Saloom hoe gaan dit

  • 77. Salomè  |  Maart 3, 2008 om 11 : 11

    Nou kan ek seker maar by die onderwerp uitkom.

    Ek het ok as kind altyd raas gekry vir my sus se part want ek is 5 jaar ouer as sy “en veronderstel om te sien as iets verkeerd is”. Oor die pakslae wil ek my nie uitlaat nie want ek is nie dood daarvan nie en glo inteendeel dit het van my ‘n beter mens gemaak. Liefie glo ook dat seuns nie sonder ‘n stywe riem groot gemaak kan word nie en ek stem saam. Dis van al die praat dat vandag se kinder so balhorig is. Ons praat hulle in ‘n koma in, pleks ons vir hulle wys waar die regte paadjie is.

    Erns
    Ek sit ok met die probleem van ouma heeldag onder die voete, maar Liefie sit haar darem so nou en dan op haar plek. Hulle gee die kinders te veel rope om met ons kans te vat maar dan raas hulle self ok maar vinnig as die seuns stout is.

  • 78. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 11 : 11

    Salome

    Ek moet se jou blog taal verbeter by die dag.

  • 79. Erns  |  Maart 3, 2008 om 11 : 12

    ok julle moet gou ‘n paar verslae inhandig sal later kom chat

  • 80. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 11 : 13

    Erns

    Gaan kyk na Donderdag se blog. Of vul net jou antwoorde op Salome s’n in.

  • 81. Salomè  |  Maart 3, 2008 om 11 : 17

    Adrie
    Nou hoe meen jy nou? Ek praat nog net soos altyd.

  • 82. Multi  |  Maart 3, 2008 om 11 : 30

    ((((((((((DEON))))))))

    KAN EK SEBLIEF JOU DRES BY ADRIE KRY?????

  • 83. Salomè  |  Maart 3, 2008 om 11 : 36

    Bruinogies
    Hulle sê daar is vandag nie meer gehoorsame kinders nie, net gehoorsame ouers. Ek dink nog steeds dis vandag se ouers se skuld dat die kinders so unruly is. Hulle laat hopeloos te veel toe. Niemand wil tog net iets sê wat ‘n kind sal ‘n kans gee om ‘n scene op te skop nie. Man, ek sê as hy ‘n vloermoer wil gooi, los hom net daar dat hy van homself ‘n spektakel maak en dan besef hy is stupid . . . Maar ek gaan hom definitief vastrap oor hy skandes maak.

  • 84. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 12 : 14

    Nou kruip almal weer weg.

    Wat is die definisie van reg uitdraai?

    Almal dink altyd hulle is reg groot gemaak. Is daar een ouer wat sal erken dat hulle nie ‘n goeie ouer is nie. Wat is ‘n goeie ouer??

  • 85. Adrie  |  Maart 3, 2008 om 12 : 42

    Okay, dan loop ek maar.

  • 86. Michael  |  Maart 3, 2008 om 1 : 18

    Hallo o o o o o??

  • 87. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 1 : 45

    j kan sien dis maandag!!!
    halllooo iemand wat dalk rooflees??

  • 88. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 3, 2008 om 1 : 51

    Ek wag nog vir die 10:00 – 14:00 loadshedding . . . . . . . . . 😆

  • 89. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 1 : 57

    Hallo Almal..

    Shit julle my hart is seer oor die bulle🙄 maar een van daai dinge..😥

    Almal lekker naweek gehad..

    Adrie hoe was jou B-day..

  • 90. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 1 : 58

    Michael, jy kry natuurlik lekker nê, weer baie whisky gedrink na julle oorwinning..

  • 91. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 1 : 59

    Hallo ogies.. ganit goed?

  • 92. poplap  |  Maart 3, 2008 om 2 : 03

    hey almal
    🙂

  • 93. poplap  |  Maart 3, 2008 om 2 : 06

    pakslae op sy tyd verrig wondere,

  • 94. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 2 : 09

    Ek kom maar weer later terug…

  • 95. Nella  |  Maart 3, 2008 om 2 : 13

    Hi maats

    Wel ek kan goed saampraat oor ons onderwerp. Ek het grootgeword met ‘n ma wat my gevloek en geskel en geslaan het vir als onder die son en sommer partykeer as sy gatvol was vir als – my pa het haar geskei omdat hy dit nie meer kon hanteer om te sien hoe sy my en my broer verniel nie – en dit het hy gedoen sodat ons ‘n “ander” heenkome sou he as dit moes.

    Vandag is ek self ‘n ma wat elke dag hard baklei om nie soos myne te wees nie – ek ly aan depressie al vir jare oor dit maar niemand sal dit ooit se nie want ek het ‘n besluit geneem om anders te wees

    ‘n ouer het baie invloed op ‘n kind hulle weet dit nie eers nie – dinge hoef nie AAN jou gedoen te word om ‘n invloed op jou lewe te he nie. Ek was ‘n heavy rebel gewees maar nie in die lelike sin dat ek stupid goed aangevang het nie – het net nie omgegee oor niks nie want wie traak dit tog.

    My eie seuns weet – hulle word 3 keer gewaarsku en die 4de keer kan pa maar sy werk met die belt doen – daar word dan ook gese hoekom ons hulle pakgee – en glo my dit werk – praat kry jou nerens want mens begin dreig en doen niks. Ek wil my seuns grootmaak sodat ‘n vrou eendag trots kan wees om hom haar man te noem

  • 96. Giggelgat  |  Maart 3, 2008 om 2 : 20

    Mense hierdie is ‘n baie moeilike onderwerp… Lees nou juis ‘n boek daaroor wat sê dat grootste probleem d ouers is!! Daar is uitsondering op d reëls maar dis kinders met probleme!! D kind as hy ouer is het sy eie wil en keuse ja…

    In d gr. 1 klas vandag is daar 25 kinders waarvan 11 probleme is, nou wie se skuld is dit dan??

  • 97. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 2 : 29

    @tinks

    hallo j.ganit goed?

  • 98. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 2 : 32

    Ja ogies.. kyk maar noord..!!

    Waar is almal..?

  • 99. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 2 : 34

    Nella

    Ek dink dis great dat jy na al jou seerkry so positief kan wees, depressie is ‘n baie swaar ding om mee saam te leef ek ken iemand wat baie sukkel daarmee. Ek haal my hoed af vir jou, die meisies wat jou seuns gaan opraap glo ek sal ‘n baie gelukkige lewe he, tedanke aan ‘n ma soos jy!

  • 100. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 2 : 35

    hulle maak seker as hul werk.

  • 101. poplap  |  Maart 3, 2008 om 2 : 36

    Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
    sonder fensie leestekens
    sonder woorde wat rym
    sonder bywoorde
    net sommer
    ‘n kaalvoet gedig-

    want jy maak my groot
    in jou krom klein handjies
    jy beitel my met jou swart oe
    en spits woorde
    jy draai jou leiklipkop
    jy lag en breek my tente op
    maar jy offer my elke aand
    vir jou Here God.
    jou moesie-oor is my enigste telefoon
    jou huis my enigste bybel
    jou naam my breekwater teen die lewe

    ek is so jammer mamma
    dat ek nie is
    wat ek graag vir jou wil wees nie

  • 102. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 2 : 40

    Poplap ek ken daai gedig al so lank en elke keer as ek dis lees kry ek trane.. dankie dat jy my herhinner aan die feit dat ek geseen is met so ‘n wonderlike ma..

  • 103. Nella  |  Maart 3, 2008 om 2 : 42

    Tinks

    Dankie jong – ek probeer my bes – ek se nie dis maklik nie maar ek probeer. Dis die ergste om ouers te he waarvoor jy lief is en hulle wil niks met jou te doen he nie – hoe doen ouers dit aan kinders – dis jou vlees en bloed??? ek kan daai som nie maak nie

  • 104. Nella  |  Maart 3, 2008 om 2 : 45

    Poplap

    Wens ek kon sulke woorde vir my ma gee en weet sy sal dit waardeer – maar heellaas sal dit nooit gebeur nie – julle wat ouers het wat als vir julle doen en ek praat nie van geld nie – maar rerig liefde gee en ondersteuning gee – moet baie dankbaar wees en sommer nou die foon optel en dit vir hulle se – ek sou wat wou gee vir dit – dink dit sou makliker gewees het as sy dood was dan KON ek niks aan die saak doen nie.

  • 105. bruinogies  |  Maart 3, 2008 om 2 : 45

    @nella

    dit kom als neer op hoe jou ouers vir jou was toe hul jou opgevoed het,bja kinders besef hul ouers was te slapgat om hul reg op te voed en daardie kinders maak ‘n verandering en bja sit ook net agter toe soos hul ouers en maak nie ‘n verskil nie.

  • 106. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 2 : 53

    Nella

    My hart gaan uit na jou, moet nooit vergeet dat hulle eendag daai som aan ons Vader gaan moet verduidelik, jy hoef dit nie te doen nie.. Byt maar vas soos ‘n pitbull jong, geregtigheid sal geskied.

    Sy weet nie wat sy mis nie!!

    Sterkte!!

  • 107. Nella  |  Maart 3, 2008 om 3 : 05

    BO
    Ek glo nie dit kan aan slapgatgeid toegeskryf word nie maar eerder ‘n totale lack of emotions as ek kyk hoe sy my 2 jonger broers grootgemaak het wens ek dat ek net ‘n fraksie van dit kon beleef – dis in jou of dit is nie maar net die Vader weet hoekom hy party mense kies om ouers te wees. En moenie vir een oomblik dink sy weet nie wat sy aan my en my ouer broer gedoen het nie hoor – sy weet baie goed – maar dit maak net nie saak nie – as ek net ‘n jammer uit haar kon kry sou dit ‘n begin gewees het.

    Tinks
    Ek is ‘n baie streng ma en mense weet my kinders kom nie weg met moord nie – maar ek respekteer hulle as mense – dis nie te se omdat ek ‘n ouer is hulle het nie ook ‘n opinie nie en ek het myself net belowe ek gaan nie eendag antwoord vir dinge wat ek aan my kinders gedoen het nie – en glo my ek maak nog baie foute – een ding weet ek – ek kan ‘n sagter ma probeer wees maar my kinders is hoef nooit bang te wees vir my nie en weet hulle kan my als vertel

  • 108. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 3 : 11

    Nella

    Glo my ek kan jou sê dat jou kinders weet hoe lief jy hulle het.. en jou respek vir hulle waardeer.

    Dink aan hoe gelukkig jy is met die gesin wat jy het, probeer daaraan vashou en skuif die negatiewe dinge weg.. Ons almal is hier vir jou.

    Aanhouer wen, EK WEET JY KAN!!

  • 109. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 3 : 14

    Shoobey shaba ek is baie besig vandag by die werk julle…. dis nie normaal vir ‘n maandag nie… sal so nou en dan inloer !

  • 110. Verons  |  Maart 3, 2008 om 3 : 23

    Uit fokken eindelik!! Hallooooooooooooo!!!!
    Ons blerrie internet was heeldag af en nou sukkel ek my gat af om in te kom!
    Die onderwerp: ‘n Kind se grondslag word die 1e sewe jaar van sy lewe gelê en dis waar die ouers die fout maak want die kleintjies is dan so oulik en als word toegelaat kom die kind in die skool wil hulle skielik als verander!!
    A3 ek stem saam dat probleem kinders probleem ouers het! Daar is uitsonderings maar 90% van die probleemkinders is die produk van hulle opvoeding!
    Daar is mos nie meer vandag gehoorsame kinders nie net gehoorsame ouers!!!

  • 111. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 3 : 27

    Hallo Verons.. hoe was jou weekend..?

  • 112. Tinkerbell  |  Maart 3, 2008 om 3 : 47

    Koebaaaaaaaiii almal, ek gaan 4uur waai, lekker aand..

  • 113. Erns  |  Maart 3, 2008 om 3 : 50

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 12 June 30
    2. Sit of staan jy as jy pieps. Sit
    3. Hoeveel mini jys is daar? 2
    4. Wat drink jy? Cappies en cola
    5. Hoeveel bang hare het jy? dalk twee die ander is versigtig
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? oneerlikheid
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? wat hulle aan hulle slagoffers gedoen het net stadiger
    8. Beskryf jou lepel? is baie klein
    9. Vir wie skree jy? Die Bulle natuurlik
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? probeer altyd my bes om alles te gee vir ‘n goeie saak

  • 114. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 3 : 51

    Hallo almal en hoe was jul naweek

    Probleem kinders. A3 ek stem saam met jou. Maar wat jul wel moet onthou is kinders leer dit wat hul sien. Mens moet ‘n voorbeeld wees vir kinders.

    Vandag se st3 kinders weet meer van seks en vloek erger as wat kinders in st8 gedoen het 10 jaar terug. Ek meen ek het op die ouderdom van 16 die eerste keer die woord seks gehoor, toe weet ek nie eers wat dit beteken nie.

    Vriende beinvloed ook ‘n kind baie. Maar mens kan ok nie altyd jou kind se vriende probeer kies nie. Kinders moet ok tog foute maak om daaruit te leer. Mens kan jou kind nie in ‘n glaskas tri groot maak nie.

    Dis maar ‘n gekompliseerde onderwerp. Elkeen probeer sy bes. Elkeen maak maar soos hy/sy goed dink.

  • 115. Erns  |  Maart 3, 2008 om 3 : 52

    is hier nog lewe

  • 116. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 3 : 55

    Erns hallo

  • 117. Erns  |  Maart 3, 2008 om 3 : 56

    Lily

    Ek weet net soos ons ons vriende gekies het wat ons ouers nie altyd goedgekeur het nie net so gaan ons kinders dit ook doen

    Elke ouer gaan sy of haar foute maak dit hang af hoe jy dit gaan hanteer as jy dit agtergekomhet

  • 118. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 4 : 02

    Erns

    Jy het ‘n baie goeie punt beet

    Ek is baie lief vir kinders maar ek weet dat ek baie streng is. Ek is bang dat ek eendag te streng met my kinders gaan wees. Ek is baie streng groot gemaak en oordat ek te vas gehou was het ek effens uitgehak toe ek op my eie gaan. Maar die stadium het wel verby gevlieg.

    Ek glo dat mens tog jou stadium van uithak moet he, maar jy moet sterk genoeg wees om te weet wanneer dit genoeg is. Te weet wanneer dit tyd is om groot te word.

  • 119. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 4 : 04

    Ek glo dat om altyd betrokke te wees by jou kinders ‘n baie groot aandeel in hul opvoeding is. En as jou kind by jou kom en vra: Mammie wat beteken dit? dan moet jy hom/haar met ‘n oop hart kan se wat dit is en hom/haar nie afjak en se jys nog te jonk om sulke goed te weet nie. Want dis daar wat hul na ander mense of na vriende toe gaan om dit uit te vind en dan die verkeerde presepsie van die storie kry.

  • 120. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 4 : 09

    o tog wat wil dit vir my voorkom of ek nou die enigste een op die blog is?

  • 121. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 4 : 11

    😉

  • 122. *lilly*  |  Maart 3, 2008 om 4 : 12

    Halloooooooo Anybody there

  • 123. Zoekoe  |  Maart 3, 2008 om 4 : 34

    Almal is weg….. klomp office bloggers !

  • 124. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 4, 2008 om 6 : 54

    @ *lilly* – Ek stem 100% saam met jou. Ouers is TE onbetrokke by hul kinders deesdae.

    Lekker dag vir almal!

  • 125. Zoekoe  |  Maart 4, 2008 om 7 : 30

    Hallo Mense ! !

    hoekom is dit so stil hier deesdae ?

  • 126. marie  |  Januarie 11, 2010 om 11 : 06

    ek en my dogter het n baie goeie verhouding gehaat. my hart breek wanneer ek net aan haar dink nou. sy het verander en ek ken haar nie meer nie. sy is sestien en gaan uit {8maande} met n ou van 25. sy is dom verlief. hy werk nie en het in die verlede dagga gerook. ek het haar verbied om hom re sien maar dit het haar skelm gemaak. nou mag hy by ons kuier sodat ek n oog op hulle kan hou. my reels word elke dag getoets. hy mag haar nie weeks dae sien maar doen dit tog agter my rug. hy bel haar laat in die aande wanneer sy skool gaan.ek het met sy ma daaroor gepraat maar volgens haar is dit mooi wanneer twee mense so lief is vir mekaar. ek weet nie of hulle sex het nie maar ek praat baie met hom en haar daaroor om dit te verhoed. ek wil hom in die bols gryp as ek hom sien. hy verwoes haar lewe. sy dink hy is wonderlik. en ek is die heks. is daar hulp vir ons. ek verlang na my kind.

  • 127. Xena Phoenix  |  Januarie 11, 2010 om 5 : 39

    Marie

    Ongelukkig ken ek nie al julle omstandighede nie. Dus is dit moeilik om raad te gee. Nie juis dat my raad iets werd sou wees nie. Iets wat dalk kan werk is dat ‘n ouer dame wat sy vertrou raad gee. Die ouer dame (hoef nie baie ouer te wees nie) kan ook bevestig of sy seks het en die nodige beskerming verskaf. Sonder dat jy “toestemming” gee dat hulle seks mag he.

  • 128. Marie  |  Mei 17, 2010 om 9 : 34

    Ek het simpatie met jou want op die oomblik sit ek met dieselfde probleem die man is besig om te skei en hy is 30 jaar oud ek het my dogter se cell gevat en gelukkig bly ons op ‘n plaas en laat haar nerens heen gaan nie ek het ook ‘n interdik teen die man gekry ek gaan nie dat sy haar lewe weg gooi op so ‘n gemors nie sy verdien beter en die voordeel dat sy nog so jonk is hulle raak vinnig op iemand anders verlief. Ek bid en glo sy sal deur hom sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: